0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
Status
Brand

Promotions > South African Heritage Shop > Books

Perfect (Paperback): Jaco Jacobs Perfect (Paperback)
Jaco Jacobs
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Blonde hair... Clear blue eyes... A perfect white smile... Natasja is perfect.

Jak realises this the moment that she walks in the class. But Jak is only a normal guy. How can he get the most beautiful girl in the school’s attention?

Julia, his best friend, has a plan…

Immer Wes (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Immer Wes (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R365 Discovery Miles 3 650 Ships in 5 - 7 working days

Dis met 'n skok dat sy Gustav weer sien by een van die baron se talle onthale. Die swaarkry van die oorlog het egter sy tol geeis en daar is weinig oor van die eens beeldskone en ryk vrou. Hy herken haar nie dadelik nie. Sy doen moeite om te sorg dat dit so bly, want die vernedering sal vir haar te groot wees met haar rooigeskropte hande, haar dowwe hare en haar brandmaer lyf.

Sypaadjie (Afrikaans, Paperback): Alma Rossouw Sypaadjie (Afrikaans, Paperback)
Alma Rossouw
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Romanse, maar vol millenniër-kinkels

“Drawwers is die go-getters, eintlik dink ek net hulle hardloop weg van iets. Elke oggend staan hulle op en gaan draf op die donnerse selfde sypaadjie. Die dansers, soos jy, dans deur die lewe. Hulle is met min tevrede en dan dans hulle daaroor. Die drinkers sit agteroor en lag vir die drawwers en dansers.”

“Met ander woorde sit die drinkers op die kantlyn?”

“Nee die drinkers sit in die middel van die pad en wag vir die drawwers en dansers om te besef dat almal eendag doodgaan.”

Leah het haar lus vir die lewe verloor. Sy is jonk, suksesvol en hardkoppig. Sy verlaat Johannesburg om een van haar besigheid se filiale in Kaapstad reg te ruk. Daar ontmoet sy, soos die noodlot dit wil hę, weer vir Hannah, wat 'n bietjie meer as net 'n vriendin was tydens haar universiteitsdae.

Gaan sy, Hannah, 'n veilige sypaadjie wees, of 'n glibberige, maar opwindende afdraaipad?

Sypaadjie is 'n romantiese drama met 'n interessante kinkel. Die storie word vertel uit 'n tipiese millenniër se oogpunt, daar is baie vrae oor die liefde, romanse en seksuele oriëntasie. Soms is die karakters effens konserwatief en naďef, maar nooit vervelig nie. Leah worstel met vrae wat baie jong meisies deesdae mee sukkel, veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse meisies. Hoe vind ek 'n balans tussen liefde en 'n loopbaan? Is dit nog die moeite werd om jou hart op die spel te plaas? Die storie herinner aan Annie on my mind deur Nancy Garden en South of Sunshine deur Dana Elmendorf.

Stil Vloei die Komati (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Stil Vloei die Komati (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Fratskoeël het hulle dit genoem. Die een wat hulle nefie, Jaco, in die voorkop net bo sy oog getref het. Sy ouers het die drie niggies vir sy dood verantwoordelik gehou.

Jare later word Lenore se hulp ingeroep om die renosterkalfie by Bateleur te help versorg. Haar droom is om ’n toevlugsentrum vir diereslagoffers van wildmisdaad te stig. Tarien droom daarvan om ’n skuilhuis vir die slagoffers van mensehandel teen die grens te vestig. Maar nou is sy al hoe minder oortuig sy is waar sy moet wees. Bella dra ontwerperspakkies. Hofsaak ná hofsaak maak sy seker die waarheid seëvier. En nou is hulle deur Tjaart, wildboer en een van die rykste suikerrietboere duskant Komatipoort, bymekaar gebring om die bande te knip of bevestig.

Die Lang Papawer (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Die Lang Papawer (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe vind?

Libbi de Lange is die langste meisie in die kontrei. In die hele wye węreld, of so voel dit vir haar. Die lewe werk rof met iemand wat nie by die gewone inpas nie; die neiging is mos oral om die kop af te kap van ’n papawer wat aanhou uitstyg. As jy dan nog die dogter is van ’n pastoor van ’n volksvreemde kerk in die Knysnabosse, is die verleentheid groot en die hoop min.

Die nuwe millennium is op pad, die vrees vir die Y2K-virus ’n werklikheid. Libbi moet trou, en gou ook sodat sy die gespot oor haar van kan agterlaat. Nogal moeilik as jou dansmaat se kop deur jou boobs verswelg word.

Dis Flooze, haar kamermaat op universiteit, wat Libbi leer om haar eie identiteit te omarm en uitdagend anders te wees, om uit die soetkoekblik te klim. Die verlange na liefde bly egter knaag, die honger van die lyf ook. Toe word sy maar mevrou Libbi Landman – en sit steeds met ’n honger vir 51% meer as wat sy gekry het. Boonop vergemaklik haar vriend Beer se huiwering op haar drumpel glad nie sake nie.

Tydens Covid kry die komplikasies rondom haar liewe, halfheilige pa, Beer en haar gesin net kleintjies. Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?

Leer my lees (V1 Grootboek 3): Tippie se jas (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Leer my lees (V1 Grootboek 3): Tippie se jas (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!

Hierdie vrolik geĂŻllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan drieletterwoorde bekend. Elke boek in die reeks bevat:

• 'n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; • helder, kindervriendelik illustrasies; • 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk.

Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lę.

Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Hierdie grootboeke is onderwysersgidse met ekstra klaskamerhulpmiddels vir groeplees en aktiewe deelname.

Tippie: leer my lees (Vlak 1) 8: Tippie en die by (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Tippie: leer my lees (Vlak 1) 8: Tippie en die by (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geĂŻllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lę. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

101 Pouse Grappe (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs 101 Pouse Grappe (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret!

Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lę van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en ’n hele klomp grappe wat sommer net heeltemal verspot is!

Wat is geel en rond en jaag bo-oor ’n rooi lig?

’n Suurlemoen sonder brieke

Wat is die beste manier om ’n apie te vang?

Klim in ’n boom en maak ’n geluid soos ’n piesang.

Wat kan erdvarke kry wat geen ander dier op aarde kan kry nie?

Baba-erdvarkies

Wat is geel en het vier wiele?

’n Piesang. Jammer, ek het gejok oor die wiele.

Klop-klop.

Wie’s daar?

’n Bazoeka.

’n Bazoeka wie?

’n Bazoeka uit die buitenste ruimte!

Daar is vier lekkerlag-titels in die reeks:

- 101 Diere-grappe

- 101 Klop-klop-grappe

- 101 Lawwe-grappe

- 101 Pouse-grappe

Leer My Lees Met Tippie die Olifant Vlak 4 Boekstel: Leer My Lees Reeks (Afrikaans, Hardcover): Jose Palmer, Reinette Lombard Leer My Lees Met Tippie die Olifant Vlak 4 Boekstel: Leer My Lees Reeks (Afrikaans, Hardcover)
Jose Palmer, Reinette Lombard
R490 R459 Discovery Miles 4 590 Save R31 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Plek Van Poue (Afrikaans, Paperback): Henriette Linde-Loubser Plek Van Poue (Afrikaans, Paperback)
Henriette Linde-Loubser
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Stela word aangestel om ’n moeilike tiener tuis te onderrig. Maar Pavo (oftewel, die plek van poue) is nie ’n doodgewone plaas nie. In die plek van ’n plaashuis vind Stela ’n stokou kasteel. Met ’n dwerg as butler, ’n preutse huishoudster wat aandring daarop om almal “Master” en “Juffrou” te noem, ’n Sjinese kok en ’n meester wat van bui verwissel soos die weer, kriewel haar ruggraat.

Boonop hang die kasteel vol skilderye van die vorige mistress wat selfmoord gepleeg het. Stela word toenemend geteister deur nagmerries en die gevoel dat sy dopgehou word. Sy word gewaarsku teen spoke en vermoed iemand krap in haar kamer waar sy gereeld pouvere kry. Loop haar verbeelding met haar weg, of moet sy ag slaan op waarskuwings oor Pavo en sy mense?

Plek van poue is ’n gotiese roman in die tradisie van Victoria Holt.

Tamara (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Tamara (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul 1
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Davelvroue bestaan uit sewe boeke: Tamara, Willemien, Annabella, Deborah en Isabelle, Maryn en Fleur. Die reeks, wat in 2006 verskyn het, word nou heruitgegee op aandrag van lesers. Benewens die kwessie van vroue se bemagtiging, spreek Die Davelvroue ook eg Suid-Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse geskiedkundige kwessies op subtiele wyse aan, alhoewel die genre steeds fokus op vroue se belewing van die liefde.

Tamara (1899 – 1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in dié boek is: Wat gebeur as twee mense grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek?

Die Verdwyning Van Seamus Smit (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Verdwyning Van Seamus Smit (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Seamus wakker word, is sy bene weg. Hulle het net verdwyn.

Hy kan nie vir sy ma daarvan sę nie, want sy sal heeltemal uitfreak en sy het vandag ‘n belangrike onderhoud. Hy wens hy het geweet wat om te doen. Is dit ’‘n siekte? Is hy besig om dood te gaan? Moet hy die ambulans bel of is dit normaal? Dalk is dit niks om oor te stres nie. Dalk gebeur dit met alle kinders as hulle dertien is en praat met niemand daaroor nie.

Dan begin die res van sy lyf te verdwyn.

Hy besef hy het probleme. Groot probleme. En daar begin die vreemdste dag van sy lewe .....

'n Man Vir Altyd (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete 'n Man Vir Altyd (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie is ’n omnibus bestaande uit drie van Marile Cloete se vorige Romanzas Man van min woorde, Man met ’n missie en Man van sy woord. Man van min woorde: Hy kan toor met honde en rekenaars, maar as dit by praat kom, verdamp Henri van der Merwe se woorde. Francesca is vasbeslote om deur die swygsaamheid te breek. Sy begeer een van die Duitse herdershonde wat hy teel, maar sy toets vir eienaarskap dop sy soos ’n klip. En haar selfbeeld is hoeka bitter broos na die Siebert-episode. Bowendien word haar frustrasie by die dag groter – as sy en haar galery-huis vol kunswerke nie goed genoeg is vir sy honde nie, sal sy in der ewigheid nie goed genoeg wees vir hul baas nie. Want helaas, sy begeer die swygsame Henri mettertyd baie, baie meer as sy lieflike honde. Man met ’n missie: Hy gaan haar nader trek, syne maak. Suutjies, sonder dat sy dit weet. Maar Lukas Bezuidenhout is ’n haastige man, geduld moet hy nog aanleer. Dis gewoonlik hy wat vir meisies weghol, maar die keer het hy sy moses teegekom. ’n Harder hardekwas as Mignon Grobbelaar kry jy nie. En tog, agter haar hardekwas-houding kruip ’n bang meisie weg, ’n kind-vrou met heeltemal te veel seer en bagasie. Daarom, weet Lukas, moet hy geduldig wees. Hy wil haar beskerm, laat veilig voel. Sy moet weet sy is as mens die moeite werd. En hy moet, nee, sal leer vasbyt; en hy wat lawwe Loekie Bezuidenhout is, kan leer om te wag. Man van sy woord: ’n Ouer en ryper Lourens – maar nog net so dodelik aantreklik soos lank gelede – is na twintig jaar onverwags terug en haar kind se gradeplegtigheid word vir Bianca ’n nagmerrie. Alles het mos verander en daar is nie meer vir hom ’n plek in haar lewe nie – of bluf sy haarself? Lourens is nie meer die impulsiewe jongman wat Bianca so hartstogtelik liefgekry het nie, en sy het ook met die jare ryper en meer volwasse geword. Dis net die onblusbare vonk tussen hulle en die honger na mekaar wat onveranderd gebly het ... Het daar te veel water in die see geloop of gaan hulle waag om hulle liefde weer ’n kans gee?

Ware Noord (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Ware Noord (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd ’n meisie aan die arm. Die lewe is ’n lied. Tot daardie dag toe sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is ’n intense skuldgevoel en woede.

Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede.

Tog: Drie jaar later speel hy vir die Springbokke.

Wanneer hy op die krukkelys beland weens ’n besering, vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van ’n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. Evan weet ook: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie.

Die ware gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes het die skrywer geďnspireer om hierdie verhaal te skryf, die boek ondersoek Christenskap en liefde tussen jong mense.

Die Goeie Suster (Afrikaans, Paperback): Henda Olivier Die Goeie Suster (Afrikaans, Paperback)
Henda Olivier
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die geheim van ʼn goeie leuen is om altyd bietjie waarheid by te voeg ...

Mila Berg is seker van een ding: Sy en Markus hoort saam. Vandat sy hom die eerste keer gesien het, was haar hart syne. Die feit dat hy ʼn vrou en kinders het maak geen verskil nie, want Mila het ʼn plan. Sodra sy haar regmatige plek in sy gesin inneem sal die verlede nie meer saak maak nie.

Haar streng pa se frons sal nie meer rillings teen haar ruggraat afstuur nie. Haar ma sal haar weer in die oë kan kyk. Die liters bloed op die kombuisvloer sal skoongewas word. Hulle almal sal haar sien, raaksien vir meer as die goeie suster. Mila se werklike lewe is binne haar bereik. Al wat sy moet doen is kophou.

Tyd Om Te Skaats (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Tyd Om Te Skaats (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hannah is vasgekeer.

Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die węreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg.

Tot Lua onverwags ʼn paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word.

Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries?

Sy kies! Sy kyk video’s oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere.

Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!

My Naam Is Legio (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust My Naam Is Legio (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Madelein Rust se sewende misdaadroman veg ’n forensiese sielkundige teen ’n demoon-uitdrywer maar ook teen haar eie demone. Sy word van ’n las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.

Pumpkin Finds Her Queen (Paperback): Bianca Flanders Pumpkin Finds Her Queen (Paperback)
Bianca Flanders
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pumpkin Pie has a secret … She doesn’t like her hair at all! Her wild locks just won’t be tamed. She can’t hide her curly hair away either. Why can’t her hair just look like all her friends’ hair? But she soon discovers that her curly hair makes her unique … A touching story about finding what makes you special … The book ties in with important debates surrounding the styling of natural hair. The representation of girls in books is very important, and this book shows a girl as the main character.

Klaskamer (Afrikaans, Paperback): Vita du Preez Klaskamer (Afrikaans, Paperback)
Vita du Preez
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Waar die juffer toe gedissiplineer moet word

Vita du Preez was nog nooit skaam om haar heldinne in die bed te druk met ’n mooi man nie. Dink maar aan die openingstoneel van Solitaire waar Donna langs die bloedjong surfer wakker word!

In Klaskamer haal Vita die sweep uit, klits die boeie om sekere mense se polse en gee aan dissipline ’n totaal ander betekenis.

Emma Louw kry die geleentheid om as kinderoppasser op 'n Karooplaas te gaan werk vir Daniel Swart. Sy is pas uit ’n langtermynverhouding en is lus vir ’n nuwe uitdaging.

Sy raak gou lief vir die seuntjie, en is ook nie onaangeraak deur Daniel se teenwoordigheid nie.

Alles maak egter nie vir haar sin nie. Steek sy dalk haar kop in 'n byekorf? Hoekom is Daniel so geheimsinnig oor sy verlede en oor die letsel op sy bors? Waar pas die impulsiewe Sally, Daniel se eksvrou in die prentjie? Dan praat ons nie eers oor Irma Rothman nie. Sy is immers Daniel se destydse onderwyseres op skool ..

Op 'n dag, kom Emma op 'n geheime kamer af. Dinge oor die geheimsinnige Daniel begin vir Emma duideliker word. Sal sy die binnekant van die klaskamer aandurf? Indien wel, sal sy lewendig anderkant uitkom?

Vita du Preez skryf skaamteloos oor die liefde. Sy hou van heldinne wat hulle seksualiteit uitleef. Hierdie boek is egter stomender as ooit te vore.

Ayen's First Day (Paperback): Nancy Gaylard Ayen's First Day (Paperback)
Nancy Gaylard; Illustrated by Thuto Mvulane
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

The first day at a new school is always challenging - but even more so when you’re Deaf. Ayen’s first day starts out well - her new teacher knows Sign Language and some of the children are very friendly. But then things start to go very wrong: some other kids start teasing and bullying Ayen and the school really isn’t equipped to be Deaf friendly or accessible. Will Ayen be able to face all the challenges that come with being different?

Zackie Mostert: Omnibus 2 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert: Omnibus 2 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus!

Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad!

Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of 'n klomp meisies baie, baie vies maak - waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwęreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!

Kort op die hakke van die eerste omnibus, verskyn nog vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

6. Zackie Mostert druk 'n drie

7. Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante

8. Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies

9. Zackie Mostert en die meisiemoles

10. Zackie Mostert en die baie beroemde hond

Maryn (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Maryn (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maryn (1933, Tamara se jongste dogter) is 'n oujongnooi en nie veel meer as 'n konfytkokertjie in die oë van die eienaar van die laventelplaas La Lavende nie.

Maar sy moet help om Bergendal vir die Davels te red en uit die kloue te hou van die einste laventelman wat agter hulle lemoenboorde se bloeisels aan is - selfs al is hy die man wat haar wat haar bedwelm met sy kerslelie oë.

Justin Fortuin, Seerower (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Justin Fortuin, Seerower (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is ’n reënerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel? Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime. Hulle kom ook op ’n ou seilskip af wat geanker is in ’n versteekte baai. Wat het dit met die kok Nicolas te doen? Is Nicolas dalk ’n seerower? Wie is Jessie, wat in die agterste kajuit van die skip aangehou word? En wie is die ware erfgenaam van Kaptein Verwoes se skat?

My ouma is 'n Rock-ster - Leesgids (Afrikaans, Paperback): Liesl Janse van Rensburg My ouma is 'n Rock-ster - Leesgids (Afrikaans, Paperback)
Liesl Janse van Rensburg
R100 R94 Discovery Miles 940 Save R6 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Wiskunde gee my maagpyn (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Jaco Jacobs Wiskunde gee my maagpyn (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Jaco Jacobs
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Mia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie. Haar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, se nie eers “More, klas” soos die ander onderwysers nie. Hy se net: “Vandag maak ek Maalvleis van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie!” Maar wat meneer Vermaak nie weet nie, is dat Mia besig is om 'n boek oor hipnose te lees... En dat sy selfs onbeskofte wiskunde-onderwysers allerhande toertjies kan laat doen!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe
Betsie Vos Paperback R120 Discovery Miles 1 200
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Selfies, Sexts And Smartphones - A…
Emma Sadleir Paperback R283 Discovery Miles 2 830
The Afrikaans Handbook and Study Guide…
Beryl Lutrin Paperback R370 R156 Discovery Miles 1 560
Junior Tweetalige Skoolwoordeboek…
Paperback R195 R174 Discovery Miles 1 740
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Lekkerlag Pretboek
De Wet Hugo Paperback R185 R165 Discovery Miles 1 650
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
The English Handbook and Study Guide - A…
Beryl Lutrin Paperback  (1)
R370 R320 Discovery Miles 3 200

 

Partners