![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
Tippie is now available in isiZulu!
Hierdie heerlike boek bestaan uit drie titels: Projek Paddaprins, Projek Boontjierank en Projek Doringrosie. Al drie is nou saamgebundel vir meer genot en groter waarde vir geld. Angelette, Soekie en Toni is soort van maats. Hulle is nie, soos die meeste maats, saam op skool nie. Hulle bly nie eers in dieselfde buurt nie. Hulle is maats omdat hulle winkelkinders is. Hulle ouers het winkels in die winkelkompleks, Ninapark. Daar, in Ninapark, vind allerlei avonture plaas en enige een wat al ooit sprokiesverhale gelees het, sal besef: Elke avontuur klink amper soos ‘n sprokie! Meisies en seuns is die hoofkarakters. Dit beteken dat ʼn groot aantal lesers met Angelette, Soekie en Toni kan identifiseer.
Opwindende eksperimente wat jy buite kan doen! Hierdie prettige, feitebelaaide boek is propvol ongelooflike buitelug-eksperimente wat ontluikende jong wetenskaplikes help om hul omgewing te verken. Gebruik huishoudelike items en maak 'n watervuurpyl wat in die lug opskiet om jou meer van lugdruk te leer, of blaas reusagtige borrels om te wys hoe oppervlakspanning werk. Maak 'n wurmplasie en kyk hoe wurms in die grond ronddolwe, of bou 'n vlier en ontdek die sleutel tot arodinamika. Met fantastiese foto's, duidelike stap vir stap illustrasies, en gedetailleerde instruksies sal jong slimkoppe sommer uit die staanspoor nie kan wag om weg te spring met die eksperimente nie. Elke aktiwiteit bevat 'n duidelike Hoe werk dit?-verduideliking, wat die fassinerende wetenskap agter die eksperiment verduidelik, asook voorbeelde uit die regte lewe gee om alledaagse wetenskaplike beginsels in aksie te sien. Hierdie boek is propvol opwindende projekte wat jong wetenskaplikes en buitelug-entoesiaste sal inspireer en hulle die buitelewe laat verken sodat hulle hul wreld beter kan leer verstaan. Dit is 'n moet-h-boek vir elke jong wetenskaplike wat nuuskierig is oor die wreld.
Tippie is now available in isiZulu!
Tippie is now available in isiZulu!
Tippie is now available in isiZulu!
Dianne Stewart is a tireless collector of tales and these 27 stories come from all over Africa and are retold in light fashion which retains the African quality. This is added to in the “Additional Facts for Birders” boxes which include African proverbs. Richard Mackintosh has had great fun with the pictures, entering into the spirit of storytelling rather than just providing pictures of different birds. A pleasure to read aloud, with lilt and style.
Sensitiewe en vriendelike gids vir grootword. Vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir seuns wat puberteit nader. Hierdie boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag h oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag benvloed. Onderwerpe sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Groei en groei; ʼn Dieper stem; Verpestelike puisies; Hare net waar jy kyk; Jou eerste skeer; ’n Sweterige storie; Daar onder; Nog veranderinge daar onder; Nuwe gevoelens; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; ’n Goeie selfbeeld; Buierigheid; Beheer jou buie; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir meisies; Meisies het ook probleme.
Each story is unique, interesting and the text is always supported by
colourful, engaging illustrations that will aid comprehension.
Dit is tyd om jou binne-leeu te ontdek. Die wreld het verander. Dit is warm en dit het jare laas geren. Die bome is weg. Al die ys het gesmelt. Sedert Feliks se mense sonder hom weggetrek het, bly hy alleen op 'n strand, met net 'n lafhartige leeu, 'n veglustige seemeeu en 'n trop lastige bobbejane as geselskap. Maar op 'n dag is daar seilskepe op die horison. Aan boord is die bevelvoerder, kaptein Blou, en haar vreesaanjaende bemanning. Hulle is ysbere wat die wreld vol swerf op soek na die laaste oorblywende ys. Toe die bere voet aan wal sit, is hulle eers vasbeslote om Feliks op te vreet. Maar die ysbeer-kaptein is seker sy ruik iets geheimsinnigs in sy bloed. Sy glo Feliks kan hulle gaan wys waar die laaste ys is! Wat volg is 'n swerftog die onbekende in, om ys iewers in die berge te gaan soek. En terwyl Feliks die ysbere aanvanklik op 'n dwaalspoor lei, begin hy stadig maar seker besef hul reis kan dalk die wreld verander … as hy die bere kan oortuig van sy droom oor die Groot Koelte. Hierdie meesleurende fantasieverhaal is meesterverteller Leon de Villiers op sy allerbeste. Dit is 'n aksiebelaaide storie wat knetter met vonke van humor, kraakvars taal, kreatiwiteit, deernis, hoop - en 'n onblusbare liefde vir die natuur.
Superjoernalis Sanri Steyn skrik nie vir ’n geraamte nie … Sanri droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees … Superjoernalis Sanri Steyn. Daar is ’n nuwe seun in Sanri en Markus se klas, en hy het ’n buikspraakpop wat soos ’n geraamte lyk. Maar is Bennie Bene regtig net ’n pop, en is Jamahl werklik s ’n goeie buikspreker? Sanri is nie so seker daarvan nie. Toe Bennie Bene een aand verdwyn, help Sanri en Markus vir Jamahl om na hom te soek. Wat ondek hulle op Raaiselfontein se ou treinstasie en sal hulle dit kan regkry om vir Bennie te vind?
Niemand mag haar sien sonder haar mantel nie.
'n Dag saam met die dolfyne op Duinebaai! Jana en Alisha is beste vakansiemaats en groot opwinding heers in Duinebaai - 'n nuwe glyplank is by die swembad opgerig! Jana, Alisha, Tiaan en Rudie is gretig om by die nuwe glyplank af te gly. Ongelukkig vir die maats is die res van Duinebaai ook opgewonde oor die glyplank en is dit stampvol by die swembad. Jana, haar ma en Alisha besluit om eerder roomys te gaan eet en daarna in die see te swem. Asof in 'n droom, swem en speel dolfyne saam met hulle. Dit is beslis die beste dag it! Hierdie is 'n reeks vir meisies, met 'n sterk fokus op humor, vriendskap, vakansiepret en avontuur.
Welkom op ’n planeet propvol pret! Jaco Jacobs se planeet is ’n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar ENIGE iets kan gebeur. Daar kan wurms met tamatiesous op jou spyskaart wees … of ’n walvis kan in jou sop beland. Jy kan uitvind hoe ’n skoonheidskompetisie vir monsters werk … of die waarheid oor haaie uitvind. Jy kan ontdek jou boetie is ’n ruimtewese … jou troetel-dinosourus saam skool toe vat .. of ’n luislang kan jou ouma insluk! Daar is deesdae byna nie ’n eisteddfod, kunswedstryd of klaskamer in die land waar Jaco Jacobs se skreeusnaakse, lawwe rympies nie gehoor word nie. Sedert die verskyning van sy eerste rympieboek, Wurms met tamatiesous, in 2005 het ’n hele rits rympies uit sy pen gevloei. Hierdie reuse-rympieboek bevat van die gewildste verse uit Jaco se bundels wat oor die jare verskyn het, insluitende: * Wurms met tamatiesous (Alba Bouwerprys, C.P. Hoogenhoutmedalje) * ’n Brulpadda in my tas * My boetie dink hy’s Batman * Kougom in my hare * Op die punt van my tong: 80 tawwe tongknopers En daar is ook ’n paar SPLINTERNUWE rympies as bonus!
'n Betowerende, sprokiesagtige verhaal deur meesterstorieverteller Sally Gardner Betsie se lewe is fantasties. Haar pa is 'n roomysmaker en maak die lekkerste roomys op aarde in elke geur waaraan jy kan dink. Haar ma is 'n meermin wat in die see bly en gereeld kom kuier. Maar Betsie het twee drome: Sy wens dat Meneer Tier se sirkus haar eiland sal kom besoek en sy droom oor roomys wat van towerbessies gemaak word en wat drome laat waar word … En dan daag Meneer Tier en sy Goebelgop sirkusakrobate op, en saam met 'n padda onder 'n towerspel, 'n eensame reus en Mamma en Pappa vertrek hulle op 'n sprokiesagtige avontuur: om die maan blou te kleur en towerbessies te soek. As hulle dit kan regkry, kan hulle 'n baie belangrike wens laat waar word … 'n Fabelagtige verhaal deur meesterstorieverteller Sally Gardner en pragtig gellustreer deur Nick Maland se gedetailleerde prente. Gardner se verbeeldingryke beelde en liefde vir woorde vul elke bladsy met eksentrieke karakters, towerkrag en dapperheid - alles waarvoor 'n verbeeldingryke kind kan wens.
Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons
elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart
metaalhuls van die geweer l, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net
nie toe al besef nie.
Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen? Dit is die vraag wat Werner, TC en
Einstein hulself afvra een pouse. Soos die meeste graad 9 seuns, droom
hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die grap besluit die
drie seuns om regtig elkeen 'n LOTTO-kaartjie te koop. Hulle vat vir
Oupa Ig (Werner se oupa wat Alzheimers het) om €œroomys€ te koop, en
sonder dat hy besef wat aangaan speel hulle die LOTTO. Dan gebeur die
onverwagte: hulle wen wraggies meer as R3 miljoen! Werner voel baie
skuldig oor hoe hulle sy siek oupa misbruik het, en hulle besluit om
nie die geld te eis nie ... maar dan verloor Werner se ma haar werk.
Oupa Ig se gesondheid begin agteruitgaan, en Werner is baie bang sy ma
trou met die nare oom Daan. Nou begin die groot uitdaging: sy ma glo
dobbel is doodsonde, so hoe op aarde gaan hulle die geld by haar
uitkry? JEUGROMANKOMPETISIE 2019: BESTE DEBUUT.
Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Rufus (eintlik Ruth) en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af. Voordat Rufus en haar gesin die land verlaat besluit hulle om vir oulaas ’n baie belangrike eerste saam te beleef. Sal hulle die plan kan deurvoer?
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Wat is rooi, stroopsoet en gevaarlik? Aarbei-en-skerpioenkonfyt. Hoekom ry die ryk blondine 'n BMW? Dit is al wat sy kan spel. Hoekom het gorillas groot neusgate? Want hulle vingers is so groot. 'n Bielie van 'n lekker lawwe lagboek met grappies van A tot Z en supersnaakse SMS'e.
Neem groot tre met alledaagse dinge in hierdie prettige reeks vir kleuters! Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op 'n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes! Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met 'n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is. Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks: Ek wil nie slaap nie Gaan saam met Ned deur sy slaaptydsroetine, al is hy glad nie slaperig nie. Hy en Mamma bre saam sy speelgoed, bad, lees 'n storie en sing 'n liedjie! Klaar met doeke Hierdie twee kleuters is klaar met doeke! Beleef die proses saam met hulle. Ek gaan kleuterskool toe Bennie is baie hartseer toe Pappa hom by die kleuterskool aflaai - maar kort voor lank is hy besig om maatjies te maak en allerhande dinge te doen! Voor hy sy o kan uitvee is Pappa al terug. Ons kry 'n baba Nancy kry 'n bababoetie! Oupa en Ouma kom bly by haar terwyl Mamma en Pappa hospitaal toe gaan. Verwelkom saam met Nancy die splinternuwe baba in die familie! Ons gaan dokter toe Billy en Nell is op pad dokter toe. Lees saam hoe hulle ondersoek word en elkeen 'n inspuiting kry! Kan jy asseblief s? Tom en Nancy speel te lekker saam, en leer hoe om te deel en goeie maniere te h.
This book is a commemoration of our mothers’ hearty culinary skills.
Each dish has been tried and tested over many moons and lovingly passed
down from one generation of caregivers to another.
Jacomien is moeg vir haar man. Haar lewe lank wag sy op eendag om gelukkig te wees net om te besef dat eendag nie meer op haar wag nie. Eendag is hier - eendag is nou. Eendag is nou.
Each story is unique, interesting and the text is always supported by
colourful, engaging illustrations that will aid comprehension.
Leer hoe om ’n ruimtevaarder, wetenskaplike, dokter of ingenieur te word in hierdie opwindende nuwe reeks! Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van hierdie verskillende beroepsmense, sal hierdie boeke jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wreld te ontdek, mense se lewens te red en geboue en masjiene te bou. Eenvoudige aktiwiteite help kinders om hul vaardighede op ’n prettige wyse te toets en die inligting wat hul geleer het te versterk. Kan die kind ’n ruimtetuig herstel, ’n chemiese reaksie veroorsaak, die perfekte verband draai of ’n wolkekrabber bou? Loer binne-in een van hierdie interaktiewe boeke en vind uit hoe! Ruimtevaarder in opleiding leer die jong leser alles oor die ruimte, sterrekunde en die lewe aan boord die Internasionale Ruimtestasie. Wetenskaplike in opleiding leer kinders oor basiese chemie, biologie en fisika. Dokter in opleiding vertel die leser hoe dokters, verpleegsters en paramedici lewens red. Ingenieur in opleiding wys jong kinders hoe ingenieurs wiskunde en wetenskap gebruik om die geboue en masjiene te bou wat ons elke dag sien. |
You may like...
Theory and Research in Behavioral…
H.E. Fitzgerald, B.M. Lester, …
Hardcover
R2,804
Discovery Miles 28 040
Protecting Psychiatric Patients and…
Barbara Olevitch
Hardcover
Introduction To Psychological Assessment…
Cheryl Foxcroft, Francois de Kock
Paperback
R610
Discovery Miles 6 100
Groups - Process and Practice
Marianne Corey, Gerald Corey, …
Hardcover
(2)
The Importance of Psychological Traits…
John E. Williams, Robert C. Satterwhite, …
Hardcover
R2,761
Discovery Miles 27 610
Psychoanalytic Understanding of Violence…
Rosine Jozef Perelberg
Paperback
R1,293
Discovery Miles 12 930
|