![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
NAASWENNER VAN LAPA SE JEUGROMANKOMPETISIE 2017! Soms is geluk soos ’n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak. Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. ’n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees. Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar ’n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak. Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak. En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crpes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na ’n meisie soos sy kyk nie. Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy ’n ou goudgeel kombi, ’n winkelpop genaamd Saartjie en ’n klomp fantastiese resepte begin hulle ’n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees. Maar toe Arnelia uit die bloute ’n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die o te kyk … ’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.
Get ready for outer space “I’m doooomed!” Thabo is horrified when his parents inform him that his family is moving to Mars. Could his life get any worse? Apparently so, since his parents are forcing him to document his last days on Earth in a log book. Will he survive Mars Boot Camp? Will he be able to smuggle his two best friends on board the space shuttle? And, most importantly, will he manage to sneak a farewell kiss from Mbali?
As ’n Duitse wesie kom Gretl n die Tweede Wreldoorlog Suid-Afrika toe. Vir haar oorlewing, het Jakb Kowalski besluit. Maar net Jakb ken haar groot geheim, kan dalk die vuur in haar drome verstaan. En help heelmaak.
Die geheim van ʼn goeie leuen is om altyd bietjie waarheid by te voeg ... Mila Berg is seker van een ding: Sy en Markus hoort saam. Vandat sy hom die eerste keer gesien het, was haar hart syne. Die feit dat hy ʼn vrou en kinders het maak geen verskil nie, want Mila het ʼn plan. Sodra sy haar regmatige plek in sy gesin inneem sal die verlede nie meer saak maak nie. Haar streng pa se frons sal nie meer rillings teen haar ruggraat afstuur nie. Haar ma sal haar weer in die o kan kyk. Die liters bloed op die kombuisvloer sal skoongewas word. Hulle almal sal haar sien, raaksien vir meer as die goeie suster. Mila se werklike lewe is binne haar bereik. Al wat sy moet doen is kophou.
The first day at a new school is always challenging - but even more so
when you’re Deaf. Ayen’s first day starts out well - her new teacher
knows Sign Language and some of the children are very friendly. But
then things start to go very wrong: some other kids start teasing and
bullying Ayen and the school really isn’t equipped to be Deaf friendly
or accessible. Will Ayen be able to face all the challenges that come
with being different?
Is jy gereed vir 'n skubberige avontuur? Darius se pa kan deur 'n rivier vol krokodille swem. Sy ma red ou tannies uit brandende geboue. Selfs sy kleinsussie skrik vir niks … En Darius? Hy is nie eens dapper genoeg om van die skool se duikplank af te spring nie. Maar alles verander toe hy op 'n dag 'n BAIE VREEMDE present by sy oupa kry … Jaco Jacobs se splinternuwe avontuurverhaal gaan oor bang wees en dapper wees - en dat daar 'n draak binne elkeen van ons is wat ons kan help om ons vrese te oorkom. Dit is 'n beginnerleesboek vir kinders met 'n sterk fokus op humor; met eenvoudige, maklik leesbare teks.
Haar verjaarsdag - ʼn hoender! Nina en Magriet is dadelik beste maats. Magriet gaan selfs elke dag ʼn eier l. Maar iewers is daar ʼn eierdief ... In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee gaan saam op hope avonture. In Magriet hou konsert voer Nina en Magriet ʼn konsert op, maar Magriet se kekkel is weg ... Die Magriet-reeks is gebaseer op die ware avonture van die skrywer se dogter, Nin, en haar hoenders, Matilda en Siena.
Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is ’n renerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel? Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime. Hulle kom ook op ’n ou seilskip af wat geanker is in ’n versteekte baai. Wat het dit met die kok Nicolas te doen? Is Nicolas dalk ’n seerower? Wie is Jessie, wat in die agterste kajuit van die skip aangehou word? En wie is die ware erfgenaam van Kaptein Verwoes se skat?
Waar die juffer toe gedissiplineer moet word
Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ... Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie. Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti's is daar ʼn moord. Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker ... as sy oorleef.
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik
geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke
bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort,
eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van
leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies;
'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord,
begripsvrae en 'n bladsy met €œvoltooi die sinne€ gebaseer op die
leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip
en woordeskat speel-speel by die kind vas te l. Boonop is die reeks
uitstekende waarde vir geld €“ dit is een van die mees bekostigbare
Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!
A Comprehensive IsiZulu Reference book that complements any class text and covers the Fundmentals of IsiZulu.
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - as daar nie ruimtewesens oorkant die straat intrek nie, probeer iemand die hele skool se kinders in zombies verander! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou! Vir die eerste keer is die eerste vier Sanri-stories nou in een lekkerlees-omnibus beskikbaar! Dit sluit in: 1: Doktor Zombos se geheime formule Sanri droom daarvan om eendag 'n joernalis te word - en toe sy en haar ma na die klein dorpie Raaiselfontein trek, besluit sy om haar eie koerant te begin. Die Raaiselfontein Gazette sal propvol opwindende nuus wees. Maar sommer gou vind Sanri uit alles is nie pluis op Raaiselfontein nie. Waarom tree almal so vreemd op? En wat het die lekkergoedfabriek daarmee te doen? Saam met haar nuwe vriend, Markus, besluit Sanri om die geheim te probeer ontrafel … 2: Die aliens oorkant die straat Toe daar nuwe intrekkers oorkant die straat is, begin Sanri se neus kriewel - soos altyd wanneer sy 'n lekker sappige storie ruik. Hoekom trek die nuwe mense een nag tydens 'n woeste donderstorm in? Waarom ry hulle met so 'n vreemde borrelkar? En waarom tree die twee kinders met hulle silwerwit hare so snaaks op? Sanri is seker hulle nuwe bure is aliens. Sy moet net die bewyse kry, anders kan sy vergeet daarvan om 'n storie daaroor te skryf. 3: Die seun met die superkat-kragte Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op - hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het 'n ongelooflike geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. 'n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem. 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met 'n spookmeisie - en sy het hulle hulp nodig.
Alles gaan oukei wees, het Decker gese. Hy was verkeerd. n Wilde partytjie. n Gesteelde kar. n Jaagtog wat in chaos eindig. n Sak vol geld. Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Na n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met n wilde jaagtog en n motorongeluk eindig, word Trent met n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou? In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste! Afkop is in 2015 aangewys as naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie. Fanie Viljoen, een van die opwindendste stemme in die Afrikaanse jeugliteratuur, was in 2010 ook n naaswenner in hierdie kompetisie met sy jeugroman Betower.
Die volgende drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ʼn omnibus. Hierdie titels is: Rocksusters, Duinebesies en Franse vlegsel.
Wat sal jy doen as 'n boelie jou goudvis in die skool se toilet afspoel? Dit is presies wat met Dennis gebeur. Gelukkig kry hy sy goudvis terug. Maar iets is nie reg nie ... Daar wag 'n GROOT skok op die hele skool toe Dennis se goudvis begin groei en groei en GROEI! Kort voor lank is selfs die weermag op die toneel. Dennis is die enigste een met 'n plan om 'n ramp te voorkom ... 'n Skreeusnaakse storie vir beginnerlesers, in maklik verstaanbare taal geskryf, met prettige volkleur-illustrasies deur die talentvolle Zinelda McDonald.
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
‘n Skreeusnaakse versameling skaterlagstories! Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal. Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word. Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geet het. Gee vir tannie Breggie ‘n ou soentjie – as jy dapper genoeg is! Vind uit hoe ‘n mens toonkonfyt maak. En ontdek hoe ‘n bol kougom die wreld kan red ... GIGGEL, GIL, BRUL, PROES, SNORK en SKATER van die lag met hierdie versameling skreeusnaakse stories uit die pen van die gewilde Jaco Jacobs. Hierdie bundel kortverhale bevat tien stories wat gewaarborg is om jong lesers se lagspiere oortyd te laat werk.
Tippie is nou beskikbaar in boeke vir babas en kleuters!
Een moord in die familie is erg genoeg, maar twee in een week raak bisar. Soos Kain en Abel het Bart en Jakes Brink nie liefde vir mekaar nie. Bart is talentvol, aantreklik, sportief en populr. Maar hy is inherent sleg, ʼn opperste skelm met geen genade vir sy medemens nie. Jakes is onaantreklik, vol skete en kwale, sonder uitstaande talente, behalwe dat hy ’n finansile sukses van sy lewe gemaak het. Jakes is nie verbaas wanneer Bart een aand brutaal vermoor word nie, want hy het baie vyande gehad. Tog is die familie geskok om te hoor dat die speurders vermoed die moordenaar is een van hulle. Die tweede moord enkele dae later skep selfs meer vrae. Is die moordgeen in die familielede se DNS? Of l die motief vir die moorde in ʼn familiegeheim? Die moorde is onskynlik impulsief en sonder voorbedagte rade gepleeg en die speurders sit met min leidrade. Hoe vind hulle die moordenaar tussen die drie sibbe en vier kleinkinders? Veral aangesien die forensiese bewysstukke min is en dit weke neem om te ontleed. Die twee Brink-susters lewer kommentaar op die sosiale situasie van die hede en die verlede, maar ken nie die donker geheime van die familie nie. Die kleinkinders is die volgende geslag en weer eens gaan die leser wonder watter DNS hulle gerf het.
Learning to read is fun with Tippie the elephant!
Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie Die groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie - 'n ponie! Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies toe sy hoor die ryskool beplan 'n piekniek in die veld. Al die ruiters en hul ponies mag spesiale kostuums dra. Lulu kan nie wag om 'n oulike kostuum vir haar en haar ponie te ontwerp nie! Sy droom immers daarvan om eendag 'n beroemde modeontwerper te word. Maar dan loop die uitstappie onverwags skeef - en Lulu beland pens en pootjies binne-in haar grootste avontuur ng!
Toe Claire die krat met le drankbottels ontdek, skiet haar gemoed
vol. Sy is tot sterwens toe moeg vir haar man se drinkery en
verlaat hom tydelik deur te ontsnap na haar huis by die see. Aan
die ander kant dra sy swaar aan haar aandeel aan Kris se probleem.
|
You may like...
Memristor-Based Nanoelectronic Computing…
Ioannis Vourkas, Georgios Ch Sirakoulis
Hardcover
Energy-Efficient Fault-Tolerant Systems
Jimson Mathew, Rishad A. Shafik, …
Hardcover
R4,795
Discovery Miles 47 950
Simulation Methods for ESD Protection…
Harald Gossner, Kai Esmark, …
Hardcover
R4,190
Discovery Miles 41 900
|