0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (23)
  • R100 - R250 (86)
  • R250 - R500 (165)
  • R500+ (32)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Biografieë

Die Novelle (Afrikaans, Paperback): Martin Maack Die Novelle (Afrikaans, Paperback)
Martin Maack
R652 Discovery Miles 6 520 Ships in 18 - 22 working days
N' wandel met die Here - Persoonlike ondervinding met God (Afrikaans, Paperback): Luigi Ugo April N' wandel met die Here - Persoonlike ondervinding met God (Afrikaans, Paperback)
Luigi Ugo April
R394 Discovery Miles 3 940 Ships in 18 - 22 working days
Stilte voor Storm (Afrikaans, Paperback): Anna Mart Van Der Merwe Stilte voor Storm (Afrikaans, Paperback)
Anna Mart Van Der Merwe
R376 Discovery Miles 3 760 Ships in 18 - 22 working days
Kyk na my - Herinneringe aan 'n kindertyd (Afrikaans, Paperback): Nataniel Kyk na my - Herinneringe aan 'n kindertyd (Afrikaans, Paperback)
Nataniel
R515 Discovery Miles 5 150 Ships in 18 - 22 working days
Ek Onthou - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Andri Nieuwoudt Ek Onthou - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Andri Nieuwoudt
R509 Discovery Miles 5 090 Ships in 18 - 22 working days
Begeleide joernaal Multi-generasie vir groot grootouers - Deel herinneringe en familie geskiedenis met jou toekomstige geslagte... Begeleide joernaal Multi-generasie vir groot grootouers - Deel herinneringe en familie geskiedenis met jou toekomstige geslagte (Afrikaans, Paperback)
Amber Richards
R281 Discovery Miles 2 810 Ships in 18 - 22 working days
Andre P Brink en die Spel van Liefde - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Leon De Kock Andre P Brink en die Spel van Liefde - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Leon De Kock
R399 Discovery Miles 3 990 Ships in 4 - 6 working days

Andre P Brink En Die Spel Van Liefde is die heel eerste biografie van ’n Suid-Afrikaanse skrywer wat gedurende sy leeftyd in dieselfde asem as Gabriel García Márquez, Peter Carey en Aleksandr Soltzjenitsen genoem is, en wie se romans in meer as 30 tale vertaal is.

In Leon de Kock se langverwagte biografie word Brink se persoonlike dagboeke en joernale as die belangrikste bronmateriaal hanteer. Brink het meer as 50 jaar lank sy ervarings en gedagtes pligsgetrou opgeteken: hierdie notaboeke, waartoe De Kock eksklusief toegang verkry het, word nou vir die eerste maal bekend gemaak.

Die spel van liefde is ’n omvangryke biografie wat die leser ’n openhartige, onverbloemde blik gee op Brink se gedagtes en gevoelens – oor homself én ander. Brink beskryf die hoogte- en laagtepunte van sy vyf huwelike asook sy verskeie verhoudings met ’n groot aantal vroue – ’n onderwerp wat hy in sy memoir, ’n Vurk in die pad, maar slegs vlugtig bespreek. Gedurende sy leeftyd het Brink hom nie net teen die politieke bestel verset nie, maar veral ook teen tradisionele seksuele sedes.

In hierdie biografie van ’n skrywer aan wie die Nobelprys vir letterkunde byna toegeken is, bekyk De Kock Brink se persoonlike, outobiografiese aantekeninge vanuit ’n kritiese, literêre oogpunt. Daarmee saam vergelyk hy die dagboeke met akademiese en ander, alledaagse bronne, waaronder getuienisse deur Brink se vriende, familie, eggenote en minnaresse. Die spel van liefde is ’n unieke, belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse lettere, maar veral ook tot navorsing oor Brink se lewe en skryfwerk.

Net Mooi Fine (Afrikaans, Paperback): Lanie van Reenen Net Mooi Fine (Afrikaans, Paperback)
Lanie van Reenen
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Iets heerliks gebeur. Dis asof ek nie meer Lanie-op-’n-fiets op ’n mission is nie, maar een word met die natuur om my; of ek nog van altyd af hier was, hier hoort. Asof die lewe nog altyd eenvoudig was. Ek klim af en gaan lê op my rug en kyk deur die herfsblare wat goud aan die bome hang tot by die ysblou lug ver bo. Ek wil iets gee, iets sê…

Net mooi fine is die opvolg van Lanie van Reenen se suksesvolle boek C’est la Vie. Hierin beskryf sy wat gebeur het sedert haar hotelprojek in Frankryk gefaal het; hoe sy die nuwe realiteite van haar eie gestroopte lewe te bowe moet kom terwyl sy ook die verwerende château moet probeer red of verkoop.

Op haar pad na heling onderneem Lanie vele avonture: soms alleen per fiets, soos wanneer sy die Camino Portuguese voltooi; maar ook te voet, soos die tog na die berg Everest se basiskamp wat sy ter wille van liefdadigheid onderneem.

In hierdie ontroerende omstandighede ontstaan die vraag: Wat is die somtotaal van verlies? En hoe groot is die wins wat verlies tot gevolg kan hê as jy bewustelik daarmee omgaan, sodat ʼn mens ten slotte kan sê: “Eintlik is alles net mooi fine”?

Wanneer Water Wyn Word (Afrikaans, Paperback): Jacqueline Leuvennink, Vivian Kleynhans Wanneer Water Wyn Word (Afrikaans, Paperback)
Jacqueline Leuvennink, Vivian Kleynhans
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Toe Vivian op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander – haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin ’n huis op Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het ’n prys. Vivian word vervreem van haar familie en verval in ’n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie, en besluit eendag dat sy genoeg gehad het. Sy begin haar lewe van voor af bou. Vivian het ’n kop vir besigheid, en ná verskeie poste besluit sy om haar eie wynbesigheid te begin. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en word die wyn na Wallmart uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie, deursettingsvermoë en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.

Pieter-Dirk Uys (Afrikaans, Paperback): Pieter-Dirk Uys Pieter-Dirk Uys (Afrikaans, Paperback)
Pieter-Dirk Uys
R575 Discovery Miles 5 750 Ships in 18 - 22 working days
Weerklink Van 'n Wanklank - Memoires Van Toe En Nou (Afrikaans, Paperback): Pieter-Dirk Uys Weerklink Van 'n Wanklank - Memoires Van Toe En Nou (Afrikaans, Paperback)
Pieter-Dirk Uys
R404 Discovery Miles 4 040 Ships in 4 - 6 working days

Met meer as 7 000 verhoogoptredes op sy kapstok is Pieter-Dirk Uys volksbesit. In Weerklink van ’n wanklank, sy skreeusnaakse, roerende memoires, tree die mens agter die ikoon te voorskyn.

Ons leer ken sy moeilike, musikaal-gedrewe pa, sy briljante, geheimsinnige ma, sy suster, die pianis-wonderkind, en Sannie Abader, “Pietertjie” se Kaapse Vlakte-ma.

Dan is daar sy Paarlse ouma wat hom neem om by die Verwoerds te gaan kuier, sy ander Oma en haar onverbeterlike strudel, sy vriendskap met Sophia Loren, die geboorte van Evita Bezuidenhout, en die vreugdes en hartseer van ’n merkwaardige lewe.

Oor Grense - 'n Lewe in die Media in 'n Tyd van Verandering (Afrikaans, Paperback): Ton Vosloo Oor Grense - 'n Lewe in die Media in 'n Tyd van Verandering (Afrikaans, Paperback)
Ton Vosloo
R320 Discovery Miles 3 200 Ships in 4 - 6 working days

Ton Vosloo is een van die mees gerekende koerant- en sakemanne in Suid-Afrika. Gedurende sy loopbaan van sowat sestig jaar het Suid-Afrika op politieke front ’n drastiese ommekeer ondergaan: die Nasionale Party het plek gemaak vir ’n ANC-regering, wat gelei het tot transformasie op sosiale, ekonomiese en sakefront.

In 1983 is Vosloo as die besturende direkteur van Naspers aangestel en het hy hom dit ten doel gestel om dié groep – wat in 1913 as mondstuk van die Nasionale Party gestig is – te vernuwe. Vosloo het die maatskappy deur diep, onstuimige waters gestuur: op ideologiese vlak was dit ’n geveg tot die dood toe met die regse Perskor-groep om die steun van Afrikaners te wen.

Naspers moes ook op kommersiële vlak moderniseer. Dit het uiteindelik gelei het tot die stigting van M-Net, Suid-Afrika se eerste betaaltelevisiekanaal. In 1992 is Vosloo as voorsitter van Naspers aangestel en het Koos Bekker die pos as besturende direkteur aanvaar. Onder Bekker se leiding het Naspers belê in die Chinese internetmaatskappy Tencent, en vinnig ontwikkel tot ’n groep wat vandag finansiële belange regoor die wêreld het. Dít sou nie moontlik gewees het sonder die fondasie wat Vosloo in die vroeë tagtigs vir sodanige vernuwing gelê het nie.

Oor Grense is Ton Vosloo se memoir oor sy lewe in die koerantwêreld in ’n tyd toe Naspers nog baklei het om die posisie as markleier, ’n tyd toe die koerante binne sy stal baie na aan die politici van die dag gestaan het. Met sy eiesoortige humorsin en styl as gesoute joernalis vertel Ton Vosloo die storie van Naspers en van sy uiteenlopende ervarings as koerantman en sakeleier.

Ook beskikbaar in Engels as Across Boundaries

Truitjie Roer My Nie - Oor Kempton en Ander K-Woorde (Afrikaans, Paperback): Schalk Bezuidenhout Truitjie Roer My Nie - Oor Kempton en Ander K-Woorde (Afrikaans, Paperback)
Schalk Bezuidenhout
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Wat beteken dit as ’n jong Afrikanerman jou beskryf as “nogals orraait”? Hoe trek jy die gehoor se aandag as die basaarpoeding hulle gemesmeraais het? En waar in die wêreld is die berugte Pomona Spur? In dié piepie-jou-nat-van-die-lag memoire verklap Schalk – en sy soortvan-bestuurder, Erns Grundling – die bisarre en hartroerende dinge wat hy oorgekom het op sy reise regoor die land na oral waar ’n mikrofoon en ’n gehoor hom inwag.

'n Luiperd In My Bed (Afrikaans, Paperback): Annelize Slabbert 'n Luiperd In My Bed (Afrikaans, Paperback)
Annelize Slabbert
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

‘Met die middagson kom die lugspieëlings wat aan die vallei sy naam gegee het: Deception Valley. Dan skuil alles wat asemhaal in die koelte van ’n matjarra, rug na die wind gedraai. In die lang geelwit gras lê die leeus uitgestrek en slaap. Net die vlakvarke draf stertorent nader vir ’n modderbad.’

Annelize Slabbert was ’n joernalis in Johannesburg en haar man, Gerard, ’n apteker. Stedelinge. Toe word hulle moeg vir die lewe in die stad, die spitsverkeer, die gebrek aan stilte en sterre. En hulle volg die krom wandelpad na Die Droom van ’n landelike idille met skape en groen gras. Tot, uiteindelik, in die son en sand van die Sentraal-Kalahari in Botswana waar hulle ’n vierster-lodge bestuur. Wat kan dan nou verkeerd loop? 'n Ware verhaal, uitstekend vertel, skreeusnaaks en aangrypend.

Vroue Van Atlantis (Afrikaans, Paperback): Anastasia De Vries Vroue Van Atlantis (Afrikaans, Paperback)
Anastasia De Vries
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer.

Hulle het besluit om nie moed op te gee nie. Hulle stories is dié van moed, optimisme en inspirasie. Dit is ’n moetlees vir almal wat glo dat liefde en geloof ’n verskil kán maak.

Atlantis aan die Weskus was die breinkind van ’n vorige regering se “desentralisasiebeleid” – maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, brand dié twaalf vroue se stories soos fakkelligte in ’n lang, donker nag.

Hulle is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson.

Closet - The Remarkable Wardrobe of Nataniël (English, Afrikaans, Paperback): Nataniel Closet - The Remarkable Wardrobe of Nataniël (English, Afrikaans, Paperback)
Nataniel
R390 R331 Discovery Miles 3 310 Save R59 (15%) Ships in 5 - 7 working days

Truly unique, Closet offers a visual celebration as exceptional as its author. As Nataniel looks back on his 30-year career, he takes us into his closet, showing his first self-made costumes, introducing his three designers and sharing close-up details of the most astounding costumes from his shows. Also with photo shoots, magazine and CD covers, Closet is a visual feast, a collector's item and an ode to an exceptional South African artist.

Closet is ’n unieke, luukse visuele viering en versamelstuk. Nataniël kyk oor sy roemryke loopbaan van 30 jaar terug wanneer hy sy aanhangers ’n kykie in sy klerekas gee. Hy wys van sy eerste kostuums, stel sy drie kostuumontwerpers voor, en vertoon sy heel beste kostuums van naderby. Closet, wat ook fotosessies, CD-omslae en katalogusse insluit, is ’n fees vir die oog en ’n ode aan ’n besondere kunstenaar.

Gobabis - Waar die olifante drink (Afrikaans, Paperback): Ilse Mouton Gobabis - Waar die olifante drink (Afrikaans, Paperback)
Ilse Mouton
R162 Discovery Miles 1 620 Ships in 4 - 6 working days

In 1983 verruil Ilse Mouton en haar dokterman Andre hul stedelike bestaan en blou Bolandse berge vir die verrykende ervaring van ‘n plattelandse leefwyse en vestig hulle in Gobabis, waar hul nuwe heimat ‘n onuitwisbare nalatenskap in hul wese laat. Teen die agtergrond van politieke veranderinge word die wel en wee van Gobabis gedurende die 1980’s met pieteit, eerlikheid en ‘n ruim skoot humor beleef.

Shéri - Nes ek is (Afrikaans, Paperback): Sheri Brynard, Colleen Naude Shéri - Nes ek is (Afrikaans, Paperback)
Sheri Brynard, Colleen Naude
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

In haar bykans 35 jaar het Shéri Brynard merkwaardige mylpale bereik ten spyte van die feit dat sy as baba met Trisomie-21-Downsindroom gediagnoseer is. Sy vertel hoe die liefde en aanvaarding van diegene naaste aan haar, veral haar ma, Susette, haar gevorm het.

Sy deel met die leser die opwindende avonture op haar pad, die seerkry, vrees, en verliese (die grootste hiervan die dood van haar pa, Jerry), asook die werklikhede waarmee sy as ’n volwassene met Downsindroom gekonfronteer word. Dan gesels haar ma oor ’n lewe in die skaduwee van ’n kind met Downsindroom. Sy deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar kind het Downsindroom en haar en haar dogter se reis die onbekende in. Shéri – Nes ek is is ’n boek wat grense verskuif, want soos Shéri tereg vra: “Wat is nou eintlik normaal?”

Dié boek herinner die leser juis dat ons as kinders van God elkeen ons volle potensiaal kan bereik, ongeag die uitdagings waarvoor ons te staan kom.

Dwarsklap - Skakerings Van Swart In Die Nuwe Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Piet Matipa Dwarsklap - Skakerings Van Swart In Die Nuwe Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Piet Matipa 3
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Piet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld is baie gewild omdat dit aan ’n sonderlinge lewensuitkyk uitdrukking gee. Hy praat vanuit ’n perspektief wat jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Sy siening van die wêreld is gevorm deur interessante bestemmings waar sy lewenspad aangedoen het. As skolier aan Hoërskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Sy skryftande is geslyp as joernalis in Beeld se misdaadkantoor en as sepieskrywer vir 7de Laan , waar hy steeds werksaam is. Nie sleg vir iemand wat in ’n kinderhuis grootgeword het nie!

Afrikaans het sy lê op ’n unieke manier in Piet se mond gekry. En vir één ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. In Dwarsklap laat Piet hom uit oor aangeleenthede wat alle Suid-Afrikaners raak. Misdaad en taxi-bestuurders is groot klippe in die skoen. Wenke oor gewigsverlies word gegee, en ook hoe om ’n ontkleedanser by ’n henneparty te kry. En oor liefdesavonture kan jy vir Piet min vertel, veral wanneer sosiale media betrokke is.

’n Hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.

19 en Gewapen - 'n Suid-Afrikaanse valskermsoldaat in Angola (Afrikaans, Paperback): Granger Korff, Lenord le Hanie 19 en Gewapen - 'n Suid-Afrikaanse valskermsoldaat in Angola (Afrikaans, Paperback)
Granger Korff, Lenord le Hanie 3
R299 R276 Discovery Miles 2 760 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die rowwe en eerlike vertelling van 'n 'Bat in the bosoorloe van Namibie en Angola. 19 en Gewapen is 'n aksiebelaaide vertelling van Granger Korff se twee diensjare in 1980/81 saam met 1 Valskermbataljon tydens die hoogtepunt van die Suid Afrikaanse Bosoorlog in Suid Wes Afrika (Namibie) en Angola. Afgesien van die standaard teen-insurgensie aktiwiteite van die Fire Force krygsverrigtinge asook lokvalle en patrollies om SWAPO guerrillas te vind en te vernietig, was hy ook betrokke by verskeie noemenswaardige konvensionele oorgrensoperasies deur die Suid Afrikaanse Weermag (SAW) soos Protea, Daisy en Carnation, wat in Angola in beweeg het teen FAPLA (Angolese MPLA troepe) sowel as hulle Kubaanse en Sowjetbondgenote. Korff se vormingsjare op die Oos-Rand as 'n straatbakleiende jeug het 'n invloed op sy toekomstige militere loopbaan gehad wat ontsier was deur omstredenheid. Hy was konstant in die moeilikheid: Sy afwesigheid sonder verlof op die vooraand van die oorlog omdat hy na die front beweeg het; dat hy verskyn het voor 'n krygsraad na hy n sersantmajoor in trane gehad het na hy hom aangerand het voor sy troepe; vuis gevegte met die dwelmeenheid en sy in hegtenisname na die uitmergelende sewe-week, 700km Recce keuringsuithouresies, is maar net 'n paar van die kleurvolle staaltjies wat hierdie vertelling van diens in die Suid Afrikaanse Weermag deurspikkel. Sy skryfstyl is pittig, brutaal, selfveragtend en by tye humoristies - maar altyd eerlik.

Broedertwis (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Broedertwis (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days

Meer as ’n honderd jaar na die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner. In Broedertwis probeer Albert Blake verstaan waarom hulle lynreg in stryd met mekaar gekom het. Wie was reg? Christiaan, wat ten alle koste die vryheidstryd wou voer, of Piet, wat ’n einde aan die smart en lyding van die oorlog wou bring?

Maggie Laubser - 'n Venster op altyd lig (Afrikaans, Paperback): Muller Ballot Maggie Laubser - 'n Venster op altyd lig (Afrikaans, Paperback)
Muller Ballot
R714 Discovery Miles 7 140 Ships in 4 - 6 working days

Alhoewel sy vandag onthou word as een van die land se beroemdste en geliefdste kunstenaars, het die moderne en unieke styl van Maggie Laubser aanvanklik veel meer kritiek as erkenning gelok. Met 'n unieke invalshoek en fokus op haar 149 skilderye wat sedert haar heengaan in 1973 in die Universiteit Stellenbosch se kunsversameling opgeneem is, bring 'n Venster op altyd lig hulde aan en neem lesers op 'n reis deur die lewe en werke van 'n selfekspressionistiese kunstenaar deur wie die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis sonder twyfel aansienlik verryk is.

Regardt (Afrikaans, Paperback): Regardt Van Den Bergh, Danny Fourie Regardt (Afrikaans, Paperback)
Regardt Van Den Bergh, Danny Fourie 1
R168 Discovery Miles 1 680 Ships in 4 - 6 working days

Regardt se lewe het glad nie naby God begin het nie, maar hy het beslis die pad na Hom gevind. Hy vertel van sy vroegste kinderjare in Bez Valley tot die punt waar sy lewe op die kruin van sy loopbaan, ná ’n onverskillige lewe met drank en ’n vergeefse soeke na ’n dieper sin, heeltemal uitmekaarval. Hy het sy gesin en huis verloor, maar een oggend met ’n babelaas en trane wat oor sy wange loop ’n onvergeetlike ontmoeting met God gehad wat sy hele lewe vir goed verander het.

Regardt is die merkwaardige verhaal van ’n man wat nooit sy passie vir die lewe en vir rolprente verloor het nie, maar wat op ’n swaar manier moes leer dat toewyding en gehoorsaamheid aan God die vreugde en sin bring wat hom opgewonde maak oor sy lewe. Vandag is hy gelukkig getroud met Clara Joubert.

Die lig van die silwerdoek skyn weer op hom en oor sy lewe sê hy met oortuiging: “Dis nie luck nie – net genade.”

n Lewe met kos (Afrikaans, Paperback): Cass Abrahams, Marike Bekker n Lewe met kos (Afrikaans, Paperback)
Cass Abrahams, Marike Bekker
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days

Cass Abrahams, die beminde en gerespekteerde Kaapse sjef en entrepreneur, wat Kaaps-Maleise kos in alle huishoudings gewild gemaak het, vertel haar lewensverhaal met eerlikheid en humor aan Marike Bekker. Tussendeur deel sy ook haar staatmaker-resepte met ons.

Elke stadium van haar vol lewe kleurvol is verweef in die geure, kleure, teksture van die kos wat sy maak – onlosmaaklik deel van haar lewenspad en raak saamgevat deur Marike.

My Lewe met Kos is ’n versameling fassinerende stories oor haar soms ongewone kinderdae wat deurvleg word met ’n versameling van Cass se beste resepte – bewyse dat kos inderdaad die vermoë het om herinneringe op te roep.

Judasbok - Verraad ter Wille van Oorlewing (Afrikaans, Paperback): Wynand Du Toit Judasbok - Verraad ter Wille van Oorlewing (Afrikaans, Paperback)
Wynand Du Toit
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

In Mei 1985 land 'n nege-man-span van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte op 'n strand in die olieryke Cabinda-provinsie van Angola. Hul uitsluitlike doel is die vernietiging van ses massiewe olie-opgaartenks. Die daaropvolgende skietgeveg lei tot die dood van twee soldate en die gevangeneming van kaptein Wynand du Toit. Dit alles dui op een ding: Verraad!

Lees hier in sy eie woorde die gebeure van daardie nag en die diepgaande nagmerrie van sy gevangeneskap, die sameswerings en die uiteindelike afleiding dat die hele operasie slegs 'n openingskuif was wat uiteindelik die Suid-Afrikaanse volk moes mislei tot oorgawe in Angola en die onafhanklikheid van Namibie¨"

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ingrid Jonker - 'n Biografie
Petrovna Metelerkamp Paperback R400 R369 Discovery Miles 3 690
Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese…
Antjie Krog Paperback R370 R321 Discovery Miles 3 210
My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog
Hykie Berg Paperback  (1)
R285 R255 Discovery Miles 2 550
Hierdie Land - Daar Is Iets Aan…
Various Paperback R307 Discovery Miles 3 070
Christo Wiese - Risiko en Rykdom
T J Strydom Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530
Anton Rupert - Die Lewe van 'n Sakeleier
Ebbe Dommisse Paperback R390 R348 Discovery Miles 3 480
Ongeskonde
Alwyn Uys Paperback R252 Discovery Miles 2 520
Is Dit Jy? - Avonture Voor En Agter Die…
Ian Roberts Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe
Rassie Erasmus, David O'Sullivan Paperback R350 R317 Discovery Miles 3 170
SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of…
Wynand Harmse Paperback R399 Discovery Miles 3 990

 

Partners