![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met €œvoltooi die sinne€ gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te l. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld €“ dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!
Een moord in die familie is erg genoeg, maar twee in een week raak bisar. Soos Kain en Abel het Bart en Jakes Brink nie liefde vir mekaar nie. Bart is talentvol, aantreklik, sportief en populr. Maar hy is inherent sleg, ʼn opperste skelm met geen genade vir sy medemens nie. Jakes is onaantreklik, vol skete en kwale, sonder uitstaande talente, behalwe dat hy ’n finansile sukses van sy lewe gemaak het. Jakes is nie verbaas wanneer Bart een aand brutaal vermoor word nie, want hy het baie vyande gehad. Tog is die familie geskok om te hoor dat die speurders vermoed die moordenaar is een van hulle. Die tweede moord enkele dae later skep selfs meer vrae. Is die moordgeen in die familielede se DNS? Of l die motief vir die moorde in ʼn familiegeheim? Die moorde is onskynlik impulsief en sonder voorbedagte rade gepleeg en die speurders sit met min leidrade. Hoe vind hulle die moordenaar tussen die drie sibbe en vier kleinkinders? Veral aangesien die forensiese bewysstukke min is en dit weke neem om te ontleed. Die twee Brink-susters lewer kommentaar op die sosiale situasie van die hede en die verlede, maar ken nie die donker geheime van die familie nie. Die kleinkinders is die volgende geslag en weer eens gaan die leser wonder watter DNS hulle gerf het.
Kom kleur saam in! Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. L op die gras, sit agterstevoor op ’n stoel, klim in die linnekas met ’n flits, of hang onderstebo in ’n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in! Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse idiome, elk met interessante feite oor diere.
Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een
lekkerlees-liefdesomnibus!
Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar
deurgesny is?
Is it a dog? A see-through Jack Russell? Like a ... ghost dog?
A practical guide to grow to greater maturity in the fruit of the Spirit. God promises in Galatians 6:9: “So let’s not get tired of doing what is good. At just the right time we will reap a harvest of blessing if we don’t give up.” Your harvest of blessings includes the fruit of the Spirit. Awaiting the Harvest is a ninety-day practical guide to grow to greater maturity in the fruit of the Spirit. The fruit of the spirit is Christ’s character shining through you. We should continuously seed all nine attributes – love, joy, peace, patience, goodness, kind-heartedness, gentleness, faithfulness, selfcontrol – and prepare our hearts for growth thereof by the Spirit. These nine attributes are discussed over ten days and includes a prayer at the end of each day to inspire you to sow, grow and finally reap when the time is right.
Luna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, ’n volbloed diepdekkingsagent, op ’n missie na Mauritius waar Mike met ’n informant kontak sal maak. Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie. Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van ’n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense ‘bevriend’. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir ’n visvang-uitstappie op ’n luuksejag. Luna het nie ’n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net ’n bietjie t gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in ’n breekspul.
Suzie is mal oor hare. Nog voordat sy kon praat, kon sy al 'n poniestert maak. Wanneer sy eendag groot is, wil sy 'n haarkapper word. Sy hou van haar pa se netjiese kuif. Sy hou daarvan om haar ma se lang hare te kam. Sy hou van haar boetie se borselkop. Sy hou van haar ouma se grys krulletjies... Maar Suzie se oupa het glad nie hare nie. Sy kop is kaal soos 'n eier. Daarom besluit Suzie om 'n plan te maak...
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers –
en nou is daar ook ’n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek
bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die
prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture
saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die
moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak
dit hope pret om te leer lees! Titels in die boekpak: 6. Z is vir
Zackie: Die tent-avontuur 7. Z is vir Zackie: Die woeste toertjie 8. Z
is vir Zackie: Die slymerige slake 9. Z is vir Zackie: Die dieretuin
10. Z is vir Zackie: Die vreemde fossiel
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Wil jy verder as sinonieme en glanspersoonlikhede dink vir jou blokraaisels? Sien jy kans om laterale denke te laat gedy? Die wonderlike woordwreld van kriptiese blokraaisels wag. ’n Kriptiese leidraad lei jou om die bos en smokkel met jou kop. Dit verg toewyding om diep in jou algemene kennis te delf en jou weg tussen versteekte woordbetekenisse te vind. Die Eerste Afrikaanse Kriptiese Blokraaiselboek bevat dertig nuwe raaisels en ’n meer uitdagende bonusraaisel. Kan jy di breinbreker oplos sonder om die oplossings te raadpleeg? Sterkte vir die reis, en onthou: ’n Toeristeskip sonder soetgoed, is duister ten opsigte van betekenis!
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik
geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke
bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort,
eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van
leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies;
'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord,
begripsvrae en 'n bladsy met €œvoltooi die sinne€ gebaseer op die
leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip
en woordeskat speel-speel by die kind vas te l. Boonop is die reeks
uitstekende waarde vir geld €“ dit is een van die mees bekostigbare
Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Wat maak ʼn ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn? Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat vlotter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte, is stuurs en stil. Erin is nie ’n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat moeilik oor haar gevoelens. Sy is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei? Wie l op loer na haar kind? As jy van moord droom voel dit dikwels asof jy in ’n parallelle werklikheid inderdaad gemoor het; jy word met ’n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is. Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn het, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug, maar hoe dring sy tot hierdie woedende vreemdeling deur? En wat sal sy doen om haar di keer te beskerm? Hier is ’n karaktergedrewe blitsblaaier vol noir en stokou raaisels.
How well do you know your prescribed novel? Do you understand the contents and structure of your novel? Are you ready to write your exams? This study work guide has been compiled to help learners understand and grasp all aspects of the novel and use of language in Tsotsi, the prescribed novel for Grade 11 English Home Language. This study work guide has been compiled to the requirements of the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) and all important aspects relating to the novel have been covered – in accessible language. Remember! This guide cannot be used on its own as it refers to the prescribed text throughout. What makes our study work guides different? This study work guide forms part of a series. As the name suggests, this is not only a guide in which the novel is discussed, but also a workbook. Learners can write the answers to the contextual questions in a separate book. This provides revision for exams and tests and keeps valuable notes from going astray. The contents of this study work guide • An introduction to the author. • Background information. • An exploration of characters. • Chapter-by-chapter discussions. • Pre-reading, during reading and post-reading contextual questions. • Chapter-by-chapter glossaries. • Film study. • Six exam questions. • Eight enrichment activities. All study work guides in this series have been compiled according to CAPS requirements. This study work guide supplements the prescribed text Tsotsi for Grade 11 English Home Language.
Many of us end up in a net of misery at some point. The plans we made have collapsed, and our lives are falling apart. You have lost your partner, or your job, or your health has given in. You have lost the courage to keep living. A major crisis can, however, lead to inner growth and enrichment. In our Christian faith there is the comforting message of a net that has indeed broken: With the death of Jesus, free access to God was made possible to all. The price for human guilt has been paid so that all people can always approach God with courage and boldness. But the joy of the broken net can only be experienced by those who know of and acknowledge the net that holds them captive, one from which they cannot escape themselves. Only the humble can pray sincerely – and humility is the result of a healthy prayer life.
'n Wit man soos Paul is so goed soos kroonwild ... In die vorige bedeling was Paul van Heerden se lewe een van gemak: groot huis in Pretoria se vooraanstaande woonbuurt, vanselfsprekende bevordering in die werk, welvaart en voorspoed. Toe kom die opstande en die grondbesetting. Nou word die Volksrepubliek van Azanie deur Die Party regeer. Alle wit mense is Weskaap toe verban. Die wat in Azanie wil werk, word toegelaat, maar word onderwerp aan dieselfde vernederende praktyke wat gedurende die Apartheidsjare beoefen is. Paul se vrou en kinders sit in 'n tentekamp in die Kaap, hy bly in 'n hostel en sukkel om sy werk te behou. Paul het egter 'n plan: hy begin met mampoer smokkel. Kort voor lank het hy 'n weldoener en sakevenoot in Thabo Ntombela, mampoerstokers en verspreiders. Maar in Azanie wil elkeen sy deel h en 'n wit man soos Paul is so goed soos kroonwild.
25 getoorde resepte wat jou gaan laat lag terwyl jy leer!
’n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur vir die horskool! In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard ... en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders, vir beide huistaal- en eersteaddisioneletaal-sprekers. ’n Aparte studiegids sal ook vir onderwysers beskikbaar wees wat addisionele inligting oor die tekste bevat.
Hy kan vlieg.
Vir die eerste keer vandat Vandre en sy ma Engeland toe gemigreer het, gaan hy en sy pa sy ouma-hulle besoek, maar ’n lelike motorongeluk reg in die middel van die Boesmanland ontspoor hulle planne. Vandre, op soek na hulp vir sy beseerde pa, verdwaal heeltemal in ’n onbekende stukkie van die wreld. Dit word ’n stryd van oorlewing teen die natuur en teen homself
Karl Louw, ʼn prokureur, word deur Helen Brodie genader om haar in ʼn
regsgeding te verteenwoordig. Die regsaak veroorsaak dat Karl en sy
vrou Wilma ook met ou wonde van die verlede gekonfronteer word:
verraad, verkragting, die mag wat mans in ’n patriargale,
chauvinistiese samelewing oor vrouens aanvaar. |
You may like...
Profesie Bybel - Nuwe Testament (Maroen)
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
Hardcover
Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te…
PJ Botha, Geo Botha
Paperback
|