0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
Status
Brand

Promotions > South African Heritage Shop > Books

Max die Masjien (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Max die Masjien (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Stephen Wallace
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hy’s rof en onbeskof ... en hy is Zander se persoonlike lyfwag!

Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in ’n kompetisie wen: ’n regte egte ... ROFSTOEIER!

Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie ’n nek nie. Maar hy het spiere. Sy spiere het spiere. Sy spiere se spiere het spiere. Bo-op al daardie spiere het hy ’n tatoe. En hy gaan vir ’n hele WEEK lank Zander se persoonlike lyfwag wees!

Zander se tweelingboeties dink dit is die heel beste ding wat nog OOIT met hulle gebeur het. Maar Zander is nie heeltemal seker wat op aarde hy met Max moet doen nie. Niemand anders het nog ooit ’n rofstoeier as lyfwag saamgebring skool toe nie.

Miskien kan Max hom help om vir Wynand Wiese op sy plek te sit. Dalk kan hy hom in sy spesiale Soebat-en-smeek-greep beetkry en hom druk tot sy oë wil uitpop. Wynand het blonde hare en blou oë, en hy lyk so onskuldig soos ’n seuntjie in ’n waspoeier-advertensie. Maar hy is ’n regte boelie. Die soort wat nie eens vir ’n rofstoeier skrik nie.

Ongelukkig loop dinge by die skool lelik skeef.

En Max het boonop ’n geheim van sy eie ...

Kom klim in die kryt saam met Max die rofstoeier vir ’n WILDE, WOESTE skaterlag-avontuur uit die pen van Jaco Jacobs!

Studiegids: Baster (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Studiegids: Baster (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen; Compiled by Petro Meiring
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Learn to Read Level 5, Book 4: Tippie and the End of Term (Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Learn to Read Level 5, Book 4: Tippie and the End of Term (Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Learning to read is fun with Tippie the elephant!

Level 5 introduces readers to controlled r vowels as well as to final syllables with a consonant and -le. The level 5 books are progressive and encourage the learning of these two syllable types and the rules surrounding it.

The next 10 Tippie adventures are proudly South African and build on the skills acquired in all the previous levels. The text is supported by colourful, engaging illustrations to support comprehension and the learning of these tricky vowel syllables.

Additionally, the stories have been written to encourage inference and problem solving through the stories and images to enhance the reader’s skill and fun!

Tippie: leer my lees (Vlak1) 5: Tippie en die bok (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Tippie: leer my lees (Vlak1) 5: Tippie en die bok (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne†gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Liefde Genees (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Liefde Genees (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R151 Discovery Miles 1 510 Ships in 4 - 6 working days

Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet.

Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie. Nie een van die twee beoog weer ʼn verhouding nie, maar hulle kan ook nie die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie.

Sal hulle die vele uitdagings kan oorwin en toelaat dat die liefde ou wonde genees?

Vereistes vir 'n Trouman (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Vereistes vir 'n Trouman (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R151 Discovery Miles 1 510 Ships in 4 - 6 working days

Vandat Emily kan onthou, droom sy oor haar troudag: die ring, die rok, die onthaal, die blomme. Sy het ook ’n lysie met die presiese vereistes vir haar trouman gemaak. En Ryno Henning, hoe knieëknakkend sexy hy ook al mag wees, voldoen nie aan ’n enkele een van hierdie vereistes nie. Die stomende drome wat sy snags oor hom droom, sal dus net by drome bly.

Ryno het ’n oog vir ’n mooi vrou en Emily is een van die mooistes wat hy nog gesien het, maar hy weet hy kan nie vir haar gee wat sy wil hê nie. Trou en kinders kry is nie deel van sy toekomsplanne nie.

Dan, op ’n dag, hou Emily in die gietende reën stil om ’n hond te red en kry nie haar motor weer aan die gang nie. Dis Ryno wat tot haar redding kom. Sal haar troumanlysie en sy planne in hul pad bly staan of sal die vonk tussen hulle die oorhand kry?

Z-A-K 3: Die Avonture Van Lionel Afrika (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Z-A-K 3: Die Avonture Van Lionel Afrika (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R120 R113 Discovery Miles 1 130 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lionel Afrika sou daardie oggend nooit kon raai dat hy en sy beste vriend, Mitch, teen die aand op ’n ruimtereis sou gaan nie. Nog minder het hy geweet dat hulle paaie baie ure later sou skei, en dat hy alleen op ’n vreemde plek in die middel van die kosmos sou agterbly.

Maar gelukkig is hy nie heeltemal alleen nie. Grol en Slom ontferm hulle oor hom en maak dit hulle missie om hom te beskerm. Hulle sal nie rus voor hy sy vriende weer gevind het nie.

En so begin die grootste avontuur van Lionel se lewe!

Gom Vir Jou Stukkende Wereld - 5 Waarhede Om Aan Te Kleef (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Gom Vir Jou Stukkende Wereld - 5 Waarhede Om Aan Te Kleef (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Met dekades se ervaring in die geestelike- en jeugbediening en ’n hele paar jeugverhale agter sy naam skryf Jan Vermeulen hierdie insiggewende, Bybelse gids vir tieners. GOM vir jou stukkende wêreld bevat 5 belangrike Bybelse waarhede wat tieners kan bekwaam om: Die kernboodskap van die Bybel beter te verstaan. Antwoorde op hul geestelike vrae te vind. Beter lewenskeuses te maak. In die stukkende wêreld waarin ons lewe ervaar baie mense trauma en verwarring. Hierdie gids gee tieners die hulpmiddels wat hulle nodig het om hul wêreld weer heel te maak. Hierdie boek bevat antwoorde op belangrike vrae, ruimte vir self-refleksie en vrae om die leser verder te laat dink en antwoorde in die Bybel te soek.

Learn to Read Level 5, Book 2: Tippie and the Girls (Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Learn to Read Level 5, Book 2: Tippie and the Girls (Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Learning to read is fun with Tippie the elephant!

Level 5 introduces readers to controlled r vowels as well as to final syllables with a consonant and -le. The level 5 books are progressive and encourage the learning of these two syllable types and the rules surrounding it.

The next 10 Tippie adventures are proudly South African and build on the skills acquired in all the previous levels. The text is supported by colourful, engaging illustrations to support comprehension and the learning of these tricky vowel syllables.

Additionally, the stories have been written to encourage inference and problem solving through the stories and images to enhance the reader’s skill and fun!

Kry vir jou! (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Kry vir jou! (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Die Klein Boek Van: Fantastiese Feite (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Klein Boek Van: Fantastiese Feite (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die klein boeke met baie inligting.

Het jy geweet …

… muskiete is van die dodelikste diere op aarde?

… piesangs is radioaktief?

… jou vingers het glad nie spiere nie?

Leer meer FANTASTIESE FEITE oor mense, diere, bome en selfs die buitenste ruimte en verras jou familie en vriende met hoe baie jy weet!

Hierdie splinternuwe reeks deur geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen bestaan uit vier boeke.

Een bevat fantastiese feite, een bevat gruwelike geheime en onopgelosde raaisels, een bevat katastrofiese kattekwaad en lekker poetse en een bevat reuserekords van alle soorte.

Leer my lees V2 Grootboek 6: Tippie se neus jeuk (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer Leer my lees V2 Grootboek 6: Tippie se neus jeuk (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer; Illustrated by Zinelda McDonald; Reinette Lombard
R129 Discovery Miles 1 290 Ships in 4 - 6 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!

Die LEER MY LEES-reeks is nie net pret om te lees nie, dit bevorder ook woordeskat en leesbegrip. Elke boek bevat 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne†gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.

Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Hierdie grootboeke is onderwysersgidse met ekstra klaskamerhulpmiddels vir groeplees en aktiewe deelname.

Leer my lees (V2 Grootboek 2): Tippie en die haas (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer Leer my lees (V2 Grootboek 2): Tippie en die haas (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer; Illustrated by Zinelda McDonald; Reinette Lombard
R129 Discovery Miles 1 290 Ships in 4 - 6 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!

Die LEER MY LEES-reeks is nie net pret om te lees nie, dit bevorder ook woordeskat en leesbegrip. Elke boek bevat 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne†gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.

Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Hierdie grootboeke is onderwysersgidse met ekstra klaskamerhulpmiddels vir groeplees en aktiewe deelname.

101 Jokes boxset (Paperback): Jaco Jacobs 101 Jokes boxset (Paperback)
Jaco Jacobs
R400 R375 Discovery Miles 3 750 Save R25 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Silly jokes on numerous subjects for you and your friends! Jaco Jacob’s 101 Jokes-series will have you in stitches! There are jokes about school, holiday, animals, bugs, ghosts, sports and more. These silly jokes guarantee endless hours of entertainment. Buy all 8 titles together in one value-for-money boxset – available in English and Afrikaans!

Die Groot Boek van Spoke en Grille (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Groot Boek van Spoke en Grille (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak?

Wat gebeur as jy te lank in Dina se donker oë staar?

Wat is fout met juffrou Kupido - en watter nare geheim steek sy in haar pousekosblik weg?

Wat sal gebeur as 'n vampier en 'n zombie een nag kennis maak?

Dis groot. Dis gruwelik. Dit gaan jou hoendervleis gee. Dis die lekkerste versameling grilstories wat jy nog ooit gelees het! Hierdie reuse-rilboek deur die gewilde Fanie Viljoen bevat 30 spokerige, grillerige en grieselige stories wat jou ure lank sal laat ril en gril - en laat smeek vir nog!

Tippie: leer my lees (Vlak 1) 3: Tippie se jas (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Tippie: leer my lees (Vlak 1) 3: Tippie se jas (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: 'n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en 'n bladsy met “voltooi die sinne†gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Skreeu en ander verhale: 'n Handleiding (Afrikaans, Paperback): Adinda Vermaak Skreeu en ander verhale: 'n Handleiding (Afrikaans, Paperback)
Adinda Vermaak
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Skadumagte (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Skadumagte (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord van ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie genaamd Die Beskermers, wraak, intimidasie en verskeie moorde.

Myne (Afrikaans, Paperback): C M Christians Myne (Afrikaans, Paperback)
C M Christians
R151 Discovery Miles 1 510 Ships in 4 - 6 working days

Clayton kom steel Lida se hart in 'n oogwink. Dit was nie veronderstel om te gebeur nie. Sy wou dit beslis nie hê nie, maar hy het haar lewe binnegeval, gevoelens in haar aangesteek wat sy gedink het sy nooit weer sal ervaar nie, en 'n passie aangevuur wat sy nooit geweet het bestaan nie.

As die huidige MotoGP-wêreldkampioen, leef Clayton permanent op die dun rand van adrenalien. Of dit nou óp of áf van die baan is, alles wat hy wil hê is reeds syne: sukses, gewillige vroue, en al die media-aandag wat 'n sportster van kan droom. Hy het alles, behalwe vir Lida. Sý is die uitsondering, want vir die eerste keer val 'n vrou nie voor sy voete nie. Hul chemie is onmiskenbaar. Hul aantrekkingskrag is magneties. Maar vir Lida bly Clayton te veel van 'n risiko. Al probleem is dat daar iets aan Clayton is waarvan sy nie kan, of wíl, wegloop nie.

Myne stel die leser bloot aan die opwindende wêreld van MotoGP Dit is die derde titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies.

Z-A-K 2: Die Reis Na Zenkion (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Z-A-K 2: Die Reis Na Zenkion (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R120 R113 Discovery Miles 1 130 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

ʼn Buitengewone reis na die buitenste ruim ...

Toe Mitch daardie oggend met 'n knop op sy maag wakker geword het, het hy geen idee gehad dat aliens sy tuisdorp sou binneval en sy gesin saam met so baie ander sou ontvoer nie. Nog minder sou hy kon raai dat hy en sy beste vriend Lionel daardie aand die ruimte sou invaar saam met Imke en haar Zenkioniet-vriende. Maar hier is hulle nou, iewers in die ruimte op Akaï-hulle se astrotuig, en Mitch se lewe is op pad om nog méér uitmekaar te val. Hulle ontmoet vir Grol en Slom, twee aliens wat Mitch aan paddas laat dink, en vir Martura en sy makkers, die eenoog-aliens wat hulle gevange neem en op Skurorinok, die alien-swartmark, wil gaan verkoop. Op Skurorinok word Mitch, Akaï en die ander van Lionel en Imke geskei. Sal hy ooit weer vir Imke of Lionel sien? Wat gaan in die geheim op Zenkion aan en hoe pas die ontvoerde Aardbewoners in die prentjie? Sluit by Mitch aan vir 'n aksiebelaaide avontuur oor aliens, astrotuie en 'n soeke na antwoorde.

Z-A-K: Die reis na Zenkion is die opvolg van die eerste boek in die Z-A-K-reeks, Z-A-K: Die Blou Planeet.

Ben gaan skool toe (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit Ben gaan skool toe (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit; Illustrated by Johann Strauss
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ben hou nie van skool toe gaan nie. Die ander kinders is lelik met hom en hy het glad nie maatjies nie! Maar sy mamma vertel hom dat Jesus vir hom lief is. Die volgende dag kondig juffrou aan dat hulle konsert gaan hou! Dalk sal hy uiteindelik kans kry om maats te maak … Zuléka Smit se pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.

Elle-reeks Omnibus 3: Middernagklub, Pienk bikini, Strikdans - Middernagklub, Pienk bikini, Strikdans (Afrikaans, Paperback):... Elle-reeks Omnibus 3: Middernagklub, Pienk bikini, Strikdans - Middernagklub, Pienk bikini, Strikdans (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Learn to read (L2 Big Book 9): Tippie and the ants (Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Learn to read (L2 Big Book 9): Tippie and the ants (Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

The next 10 Tippie adventures are proudly South-African, interesting and builds on the skills acquired in the Level 1 books. The text is supported by colourful, engaging illustrations to support comprehension and practise short vowel sounds and simple consonant clusters.
Tippie learns and explores alongside his friends whilst staying true to typical child development. These sequential reading books were designed with a focus on sound development, linking sounds and letters as well as continuing building success and self-confidence in reading. The Level 2 books still focus on short vowels, simple consonants, sight words and final position consonant clusters.

This big book is a teacher's guide with additional classroom resources for group reading and active participation.

Die Meisie Op Die Dak (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Die Meisie Op Die Dak (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.

Die Vyfde Aspoester (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Die Vyfde Aspoester (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Donkerkopmeisie se liggaam word in ’n agteraf hotel in ’n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei.

“Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?”

Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto’s van die moordtoneel bestudeer.

“Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?”

’n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê.”

Die lyke van nog drie meisies word binne ’n paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word.

Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
BTEC Nationals Information Technology…
Jenny Phillips, Alan Jarvis, … Paperback R1,018 Discovery Miles 10 180
A Study of Black Hole Attack Solutions…
Elahe Fazeldehkordi, I.S. Dr. Amiri, … Paperback R1,277 Discovery Miles 12 770
Scheduling Computer and Manufacturing…
Jacek Blazewicz, Klaus H. Ecker, … Hardcover R4,279 Discovery Miles 42 790
iOS Code Testing - Test-Driven…
Abhishek Mishra Paperback R2,700 Discovery Miles 27 000
Migrating to Swift from Web Development
Sean Liao, Mark Punak, … Paperback R1,662 Discovery Miles 16 620
Programming iOS 11
Matt Neuberg Paperback R1,664 R414 Discovery Miles 4 140
Computer Vision and Augmented Reality in…
Ahmed Fathi Bekhit Paperback R1,158 R961 Discovery Miles 9 610
Black Beach - 491 Days In One Of…
Daniel Janse Van Rensburg, Tracey Pharoah Paperback R390 R360 Discovery Miles 3 600
Decision Making Essentials You Always…
Vibrant Publishers Hardcover R1,468 Discovery Miles 14 680
Bentham's Prison - A Study of the…
Janet Semple Hardcover R5,743 Discovery Miles 57 430

 

Partners