![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
Kintsugi is die Japanese kunstegniek om ’n gebroke keramiekvoorwerp met
goud te herstel. Die tegniek maak ’n voorwerp mooier en meer kosbaar as
wat dit in ’n ongebroke toestand was. Met die regte ingrype kan
gebrokenheid waarde en skoonheid ontsluit. Hierdie idee is die draad
wat deur di boek loop.
Mia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie. Haar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, se nie eers More, klas soos die ander onderwysers nie. Hy se net: Vandag maak ek Maalvleis van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie! Maar wat meneer Vermaak nie weet nie, is dat Mia besig is om 'n boek oor hipnose te lees... En dat sy selfs onbeskofte wiskunde-onderwysers allerhande toertjies kan laat doen!
Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat
voorl. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel:
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
’n Nuwe baba in die familie is altyd ’n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat gevier moet word. Feesvierings kan egter ’n duur spulletjie word, veral as dit by gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien. In Koeke vir babas wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie ’n onbegonne taak hoef te wees nie. Sy verduidelik hoe om versiersel te kleur, ganache te maak, koeklae egalig deur te sny en verskeie lae op mekaar te stapel sonder dat dit omval. Kaalkoeke (naked cakes) en ombrkoeke word selfs vir die mees onervare bakster maklik gemaak. Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje- en sjokoladekoek, die immergewilde rooifluweel- en wortelkoek, geurige lemoen- en pynappelkoek, tot smullekker klam Hummingbird-koek. Verskeie versiersels en strope is ook ingesluit. Met behulp van hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir die bekendstelling van die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke (smash cakes) vir die belangrike klein mensie. Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self.
Zinzi en haar kat, Saffraan, red 'n magdom magiese kreature! Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir 'n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers 'n kat vir goeie raad nodig! Drake en malvalekkers In die eerste boek van di reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help? Monsters en muf Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinzi en Saffraan se hande is vol met 'n huilende monster terwyl hulle ook aan 'n goeie oplossing vir sy probleem probeer dink. Meerperdjies en borrels In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help. Katjievlinders en ys 'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel. Paddas en plante In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is. Towerponies en kieme In die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.
Zia se pa se werk is om pizza af te lewer. Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Maar as ’n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet … en baie vreemde dinge kan gebeur!
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Kulula kakhulu ukufunda noTippie indlovu. Funda ukufunda noTippie
indlovu. Inqanaba Rziincwadi zokufunda eziveliswe ngokuzingca kweli
loMzantsi Africa ukuphuhlisa nokuxhasa izakhono zelitherasi kubadfundi
abasaqalayo. Ifundisa abafundi abasaqalayo ukuqwalasela amagama
asetyenziswa rhoqo ngokusebenzisa imibala enomtsalane kunye
nemifanekiso, ikwasebenzisa amabali emihla ngemihla atsala umdla.
UFunda ukufunda unoluhlu lokuphinda-phinda nenkqubela ecacileyo, eme
kwimigqaliselo yokuphuhlisa ulwimi.
Vir sjef Tiaan Langenegger was dit sedert sy kinderjare ’n droom om sy eie kookboek te h. Vandat hy op dertienjarige ouderdom Jamie Oliver se eerste kookboek, The Naked Chef, gesien het, het hy geweet dit is wat hy ook wil doen – hy wil met kos werk en ’n “seleb” wees – dis nou voordat hy besef het wat laasgenoemde regtig behels! Na aanleiding van Tiaan se kookprogramme Tiaan onthou, Tiaan kook en Tiaan proe op kykNET en Showmax het hy baie navrae van kykers gekry oor waar hulle die resepte kan kry, en s is die idee vir sy eie kookboek gebore. Dit is genspireer deur sy ma en ouma se kos, en dis baie anders as wat hy jare gelede gedink het dit sou wees: Dit is meer “back to basics”. Hy deel ook resepte wat hy deur die jare geleer maak het waar hy in verskillende bekende restaurante gewerk het, waaronder Le Quartier Franais op Franschhoek en Overture op Stellenbosch.
Hy’s rof en onbeskof ... en hy is Zander se persoonlike lyfwag! Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in ’n kompetisie wen: ’n regte egte ... ROFSTOEIER! Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie ’n nek nie. Maar hy het spiere. Sy spiere het spiere. Sy spiere se spiere het spiere. Bo-op al daardie spiere het hy ’n tatoe. En hy gaan vir ’n hele WEEK lank Zander se persoonlike lyfwag wees! Zander se tweelingboeties dink dit is die heel beste ding wat nog OOIT met hulle gebeur het. Maar Zander is nie heeltemal seker wat op aarde hy met Max moet doen nie. Niemand anders het nog ooit ’n rofstoeier as lyfwag saamgebring skool toe nie. Miskien kan Max hom help om vir Wynand Wiese op sy plek te sit. Dalk kan hy hom in sy spesiale Soebat-en-smeek-greep beetkry en hom druk tot sy o wil uitpop. Wynand het blonde hare en blou o, en hy lyk so onskuldig soos ’n seuntjie in ’n waspoeier-advertensie. Maar hy is ’n regte boelie. Die soort wat nie eens vir ’n rofstoeier skrik nie. Ongelukkig loop dinge by die skool lelik skeef. En Max het boonop ’n geheim van sy eie ... Kom klim in die kryt saam met Max die rofstoeier vir ’n WILDE, WOESTE skaterlag-avontuur uit die pen van Jaco Jacobs!
Resepte s maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie
talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil
Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: “Wat eet ons vanaand?”
Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet. Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie. Nie een van die twee beoog weer ʼn verhouding nie, maar hulle kan ook nie die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie. Sal hulle die vele uitdagings kan oorwin en toelaat dat die liefde ou wonde genees?
Hekel 'n pad na genesing Hier is 'n hekelboek met 'n verskil. Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. Stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van 'n kind tot emosionele en fisieke mishandeling. Een-en-twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Omstandighede wat nie verander kan word nie, word deurgaans op 'n konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer en Hekel en word heel vier hierdie vroue se onblusbare gees. Die leser sal vol hoop voel n die lees van die stories. Ons het 'n motief vir elkeen van hierdie een-en-twintig vroue se storie ontwerp en dit gebruik om persoonlike en huishoudelike artikels mee te maak. Gevorderde tegnieke is deurgaans gebruik om die beste moontlike eindresultaat te verkry. Entoesiastiese beginners sal ook geskikte patrone hier vind en daar is verwysings na hulpbronne indien dit nodig sou raak. Laastens het ons helder kleure ingespan, bont genoeg om jou dag mee op te vrolik. Hierdie is 'n handwerkboek met die eienskappe van 'n selfhelpboek. Die boek bevat een-en-twintig verhale met een-en-twintig gepaardgaande projekte en patrone, wat jou kan help om enige verlies, werkverwante stres, depressie, siekte of trauma te verwerk. Dit is iets soos die hekel weergawe van 'How to make an American quilt'.
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Opwindende eksperimente wat jy buite kan doen! Hierdie prettige, feitebelaaide boek is propvol ongelooflike buitelug-eksperimente wat ontluikende jong wetenskaplikes help om hul omgewing te verken. Gebruik huishoudelike items en maak 'n watervuurpyl wat in die lug opskiet om jou meer van lugdruk te leer, of blaas reusagtige borrels om te wys hoe oppervlakspanning werk. Maak 'n wurmplasie en kyk hoe wurms in die grond ronddolwe, of bou 'n vlier en ontdek die sleutel tot arodinamika. Met fantastiese foto's, duidelike stap vir stap illustrasies, en gedetailleerde instruksies sal jong slimkoppe sommer uit die staanspoor nie kan wag om weg te spring met die eksperimente nie. Elke aktiwiteit bevat 'n duidelike Hoe werk dit?-verduideliking, wat die fassinerende wetenskap agter die eksperiment verduidelik, asook voorbeelde uit die regte lewe gee om alledaagse wetenskaplike beginsels in aksie te sien. Hierdie boek is propvol opwindende projekte wat jong wetenskaplikes en buitelug-entoesiaste sal inspireer en hulle die buitelewe laat verken sodat hulle hul wreld beter kan leer verstaan. Dit is 'n moet-h-boek vir elke jong wetenskaplike wat nuuskierig is oor die wreld.
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
'n Egte Afrika-storie van 'n jong meisie se kleurvolle bos avontuur 'n Jong meisie se doodgewone reis deur die bos word 'n verrassende avontuur … Tembi vat die pad deur die digte Afrika bos op pad na haar geliefde oupa toe. Sy het 'n tros pragtige piesangs wat sy as 'n Spesiale Geskenk vir hom wil gee. Op pad soontoe verloor sy die piesangs en sy loop allerhande stoute diere raak - 'n kameelperd, apies, selfs 'n swerm bye - wat hulle bes probeer om die piesangs met 'n Spesiale Geskenk te vervang. Maar elke keer raak die geskenk weg … Sal sy op die ou einde vir Oupa sy pragtige piesangs kan gee met die hulp van haar dierevriende? Elizabeth Laird se slim, sirkelagtige volksverhaal word pragtig aangevul deur Liz Pichon se helder illustrasies van Afrika en die kleurvolle diere wat daar bly.
In Skeef deel mediapersoonlikheid Renaldo Schwarp op sy kenmerkend spitvondige manier praktiese advies en verhale oor alle aspekte van gay-wees. Uitkom, boelies, liefdesverhoudings, skooldae, universiteitsjare, ouers, verteenwoordiging, seksualiteit, geloof - geen onderwerp is taboe nie. Schwarp fokus op die leefwreld van LGBTIQ+-Suid-Afrikaners, plaas dit in internasionale en historiese kontekste en bied 'n woordeskat. Schwarp vertel sy eie storie. Hy klop ook aan by bekendes soos Rian van Heerden, Marc Lottering, Charl-Johan Lingenfelder, Boer Damian en Joe Foster om 'n genuanseerde beeld van eietydse gay-wees te skets. In 'n onthutsend eerlike hoofstuk vertel sy ma, Verenia, van die uitdagings van gaykindgrootmaak. Die raakvatters agter die gewilde Mannetjiesvrou-podsending verwelkom jou ook in die voorkamer van die lesbir. Selfs al is dinge soms moeiliker vir LGBTIQ-mense, dra Skeef 'n boodskap van hoop oor vir gay mense, hul ouers en bondgenote. Selfaanvaarding, outentisiteit, gesonde verhoudings en geluk is gays beskore - hierdie boek vertel hoe.
50 Bybelblokkiesraaisels, woordsoeke en ander woordspeletjies en aktiwiteite vir ure se pret! Help jou kind om hul taalvermons te verbeter en terselfdertyd ook hulle Bybelkennis te toets en op te skerp met hierdie bekostigbare en prettige aktiwiteitsboek.
Dis 1933 – ses jaar voor die Tweede Wreldoorlog. Kate Woodroffe was nog die heeltyd in watte toegedraai en soos ’n porseleinpoppie opgepas totdat sy besef dat daar ’n ander wreld bestaan as die herehuis in Parktown Ridge. Haar studierigting bring haar in aanraking met die verwoestende armoede van Vrededorp, skaars tien kilometer van waar sy woon, en sy besluit om ’n verskil te maak in die stukkende wreld om haar. Maar die man wat haar pa aanstel om haar op te pas terwyl sy navorsing doen in die agterbuurte, krap haar netjiese planne deurmekaar. Want hy leer haar hart vlieg, laat ’n vreugde diep binne-in haar oopbreek. Maar hy ketting haar ook vas. “In die regte lewe is daar nie ’n ns nie, Kate …” Kate weet dit. Sy is ryk John Woodroffe se dogter, midde-in die wurgende depressie, die armblankes oral, die woedende myners diep in haar pa se goudmyne. En Bernard Neethling is ’n mynwerker. Hul wrelde is onversoenbaar. En dis ononderhandelbaar. Albei weet dit. Maar hy skulp haar toe met sy krag, sy warmte. Hy wil die Suiderkruis vir haar pluk. En dit, weet Kate, sal makliker wees as om hul liefde te laat blom.
Hierdie is nie 'n gewone A tot Z boek nie … Met elke letter van die alfabet vereer hierdie boek die bydrae van vroue tot Suid-Afrika se verlede, hede en toekoms. Met behulp van kort, maklik leesbare biografie en illustrasies, wat so helder en vol vernuf is soos die vroue wat dit uitbeeld, deel hierdie boek die lewensverhale van 26 Suid-Afrikaanse rebelle, kunstenaars, moeilikheidmakers, atlete, dansende divas en vryheidsvegters. Hierdie boek is iets van ʼn Suid-Afrikaanse weergawe van Rad American Women en Good Night Rebel Girls, maar met ʼn eie tuisgemaakte smaak van buitengewone vroue. Ambre Nicolson is ʼn skrywer en redakteur woonagtig in Kaapstad. Voor en na die verwerwing van grade in Engels en joernalistiek aan die Rhodes-universiteit, was sy ʼn skoonmaker in Londen, ʼn muurskilder in Barcelona, ʼn taalstudent in Sjanghai, ʼn boeknavorser in New York, ʼn onderwyser in Taipei en ʼn tydskrifredakteur in Kaapstad. Sy is ook ʼn redakteur van die storievertelling-publikasie, Molo.
Hierdie is ’n boeiende versameling van meer as 30 verhale van werklike honde, insluitende filmsterre met pelse, honde wat graag help, wetenskapsupersterre en oorlogshelde. Hierdie heldhaftige honde is die sterre van hulle eie stories. Lees ook oor honde wat rekords breek, honde in die letterkunde, babahonde wat roem op die internet gewerf het en nog meer … |
You may like...
Lorentzian Geometry and Related Topics…
Maria A. Canadas-Pinedo, Joseluis Flores, …
Hardcover
Recent Trends in Lorentzian Geometry
Miguel Sanchez, Miguel Ortega, …
Hardcover
Recent Advances in Global…
Shamsul Bahri Abd Razak, Tuan Zainazor Tuan Chilek, …
Hardcover
R5,327
Discovery Miles 53 270
|