0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (23)
  • R100 - R250 (88)
  • R250 - R500 (160)
  • R500+ (30)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Biografieë

Soldaat (Afrikaans, Paperback): Reynardt Hugo Soldaat (Afrikaans, Paperback)
Reynardt Hugo
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Reynardt Hugo speel Dr Tertius Jonker in Binnelanders en was van 2011 tot 2019 lid van die Afrikaanse popgroep ADAM. Tog, agter al sy sukses, sangtoere, toekennings en die vele lofbetuigings is daar ’n diep gewonde en verlore siel. Nes duisende ander mans, het Reynardt jare lank gestoei om sy verwondheid met drank, dagga, vroue en pornografie te verdoesel. Sy oorlog was ’n soeke na betekenis en aanvaarding.

Soldaat vertel van ’n klein seuntjie en die verwarrende wêreld waarin hy grootgeword het. Hy praat eerlik en opreg oor die impak wat sy ouers se egskeiding op hom gehad het, en die invloed van drankmisbruik in hulle huis, en hoe hy dit alles as jong seun ervaar het en daarvan moes sin maak. Hy praat openlik oor sy swakheid vir vroue en die gevolge van sy dade.

Vandag is Reynardt Hugo ’n suksesvolle jong man wat ’n groot impak maak. Die pad was lank en rof en hy moes vele uitdagings oorkom, maar vandag is sy lewe ’n ware getuienis van wat God kan doen met iemand wat op moedverloor se vlakte sit, en hoe God ’n storie van verwoesting in ’n storie van hoop kan verander.

Reynardt se verhaal is boeiend. Dit bevat al die elemente van tragedie, intrige, neerlaag en oorwinning, maar ook die heel belangrikste bestanddeel: die krag van die evangelie van Jesus Christus.

Beurtelinge - 'n Romoir (Afrikaans, Paperback): Pirow Bekker Beurtelinge - 'n Romoir (Afrikaans, Paperback)
Pirow Bekker
R302 Discovery Miles 3 020 Ships in 6 - 10 working days

Volgens PG du Plessis het Pirow Bekker ʼn “benydenswaardig-heldere pen”. In hierdie, Bekker se 23ste publikasie sedert 1965, word die leser meegevoer deur sy herinneringsreise na plekke van herkoms en vroeëre verblyf, sowel as die verlede in sy eie gedagtes. Daar is juwele in hierdie teks.

’n Belangrike bydrae van die boek is die beligting van demensie en Alzheimer. Beurtelinge se stralende eerlikheid maak dit ʼn waardevolle werk.

Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback): Joanne Jowell Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback)
Joanne Jowell 2
R350 R170 Discovery Miles 1 700 Save R180 (51%) In Stock

“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.”

Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid.

’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie.

Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

Franz Marx - Uit Die Perd Se Bek (Afrikaans, Paperback): Chris Vorster Franz Marx - Uit Die Perd Se Bek (Afrikaans, Paperback)
Chris Vorster
R297 Discovery Miles 2 970 Ships in 6 - 10 working days

Dis die biografie wat nie 'n biografie is nie.

Daar is geen geraamtes uit kaste of skandes oor seks, dwelms en/of ruk-en-rol nie; geen verhoudingsintriges nie; vergeet ook van enige sensasionele openbarings. Niks waarin Kwêla of Pasella sou belangstel nie. Skinderstories was daar volop, en skinderbekke het altyd baie te sê gehad oor Franz Marx.

Sê Franz self: “Daar was soveel stories oor my, maar oor wie is daar nie? As dit ʼn gay ou is, het ek stories daaroor gehoor. As dit vrouens is, het ek gehoor ek het hulle bygekom in my kantoor. Dit het my nooit gepla nie, as jy jouself vir ʼn toffie uitgee, gaan die mense aan jou suig. Dít het ek altyd geweet, maar hulle het nooit die waarheid geweet nie. Hulle het nooit geweet ek het twee kinders grootgemaak nie, nooit geweet ek was getroud nie; nie geweet wie is my vriende nie, nie geweet met wie ek sosialiseer nie. Hulle het nooit geweet van my private lewe nie.”

Hierdie “biografie” - uit die perspektief van ʼn onwaarskynlike vertroueling - is ʼn verwerking van gesprekke met Franz (persoonlik en professioneel) deur die bekroonde akteur, skrywer en regisseur Chris Vorster. Dis ʼn vermaaklike ontdekkingsreis met ʼn leeftyd se wyshede en “leuens”.

Donker Stroom - Eugene Marais En Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback): Carel van der Merwe Donker Stroom - Eugene Marais En Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback)
Carel van der Merwe
R385 R344 Discovery Miles 3 440 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Aan die einde van 1896, enkele jare voor die Anglo-Boereoorlog, het die 26-jarige wewenaar en Transvaalse koerantman Eugène Marais na Londen vertrek om in die regte te gaan studeer. Hier het hy oënskynlik tot in die doodsnikke van die oorlog gewoon.

Oor hierdie lewensjare van een van Afrikaans se beroemdste letterkundige figure is baie min bekend. Leon Rousseau sê in sy baanbreker-lewensverhaal oor Marais, Die Groot Verlange (1974): “Tensy ontdekkings gemaak word wat ’n mens jou op die oomblik kwalik kan voorstel, sal dit altyd onmoontlik bly om ’n samehangende relaas van Marais se vyf jaar in Europa te gee.”

Hierdie ontdekkings en nog baie meer is nou gemaak. In Donker Stroom word onthul presies waarmee Marais hom kort voor, tydens en ná die bitter stryd tussen Boer en Brit besig gehou het, ’n verstommende verhaal wat ’n mens jou skaars kan indink. Was Marais die onkreukbare patriot en joernalis wat sy biograwe van hom gemaak het, of is hierdie Afrikaner-ikoon ook deur die donker stroom van die tydsgees meegesleur?

Amma - 'n Memoir (Afrikaans, Paperback): Charmaine Africa Amma - 'n Memoir (Afrikaans, Paperback)
Charmaine Africa
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op skool was ôs gelee met patrone om cursive te skryf. En gelee tel sône om ôs vinges te gebryk. En kyk nou vi ôs, ôs met ôs nommes en somme wat meer veloorit as wat ôs ooit kan tel, ôs met ôs mooi handskrifte en nieman om voo te skryfie.

In haar verrykende memoir skryf Charmaine Africa op narratiewe wyse, en in Kaaps, oor haar grootwordjare in Bishop Lavis. Haar lewensverhaal, wat verras met humoristiese oomblikke, sentreer op die alledaagse bestaan van haar familie vanaf die 1960’s: haar ma, Amma, wat spartel om haar werk en gesin bymekaar te hou; haar alkoholis-pa; haar susters wat ook ’n verbete stryd in hul eie huwelike voer; haar broers wat uiteindelik voor die drankduiwel swig; en haar eie ontwikkeling as kind tot ’n jong vrou wat ’n onvermydelike siklus probeer veg.

Amma gee ’n stem aan die oorlewingstryd op die Kaapse Vlakte en ’n eerlike blik op die kringloop van kru armoede. Die vertelling is onopgesmuk, hartverskeurend en meesterlik.

Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover): Johan Bergh Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover)
Johan Bergh 3
R396 Discovery Miles 3 960 Ships in 6 - 10 working days

Paul Kruger: Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 probeer om die klem te plaas op minder bekende briefwisseling en optredes van Kruger om sodoende ’n verteenwoordigende beeld van staatspresident Kruger se werksaamhede en standpunte aan te bied. Die teks is deeglik toegelig met ophelderende voetnote. Verder is ’n algemene inleiding, agtergrondsinligting en -ontleding verskaf by elke toepaslike breër tydperk in Kruger se lewe tot 1900.

Die beeld wat van Kruger na vore kom uit ’n deeglike ontleding van veral sy minder bekende korrespondensie en toesprake, verskil dikwels ingrypend van dit wat oor ’n lang tydperk in publikasies oor hom aangebied is. Hierdie publikasie vervul daarom ’n belangrike behoefte: Dit stel die leser in staat om regstreeks deur die lees en bestudering van Kruger se standpunte tot eie en nuwe gevolgtrekkings te kom.

Is Dit Jy? - Avonture Voor En Agter Die Skerms (Afrikaans, Paperback): Ian Roberts Is Dit Jy? - Avonture Voor En Agter Die Skerms (Afrikaans, Paperback)
Ian Roberts
R493 Discovery Miles 4 930 Ships in 18 - 22 working days

As ’n jong seun wat kaalvoet en vry grootgeword het op sy ouers se sitrusplaas in die Oos-Kaap, sou Ian Roberts nooit kon dink dat hy eendag ’n ikoon van die silwerskerm sou word nie. Vandag nog herken mense hom as die taai Bittereinder Sloet Steenkamp van
Arende of as Boet van die gewilde Castrol-advertensies.

Ian se loopbaan strek van Langstraat in Kaapstad tot Los Angeles en van Shakespeare-produksies in die teater tot die Oscarwenner Tsotsi. In sy outobiografie verklap hierdie briljante storieverteller met ’n stoute sin vir humour meer oor wat alles agter die skerms op televisie- en rolprentstelle gebeur.

Hy beskryf ook die hoogbloei van Afrikaanse televisie- en rolprentvervaardiging toe hy saam met legendariese regisseurs soos Manie van Rensburg en Dirk de Villiers gewerk het. Sy lewensverhaal is ’n meesterklas in die kuns van toneelspel.

So outentiek, vreesloos en onkonvensioneel soos wat talle van sy karakters was, só is Ian ook in die regte lewe. Hy trap sy eie paadjie en was nog nooit ’n tropbok nie. Hy deel sy lewensverhaal met soveel humor, patos en insig dat dit nie anders kan as om die leser te ontroer nie.

Krummels In My Koffer - Stories Oor Kos En Plekke (Afrikaans, Paperback): Emile Joubert Krummels In My Koffer - Stories Oor Kos En Plekke (Afrikaans, Paperback)
Emile Joubert
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 6 - 10 working days

Emile Joubert is sy lewe lank ’n kosgenieter.

Op sesjarige ouderdom het sy ouma se kerrie ’n groot indruk op hom gemaak en van daar af was hy ’n onkeerbare smulpaap en het kos hom betower – of dit nou die skoolmaaltye in sy kortstondige verblyf in Londen was, die honger en dors in die weermag, of die seekos wat hy uitgeduik het – Joubert se kosobessies word lewend in sy lekker skryfstyl in die oortreffende trap.

Sy kosreise strek van Londen tot Griekeland, Italië, Frankryk en die dorre landskap van Angola. Die Mars bar, fondue, baked beans, oesters en boeliebief is enkele van die kossoorte wat sy reise vergesel.

Wieg - Die Lewe Van Maria Du Plessis, née Buisset, (1679 - 1751) Hugenoot En Vroedvrou (Afrikaans, Paperback): Joan Kruger Wieg - Die Lewe Van Maria Du Plessis, née Buisset, (1679 - 1751) Hugenoot En Vroedvrou (Afrikaans, Paperback)
Joan Kruger
R430 Discovery Miles 4 300 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie is 'n biografie in konteks en lees soos 'n roman.

Die jaar is 1700, die plek Amsterdam. Die bruid is 21 jaar oud en inderhaas getroud met 'n wewenaar wat oud genoeg is om haar pa te wees. Wie is die Franse vrou wat kans sien vir 'n pionierslewe op 'n verre voorpos? Marie Buisset is 'n vlugteling, 'n weeskind uit Sedan, Frankryk, gebore tydens die felste Hugenootvervolging. Sy word die stammoeder van die families Du Plessis en Smith in Suid-Afrika. As vroedvrou - later op die loonlys van die VOC - word Marie (later genoem Maria) die hulp van die kwesbares: 'n verkragte meisietjie, 'n tiener wat geboorte gee en verskeie vroue wat deur hul eienaars, minnaars of eggenote verniel is.

Die leser ontmoet talle bekende name in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dis 'n verhaal van politieke stryd, ontbering, politiek en liefde. Dis 'n storie oor mense en die uitdagings wat hulle aanpak.

Uit skrapse oorblyfsels soos hofverslae, mediese rekeninge, veilings en testament onthul Joan Kruger 'n ryk en boeiende verhaal, vol humor en patos. Wieg: die verhaal van Maria du Plessis, née Buisset, (1679 - 1751) Hugenoot en vroedvrou is a vonds vir historici en lesers wat nuwe lig werp op 'n gedeelde verlede. 'n Kragtoer.

Ten Slotte (Afrikaans, Paperback): Eben Etzebeth Ten Slotte (Afrikaans, Paperback)
Eben Etzebeth
R380 R220 Discovery Miles 2 200 Save R160 (42%) In Stock

Eben Etzebeth is tans die speler wat al die meeste toetswedstryde in die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word hierdie ellelange slot se intelligensie, energie en aggressie gevrees, gerespekteer en dikwels nageboots – maar hy bly ongeëwenaard. 
 
Hy is lid van die Springbokke se senior leierskapsgroep, en speel ’n deurslaggewende rol in ’n ongelooflik suksesverhaal wat twee agtereenvolgende Wêreldbekers insluit, asook die span se posisie boaan die wêreldranglys die afgelope twee jaar. 

In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore vir sy buitengewone sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van die veld af. Van sy beskeie kinderjare in Goodwood – ’n voorstad van Kaapstad waar niks maklik kom nie – regdeur sy vroeë klubloopbaan, tot by sy swaar verdiende plek in die Suid-Afrikaanse nasionale span, vertel Ten slotte die verhaal van ’n merkwaardige sportloopbaan.

'n Lewe (Afrikaans, Paperback): Christina Landman 'n Lewe (Afrikaans, Paperback)
Christina Landman
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Christina Landman was nog altyd ’n voorloper. Sy is ook as onstuitbaar beskryf, iemand wat selfs ’n klip kan kwaadmaak.

Maar agter die oënskynlike harde dop skuil daar ’n vrou met ’n gul hart vir ander vroue en gemarginaliseerdes, ’n vrou wat dankbaar is vir die kanse wat sy in die akademie en kerk gekry het.

Hierdie is die verhaal van ’n moeder en ’n voorloper wat die weg gebaan het vir alle vroue, maar soveel meer, ’n verhaal van ’n vrou wat bly staan het – ’n seder.

My jaar van vrees en vryheid (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver My jaar van vrees en vryheid (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Covid-19 die mat onder Marita van der Vyver en haar Fransman se voete uitruk en hulle noodgedwonge hul ou groot huis op die Franse platteland moes verkoop, besluit hulle om die meeste van hulle aardse besittings ontslae te raak en ver in die wêreld te gaan reis. In hierdie reis, wat oor drie vastelande strek, word ’n hele leeftyd se herinneringe ontgin. Want soms moet mens baie verloor, en ook bereid wees om self verlore te raak, voor mens regtig vryheid kan wen.

Marius Weyers (Afrikaans, Paperback): Chris Vorster Marius Weyers (Afrikaans, Paperback)
Chris Vorster
R469 Discovery Miles 4 690 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie biografie van Marius Weyers deur sy vriend en mede-akteur Chris Vorster is ‘n nodige blik op die omvangryke loopbaan van ‘n Afrikaanse teaterlegende en ikoon.

Hy is in 2021 vereer deur die SA Akademie vir sy uitsonderlike bydrae tot rolprent en TV-kuns.

Daarna het hy aangekondig dat hy aftree ná 55 jaar in die bedryf en klaar is met toneelspel.

Biltong En Dior - Avonture Van 'n Afrikaanse Fransman (Afrikaans, Paperback): Louis Jansen van Vuuren Biltong En Dior - Avonture Van 'n Afrikaanse Fransman (Afrikaans, Paperback)
Louis Jansen van Vuuren
R320 R245 Discovery Miles 2 450 Save R75 (23%) In Stock

As grootoog seun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren nooit kon dink dat hy eendag die Franse kunswerke in ’n ensiklopie in sy pa se studeerkamer in lewende lywe sou sien nie, wat nog te sê dat hy ’n château in die Franse platteland sou besit.

Louis se liefde vir alles wat Frans is, is so aansteeklik dat ’n rits ander Suid-Afrikaners die afgelope paar jaar ook blyplekke in die Boussac-omgewing gekoop het. In Biltong en Dior deel hy kostelike vertellings oor hoe inkommers in ’n vreemde land met ’n haas onleerbare taal en eiesoortige gewoontes moet oorleef.

Hulle tel baie op oor Franse styl en kultuur, maar die Franse leer ook iets oor Suid-Afrikaners se onblusbare ondernemingsgees en gasvryheid. Sy stories word verryk met boeiende brokkies oor die Franse geskiedenis, taal en kultuur.

Uiteindelik gee hierdie Afrikaanse Fransman se lewe in die vreemde gee hom ook ’n nuwe waardering vir dit wat hom uniek en trots Suid-Afrikaans maak.

Anton Rupert - Die Lewe van 'n Sakeleier (Afrikaans, Paperback, Opgedateerde Uitgawe): Ebbe Dommisse Anton Rupert - Die Lewe van 'n Sakeleier (Afrikaans, Paperback, Opgedateerde Uitgawe)
Ebbe Dommisse
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die verstommende storie van ’n sakelegende wat een van Afrika se welvarendste maatskappye uit niks opgebou het.

Anton Rupert was 'n Karooseun wat in die Depressie grootgeword het, en dit skaars kon bekostig om te gaan studeer, maar sy Rembrandt groep word uiteindelik ʼn wêreldleier in o.m. luukse goedere. Wat was Rupert se geheim? Rupert se oorspronklike sienings oor die skepping van werk en welvaart in ‘n sukkelende ekonomie is sy blywende nalatenskap met diepgaande lesse vir Suid-Afrika vandag. Sy storie is meer relevant as ooit.

Hier vertel die gesoute sakeskrywer Ebbe Dommisse die volle verhaal, vol kleur en anakdotes, in dié opgedateerde uitgawe van sy hoogaangeskrewe biografie van Rupert.

Troep (Afrikaans, Paperback): Bun Booyens Troep (Afrikaans, Paperback)
Bun Booyens
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Troep! vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Tussenin lê stories van varkpanne, tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop, pakkies, bosbussies, naweekpas, ratpacks, stof, Buffels, landmyne en skrapnel – en ook herinneringe van vriende, seuns en broers wat nie teruggekom het nie.

Bun Booyens voeg al hierdie stemme saam tot die verhaal van die uitsonderlike dinge wat duisende gewone seuns beleef het. Hierdie stories sal ’n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra – dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie.

Systap Onder Die Juk (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Systap Onder Die Juk (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R82 Discovery Miles 820 Ships in 6 - 10 working days

Met haar innemende en boeiende vertelstyl teken Dot Serfontein in Systap onder die juk verhale oor die lewens van ’n versameling merkwaardige mense op.

Die leser leer ken ’n groep Noord-Vrystaters wat aan dié wêreld sy sonderlinge geskiedenis en karakter verleen het. Dit is ’n distrik “lankal reeds bewoon deur verantwoordelike, stoere mense wat hulle deur niemand laat voorsê nie”, soos dit in die titelverhaal gestel word.

Van hierdie stoere mense is byvoorbeeld die unieke tant Hannie Wolmarans. Die staaltjies oor haar het vir die skryfster as kind so onwaarskynlik geklink dat hulle in dieselfde klas as sprokies geval het. Daar is byvoorbeeld ook oom Lood, wat selfs in die eienaardige Serfontein-familie, hom kon onderskei as ’n eienaardige mens. Die luimige aard van die vertellings word ook in hierdie bundel deurweef met waardering en deernis, veral vir haar ma Boeta en pa Oupats.

Wat's Nuus? (Afrikaans, Paperback): Riaan Cruywagen Wat's Nuus? (Afrikaans, Paperback)
Riaan Cruywagen
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Hier is dit nou! Riaan klim uit die TV-kas! Sy langverwagte outobiografie met die ware Riaan gaan elke mens laat regop sit.

Gou word die leser in hierdie kostelike, gemaklike en informatiewe biografie ingetrek, sodat jy later absoluut meegevoer word deur die welkome inligting. Dit voel eintlik asof jy vir ete by die Cruywagens genooi is en jy in 'n diep gemakstoel na daardie welluidende mooi stem sit en luister wat op 'n boertige en gesellige manier onthou. Hy bring al vir die afgelope 47 jaar vir ons die nuus in ons huis en lyk sowaar nog presies dieselfde. Vind uit hoekom hy die geloofwaardigste Suid-Afrikaner naas Nelson Mandela is. In hierdie boek wys ons jou wie Riaan werklik is. 'n Familieman wat ‘n passie het vir Afrikaans en wat mal is oor 'n goeie grap.

Hierdie boek gaan jou laat skater van die lag en jou hart laat warm klop na jy dit gelees het.

Jopie Fourie - 'n Besinning (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Jopie Fourie - 'n Besinning (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R411 Discovery Miles 4 110 Ships in 6 - 10 working days
Seun (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Seun (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman 1
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue.

Op die Spoorweg - Die storie van ons treine (Afrikaans, Paperback): David Williams Op die Spoorweg - Die storie van ons treine (Afrikaans, Paperback)
David Williams
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op die Spoorweg neem lesers mee in Suid-Afrika se lewendige spoorwegerfenis. Ontdek die ingenieurswonderwerke wat die moeilike terreine oorwin het en die lewendige spoorwegdorpe wat gemeenskappe onderhou.Williams skroom nie om die bitter werklikheid van rasseskeiding te bespreek nie. Hy balanseer vaardig die glans van die spoorweë teen die skerp waarhede.

Retoervloot - Kaapstad En Die VOC In 1713 (Afrikaans, Hardcover): Dan Sleigh Retoervloot - Kaapstad En Die VOC In 1713 (Afrikaans, Hardcover)
Dan Sleigh
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dit is 1713. VOC-admiraal Johannes van Steelant bring sy ryklik belaaide retoervloot via die Kaapse diensstasie terug na Nederland uit Batavia. Saam op die vlagskip, sy vyf jong kinders. Op die oop see raak hulle een-een siek. Hete koors, maagpyn, swere – die gevreesde pokke.

Op 12 Februarie gaan die gesin, nou almal gesond, aan land in Tafelbaai. Hul skeepsklere word gewas in die VOC se slawelosie. Enkele maande later is byna die helfte van die Kaapse bevolking dood aan pokke.

In Retoervloot bring VOC-kenner Dan Sleigh dié gegewe, en die verbysterende werkinge van die VOC-retoervlootstelsel, lewend voor die oog. Aan die hand van Van Steelant se nuut-ontdekte skeepsjoernaal, met die agtergrondinkleding wat ’n meesterlike geskiedkundige soos Sleigh kan bied, staan die leser op die dek van vlagskip Sandenburg – ’n magtige skip van ’n roemryke organisasie, dog uitgelewer aan die woedende oseaan. Verder is Retoervloot ’n gedenksteen vir Kaapstad se grootste ramp tot op hede

Die moord op Deveney Nel (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Die moord op Deveney Nel (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om Deveney Nel te eer.

Antjie Krog - 'n Ondersoekte Lewe (Afrikaans, Paperback): Louise Viljoen Antjie Krog - 'n Ondersoekte Lewe (Afrikaans, Paperback)
Louise Viljoen
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 6 - 10 working days

Antjie Krog is ’n (ook internasionaal) bekroonde digter, joernalis, vertaler en akademikus. Sy debuteer op die jong ouderdom van 18 met die bundel Dogter van Jefta (1970) waarna talle bekroonde digbundels en publikasies volg. As joernalis by Die Suid-Afrikaan lewer sy in die 1990’s verslag oor die Waarheids-en-versoeningskommissie en verwoord haar ervarings oor dié proses in Country of my skull, wat in 1998 gepubliseer is en onder meer die Alan Paton-toekenning vir niefiksie en die Olive Schreiner-prys ontvang. Sy vertaal ook Nelson Mandela se biografie, Long walk to freedom, in Afrikaans as Lang pad na vryheid.

Sy wen drie keer die gesogte Hertzogprys – vir Lady Anne (1990), Mede-wete (2017), asook vir haar jongste poësiebundel, Plunder, in 2023. Mees onlangs het sy die Tienie Holloway-medalje van die SA Akademie ontvang vir Vetplantfeetjies, saam met medewerkers Fiona Moodey en Ingrid de Kock, vir haar kinderdigbundel oor die natuur en inheemse plantegroei.

Hierdie huldigingsbundel is die 16de in die reeks van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Principles of Learning and Memory
Rainer H. Kluwe, Gerd Luer, … Hardcover R1,610 Discovery Miles 16 100
Koos Bekker's Billions
T J Strydom Paperback R325 Discovery Miles 3 250
Of Sand And Stars
Brenda Kate Paperback R295 R272 Discovery Miles 2 720
Iran in World History
Richard Foltz Hardcover R2,615 Discovery Miles 26 150
Suspects
Danielle Steel Paperback  (3)
R401 Discovery Miles 4 010
Application of Christianity to the…
Thomas Chalmers Paperback R641 Discovery Miles 6 410
The Company-State - Corporate…
Philip J Stern Hardcover R2,592 Discovery Miles 25 920
Together - The Healing Power Of Human…
Vivek H. Murthy Paperback R450 R420 Discovery Miles 4 200
The Politics of Planning - The Debate on…
Daniel Ritschel Hardcover R1,793 Discovery Miles 17 930
Cognitive Development and Working Memory…
Pierre Barrouillet, Vinciane Gaillard Paperback R1,788 Discovery Miles 17 880

 

Partners