0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (23)
  • R100 - R250 (89)
  • R250 - R500 (159)
  • R500+ (32)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Biografieë

Die Brug - Na Die Hel En Terug In Angola (Afrikaans, Paperback): Deon Lamprecht Die Brug - Na Die Hel En Terug In Angola (Afrikaans, Paperback)
Deon Lamprecht
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.

In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.

Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting - en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.

Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Inspirerende Sangers, Skrywers & Kunstenaars (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa... Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Inspirerende Sangers, Skrywers & Kunstenaars (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.

Biografie Van 'n Bende - Die Storie Van Fokofpolisiekar (Afrikaans, Paperback): Annie Klopper Biografie Van 'n Bende - Die Storie Van Fokofpolisiekar (Afrikaans, Paperback)
Annie Klopper
R510 Discovery Miles 5 100 Ships in 6 - 10 working days

Francois, Hunter, Wynand, Jaco en Johnny is die vyf lede van Fokofpolisiekar. Sedert hul eerste optrede in 2003 het dié band dikwels die koerante gehaal: Musiekjoernaliste was opgewonde oor hulle klank, maar hul omstrede uitlatings het dikwels groter opslae gemaak. Maar wie skuil agter die uitdagende naam?

Sommige lesers sal verbaas wees om te hoor dat die meeste van die lede in 'n charismatiese kerk bevriend geraak het, dat hulle 'n bemarkingsveldtog uitgedink het nog voordat hulle enige liedjies geskryf het en dat hulle eens op 'n tyd skaars sjampoe kon bekostig. In Biografie van 'n Bende kan nuuskieriges lees van Fokofpolisiekar se lewe in die huis wat hulle 'The Barracks of Rebellion' gedoop het, asook van die ander suksesvolle splintergroepe wat ontstaan het uit dié kerngroep.

In hierdie biografie word vertel hoe dié uiteenlopende individue boesemvriende geword het en die eerste suksesvolle Afrikaanse punkrockgroep gestig het deur bloed, sweet en 'n paar goeie sakebesluite. Dié boek is Fokofpolisiekar se eerste goedgekeurde biografie.

Leroux - 'n Lewe (Afrikaans, Hardcover): J C Kannemeyer Leroux - 'n Lewe (Afrikaans, Hardcover)
J C Kannemeyer
R78 Discovery Miles 780 Ships in 6 - 10 working days

Etienne Leroux word steeds beskou as een van die grootste skrywers wat die Afrikaanse literatuur opgelewer het. J.C. Kannemeyer se biografie oor hierdie geheimsinnige en dikwels omstrede figuur behels meer as ’n magdom waardevolle inligting. Dit is ook 'n persoonlike beskouing van Leroux, die mens, sy politieke opvattings en sy siening van sensuur. 'n Fotoseksie waarin skaars foto's van Leroux, sy familie en medeskrywers opgeneem is, verryk die biografie en dra by tot 'n boeiende portret van ’n hoogs verwikkelde en enigmatiese man.

Ons Moet Spoeg Om Te Sien Hoekom Ons Nie Kan Sien Nie (Afrikaans): Gerhard Ferreira Ons Moet Spoeg Om Te Sien Hoekom Ons Nie Kan Sien Nie (Afrikaans)
Gerhard Ferreira
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

‘n Seun word groot met ‘n swaard oor sy kop: Hy is geleidelik besig om blind te word. Hy is anders as sy maats en daar moet dikwels aanpassings en uitsonderings vir hom gemaak word. By die Skool vir Blindes, Worcester, is hy vir die eerste keer gelukkig tussen ander soos hy.

Sy humorsin en lughartige lewensuitkyk laat hom sy aandag vestig op die dinge wat hy kan doen. Hy voltooi die Comrades-, New York City- en vele ander maratonne. Hy klim Kilimanjaro en stap tot by Mt Amadablam-basiskamp in die Himalajas. Sy vrou en twee kinders motiveer hom om ‘n “normale” en gelukkige lewe te lei.

Hierdie stories is ‘n beligting van frustrasies, uitdagings en insidente wat hy as blinde ervaar. Dit gee vir die leser ‘n insig in die alledaagse konfrontasie en uitdagings, maar ook in die komiese en humoristiese aspekte van blindwees.

Wat Die Hart Van Vol Is (Afrikaans, Paperback): Evette Weyers Wat Die Hart Van Vol Is (Afrikaans, Paperback)
Evette Weyers
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days

'n Pragboek oor die skrywer se lewe as beeldende kunstenaar en vrou van die akteur Marius Weyers - is 'n ryklik geillustreerde rondleiding in die werkswinkel van 'n beeldhouer en liefhebber van woorde.

Die Plaag (Afrikaans, Paperback): David van Reybrouck Die Plaag (Afrikaans, Paperback)
David van Reybrouck
R63 Discovery Miles 630 Ships in 6 - 10 working days

Die plaag is tegelykertyd reisverhaal, avontuurverhaal, speurverhaal, natuurkundige artikel, letterkundige studie en historiese ondersoek. Die skrywer – 'n Belgiese joernalis – reis na Suid-Afrika op soek na die "dowwe spoor" van Eugene Marais, en word uiteindelik met veel meer as dooie historiese gegewens beloon. Die Nederlandse uitgawe van Die Plaag het die Debuutprijs vir 2002 verower en was op die kortlys van die Gouden Uil-literatuurprys vir 2002. Die vertaling van Van Reybrouck se Nederlandse teks in Afrikaans deur die bekende digter en omroeper doktor Daniel Hugo is ’n onmisbare toevoeging tot Afrikaanse lesers se kennis van die merkwaardige Eugene Marais se lewe. Hiermee word kultuurgoedere wat deur ’n Vlaming nagespoor en opgeteken is as ’t ware huis toe gebring.

Aan Die Stuur - My Leierskapsreis (Afrikaans, Paperback): Brand Pretorius Aan Die Stuur - My Leierskapsreis (Afrikaans, Paperback)
Brand Pretorius
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Brand Pretorius weet wat dit beteken om 'n leier te wees: in sy loopbaan van oor die vier dekades was hy onder meer in leierskapsposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep. In Aan die stuur praat Pretorius openhartig oor sy suksesse en die foute wat hy begaan het en die gevolge daarvan vir die maatskappye en werknemers onder sy stuur. Pretorius gee die leser 'n unieke, eerstehandse vertelling van die “alles loop reg”-jare by Toyota, van die donker jare as hoof van die McCarthy-groep waar die groep byna skipbreuk gelei het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die wysheid vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat sake doen in Suid-Afrika of wat ’n suksesvolle ondernming wil bedryf. Pretorius wys ook hoe elkeen van ons persoonlike leierskap aan die dag kan le en Suid-Afrika so kan help verbeter. Brand Pretorius weet wat dit beteken om ’n leier te wees: in sy loopbaan oor vier dekades, was hy in topbestuursposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep waar hy uitvoerende hoof was. In Aan die stuur deel Pretorius sy sakesuksesse en die bestuurslesse wat hy geleer het en die impak daarvan op die maatskappye en werknemers onder sy bestuur. Pretorius praat openhartig oor die “alles loop reg”-jare by Toyota en van die donker tye by die McCarthy-groep toe die maatskappy byna ondergegaan het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die lesse vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat wil verstaan hoe om sake te doen in Suid-Afrika, hoe om ’n suksesvolle ondernming te bedryf en watter groot rol goeie leierskapskap speel in die land se ontwikkeling.

Voetspore Van Fanie Du Preez (Afrikaans, Paperback): Fanie du Preez Voetspore Van Fanie Du Preez (Afrikaans, Paperback)
Fanie du Preez
R343 Discovery Miles 3 430 Ships in 6 - 10 working days
Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Besondere Leiers, Aktiviste & Baanbrekers (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa... Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Besondere Leiers, Aktiviste & Baanbrekers (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Extraordinary Leaders, Activists & Protesters you will read about women who fought against colonialism and oppression. Here are the stories of women heroes through history, whose stories are connected because of a shared passion for equality and justice.

The Complete Rags of Time - A Season in Prison: (Parts 1 and 2) (Afrikaans, Hardcover): Jack Cook The Complete Rags of Time - A Season in Prison: (Parts 1 and 2) (Afrikaans, Hardcover)
Jack Cook
R736 Discovery Miles 7 360 Ships in 10 - 15 working days
Louis Botha - Krygsman, Generaal, Staatsman (Afrikaans, Paperback): Richard Steyn Louis Botha - Krygsman, Generaal, Staatsman (Afrikaans, Paperback)
Richard Steyn
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Louis Botha was ’n briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuïtiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Maar dit was sy enigmatiese karakter en vaste oortuiging om te hou by wat hy geglo het reg was, wat hom as ’n leier van die Boerevolk bevestig het.

Richard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman. Hy beskryf verhelderend hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het waarna Botha as die eerste eerste minister van die Unie aangewys is.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was Botha aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die Afrikaner-rebellie van 1914, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek.

Botha se groothartig en vrygewige omgang met mense – van Vereeniging tot Versailles – het hom bo sy tydgenote laat uitstaan.

'n Blywende Vreugde - Briewe Van Audrey Blignault (Afrikaans, Hardcover, 3de Uitgawe): Maria Bink, Lynn Fourie, Petrovna... 'n Blywende Vreugde - Briewe Van Audrey Blignault (Afrikaans, Hardcover, 3de Uitgawe)
Maria Bink, Lynn Fourie, Petrovna Metelerkamp
R53 Discovery Miles 530 Ships in 6 - 10 working days

Audrey Blignault is een van die heel bekendste skrywers in Afrikaans. Vir ongeveer 50 jaar het daar gereeld nuwe boeke uit haar pen verskyn. In 'n Blywende vreugde kan lesers vir die eerste keer haar persoonlike briewe aan vriende, familie en mede-skrywers lees. Sy skryf onder andere aan dr. Elize Botha, M.E.R., Hennie Aucamp, Ernst van Heerden en W.A. de Klerk oor dinge wat haar na aan die hart lê. Die briewe wissel van liriese aanhalings uit die poësie tot selfspot en skaterlag-stoute rympies en grappe. Wanneer geliefdes deur die dood weggeneem word, ontroer haar openhartige ontboeseming. Die omslag van die boek is 'n foto van een van die skrywer se geliefde kledingstukke. En hoe gepas, want dink jy aan Audrey Blignault, dink jy rooi - en spesifiek aan die oulap se rooi wat mooi maak.

Fortuine - Die Wel En Wee Van Afrikaner-Magnate (Afrikaans, Paperback): Ebbe Dommisse Fortuine - Die Wel En Wee Van Afrikaner-Magnate (Afrikaans, Paperback)
Ebbe Dommisse 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Ongekende opkoms van Afrikaner-magnate het die Suid-Afrikaanse ekonomie die afgelope drie dekades gekenmerk. Dit is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging.

Vandag ding talle van hulle internasionaal mee. Onder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is die mediagroep omvorm tot ’n internasionale beleggingshouergroep wat op e-handel en die internet fokus. Johann Rupert het Richemont in die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot Afrika se grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel uitgebou het.

Fortuine verduidelik hoe hierdie en ander sakeleiers, waaronder Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Laurie Dippenaar, Roelof Botha, Hendrik du Toit en ’n aantal megaboere, hul sakeryke tot stand gebring het. Dit beskryf hul lewens- en sakefilosofieë en wat van hulle sulke suksesvolle entrepreneurs maak.

In onlangse tye het die ineenstorting van Steinhoff Internasionaal, die meubelhandelaar met Markus Jooste aan die stuur, ’n groot hap uit sommige van hierdie fortuine geneem. Jooste is die fokus van een van die hoofstukke, terwyl dit in ’n ander op die filantropiese projekte van hierdie superrykes val.

1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

1-Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die ganse Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies.

Dekades lank is oor al dié hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recce's se groot generaals (waaronder die legendariese kol Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies uit te voer.

Daar word onthul hoe hulle in die doodsnikke van die apartheidsera gestuur is, en op die laaste oomblik verhoed is, om sleutel ANC-figure op te blaas. Hulle vertel van 1-Recce se betrokkenheid by die omstrede Grensoorlog en die bestaan van 'n hoogsgeheime "Eskadron" in die destydse Rhodesiese Weermag.

Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek 'n totaal nuwe blik op die Recce's en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.

Voorbladnooi - Van Pleinstraat Tot Parys (Afrikaans, Paperback): Nelle Dreyer Voorbladnooi - Van Pleinstraat Tot Parys (Afrikaans, Paperback)
Nelle Dreyer
R92 Discovery Miles 920 Ships in 6 - 10 working days

Dit is die sewentigerjare. Nelle Dreyer is negentien jaar oud en bly in die Kaap. Nadat sy as Maties se sjampanjenooientjie gekroon is, droom sy net van een ding: om topmodel in Europa te wees. Sy sou gou uitvind dat dit nie maklik is nie. Sy neem die leser terug na haar kinderjare, haar jongmeisiejare, die verlies van haar maagdelikheid en die kort, uitbundige studentelewe wat sy gehad het voor daar deure oopgegaan het oorsee. Uiteindelik is dit 'n bitter eerlike werk. Nelle was jonk in die dae van die sogenaamde seksrevolusie, en sy het daardie vryheid ten volle omarm. Maar, seksuele vryheid het gevolge – en die manuskrip is ook ontsettend eerlik oor die hartseer tye wat Nelle beleef het. Voorbladnooi is haar storie, met die mooi, met die hartseer.

Eugene Marais and the Darwin syndrome/Die dowwe spoor van Eugene Marais (English, Afrikaans, Hardcover): Leon Rousseau Eugene Marais and the Darwin syndrome/Die dowwe spoor van Eugene Marais (English, Afrikaans, Hardcover)
Leon Rousseau
R63 Discovery Miles 630 Ships in 6 - 10 working days

In this publication, two separate texts that should be read alongside the authoritative Marais biography, Die groot verlange, is made available in a single volume. Eugene Marais and the Darwin Syndrome explores the role that the father-son relationship possibly could have played in Marais’s inability to complete his magnum opus. Die dowwe spoor van Eugene Marais, an informal source book, includes facts and names that were concealed or suppressed in the biography. In hierdie publikasie word twee afsonderlike tekste wat naas die gesaghebbende Marais-biografie, Die groot verlange, gelees moet word, in een volume uitgegee. Eugene Marais and the Darwin Syndrome ondersoek die rol wat die pa-seun-verhouding moontlik kon gespeel het in Marais se onvermoe om sy magnum opus te voltooi. Die dowwe spoor van Eugene Marais, ’n informele bronneboek by Marais se lewensverhaal, bevat feite en name wat in die lewensverhaal verswyg of verdoesel is.

Soeker (Afrikaans, Paperback): Pieter Cilliers Soeker (Afrikaans, Paperback)
Pieter Cilliers 1
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 6 - 10 working days

In 1997 het 'n besonder gewaagde boek die lig gesien: 'n Kas is vir klere het openlik die aanvaarde idee dat gaywees en Christenwees nie een kan wees nie, uitgedaag. Daardie teks het vertel van Pieter Cilliers se reis na selfaanvaarding tot hy die waagmoed had om, met 'n boek, uit die kas te klim. Vir veertien lang jare het Pieter Cilliers hom daarna uit die openbare oog onttrek. Tog, maand na maand, het die briewe daar by hom opgedaag. Talle het gese: Ek is ook so! Hoe meer briewe opgedaag het, hoe nodiger het dit geword om op te staan vir diegene wat nog vasgevang sit in die oordeel van die godsdiens. Pieter het met die skrywers begin korrespondeer en, het, soms teen sy sin, begin deelneem aan kerklike debatte jeens gaywees, maar meer nog: ook wat dit beteken om gemarginaliseerd te wees.

Magnus Malan - My Lewe Saam Met Die SA Weermag (Afrikaans, Hardcover): Magnus Malan Magnus Malan - My Lewe Saam Met Die SA Weermag (Afrikaans, Hardcover)
Magnus Malan
R297 Discovery Miles 2 970 Ships in 6 - 10 working days

Magnus Malan het reeds as 13-jarige skoolseun weggeloop om by die destydse Unieverdedigingsmag aan te sluit. Dit was natuurlik tevergeefs, maar sedert hy in 1946 wel by die liggaamlike opleidingsbrigade kon aansluit, was sy loopbaan en lewe vir bykans 42 jaar onherroeplik met die Suid-Afrikaanse Weermag vervleg. Malan se militere loopbaan het hom na verskillende plekke in Suider-Afrika geneem - na Robbeneiland, na die toenmalige Suidwes-Afrika waar die SA Weermag die Suid-Afrikaanse mandaatgebied moes beskerm, na die Militere akademie op Saldanha, na die Kasteel in Kaapstad. As Hoof van die Leer en later as Hoof van die Weermag is hy ten nouste berokke by Suid-Afrika se inval in Angloa in 1975 en talle oorgrensoperasies in die dekade wat daarop volg. Malan tree ook toe tot die politiek en sal veral onthou word as Minister van Verdediging in die 1980's. Malan lewer op bondige wyse verslag oor die invloed wat politieke verwikkelinge in Suider-Afrika sedert 1960 op die strukture en funksies van die Suid-Afrikaanse Weermag gehad het; oor die suksesse van Krygkor en oor Suid-Afrika se kernwapenvermoe. Hy verskaf waardevolle konteksgegewens van 'n tydperk volgeprop met staatkundige en militere gebeure; 'n tydperk wat buitengewone betekenis vir hierdie geslag en die nageslag het, maar wat tans byna vergete geraak het.

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Uitvinders, Genesers & Opvoeders (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa Guzula Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Uitvinders, Genesers & Opvoeders (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.

Jagters Van Die Woestynland (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Jagters Van Die Woestynland (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R71 Discovery Miles 710 Ships in 6 - 10 working days

Twihi, “kind van die winde” is oud genoeg om ’n man te kry. Haar pa Xameb wil haar spore vir die jagters van die woestynland gaan wys. Want by die Boesmans “sien jy ’n vrou mooiste aan haar spore”.

Wat gebeur wanneer Twihi nie tussen twee mans kan kies nie? Die twee jagters dans die dans van die dood.

In Jagters Van Die Woestynland is Twihi en Xameb die mondstukke van die swerwers van die woestynland.

Xameb vertel van die wette van die Heikum-Boesmanstam. Hy vertel van die wette van die grafte, en van die wet dat ’n Boesmanseun eendag ’n vader moet word. Twihi vertel stories met onveranderlike waarhede oor die dogters van die aarde. Maar selfs haar stories is nie altyd genoeg om die sluier te lig oor die hart van ’n vrou nie. Is daar ’n man wat kan sê watter winde daar saans deur die hart van ’n vrou waai?

Duitser Aan Die Kaap, 1724 - 1765 - Die Lewe En Loopbaan Van Hendrik Schoeman (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition): K.... Duitser Aan Die Kaap, 1724 - 1765 - Die Lewe En Loopbaan Van Hendrik Schoeman (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition)
K. Schoeman
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

Aan die hand van eietydse dokumentasie het Karel Schoeman in hierdie titel die lewe herkonstrueer van sy Suid-Afrikaanse stamvader, die Duitser Hendrik Schoeman uit Sleeswyk-Holstein, wat in 1724 as matroos in diens van die VOC die Kaap bereik het, 'n prekere bestaan gemaak het as veeboer in die binneland van Suid-Afrika, en in 1765 in armoede in die huidige Klein-Karoo oorlede is. Soos Schoeman opmerk, is hierdie man in verskeie opsigte geskik om as "tipiese" stamvader uit die Kompanjiestyd beskou te word.

Generaal Ben Viljoen, 1868-1917 (Afrikaans, Hardcover): J.W. Meijer Generaal Ben Viljoen, 1868-1917 (Afrikaans, Hardcover)
J.W. Meijer
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

Ben Viljoen sal in die eerste plek onthou word as die Boeregeneraal, die oorwinnaar in die Slag van Vaalkrans en, danksy FW Reitz se bekende gedig, die veroweraar van die Lady Roberts. Viljoen was flambojant van geaardheid, romanties, ’n sterk leier, behulpsaam en lojaal. Gedurende die Anglo-Boereoorlog word hy bevorder van kommandant tot assistent-kommandant-generaal. Sy individualisme het hom egter verhinder om effektief in ’n groter georganiseerde eenheid te funksioneel. Hy verkies om sy eie kop te volg en sy besluite was dikwels omstrede. Kort voor die einde van die oorlog word hy krygsgevange geneem en na St. Helena verban. Na die oorlog vestig hy hom in Nieu-Mexiko in die VSA en Mexiko en word daar militere raadgewer van die Mexikaanse president.

Hannes Van Der Merwe - Argitek En Skrywersvriend (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition): J C Kannemeyer Hannes Van Der Merwe - Argitek En Skrywersvriend (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition)
J C Kannemeyer
R27 Discovery Miles 270 Ships in 6 - 10 working days

Met die “groot vyf” wolkekrabbers in die stadskern wysig Hannes van der Merwe saam met ander, in die jare sestig en sewentig, die luglyn van Kaapstad: die Naspers-gebou, die Cartwright-hoekgebou, die uitbreiding aan die kantore van die Kaaplandse Provinsiale Administrasie se gebou, die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die Kaapstadse Burgersentrum (vandag die Unistad-hoofkantoor). Maar Hannes van der Merwe is veel meer as bloot argitek. Hy was jare lank betrokke by die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste en die Raad van Trustees van die Suid-Afrikaanse Kunsmuseum en het selfs op sy dag ’n bietjie toneel gespeel. Een van die boeiendste fasette van sy lewe is sy vriendskap met belangrike skrywers en joernaliste – Boerneef, D.J. Opperman, Piet Cillie en Izak de Villiers – waaroor daar in hierdie boek meer vertel word.

Los Gedagtes (Afrikaans, Paperback): Jeanne Goosen Los Gedagtes (Afrikaans, Paperback)
Jeanne Goosen
R125 Discovery Miles 1 250 Ships in 6 - 10 working days

Met die deurlees van Jeanne Goosen se notaboeke, dagboeke, flardes en uitknipsels verskyn 'n verrassing! Die skrywer het deurentyd los gedagtes neergepen - nie net 'n paar nie, maar honderde gedagtes, te kosbaar om verlore te gaan: sêgoed, insigte, waarnemings, aforismes, mymerings . . . alles dáár, om oplaas in boekvorm met haar lesers gedeel te word.

Die aantekeninge weerspieël die merkwaardige intellektuele aktiwiteit van 'n denker-kunstenaar. Sy bemoei haar intens met letterkundige, filosofiese, politiese, wetenskaplike, sielkundige insae en bevindings wat sy soms ernstig, soms satiries en soms ook kru verwoord. Die versameling is spesifiek nie volgens onderwerp geklassifiseer nie, maar lukraak soos die losstaande aantekeninge opeenvolgend gevind is. Daar is ook nie geredigeer om taalgebruik te verbeter nie. Jeanne Goosen praat hier in haar eie, unieke stem.

Voorbeelde:

  • Feite steur hulle nie aan sielkunde nie.
  • Ek moet probeer om nuwe foute te maak.
  • Date rape. Dit klink soos 'n nagereg.
  • Jy kan nie 'n held wees met R100 'n maand vir groceries nie.
  • 'n Jakkals is 'n wolf wat blomme stuur.
  • As julle trou, word julle een. Watter een?
  • Moenie steel nie, die regering hou nie van kompetisie nie.
  • Moet nooit 'n geskenk aanvaar wat eet nie.
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Boy, The Mole, The Fox and The Horse
Charlie Mackesy Hardcover  (6)
R585 R530 Discovery Miles 5 300
Mathematical Methods in Queuing Theory
Vladimir V. Kalashnikov Hardcover R2,860 Discovery Miles 28 600
Measures of Noncompactness in Metric…
J. M Ayerbe Toledano, Etc, … Hardcover R2,395 Discovery Miles 23 950
Pseudo-Regularly Varying Functions and…
Valerii V. Buldygin, Karl-Heinz Indlekofer, … Hardcover R3,189 Discovery Miles 31 890
Foundations of Topology - An Approach to…
Gerhard Preuss Hardcover R2,826 Discovery Miles 28 260
NIV Hills & Valleys Bible
Paperback R279 R258 Discovery Miles 2 580
The Pentateuch and Book of Joshua…
John William Colenso Paperback R497 Discovery Miles 4 970
NLT Filament Premium Value Thinline…
Leather / fine binding R589 R554 Discovery Miles 5 540
Stochastic Processes and Operator…
U. Franz, Rene Schott Hardcover R1,535 Discovery Miles 15 350
Theories, Sites, Toposes - Relating and…
Olivia Caramello Hardcover R3,471 Discovery Miles 34 710

 

Partners