0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
Status
Brand

Promotions > South African Heritage Shop > Books

Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In haar grootwordjare in die laat tagtigs dra vroue skreeuhelder neonkleure, skouerkussings en groot hare. Maar nie háár aanneemma nie en ook nie Kaila sélf nie. Sy skáám haar!

Haar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie.

Kaila word bespot en leer verwerping ken op vele vlakke.

Daar is ’n gevaarlike, verbode aantrekkingskrag tussen haar en haar Wiskunde-onderwyser. Sal hy die liefde van haar lewe wees?

Ná ’n motorongeluk wat ernstige letsels laat, verdwyn Kaila se ma spoorloos. Die onsekerheid en verlange spook lank daarna nog by haar.

As enkelouer stort sy jare later al haar liefde uit op haar seun, Sebastian. As hy tog net nie bevriend was met Bertina, die wildewragtige dogter van Max Viljoen, nie! Toe Bertina swanger raak, staan Kaila se seun se toekomsdrome gevaar om verpletter te word. Wat gemaak met die swangerskap wat soveel mense se lewe in skerwe laat spat? Max is vasbeslote dat sy dogter nie alleen met die baba in die arms gaan bly staan nie terwyl Kaila haar seun wil beskerm. Eintlik het Kaila en Max mekaar nodig, maar Kaila se hart breek wanneer sy die pyn in haar jong seun se oë sien.

En Kaila weet, sy weet, ’n mens het meer nodig as ’n blom in jou hare om gelukkig te wees.

Die Ware Avonture van Adelie en Riley 2 - Die Amadidas (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker Die Ware Avonture van Adelie en Riley 2 - Die Amadidas (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n węreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ... In “Die Amadidas” speel Adelie en Riley op die klimraam. Skielik is hulle omring deur baie bomme en bosse – die Amasone!Groot, kwaai voëls probeer hulle bykom. Adelie en Riley moet saamwerk om die vreemde voëls af te weer ...Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker.Maar hoekom bly daar groot blertse op die klimraam agter?

Nog 13 Spookstories (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, Fanie Viljoen Nog 13 Spookstories (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, Fanie Viljoen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te le en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nog 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laat word. So, maak toe die vensters, klim in jou bed... en maak gereed om die gedaantes te ontmoet wat snags in die donker ronddwaal.

Z is for Zack: Boxset 2 (5-in-1) (Paperback): Jaco Jacobs Z is for Zack: Boxset 2 (5-in-1) (Paperback)
Jaco Jacobs
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

The original Zackie Mostert series already has thousands of young fans - and now there's also a reading series, perfect for beginner readers.

Each book in the series features bright full-colour illustrations and simple, easy-to-read text that make these fun-filled stories accessible to young readers.

1. Z is for Zack The Terrible Trip
2. Z is for Zack The Funny Photo
3. Z is for Zack The Sneaky Snails
4. Z is for Zack The Strange Fossil
5. Z is for Zack The Zoo

The Key Clue (Paperback): Andre Trantraal The Key Clue (Paperback)
Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

On Friday afternoon, Samier and Samia are visiting Keegan until their father has finished praying at the mosque.

On their way to Keegan’s house, Jenni-Lee picks up a bunch of keys. Keegan’s grandmother decides to show them how fingerprints work, and they do some sleuthing together …

Will they be able to identify who lost their keys?

My Eerste Afrika-avontuur (Paperback): Riaan Manser My Eerste Afrika-avontuur (Paperback)
Riaan Manser; Illustrated by Martinus van Tee
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die topverkoper “My first African Adventure” is nou ook beskikbaar in Afrikaans!

In September 2003 het Riaan Manser vasbeslote uit Kaapstad gery om die eerste persoon te word wat reg rondom Afrika met 'n fiets toer. Hy het gedink dit sal hom 'n jaar neem, maar dit het hom meer as twee gekos. Aan die einde van 2005 het hy teruggery Kaapstad toe, 14 kg ligter ná sy 36 500 km reis, deur vier-en-dertig lande. In sy boek vir volwassenes “Around Africa on my bicycle” laat Riaan die leser toe om die geswoeg, opgewondenheid en af en toe se angstigheid van sy reis te herleef - sy wroeginge deur die Sahara en Libiese woestyne, die aanleer van Frans, Portugees en Arabies, aap, rot en vlermuis etes, om te kon staan voor die piramides, ongekende vryheid te ervaar in die Rooi See in Egipte, hiënas wat hy mond tot mond gevoer het, en staan op die hoogste, sowel as die laagste punte in Afrika. Riaan het op 25 November 2005 veilig in .Kaapstad aangekom.

Nou, vir die eerste keer, kan kinders Riaan se wonderlike ontdekkingsreis in 'n prettige, geďllustreerde weergawe herleef. Gevul met prettige feite en inligting, sal MY EERSTE AFRIKA-AVONTUUR jonk en oud vermaak vir nog baie jare.

Die Klein Boek Van: Nog Fantastiese Feite (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Klein Boek Van: Nog Fantastiese Feite (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Die boekies is propvol interessante inligting oor spoke, mensegewoontes en daar is selfs een wat jou kind kan leer om towertoertjies te doen. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak!

Kom Saam - Inspirasie vir jou Lewensreis (Afrikaans, Paperback): Sonja Goldberg Kom Saam - Inspirasie vir jou Lewensreis (Afrikaans, Paperback)
Sonja Goldberg
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom Saam is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis.

Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde ge-reed hę oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God.

Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.

Reading Guide: Perfect (Paperback): Riana Joubert Reading Guide: Perfect (Paperback)
Riana Joubert
R140 R132 Discovery Miles 1 320 Save R8 (6%) Ships in 7 - 11 working days

This user-friendly and practical guide is ideal for classroom use. There is a summary, questions, interesting and/or difficult vocabulary that is highlighted, discussion points and other speaking and writing activities for each chapter.

The guide will help teachers to teach literary aspects in a simple way and all the activities, questions and answers will definitely shorten the preparation time for the teacher.

Learners can also use the guide for self-study.

Die Klein Boek Van: Skrikwekkende Spoke (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Klein Boek Van: Skrikwekkende Spoke (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Die boekies is propvol interessante inligting oor spoke, mensegewoontes en daar is selfs een wat jou kind kan leer om towertoertjies te doen. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak!

Leer my lees (V2 Grootboek 1): Tippie en die boom (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer Leer my lees (V2 Grootboek 1): Tippie en die boom (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer; Illustrated by Zinelda McDonald; Reinette Lombard
R149 Discovery Miles 1 490 Ships in 2 - 4 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!

Hierdie vrolik geďllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan klanke soos “eu”, “ie” en “ou” bekend. Die tweede reeks volg op die eerste en stel die leser aan ietwat ingewikkelder klanke bekend. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speelspeel by die kind vas te lę.

Hierdie grootboeke is onderwysersgidse met ekstra klaskamerhulpmiddels vir groeplees en aktiewe deelname.

Titels beskikbaar as Vlak 2-grootboeke:

1. Tippie en die boom
2. Tippie en die haas
3. Tippie en die duur mat
4. Tippie en die leer
5. Tippie en die uil
6. Tippie se neus jeuk
7. Tippie en die mier
8. Tippie se kous
9. Tippie soek 'n boek
10. Tippie en die braai

Leer my lees (VR Grootboek 1): Ek is Tippie (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Leer my lees (VR Grootboek 1): Ek is Tippie (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!

Leer my lees met Tippie, vlak R is trots Suid Afrikaanse ontluikende leesboeke wat vroee geletterdheid ondersteun. Jong kinders word blootgestel aan hoe frekwensie sigwoorde met behulp van kleurvolle en duidelike illustrasies. Die stories is interessant en relevant met alledaagse avonture. Leer my lees het baie herhaling en duidelike progressie wat steeds natuurlike ontwikkeling in gedagte hou.

Hierdie grootboeke is onderwysersgidse met ekstra klaskamerhulpmiddels vir groeplees en aktiewe deelname.

Splinters van Liefde (Afrikaans, Paperback): Alma Carstens Splinters van Liefde (Afrikaans, Paperback)
Alma Carstens
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alma Carstens se eerste omnibus ...

Splinters van liefde is 'n samestelling van drie van Alma Carstens se vorige Romanzas, Kaapse draai, Tyd sal leer en Luca se obsessie. Dit is Alma op haar beste: fyn uitgewerkte storielyne, diepgaande karakterisering en interessante plekke waar die verhale afspeel.

Kaapse draai:

Noudat Lani se vriendin haar oorreed het om te reageer op 'n man se advertensie dat hy na 'n vrou soek wat hy beter wil leer ken, is daar nie omdraai nie. Sy sal 'n maand lank op sy wynplaas moet deurbring. Min weet sy hy het nie die advertensie geplaas nie, sy skoonsuster het ... Dit is egter nie die enigste haakplek nie. Lani kan nie bekostig dat hy haar beter leer ken nie want dan moet sy ook vertel van die hartseer geheim oor haar herkoms en dit kan sy nie met hom deel nie. Juis nie met hierdie spesiale man wat gou al haar gedagtes in beslag neem nie.

Tyd sal leer:

Siënna vlug na haar vriendin in Malawi om weg te kom van haar pa wat haar in 'n huwelik wil dwing. Sy vind gou uit die eiland Likoma is nie vir sissies met ontwerpersklere en hoëhakskoene nie - en dat sy ook nie die enigmatiese en uiters sexy Marco op sy bosklere moet takseer nie. Gou val sy by die ritme van die eiland in en bewys telkens dat sy nie die bedorwe brokkie is waarvoor Marco haar aansien nie. Rikki stel voor Siënna en Marco trou om te verhoed dat haar pa sy sin kry. Sy stem in want sy weet die primitiewe eiland is presies waar sy en haar beminde Marco wil wees.

Luca se obsessie:

Die lenige Italianer met die helderblou oë wat Miranda se bloemiste op Valentynsdag instap, is beslis nie van plan om net so weer uit haar lewe te verdwyn nie. Maar sy belangstelling is ongelukkig nie van die soort wat 'n meisie laat huweliksklokke hoor nie. Miranda baklei hard teen die vernedering en ja, die hartseer. Want iets omtrent hierdie man verhoed haar om hom net as “daardie soort” af te skryf, hoe hard sy ook al probeer. En hy voer sy eie stryd, al weet sy nie daarvan nie, om die blonde meisie wat 'n obsessie vir hom geword het, uit sy gedagtes te weer. Sowat van hardkoppigheid ...

Willemien (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Willemien (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Willemien (1909, Tamara se broerskind) speel die taalstryd 'n rol. En die romantiese vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou, wat 'n konsentrasiekampkind was en wie se hele familie feitlik uitgewis is deur die Engelse, verlief raak op 'n Ier?

En as sy boonop 'n stryder vir die taal is en haar liefde vir die man verg dat sy Ierland toe moet trek?

Engele Om Ons - Alles-In-Een Joernaal (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Engele Om Ons - Alles-In-Een Joernaal (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Jaar vol engele! Hierdie unieke dagboek en joernaal vir kinders bevat nie net plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf nie, maar is propvol engele. Engele om ons is ’n kombinasie van dagstukkies en gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en ander staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer. Wendy Maartens is die samesteller van hierdie joernaal en dit word aangevul deur ’n pragtige bladuitleg en illustrasies.

Vat die Regte Pad - Jesus s'n (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Vat die Regte Pad - Jesus s'n (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 2 - 4 working days

Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe ’n “regte Christen” moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ’n paar van hulle se voorland. Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle.

Hierdie boek is nie die groot antwoord op dissipelskap in drie maklike stappe nie. Jy gaan definitief nie hier tien beproefde resepte vir suksesvolle Christenwees, of so iets, raakloop nie. Maar dit wil wel saam met jou reis na ’n paar onontdekte skatte in die Here se skatkamers. Dit wil die “las van gewone gelowiges soos ek en jy se skouer aflig om (buiten-)gewone lewens tot eer van die Heer te leef. Net dit.

Study Work Guide: Tsotsi: Graad 11 (Paperback): Elaine Ridge Study Work Guide: Tsotsi: Graad 11 (Paperback)
Elaine Ridge
R269 Discovery Miles 2 690 Ships in 2 - 4 working days

How well do you know your prescribed novel? Do you understand the contents and structure of your novel? Are you ready to write your exams? This study work guide has been compiled to help learners understand and grasp all aspects of the novel and use of language in Tsotsi, the prescribed novel for Grade 11 English Home Language. This study work guide has been compiled to the requirements of the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) and all important aspects relating to the novel have been covered – in accessible language.

Remember! This guide cannot be used on its own as it refers to the prescribed text throughout.

What makes our study work guides different? This study work guide forms part of a series. As the name suggests, this is not only a guide in which the novel is discussed, but also a workbook. Learners can write the answers to the contextual questions in a separate book. This provides revision for exams and tests and keeps valuable notes from going astray.

The contents of this study work guide

• An introduction to the author.

• Background information.

• An exploration of characters.

• Chapter-by-chapter discussions.

• Pre-reading, during reading and post-reading contextual questions.

• Chapter-by-chapter glossaries.

• Film study.

• Six exam questions.

• Eight enrichment activities.

All study work guides in this series have been compiled according to CAPS requirements. This study work guide supplements the prescribed text Tsotsi for Grade 11 English Home Language.

Ter Wille Van Jou (Afrikaans, Paperback): Magdaleen Walters Ter Wille Van Jou (Afrikaans, Paperback)
Magdaleen Walters
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Geboei aan die verlede ...

Christoff de Lange is ’n lid van die polisie se taakmageenheid. Hy word valslik van dwelmhandel aangekla en kry drie jaar tronkstraf. Hy spandeer elke sent wat hy het op regshulp om sy onskuld te probeer bewys, maar as hy uiteindelik ’n kwytskelding kry, is hy steeds nie nader aan die waarheid as die dag waarop hy gearresteer is nie. Hy is sinies, bitter en werkloos.

Met die hulp van oom Bertie, ’n afgetrede sersant en sy vriend, vind hy ’n werk en ’n plek om te woon in Stoffel Myburgh se houtwerkfabriek op ’n kleinhoewe buite Johannesburg.

Juanita, Stoffel se dogter wat ook daar werk, is minder entoesiasties oor haar pa se besluit. Daar is absoluut geen plek in haar lewe vir gevangenes of Lotharios nie. Buitendien dra sy swaar aan haar eie bagasie. Totdat sy die verlede kan vergeet en skielik nie ’n toekoms sonder hom kan voorstel nie ...

Ouens is nie pizzas nie (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Tania Brink Ouens is nie pizzas nie (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Tania Brink
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in 'n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soos gewoonlik nie aan al Zanelle se praatjies oor ouens of aan die tydskrifartikels wat sy lees nie – soos die een oor ouens en pizzas... Dan ontmoet hulle twee aantrelike boeties: Markus met die blonde hare en blou oe en Abrie, die geheimsinnige donkerkop. Zanelle se vermoede dat albei boeties op Anja verlief is, val op dowe ore. Maar dan gebeur daar iets wat Anja en Zanelle woedend maak vir die twee sexy broers… en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!

Die Duiwel Maak My Hart So Seer (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Die Duiwel Maak My Hart So Seer (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom ons breek die reëls van misdaadfiksie.

Dis 1981 en die maand is Januarie.

Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte – maar het reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis ’n hartseer saak. ’n Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar.

Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het.

Weg met alles wat jy geleer het om te verwag ...

Lyfskap - Erotiese Kortverhale (Afrikaans, Paperback): Sophia Kapp Lyfskap - Erotiese Kortverhale (Afrikaans, Paperback)
Sophia Kapp; Edited by Leonie van Rensburg
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Liefde, welke soort ookal, kom nooit alleen nie.”

’n Versamel erotiese verhale oor die liefde, wellus, genot, soete verleiding, passie, honger en vlamvat. Deur skrywers soos Maya Fowler, Joan Hambidge, Zirk van den Berg, Fanie Viljoen, Riana Scheepers, Jan Vermeulen, Irna van Zyl, Hans Pienaar, Marion Erskine, Leon van Nierop en Kerneels Breytenbach.

Rigtingwysers Vir Jou Lewenspad - Bybelse Wyshede Vir Koershou Deur Die Lewe Se Uitdagings (Paperback): Piet Smit Rigtingwysers Vir Jou Lewenspad - Bybelse Wyshede Vir Koershou Deur Die Lewe Se Uitdagings (Paperback)
Piet Smit
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Rigtingwysers Vir Jou Lewenspad is ’n padkaart met wyshede vir wanneer jy rigting verloor of wanneer die uitdagings sonder waarskuwing opduik.

Die dagstukke bring moed in swaarkry tye sodat jy sonder sukkel die struikelblokke kan oorkom.

Piet Smit het 150 oordenkings geskryf om jou te help koershou deur die lewe se storm- en sonskyndae. Rigtingwysers Vir Jou Lewenspad is ’n kompas vir daardie oomblikke wanneer die wind jou skip in die verkeerde rigting wil stuur.

Hallo, Menstruasie - 'n Alles-In-Een-Gids Met Feite, Wenke En Inspirerende Stories (Afrikaans, Paperback): Yumi Stynes,... Hallo, Menstruasie - 'n Alles-In-Een-Gids Met Feite, Wenke En Inspirerende Stories (Afrikaans, Paperback)
Yumi Stynes, Melissa Kang
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alles wat jy moet weet oor menstruasie

Hallo, menstruasie is ʼn boek wat vir amper-tieners en tieners alles oor menstruasie vertel. Die skrywers van die boek is eerlik, snaaks en weet presies wat in ʼn tiener se kop aangaan om alles oor menstruasie te kan beantwoord.

Om vir die eerste keer te menstrueer kan vreemd wees – en om vrae daaroor te vra nog vreemder.

Dit hoef egter glad nie so te wees nie!

Hierdie boek beantwoord al tieners se vrae en kwellinge, soos hoe krampe voel en wat jy moet doen as bloed jou klere vlek. Daar is gevallestudies, persoonlike vertellinge en vrae van regte tieners met antwoorde van regte kenners.

Look Tippie! (Paperback): Look Tippie! (Paperback)
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Ina - Verhaal Van Genade En Genesing (Afrikaans, Paperback): Ina Bonnette Ina - Verhaal Van Genade En Genesing (Afrikaans, Paperback)
Ina Bonnette
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het.

Ina: Verhaal Van Genade En Genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is.

Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Model Reduction of Parametrized Systems
Peter Benner, Mario Ohlberger, … Hardcover R4,602 Discovery Miles 46 020
The Concise APA Handbook
Paul Chamness Miller, Racheal Ruegg, … Hardcover R1,192 Discovery Miles 11 920
Applied Coal Petrology - The Role of…
Isabel Suarez-Ruiz, John C Crelling Hardcover R4,148 Discovery Miles 41 480
Die Manjifieke Onthulling Van Mel
Jacolet van den Berg Paperback R300 R281 Discovery Miles 2 810
Data Warehousing in the Age of Big Data
Krish Krishnan Paperback R972 Discovery Miles 9 720
Return To The Wild
James Hendry Paperback  (3)
R340 R308 Discovery Miles 3 080
Artificial Intelligence Applications and…
Ilias Maglogiannis, Lazaros Iliadis, … Paperback R2,707 Discovery Miles 27 070
Up-To-Date Air-Brake Catechism - A…
Robert Henry Blackall Hardcover R837 Discovery Miles 8 370
Cross-Disciplinary Advances in Applied…
Chutima Boonthum-Denecke, Philip M. McCarthy, … Hardcover R4,976 Discovery Miles 49 760
Pearson Edexcel A level Mathematics Pure…
Greg Attwood, Jack Barraclough, … Paperback  (1)
R950 Discovery Miles 9 500

 

Partners