0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (20)
  • R100 - R250 (47)
  • R250 - R500 (165)
  • R500+ (36)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Biografieë

Hou die Kruit Droog (Afrikaans, Paperback): c. Johan Bakkes Hou die Kruit Droog (Afrikaans, Paperback)
c. Johan Bakkes
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 5 - 7 working days
Sluiswagter by die dam van stemme - Beskouings oor die werk van Karel Schoeman (Afrikaans, English, Hardcover): W. Burger,... Sluiswagter by die dam van stemme - Beskouings oor die werk van Karel Schoeman (Afrikaans, English, Hardcover)
W. Burger, Hennie van Vuuren
R234 Discovery Miles 2 340 Ships in 4 - 8 working days
Sprakeloos (Afrikaans, Paperback): Tom Lanoye Sprakeloos (Afrikaans, Paperback)
Tom Lanoye; Translated by Daniel Hugo
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 8 working days

In die (outo)biografiese roman Sprakeloos vertel Tom Lanoye van sy ma se beroerte, haar spraakverlies en haar langsame aftakeling en uiteindelike dood.

Terselfdertyd toon die roman die ontreddering van ’n skrywer wat sy moedertaal in sy moeder sien verlore gaan en wat dié verlies probeer besweer met ’n vuurwerk van woorde. Die verlies van taal word herstel met taal. Met heelwat humor neem die skrywer ook afskeid van sy jeug, van sy pa se slaghuis en die sprankelende Vlaamse stadsbuurt waarin hy grootgeword het. Maar bowenal is dit ’n afrekening met sy ma – ’n klein, temperamentele amateuraktrise wat nie die teater en die werklike lewe uit mekaar kon hou nie. Sy vorm die middelpunt van talle tragikomiese familietaferele.

Die vertelling is vol oordaad, uitweidings en doelbewuste vertragings, maar in die hande van Tom Lanoye word dit ’n stilistiese kragtoer. Dit is ’n meesleurende en oorrompelende boek.

In Kamera (English, Afrikaans, Paperback, illustrated edition): van de Venter, Hennie In Kamera (English, Afrikaans, Paperback, illustrated edition)
van de Venter, Hennie
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days

In kamera staan vir "in vertroue" en "in die kamera se oog". 'n Leunstoelsafari wat begin in 'n "nursing home" naby Babanango en oor Tuks se kampus loop deur Ienkkonserte, modderbaddens en broek-raids, Harvard se kampus, 12 jaar in Die Volksblad se redakteurstoel en jare as Uitvoerende Hoof van Nasionale koerante. In hierdie geharde koerantman se bars kyk ontbreek dit nooit aan humor en deernis nie.

Hanlie Retief Gesels Met (Afrikaans, Paperback): Hanlie Retief Hanlie Retief Gesels Met (Afrikaans, Paperback)
Hanlie Retief
R95 Discovery Miles 950 Ships in 4 - 8 working days

Hanlie Retief se skerp, pittige en op-die-man-af-onderhoude in Rapport is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Waarom? Hanlie kies die interessantste mense om mee onderhoude te voer en vra die vrae wat almal wil vra. Ná 20 jaar van onderhoude voer is dit hoogtyd dat ’n keur van die beste onderhoude te boek gestel word.

Hanlie gesels met bevat 50 van Hanlie se mees prikkelende onderhoude: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag het of ’n traan laat pik het. Dit is ook interessant om weer die stemme te hoor van mense wat ons ontval het, soos Chris Barnard en Marike de Klerk.

Desmond Tutu, Steve Hofmeyr, dr. Piet Koornhof, Steve Booysen, Piet Byleveld, Anton Goosen, Pik Botha, Kurt Darren, Pierre Spies, Vernon Koekemoer en Julius Malema is van die mense wat opgeneem word in hierdie boek.

Die leser van hierdie boek geniet ’n kleurvolle reis deur die gedagtes en dinge van Suid-Afrika se interessantste bekendes.

Jy Bly My Kind - 'n Ware Verhaal (Afrikaans, Paperback): Lidia Theron Jy Bly My Kind - 'n Ware Verhaal (Afrikaans, Paperback)
Lidia Theron
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days

Die ware verhaal van 'n ma se stryd om met onvoorwaardelike liefde te aanvaar dat haar kind gay is. Die skrywer se doel met hierdie boek is om ander gesinne in soortgelyke omstandighede hoop te gee. Sy vertel van die skok wat sy en haar man moes verwerk toe hulle lieflingdogter aankondig sy is verlief op 'n vrou. Lidia Theron beskryf die pad wat hulle moes loop om tot volle aanvaarding te kom.

Twee Kinders Later (Afrikaans, Paperback): Charme Kriel Twee Kinders Later (Afrikaans, Paperback)
Charme Kriel
R265 R249 Discovery Miles 2 490 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Charmé word met pre-eklampsia gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met Lisa. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe verander heeltemal. Lisa weeg 850 gram, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie. Maar Charmé vertel haar storie met humor en deernis: ‘n universiële storie van oorlewing van elke modern ma.  Charmé se storie help ons om te weet dat ons nie alleen is nie, die ma langs jou het dieselfde pyne, vreugde, angs en vrae.

Historikus: 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback): Hermann Giliomee Historikus: 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback)
Hermann Giliomee
R520 R486 Discovery Miles 4 860 Save R34 (7%) Ships in 4 - 8 working days

As uitgesproke kommenatator wat voor en na 1994 met die regering gebots het, een van die Dakar-gangers wat al in die 1980s die ANC gaan ontmoet het en wereldkenner van die Afrikaners, is Giliomee ten nouste betrokke by ons land se geskiedenis – en hoe ons dit verstaan. Hier verweef hy sy eie lewensverhaal met die van die land en die mense wat hom fassineer in leesbare, narratiewe vorm, vol staaltjies en onvertelde verhale.

Dwars - Rare Karakters Onder Ons (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Dwars - Rare Karakters Onder Ons (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 4 - 8 working days

Dwarstrekkers, nonkonformiste, buitestaanders, randeiers...Noem hulle wat jy wil, Suid Afrika het meer as sy deel eksentrieke karakters opgelewer wat mense van die vroegste tye af na hulle asem laat snak of verstom agter hulle hand laat fluister het.

Hierdie rare mense het met die jare hul merk gemaak op vele terreine.

Dis hulle wat Daniël Lotter aan 'n nuwe geslag lesers bekendstel.

Vrypas (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Vrypas (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R73 Discovery Miles 730 Ships in 4 - 8 working days

Op tagtig, verklaar Dot Serfontein, neem mens kennis van die ouderdom se bedryfsrisiko’s – en neem dan vir lief daarmee dat selfs die Bybel stilbly oor wat ná tagtig met mens gaan gebeur. Jy vertel van dinge waaroor jy vroeër geswyg het en jy swyg oor dinge waarvan jy vroeër vertel het want as jy dié mylpaal oorgesteek het, het jy die vrypas om te maak soos jy wil, sonder dat dit teen jou aangeteken staan.

Teen die agtergrond van agt dekades se sosiale, politieke en ekonomiese gebeure (van die letsels van die Anglo-Boereoorlog, die 1914-Rebellie en die Groot Depressie, tot die verkiesing van 1948, die apartheidsidealisme en die “politieke kapitulasie” van die negentigerjare) projekteer Dot Serfontein hier die gesins - en familiebande wat haar lewe as Vrystaatse Afrikaner gevorm het. Die leser leer ken ’n individu wat elke lewensfase met geesdrif en vurigheid aanpak en nie terugdeins om die tradisie van tyd tot tyd met ’n bietjie waagmoed en ’n porsie oorgeërfde stroomopgeit uit te daag nie.

Want al faal sy soms klaaglik om aan haar eie (en ander) se verwagtings te voldoen (vir haar een en twintigste verjaarsdag gee haar pa haar immers ’n Remington-tikmasjien present, “toe dit uiteindelik vir hom duidelik geword het dat ek dit nog ver sal bring”) ken sy haar sterkpunte en staan sy stewig geanker tussen dié wat soos sy glo: “As ons spense vol is van wat vir ons van waarde is, kan ons harte oor brakplekke spring; as ons niks anders kan doen nie, lag ons net saam.”

Amper My Mense (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Amper My Mense (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein 1
R70 Discovery Miles 700 Ships in 4 - 8 working days

In die bundel word verduidelik wat die hemelsbree verskil tussen 'n Oos- en 'n Wes-Vrystater is en word staaltjies wat afspeel rondom die Anglo-Boereoorlog, die Depressiejare en die 1914-Rebellie gedeel. Dot Serfontein se sonderlinge humorsin laat die Vrystaatse geskiedenis herleef op 'n manier wat die leser sal bybly. Karakters soos oom Joseph du Plessis, tant Martjie en Bart Krog – oftewel Baasbul van Afrika – word met humor en deernis beskryf, soos net Dot Serfontein dit kan doen. Hulle is immers amper haar mense.

Op Die Man Af (Afrikaans, Paperback): Freek Robinson Op Die Man Af (Afrikaans, Paperback)
Freek Robinson
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Vir 45 jaar het Freek Robinson die grootste nuusgebeure in die ou én nuwe Suid-Afrika eerstehands beleef. As TV-joernalis en nuusanker was hy ’n gereelde besoeker in miljoene Suid-Afrikaners se huise.

In sy memoires deel Freek dit wat hy agter die skerms beleef het.

Dié boek verweef die lewe en loopbaan van een van ons land se mees gerespekteerde en geliefde joernaliste en gee ’n besonderse blik op die ingrypende nuusomwentelinge in ons onlangse geskiedenis.

Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback): Elkarien Fourie Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback)
Elkarien Fourie
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

“Not sex please,” sê die monnik en toe hy die verbouereerde uitdrukkings op ons gesigte sien, glimlag hy gerusstellend. “Seven is better . . . OK?”

Tussen misverstande, pogings om die taal en skrif te leer en lokvalle van swendelaars wat daarop uit is om ’n vinnige yuan te maak, is daar die vriendelike vreemdelinge wat soos ’n goue draad deur Elkarien Fourie se ervarings in China loop. Hulle is die “mede”-mense wat uitstaan tussen die gedrang van miljoene in die megastede; wat aanbied om die pad saam te loop eerder as om dit net te verduidelik.

Elkarien het Confucius se voorskrif gevolg en haar hele hart saamgeneem op hierdie avontuur wat haar gekies het eerder as andersom.

Die Wereld Van Susanna Smit (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Die Wereld Van Susanna Smit (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 4 - 8 working days

Outeur en historikus Karel Schoeman skets in hierdie werk 'n lewende beeld van Susanna Smit: nie net van haar persoonlike wedervarings nie, maar ook die agtergrond waarteen haar lewe afgespeel het: die onrustige tyd aan die Oosgrens, Susanna se verbintenis met Bethelsdorp en die vroee werksaamhede van die Londense Sendinggenootskap, die Groot Trek en die opkoms en ondergang van die Republiek Natalia. Susanna Smit was die suster van die Trekkerleier Gert Maritz en die vrou van die Trekkerpredikant Erasmus Smit. Dit is aan haar dat die kreet "Liewer barrevoets oor die Drakensberge ..." (teen die Britse oorname van Natal) toegeskryf word. Susanna Smit was ook die skrywer van 'n omvangryke dagboek wat in sy behoue vorm die jare 1843-1851 dek en hoofsaaklik haar geestelike belewenisse vasle.

Coach Loffie - Wenke vir wenners (Afrikaans, Paperback): Eugene Eloff Coach Loffie - Wenke vir wenners (Afrikaans, Paperback)
Eugene Eloff
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Coach Loffie is 'n alles-in-een-handleiding vir alle aspiranten reeds gevestigde afrigters, sportlui en sportliefhebbers. Dis geskoei op die koestering van drome, Loffie se persoonlike belewenisse tydens sy grootword- en weermagjare en sy ervaring as speler en afrigter. Hy fokus op genot en veiligheid binne die sportstrukture en rugsteun sy benadering met waardevolle bydraes deur 'n biokinetikus, 'n mediese dokter, 'n fisioterapeut, 'n dieetkundige, 'n tegniese spesialis, 'n sportagent, 'n lewensafrigter en 'n geestelike leier

Magnus Malan - My Lewe Saam Met Die SA Weermag (Afrikaans, Hardcover): Magnus Malan Magnus Malan - My Lewe Saam Met Die SA Weermag (Afrikaans, Hardcover)
Magnus Malan
R297 Discovery Miles 2 970 Ships in 4 - 8 working days

Magnus Malan het reeds as 13-jarige skoolseun weggeloop om by die destydse Unieverdedigingsmag aan te sluit. Dit was natuurlik tevergeefs, maar sedert hy in 1946 wel by die liggaamlike opleidingsbrigade kon aansluit, was sy loopbaan en lewe vir bykans 42 jaar onherroeplik met die Suid-Afrikaanse Weermag vervleg. Malan se militere loopbaan het hom na verskillende plekke in Suider-Afrika geneem - na Robbeneiland, na die toenmalige Suidwes-Afrika waar die SA Weermag die Suid-Afrikaanse mandaatgebied moes beskerm, na die Militere akademie op Saldanha, na die Kasteel in Kaapstad. As Hoof van die Leer en later as Hoof van die Weermag is hy ten nouste berokke by Suid-Afrika se inval in Angloa in 1975 en talle oorgrensoperasies in die dekade wat daarop volg. Malan tree ook toe tot die politiek en sal veral onthou word as Minister van Verdediging in die 1980's. Malan lewer op bondige wyse verslag oor die invloed wat politieke verwikkelinge in Suider-Afrika sedert 1960 op die strukture en funksies van die Suid-Afrikaanse Weermag gehad het; oor die suksesse van Krygkor en oor Suid-Afrika se kernwapenvermoe. Hy verskaf waardevolle konteksgegewens van 'n tydperk volgeprop met staatkundige en militere gebeure; 'n tydperk wat buitengewone betekenis vir hierdie geslag en die nageslag het, maar wat tans byna vergete geraak het.

1 Recce: Volume 2 - Agter Vyandelike Linies (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 2 - Agter Vyandelike Linies (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

1 Recce: Agter vyandelike linies neem die leser tot in die Recces se “binnekamer”. In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970’s in Angola, Rhodesië en Mosambiek uitgevoer het. Dié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die hegte vriendskapsbande wat hulle gesmee het.

Ek Is Liza Smit (Afrikaans, Paperback): Liza Smit, Raquel Lewis Ek Is Liza Smit (Afrikaans, Paperback)
Liza Smit, Raquel Lewis
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Springs, 1977. Robert en Jeanne Smit word wreed om die lewe gebring in wat die WVK later as 'n politiese gemotiveerde moord sou beskryf. Dekades daarna gons dit oor wie presies vir die grudaad verantwoordelik was. Daar is rookskerms en ontkenning, verduistering en misleidings, en bespiegelings en teorieë oor presies wie die aanvanklike opdrag gegee het.

En iewers in die politieke kookpot prut stories van 'n dapper dertienjarige dogter Liza Smit. Nadat haar ouers uit haar lewe geruk is, sou niks ooit weer dieselfde wees nie. Toe sy hoor dat die WVK die saak wil ontrafel, begin sy en die ondersoekende joernalis Alet van Rensburg die saak navors. Saam-saam durf die twee, met enorme deursettingsvermoë, vasberadenheid en 'n porsie domastrantheid die taak aan : om die waarheid te ontbloot oor die dood van Liza se ouers.

Liza se verhaal word afgewissel met uittreksels uit die oorspronklike veslag wat sy aan die ongure onderwêreld van die destydse Suid- Afrika vol korrupte politici, taakmagte en internasionale intriges. Dis ook die storie van 'n lewe wat afspeel teen hierdie agtergrond, en hoe een indrukwekkende vrou haarself uit haar persoonlike hel reg.

Kan Afrikaners Toyi-toyi? (Afrikaans, Paperback): Pieter Mulder Kan Afrikaners Toyi-toyi? (Afrikaans, Paperback)
Pieter Mulder 1
R71 Discovery Miles 710 Ships in 4 - 8 working days
Op 'n Galop Na Buckingham-Paleis - Vertellings Van 'n Verloopte Diplomaat (Afrikaans, Paperback): Naas Steenkamp Op 'n Galop Na Buckingham-Paleis - Vertellings Van 'n Verloopte Diplomaat (Afrikaans, Paperback)
Naas Steenkamp
R173 R109 Discovery Miles 1 090 Save R64 (37%) Ships in 5 - 7 working days

Die subtitel, Vertellings van 'n verloopte diplomaat, wek die verwagting dat daar iets met hierdie loopbaan verkeerd gaan loop . . . Juis hierin le 'n volgehoue spanningslyn. Die skrywer vertel eerlik en met humor van sy jare as junior diplomaat in Suid-Afrika Huis in Londen, in die tyd van die politieke woelinge van die onstuimige laat 50- en vroee 60tigerjare. Hy was o.m. privaat sekretaris vir die hoe kommissaris in Londen in die dae van Sharpeville en lid van eerste minister Verwoerd se afvaardiging toe Suid-Afrika weens apartheid aan die Statebond moes onttrek. Mens hoor van die blapse, die politieke binnegevegte, die gedragspatrone van bekende politieke personasies, paleisprotokol, die werk van geheime agente - dinge waaroor die man op straat net maar kan gis. Wat hierdie teks besonders maak, is die verteller se selfspot en ewewigtige terugblik op 'n veelbewoe tydvak. 'n Onderhoudende titel, lesenswaardig en insiggewend, met enkele blink komiese hoogtepunte.

Sulke Vriende Is Skaars - Die Briewe Van Arnold van Wyk En Anton Hartman 1949?1981 (Afrikaans, Paperback): Stephanie Voss,... Sulke Vriende Is Skaars - Die Briewe Van Arnold van Wyk En Anton Hartman 1949–1981 (Afrikaans, Paperback)
Stephanie Voss, Stephanus Muller
R411 Discovery Miles 4 110 Ships in 4 - 8 working days

Sulke Vriende Is Skaars bevat die geannoteerde briefkorrespondensie tussen twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse Westerse kunsmusiek. Dit is die eerste keer dat briefwisseling binne die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenisskrywing gepubliseer word en is ’n publikasie wat ’n noemenswaardige bydra tot die dissipline van Suid-Afrikaanse musiekhistoriografie, asook tot Afrikaner- en apartheidshistoriografie, sal maak.

Dit toon die belangrikheid aan van verdere navorsing oor die geïnstitusionaliseerde posisie van wit kunsmusiek in Suid-Afrika. Benewens die briewe, word belangrike foto’s, afskrifte van faksimilees, telegramme en ander vorme van korrespondensie geplaas en groot klem geplaas op die visuele voorkoms van die boek.

Spertyd (Afrikaans, Paperback): Elsa Joubert Spertyd (Afrikaans, Paperback)
Elsa Joubert 1
R280 R245 Discovery Miles 2 450 Save R35 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur ’n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers.

Elsa Joubert - Biografiese inligting

Elsabé (Elsa) Antoinette Murray Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy matrikuleer in 1939 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Sy behaal ’n BA-graad (1942) en ’n Sekondêre Onderwysdiploma (1943) aan die Universiteit van Stellenbosch.

In 1945 verwerf sy ’n meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna is sy die vroueredakteur van Die Huisgenoot van 1946 tot 1948. Hierna begin sy te reis en in 1957 verskyn haar eerste reisverhaal, Water en woestyn, wat handel oor haar ervarings in Egipte en Uganda. Elsa Joubert se reise deur Afrika, Suid-Amerika, Europa en die Verre-Ooste het op ’n besondere wyse in haar werk neerslag gevind.

In 1963 verskyn haar eerste roman, Ons wag op die kaptein, wat onder meer die Eugène Marais-prys ontvang het. Sy is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat in 2002 aangewys as een van die honderd beste boeke in Afrika.

In 1981 ken die British Royal Society of Literature die Winifred Holtby-prys aan haar toe en word sy ’n Fellow van die Society. Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzogprys bekroon. Haar lewenswerk word bekroon met eredoktorsgrade van die Universiteite van Stellenbosch (2001) en Pretoria (2007), en sy ontvang die Orde van Ikhamanga (2004).

Skakel van Maandag, 18 Junie 2018 af in op RSG om te luister na Elsa Joubert se jongste roman, Spertyd (2017, Tafelberg) voorgelees deur Rika Sennett.

'n Wonderlike Geweld - Jeugherinneringe (Afrikaans, Hardcover): Elsa Joubert 'n Wonderlike Geweld - Jeugherinneringe (Afrikaans, Hardcover)
Elsa Joubert
R520 R486 Discovery Miles 4 860 Save R34 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Die outobiografie dek die eerste 25 jaar van Joubert se lewe, haar grootwordjare in die Paarl, haar skooljare, studentejare aan die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, eerste onderwysposte en haar slyping in die joernalistiek. Dit is 'n outobiografie wat met verstommende detail 'n beeld bied van 'n bepaalde era in die land se geskiedenis, maar ook van die wording van 'n skrywer. Joubert deins nie terug van omstrede kwessies nie, en onder meer kom haar betrokkenheid by die Ossewabrandwag aan bod. Maar die vernaamste beeld is die van 'n skrywer wat as kind reeds die drang na woorde ervaar, wat in die onstuimige tyd na die Tweede Wereldoorlog te midde van klomp invloede haar onafhanklike stem as skrywer probeer vind.

Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback): Joe Dauth Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback)
Joe Dauth
R232 Discovery Miles 2 320 In Stock

Dirk Ligter is na bewering in 1860 op ’n plaas in die Tankwa-Karoo gebore. Hy het die naam “die Robin Hood van die Tankwa” gekry omdat hy dikwels by boere wat glo nie hulle werkers goed behandel het nie, skaap gesteel en geslag het om vir die betrokke boer se werkers te gee en vir homself ook ’n gedeelte te hou.

Sy vuurtjie het gereeld hoog in ’n berghang gebrand, waar hy vleis gaargemaak en oornag het, maar hy is nooit deur die polisie daar vasgetrek nie.

Die verhale oor hierdie legendariese skaapslagter met sy blikkitaar het danksy Boerneef en die toegewyde navorsing van Joe Dauth bewaar gebly.

Twee Lewens - 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback): Elise Bishop Twee Lewens - 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback)
Elise Bishop
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 4 - 8 working days

Hoe weet ’n klein seuntjie van skaars drie jaar oud dat hy in die verkeerde liggaam gebore is?

Wat ervaar daardie seuntjie in die eerste twee dekades van sy lewe dat hy so oortuig raak van wie en wat hy moet wees, dat hy die lang pad van geslagshertoewysing aanpak sodat hy sy droombestaan kan voer in die liggaam waarvoor hy gebore is?

Min het Pierre van der Merwe daardie tyd geweet wat Elise van der Merwe alles in haar nuwe bestaan sal ontdek en ervaar.

’n Hartstogtelik eerlike en roerende verhaal wat ook baie sal beteken vir mense wat met hierdie dilemma gebore is.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Van Tweeling Tot Trafalgar Square - 'n…
Portchie Paperback R310 R117 Discovery Miles 1 170
Christo Wiese - Risiko en Rykdom
T J Strydom Paperback R395 R370 Discovery Miles 3 700
My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog
Hykie Berg Paperback  (1)
R285 R267 Discovery Miles 2 670
Hierdie Land - Daar Is Iets Aan…
Various Paperback R307 Discovery Miles 3 070
Bloedbroers - Na die slagveld van…
Deon Lamprecht Paperback R290 R259 Discovery Miles 2 590
Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense
Richard Steyn Paperback  (1)
R649 Discovery Miles 6 490
Hartebreker - Christiaan Barnard En Die…
James Styan Paperback  (4)
R328 Discovery Miles 3 280
Bloed, Dunner as Water - Suid-Afrika se…
Charne Kemp Paperback R350 R328 Discovery Miles 3 280
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (3)
R396 Discovery Miles 3 960
Onder 'n Bloedrooi Hemel - Liefde En…
Annemarie van Niekerk Paperback R390 R366 Discovery Miles 3 660

 

Partners