0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
Status
Brand

Promotions > South African Heritage Shop > Books

Verhale Van Hoop - So Help Jy Jou Geliefde En Jouself (Afrikaans, Paperback): Pieter van Zyl Verhale Van Hoop - So Help Jy Jou Geliefde En Jouself (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Zyl
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kintsugi is die Japanese kunstegniek om ’n gebroke keramiekvoorwerp met goud te herstel. Die tegniek maak ’n voorwerp mooier en meer kosbaar as wat dit in ’n ongebroke toestand was. Met die regte ingrype kan gebrokenheid waarde en skoonheid ontsluit. Hierdie idee is die draad wat deur dié boek loop.

In hierdie boek maak tientalle mense van verskillende agtergronde hul harte oop ter bemoediging en om insigte te deel.

In Suid-Afrika ly een uit ses mense aan depressie, angs en middelafhanklikheid en tot ses miljoen aan post-traumatiese stres. Agt duisend mense per jaar staan hul lewens aan selfdood af. Die Covid-epidemie dryf dit verder op die spits. Lees hier vir advies. Daar is hoop.

Leer my lees (VR Grootboek 1): Ek is Tippie (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Leer my lees (VR Grootboek 1): Ek is Tippie (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!

Leer my lees met Tippie, vlak R is trots Suid Afrikaanse ontluikende leesboeke wat vroee geletterdheid ondersteun. Jong kinders word blootgestel aan hoe frekwensie sigwoorde met behulp van kleurvolle en duidelike illustrasies. Die stories is interessant en relevant met alledaagse avonture. Leer my lees het baie herhaling en duidelike progressie wat steeds natuurlike ontwikkeling in gedagte hou.

Hierdie grootboeke is onderwysersgidse met ekstra klaskamerhulpmiddels vir groeplees en aktiewe deelname.

Engele Om Ons - Alles-In-Een Joernaal (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Engele Om Ons - Alles-In-Een Joernaal (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Jaar vol engele! Hierdie unieke dagboek en joernaal vir kinders bevat nie net plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf nie, maar is propvol engele. Engele om ons is ’n kombinasie van dagstukkies en gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en ander staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer. Wendy Maartens is die samesteller van hierdie joernaal en dit word aangevul deur ’n pragtige bladuitleg en illustrasies.

Oopmond (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Oopmond (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Soms vind harte mekaar selfs oor eeue heen …

Sewe maande ná haar hartoperasie begin Madelaine Taaibosch vermoed daar is iets verkeerd. Sy is seker die skenkerhart wat in haar borskas klop, is 'n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur. Dis wanneer Madelaine op haar antieke hemelbed lê dat die Franssprekende Camille verskyn en sy in die verlede terugreis. Dis wanneer sy Koba word en verlief raak op Buks, wat sterf wanneer hy haar tydens die Anglo-Boereoorlog teen die Engelse beskerm; dis wanneer sy Madelaine Taillefert word en haar lewe nog eens deur haar beminde, Hildebrand von Solms, gered word …

En dan is daar Brand, die rekenaar- en geskiedenisboffin wat graag navorsing oor sy stamboom doen. Hy vind uit Buks was sy pa se oupagrootjie en dat Hildebrand von Solms ook een van sy voorvaders was. Brand se oorlede meisie se hart klop nou in Madelaine se bors …

Terwyl Madelaine en Brand die geheime van die verlede stadig maar seker ontrafel, is hulle gewikkel in 'n stryd teen tyd voordat die hart in Madelaine se borskas ophou klop …

Hierdie asemrowende jeugroman deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen laat die grense tussen droom en werklikheid, hede en verlede meesterlik vervaag in 'n wegholrit van 'n liefdesverhaal wat jou meesleur tot op die laaste bladsy.

'n Uitdagende, boeiende roman vir jong volwassenes; temas soos sterflikheid, orgaanskenking, tweede kanse, reïnkarnasie, tydreise en tienerromanse word ondersoek.

'n Vorige roman deur Jan Vermeulen wat die LAPA Jeugromankompetisie in 2015 gewen het, is Asem.

*Geskik vir ouderdomsgroep 17+

Thabo The Space Dude - Logbook 1: Last Days On Earth (Paperback): Lori-Ann Preston Thabo The Space Dude - Logbook 1: Last Days On Earth (Paperback)
Lori-Ann Preston; Illustrated by Alex van Houwelingen
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Get ready for outer space

“I’m doooomed!”

Thabo is horrified when his parents inform him that his family is moving to Mars.

Could his life get any worse?

Apparently so, since his parents are forcing him to document his last days on Earth in a log book. Will he survive Mars Boot Camp?

Will he be able to smuggle his two best friends on board the space shuttle?

And, most importantly, will he manage to sneak a farewell kiss from Mbali?

Doendinge Vir Elke Dag Van Die Jaar (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Doendinge Vir Elke Dag Van Die Jaar (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maaa! Paaa! Ek’s verveeeeeld!

Vir die kind wat altyd iets soek om te doen – maar nie weet wat nie!

Hierdie boek het soveel oulike idees – jou kop sal BARS!

• Verf met albasters of jaag resies met ballonne.
• Hou ’n konsert of ’n sportdag.
• Kyk na die sterre of maak ’n superheld.
• Word vir ’n dag lank ’n zombie, feetjie, seerower of alien.
• Begrawe ’n tydkapsule of maak jou eie fliek.


... en dis maar net die begin. Kunsprojekte, inkleuraktiwiteite, wetenskapeksperimente, sport, speletjies en meer! Met 366 dinge om te doen (plus bonusaktiwiteite soos Kerskaartjies maak) sal kinders nooit weer die gevreesde woorde: “Ek is verveeeeeld!” sê nie.

Koop dié boek vir jou kind en gee vir hom/haar klomp dinge om te doen, eet of maak!

Skreeu en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Skreeu en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Soos 'n vuishou in die maag. So tref hierdie bundel kortverhale vir tieners jou. Van die bekendste skrywers in Afrikaans span saam vir 'n boeiende leeservaring. Al die stories in hierdie bundel het een ding gemeen - hulle is uit die perspektief van hedendaagse jongmense geskryf en takel kwessies waarmee tieners hulle sterk kan vereenselwig.

Oorlewingsgids Vir 'n Prinses (Afrikaans, Paperback): Federica Magrin Oorlewingsgids Vir 'n Prinses (Afrikaans, Paperback)
Federica Magrin
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In hierdie boek sal jy die bekendste prinsesse ontmoet en deur hul verhale en die advies van ’n betroubare towertante te lees, sal jy leer hoe om uit die pad van bose hekse te bly, hoe om getroue vriende en sjarmante prinse te ontmoet.

Harry Griesel 2: Die Spookplaag (Afrikaans, Paperback): Sonja Kaiblinger Harry Griesel 2: Die Spookplaag (Afrikaans, Paperback)
Sonja Kaiblinger
R217 Discovery Miles 2 170 Ships in 4 - 6 working days

Daar is 'n spookplaag in die dorp! 'n Hele klomp kinders in Otto se skool word skielik deur spoke geterroriseer en 'n oorlede Spaanse bulvegter wil by Otto se tante intrek. Maar drie huisspoke en 'n pratende vlermuis is klaar genoeg – Otto het beslis nie nog 'n huismaat nodig nie. Waar kom al die spoke vandaan? En hoe raak mens van hulle ontslae? Gelukkig het Otto se vriend Harry, die Grieselgryper, goeie kontakte aan die Oorkant.

Dromers (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Dromers (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dans is Byron Carelse se hele lewe. Dit is sy energie, sy passie, sy geluk ... sy vonk. Wanneer die ritme sy lyf beetkry, vergeet hy van die probleme wat by die huis op hom wag. Sy beste vriendin, Tasha, se altyd hy moenie toelaat dat ander mense sy vonk steel nie. Maar sy weet nie van die dinge wat by sy huis gebeur nie. En dalk is dit beter so. Wat sal sy van hom dink? Op ’n dag sien iemand Byron se talent raak. Hy kry saam met ’n groepie ander township-kinders die kans om deel te wees van ’n glansryke vertoning by die kunstefees. Die kans om groot drome te droom ... groter as die township waar hy bly. Maar wat doen jy as die lewe jou drome probeer steel? Hierdie splinternuwe jeugroman uit die pen van Fanie Viljoen is in eenvoudige, maklik verstaanbare taal geskryf – perfek vir trae lesers of lesers wie se tweede of derde taal Afrikaans is.

Reading Guide: Perfect (Paperback): Riana Joubert Reading Guide: Perfect (Paperback)
Riana Joubert
R140 R132 Discovery Miles 1 320 Save R8 (6%) Ships in 7 - 11 working days

This user-friendly and practical guide is ideal for classroom use. There is a summary, questions, interesting and/or difficult vocabulary that is highlighted, discussion points and other speaking and writing activities for each chapter.

The guide will help teachers to teach literary aspects in a simple way and all the activities, questions and answers will definitely shorten the preparation time for the teacher.

Learners can also use the guide for self-study.

Vegters (Afrikaans, Paperback): Lucia Prinsloo Vegters (Afrikaans, Paperback)
Lucia Prinsloo
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe gemaak as jy vastrapplek moet kry tussen die Hemel en die Hel? Kliek. En jou lewe verander. Onomkeerbaar. So sal Markus Meyer en Regardt Muller, twee avontuurlustige vriende wat ná matriek by die Britse Weermag aansluit en as lede van die gerespekteerde 3 Valskermregiment in Afghanistan diens doen, weldra leer. Dit is egter eers wanneer stilte oor die slagveld neersif en die gevolge van konflik beredder moet word, dat die wáre vegters na vore sal tree. En daardie slagveld is nie noodwendig in ʼn oorlogsgeteisterde gebied waar die droë hitte iets lewendigs is nie; soms lê dit ook tussen kamerade, gesinslede en verál midde-in die liefde. Want selfs ʼn soen is by tye ʼn landmyn wat afgetrap word ...

Vegters is die merkwaardige verhaal van uitdaging, lojaliteit en deursettingsvermoë. ʼn Verhaal wat die leser deur drie valleie sal neem: van die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap na die Sanginvallei langs die Helmandrivier in Afghanistan, tot die Vallei van ʼn Duisend Heuwels in KwaZulu-Natal waar die wêreldbekende Dusi-kanomarathon die twee vriende tot die uiterste sal beproef. Wees gereed om oorbluf te word. Hierdie boek is nie 'n Sondagmiddagpiekniek nie - dis `n ontsnappingsroete deur `n slagplaas. Vegters moet nie verwar word met 'n hedendaagse oorlogboek nie. Die kontraste tussen die drie wêrelde in die teks is hemelsbreed.

Die leser word gelawe met die idiliese Gamtoosvallei, net om weer om sy gemaksone geruk te word na die hel van 'n oorloggeteisterde Afghanistan. Nog min het twee werelde so baie verskil waar die skrywer dit regkry om beide te versoen. 'n Nuwe blik word gegee oor die oorlog in Afganistan, uit die oogpunt van twee Afrikaanse soldate in die Britse leer. Dis'n verhaal van hoop en versoening. Dis mooi. Dis bitter. Dis `n emosionele wipplankrit. Daar is oomblikke van teerheid,maar voor jy te gemaklik raak, word jy aan die bek geruk deur die twee hoofkarakters se ervarings in Afghanistan. Maar dat dit jou gaan by bly en uit jou gemaksone ruk, is gewis.

Redigeerder Louis Esterhuizen - ”Hierdie werk is by verre een van die mees indrukwekkende tekste wat ek tot nog toe die voorreg gehad het om te hanteer.”

Ter Wille Van Jou (Afrikaans, Paperback): Magdaleen Walters Ter Wille Van Jou (Afrikaans, Paperback)
Magdaleen Walters
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Geboei aan die verlede ...

Christoff de Lange is ’n lid van die polisie se taakmageenheid. Hy word valslik van dwelmhandel aangekla en kry drie jaar tronkstraf. Hy spandeer elke sent wat hy het op regshulp om sy onskuld te probeer bewys, maar as hy uiteindelik ’n kwytskelding kry, is hy steeds nie nader aan die waarheid as die dag waarop hy gearresteer is nie. Hy is sinies, bitter en werkloos.

Met die hulp van oom Bertie, ’n afgetrede sersant en sy vriend, vind hy ’n werk en ’n plek om te woon in Stoffel Myburgh se houtwerkfabriek op ’n kleinhoewe buite Johannesburg.

Juanita, Stoffel se dogter wat ook daar werk, is minder entoesiasties oor haar pa se besluit. Daar is absoluut geen plek in haar lewe vir gevangenes of Lotharios nie. Buitendien dra sy swaar aan haar eie bagasie. Totdat sy die verlede kan vergeet en skielik nie ’n toekoms sonder hom kan voorstel nie ...

Die Duiwel Maak My Hart So Seer (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Die Duiwel Maak My Hart So Seer (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom ons breek die reëls van misdaadfiksie.

Dis 1981 en die maand is Januarie.

Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte – maar het reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis ’n hartseer saak. ’n Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar.

Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het.

Weg met alles wat jy geleer het om te verwag ...

Karlien Kan Nie Kook Nie! - Só Maklik, Enigeen Kan Dit Maak! (Afrikaans, Paperback): Karlien van Jaarsveld, Izelle Hoffman Karlien Kan Nie Kook Nie! - Só Maklik, Enigeen Kan Dit Maak! (Afrikaans, Paperback)
Karlien van Jaarsveld, Izelle Hoffman
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Resepte só maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: “Wat eet ons vanaand?”

Toe kom leefstylsjef Izelle Hoffman met 50 resepte vorendag wat só maklik, lekker en vinnig is dat selfs Karlien dit kan maak!

Die gevolg is ’n heerlike resepteboek propvol wengeregte wat jy met min moeite en eenvoudige bestanddele in ’n japtrap kan maak.

Karlien kan nie kook nie sluit alles in van familiekos en trooskos tot romantiese etes vir twee en lekkernye vir die kroos.

Of jy nou vinnig iets ná werk aan mekaar wil slaan of die Sondag grênd wil onthaal, dié boek gaan elke keer tot jou redding kom. Beïndruk jou gesin en jou gaste met hartlike huiskos wat na baie moeite lyk, maar geen moeite is nie!

Slym se Stories (4 in 1) (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Slym se Stories (4 in 1) (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vir die eerste keer verskyn al vier Slym-boeke saam in een pragtige volkleur-omnibus, met illustrasies deur die skrywer, Fanie Viljoen. Dit sluit in:

- Slym: Die wêreld se eerste wurm in 'n paddakonsert

- Slym en die beker van geluk

- Slym en die gogga-sirkus

- Slym en die towertapyt

Langs die riete in Paddavlei,

daar waar al die paddas bly,

onder die grote hemelruim,

woon daar ook 'n wurm, Slym.

Op 'n dag word 'n wurm deur 'n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie … Hy skrik so groot dat hy 'n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val … by 'n skool vir paddas.

En só begin 'n hele reeks avonture by die paddaskool, waar Slym vir juffrou Plat Anna en die ander onderwysers leer ken, hope gawe paddamaats soos Paddavoet en Brulbekkie maak, en moet ligloop vir Giftand die slang en die skoolboelie, Padarotti.

Fanie Viljoen se Slym-reeks is nie verniet so gewild nie. Sedert die verskyning van die eerste Slym-boek in 2004 het dié oulike wurm en sy aanhangers al hope avonture saam beleef. Slym het die eerste wurm geword wat in 'n paddakonsert gesing het, hy het 'n draai by die gogga-sirkus gemaak, die paddakoning ontmoet en selfs op 'n towertapyt gery! Boonop het hy sommer twee ATKV-Woordveertjies ook ingepalm!

Vir die eerste keer verskyn al vier Slym-boeke saam in een pragtige volkleur-omnibus, met illustrasies deur die skrywer, Fanie Viljoen. Dit sluit in:

- Slym: Die wêreld se eerste wurm in 'n paddakonsert

- Slym en die beker van geluk

- Slym en die gogga-sirkus

- Slym en die towertapyt

Zackie Mostert Druk 'n Drie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert Druk 'n Drie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Zackie en Vincent sien baie uit na die rugbytoer. Selfs al speel hulle nie vir die A-span nie. En selfs al dra hulle span se afrigter lipstiffie! Maar dan word die rugbytoer afgestel, en almal dink dis Zackie se skuld ...

Rigtingwysers Vir Jou Lewenspad - Bybelse Wyshede Vir Koershou Deur Die Lewe Se Uitdagings (Paperback): Piet Smit Rigtingwysers Vir Jou Lewenspad - Bybelse Wyshede Vir Koershou Deur Die Lewe Se Uitdagings (Paperback)
Piet Smit
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Rigtingwysers Vir Jou Lewenspad is ’n padkaart met wyshede vir wanneer jy rigting verloor of wanneer die uitdagings sonder waarskuwing opduik.

Die dagstukke bring moed in swaarkry tye sodat jy sonder sukkel die struikelblokke kan oorkom.

Piet Smit het 150 oordenkings geskryf om jou te help koershou deur die lewe se storm- en sonskyndae. Rigtingwysers Vir Jou Lewenspad is ’n kompas vir daardie oomblikke wanneer die wind jou skip in die verkeerde rigting wil stuur.

IsiZulu Handbook & Study Guide (Zulu, Paperback): IsiZulu Handbook & Study Guide (Zulu, Paperback)
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) In Stock

A Comprehensive IsiZulu Reference book that complements any class text and covers the Fundmentals of IsiZulu.

Look Tippie! (Paperback): Look Tippie! (Paperback)
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Donkertyd - My Naam Is Tina (Afrikaans, Paperback): Mariel le Roux Donkertyd - My Naam Is Tina (Afrikaans, Paperback)
Mariel le Roux
R320 R136 Discovery Miles 1 360 Save R184 (57%) In Stock

Die donker het 'n manier om jou in te haal.

Op die plaas Die Laagte in die hartjie van die Boland, waar vyf geslagte Jouberts 'n bestaan gemaak het, word Tina in 'n huis vol donkerte groot: Daar is haar bullebakpa, Servaas, haar sagte, maar swakkelingma, Annie, en haar outboet, Sarel, die “sondekind”.

Wanneer haar pa sy woede op hulle uithaal, paai haar ma: “Vergewe hom maar. Sy kindertyd was donker.” In 'n poging om van haar eie donker kindertyd te vlug, word Tina uiteindelik 'n verpleegster. In stede van haat, sal sy heling bring.

Sy kom egter gou agter dis nie so maklik om van jou verlede te ontsnap nie, en die donker het 'n manier om jou in te haal.

Sneeuman Swem (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Sneeuman Swem (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Luan Serfontein
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie.

Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwelike SNEEUMAN is op hulle spoor. En hy soek die een met die yskoue hart ... om op te vreet!

Gaan Padda se lewe in ’n grillerige grap eindig? Of gaan hy wys dat daar in elkeen van ons ’n held sit?

Zita (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Zita (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alles by haar nuwe skool is vir Zita vreemd. Die kinders, die kos die sport, selfs die skoolwerk. Sy verlang terug na Kieriekroek waar sy grootgeword het - 'n plek wat net soveel kleurvolle karakters het as wat hy swaarkry het. Dis net die gedagte aan Waldo by die nuwe skool wat Zita elke keer dromerig laat glimlag. Maar daar is 'n ding wat tussen haar en Waldo staan. Dieselfde ding wat tussen haar en haar ma en tussen haar en die nuwe skool staan. Dis die ding met haar pa.

Hallo, Menstruasie - 'n Alles-In-Een-Gids Met Feite, Wenke En Inspirerende Stories (Afrikaans, Paperback): Yumi Stynes,... Hallo, Menstruasie - 'n Alles-In-Een-Gids Met Feite, Wenke En Inspirerende Stories (Afrikaans, Paperback)
Yumi Stynes, Melissa Kang
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alles wat jy moet weet oor menstruasie

Hallo, menstruasie is ʼn boek wat vir amper-tieners en tieners alles oor menstruasie vertel. Die skrywers van die boek is eerlik, snaaks en weet presies wat in ʼn tiener se kop aangaan om alles oor menstruasie te kan beantwoord.

Om vir die eerste keer te menstrueer kan vreemd wees – en om vrae daaroor te vra nog vreemder.

Dit hoef egter glad nie so te wees nie!

Hierdie boek beantwoord al tieners se vrae en kwellinge, soos hoe krampe voel en wat jy moet doen as bloed jou klere vlek. Daar is gevallestudies, persoonlike vertellinge en vrae van regte tieners met antwoorde van regte kenners.

Elle Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Elle Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorlê. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel:

1. Beskaafde mense hou nie vakansie in 'n tent in die diepste bosse van Botswana nie.

2. Die familie en haar pa en ma se universiteitsvriende, die Mosterts, kom sak en pak saam.

3. Die Mosterts se twee irriterende, beterweterige, kondensmelkdrinkende seuns, Divan en Alex. Twee dorpsjapies. Twee koshuisbrakke. Wat haar boonop ignoreer. Vir háár, Elle-Belle. Geen normale ou met gesonde hormone het haar nog ooit geïgnoreer nie.

Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop 'n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.

Die naam alleen klink al klaar vir Elle soos 'n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers 'n jaar lank oorsee werk, moet sy na 'n ander skool toe gaan. 'n Meisieskool. 'n Superstreng meisieskool. Boonop is haar selfoon doodstil terwyl sy die heeltyd wens Alex se naam wil op die skerm flits.

Het hy ná hul Botswana-vakansie heeltemal van haar vergeet? Het die blikkie kondensmelk wat hy daardie aand vir haar gegee het, dan heeltemal niks beteken nie? In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is.

Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op ’n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het.

Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie – en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Tempest: A Bloomsbury Reader - Dark…
Franzeska G. Ewart Paperback R198 R179 Discovery Miles 1 790
Loving Lebus - Looking into Lebus…
Paul Collier Paperback R655 Discovery Miles 6 550
Third Eye Awakening Mastery - 7…
Kate O' Russell Hardcover R653 R582 Discovery Miles 5 820
Finding and Naming Thomas Chippendale's…
Jack Metcalfe Paperback R779 Discovery Miles 7 790
Proof Palpable of Immortality - Being an…
Epes Sargent Paperback R498 Discovery Miles 4 980
Killer Deals Wedding/Commitment/Exercise…
R304 R259 Discovery Miles 2 590
Charlotte Perriand - The Modern Life
Justin McGuirk Hardcover R744 R650 Discovery Miles 6 500
ZA OM Aum Earrings
R439 R299 Discovery Miles 2 990
Easy Woodworking Projects - 50 Popular…
Mike Dunbar Hardcover R1,400 Discovery Miles 14 000
Law Of Attraction to Make More Money…
Elena G Rivers Hardcover R499 Discovery Miles 4 990

 

Partners