0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (23)
  • R100 - R250 (90)
  • R250 - R500 (158)
  • R500+ (29)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Biografieë

Vuur in Sy Vingers - Die Verreikende Invloed van NP van Wyk Louw (Afrikaans, Paperback): Ampie Muller, Beverley Roos-Muller Vuur in Sy Vingers - Die Verreikende Invloed van NP van Wyk Louw (Afrikaans, Paperback)
Ampie Muller, Beverley Roos-Muller
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days
Gee My ?n Mán! - Die Beginjare Van Die Kalahari-Gemsbokpark (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition): Hannes Kloppers Gee My ’n Mán! - Die Beginjare Van Die Kalahari-Gemsbokpark (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition)
Hannes Kloppers
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Gee My ’n Mán! handel oor ou Kalahari Gemsbokpark, vanaf die tyd dat hulle nog met kamele gepatrolleer het, die oorlog teen die berugte Witbooi (wat tonele bevat waarvan die leser moeilik sal vergeet) en veldwagter Joep le Riche se avonture en nagmerries in daardie vroeë jare.

Hy was die een wat hom die meeste beywer het vir die proklamering van hierdie gebied as ’n wildtuin en baie jare lank was Joep le Riche die Gemsbokpark en die Gemsbokpark was Joep le Riche.

Humor en swaarkry gaan hand aand hand in hierdie boeiende en insiggewende vertelling.

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Inspirerende Sangers, Skrywers & Kunstenaars (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa... Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Inspirerende Sangers, Skrywers & Kunstenaars (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.

Hier Gaat Ons! - Reise En Rampe (Afrikaans, Paperback): Gerard Scholtz Hier Gaat Ons! - Reise En Rampe (Afrikaans, Paperback)
Gerard Scholtz
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 6 - 10 working days

Op 40 voel Gerard Scholtz onfiks, vet en verveeld. Hy koop ’n tweedehandse fiets en trap saam met sy vrou Anuta die Argus tot hulle gereed is om verder te reis.

Van St Petersburg tot Moskou; die lengte en breedte van Frankryk; oor die Alpe, oor die groot riviere van Europa, Ierland en Wallis reis hulle. Later is dit twee skoeters waarmee hulle elke jaar tot 10 000 kilometer deur Europa aflê. Hulle reis ook per trein, per motor, boot en soms te voet.

In hierdie bundel spreek Gerard se vertellings van sy kennis en liefde vir geskiedenis, kuns, musiek, letterkunde … Hy word veel meer as net reisiger en verteller. Gerard neem die leser ook ’n op metafisiese avontuur …

My Verhaal Op Theuniskraal (Afrikaans, Paperback): Rosette Jordaan My Verhaal Op Theuniskraal (Afrikaans, Paperback)
Rosette Jordaan
R285 R263 Discovery Miles 2 630 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Rosette Jordaan (gebore Theron) het vyftig jaar gelede Theuniskraal toe getrek as jong vrou van Kobus Jordaan, een van die plaas se twee erfgename. Hierdie boek bevat grepe uit haar lewe op dié spogplaas in die Tulbagh-vallei – die fabelagtige “Land van Waveren” – waar van Suid-Afrika se beroemdste wyne gemaak word.

Dit vertel ook Theuniskraal se verhaal en die vallei se geskiedenis vandat Jan van Riebeeck se landmeter, Pieter Potter, dit besigtig het, en die eerste setlaars hul so dertig jaar later daar gevestig het. Amusant, interessant en soms ontroerend, dis ’n lekkerleesrelaas van ’n halwe eeu van lief, lag en leed op ’n besonderse Bolandse plaas.

Bowenal spreek dit van die skryfster se deernis vir haar gesin, Theuniskraal, al sy mense en diere, en haar hele gemeenskap.

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Besondere Leiers, Aktiviste & Baanbrekers (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa... Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Besondere Leiers, Aktiviste & Baanbrekers (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Extraordinary Leaders, Activists & Protesters you will read about women who fought against colonialism and oppression. Here are the stories of women heroes through history, whose stories are connected because of a shared passion for equality and justice.

Jy Bly My Kind - 'n Ware Verhaal (Afrikaans, Paperback): Lidia Theron Jy Bly My Kind - 'n Ware Verhaal (Afrikaans, Paperback)
Lidia Theron
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Die ware verhaal van 'n ma se stryd om met onvoorwaardelike liefde te aanvaar dat haar kind gay is. Die skrywer se doel met hierdie boek is om ander gesinne in soortgelyke omstandighede hoop te gee. Sy vertel van die skok wat sy en haar man moes verwerk toe hulle lieflingdogter aankondig sy is verlief op 'n vrou. Lidia Theron beskryf die pad wat hulle moes loop om tot volle aanvaarding te kom.

Sulke Vriende Is Skaars - Die Briewe Van Arnold van Wyk En Anton Hartman 1949?1981 (Afrikaans, Paperback): Stephanie Voss,... Sulke Vriende Is Skaars - Die Briewe Van Arnold van Wyk En Anton Hartman 1949–1981 (Afrikaans, Paperback)
Stephanie Voss, Stephanus Muller
R411 Discovery Miles 4 110 Ships in 6 - 10 working days

Sulke Vriende Is Skaars bevat die geannoteerde briefkorrespondensie tussen twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse Westerse kunsmusiek. Dit is die eerste keer dat briefwisseling binne die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenisskrywing gepubliseer word en is ’n publikasie wat ’n noemenswaardige bydra tot die dissipline van Suid-Afrikaanse musiekhistoriografie, asook tot Afrikaner- en apartheidshistoriografie, sal maak.

Dit toon die belangrikheid aan van verdere navorsing oor die geïnstitusionaliseerde posisie van wit kunsmusiek in Suid-Afrika. Benewens die briewe, word belangrike foto’s, afskrifte van faksimilees, telegramme en ander vorme van korrespondensie geplaas en groot klem geplaas op die visuele voorkoms van die boek.

Veldwagter! (Afrikaans, Paperback): Hannes Klopper Veldwagter! (Afrikaans, Paperback)
Hannes Klopper
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Harry Kirkman was een van die Krugerwildtuin se bekendste "eerste" veldwagters naas Harry Wolhuter. In hierdie heruitgawe van die oorspronklike teks wat in 1967 verskyn het, is dit tyd vir Kirkman om die tuig neer te le, moeilik soos dit vir hom is, en sy lewe as veldwagter vanaf die vroegste dae te hersien. Saam met Kirkman herleef die leser die spektrum van ervarings wat 'n loopbaan in die ongerepte natuur inhou: eensaamheid, ontbering en avontuur, deurspek met ingetoe wysheid en 'n goeie skoot humor.

Jannie Mouton - En Toe Fire Hulle My (Afrikaans, Paperback): Carie Maas Jannie Mouton - En Toe Fire Hulle My (Afrikaans, Paperback)
Carie Maas
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Jannie Mouton is een van Suid-Afrika se mees suksesvolle en kleurryke entrepreneurs. Mouton is in die pad gesteek as besturende direkteur op die ouderdom van 48. Binne 15 jaar daarna bou hy 'n allemintige sakeryk op: PSG het belange in maatskappye met 'n markkapitalisasie van R61 miljard en is een van die top-40 maatskappye op die JSE. Daar is baie wat se hy is 'n bliksem wat nie nee vir 'n antwoord vat nie, maar hy lees en het 'n sagte hart vir die poesie. Oor 'n swartbemagtigingsopportunis sal hy nie sy woorde tel nie, maar hy kon dit nog net een maal in sy loopbaan oor sy hart kry om self 'n kollega te vra om te loop. Wie is die man agter PSG en hoekom het hy finansiele dienste kleintjies in die landbou- en selfs onderwysbedrywe laat kry? Hoe het Capitec se fenomenale sukses beslag gekry, wat moet 'n mens van die Pioneer Foods-kartelsage maak en hoekom vee hy hom af aan die woede van baie in die wynbedryf oor sy KWV-planne? Het Mouton die "vermoe om markte te voorspel" soos wat Finweek suggereer? Die Stellenbosse sakereus Jannie Mouton speel oop kaarte en deel die sake- en beleggingslesse wat hy geleer het.

Coach Loffie - Wenke vir wenners (Afrikaans, Paperback): Eugene Eloff Coach Loffie - Wenke vir wenners (Afrikaans, Paperback)
Eugene Eloff
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Coach Loffie is 'n alles-in-een-handleiding vir alle aspiranten reeds gevestigde afrigters, sportlui en sportliefhebbers. Dis geskoei op die koestering van drome, Loffie se persoonlike belewenisse tydens sy grootword- en weermagjare en sy ervaring as speler en afrigter. Hy fokus op genot en veiligheid binne die sportstrukture en rugsteun sy benadering met waardevolle bydraes deur 'n biokinetikus, 'n mediese dokter, 'n fisioterapeut, 'n dieetkundige, 'n tegniese spesialis, 'n sportagent, 'n lewensafrigter en 'n geestelike leier

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Uitvinders, Genesers & Opvoeders (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa Guzula Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Uitvinders, Genesers & Opvoeders (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.

Kan Afrikaners Toyi-toyi? (Afrikaans, Paperback): Pieter Mulder Kan Afrikaners Toyi-toyi? (Afrikaans, Paperback)
Pieter Mulder 1
R71 Discovery Miles 710 Ships in 6 - 10 working days
Die Wereld Van Susanna Smit (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Die Wereld Van Susanna Smit (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 6 - 10 working days

Outeur en historikus Karel Schoeman skets in hierdie werk 'n lewende beeld van Susanna Smit: nie net van haar persoonlike wedervarings nie, maar ook die agtergrond waarteen haar lewe afgespeel het: die onrustige tyd aan die Oosgrens, Susanna se verbintenis met Bethelsdorp en die vroee werksaamhede van die Londense Sendinggenootskap, die Groot Trek en die opkoms en ondergang van die Republiek Natalia. Susanna Smit was die suster van die Trekkerleier Gert Maritz en die vrou van die Trekkerpredikant Erasmus Smit. Dit is aan haar dat die kreet "Liewer barrevoets oor die Drakensberge ..." (teen die Britse oorname van Natal) toegeskryf word. Susanna Smit was ook die skrywer van 'n omvangryke dagboek wat in sy behoue vorm die jare 1843-1851 dek en hoofsaaklik haar geestelike belewenisse vasle.

Die Afrikaners - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Hermann Giliomee Die Afrikaners - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Hermann Giliomee
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Internasionaal-bekende historikus prof. Hermann Giliomee dek die geskiedenis van die Afrikaners in 'n hoogs leesbare narratief. Hy verken verskeie omstrede kwessies - die redes vir hul opgee van mag, pogings om saam met ander minderhede te veg vir die Grondwet, en hul soms stormagtige verhouding met die ANC en president Zuma.

Spertyd (Afrikaans, Paperback): Elsa Joubert Spertyd (Afrikaans, Paperback)
Elsa Joubert 1
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur ’n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers.

Elsa Joubert - Biografiese inligting

Elsabé (Elsa) Antoinette Murray Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy matrikuleer in 1939 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Sy behaal ’n BA-graad (1942) en ’n Sekondêre Onderwysdiploma (1943) aan die Universiteit van Stellenbosch.

In 1945 verwerf sy ’n meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna is sy die vroueredakteur van Die Huisgenoot van 1946 tot 1948. Hierna begin sy te reis en in 1957 verskyn haar eerste reisverhaal, Water en woestyn, wat handel oor haar ervarings in Egipte en Uganda. Elsa Joubert se reise deur Afrika, Suid-Amerika, Europa en die Verre-Ooste het op ’n besondere wyse in haar werk neerslag gevind.

In 1963 verskyn haar eerste roman, Ons wag op die kaptein, wat onder meer die Eugène Marais-prys ontvang het. Sy is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat in 2002 aangewys as een van die honderd beste boeke in Afrika.

In 1981 ken die British Royal Society of Literature die Winifred Holtby-prys aan haar toe en word sy ’n Fellow van die Society. Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzogprys bekroon. Haar lewenswerk word bekroon met eredoktorsgrade van die Universiteite van Stellenbosch (2001) en Pretoria (2007), en sy ontvang die Orde van Ikhamanga (2004).

Skakel van Maandag, 18 Junie 2018 af in op RSG om te luister na Elsa Joubert se jongste roman, Spertyd (2017, Tafelberg) voorgelees deur Rika Sennett.

Amper My Mense (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Amper My Mense (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein 1
R70 Discovery Miles 700 Ships in 6 - 10 working days

In die bundel word verduidelik wat die hemelsbree verskil tussen 'n Oos- en 'n Wes-Vrystater is en word staaltjies wat afspeel rondom die Anglo-Boereoorlog, die Depressiejare en die 1914-Rebellie gedeel. Dot Serfontein se sonderlinge humorsin laat die Vrystaatse geskiedenis herleef op 'n manier wat die leser sal bybly. Karakters soos oom Joseph du Plessis, tant Martjie en Bart Krog – oftewel Baasbul van Afrika – word met humor en deernis beskryf, soos net Dot Serfontein dit kan doen. Hulle is immers amper haar mense.

Twee Lewens - 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback): Elise Bishop Twee Lewens - 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback)
Elise Bishop
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

Hoe weet ’n klein seuntjie van skaars drie jaar oud dat hy in die verkeerde liggaam gebore is?

Wat ervaar daardie seuntjie in die eerste twee dekades van sy lewe dat hy so oortuig raak van wie en wat hy moet wees, dat hy die lang pad van geslagshertoewysing aanpak sodat hy sy droombestaan kan voer in die liggaam waarvoor hy gebore is?

Min het Pierre van der Merwe daardie tyd geweet wat Elise van der Merwe alles in haar nuwe bestaan sal ontdek en ervaar.

’n Hartstogtelik eerlike en roerende verhaal wat ook baie sal beteken vir mense wat met hierdie dilemma gebore is.

Ek Is Liza Smit (Afrikaans, Paperback): Liza Smit, Raquel Lewis Ek Is Liza Smit (Afrikaans, Paperback)
Liza Smit, Raquel Lewis
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Springs, 1977. Robert en Jeanne Smit word wreed om die lewe gebring in wat die WVK later as 'n politiese gemotiveerde moord sou beskryf. Dekades daarna gons dit oor wie presies vir die grudaad verantwoordelik was. Daar is rookskerms en ontkenning, verduistering en misleidings, en bespiegelings en teorieë oor presies wie die aanvanklike opdrag gegee het.

En iewers in die politieke kookpot prut stories van 'n dapper dertienjarige dogter Liza Smit. Nadat haar ouers uit haar lewe geruk is, sou niks ooit weer dieselfde wees nie. Toe sy hoor dat die WVK die saak wil ontrafel, begin sy en die ondersoekende joernalis Alet van Rensburg die saak navors. Saam-saam durf die twee, met enorme deursettingsvermoë, vasberadenheid en 'n porsie domastrantheid die taak aan : om die waarheid te ontbloot oor die dood van Liza se ouers.

Liza se verhaal word afgewissel met uittreksels uit die oorspronklike veslag wat sy aan die ongure onderwêreld van die destydse Suid- Afrika vol korrupte politici, taakmagte en internasionale intriges. Dis ook die storie van 'n lewe wat afspeel teen hierdie agtergrond, en hoe een indrukwekkende vrou haarself uit haar persoonlike hel reg.

Riviere In Die Wildernis (Afrikaans, Paperback): Karlien van Jaarsveld Riviere In Die Wildernis (Afrikaans, Paperback)
Karlien van Jaarsveld
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister.

Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie gevleg met haar onwrikbare geloof gestap het. In hierdie poëtiese teks vol beeldspraak en vloeiende kreatiwiteit gesels sy oor kwesbare grepe uit haar lewe. Sy deel met die leser haar ondersoeke in die Woord, die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike gewaarwordinge.

In Riviere in die wildernis leer ons Karlien ken soos nog nooit tevore nie.

In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die Here nou gee óf neem, steeds ’n halleluja te sing.

Vrypas (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Vrypas (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R73 Discovery Miles 730 Ships in 6 - 10 working days

Op tagtig, verklaar Dot Serfontein, neem mens kennis van die ouderdom se bedryfsrisiko’s – en neem dan vir lief daarmee dat selfs die Bybel stilbly oor wat ná tagtig met mens gaan gebeur. Jy vertel van dinge waaroor jy vroeër geswyg het en jy swyg oor dinge waarvan jy vroeër vertel het want as jy dié mylpaal oorgesteek het, het jy die vrypas om te maak soos jy wil, sonder dat dit teen jou aangeteken staan.

Teen die agtergrond van agt dekades se sosiale, politieke en ekonomiese gebeure (van die letsels van die Anglo-Boereoorlog, die 1914-Rebellie en die Groot Depressie, tot die verkiesing van 1948, die apartheidsidealisme en die “politieke kapitulasie” van die negentigerjare) projekteer Dot Serfontein hier die gesins - en familiebande wat haar lewe as Vrystaatse Afrikaner gevorm het. Die leser leer ken ’n individu wat elke lewensfase met geesdrif en vurigheid aanpak en nie terugdeins om die tradisie van tyd tot tyd met ’n bietjie waagmoed en ’n porsie oorgeërfde stroomopgeit uit te daag nie.

Want al faal sy soms klaaglik om aan haar eie (en ander) se verwagtings te voldoen (vir haar een en twintigste verjaarsdag gee haar pa haar immers ’n Remington-tikmasjien present, “toe dit uiteindelik vir hom duidelik geword het dat ek dit nog ver sal bring”) ken sy haar sterkpunte en staan sy stewig geanker tussen dié wat soos sy glo: “As ons spense vol is van wat vir ons van waarde is, kan ons harte oor brakplekke spring; as ons niks anders kan doen nie, lag ons net saam.”

Se My, Is Julle Twee Susters? - 'n Memorie (Afrikaans, Paperback): Hester van der Walt Se My, Is Julle Twee Susters? - 'n Memorie (Afrikaans, Paperback)
Hester van der Walt
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Twee vroue, een uit Nederland en die ander een uit die Vrystaatse Goudvelde, ontmoet mekaar in 'n hospitaalsaal in Bloemfontein. Vyftig jaar later vertel Hester die storie van hoe die lewe hulle gevorm het as verpleegsters, gemeenskapswerkers, bakkers en kunstenaars.In hierdie memorie vertel Hester van der Walt van die sleutel oomblikke in haar lewe wat haar daartoe gedryf het om kulturele en etniese grense oor te steek om sodoende uit te vind wie sy werklik is.

Haar besluite neem haar vanaf die Vrystaat na Distrik Ses en Venda, na Nederland en die Verenigde Koninkryk, na Heideveld en Hanover Park en uiteindelik na McGregor. Haar nederige storie vertel van die geestelike isolasie van alle "vlugtelinge" wat die onversoenbare waardes van hulle "tuiste" (hetsy fisies of idologies) verlaat en nuwe maniere moet vind om 'n lewe te skep.

Dit vertel ook van die wonder om 'n metgesel langs die pad te vind.

Gesprekke Oor Ingrid Jonker (Afrikaans, Paperback): L.M. van der Merwe Gesprekke Oor Ingrid Jonker (Afrikaans, Paperback)
L.M. van der Merwe
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

'n Versameling van gesprekke met vriende en kennisse van die digter Ingrid Jonker, met kommentaar deur 'n sielkundige. 'n Nuwe boek oor die immer gewilde Ingrid Jonker. Gesprekke oor Ingrid Jonker bevat persoonlike herinneringe van Ingrid se suster Anna, haar psigiater en vriende soos Jan Rabie en Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Berta Smit, Uys Krige en Andre P. Brink. Gesprekke wat dertig jaar gelede deur dr. L.M. van der Merwe, kliniese sielkundige, op band opgeneem is, is deur Petrovna Metelerkamp in boekvorm verwerk. Dit werp 'n nuwe lig op die lewe en tragiese sterwe van die jong Ingrid Jonker.

Die Moord op Liezel de Jager (Afrikaans, Paperback): Anena Burger Die Moord op Liezel de Jager (Afrikaans, Paperback)
Anena Burger
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Op 13 Oktober 2021 is Suid-Afrika tot stilstand geruk deur die nuus oor dominee Liezel de Jager, geliefde leraar van die NG Kerk Suidkus in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, wat in die oprit van die pastorie vermoor is toe sy terugkeer van haar daaglikse oggenddraf saam met vriende. Dit was ondenkbaar dat ’n geestelike leier soos sy, wat ’n enorme impak op haar gemeenskap gehad het, so wreed weggeruk kon word.

Maar nog vreemder gebeure volg in die dae en jare na haar moord. Haar man, Werner, verdwyn skielik spoorloos en word later in ’n bedenklike toestand in ’n suikerrietplantasie gevind. Hy vermoed dat hy moontlik deur Liezel se moordenaars aangeval is. Benewens verskeie ander amper-noodlottige gebeure rondom Werner, is hy later ook in ’n ongeluk betrokke waar nog twee vroue dood is. Om alles te kroon, sloer die polisie twee jaar lank voordat hulle met die moordondersoek begin.

Intussen voer Liezel se ouers ’n volgehoue stryd om geregtigheid vir hul dogter te kry.

Dit loop uit op ’n suksesvolle hofsaak teen die minister van polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens, met die gevolg dat Werner weens die moord op sy vrou in hegtenis geneem word, maar later onder misterieuse omstandighede in die hospitaal sterf. Die moord bly onopgelos.

Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback): Wannie Carstens, Edith Raidt Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback)
Wannie Carstens, Edith Raidt
R735 Discovery Miles 7 350 Ships in 6 - 10 working days

In hierdie boek- wat in twee dele gepubliseer is en gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede – word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) én veral Afrikaans se Afrikaherkoms – oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom.

Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en vanuit Asië (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans beïnvloed het tot die vorm wat dit wel geword het). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies ’n nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede.

In Deel 1 is die Europese verlede van Afrikaans weergegee. In Deel 2 kom die Afrikaverlede van Afrikaans aan bod. Die boek verken paaie wat nog nie voorheen ontgin is nie en dit sal ʼn besliste bydrae tot die debat oor Afrikaans se verlede wees.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Guilty
Martina Cole, Jacqui Rose Paperback R549 R506 Discovery Miles 5 060
Power In Action - Democracy, Citizenship…
Steven Friedman Paperback R388 Discovery Miles 3 880
Devil and Danny O'Malley
James Fraser Hardcover R765 Discovery Miles 7 650
A Midsummer Night's Dream (No Fear…
Spark Notes Paperback R155 R139 Discovery Miles 1 390
The Adventures of Ariel and Ron
Dionne D Nichols Hardcover R628 Discovery Miles 6 280
The Aldus Shakespeare - With Copious…
William Shakespeare Paperback R500 Discovery Miles 5 000
China-Tibet-India - The 1962 War and the…
Gautam Das Hardcover R1,076 Discovery Miles 10 760
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Diplomatic Dimension of Maritime…
Yogendra Kumar Hardcover R1,340 R256 Discovery Miles 2 560
Smuts & Mandela - The Men Who Made South…
Roger Southall Paperback R380 R351 Discovery Miles 3 510

 

Partners