![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Frankie se gesin is anders. Haar pa kom van Vlaandere, lyk soos Atilla die Hun, en hy praat nog steeds Nederlands - en soms 'n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter. Hy ry met 'n Big Boy-bromponie en het sy eie kookskool. Haar ma het in die hippie-jare vasgesteek, dra batik-broeke en het die hele planeet en al sy bewoners lief. En Frankie? Sy is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend op haar balkon kry. Milan se pa is liewer vir syfers as vir woorde of ander mense. Hy is 'n wiskunde-onderwyser met 'n swartraambril en 'n strikdas. Min mense sal vermoed dat hy 'n swart gordel in judo het. En Milan? Hy neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en sny snags stensils uit karton. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan - is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het.
Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per
ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas
tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste
jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord
speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar
onvermoe om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die
enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet
vlieg. Tot Lua onverwags'n paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar
help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word. Hannah kom
voor 'n keuse te staan: veg, vlug of vries? Sy kies! Sy kyk video's oor
hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis
haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se
vlerke kry vere. Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!
Deborah (1923/1924, Tamara se middelste dogter) is 'n buitengewoon slim vrou met 'n passie vir argeologie. Hoe kry 'n vrou dit in daardie jare reg om op 'n argeologiese terrein aanvaar te word en wat gemaak as sy vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin?
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Torchbearers; heroic women; inspiring women of South Africa. This amazing series contains the stories of 12 women who deserve to be celebrated; women that will inspire anyone. From well-known women like Thuli Madonsela, Caster Semenya and Vanessa Govender, to more unsung heros such as Grizelda Grootboom and Suna Venter. With unique, colourful illustrations by Linki Brand, this series is a must have for every young reader.
Kosmos en komete is die debuutbundel van Instagram en Facebook digter,
Kaalwoorde. Die sukses van dié jong digter op sosiale media word
toegeskryf aan haar toeganklikheid. Sy verwys na haar gedigte as
bepeinsings oor gevoelens en gebeure, aansporings om te droom, en
gedagtes wat die leser los met positiwiteit.
Leer hoe om ’n ruimtevaarder, wetenskaplike, dokter of ingenieur te word in hierdie opwindende nuwe reeks! Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van hierdie verskillende beroepsmense, sal hierdie boeke jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red en geboue en masjiene te bou. Eenvoudige aktiwiteite help kinders om hul vaardighede op ’n prettige wyse te toets en die inligting wat hul geleer het te versterk. Kan die kind ’n ruimtetuig herstel, ’n chemiese reaksie veroorsaak, die perfekte verband draai of ’n wolkekrabber bou? Loer binne-in een van hierdie interaktiewe boeke en vind uit hoe! Ruimtevaarder in opleiding leer die jong leser alles oor die ruimte, sterrekunde en die lewe aan boord die Internasionale Ruimtestasie. Wetenskaplike in opleiding leer kinders oor basiese chemie, biologie en fisika. Dokter in opleiding vertel die leser hoe dokters, verpleegsters en paramedici lewens red. Ingenieur in opleiding wys jong kinders hoe ingenieurs wiskunde en wetenskap gebruik om die geboue en masjiene te bou wat ons elke dag sien.
Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar klasmaats is op pad na ’n primaatskuiling toe om vir ’n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ’n paar van die seuns het heeltemal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere! Boonop dwing Suna en Mpho vir Lea, Hazel en Nikita om al hulle werk ook te doen en hulle moet ’n kamer deel. Glad nie pret nie. Dan begin alles skeefloop: iemand het ’n paar van die apies gesteel! En net toe Lea uitpluis wat met hulle gebeur het, begin die bos brand ...
Tippie is now available in isiZulu!
Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie - of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind. Skryfterapie is 'n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is - om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie. Of jy jou werk verloor het, of deur 'n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met 'n ernstige siekte gediagnoseer is, of 'n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie. Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik 'n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot 'n digitale dagboek soos 'n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke. Dis die eerste boek in Afrikaans oor skryfterapie. Rabe, 'n bekende in die media, skryf vir die eerste keer hier in boekformaat oor die selfdood van haar seun, waaroor daar al wyd berig is.
Tippie is now available in isiZulu!
Leer hoe om ’n ruimtevaarder, wetenskaplike, dokter of ingenieur te word in hierdie opwindende nuwe reeks! Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van hierdie verskillende beroepsmense, sal hierdie boeke jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red en geboue en masjiene te bou. Eenvoudige aktiwiteite help kinders om hul vaardighede op ’n prettige wyse te toets en die inligting wat hul geleer het te versterk. Kan die kind ’n ruimtetuig herstel, ’n chemiese reaksie veroorsaak, die perfekte verband draai of ’n wolkekrabber bou? Loer binne-in een van hierdie interaktiewe boeke en vind uit hoe! Ruimtevaarder in opleiding leer die jong leser alles oor die ruimte, sterrekunde en die lewe aan boord die Internasionale Ruimtestasie. Wetenskaplike in opleiding leer kinders oor basiese chemie, biologie en fisika. Dokter in opleiding vertel die leser hoe dokters, verpleegsters en paramedici lewens red. Ingenieur in opleiding wys jong kinders hoe ingenieurs wiskunde en wetenskap gebruik om die geboue en masjiene te bou wat ons elke dag sien.
Wat soek ’n haai in die skool se swembad? Hoe lank is ’n weerwolf se humeur? Is enige iets erger as skottelgoed was? Wat is ’n huis sonder ’n moeder? Is ’n draak die perfekte troeteldier? Wat soek jou ouma op die Pick n Pay se dak? Hoekom dra bere nie klere nie? Wat sou gebeur het as die maan ’n pizza was? Waarom is daar so min rympies oor erdvarke? Bestaan daar iets soos ’n spaghettiboom? Wat moet jy doen as ’n renoster jou jaag? Hoe klink die perfekte monsterbrul? Wat eet Dracula vir nagereg? Kan jy jou eie elmboog lek? Jy sal die antwoorde op al hierdie vrae in dié lawwe lekkerlagboek vind. Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skooltoilette, erdvarke, Kersvader, krokodille, volstruismelk, Valentynsdag, en dinge wat baie sleg ruik ...
The next 10 Tippie adventures are proudly South-African, interesting
and builds on the skills acquired in the Level 1 books. The text is
supported by colourful, engaging illustrations to support comprehension
and practise short vowel sounds and simple consonant clusters.
Tippie is now available in isiZulu!
Tippie is now available in isiZulu!
Tippie is now available in isiZulu!
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings; seks en selfondersoek. Dis ’n eerlike en soms skreeusnaakse memoir - maar ook ’n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn afsprake.
Tippie is now available in isiZulu!
Kiets is anders as die ander katte in die agterstrate van Parys. Sy kan enige iets doen waarop sy haar kop sit. Selfs wanneer ander nie in haar glo nie. Sy verlaat haar katfamilie en gaan ontdek die stad waar sy die aande om dans en sing. Op haar reis ontmoet sy die legendariese Édith Piaf en Josephine Baker. Kort voor lank is sy ook beroemd. Maar is dit regtig die lewe wat sy wil hê? Katte het bowenal nege lewens, jy weet ... Dianne Hofmeyr is een van Suid-Afrika se voorste kinderboekskrywers wat met verskeie pryse vereer is, insluitend die Sanlam Goue toekenning vir jeugliteratuur, wat sy al meer as een keer ontvang het. Haar boeke is in 18 tale vertaal. Piet Grobler is 'n bekende, veel bekroonde Suid-Afrikaanse illustreerder en skrywer van meer as tagtig boeke vir kinders. |
You may like...
New Approaches to Structural Mechanics…
Horace R. Drew, Sergio Pellegrino
Hardcover
R5,259
Discovery Miles 52 590
Advanced Concrete Technology 4 - Testing…
John Newman, B.S. Choo
Hardcover
R2,590
Discovery Miles 25 900
New Trends in Fracture Mechanics of…
Alberto Carpinteri, Pietro G. Gambarova, …
Hardcover
R6,807
Discovery Miles 68 070
|