![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos 'n biblioteek. Maar by 'n kidoteek ruil 'n mens nie boeke om nie. By 'n kidoteek ruil 'n mens kinders om. En dis presies wat Erik se pa-hulle met hom doen. Hy beland by Meneer en Mevrou de Kommer wat hulle oor als bekommer - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk Erik se gesin vir hom glad nie meer so sleg nie en verlang hy selfs so 'n bietjie na hulle! Gelukkig ontdek Erik dat daar ook 'n oudoteek is waar ouers omgeruil kan word. En wie tref hy by die oudoteek aan toe hy die De Kommers gaan omruil? Niemand anders as sy eie ouers nie - en hulle smeek vir Erik om hulle terug te neem!
Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of 'n klomp meisies baie, baie vies maak - waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het di gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die eerste omnibus, verskyn nog vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus: 6. Zackie Mostert druk 'n drie 7. Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante 8. Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies 9. Zackie Mostert en die meisiemoles 10. Zackie Mostert en die baie beroemde hond
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik
geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke
bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort,
eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van
leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies;
'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord,
begripsvrae en 'n bladsy met €œvoltooi die sinne€ gebaseer op die
leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip
en woordeskat speel-speel by die kind vas te l. Boonop is die reeks
uitstekende waarde vir geld €“ dit is een van die mees bekostigbare
Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!
Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees
Leesgids wat gebruik word as hulpmiddel in die klaskamer om die
voorgeskrewe boek aan te vul.
Learning to read is super easy with Tippie the elephant. Each story is unique, interesting and the text is always supported by colourful, engaging illustrations that will aid comprehension. Tippie experiences modern day adventures in each book whilst staying true to typical child development. These sequential reading books were designed with a focus on sound development, linking sounds and letters as well as building success and self-confidence in reading. The first ten books in the series focus on short vowels, simple consonants, blends and sight words. Titles in Level 1: 1. Tippie and the cat 2. Tippie and the hen 3. Tippie and Fin jig 4. Tippie the cop 5. Tippie and Mum 6. Tippie likes to rap 7. Tippie and the vet 8. Tippie and Fin swim 9. Tippie and the frog 10. Tippie and the bug
“Ek het vir prof ʼn storie om te skryf.” S begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag n klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan om hom in te lig dat hy haar familiegeskiedenis gaan skryf. Die ellendige saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop wat byna reeds uitgewerk is, begin. Almal wat kom soek het na ’n diamant so groot soos ’n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan ’t sterwe. Maar die hoop bly, die hoop bly ... En alles wat goed en sleg is, word soos die aarde uitgewerk onder di wat volhard. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoveld en verdring s alles wat goed kon wees. Hieruit groei die verhaal van ’n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog ’n verhaal en daaruit nog een. En uiteindelik keer dit terug na waar dit begin het. S word die verlede oopgebreek om in die hede lig vir die liefde te maak. Toe skryf die professor oor Katryn se ma, haar ouma en oumagrootjie, sonder dat hy of sy kon voorsien dat hulle self deel van di saga van dooie drome, armoede en vernedering sou word. Selfs die liefde is onvoorspelbaar op ʼn delwery tussen die mielielande van die wispelturige Hoveld. Durf ons droom van ’n beter lewe waarin minagting nie langer verduur hoef te word nie? Hans du Plessis is ’n geliefde naam in die Afrikaanse letterkunde. Sy historiese romans staan stewig in die hede gewortel en hy is bekend vir die bedrieglike eenvoud in sy verhale wat dieper waarhede dra – hy ken die mense oor wie hy skryf en di waarvoor hy skryf. Du Plessis is ook bekend as digter, dramaturg en taalkundige.
Lola die ysbeer is op pad na die renwoud vir ’n asemrowende avontuur! Haar maats dink sy is verspot, maar Lola is ’n beer met ’n plan. Sy is vasbeslote om die seldsame Singende Orgidee te kry, en niks en niemand gaan haar keer nie. Kom saam met Lola op ’n pretbelaaide avontuur, en ontdek daarna die inspirerende verhale van drie regte plantsoekers. Waarheen sal jou avonture jou neem?
Terwyl Tom en sy ouma ’n kunsgalery besoek, dwaal hy af en bevind homself in ’n syvertrek waar hy ’n baie spesiale uitstalling raakloop … Hierdie boek is ’n aangrypende inleiding tot kuns wat deur kinders sowel as volwassenes geniet sal word.
The late eighties was a highly politicised environment. Willem Laubscher was healing some of the world’s best-known political prisoners, amongst them Walter Sisulu and Govan Mbeki. When Nelson Mandela was scheduled for a similar operation, all hell broke loose. The National Party was quietly plotting to smuggle Mandela out of the country, possibly hoping that he would escape, while the ANC was scoring points by casting doubt on the medical services that white doctors like Laubscher was willing to provide to the political prisoners. A relatively simple medical operation turned into an international diplomatic crisis. Meanwhile, in most ironic of twists, the security police was taking desperate measures to ensure Mandela’s safety – the country could simply not afford an assassination attempt. Willem Laubscher was the medical practitioner in the eye of this storm; Nelson Mandela was the calm strategist who had held out against pressure from both the jittery NP government and the increasingly boisterous ANC, with Winnie Mandela already larger than life, stoking the media and exploiting every available loophole to embarrass the government. This is the story of a few weeks of diplomatic chaos, and a security operation that completely overshadowed the medical procedure Mandela was scheduled for. Read all about it now in this 64-page memoir of that provocative time, Operation Mandela.
Waarom is Sasha vandag so stil? Sy luister … Na die gedreun en getoeter van die motors in die stad, die gezoem van stemme in die winkels, die rustige gekoer van die duif in die tuin … En ’n wonderlike plan begin in haar kop broei.
Ontdek ’n wonderwreld van stories en stemme! Die 25 verhale in hierdie opwindende bloemlesing is spesiaal uitgesoek om tot moderne jongmense se leef-, taal- en ervaringswreld te spreek. Daar is romantiese stories, liegstories en lagstories, stories wat jou sal laat naels kou, en ernstiger verhale om jou uit te daag en jou te laat nadink. Hierdie lekkerleesbundel bevat verhale deur van die bekendste en mees bekroonde Afrikaanse skrywers asook ’n handvol opwindende nuwe stemme, insluitend: Johan Bakkes, Chris Barnard, Willemien Brmmer, Christo Davids, E.K.M. Dido, Carina Diedericks, Nelia Engelbrecht, Willem Fransman, Maya Fowler, J.M. Gilfillan, Erns Grundling, P.J. Haasbroek, Jaco Jacobs, Elsa Joubert, Wendy Maartens, Elias P. Nel, Modikwagae Joseph Pholo, Riana Scheepers, Solet Scheeres, Braam van der Vyer, Jan van Tonder, Paul C. Venter, Fanie Viljoen en George Weideman. - Nasionaal voorgeskryf vir Afrikaans EAT Graad 10 (Kortverhaalbundel) - Bevat agtergrondinligting oor elke skrywer, asook ’n inleiding by elke verhaal. - Pre- en postlees-aktiwiteite en -vrae - Volledig uitgewerkte antwoorde - ’n Woordelys met literre terme - ’n Woordelys met eksamenterme
Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die onskynlike gelukkige paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik die buurt vol, stories wat net so uiteenlopend is soos Salemstraat se inwoners. Almal, van die oud weermagman Stefaans tot die mooie Russiese Natasja, onthul ’n nuwe blik op die paartjie. Dit val grootliks op die skouers van dr. Ann, afgetrede psigiater, en Liz, die jong prokureur met ’n voorliefde vir hoprofiel-egskeidings, om uit te vind watter stories waarheid inhou en wat blote bog is. Maar hoe dieper hulle grawe, hoe meer geheime word verklap, en een n die ander kom die middelklas geraamtes uit die instapkaste getuimel. Een ding is egter seker: Satan het nog altyd in die suburbs geskuil.
Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - ’n eerste in Afrikaans! Elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van ’n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesie en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan ’n groot gedeelte van die Bybel. ’n Bietjie meer as ’n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit genspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is. Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steedsonvervulde beloftes en profesie ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesie dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22). God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.
Zinzi en haar kat, Saffraan, red 'n magdom magiese kreature! Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir 'n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers 'n kat vir goeie raad nodig! Drake en malvalekkers In die eerste boek van di reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help? Monsters en muf Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinzi en Saffraan se hande is vol met 'n huilende monster terwyl hulle ook aan 'n goeie oplossing vir sy probleem probeer dink. Meerperdjies en borrels In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help. Katjievlinders en ys 'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel. Paddas en plante In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is. Towerponies en kieme In die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.
The next 10 Tippie adventures are proudly South-African, interesting and builds on the skills acquired in the Level 1 books. The text is supported by colourful, engaging illustrations to support comprehension and practise short vowel sounds and simple consonant clusters. Tippie learns and explores alongside his friends whilst staying true to typical child development. These sequential reading books were designed with a focus on sound development, linking sounds and letters as well as continuing building success and self-confidence in reading. The Level 2 books still focus on short vowels, simple consonants, sight words and final position consonant clusters. Children will love Tippie’s latest adventures as it is full of fun and humorous incidents along the way |
You may like...
Logic from Russell to Church, Volume 5
Dov M. Gabbay, John Woods
Hardcover
R5,271
Discovery Miles 52 710
Better Choices - Ensuring South Africa's…
Greg Mills, Mcebisi Jonas, …
Paperback
Multi-UAV Planning and Task Allocation
Yasmina Bestaoui Sebbane
Paperback
R1,388
Discovery Miles 13 880
Up and Running with AutoCAD 2022 - 2D…
Elliot J. Gindis, Robert C. Kaebisch
Paperback
R2,087
Discovery Miles 20 870
Auditory Prostheses - New Horizons
Fan-Gang Zeng, Arthur N. Popper, …
Hardcover
R4,068
Discovery Miles 40 680
Intelligent Cyber-Physical Systems…
Jyoti Sekhar Banerjee, Siddhartha Bhattacharyya, …
Hardcover
R3,094
Discovery Miles 30 940
|