![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
Hoe-hoe-hoekom gaan al die uile dood? Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Daar is ’n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak. Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook ’n muisplaag en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al die diere te red?
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik
geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke
bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort,
eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van
leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies;
'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord,
begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne†gebaseer op die
leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip
en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks
uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare
Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!
Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.
Niekie is weg, en niemand gee om nie. Sy is immers bekend vir haar
impulsiewe kunstenaarstemperament en het al voorheen vir ’n paar dae
pad gevat om te gaan skilder.
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan 'n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandelde en hawelose perde by 'n skuiling te red - waar Anri en haar maats is, is daar altyd hope pret! Natuurlik is die katterige Vinette gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir die res van die Stalmaats moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Jong perdeliefhebbers sal versot wees op hierdie reeks! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: * Komaan, Karen! * Seeponies * Roset * Vrye Teuels * Gevaar op Dagbreek
This first book of birds introduces children to the birds most commonly seen in gardens and wildlife areas in East Africa. The 58 birds are featured in full colour illustrations, with visual cues to each birds size, the food it eats, its nest and the footprint it leaves behind. This lively approach will appeal to young readers, as well as to learners of all ages who wish to improve their knowledge of other languages.
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik
geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke
bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort,
eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van
leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies;
'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord,
begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne†gebaseer op die
leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip
en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks
uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare
Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!
Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeug boekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuur belaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in 'n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat drie titels: Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy 'n boelie geslaan het. Om alles te kroon begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad ... Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou - Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie, maar Fleur is darem wraggies mooi ... Maar alles is nie pluis nie. Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos, die plek waar die graad neges gaan kampeer? Almal is baie opgewonde oor Thomas se kans om 'n sepiester te wees. Hy het immers 'n rol gekry in Die Malans van Marthaheim, die gewildste TV-reeks ooit! En sy mede-ster is boonop die aantreklike Fleur Vermaak. Maar kort voor lank begin Thomas vreemde dreigbriewe kry.
Die 54 gedigte in Toulopers is almal splinternuut en is geskryf met tieners van 13 tot 15 jaar in gedagte. Van ernstiger temas tot glimlagverse, van rebelse gedigte tot dolverliefde SMS-poësie – al die bydraes in hierdie bundel is met een doel voor oë gekies: om tot moderne tieners se leefwêreld te spreek.
Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Hierdie boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluide
Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank
’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die
onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op
die boonste verdieping.
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en ’n hele klomp grappe wat sommer net heeltemal verspot is! Wat is geel en rond en jaag bo-oor ’n rooi lig? ’n Suurlemoen sonder brieke Wat is die beste manier om ’n apie te vang? Klim in ’n boom en maak ’n geluid soos ’n piesang. Wat kan erdvarke kry wat geen ander dier op aarde kan kry nie? Baba-erdvarkies Wat is geel en het vier wiele? ’n Piesang. Jammer, ek het gejok oor die wiele. v Klop-klop. Wie’s daar? ’n Bazoeka. ’n Bazoeka wie? ’n Bazoeka uit die buitenste ruimte! Daar is vier lekkerlag-titels in die reeks: - 101 Diere-grappe - 101 Klop-klop-grappe - 101 Lawwe-grappe - 101 Pouse-grappe
WARNO SAL MOET KEER, WANT NOU'S DAAR MÉÉR. MEER SKRIKKE. MEER SKOKKE. MEER SPOKE. Gedink jy kan nie verder verras word nie? O ja, jy kán … Dis tyd vir oorlog en die spooksoeker van Sekelrivier se aartsvyand, Henry, gaan alles in die stryd werp. Hy speel graag speletjies - en hy speel graag vuil. Niks wat Warno en Allies al geleer het, kon hulle gereed kry vir wat hier aankom nie. Nuwe onthullings. En nuwe gevare. Wat is die slangvrou se geheim? Hoe het Warno se pa gesterf? Watter wrede jong gedaante dwaal deur die dorp? En wat wag in die begraafplaas? Hierdie laaste Spooksoeker-boek is soos 'n wegholperd. Jy beter jou sit ken en klou vir al wat jy werd is! Hierdie boek volg op Spooksoeker #2 deur dieselfde skrywer en is die laaste boek in die trilogie.
The next 10 Tippie adventures are proudly South-African, interesting and builds on the skills acquired in the Level 1 books. The text is supported by colourful, engaging illustrations to support comprehension and practise short vowel sounds and simple consonant clusters. Tippie learns and explores alongside his friends whilst staying true to typical child development. These sequential reading books were designed with a focus on sound development, linking sounds and letters as well as continuing building success and self-confidence in reading. The Level 2 books still focus on short vowels, simple consonants, sight words and final position consonant clusters. Children will love Tippie’s latest adventures as it is full of fun and humorous incidents along the way
Die Here, Pappa se Hemelse Vader, het saam met Pappa verdwyn. In hierdie tent vol mense is sy stokalleen. “Ek is net maar hier, dink Mentje. Net maar nog ’n mond wat moet kos kry, nog ’n lyf wat gewas moet word, nog ’n asem in die hut. Nog ’n kind.” Die Tweede Wêreldoorlog in al sy hebsug en barbaarsheid breek uit toe Mentje de Vries, ’n Nederlandse oorlogswesie, tien jaar oud is. Sy beland saam met Joodse vlugtelinge in ’n geheime kamp in die Nederlandse woude. Toe die situasie te gevaarlik raak omdat die Duitsers die kamp enige dag gaan ontdek, moet sy vlug na familie in Arnhem, maar daar is sy ook nie welkom nie. Sy moet veg om oorlewing tydens die Slag van Arnhem en gepaardgaande Honger Winter van 1944 - 1945. Byna aan die ander kant van die wêreld, in Suid-Afrika, sluit Tinus van Jaarsveld as ’n valskermsoldaat by die Britse Leër aan. Dit is nie soseer trou aan die Britse Ryk wat hom daartoe dryf nie, maar die vergoeding wat hy daarvoor gaan kry, want hy wil die Van Jaarsvelds se familieplaas terugkoop. Toe hy by Arnhem gewond word, stel Mentje haar lewe in gevaar om hom te red. Ná die oorlog laat kom Tinus haar na Suid-Afrika en sy moet aanpas by nuwe omstandighede, midde-in drie geslagte van die verskeurde Van Jaarsvelds. Verlies en versoening, mensliewendheid en vergifnis is die kamerade wat Mentje en Tinus deur beproewende tye dra. Irma Joubert is ’n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort.
Klein boekies, maar hope pret!Fanie Viljoen se klein boekies is propvol fantastiese feite en interessante inligting oor speelgoed, modes, poetse en daar is selfs een wat jou kind sal help om die familie se hond toertjies te leer. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak - en dis nou in bokspakke beskikbaar!
Hierdie bundel stories is ʼn karos waarmee jy jou kind opnuut kan koester. Daarmee saam kom die genadegawe om waarlik mekaar se harte te hoor. Om dit reg te kry het jy nie geld of goed nodig nie. Al wat nodig is, is om vir slegs 20 minute elke aand sonder die selfoon, TV en al die 1001 dinge wat jou aandag deur die dag opeis vir jou kind ʼn storie te lees. Die sleutel tot behoorlike lees- en taalvaardigheid begin lank vóór gr. R – by iets eenvoudig soos ʼn slaaptydstorie en jou onverdeelde aandag. ’n Ideale boek vir jou kleinding wat hou van stories, rympies en speletjies.
Die lang reis na die planeet Zenkion is uiteindelik verby, maar vir Mitch Wilson is dit ’n antiklimaks omdat sy beste vriend, Lionel, dit nie saam met hom tot op Zenkion gemaak het nie. Min weet hy dat hy nog nie die laaste van Lionel gesien het nie. Is die beweringe waar dat die mense van Deltaville iewers op Zenkion aangehou word? Sal Mitch en Lionel dit regkry om hulle gesinne weer te vind, en is Imke se Aarde-ouma ook daar? Imke se pad kruis onverwags met die van haar pa, Drogan. Gaan hy haar probeer verhoed om saam met Mitchhulle terug te gaan Aarde toe as alles uiteindelik verby is? Wat gaan eintlik op Zenkion aan, en hoe pas die Aardbewoners in die prentjie? Beleef die avontuur saam met die drie vriende en vind uit hoe die laaste stukkies van die legkaart inmekaarpas.
Warno Alberts is ‘n doodgewone ou wat in doodgewonde Sekelrivier bly. Behalwe dat hy geheime lêers het waarin hy die doen en late van spoke neerskryf. Daar is ook ‘n paar spoke wat hóm dophou ... Die boek bevat ‘n aantal spookstories met dieselfde hoofkarakter in al die stories.
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Keegan, Samier and Samia go play soccer in the park. They find Ghielie and his cousins there. Together they play a game of soccer. Samia is an excellent soccer player! But then Brent Petersen arrives – and he doesn’t want to play with a girl! Will Keegan, Samier and Samia still be able to enjoy their game or will Brent spoil the whole day?
Kinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Die boekies is propvol interessante inligting oor spoke, mensegewoontes en daar is selfs een wat jou kind kan leer om towertoertjies te doen. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak!
Learning basic numeracy skills are super easy with Tippie the elephant.
|
You may like...
Language Testing and Assessment - An…
Glenn Fulcher, Fred Davidson
Hardcover
R4,523
Discovery Miles 45 230
Groups - Process and Practice
Marianne Corey, Gerald Corey, …
Hardcover
(2)
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz
Paperback
(4)
Outlines of Ecclesiastical History - on…
Charles Augustus Goodrich
Paperback
R605
Discovery Miles 6 050
|