![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Biografieë
Audrey Blignault is een van die heel bekendste skrywers in Afrikaans. Vir ongeveer 50 jaar het daar gereeld nuwe boeke uit haar pen verskyn. In 'n Blywende vreugde kan lesers vir die eerste keer haar persoonlike briewe aan vriende, familie en mede-skrywers lees. Sy skryf onder andere aan dr. Elize Botha, M.E.R., Hennie Aucamp, Ernst van Heerden en W.A. de Klerk oor dinge wat haar na aan die hart lê. Die briewe wissel van liriese aanhalings uit die poësie tot selfspot en skaterlag-stoute rympies en grappe. Wanneer geliefdes deur die dood weggeneem word, ontroer haar openhartige ontboeseming. Die omslag van die boek is 'n foto van een van die skrywer se geliefde kledingstukke. En hoe gepas, want dink jy aan Audrey Blignault, dink jy rooi - en spesifiek aan die oulap se rooi wat mooi maak.
Louis Botha was ’n briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuïtiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Maar dit was sy enigmatiese karakter en vaste oortuiging om te hou by wat hy geglo het reg was, wat hom as ’n leier van die Boerevolk bevestig het. Richard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman. Hy beskryf verhelderend hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het waarna Botha as die eerste eerste minister van die Unie aangewys is. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was Botha aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die Afrikaner-rebellie van 1914, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek. Botha se groothartig en vrygewige omgang met mense – van Vereeniging tot Versailles – het hom bo sy tydgenote laat uitstaan.
Met die deurlees van Jeanne Goosen se notaboeke, dagboeke, flardes en
uitknipsels verskyn 'n verrassing! Die skrywer het deurentyd los
gedagtes neergepen - nie net 'n paar nie, maar honderde gedagtes, te
kosbaar om verlore te gaan: sêgoed, insigte, waarnemings, aforismes,
mymerings . . . alles dáár, om oplaas in boekvorm met haar lesers
gedeel te word.
Dié boek is rock ’n roll in die binnewêreld van die legendariese liedjieboer, Anton Goosen. Hanlie Retief vertel Goosen se buitengewone lewensverhaal – van sy grootwordjare in die Vrystaat, die Musiek-en-Liriek-era, sensuur, hoogtepunte en teleurstellings . . . tot waar die vader van Afrikaanse Rock 'n terugblik gee op sy merkwaardige lewe.
Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.
In this publication, two separate texts that should be read alongside the authoritative Marais biography, Die groot verlange, is made available in a single volume. Eugene Marais and the Darwin Syndrome explores the role that the father-son relationship possibly could have played in Marais’s inability to complete his magnum opus. Die dowwe spoor van Eugene Marais, an informal source book, includes facts and names that were concealed or suppressed in the biography. In hierdie publikasie word twee afsonderlike tekste wat naas die gesaghebbende Marais-biografie, Die groot verlange, gelees moet word, in een volume uitgegee. Eugene Marais and the Darwin Syndrome ondersoek die rol wat die pa-seun-verhouding moontlik kon gespeel het in Marais se onvermoe om sy magnum opus te voltooi. Die dowwe spoor van Eugene Marais, ’n informele bronneboek by Marais se lewensverhaal, bevat feite en name wat in die lewensverhaal verswyg of verdoesel is.
Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die
Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die
nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van
getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent
na Suid-Afrika teruggekeer nie.
In hierdie bundel loop die skrywer op sy kinderspore terug na die dorre Kalahari soos dit in die 1930's daaruit gesien het en word verskeie gebeure en emosies weer opgeroep: 'n lieflinghond wat in die duinestrate agterbly, 'n verharde pa, ontbering en uiteindelik: liefde. Onder verskeie prikkelende opskrifte – "Die Krismishoenders", "Agarob", "Weggooikinders", "Bruilof vir oom Wessel", "Oubaas Vogelbruck se stompore" – gee die 27 vertellings 'n helder beeld van 'n kind se grootword in die Kalahari. Dr. Willem D. Kotze is in 1931 op die plaas Texas langs die Nossobrivier in Namibie gebore. As kind het hy, agter die karakoeltrop en beeste, sy vader se Kalahariplaas Wilheben deurkruis.
Dit is die sewentigerjare. Nelle Dreyer is negentien jaar oud en bly in die Kaap. Nadat sy as Maties se sjampanjenooientjie gekroon is, droom sy net van een ding: om topmodel in Europa te wees. Sy sou gou uitvind dat dit nie maklik is nie. Sy neem die leser terug na haar kinderjare, haar jongmeisiejare, die verlies van haar maagdelikheid en die kort, uitbundige studentelewe wat sy gehad het voor daar deure oopgegaan het oorsee. Uiteindelik is dit 'n bitter eerlike werk. Nelle was jonk in die dae van die sogenaamde seksrevolusie, en sy het daardie vryheid ten volle omarm. Maar, seksuele vryheid het gevolge – en die manuskrip is ook ontsettend eerlik oor die hartseer tye wat Nelle beleef het. Voorbladnooi is haar storie, met die mooi, met die hartseer.
Aan die hand van eietydse dokumentasie het Karel Schoeman in hierdie titel die lewe herkonstrueer van sy Suid-Afrikaanse stamvader, die Duitser Hendrik Schoeman uit Sleeswyk-Holstein, wat in 1724 as matroos in diens van die VOC die Kaap bereik het, 'n prekere bestaan gemaak het as veeboer in die binneland van Suid-Afrika, en in 1765 in armoede in die huidige Klein-Karoo oorlede is. Soos Schoeman opmerk, is hierdie man in verskeie opsigte geskik om as "tipiese" stamvader uit die Kompanjiestyd beskou te word.
Twihi, “kind van die winde” is oud genoeg om ’n man te kry. Haar pa Xameb wil haar spore vir die jagters van die woestynland gaan wys. Want by die Boesmans “sien jy ’n vrou mooiste aan haar spore”. Wat gebeur wanneer Twihi nie tussen twee mans kan kies nie? Die twee jagters dans die dans van die dood. In Jagters Van Die Woestynland is Twihi en Xameb die mondstukke van die swerwers van die woestynland. Xameb vertel van die wette van die Heikum-Boesmanstam. Hy vertel van die wette van die grafte, en van die wet dat ’n Boesmanseun eendag ’n vader moet word. Twihi vertel stories met onveranderlike waarhede oor die dogters van die aarde. Maar selfs haar stories is nie altyd genoeg om die sluier te lig oor die hart van ’n vrou nie. Is daar ’n man wat kan sê watter winde daar saans deur die hart van ’n vrou waai?
Gee My ’n Mán! handel oor ou Kalahari Gemsbokpark, vanaf die tyd dat hulle nog met kamele gepatrolleer het, die oorlog teen die berugte Witbooi (wat tonele bevat waarvan die leser moeilik sal vergeet) en veldwagter Joep le Riche se avonture en nagmerries in daardie vroeë jare. Hy was die een wat hom die meeste beywer het vir die proklamering van hierdie gebied as ’n wildtuin en baie jare lank was Joep le Riche die Gemsbokpark en die Gemsbokpark was Joep le Riche. Humor en swaarkry gaan hand aand hand in hierdie boeiende en insiggewende vertelling.
In 1997 het 'n besonder gewaagde boek die lig gesien: 'n Kas is vir klere het openlik die aanvaarde idee dat gaywees en Christenwees nie een kan wees nie, uitgedaag. Daardie teks het vertel van Pieter Cilliers se reis na selfaanvaarding tot hy die waagmoed had om, met 'n boek, uit die kas te klim. Vir veertien lang jare het Pieter Cilliers hom daarna uit die openbare oog onttrek. Tog, maand na maand, het die briewe daar by hom opgedaag. Talle het gese: Ek is ook so! Hoe meer briewe opgedaag het, hoe nodiger het dit geword om op te staan vir diegene wat nog vasgevang sit in die oordeel van die godsdiens. Pieter het met die skrywers begin korrespondeer en, het, soms teen sy sin, begin deelneem aan kerklike debatte jeens gaywees, maar meer nog: ook wat dit beteken om gemarginaliseerd te wees.
Ben Viljoen sal in die eerste plek onthou word as die Boeregeneraal, die oorwinnaar in die Slag van Vaalkrans en, danksy FW Reitz se bekende gedig, die veroweraar van die Lady Roberts. Viljoen was flambojant van geaardheid, romanties, ’n sterk leier, behulpsaam en lojaal. Gedurende die Anglo-Boereoorlog word hy bevorder van kommandant tot assistent-kommandant-generaal. Sy individualisme het hom egter verhinder om effektief in ’n groter georganiseerde eenheid te funksioneel. Hy verkies om sy eie kop te volg en sy besluite was dikwels omstrede. Kort voor die einde van die oorlog word hy krygsgevange geneem en na St. Helena verban. Na die oorlog vestig hy hom in Nieu-Mexiko in die VSA en Mexiko en word daar militere raadgewer van die Mexikaanse president.
Met bewondering, deernis en ’n skerp sin vir humor skets Dot Serfontein die geskiedenis van kontreie wat nie aan interessante mense ontbreek nie. In Ek Is Maar Ene kring vertellinge van haar kinderjare en familie in die Vrystaat uit na kleurvolle karakters van die Kalahari en na (dikwels senutergende) reise met haar gesin na ander dele van Suid-Afrika. Sy vertel van die swerwende tant Beatrice wat geglo het sy word deur die geheime polisie agtervolg; van die kreatiewe wyse waarop geharde Kalaharimense hul wêreld herbergsaam gemaak het, hoe Askham sy naam gekry het en hoe ’n Chev-bakkie kan boomklim. Hierdie bundel boeiende sketse is by tye skreeusnaaks, maar nooit gaan die waardering vir die mense agter die stories verlore nie.
Met die “groot vyf” wolkekrabbers in die stadskern wysig Hannes van der Merwe saam met ander, in die jare sestig en sewentig, die luglyn van Kaapstad: die Naspers-gebou, die Cartwright-hoekgebou, die uitbreiding aan die kantore van die Kaaplandse Provinsiale Administrasie se gebou, die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die Kaapstadse Burgersentrum (vandag die Unistad-hoofkantoor). Maar Hannes van der Merwe is veel meer as bloot argitek. Hy was jare lank betrokke by die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste en die Raad van Trustees van die Suid-Afrikaanse Kunsmuseum en het selfs op sy dag ’n bietjie toneel gespeel. Een van die boeiendste fasette van sy lewe is sy vriendskap met belangrike skrywers en joernaliste – Boerneef, D.J. Opperman, Piet Cillie en Izak de Villiers – waaroor daar in hierdie boek meer vertel word.
Op 40 voel Gerard Scholtz onfiks, vet en verveeld. Hy koop ’n tweedehandse fiets en trap saam met sy vrou Anuta die Argus tot hulle gereed is om verder te reis. Van St Petersburg tot Moskou; die lengte en breedte van Frankryk; oor die Alpe, oor die groot riviere van Europa, Ierland en Wallis reis hulle. Later is dit twee skoeters waarmee hulle elke jaar tot 10 000 kilometer deur Europa aflê. Hulle reis ook per trein, per motor, boot en soms te voet. In hierdie bundel spreek Gerard se vertellings van sy kennis en liefde vir geskiedenis, kuns, musiek, letterkunde … Hy word veel meer as net reisiger en verteller. Gerard neem die leser ook ’n op metafisiese avontuur …
Francois, Hunter, Wynand, Jaco en Johnny is die vyf lede van Fokofpolisiekar. Sedert hul eerste optrede in 2003 het dié band dikwels die koerante gehaal: Musiekjoernaliste was opgewonde oor hulle klank, maar hul omstrede uitlatings het dikwels groter opslae gemaak. Maar wie skuil agter die uitdagende naam? Sommige lesers sal verbaas wees om te hoor dat die meeste van die lede in 'n charismatiese kerk bevriend geraak het, dat hulle 'n bemarkingsveldtog uitgedink het nog voordat hulle enige liedjies geskryf het en dat hulle eens op 'n tyd skaars sjampoe kon bekostig. In Biografie van 'n Bende kan nuuskieriges lees van Fokofpolisiekar se lewe in die huis wat hulle 'The Barracks of Rebellion' gedoop het, asook van die ander suksesvolle splintergroepe wat ontstaan het uit dié kerngroep. In hierdie biografie word vertel hoe dié uiteenlopende individue boesemvriende geword het en die eerste suksesvolle Afrikaanse punkrockgroep gestig het deur bloed, sweet en 'n paar goeie sakebesluite. Dié boek is Fokofpolisiekar se eerste goedgekeurde biografie.
Met meer as 7 000 verhoogoptredes op sy kapstok is Pieter-Dirk Uys volksbesit. In Weerklink van ’n wanklank, sy skreeusnaakse, roerende memoires, tree die mens agter die ikoon te voorskyn. Ons leer ken sy moeilike, musikaal-gedrewe pa, sy briljante, geheimsinnige ma, sy suster, die pianis-wonderkind, en Sannie Abader, “Pietertjie” se Kaapse Vlakte-ma. Dan is daar sy Paarlse ouma wat hom neem om by die Verwoerds te gaan kuier, sy ander Oma en haar onverbeterlike strudel, sy vriendskap met Sophia Loren, die geboorte van Evita Bezuidenhout, en die vreugdes en hartseer van ’n merkwaardige lewe.
|
![]() ![]() You may like...
Frankenstein: York Notes for GCSE…
Mary Shelley, Susan Chaplin
Paperback
![]() R197 Discovery Miles 1 970
|