0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
Status
Brand

Promotions > South African Heritage Shop > Books

Help! My Kind Is Anders - Ontdek Die Ster In Jou Anderster Kind (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Help! My Kind Is Anders - Ontdek Die Ster In Jou Anderster Kind (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind ‘anders’ is? Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy’s op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hy ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? En sę nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs?

In Help! My kind is anders! beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? En waar begin ’n mens as jy dink daar is fout? In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime.

Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Christien Neser is ’n skrywer en spraakterapeut wat al vir sowat 40 jaar in praktyk is.

Nuwe Alles-In-Een Graad R Werkboek vir Wiskunde (Afrikaans, Paperback): Mart Meij Nuwe Alles-In-Een Graad R Werkboek vir Wiskunde (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij
R193 Discovery Miles 1 930 Ships in 2 - 4 working days

Die Nuwe Alles-In-Een reeks is volledig hersien en aangepas volgens die Kurrikulum-en asesseringsbeleidsverklaring. Is beskikbaar vir die vakke Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede. Kan per vak of as pakket gebruik word. Is beskikbaar vir Gr R-3. Word gebruik saam met die gratis werkvelle op die CD in die Onderwysersgids.

What Do Monsters And Mermaids Munch? (Paperback): Lori-Ann Preston What Do Monsters And Mermaids Munch? (Paperback)
Lori-Ann Preston
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Have you ever wondered what monsters and mermaids eat for breakfast? Do you know what a Bloobidah’s favourite lunch is? And do you know how to make frikkadells for dragons?

Find out in this FUN, COLOURFUL and MOUTH WATERING recipe book!

Children will love these easy to follow recipes that will also ensure hours of fun. Without making too much of a mess!

Die Klein Boek Van: Reuserekords (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Klein Boek Van: Reuserekords (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die klein boeke met baie inligting.

Het jy geweet …

… muskiete is van die dodelikste diere op aarde?

… piesangs is radioaktief?

… jou vingers het glad nie spiere nie?

Leer meer FANTASTIESE FEITE oor mense, diere, bome en selfs die buitenste ruimte en verras jou familie en vriende met hoe baie jy weet!

Hierdie splinternuwe reeks deur geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen bestaan uit vier boeke.

Een bevat fantastiese feite, een bevat gruwelike geheime en onopgelosde raaisels, een bevat katastrofiese kattekwaad en lekker poetse en een bevat reuserekords van alle soorte.

Tippie?s First Book Series (Boxset) (Paperback): Zinelda McDonald Tippie’s First Book Series (Boxset) (Paperback)
Zinelda McDonald; Jose Palmer, Reinette Lombard, Nandi Lessing-Venter
R395 R370 Discovery Miles 3 700 Save R25 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Tippie is now available in books for babies and toddlers!

This series is packed with colourful illustrations, hilarious characters, and silly stories that will make both toddlers and parents giggle with delight.

In “Tippie’s first book of pets,” toddlers will join Tippie on his quest to find the perfect pet, while they also learn about shapes. Tippie gets to choose from a group of zany animals – from an oval pony that loves eating macaroni to a star-eyed guinea pig with a wig! Tippie and these funny animals will entertain your little one while teaching them about different types of pets.

“Tippie’s first book of colours” is a rainbow explosion of emotions! Each page is bursting with bright colours and typical toddler emotions. Your toddler will learn to identify colours while enjoying a journey of emotions through a world of red, green, yellow, blue, and more.

Get ready for some opposite shenanigans in “Tippie’s first book of opposites”! Join Tippie and Robin as they explore the world in a whole new way, with their dummies and bottles hidden away and their minds open to endless possibilities. With hilarious antics and plenty of laughter, this charming story is sure to delight both children and adults alike. It’s a great way to introduce your little one to the concept of opposites while keeping them entertained with silly antics.

In “Tippie’s first book of numbers,” numbers come alive in a riotous romp through a world of sleep-over counting. Tippie and four of his little friends have a slumber party and will have your little one laughing and learning as they explore the world of numbers from 1-5.
Last but not least, “Tippie’s first book of sounds” is a hilarious journey through a variety of everyday sounds. Your baby will learn about different types of sounds while giggling along with the silly characters. Join in the fun as Gramps wins the prize for the loudest sneeze, while Robin is giggling because Tippie is wearing his undies on his head. Can you guess the sound that Tippie makes when he drinks his juice too fast? Who knew that learning about sounds could be so much fun?

Engele In Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Engele In Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dis twee jaar ná ’n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan.

’n Knorrige man met ’n fyn meisiekind en ’n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor ’n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik?

Ida voel en lyk soos ’n ou en halwe vrou na ’n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. Ellie en Justin smag steeds na ’n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos ’n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter ’n onverwagse band met ’n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier. En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander.

Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.

Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis - Die Soektog (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis - Die Soektog (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen; Illustrated by Andre Trantraal
R100 R94 Discovery Miles 940 Save R6 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Die soektog besef die kinders alles is nie pluis nie. Eers kry hulle nie meer iets soets om te eet nie en dan hoor hulle daar’s nie genoeg geld vir hulle om aan sportaktiwiteite deel te neem nie. Dis veral onregverdig omdat Verna op pad was om aan die Nasionale Danskampioenskap deel te neem.

Die mislike Dedrei, die dogter van die welsyntannie, mag dan nog steeds deelneem.

Clint en sy maats besluit om ’n soektog te loods en uit te vind wat aangaan ...

Wilde Wikus (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Wilde Wikus (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

'n Wilde wragtig genaamd Wilde Wikus Het daar 'n zombie-virus uitgebreek? Is ruimtewesens besig om die aarde aan te val? Het iemand 'n hele weermag ninja-robotte losgelaat? Of waarom wil Wikus se beste maat, Rico, dan skielik nie meer Vrydagmiddag by hom kom kuier nie? Die waarheid is nog erger as zombies, ruimtewesens of ninja-robotte. Rico het 'n nuwe beste maat. Iemand wat baie opwindender as Wikus is. Wikus besluit om 'n plan te maak … Hierdie is 'n humoristiese, toeganklike boek geskik vir beginner- en intermedięre lesers. Daar is min boeke vir seuns in hierdie ouderdomsgroep. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.

Blinde Gode - Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Blinde Gode - Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het, word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die bewakers bewaak word?

Aella O’Malley is bevorder na bevelvoerder van die speurtak op Opathe sedert die dramatiese gebeure in Dowe gode. Dis nou eers ’n week en sy moet nog gewoond raak daaraan wanneer mense haar as kolonel aanspreek.

Sy sukkel steeds om die dood van haar geliefde Roel te verwerk en is getraumatiseer deur Whistler se verraad. Sy ontvang besoek van ’n afgevaardigde van ’n presidensiële kommissie van ondersoek na korrupsie in die strafregstelsel – op die presiese tydstip wat ’n plaaslike landdros dood in sy motor gevind word. Hy is tereggestel.

Aella is verplig om kontak te maak met majoor Christophe Leblanc om haar te help om data te herwin ten einde die ondersoek te bespoedig. Leblanc is ’n Fransman van Interpol wat Suid-Afrika toe gestuur is om uit te vind wat van die geld word wat Europa vir renoster bewaring skenk.

Terselfdertyd word twee renoster stropers koelbloedig voor kolonel Alexander MacLachlan op die verre noordelike grens van die provinsie doodgeskiet. Hy arresteer die moordenaar op die toneel. Sy saak word beduiwel toe die moordenaar homself om die lewe bring.

Hoe hou die moord op ’n landdros en die teregstelling van twee renoster stropers met mekaar verband? Die ondersoek lei O’Malley en MacLachlan na mekaar, met skokkende gevolge.

Die ondersoek is egter ook ’n helingsproses vir O’Malley. Deur die harde werklikheid van ’n moordondersoek leer sy dat die dooies die dooies moet begrawe en dat hoop nooit ydel kan wees nie.

Liewe Heksie: Leesboek 3 (Afrikaans, Paperback): Verna Vels Liewe Heksie: Leesboek 3 (Afrikaans, Paperback)
Verna Vels; Illustrated by Vian Oelofsen
R265 Discovery Miles 2 650 Ships in 2 - 4 working days

Suid-Afrika se mees geliefde vriendelike heksie is terug!

Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, sal verseker dat Verna Vels se besondere verhaalskat nou vir ’n nuwe generasie kinders oopgesluit word. Elke bundel bevat drie oorspronklike Liewe Heksie-stories, spesiaal aangepas as voorlees- of selfleesstories vir 3 tot 6 jariges. Besondere volkleur-illustrasies deur Vian Oelofsen vergesel die teks en beeld Liewe Heksie, Blommie Kabouter, Karel Kat, Koning Rosekrans en al die bekende karakters in Blommeland op ’n nuwe, maar tog baie herkenbare manier uit.

In Liewe Heksie: Leesboek 3 neem Liewe Heksie deel aan ’n donkieresies, pas sy Kwaaitjie se baba-boetie op en word sy en Koning Rosekrans deur die gifappeltjies ontvoer!

Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!

Gerook (Afrikaans, Paperback): Eldridge Jason Gerook (Afrikaans, Paperback)
Eldridge Jason 1
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Cobie het lank uitgesien na die Desember-skoolvakansie. Om ’n paar weke by sy ouma op Vaalberg te kom bly, was egter beslis nie deel van sy vakansieplanne nie. Maar dié Weskusdorpie is nie heeltemal so vaal en vervelig soos sy naam sę nie ...

Is dit sy verbeelding, of hou iemand hom dop?

Wie is die geheimsinnige Lady Zee wat hom skielik op Mxit kontak?

En is dit waar dat Vaalberg saans ná sononder in ’n gevaarlike tik-nes verander?

Hierdie opwindende, spannende jeugroman stel die leser bekend aan ’n skemerwęreld van dwelms en tienergevare waaroor daar nog baie min in Afrikaans geskryf is.

Sacrifice To The Flies (Paperback): Fanie Viljoen Sacrifice To The Flies (Paperback)
Fanie Viljoen
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

The multiple award winning Offers Vir Die Vlieë - now in English!

"When we reported to Training Camp Alpha at seventeen, we each got our own S13. That day, when I wrapped my hands around the black metal casing of the rifle, something in me died. I just didn’t realise it yet."

Thirty soldiers in a dystopian state receive intense military training from chilhood. Six young soldiers, depraved of their humanity and their youth, remain and are deployed to the Front.

One of them murder their section leader.

All of them deny guilt.

Which one of them is lying?

Poppie Viool en die Swartwoud-arende (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Poppie Viool en die Swartwoud-arende (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Poppie Viljoen is op pad na die Swartwoud Kinderhuis toe nadat eers haar ouma en toe haar oupa oorlede is. Sy is alleen. En al wat sy oorhet, is 'n viool wat al lank in die familie is. Van die oomblik dat sy by die kinderhuis aankom, hoor sy die gerugte oor spinnekoppe wat so groot is soos katte en oor die mensvreter-arende ... Poppie steur haar nie veel daaraan nie tot sy een aand voorgestel word aan professor Mancini, 'n pratende portret. Hy is eintlik 'n musiekonderwyser. Hy lei Poppie om te ontdek dat haar viool baie spesiaal is ... en dat die musiek van haar viool die krag het om mensvreter-arende se harte te verander sodat hulle uiteindelik weer mense word. Hierdie boeiende storie word pragtig vertel deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen. Die storie van Poppie Viool sal lesers herinner aan die krag van musiek en liefde!

Klaskameraad Leesgids: Zoem! (2-in-1) (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Klaskameraad Leesgids: Zoem! (2-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen; Compiled by Ilouise Muzzel
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie gebruikersvriendelike en praktiese leesgids is só saamgestel dat leerders dit saam met die leesboek in die klas kan gebruik. Die gids begin met basiese literęre aspekte, gevolg deur vrae, skryf- en mondelingaktiwiteite vir elke hoofstuk. Die antwoorde sal op ‘n QR-kode beskikbaar wees.

Theseus (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman Theseus (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Maths Handbook & Study Guide - Grade 12 Teacher's Guide And Answer Book (Paperback): Kevin Smith Maths Handbook & Study Guide - Grade 12 Teacher's Guide And Answer Book (Paperback)
Kevin Smith
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Klaskameraad Leesgids: Die Ware Avonture van Adelie en Riley (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman-Du Toit Klaskameraad Leesgids: Die Ware Avonture van Adelie en Riley (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman-Du Toit; Compiled by Ilouise Muzzel
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie gebruikersvriendelike en praktiese leesgids is só saamgestel dat leerders dit saam met die leesboek in die klas kan gebruik. Die gids begin met basiese literęre aspekte, gevolg deur vrae, skryf- en mondelingaktiwiteite vir elke hoofstuk. Die antwoorde sal op ‘n QR-kode beskikbaar wees.

Handskoenpop-Badboek 1: Sussa Seekoei (Afrikaans, Bath book): Handskoenpop-Badboek 1: Sussa Seekoei (Afrikaans, Bath book)
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad!

Hierdie boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluide

Tippie LML Aktiwiteitstel 2 Vlak 1 (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Tippie LML Aktiwiteitstel 2 Vlak 1 (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die LEER MY LEES-reeks is nie net pret om te lees nie, dit bevorder ook woordeskat en leesbegrip. Tippie hou so baie van SPEEL, LEER en ONTDEK dat daar vier aktiwiteitstelle ontwikkel is wat saam met die Leer my lees Vlak 1-boeke gebruik kan word.

Tippie LML Aktiwiteitstel 2 Vlak 1: 70 alfabetflitskaarte en ’n persoonlike prentjie-woordeboek

101 Diere Grappe (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs 101 Diere Grappe (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret!

Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lę van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en ’n hele klomp grappe wat sommer net heeltemal verspot is!

Wat is geel en rond en jaag bo-oor ’n rooi lig?

’n Suurlemoen sonder brieke

Wat is die beste manier om ’n apie te vang?

Klim in ’n boom en maak ’n geluid soos ’n piesang.

Wat kan erdvarke kry wat geen ander dier op aarde kan kry nie?

Baba-erdvarkies

Wat is geel en het vier wiele?

’n Piesang. Jammer, ek het gejok oor die wiele. v Klop-klop.

Wie’s daar?

’n Bazoeka.

’n Bazoeka wie?

’n Bazoeka uit die buitenste ruimte!

Daar is vier lekkerlag-titels in die reeks:

- 101 Diere-grappe

- 101 Klop-klop-grappe

- 101 Lawwe-grappe

- 101 Pouse-grappe

Mentje, Kind Van Pas-Opkamp (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Mentje, Kind Van Pas-Opkamp (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Here, Pappa se Hemelse Vader, het saam met Pappa verdwyn. In hierdie tent vol mense is sy stokalleen. “Ek is net maar hier, dink Mentje. Net maar nog ’n mond wat moet kos kry, nog ’n lyf wat gewas moet word, nog ’n asem in die hut. Nog ’n kind.”

Die Tweede Węreldoorlog in al sy hebsug en barbaarsheid breek uit toe Mentje de Vries, ’n Nederlandse oorlogswesie, tien jaar oud is. Sy beland saam met Joodse vlugtelinge in ’n geheime kamp in die Nederlandse woude. Toe die situasie te gevaarlik raak omdat die Duitsers die kamp enige dag gaan ontdek, moet sy vlug na familie in Arnhem, maar daar is sy ook nie welkom nie. Sy moet veg om oorlewing tydens die Slag van Arnhem en gepaardgaande Honger Winter van 1944­ - 1945.

Byna aan die ander kant van die węreld, in Suid-Afrika, sluit Tinus van Jaarsveld as ’n valskermsoldaat by die Britse Leër aan. Dit is nie soseer trou aan die Britse Ryk wat hom daartoe dryf nie, maar die vergoeding wat hy daarvoor gaan kry, want hy wil die Van Jaarsvelds se familieplaas terugkoop. Toe hy by Arnhem gewond word, stel Mentje haar lewe in gevaar om hom te red.

Ná die oorlog laat kom Tinus haar na Suid-Afrika en sy moet aanpas by nuwe omstandighede, midde-in drie geslagte van die verskeurde Van Jaarsvelds. Verlies en versoening, mensliewendheid en vergifnis is die kamerade wat Mentje en Tinus deur beproewende tye dra.

Irma Joubert is ’n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort.

Superhelde van die Savanna (Afrikaans, Paperback): Marleen Lammers Superhelde van die Savanna (Afrikaans, Paperback)
Marleen Lammers; Illustrated by Anja Stoeckigt 1
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe ’n klein bakoorjakkals deur ’n vreeslose, brawe ratel gered word, besluit hy om by hom te bly vir beskerming. Die ratel dink eers glad nie dis oulik nie ... maar dalk het die jakkalsie ook ’n paar nuttige vaardighede!

’n Prettige en pragtige prenteboek oor vriendskap.

Learn To Read (Level 3) 3: Tippie And The Squirrel (Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Learn To Read (Level 3) 3: Tippie And The Squirrel (Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

The Level 3 books are designed to build on Levels 1 and 2 whilst introducing new consonant blends and digraphs. Additionally, the stories have been written to encourage inferencing and problem solving through the stories and images to enhance the reader’s skills and fun!

Klaskameraad Study Guide: Halley's Comet (Paperback): Hannes Barnard Klaskameraad Study Guide: Halley's Comet (Paperback)
Hannes Barnard; Compiled by Sou Leong
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

The guide is user-friendly and practical to support the teaching process of the novel as literary work in the classroom. There if a focus on the following: Historical context on the production of the text, Etymology and Cultural Signifiers, Close-reading Activities, Literary elements, Themes & Symbolism/motifs, Creative Writing tasks, Literary Essays.

Klaskameraad Studiegids: Gerook (Afrikaans, Paperback): Eldridge Jason Klaskameraad Studiegids: Gerook (Afrikaans, Paperback)
Eldridge Jason; Compiled by Marieta Nel
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dark Feelings, Grim Thoughts…
Robert C. Solomon Hardcover R1,881 Discovery Miles 18 810
Translation Effects - Language, Time…
Mary Kate Hurley Hardcover R2,677 Discovery Miles 26 770
Surreal Entanglements - Essays on Jeff…
Louise Economides, Laura Shackelford Paperback R1,248 Discovery Miles 12 480
Romanticism's Other Minds - Poetry…
John Savarese Hardcover R1,799 Discovery Miles 17 990
The Newcomes - Memoirs of a Most…
William Makepeace Thackeray Paperback R570 Discovery Miles 5 700
Perspektief en profiel - 'n Afrikaanse…
H.P. van Coller Paperback R907 Discovery Miles 9 070
Rationality Is . . . The Essence of…
Norm Klassen Hardcover R863 R746 Discovery Miles 7 460
More than Meets the Eye - What Blindness…
Georgina Kleege Hardcover R3,269 Discovery Miles 32 690
Empirical Approaches to Literature and…
Roger J. Kreuz, Mary Sue MacNealy Hardcover R2,691 Discovery Miles 26 910
The Making of Jane Austen
Devoney Looser Hardcover R722 R677 Discovery Miles 6 770

 

Partners