![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
In 1938 a 400-million-year-old fish - known only from fossil remains and thought to have become extinct around 66 million years ago - was discovered living off the shores of southern Africa. This fascinating book for younger readers tells the story of the coelacanth - what it is, what makes it special, how it was discovered, where it evolved, how it gives live birth, how and what it eats, and what eats it! With multiple illustrations and photographs and interesting text, this book will be an inspiration to a new generation of ichthyologists, palaeontologists, divers, and anyone with an interest in the natural world.
Each story is unique, interesting and the text is always supported by
colourful, engaging illustrations that will aid comprehension.
’n Land in wording, ’n oorlog wat dreig, ’n kruispad kans-ontmoeting
wat alles verander.
Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees
The next 10 Tippie adventures are proudly South-African, interesting
and builds on the skills acquired in the Level 1 books. The text is
supported by colourful, engaging illustrations to support comprehension
and practise short vowel sounds and simple consonant clusters.
Kaapstad word deur 'n reeksmoordenaar geteister. Die Romeo-en-Juliet-moordenaar se slagoffers is almal tieners. Verliefde paartjies. En almal word op dieselfde manier gevind: die lyke langs mekaar neergele, hul hande inmekaargevleg. Die meisies het 'n steekwond aan die bors en die seuns is vergiftig. Terwyl die polisie probeer om die moordenaar vas te trek, beland ’n groepie niksvermoedende tieners in ’n gevaarlike web wat al stywer span..
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Hoera vir heldhaftige honde Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Daar is net een probleem: Hik, die hondjie wat Lea gered het, wil net nie die toertjies leer nie! En Lea se ma het gesê as Hik nie maniere leer nie, dan moet hulle hom opgee om aangeneem te word ... Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.
Al wat Dienkie wil hê, is om raakgesien te word deur Eddie, die ou wat sy by die gimnasium ontmoet het. Wat sy nié wil hê nie, is die drama wat volg op ’n ontvoeringspoging. Want een van die skurke wat deel is van die groot hofsaak wat haar prokureur-ouers hanteer, hou juis van sulke bangmaak-tegnieke. Haar ouers besluit daar is net een oplossing: Sy moet na Parys, Frankryk gaan. Daar sal sy by haar vriendin Lea en haar ouers kan bly tot die hofsaak verby is. Maar Dienkie beland weereens – per ongeluk – in die middel van ’n situasie wat vir haar moeilikheid veroorsaak. Gelukkig is die aantreklike Sergio aan haar sy ...
Watter soort ou breek by ’n akwarium in? En verf graffiti teen die muur? Of gooi bottels en ander gemors in die dolfyntenk? Zolani Memani, dis wie. Zolani is moeilikheid met ’n hoofletter “M”. As straf vir sy vandalisme moet hy gemeenskapsdiens by die akwarium doen. Crystal kan nie glo sy moet die hele Desembervakansie in sy gesig vaskyk nie. Sy wens hy beland pens en pootjies in die haaitenk. Maar dan ontmoet Zolani vir Ginger die dolfyn. En dit is liefde met die eerste oogopslag ...
Renata, ’n forensiese sielkundige, ondersoek ’n saak waarin ’n sestienjarige meisie gesterf het: volgens die polisie was dit selfmoord en volgens die oorledene se familie was dit nie. Renata glo laasgenoemde maar sy het bewyse daarvoor nodig.
Halley’s Comet is a story of friendship, love, change, taking chances, hope, a comet, and some pretty cool 80s music. Pete de Lange must survive as a teenager in a small Natal town during the 1980s, together with his new-found friends, Sarita and Petrus. In a country marked by turmoil and racial conflict, this is not as easy as it seems. Pete and his friends witnessed a horrendous crime, and the perpetrator is on their case. Will justice prevail? In between all of this, Pete must try to make the first rugby team and win the heart of his high-school crush, Renate. This is an excellent coming of age story, full of emotion and nostalgia, set in a troubled country where doing the right thing was not always easy.
Veilige hawe is 'n heruitgawe van twee van haar romanses. In Vonkpos vir die hart probeer Liezl die muur om Pieter Naude afbreek. Na die moord op sy gesin is dit nie maklik nie. Sy verstaan egter - sy het self haar man verloor. Tog raak sy lief vir hom. Na wie luister sy - haar hart of haar verstand? ’n Beskermengel vir Marlene is die drie-en-twintigjarige weduwee, Marlene, se verhaal. Sy is bang en vertrou niemand nie - totdat Adolf opdaag. Haar bang word vertroue. Sy erken dat sy hom liefhet en hy baai haar in sy omgee en sorg … Tot die verlede hulle inhaal.
Hierdie epiese grafiese roman is gebaseer op Fanie Viljoen se roman The
Last Time I Died wat in 2016 deur Ransom Publishing gepubliseer is. Die
Swart Kraai het Sam se pa doodgemaak en nou het hy Sam doodgemaak. Sam
is egter nie dood nie. Die dood was die sesde van sy sewe lewens, en
nou het hy nog een oorblywende lewe - om terug te kom en Die Swart
Kraai dood te maak. Die meesterlik kreatiewe Daniel Hugo het hierdie
boek geillustreer en lesers met 'n voorliefde vir die kuns van grafiese
romans en strokiesprente sal weggeblaas word deur die besondere details
van die illustrasies op elke bladsy.
Jy is ongetwyfeld op soek na rus, daarom het jy nou hierdie boek in jou hand. Aan die een kant is jy elke dag deel van hierdie gejaagde wêreld. Maar aan die ander kant weet en glo jy dat daar iets meer vervullends in die lewe moet wees. En jy’s reg! Daar is regtig meer vreugde in die lewe te vind as wat die meeste mense tans geniet. ’n Lewe van rustigheid en innerlike vrede is selfs vandag nog moontlik. Om God se vrede te ervaar, daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. Geniet hierdie jaarprogram. Gebruik dit as jou bousteen vir jou jaar van geestelike groei. Dan gaan dit die opwindendste een ooit wees.
Nuwe stories. Ou stories. Stories oor bekende mense. Stories oor mense soos ek en jy. Stories wat jou sal laat lag … of jou hartseer sal maak. Stories wat jou anders na die wêreld sal laat kyk. Stories wat jy soos ’n ster in jou sak met jou kan saamdra. Tussen die bladsye van hierdie kortverhaalbundel is ’n wonderwêreld van stories wat wag om ontdek te word. Hierdie opwindende bundel bevat 21 stories deur bekende skrywers soos Martie Preller, E.K.M. Dido, Fanie Viljoen, Anzil Kulsen, Christo Davids, Wendy Maartens, Erns Grundling, P.J. Haasbroek, Vincent Oliphant en Zulfah Otto-Sallies.
Verse vir tieners deur tieners
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Frankie se gesin is anders. Haar pa kom van Vlaandere, lyk soos Atilla die Hun, en hy praat nog steeds Nederlands - en soms 'n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter. Hy ry met 'n Big Boy-bromponie en het sy eie kookskool. Haar ma het in die hippie-jare vasgesteek, dra batik-broeke en het die hele planeet en al sy bewoners lief. En Frankie? Sy is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend op haar balkon kry. Milan se pa is liewer vir syfers as vir woorde of ander mense. Hy is 'n wiskunde-onderwyser met 'n swartraambril en 'n strikdas. Min mense sal vermoed dat hy 'n swart gordel in judo het. En Milan? Hy neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en sny snags stensils uit karton. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan - is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het.
Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per
ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas
tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste
jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord
speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar
onvermoe om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die
enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet
vlieg. Tot Lua onverwags'n paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar
help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word. Hannah kom
voor 'n keuse te staan: veg, vlug of vries? Sy kies! Sy kyk video's oor
hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis
haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se
vlerke kry vere. Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele! |
You may like...
Under The Baobab Tree
Roslynne Toerien, Julie Smith-Belton
Hardcover
(1)
The English Handbook and Study Guide - A…
Beryl Lutrin
Paperback
(1)
The Rumbling Rhino
Roslynne Toerien, Julie Smith-Belton
Hardcover
(1)
|