0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
Status
Brand

Promotions > South African Heritage Shop > Books

Op Die Maat Van Maya (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Op Die Maat Van Maya (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Liefde op die maat van die musiek ...

Toe Maya en Joe mekaar een aand by ’n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil gaan studeer nie ...

Maar toe sy danksy Joe se band die kans kry om haar musiekheld, Franco de Jong, te ontmoet vind sy iets uit wat haar hele lewe in twyfel roep. Boonop is Mark se ma dodelik siek en sy begin al hoe meer tyd saam met haar eks, wat nog steeds vir haar lief is, spandeer.

Wanneer alles waarin Maya geglo het skielik uitmekaarval, moet sy leer om haar eie wysie te skryf.

Tippie: leer my lees (Vlak 2) 5: Tippie en die uil (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Tippie: leer my lees (Vlak 2) 5: Tippie en die uil (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geillustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan klanke soos "eu", "ie" en "ou" bekend. Die eerste agt boekies in die Leer my lees-reeks is baie gewild. Die tweede reeks volg op die eerste en stel die leser aan ietwat ingewikkelder klanke bekend.

Reading Guide: Taking selfies with a sheep (1ste druk) (Paperback): Alet Mihalik Reading Guide: Taking selfies with a sheep (1ste druk) (Paperback)
Alet Mihalik; Translated by Linda Roos
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Study guide to use as supplementary source with prescribed book

Eerste Bloed - Wereld Van Wolwe: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Eerste Bloed - Wereld Van Wolwe: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.”

Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ...

“Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio.

Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lê nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele wêreld op sy kop keer.

Die weerwolwe wag vir hom ...

Suidoosterdraak (Afrikaans, Paperback): Dianne Hofmeyr Suidoosterdraak (Afrikaans, Paperback)
Dianne Hofmeyr; Illustrated by Carol Thompson
R100 R94 Discovery Miles 940 Save R6 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Storm! Storm! Reën ploeps teen die venster, wind pluk-pluk aan die deur. “Kom ons gaan jag Suidoosterdrake,” sê Oupa.

‘Pasop, drake. Hier kom ons!’

Oupa en sy kleinkind gaan op ‘n wilde en wonderlike avontuur af strand toe tydens ‘n storm. Daar vind hulle draakvoetspore, draakjuwele en selfs ‘n draakbaba, maar wat sal gebeur as hulle die rêrige Suidoosterdraak vind?

Verbode Drif (Afrikaans, Paperback, 2de Heruitgawe): Irma Joubert Verbode Drif (Afrikaans, Paperback, 2de Heruitgawe)
Irma Joubert 1
R320 R127 Discovery Miles 1 270 Save R193 (60%) In Stock

Sy’s ʼn boeremeisie, hy ʼn Jood. ʼn Boerejood, ja, maar nogtans ʼn Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie.

Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ʼn plan. Altyd.

Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê … Totdat Elizabeth gedwing word om ʼn doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.

Pumpkin Finds Her Kindness (Paperback): Bianca Flanders Pumpkin Finds Her Kindness (Paperback)
Bianca Flanders; Illustrated by Zinelda McDonald
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

A story about finding your kindness when the big green monster of jealousy rears its head ... “Pumpkin Pie was grumpy. Her day had been the worst. She thought she’d win a prize at school but Megan had come first. Her anger started rumbling. It SIZZLED, SNAKED and GREW into a big green monster that she couldn’t quite undo.”

Vuil Ferdie: Eeuw! (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Vuil Ferdie: Eeuw! (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In hierdie boek kan jy lees hoe Vuil Ferdie sy stinkerige hond probeer bad; vir sy juffrou groot laat skrik op ’n skooluitstappie en hoe Ferdie dit skelm regkry om self hand by te sit in die ontwerp van die nuwe skooluniforms.

Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dawid skryf in Psalm 119:103, “Hoe aangenaam is U Woord, soeter as heuning in die mond.” Soos wat ’n vars byekorf nog uitgepers moet word om egte, onverwerkte heuning voort te bring, so help Soeter as heuning jou om Bybelse waarhede te ontdek en selfs te herontdek, soos jy diep oor elkeen nadink en dit in jou lewe toepas.

Deur God se Woord sorgvuldig in te neem, ontdek Dawid die diepte van God se liefde en vergifnis. Hy ervaar innerlike genesing en lewensvreugde wat net God in sy lewe kon bring.

Soeter As Heuning kan jou help om ook so ’n ervaring soos Dawid te hê.

Baster (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Baster (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hondegevegte en doodsdreigemente!

Baster is die storie van Karel, ’n seun wat met honde kan praat, en Hêppie, ’n liefdevolle brak wat gedwing word om ’n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur

Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In haar grootwordjare in die laat tagtigs dra vroue skreeuhelder neonkleure, skouerkussings en groot hare. Maar nie háár aanneemma nie en ook nie Kaila sélf nie. Sy skáám haar!

Haar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie.

Kaila word bespot en leer verwerping ken op vele vlakke.

Daar is ’n gevaarlike, verbode aantrekkingskrag tussen haar en haar Wiskunde-onderwyser. Sal hy die liefde van haar lewe wees?

Ná ’n motorongeluk wat ernstige letsels laat, verdwyn Kaila se ma spoorloos. Die onsekerheid en verlange spook lank daarna nog by haar.

As enkelouer stort sy jare later al haar liefde uit op haar seun, Sebastian. As hy tog net nie bevriend was met Bertina, die wildewragtige dogter van Max Viljoen, nie! Toe Bertina swanger raak, staan Kaila se seun se toekomsdrome gevaar om verpletter te word. Wat gemaak met die swangerskap wat soveel mense se lewe in skerwe laat spat? Max is vasbeslote dat sy dogter nie alleen met die baba in die arms gaan bly staan nie terwyl Kaila haar seun wil beskerm. Eintlik het Kaila en Max mekaar nodig, maar Kaila se hart breek wanneer sy die pyn in haar jong seun se oë sien.

En Kaila weet, sy weet, ’n mens het meer nodig as ’n blom in jou hare om gelukkig te wees.

Max die Dapper Gorilla en Ander Ware Dierestories (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Max die Dapper Gorilla en Ander Ware Dierestories (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Alex van Houwelingen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ongelooflike ware dierestories wat jou asem sal wegslaan.

Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit hoe Max die dapper gorilla van die Johannesburgse Dieretuin dit reggekry het om ’n skurk vas te trek, reis meer as 1 600 kilometer ver saam met Huberta die seekoei wat besluit het om die land te verken, en ontmoet ’n oulike vlermuis wat deur ’n mens-mamma grootgemaak is! Hierdie boek bevat ses wonderlike ware dierestories:

1. Max die gorilla vang ’n skelm

2. Huberta die seekoei stap suid

3. Noodle leer om ’n vlermuis te wees

4. Kees kry lus vir koek

5. Zhu, die sterk Chinese vark

6. ’n Beer word soldaat

Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

My First Book Of East African Birds (Paperback, New Edition): Dave Richards My First Book Of East African Birds (Paperback, New Edition)
Dave Richards
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

This first book of birds introduces children to the birds most commonly seen in gardens and wildlife areas in East Africa. The 58 birds are featured in full colour illustrations, with visual cues to each birds size, the food it eats, its nest and the footprint it leaves behind. This lively approach will appeal to young readers, as well as to learners of all ages who wish to improve their knowledge of other languages.

Die Vroue Van Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Die Vroue Van Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Vroue Van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue.

Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in ’n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is ’n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem ’n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek.

Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer ’n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word ’n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk.

Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het.

Tippie: leer my lees (Vlak 1) 10: Tippie en die bul (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Tippie: leer my lees (Vlak 1) 10: Tippie en die bul (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne†gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Die Ware Avonture van Adelie en Riley 2 - Die Amadidas (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker Die Ware Avonture van Adelie en Riley 2 - Die Amadidas (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ... In “Die Amadidas” speel Adelie en Riley op die klimraam. Skielik is hulle omring deur baie bomme en bosse – die Amasone!Groot, kwaai voëls probeer hulle bykom. Adelie en Riley moet saamwerk om die vreemde voëls af te weer ...Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker.Maar hoekom bly daar groot blertse op die klimraam agter?

Superskurk (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Superskurk (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Daar is ten minste 10 000 redes waarom ’n vakansie by Wessel se oupa NIE ’n goeie idee is nie.

Sy oupa Zirk bly in ’n groot, grillerige ou huis buite die stad.

’n Tronk is meer pret. Die kamers is donker en dit ruik na visaas en seemeeupoef.

Daar is honderde reëls in sy oupa se huis, en selfs al gehoorsaam jy al die reëls, is ’n hamerkophaai met tandpyn nog steeds vriendeliker as sy oupa. Toe Wessel se ouers hom dus by sy oupa aflaai sodat hulle op ’n eilandvakansie kan gaan, weet hy die goorste vakansie van sy lewe het pas aangebreek.

Maar iets is nie pluis nie. Waarom sluip sy oupa snags in die donker rond?

Wat steek hy in die geheimsinnige gebou buite in die tuin weg waar Wessel glad nie mag kom nie? Hoekom het hy party oggende vreemde skrape en bloukolle, asof hy in ’n geveg was?

Daar is net een manier om uit te vind ...

Kort voor lank is Wessel deel van ’n wilde pretrit vol superhelde, skurke, supercool tegnologie, agterbakse planne en ongelooflike ontploffings! En dit lyk of die verveligste vakansie van sy lewe dalk die avontuur van ’n leeftyd gaan word ...

Bloedlyn (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Bloedlyn (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust 1
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is. Te meer omdat haar stiefpa, ’n sielkundige, in sy ondersoek na hierdie geval byna bo twyfel bewys het kinders erf hulle voorgeslagte se bose gene.

Renata bevind haar in ’n benouende posisie toe haar pa al hoe sterker verdink word van die reeksmoorde wat sy en haar kollega ondersoek. Hoewel die doodstraf destyds oor haar pa uitgespreek is, het hy op pad na sy teregstelling ontsnap en nou lyk dit of hy veel nader aan Renata woon en leef as wat sy gedink het. Eers wanneer hy agter tralies is, sal sy met haar lewe kan aangaan. Wel, in die sin dat sy dan sal kan bewys sy wil hom uit die samelewing verwyder.

Maar is die reeksmoordenaar inderdaad haar pa? En as dit nie is nie, hoekom kry Renata telkens ’n boodskap daaroor en waarom word die slagoffers op sulke strategiese plekke gevind?

Klaskameraad Sigwoordeboek: Ek Lees Self-Reeks (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Klaskameraad Sigwoordeboek: Ek Lees Self-Reeks (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Compiled by Wendy Maartens
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die boek is ’n samestelling van drie sigwoordboekies. Elke sigwoordboekie is gebaseer op ses boekies wat uit Wendy Maartens se Ek lees self-leesreeks kom. In die sigwoordboekies het Wendy Maartens die presiese resep, wat sy jare lank in haar klas gebruik het om sigwoorde mee vas te lê, neergeskryf. Dis maklik en sonder fieterjasies. Dit is spesiaal saamgestel om as ondersteuningsmateriaal vir die ouers by die huis en die onderwyser in die klas te dien.

Lam Ter Slagting (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Lam Ter Slagting (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat het ’n geheime organisasie en ’n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen?

Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ’n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ’n reeks is nie.

Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hu gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ’n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ’n belofte van nog ’n moord oor drie en dertig dae.

Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk ’n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak?

Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van ’n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.

The Key Clue (Paperback): Andre Trantraal The Key Clue (Paperback)
Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

On Friday afternoon, Samier and Samia are visiting Keegan until their father has finished praying at the mosque.

On their way to Keegan’s house, Jenni-Lee picks up a bunch of keys. Keegan’s grandmother decides to show them how fingerprints work, and they do some sleuthing together …

Will they be able to identify who lost their keys?

Leer my lees (V2 Grootboek 1): Tippie en die boom (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer Leer my lees (V2 Grootboek 1): Tippie en die boom (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer; Illustrated by Zinelda McDonald; Reinette Lombard
R129 Discovery Miles 1 290 Ships in 4 - 6 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!

Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan klanke soos “eu”, “ie” en “ou” bekend. Die tweede reeks volg op die eerste en stel die leser aan ietwat ingewikkelder klanke bekend. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speelspeel by die kind vas te lê.

Hierdie grootboeke is onderwysersgidse met ekstra klaskamerhulpmiddels vir groeplees en aktiewe deelname.

Titels beskikbaar as Vlak 2-grootboeke:

1. Tippie en die boom
2. Tippie en die haas
3. Tippie en die duur mat
4. Tippie en die leer
5. Tippie en die uil
6. Tippie se neus jeuk
7. Tippie en die mier
8. Tippie se kous
9. Tippie soek 'n boek
10. Tippie en die braai

Kom Saam - Inspirasie vir jou Lewensreis (Afrikaans, Paperback): Sonja Goldberg Kom Saam - Inspirasie vir jou Lewensreis (Afrikaans, Paperback)
Sonja Goldberg
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom Saam is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis.

Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde ge-reed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God.

Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.

Vinkel en Koljander 4: Wilde Klawer (Afrikaans, Paperback): Vita du Preez Vinkel en Koljander 4: Wilde Klawer (Afrikaans, Paperback)
Vita du Preez
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Solitaire, Woestynroos, Droomland en Wilde klawer is ’n vierluik oor vier vroue wat deelgeneem het aan ’n Boer soek ’n vrou-kompetisie en hulle wedervaringe daarna. Wilde klawer is die vierde boek in die reeks en gaan oor McKenna Wilde wat ’n spesiale gawe het om deur aanraking te “sien”. Vir hierdie ekstrovert wat verkies om eerder op die ligter sy van die lewe te fokus, is dit eerder ’n vloek as ’n seen. ’n Brief van ’n onbekende vrou lei haar terug na haar geboorteland, Noord-Ierland. Hier word sy gekonfronteer met haar ma se donker verlede en die Wildes se betrokkenheid by die IRL (Ierse Republikeinse Weermag) se bloedige stryd teen Britse oorheersing. Maar dit is ook ’n reis na selfontdekking. McKenna leer sy kan nie van haarself en haar herkoms vlug nie. In haar soeke na selfaanvaarding word dit vir haar duidelik ’n vrou moet eers ’n man met haar hart kan vertrou voor sy hom met haar lyf vertrou. McKenna wat nog altyd weggeskram het van blywende verhoudings sien oplaas in dat intimiteit sonder liefde bloot ’n gejaag na wind is. In Portballintrae, ’n klein hawedorpie aan die Ierse Noordkus kruis haar pad met verskeie mense s’n wat haar nie noodwendig almal goedgesind is nie. Die Donovan-broers wat ’n pub in Bushmills besit. Die Engelsman James Fellowes wat navorsing oor the Troubles doen en die Suid-Afrikaner Tim Els. Tim Els,’n tandarts wat vir twee jaar in Noord-Ierland werk, is vasgevang in sy eie ongelukkige verlede. McKenna besef sy kan haar gawe gebruik om hom te help. Maar dit is moeilik om teen ’n spook vir ’n man se hart te baklei. Boonop is dit vir McKenna ’n vreesaanjaende gedagte dat sy haar leefruimte permanent met ’n man moet deel.

Splinters van Liefde (Afrikaans, Paperback): Alma Carstens Splinters van Liefde (Afrikaans, Paperback)
Alma Carstens
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alma Carstens se eerste omnibus ...

Splinters van liefde is 'n samestelling van drie van Alma Carstens se vorige Romanzas, Kaapse draai, Tyd sal leer en Luca se obsessie. Dit is Alma op haar beste: fyn uitgewerkte storielyne, diepgaande karakterisering en interessante plekke waar die verhale afspeel.

Kaapse draai:

Noudat Lani se vriendin haar oorreed het om te reageer op 'n man se advertensie dat hy na 'n vrou soek wat hy beter wil leer ken, is daar nie omdraai nie. Sy sal 'n maand lank op sy wynplaas moet deurbring. Min weet sy hy het nie die advertensie geplaas nie, sy skoonsuster het ... Dit is egter nie die enigste haakplek nie. Lani kan nie bekostig dat hy haar beter leer ken nie want dan moet sy ook vertel van die hartseer geheim oor haar herkoms en dit kan sy nie met hom deel nie. Juis nie met hierdie spesiale man wat gou al haar gedagtes in beslag neem nie.

Tyd sal leer:

Siënna vlug na haar vriendin in Malawi om weg te kom van haar pa wat haar in 'n huwelik wil dwing. Sy vind gou uit die eiland Likoma is nie vir sissies met ontwerpersklere en hoëhakskoene nie - en dat sy ook nie die enigmatiese en uiters sexy Marco op sy bosklere moet takseer nie. Gou val sy by die ritme van die eiland in en bewys telkens dat sy nie die bedorwe brokkie is waarvoor Marco haar aansien nie. Rikki stel voor Siënna en Marco trou om te verhoed dat haar pa sy sin kry. Sy stem in want sy weet die primitiewe eiland is presies waar sy en haar beminde Marco wil wees.

Luca se obsessie:

Die lenige Italianer met die helderblou oë wat Miranda se bloemiste op Valentynsdag instap, is beslis nie van plan om net so weer uit haar lewe te verdwyn nie. Maar sy belangstelling is ongelukkig nie van die soort wat 'n meisie laat huweliksklokke hoor nie. Miranda baklei hard teen die vernedering en ja, die hartseer. Want iets omtrent hierdie man verhoed haar om hom net as “daardie soort” af te skryf, hoe hard sy ook al probeer. En hy voer sy eie stryd, al weet sy nie daarvan nie, om die blonde meisie wat 'n obsessie vir hom geword het, uit sy gedagtes te weer. Sowat van hardkoppigheid ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Aurora
Tertius Janse Van Rensburg Book R300 R281 Discovery Miles 2 810
Rooigety
Bets Smith Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
A Thousand Eyes On You
Mia Arderne Paperback R210 R197 Discovery Miles 1 970
Thabo The Space Dude - Logbook 3…
Lori-Ann Preston Paperback R195 R183 Discovery Miles 1 830
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Junior Tweetalige Skoolwoordeboek…
Paperback R195 R174 Discovery Miles 1 740
Lekkerlag Pretboek
De Wet Hugo Paperback R185 R165 Discovery Miles 1 650
Sy is Veilig - 'n Onthulling Van Die…
Emma van der Walt Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
The English Handbook and Study Guide - A…
Beryl Lutrin Paperback  (1)
R370 R320 Discovery Miles 3 200

 

Partners