0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (9)
  • R50 - R100 (20)
  • R100 - R250 (68)
  • R250 - R500 (93)
  • R500+ (37)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Biografieë

Sulke Vriende Is Skaars - Die Briewe Van Arnold van Wyk En Anton Hartman 1949?1981 (Afrikaans, Paperback): Stephanie Voss,... Sulke Vriende Is Skaars - Die Briewe Van Arnold van Wyk En Anton Hartman 1949–1981 (Afrikaans, Paperback)
Stephanie Voss, Stephanus Muller
bundle available
R377 Discovery Miles 3 770 Ships in 4 - 8 working days

Sulke Vriende Is Skaars bevat die geannoteerde briefkorrespondensie tussen twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse Westerse kunsmusiek. Dit is die eerste keer dat briefwisseling binne die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenisskrywing gepubliseer word en is ’n publikasie wat ’n noemenswaardige bydra tot die dissipline van Suid-Afrikaanse musiekhistoriografie, asook tot Afrikaner- en apartheidshistoriografie, sal maak.

Dit toon die belangrikheid aan van verdere navorsing oor die geïnstitusionaliseerde posisie van wit kunsmusiek in Suid-Afrika. Benewens die briewe, word belangrike foto’s, afskrifte van faksimilees, telegramme en ander vorme van korrespondensie geplaas en groot klem geplaas op die visuele voorkoms van die boek.

Die Afrikaners - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Hermann Giliomee Die Afrikaners - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Hermann Giliomee
R499 R429 Discovery Miles 4 290 Save R70 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Internasionaal-bekende historikus prof. Hermann Giliomee dek die geskiedenis van die Afrikaners in 'n hoogs leesbare narratief. Hy verken verskeie omstrede kwessies - die redes vir hul opgee van mag, pogings om saam met ander minderhede te veg vir die Grondwet, en hul soms stormagtige verhouding met die ANC en president Zuma.

Op Die Man Af (Afrikaans, Paperback): Freek Robinson Op Die Man Af (Afrikaans, Paperback)
Freek Robinson
bundle available
R330 R284 Discovery Miles 2 840 Save R46 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Vir 45 jaar het Freek Robinson die grootste nuusgebeure in die ou én nuwe Suid-Afrika eerstehands beleef. As TV-joernalis en nuusanker was hy ’n gereelde besoeker in miljoene Suid-Afrikaners se huise.

In sy memoires deel Freek dit wat hy agter die skerms beleef het.

Dié boek verweef die lewe en loopbaan van een van ons land se mees gerespekteerde en geliefde joernaliste en gee ’n besonderse blik op die ingrypende nuusomwentelinge in ons onlangse geskiedenis.

Robey Leibbrandt - 'n Lewe van Fanatisme (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Robey Leibbrandt - 'n Lewe van Fanatisme (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
bundle available
R300 R240 Discovery Miles 2 400 Save R60 (20%) Ships in 5 - 10 working days

’n Epiese reis in ’n klein seiljag van Frankryk tot aan die Namakwalandse kus gedurende die Tweede Wêreldoorlog, sabotasiepogings en planne om Eerste Minister Jan Smuts in ’n sluipmoord om die lewe te bring . . . In die vroeë 1940’s is die Suid-Afrikaanse publiek aangegryp deur die uitdagende optrede van die Olimpiese bokser en swaargewigkampioen Robey Leibbrandt. Hy was dodelik gekant teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog.

Sy ekstremisme, opvlieënd-heid en onverdraagsaamheid was tipies van ’n politieke fanatikus. Leibbrandt het ’n aanhanger van Nasionaal-Sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika in Berlyn aan die Olimpiese Spele gaan deelneem het. Hy was besig met opleiding in Europa toe die oorlog uitbreek. Die Duitse militêre intelligensiediens het hom kort daarna gewerf om sabotasieopleiding te ontvang. Die Duitsers het Leibbrandt teruggestuur na Suid-Afrika as deel van Operasie Weissdorn. Sy missie? Om die militante deel van die Afrikaner-opposisie te werf en met hulle hulp skeeps- en haweinstallasies, asook nywerhede, te vernietig, en om oproer in die Uniemagte te stook.

Dit was nie lank nie of die polisie was op Leibbrandt se spoor en hy is ná een van die grootste polisiesoektogte in hegtenis geneem. Sy hoogverraadsaak in 1943 en 1944 het hoofopskrifte gehaal. Dié biografie werp nuwe lig op hierdie enigmatiese historiese figuur en wat sy fanatisme aangevuur het.

AB: Die Outobiografie (Afrikaans, Hardcover): A.B. De Villiers AB: Die Outobiografie (Afrikaans, Hardcover)
A.B. De Villiers 3
bundle available
R350 R273 Discovery Miles 2 730 Save R77 (22%) Ships in 5 - 10 working days

AB de Villiers is een van Suid-Afrika se grootste sporthelde. Hy is sedert 2011 kaptein van die Suid-Afrikaanse eendagspan asook ’n lid van die nasionale span sedert hy op 20 Desember 2004, op 20-jarige ouderdom, sy buiging vir die Proteas gemaak het. AB het reg deur sy lewe op die sportveld uitgeblink én word vandag as een van die beste kolwers ter wêreld, in alle aspekte van die spel beskou.

AB: Die Outobiografie, sal insig bied oor die man agter die kolf en onder die kopskerm, asook oor deurslaggewende oomblikke tydens sy loopbaan en sy verhoudingsbande met verskillende mentors. Die leser sal teruggeneem word na die agterplaas van AB se ouerhuis waar hy as kind die eerste keer saam met sy broers leer krieket speel het, en sal voorgestel word aan al die kleurvolle karakters en sportlui wat paaie met AB gekruis het.

AB se belangstelling in musiek en in die sakewêreld word ook onder die loep geneem asook hoe hy hierdie belangstellings van hom saam met sy internasionale krieketloopbaan uitleef.

Aan Die Stuur - My Leierskapsreis (Afrikaans, Paperback): Brand Pretorius Aan Die Stuur - My Leierskapsreis (Afrikaans, Paperback)
Brand Pretorius
bundle available
R355 R305 Discovery Miles 3 050 Save R50 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Brand Pretorius weet wat dit beteken om 'n leier te wees: in sy loopbaan van oor die vier dekades was hy onder meer in leierskapsposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep. In Aan die stuur praat Pretorius openhartig oor sy suksesse en die foute wat hy begaan het en die gevolge daarvan vir die maatskappye en werknemers onder sy stuur. Pretorius gee die leser 'n unieke, eerstehandse vertelling van die “alles loop reg”-jare by Toyota, van die donker jare as hoof van die McCarthy-groep waar die groep byna skipbreuk gelei het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die wysheid vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat sake doen in Suid-Afrika of wat ’n suksesvolle ondernming wil bedryf. Pretorius wys ook hoe elkeen van ons persoonlike leierskap aan die dag kan le en Suid-Afrika so kan help verbeter. Brand Pretorius weet wat dit beteken om ’n leier te wees: in sy loopbaan oor vier dekades, was hy in topbestuursposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep waar hy uitvoerende hoof was. In Aan die stuur deel Pretorius sy sakesuksesse en die bestuurslesse wat hy geleer het en die impak daarvan op die maatskappye en werknemers onder sy bestuur. Pretorius praat openhartig oor die “alles loop reg”-jare by Toyota en van die donker tye by die McCarthy-groep toe die maatskappy byna ondergegaan het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die lesse vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat wil verstaan hoe om sake te doen in Suid-Afrika, hoe om ’n suksesvolle ondernming te bedryf en watter groot rol goeie leierskapskap speel in die land se ontwikkeling.

Se my, is julle twee susters? - `n Memorie (Afrikaans, Paperback): Hester van der Walt Se my, is julle twee susters? - `n Memorie (Afrikaans, Paperback)
Hester van der Walt
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

Twee vroue, een uit Nederland en die ander een uit die Vrystaatse Goudvelde ontmoet mekaar in ‘n hospitaalsaal in Bloemfontein. Vyftig jaar later vertel Hester die storie van hoe die lewe hulle gevorm het as verpleegsters, gemeenskapswerkers, bakkers en kunstenaars. In hierdie memorie vertel sy van die sleutel oomblikke in haar lewe wat haar daartoe gedryf het om kulturele en etniese grense oor te steek om sodoende uit te vind wie sy werklik is. Haar besluite neem haar vanaf die Vrystaat na Distrik Ses en Venda, na Nederland en die Verenigde Koninkryk, na Heideveld en Hanover Park en uiteindelik na McGregor. Haar nederige storie vertel van die geestelike isolasie van alle “vlugtelinge” wat die onversoenbare waardes van hulle “tuiste” (hetsy fisies of ideologies) verlaat en nuwe maniere moet vind om ‘n lewe te skep. Dit vertel ook van die wonder om ‘n metgesel langs die pad te vind.

Die wit Boesman (Afrikaans, Paperback): Peter Stark Die wit Boesman (Afrikaans, Paperback)
Peter Stark
bundle available
R248 Discovery Miles 2 480 Ships in 4 - 8 working days

Die legendariese Wit Boesman, Peter Stark, skryf onderhoudend oor sy belewenisse in die destydse Duits-Suidwes-Afrika. Eers as plaasbestuurder en leeuvanger van formaat (wat Natuurbewaring by Etosha grys hare gegee het) en later self as natuurbewaarder, het hy ’n formidabele kennis van die veld, die San, die wild en die mense opgedoen. Hierdie kennis spreek mee in die staaltjies en verhale oor sy ervarings, opgeskryf in die gesellige trant eie aan Namibie. Peter Stark is in Duits-Suidwes-Afrika (vandag Namibie) gebore en was vir baie jare natuurbewaarder in die Okaukuejo-omgewing. As ware seun van die veld het Peter hom onderskei as onverskrokke grootwildjagter, uitnemende ruiter en spoorsnyer van formaat. Hy het in 1974 by die destydse Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit as kommandant in die rykunsvleuel, waar hy 'n enorme bydrae gelewer het tot die opleiding van ruiters. Vandag woon op die plaas Vogelsang naby Ventersdorp.

Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback): Wannie Carstens, Edith Raidt Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback)
Wannie Carstens, Edith Raidt
R755 R715 Discovery Miles 7 150 Save R40 (5%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie boek- wat in twee dele gepubliseer is en gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede – word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) én veral Afrikaans se Afrikaherkoms – oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom.

Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en vanuit Asië (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans beïnvloed het tot die vorm wat dit wel geword het). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies ’n nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede.

In Deel 1 is die Europese verlede van Afrikaans weergegee. In Deel 2 kom die Afrikaverlede van Afrikaans aan bod. Die boek verken paaie wat nog nie voorheen ontgin is nie en dit sal ʼn besliste bydrae tot die debat oor Afrikaans se verlede wees.

Jeanne Goosen - 'n Lewe Vol Sinne (Afrikaans, Paperback): Petrovna Metelerkamp Jeanne Goosen - 'n Lewe Vol Sinne (Afrikaans, Paperback)
Petrovna Metelerkamp
bundle available
R287 Discovery Miles 2 870 Ships in 4 - 8 working days

'n Biografie van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, met foto's, briewe en bydraes van vriende wat vertel hoe hulle dié ikoniese figuur ken. Die skrywer, Petrovna Metelerkamp, is die 2019-wenner van die ATKV-Veertjie vir nie-fiksie vir Ingrid Jonker - 'n Biografie. Die boek bevat materiaal wat voorheen ontoeganklik was en beloof om ure se leesgenot te verskaf aan die duisende aanhangers van die digter-dramaturg en skrywer van Ons is nie almal so nie.

Die Agterhuis (Afrikaans, Paperback): Anne Frank Die Agterhuis (Afrikaans, Paperback)
Anne Frank; Translated by Lina Spies
R413 Discovery Miles 4 130 Ships in 12 - 17 working days

Die agterhuis, oftewel die dagboek van Anne Frank, is een van die mees gelese boeke in die wêreld. Hierin vertel die tienderjarige Anne die aangrypende verhaal van die Joodse gesin Frank se lotgevalle toe hulle tydens die Tweede Wêreldoorlog in Amsterdam vir die Duitse besetters moes wegkruip. Anne het die dagboek op 12 Junie 1942, haar dertiende verjaardag, present gekry. In die volgende maand, toe die vervolging van Jode ook in Nederland te erg raak, soek die Frank-gesin saam met ander ’n Joodse gesin skuiling in kamers agter die kantore van die onderneming waar Otto Frank gewerk het. In haar dagboek skryf Anne neer wat die gesin ervaar, sy lewer kommentaar op die dikwels gespanne verhoudings tussen die lede van die twee gesinne in die beknopte omstandighede en sy doen ook verslag oor die gewaarwordinge en gevoelens van ’n jong meisie in uiters moeilike omstandighede. Die dagboekinskrywings word in Augustus 1944 gestaak toe die “skuilgangers” aan die Nazi’s verraai is en almal na Duitse konsentrasiekampe gestuur is. Otto Frank het die konsentrasiekamp oorleef, Anne se dagboek weer opgespoor en dit laat publiseer. Sedertdien is dit uit Nederlands in vele tale vertaal en is nou ook in Afrikaans beskikbaar.

Lugkasteel (Afrikaans, Paperback): Annelie Botes Lugkasteel (Afrikaans, Paperback)
Annelie Botes 2
bundle available
R260 R208 Discovery Miles 2 080 Save R52 (20%) Ships in 5 - 10 working days

In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op ’n vliegtuig geklim het om in Engeland ’n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir ’n hellejaar (ook met heelwat hemelse oomblikke!) word sy Granny se hoeder.

Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy wéér Engeland toe. Dié keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in ’n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net ’n kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van ’n vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop.

Om vir haar ’n wegkruipplek te skep, rig sy ’n antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat verlate in ’n plaat onkruid staan, in as haar heiligdom. Droomplek. Dinkplek. Huilplek.

Tien jaar later sit sy by haar ou bruin lessenaar en rol die kamera terug na daardie tyd. Bekyk die glasskoentjies wat elke mens langs die pad verloor. Lugkastele wat tuimel. Alles net swaanveertjies in die winterwind. Tog, ondanks ons stukkende vlerke, leer ons vlieg. Hoër en verder as wat ons ooit kon droom.

Soms. Soms nie

Marjorie Wallace - Drif En Vreugde (Afrikaans, Paperback): Amanda Botha Marjorie Wallace - Drif En Vreugde (Afrikaans, Paperback)
Amanda Botha
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Out of stock
Huis Van Gruwels - My 16 Jaar In Die Springs-Hel (Afrikaans, Paperback): Susan Cilliers Huis Van Gruwels - My 16 Jaar In Die Springs-Hel (Afrikaans, Paperback)
Susan Cilliers
bundle available
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Huis van gruwels is die skokverhaal van die sogenaamde “Springs-monster” wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin weggeneem het, maar ook ’n storie van hoop oor hoe ’n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind.

Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is. Sy is nou 21 jaar oud en vertel vir die eerste keer haar verstommende verhaal. In Mei 2014 het die polisie dié huis ontdek waar ’n sadistiese pa sy vrou en vyf kinders vir jare tussen vullis en rotte aangehou, getreiter en gemartel het. In ysingwekkende besonderhede onthou Landi hoe hul pa hulle aangerand, met ’n skokstok geskok, met ’n gaspistool geskiet en met ’n blaasvlam gebrand het, hoe hy martelmetodes nagevors en hulle byna in ’n bad verdrink het.

Sy vertel hierdie herinneringe aan Susan Cilliers, ’n ervare joernalis, wat dit met deernis weergee en dit vernuftig met die feite van die polisie-ondersoek en die hofsaak verweef.

19 en Gewapen - 'n Suid-Afrikaanse valskermsoldaat in Angola (Afrikaans, Paperback): Granger Korff, Lenord le Hanie 19 en Gewapen - 'n Suid-Afrikaanse valskermsoldaat in Angola (Afrikaans, Paperback)
Granger Korff, Lenord le Hanie 3
R299 R234 Discovery Miles 2 340 Save R65 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Die rowwe en eerlike vertelling van 'n 'Bat in the bosoorloe van Namibie en Angola. 19 en Gewapen is 'n aksiebelaaide vertelling van Granger Korff se twee diensjare in 1980/81 saam met 1 Valskermbataljon tydens die hoogtepunt van die Suid Afrikaanse Bosoorlog in Suid Wes Afrika (Namibie) en Angola. Afgesien van die standaard teen-insurgensie aktiwiteite van die Fire Force krygsverrigtinge asook lokvalle en patrollies om SWAPO guerrillas te vind en te vernietig, was hy ook betrokke by verskeie noemenswaardige konvensionele oorgrensoperasies deur die Suid Afrikaanse Weermag (SAW) soos Protea, Daisy en Carnation, wat in Angola in beweeg het teen FAPLA (Angolese MPLA troepe) sowel as hulle Kubaanse en Sowjetbondgenote. Korff se vormingsjare op die Oos-Rand as 'n straatbakleiende jeug het 'n invloed op sy toekomstige militere loopbaan gehad wat ontsier was deur omstredenheid. Hy was konstant in die moeilikheid: Sy afwesigheid sonder verlof op die vooraand van die oorlog omdat hy na die front beweeg het; dat hy verskyn het voor 'n krygsraad na hy n sersantmajoor in trane gehad het na hy hom aangerand het voor sy troepe; vuis gevegte met die dwelmeenheid en sy in hegtenisname na die uitmergelende sewe-week, 700km Recce keuringsuithouresies, is maar net 'n paar van die kleurvolle staaltjies wat hierdie vertelling van diens in die Suid Afrikaanse Weermag deurspikkel. Sy skryfstyl is pittig, brutaal, selfveragtend en by tye humoristies - maar altyd eerlik.

Skeef - Wat Jy Van LGBTIQ-wees Wil Weet (Afrikaans, Paperback): Renaldo Schwarp Skeef - Wat Jy Van LGBTIQ-wees Wil Weet (Afrikaans, Paperback)
Renaldo Schwarp
bundle available
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

In Skeef deel mediapersoonlikheid Renaldo Schwarp op sy kenmerkend spitvondige manier praktiese advies en verhale oor alle aspekte van gay-wees.

Uitkom, boelies, liefdesverhoudings, skooldae, universiteitsjare, ouers, verteenwoordiging, seksualiteit, geloof - geen onderwerp is taboe nie. Schwarp fokus op die leefwêreld van LGBTIQ+-Suid-Afrikaners, plaas dit in internasionale en historiese kontekste en bied 'n woordeskat. Schwarp vertel sy eie storie. Hy klop ook aan by bekendes soos Rian van Heerden, Marc Lottering, Charl-Johan Lingenfelder, Boer Damian en Joe Foster om 'n genuanseerde beeld van eietydse gay-wees te skets.

In 'n onthutsend eerlike hoofstuk vertel sy ma, Verenia, van die uitdagings van gaykindgrootmaak. Die raakvatters agter die gewilde Mannetjiesvrou-podsending verwelkom jou ook in die voorkamer van die lesbiër.

Selfs al is dinge soms moeiliker vir LGBTIQ-mense, dra Skeef 'n boodskap van hoop oor vir gay mense, hul ouers en bondgenote. Selfaanvaarding, outentisiteit, gesonde verhoudings en geluk is gays beskore - hierdie boek vertel hoe.

Seks, Leuens en die Internet (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Seks, Leuens en die Internet (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
bundle available
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings; seks en selfondersoek. Dis ’n eerlike en soms skreeusnaakse memoir - maar ook ’n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn afsprake.

Titaan - 'n Roman oor die lewe van Michelangelo Buonarotti (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Titaan - 'n Roman oor die lewe van Michelangelo Buonarotti (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R350 R120 Discovery Miles 1 200 Save R230 (66%) Ships in 3 - 5 working days
Geheime Revolusie - Memoires van 'n Spioenbaas (Afrikaans, Paperback): Niel Barnard, Tobie Wiese Geheime Revolusie - Memoires van 'n Spioenbaas (Afrikaans, Paperback)
Niel Barnard, Tobie Wiese
R694 Discovery Miles 6 940 Ships in 10 - 15 working days
Depressie en die Christen Gesin (Afrikaans, Paperback): Patoor Heidi Pieterse Depressie en die Christen Gesin (Afrikaans, Paperback)
Patoor Heidi Pieterse
R270 Discovery Miles 2 700 Ships in 10 - 15 working days
Ek onthou (Afrikaans, Paperback): Andri Nieuwoudt Ek onthou (Afrikaans, Paperback)
Andri Nieuwoudt
R739 Discovery Miles 7 390 Ships in 10 - 15 working days
Kraaie van die Langeberge - 'n Verhaal van Vergewensgesindheid en Liefde (Afrikaans, Paperback): Isaac Loubser Kraaie van die Langeberge - 'n Verhaal van Vergewensgesindheid en Liefde (Afrikaans, Paperback)
Isaac Loubser
R488 Discovery Miles 4 880 Ships in 10 - 15 working days
Die Laaste Noot? (Afrikaans, Paperback): Susanna Pienaar Die Laaste Noot? (Afrikaans, Paperback)
Susanna Pienaar
bundle available
R240 R188 Discovery Miles 1 880 Save R52 (22%) In Stock

“Die lewensstroom vat ons na onbekende plekke. Ons kan kies watter bagasie ons met ons saamneem – dikwels is dit goed wat maar kon gebly het. Soms verborge dinge waarvan ons nie eens aktief bewus is nie. Soos die eendmossels buite sig op die boeg,” skryf Susanna Pienaar.

Susanna, ’n musikus, is ’n lewenslustige, suksesvolle vrou – ondernemend en vol waagmoed. Met die Pase vertrek sy na ‘n kunstefees. Daar, in ’n spookagtig donker kerk, begin die aanloop tot traumatiese gebeure wat haar lewe binne vier en twintig uur drasties verander. Sy word gestroop van alles wat vir haar kosbaar is – die gebruik van haar vingers en ander ledemate, haar finansiële welvaart, haar geliefde Lucas. Uiteindelik word sy gedurende haar mediese behandeling en fisieke rehabilitasie gelykgemaak met medemense wie se enigste tuiste onder bokse, onder brûe was.

Haar worsteling met haar verliese en soeke na identiteit lig die sluier oor die invloede in haar verlede, hoe dit haar lank gelede op ’n plattelandese dorpie gevorm het: die onskuld en kameraderie van kinders; die obskure doen en late van die gemeenskappie (dikwels goeie mense); haar worsteling met godsdiens in ’n huis waar die gesin uitmekaar geskeur word deur geloofsverskille tussen ouers. En ook die onnoembare ...

Die laaste noot? deur Susanna Pienaar oor haar lewenservarings staan in die teken van “Da Capo al fine” – ’n musikale aanwysing wat beteken: begin weer voor en speel tot die laaste noot ...

??? ?? ???? (Afrikaans, Paperback): Pastor Amelu Geta ከብዙ ሞት አዳነኝ (Afrikaans, Paperback)
Pastor Amelu Geta
R320 Discovery Miles 3 200 Ships in 10 - 15 working days
Kort Treetjies (Afrikaans, Paperback): Sarita Pieterse Kort Treetjies (Afrikaans, Paperback)
Sarita Pieterse
R504 Discovery Miles 5 040 Ships in 10 - 15 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Christo Wiese - Risiko en Rykdom
T J Strydom Paperback R385 R331 Discovery Miles 3 310
Afrikaner Sondebok? - Die Lewe Van Hans…
Albert Blake Paperback  (1)
R300 R240 Discovery Miles 2 400
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R280 R241 Discovery Miles 2 410
Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe
Rassie Erasmus, David O'Sullivan Paperback R350 R241 Discovery Miles 2 410
Weerklink Van 'n Wanklank - Memoires Van…
Pieter-Dirk Uys Paperback R305 Discovery Miles 3 050
Anton Rupert - Die Lewe van 'n Sakeleier
Ebbe Dommisse Paperback R395 R289 Discovery Miles 2 890
Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense
Richard Steyn Paperback  (1)
R604 Discovery Miles 6 040
SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of…
Wynand Harmse Paperback R10 R8 Discovery Miles 80
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R101 Discovery Miles 1 010
Ongeskonde
Alwyn Uys Paperback R240 R206 Discovery Miles 2 060

 

Partners