0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (23)
  • R100 - R250 (88)
  • R250 - R500 (159)
  • R500+ (28)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Biografieë

Hanlie Retief Gesels Met 2 (Afrikaans, Paperback): Hanlie Retief Hanlie Retief Gesels Met 2 (Afrikaans, Paperback)
Hanlie Retief
R271 Discovery Miles 2 710 Ships in 6 - 10 working days

Die weeklikse rubriek in Rapport, “Hanlie Retief gesels met” , is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Aanhangers weet haar onderhoude is pittig, op die man af en baie vermaaklik.

Hanlie Retief vra die vrae aan die nuusmakers wat almal brand om te vra. Sy is bekend daarvoor dat sy haar soos ’n verkleurmannetjie kan aanpas by die aard van die onderhoud. Met deernis skets sy misdaadslagoffers se stories en kuier ewe gemaklik saam met Karen Zoid. Hanlie Retief Gesels Met 2 bevat 50 van Hanlie se beste onderhoude wat sy tussen 2011 en 2018 gevoer het: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag of inspireer het.

Steve Hofmeyr, Rolene Strauss, Tim Noakes, Piet Byleveld en Thuli Mandosela is van die onderhoude wat opgeneem is in hierdie boek.

La - 'n Reis Na Die Lig (Afrikaans, Paperback): Ansja Ferreira La - 'n Reis Na Die Lig (Afrikaans, Paperback)
Ansja Ferreira 4
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 6 - 10 working days

13 Augustus 2017. Ansja vat haar twee dogtertjies kerk toe. Heeldag het sy ʼn naar gevoel op die krop van haar maag, asof iemand haar wind uitgeskop het. Sy hou by ʼn stopstraat naby hul huis stil en ʼn motor jaag van agter in hulle vas. Haar jongste dogtertjie, Larissa, se kop word met die impak vergruis soos ʼn waatlemoen.

Met bomenslike krag sleep sy haar dogters uit die kar en sit hulle op die sypaadjie neer. Dan verloor sy haar bewussyn en sien haarself en haar kinders van bo. Alles word lig. Daar is lieflike musiek en reënboogkleure. Vrede en liefde heers en niks maak meer saak nie. Sy dryf weg.

Maar dan hoor sy haar oudste dogtertjie na haar roep. En sy moet terug. Na die pyn van ʼn gebreekte lyf en gebroke hart. Hoe hervat sy haar lewe?

Slot van die dag: Gedagtes (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Slot van die dag: Gedagtes (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 6 - 10 working days

Slot van die dag: Gedagtes is die skrywer se mymeringe oor ouderdom en die einde van die lewe, saam met verspreide herinnerings van ’n algemene aard, om ’n ryk geskakeerde beeld te verskaf van ’n skrywerslewe van byna tagtig jaar. Die reeks outobiografiese boeke wat met ’n Duitser aan die Kaap, Merksteen en Die laaste Afrikaanse boek begin het, word hiermee afgesluit. Dit is 'n baie persoonlike boek oor ouderdom, die skryfproses en selfbeskikking met kommentaar op oud word en wees, met inbegrip van praktiese wenke, en heelwat inligting oor die moontlike en waarskynlike einde van die lewe. Die element van afskeid en gelatenheid is deurlopend. Die ouderdom is teenswoordig die vernaamste onderwerp van sy oorpeinsing, en die vernaamste element in sy daagliks ervarings. Die verwysings en aanhalings is treffend en spreek van iemand wat sy leeswereld ook sy leefwereld maak. Ten slotte verduidelik die skrywer sy bevrydende besluit oor selfdood.

Waar Die Wêreld Wyd Is (Afrikaans, Paperback): Lategan P. Bredenkamp Waar Die Wêreld Wyd Is (Afrikaans, Paperback)
Lategan P. Bredenkamp
R71 Discovery Miles 710 Ships in 6 - 10 working days

Anderkant die Gariep, in die harde, wye wêreld van die Noord-Kaap, het sedert die vroeë 1900’s pioniersmense gewoon wat deur g’n stof of droogte, g’n lamsiekte of beespes ondergekry kon word nie.

Dit was ’n tyd voor selfone en kitsoplossings, toe ’n man se woord nog sy woord was, en ’n afspraak ’n afspraak; ’n tyd toe jagtogte, Boeredanse en familietroues mense saamgesnoer het en swaarkry en verlies bloot ’n deel van die natuurwette was.

In hierdie wêreld word drie geslagte Bredenkamps groot – en maak die leser kennis met mense wat in die wêreldgeskiedenis maar klein sandkorreltjies is, maar wie se vreugdes en plesier; sweet en trane die fondament gelê het vir ’n koersvaste, trotse nageslag.

Kansvatter - Die Rustelose Lewe van Ben Viljoen (Afrikaans, Paperback): Carel van der Merwe Kansvatter - Die Rustelose Lewe van Ben Viljoen (Afrikaans, Paperback)
Carel van der Merwe
R380 Discovery Miles 3 800 Ships in 6 - 10 working days

Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent na Suid-Afrika teruggekeer nie.

Carel van der Merwe het besluit om Viljoen se spore te volg na Brittanje, Nederland, Mexiko en Amerika en te gaan uitvind hoe dit gebeur het dat dié Boereoorloggeneraal burgerskap van vier verskillende lande gehad het, die ster was van ’n Boereoorlogskouspel, aan ’n Mexikaanse revolusie deelgeneem het, as vredeskommissaris tussen die Yaqui-Indiane opgetree het en voor sy dood op die punt was om ’n film in Hollywood te vervaardig.

’n Prentjie van ’n komplekse persoonlikheid kom na vore wat herinner aan ’n deel van die huidige generasie Afrikaners – minder godvresend, gemaklik in verskillende kulture, en bereid om te emigreer wanneer hulle dink dit tot hul voordeel is.

Rebel: Die Lewe Van Kommandant Hans Lötter 1873-1901 (Afrikaans, Paperback): Chris Schoeman Rebel: Die Lewe Van Kommandant Hans Lötter 1873-1901 (Afrikaans, Paperback)
Chris Schoeman
R245 Discovery Miles 2 450 Ships in 6 - 10 working days

Van al die gebeure in die Kaapkolonie gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het die teregstelling van Hans Lötter, asook dié van kmdt. Gideon Scheepers, die meeste emosie onder Afrikaners ontketen. Lötter en sy mederebelle in die Kolonie het die verbeelding van die plaaslike bevolking aangegryp en die Britte maande lank hoofbrekens besorg. Sy gevangeneming, verhoor en teregstelling deur ’n Britse vuurpeloton op Middelburg, Kaap, het groot woede en verontwaardiging veroorsaak en hom verewig as Boeremartelaar in die Afrikaner-volksoorleweringe. Nou word sy boeiende verhaal vir die eerste keer volledig vertel.

Kalaharijoernaal (Afrikaans, Paperback, illustrated edition): Willem D. Kotze Kalaharijoernaal (Afrikaans, Paperback, illustrated edition)
Willem D. Kotze
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

Dit is veral die mense van Aranos se wereld wie se stemme in Kalaharijoernaal gehoor word: die mense wat in die ongenaakbare wereld langs die Nossobrivier 'n bestaan gemaak het. Maar daar is ook die sagter geluide van die Kalahari se wild, die springbokke, die groot elande en koedoes, die kiewiete, die sandpatryse en die sonbesies wie se skril stemme oor die rooi sand bewe. Vir die wat soek, wag daar immers 'n verrassing agter elke duin, so leer die Kalaharikind vroeg al.

Kruis en dwars deur ou Suidwes - Herinneringe van 'n pelskoper (Afrikaans, Paperback): Piet Maritz Kruis en dwars deur ou Suidwes - Herinneringe van 'n pelskoper (Afrikaans, Paperback)
Piet Maritz
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Piet Maritz was vir jare lank 'n karakoelpelskoper in die ou Suidwes. Gedurende sy vele omswerwinge het hy baie interessante mense ontmoet en dinge ondervind. In Kruis en dwars deur ou Suidwes deel hy van hierdie herinneringe en laat jou lag, huil en verlang na vervloe dae.

Hou die Kruit Droog (Afrikaans, Paperback): c. Johan Bakkes Hou die Kruit Droog (Afrikaans, Paperback)
c. Johan Bakkes
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days
'n Skerfie Glas - Elke Familie het 'n Storie (Afrikaans, Paperback): Erika Murray-Theron 'n Skerfie Glas - Elke Familie het 'n Storie (Afrikaans, Paperback)
Erika Murray-Theron
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Die skrywer Erika Murray-Theron wou weet waar die vroue in haar familie vandaan kom. Wat kry ’n mens van wie? Waar kom alles wat jý is vandaan? Hoe is die vroue in haar familie se lewe geraak deur trauma en groot wêreldgebeurtenisse waaroor hulle geen beheer gehad het nie? Theron se ouma Issie is op 3 Mei 1885 gebore; 133 jaar gelede. In hierdie verhaalbiografie gaan soek Theron in ou kookboeke, aantekeninge, foto’s, herinneringe, albums, briewe en geslagsregisters na haar ouma Issie se storie. ’n Lewe ontvou wat geraak is deur die verlies van ouers, die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en daarna die energie wat dit verg om ’n groot huisgesin te behartig. ’n Skerfie glas wys hoe die verlede, selfs die verre verlede, spore op latere geslagte laat.

Kop Op 'n Blok (Afrikaans, Paperback): Philip de Vos Kop Op 'n Blok (Afrikaans, Paperback)
Philip de Vos
R68 Discovery Miles 680 Ships in 6 - 10 working days

De Vos ken die kunste, en die mense agter die kunste, so hy kan heerlik spot met die hogere dinge in die lewe. Die bundel bevat ’n hele vertellings oor bekende figure uit die kunstewereld, soos die Karel Schoeman. Kop op 'n blok is vlymskerp geskryf en die humor (wat dikwels selfspot insluit) is werklik snaaks. Inderwaarheid vorm die teks 'n soort outobiografie van een van die mees geliefde skrywers in Afrikaans.

Dirk Mudge - Enduit Vir 'N Onafhanklike Namibie (Afrikaans, Hardcover): Dirk Mudge Dirk Mudge - Enduit Vir 'N Onafhanklike Namibie (Afrikaans, Hardcover)
Dirk Mudge
R417 Discovery Miles 4 170 Ships in 6 - 10 working days

Dirk Mudge publiseer op 87-jarige ouderdom sy langverwagte outobiografie. Hierdie besonderse man was vir 33 jaar voltyds betrokke by die politiek van Suidwes-Afrika en later Namibie. Hy betree die politiek in 1960 toe hy lid word van die wetgewende vergadering onder die Nasionale Party van Suidwes-Afrika. Mudge beskryf hoe hy aanvanklik die beginsels van die Nasionale Party onderskryf het, maar mettertyd tot ander insigte gekom het. Dit het onvermydelik tot sy uittrede uit die Nasionale Party gelei en tot die stigting van sy eie party: die Republikeinse Party. Hy het 'n persoonlike aandeel gehad in die skryf van die nuwe Grondwet vir die Republiek van Namibie en probeer in hierdie boek antwoorde verskaf op vrae soos waarom dit Namibie so lank geneem het om onafhanklikheid te bereik en wat die rol van Suid-Afrika en die internsionale gemeenskap daarin gespeel het.

Die Kind Se Naam Is Anneke (Afrikaans, Paperback): Juliana Coetzer Die Kind Se Naam Is Anneke (Afrikaans, Paperback)
Juliana Coetzer
R335 R299 Discovery Miles 2 990 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ses jaar ná die verskyning van Bloedvreemd vertel Juliana Coetzer wat hét geword van haar dogter, Anneke. In Bloedvreemd vertel die skrywer hoe Anneke op sewejarige ouderdom ’n virus opgedoen wat haar brein aangetas het, en geleidelik het sy verstandelik begin agteruitgaan. Die werklikheid het egter nie stilgestaan nie. Ses jaar ná die boek vra mense steeds – wat het geword van julle? Is Anneke oukei? Hoe maak ’n mens met die voortdurende verlies, die agteruitgang?

Juliana Coetzer is ook ’n terapeut. Met 'n skreiend eerlike stem wat voortdurend selfondersoek doen, skryf Juliana oor die verdere reis met Anneke, nou al in haar vroeg dertigs. Sy kan al hoe minder praat, al hoe minder verstaan, en steeds probeer sy haar onafhanklikheid behou. Sover Juliana en haar eggenoot, Fanus, daartoe in staat is, probeer hulle haar omhul in ’n wêreld met embarming en begrip. Maar elke dag (en nag) bring sy eie, eindelose uitdagings.

Die kind se naam is Anneke is aangrypende leesstof vir enigiemand wat al pyn/verlies ervaar het. Of jy ’n kind het of nie. En of jy Bloedvreemd gelees het al dan nie.

Sprakeloos (Afrikaans, Paperback): Tom Lanoye Sprakeloos (Afrikaans, Paperback)
Tom Lanoye; Translated by Daniel Hugo
R94 Discovery Miles 940 Ships in 6 - 10 working days

In die (outo)biografiese roman Sprakeloos vertel Tom Lanoye van sy ma se beroerte, haar spraakverlies en haar langsame aftakeling en uiteindelike dood.

Terselfdertyd toon die roman die ontreddering van ’n skrywer wat sy moedertaal in sy moeder sien verlore gaan en wat dié verlies probeer besweer met ’n vuurwerk van woorde. Die verlies van taal word herstel met taal. Met heelwat humor neem die skrywer ook afskeid van sy jeug, van sy pa se slaghuis en die sprankelende Vlaamse stadsbuurt waarin hy grootgeword het. Maar bowenal is dit ’n afrekening met sy ma – ’n klein, temperamentele amateuraktrise wat nie die teater en die werklike lewe uit mekaar kon hou nie. Sy vorm die middelpunt van talle tragikomiese familietaferele.

Die vertelling is vol oordaad, uitweidings en doelbewuste vertragings, maar in die hande van Tom Lanoye word dit ’n stilistiese kragtoer. Dit is ’n meesleurende en oorrompelende boek.

Hier Waar Ek Nou Is (Afrikaans, Paperback): Matty Strydom Hier Waar Ek Nou Is (Afrikaans, Paperback)
Matty Strydom
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days
Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback): Joe Dauth Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback)
Joe Dauth
R199 Discovery Miles 1 990 In Stock

Dirk Ligter is na bewering in 1860 op ’n plaas in die Tankwa-Karoo gebore. Hy het die naam “die Robin Hood van die Tankwa” gekry omdat hy dikwels by boere wat glo nie hulle werkers goed behandel het nie, skaap gesteel en geslag het om vir die betrokke boer se werkers te gee en vir homself ook ’n gedeelte te hou.

Sy vuurtjie het gereeld hoog in ’n berghang gebrand, waar hy vleis gaargemaak en oornag het, maar hy is nooit deur die polisie daar vasgetrek nie.

Die verhale oor hierdie legendariese skaapslagter met sy blikkitaar het danksy Boerneef en die toegewyde navorsing van Joe Dauth bewaar gebly.

13 Klutse Kwyt (Afrikaans, Paperback): Anton F. Prinsloo 13 Klutse Kwyt (Afrikaans, Paperback)
Anton F. Prinsloo
R75 Discovery Miles 750 Ships in 6 - 10 working days
Goed, Beter, Betsie (Afrikaans, Paperback): Elize Labuschagne-Hull Goed, Beter, Betsie (Afrikaans, Paperback)
Elize Labuschagne-Hull
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie skrywer weet hoe om ʼn storie te vertel en hoe om die leser in te katrol. Haar kinderjare in Pretoria-Wes word lewendig en humoristies verhaal.

Haar pa het lewenslank boekminderwaardig gevoel omdat hy nie kon gaan studeer nie. Sy pa het sy grond verloor en hy moes vroeg die skool verlaat om te gaan werk. Hy onderskei hom in die spoorweë, maar die drankduiwel ry hom (en die gesin). Geen kind van hom hoef te gaan leer nie, glo hy.

Die verteller self spring duidelik en onweerstaanbaar uit die bladsy regop – iemand wat, in haar eie woorde al soos ʼn haas verskrik is deur haar pa maar wat haar eenvoudig nie laat onderkry nie. Sy sou gaan leer, buig of bars. En sy het nie opgehou voordat sy ʼn doktorsgraad verwerf het nie.

Verwoerd - So Onthou Ons Hom (Afrikaans, Hardcover, Hersiene Uitgawe): Wilhelm J. Verwoerd Verwoerd - So Onthou Ons Hom (Afrikaans, Hardcover, Hersiene Uitgawe)
Wilhelm J. Verwoerd
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 6 - 10 working days

Watter soort mens was dr. H.F. Verwoerd, die sesde premier van die Unie van Suid-Afrika en grondlegger van die huidige Republiek? Die bydraers tot hierdie boek skryf op onderhoudende wyse oor hoe hulle hom onthou, wat hulle saam met hom beleef het en oor hulle opvatting van sy politieke oogmerke. Die persoonlike aard van die bydraes verleen ’n dimensie aan die boek wat in objektiewe geskiedskrywing ontbreek. Verwoerd tree te voorskyn as vriend, gesinsman, volksman, raadsman en leier. Hierdie bundel verskyn die eerste keer in 2001 by geleentheid van die 100ste herdenking van dr. Hendrik Frensch Verwoerd se geboortedag, 8 September 1901. Die bygewerkte weergawe in 2016 bevat nuwe bydraes deur onder andere Elise Verwoerd, Cas Bakkes en Albert Hertzog.

Een Voet Voor Die Ander (Afrikaans, Paperback): Erica Neser Een Voet Voor Die Ander (Afrikaans, Paperback)
Erica Neser
R63 Discovery Miles 630 Ships in 6 - 10 working days
In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback): Nico Smith In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback)
Nico Smith
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 1982 aanvaar Nico Smith ’n beroep na die NG Kerk in Afrika se Mamelodi-gemeente. Hy en sy vrou laat hulle gemaklike lewe agter en gaan bly in Mamelodi. Hier leer Nico en Ellen rêrig die hart van Mamelodi se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes.

Om Hennie Aucamp Te Onthou (Afrikaans, Paperback): Danie Botha Om Hennie Aucamp Te Onthou (Afrikaans, Paperback)
Danie Botha
R66 Discovery Miles 660 Ships in 6 - 10 working days

Die geliefde en gevierde kortverhaalskrywer Hennie Aucamp is op 21 Maart 2014, slegs twee maande na sy 80ste verjaardag oorlede. In hierdie herinneringsboek word verskillende fasette van sy lewe deur familie, vriende en medeskrywers belig. Onder die familielede wat bydraes tot die boek gelewer het, is sy suster Rina wat herinneringe aan hulle kinderjare op die familieplaas Rus-mijn-ziel opdiep en sy neef Inus Aucamp wat meer vertel van die vestiging van die Aucamp-familie in die Stormberge. Die skryfster Margaret Bakkes, wat ook sy kleinniggie is en op 'n buurplaas grootgeword het, vertel hoe sy en Hennie reeds as kinders teenoor mekaar bely het dat hulle wil skryf. Daar is ook bydraes deur Marius en Christiaan Bakkes, wat oor Hennie se belangstelling in die natuur. Daar is besondere opstelle deur medeskrywers Lina Spies, Aletta Lubbe (gebore Aucamp), Danie Botha en Abraham de Vries, terwyl Daniel Hugo en Joan Hambidge gedigte opgedra aan Hennie gelewer het. Die radiopersoonlikhede Monica Breed en Margot Luyt skryf oor Hennie se ruimhartigheid en sy vriend Nico Loubser oor Hennie se laaste dae. Foto’s van Philip de Vos en Marius Bakkes skep 'n visuele beeld van die woordman Aucamp.

Die Groot Verlange - Die Verhaal Van Eugene N. Marais (Afrikaans, Hardcover): Leon Rousseau Die Groot Verlange - Die Verhaal Van Eugene N. Marais (Afrikaans, Hardcover)
Leon Rousseau
R365 Discovery Miles 3 650 Ships in 6 - 10 working days

Die digter, advokaat, joernalis, avonturier, dwelmverslaafde en natuurkenner Eugene Marais bly 'n boeiende figuur. Die groot verlange bied nie alleen 'n fassineerdende blik op een van die veelsydigste en merkwaardigeste Afrikaners wat ooit geleef het nie, maar gee terselfdertyd ’n panorama van ’n groot gedeelte van die geskiedenis. In hierdie uitgawe word die belangrikste omissie in die eerste drie uitgawes van die teks, naamlik Marais se rol in die ontdekking van die broodboom wat na hom genoem is, reggestel. Die teks bevat ook nuwe bevindinge uit bronne wat vroeer oor die hoof gesien is.

Hanlie Retief Gesels Met (Afrikaans, Paperback): Hanlie Retief Hanlie Retief Gesels Met (Afrikaans, Paperback)
Hanlie Retief
R95 Discovery Miles 950 Ships in 6 - 10 working days

Hanlie Retief se skerp, pittige en op-die-man-af-onderhoude in Rapport is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Waarom? Hanlie kies die interessantste mense om mee onderhoude te voer en vra die vrae wat almal wil vra. Ná 20 jaar van onderhoude voer is dit hoogtyd dat ’n keur van die beste onderhoude te boek gestel word.

Hanlie gesels met bevat 50 van Hanlie se mees prikkelende onderhoude: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag het of ’n traan laat pik het. Dit is ook interessant om weer die stemme te hoor van mense wat ons ontval het, soos Chris Barnard en Marike de Klerk.

Desmond Tutu, Steve Hofmeyr, dr. Piet Koornhof, Steve Booysen, Piet Byleveld, Anton Goosen, Pik Botha, Kurt Darren, Pierre Spies, Vernon Koekemoer en Julius Malema is van die mense wat opgeneem word in hierdie boek.

Die leser van hierdie boek geniet ’n kleurvolle reis deur die gedagtes en dinge van Suid-Afrika se interessantste bekendes.

Hester Se Brood (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Hester van der Walt Hester Se Brood (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Hester van der Walt
R330 R305 Discovery Miles 3 050 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Set in McGregor in the Klein Karoo where she bakes bread in a wood-fired oven, this book reflects Hester’s intuitive feeling for the connections between the soul and food, particularly food that is prepared with care, according to traditional principles and methods.

Hester se Brood is infused with a fine sense of humour, helpful hints and mouth-watering recipes. It’s a book as irresistible as the smell of bread fresh from the oven.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Network Television Crime Drama Trivia…
Brittain Joy Cephas Paperback R207 Discovery Miles 2 070
Where is Change?
Stacey Hill Hardcover R544 Discovery Miles 5 440
The Man Made of Smoke
Alex North Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530
Parcel Of Death - The Biography Of…
Gaongalelwe Tiro Paperback R310 R281 Discovery Miles 2 810
Mary - An Awakening of Terror
Nat Cassidy Paperback R527 R496 Discovery Miles 4 960
The Diamond Queen - Elizabeth II: The…
Andrew Marr Paperback R285 R258 Discovery Miles 2 580
When My Feelings Are Large
Jaycie Harris Hardcover R437 R409 Discovery Miles 4 090
Children Of Strife - Children Of Time…
Adrian Tchaikovsky Paperback R399 R325 Discovery Miles 3 250
Rolling Thunder Finds His Herd…
Andrew Newman Hardcover R576 Discovery Miles 5 760
Shadow & Claw - The First Half of the…
Gene Wolfe Paperback R481 R456 Discovery Miles 4 560

 

Partners