0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
Status
Brand

Promotions > South African Heritage Shop > Books

Tippie: leer my lees (Vlak4) 4: Tippie gaan lughawe toe (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer Tippie: leer my lees (Vlak4) 4: Tippie gaan lughawe toe (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer; Illustrated by Zinelda McDonald; Reinette Lombard
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne†gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Tippie se Nuwe Maat: Boek 1, Vlak 4 (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer Tippie se Nuwe Maat: Boek 1, Vlak 4 (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer; Illustrated by Zinelda McDonald; Reinette Lombard
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne†gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Mr Entertainment - The Story Of Taliep Petersen (Paperback): Paula Fourie Mr Entertainment - The Story Of Taliep Petersen (Paperback)
Paula Fourie
R365 Discovery Miles 3 650 Ships in 5 - 7 working days

In Mr Entertainment, we hear the voices of the people who knew Taliep Petersen best: his family, friends and collaborators. Their stories bring to life the spaces he inhabited, vividly recounting scenes from his childhood, his rise to fame from the Cape Coon Carnival stage to the West End, his artistic collaborations, most notably with David Kramer, his family life, and his tragic death and its aftermath.

In this pioneering biography of one of Cape Town’s most beloved entertainers, we encounter Petersen as a complex and many-sided personality whose influence continues to reverberate in national life. Mr Entertainment evokes not just Taliep’s life, but also the music and entertainment worlds of the 1950s to 2000s and their diverse and irrepressible cultural traditions. Along the way, it brings us to the front row of South Africa’s difficult history.

Drawing on the musician’s personal archive and on more than fifty interviews conducted over a decade, Paula Fourie has pieced together a fascinating portrait of Taliep Petersen, acutely observed and poignantly captured.

Leer my lees (Vlak 3) 6: Tippie ry met die trein (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer Leer my lees (Vlak 3) 6: Tippie ry met die trein (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer; Illustrated by Zinelda McDonald; Reinette Lombard
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne†gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Tippie: leer my lees (Vlak 4) 5: Tippie maak pizza (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer Tippie: leer my lees (Vlak 4) 5: Tippie maak pizza (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer; Illustrated by Zinelda McDonald; Reinette Lombard
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne†gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Klaskameraad Studiegids: More as Ons Groot is (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Klaskameraad Studiegids: More as Ons Groot is (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Compiled by Emilje Smit
R140 R132 Discovery Miles 1 320 Save R8 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dramateks vir hoërskoolleerders (15+): Môre as ons groot is deur Fanie Viljoen. Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is? Wanneer selfs die after-party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Vanaand neem hulle afskeid van hulle skool - hulle vriende - hulle kindwees ... en dalk hulle drome. ʼn Kortfilm gebaseer op die teks verskyn in 2016. Fanie Viljoen se voorgeskrewe drama genaamd Betower die drama is tans by FET-skole voorgeskryf.

As Jy Van Moord Droom (Afrikaans, Paperback): Deborah Steinmair As Jy Van Moord Droom (Afrikaans, Paperback)
Deborah Steinmair
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat maak ʼn ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn?

Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat vlotter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte, is stuurs en stil.

Erin is nie ’n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat moeilik oor haar gevoelens. Sy is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei?

Wie lê op loer na haar kind? As jy van moord droom voel dit dikwels asof jy in ’n parallelle werklikheid inderdaad gemoor het; jy word met ’n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is.

Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn het, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug, maar hoe dring sy tot hierdie woedende vreemdeling deur?

En wat sal sy doen om haar dié keer te beskerm?

Hier is ’n karaktergedrewe blitsblaaier vol noir en stokou raaisels.

Fleur (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Fleur (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie.

En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.

Al Wat Ek Weet (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Al Wat Ek Weet (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat.

Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane?

Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het?

Daarom verloor Gabriel homself in die wêreld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin.

In hierdie wonderwêreld van woorde leer hy om sy hand diep binne-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi.

Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poësie weet ...

Tippie: leer my lees (Vlak3) 8: Tippie bad vir Woef (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer Tippie: leer my lees (Vlak3) 8: Tippie bad vir Woef (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer; Illustrated by Zinelda McDonald; Reinette Lombard
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne†gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Corali (Afrikaans, Large print, Paperback, Grootdruk): Chanette Paul Corali (Afrikaans, Large print, Paperback, Grootdruk)
Chanette Paul
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?

As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.

Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ʼn Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.

Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ʼn rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ʼn kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.

Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Blou Maandag (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Blou Maandag (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan ’n BLOU MAANDAG wees! Dit lyk asof ’n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas! Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana al weke lank uitsien. Sê nou dinge loop skeef op die verhoog? Hoe erg kan een Maandag wees?

Ouma Mollie En Die Mensvreter (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Ouma Mollie En Die Mensvreter (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Die laaste een in die see is ’n bolletjie snot!” roep ouma Mollie.

Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai.

Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.

Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos ’n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blapsie, die basterbrak, in haar kar, Spokie. Hulle sit af see toe. Dis waar hulle in GROTER moeilikheid beland, want ouma Mollie wil mos leer surf. En sy wil die dolfyne voer. En ...

Nee, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur.

Ai, as ouma Mollie net geluister het toe Simon Jantjies vir haar waarsku dat daar ’n HAAI in die water is.

Oepsie! Die arme haai ...

Uitverkies (Paperback): Noreen Nolte Uitverkies (Paperback)
Noreen Nolte
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Zia is nou net mooi moeg vir haar ouers se selfopgelegde isolasie en die primitiewe lewe in die bos.

Sy verlang terug na die Kolonie waaruit haar ouers gevlug het toe sy klein was; verlang na ’n geboude woonstel, luukshede soos warm water en elektrisiteit, klere wat pas en winkelbrood; die gedruis van mense, ánder mense as dieselfde dertien gesigte waarin sy dag-in, dag-uit vaskyk...

Tania Brink Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback): Tania Brink Tania Brink Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Tania Brink
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een lekkerlees-liefdesomnibus!

My hart is vol graffiti
Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, ’n artikel vir ’n tienertydskrif moet skryf oor graffiti, ontmoet hulle ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n nuwe wêreld bekend stel ...

My eerste soen en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref
Toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met ’n ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies ...

Ouens is nie pizzas nie
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in ’n pizzarestaurant by die see, en dan ontmoet hulle twee aantreklike boeties … en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!

Doodsengel (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Doodsengel (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Is dit 'n vergeldingsdrang wat iemand laat moor, of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees?

Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie. En niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie. Sy sal nooit weer in 'n sel sit nie, al kos dit wát. Sy veg om 'n fasade van normaliteit te behou, help haar beskadigde kliënte en bied vir 'n groep ewe beskadigde elfjarige weeskinders Sondagskoolklasse aan terwyl sy haar blinde ma ondersteun en poog om die psigologiese nagevolge van die verkragting en moord te verwerk. Is daar onheil by die kinderhuis? Hoe diep en wyd strek die boosheid? Is haar ma werklik in die greep van demensie, of is daar iets anders, iets erger aan die gang? Sal die groep vigilantes daarin slaag om haar moord toe te smeer, of sal die groot polisieman sy woord gestand doen en die moordenaar aankeer?

Doodsengel is Rust se 6de boek met 'n splinternuwe hoofkarakter.

Die Eerste Afrikaanse Kriptiese Blokraaiboek! - 30 Raaisels PLUS 'n Breinbreker (Afrikaans, Paperback): Willem Swanepoel Die Eerste Afrikaanse Kriptiese Blokraaiboek! - 30 Raaisels PLUS 'n Breinbreker (Afrikaans, Paperback)
Willem Swanepoel
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wil jy verder as sinonieme en glanspersoonlikhede dink vir jou blokraaisels? Sien jy kans om laterale denke te laat gedy? Die wonderlike woordwêreld van kriptiese blokraaisels wag. ’n Kriptiese leidraad lei jou om die bos en smokkel met jou kop. Dit verg toewyding om diep in jou algemene kennis te delf en jou weg tussen versteekte woordbetekenisse te vind. Die Eerste Afrikaanse Kriptiese Blokraaiselboek bevat dertig nuwe raaisels en ’n meer uitdagende bonusraaisel. Kan jy dié breinbreker oplos sonder om die oplossings te raadpleeg? Sterkte vir die reis, en onthou: ’n Toeristeskip sonder soetgoed, is duister ten opsigte van betekenis!

Immer Wes (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Immer Wes (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dis met 'n skok dat sy Gustav weer sien by een van die baron se talle onthale. Die swaarkry van die oorlog het egter sy tol geeis en daar is weinig oor van die eens beeldskone en ryk vrou. Hy herken haar nie dadelik nie. Sy doen moeite om te sorg dat dit so bly, want die vernedering sal vir haar te groot wees met haar rooigeskropte hande, haar dowwe hare en haar brandmaer lyf.

The Broken Snare - Prayer, The Pathway To Peace And Fulfilment (Paperback): Chris van der Merwe The Broken Snare - Prayer, The Pathway To Peace And Fulfilment (Paperback)
Chris van der Merwe
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Many of us end up in a net of misery at some point. The plans we made have collapsed, and our lives are falling apart. You have lost your partner, or your job, or your health has given in. You have lost the courage to keep living. A major crisis can, however, lead to inner growth and enrichment.

In our Christian faith there is the comforting message of a net that has indeed broken: With the death of Jesus, free access to God was made possible to all. The price for human guilt has been paid so that all people can always approach God with courage and boldness. But the joy of the broken net can only be experienced by those who know of and acknowledge the net that holds them captive, one from which they cannot escape themselves.

Only the humble can pray sincerely – and humility is the result of a healthy prayer life.

Sterre Vir Die Donker (Afrikaans, Paperback): Noreen Nolte Sterre Vir Die Donker (Afrikaans, Paperback)
Noreen Nolte
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie. Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net ’n pil moet drink om die donkerte tekeer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie. Om nie eers te praat oor die feit dat jy glád nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil doen nie. En die een persoon wat alles sou verstaan het, is vir altyd weg. Gelukkig bring die nuwe jaar ’n paar veranderinge wat Helena so ’n bietjie ligter laat voel. Haar viool begin weer sing, en sy besluit om self antwoorde te begin soek. Ongelukkig is ’n antwoord egter nie altyd goeie nuus nie ... Hoe kón sy Luca met die duifgrys oë se gesels, sy hand om hare, so heeltemal verkeerd verstaan het? Kan een dom-onnosele besluit se gevolge regtig so ver uitkring dat dit iemand se toekoms sal vernietig? Ergste nog, wat presies moet sy met al hierdie antwoorde doen? Helena begin dink dat om nie te weet nie, dalk tóg beter is. Skielik klink weghardloop na ’n goeie plan … maar is dit?

Reg In Die Middel Van Nerens (Afrikaans, Paperback): Nellie Alberts Reg In Die Middel Van Nerens (Afrikaans, Paperback)
Nellie Alberts
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vir die eerste keer vandat Vandre en sy ma Engeland toe geëmigreer het, gaan hy en sy pa sy ouma-hulle besoek, maar ’n lelike motorongeluk reg in die middel van die Boesmanland ontspoor hulle planne. Vandre, op soek na hulp vir sy beseerde pa, verdwaal heeltemal in ’n onbekende stukkie van die wêreld.

Dit word ’n stryd van oorlewing teen die natuur en teen homself

Learn To Read (Level 2) 6: Tippie And Bud Hunt (Paperback, 6th edition): Jose Palmer Learn To Read (Level 2) 6: Tippie And Bud Hunt (Paperback, 6th edition)
Jose Palmer; Illustrated by Zinelda McDonald; Reinette Lombard
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days
Superskurk (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Superskurk (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Daar is ten minste 10 000 redes waarom ’n vakansie by Wessel se oupa NIE ’n goeie idee is nie.

Sy oupa Zirk bly in ’n groot, grillerige ou huis buite die stad.

’n Tronk is meer pret. Die kamers is donker en dit ruik na visaas en seemeeupoef.

Daar is honderde reëls in sy oupa se huis, en selfs al gehoorsaam jy al die reëls, is ’n hamerkophaai met tandpyn nog steeds vriendeliker as sy oupa. Toe Wessel se ouers hom dus by sy oupa aflaai sodat hulle op ’n eilandvakansie kan gaan, weet hy die goorste vakansie van sy lewe het pas aangebreek.

Maar iets is nie pluis nie. Waarom sluip sy oupa snags in die donker rond?

Wat steek hy in die geheimsinnige gebou buite in die tuin weg waar Wessel glad nie mag kom nie? Hoekom het hy party oggende vreemde skrape en bloukolle, asof hy in ’n geveg was?

Daar is net een manier om uit te vind ...

Kort voor lank is Wessel deel van ’n wilde pretrit vol superhelde, skurke, supercool tegnologie, agterbakse planne en ongelooflike ontploffings! En dit lyk of die verveligste vakansie van sy lewe dalk die avontuur van ’n leeftyd gaan word ...

Tsohle-hara-e le nngwe: Mananeo a ho ithuta a hokahaneng: Grade 2: Learner's book - Home language (Sotho, Southern,... Tsohle-hara-e le nngwe: Mananeo a ho ithuta a hokahaneng: Grade 2: Learner's book - Home language (Sotho, Southern, Paperback)
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 8 - 13 working days
House Of Horrors - My 16 Years Of Hell In Springs (Paperback): Susan Cilliers House Of Horrors - My 16 Years Of Hell In Springs (Paperback)
Susan Cilliers
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

My father, the monster of the Springs house of horrors

“I kneel on the foot piece next to the bed and lower my head. A piercing, burning pain engulfs my entire face. Dad has kicked me. Blood is gushing from my nose. Then I feel cold water being poured all over my body. Electrical wires shock me, I can’t see through the blood. God, help me.” (Translated)

Landi is the eldest of five children who were rescued from the so-called Springs house of horror. She is now 21 years old and tells her astonishing story for the very first time. In May 2014, police raided the house where a sadistic father had imprisoned, abused and tortured his wife and five children in a rat-infested den of sleaze.

In chilling detail, Landi recalls how their father assaulted them by tasering them, shooting them with a gas pistol and burning them with a blowtorch, how he researched torture methods and nearly drowned them in a bathtub.

She relates her memories to Susan Cilliers, an experienced journalist, who documents it with compassion, skilfully combining it with facts that emanated from the police investigation and court case.

House of Horrors is the shocking tale of a father who took everything from his family in the cruellest possible way, but it is also a story of hope about a brave young girl who eventually finds happiness and healing.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Lekkerlag Pretboek
De Wet Hugo Paperback R185 R165 Discovery Miles 1 650
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R260 R244 Discovery Miles 2 440
Under The Baobab Tree
Roslynne Toerien, Julie Smith-Belton Hardcover  (1)
R190 R176 Discovery Miles 1 760
She Is Safe - An Exposé Of The Dark…
Emma van der Walt Paperback R300 R281 Discovery Miles 2 810
Kringloop
Bets Smith Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik…
Stephan Joubert Paperback R220 R197 Discovery Miles 1 970
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Die Manjifieke Onthulling Van Mel
Jacolet van den Berg Paperback R300 R281 Discovery Miles 2 810
The English Handbook and Study Guide - A…
Beryl Lutrin Paperback  (1)
R370 R320 Discovery Miles 3 200

 

Partners