![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
Royal recipes for a royal tea party Clover cordially invites you to a delicious tea party… in true royal fashion! In Clover Royal Tea Party, Clover shares 55 tasty recipes for all those teatime treats that should feature on your table. From scones with decadent cream and jam, to feathery light sponge cake and elegant savoury treats. The mouthwatering recipes – all beautifully photographed – will inspire you to put on your apron, while the Way Better Clover products, which you’re likely to already have in your kitchen, will ensure fail-proof results. So, put on your best pearl necklace and get out your porcelain teapot, because thanks to Clover Royal Tea Party, you’re about to host a tea party on a royal scale.
Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende: Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker ges as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?
Ligte, kamera, aksie! Ewald is baie opgewonde toe hy sy eerste rol in n fliek losslaan. Dit is immers nie sommer enige rol nie hy speel die hoofrol! Hy is Aksieheld Austin, n dapper held met vuiste soos kanonkoeels wat skurke laat les opse! Iets is egter nie pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof n regte skurk die rolprent probeer saboteer. Kort voor lank is die hele filmspan se lewe in gevaar. En as Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos n REGTE aksieheld moet wees ... Hierdie asemrowende nuwe avontuurverhaal uit die pen van Fanie Viljoen is die eerste in n splinternuwe reeks oor Aksieheld Austin. Perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
Zinzi en haar kat, Saffraan, red 'n magdom magiese kreature! Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir 'n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers 'n kat vir goeie raad nodig! Drake en malvalekkers In die eerste boek van di reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help? Monsters en muf Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinzi en Saffraan se hande is vol met 'n huilende monster terwyl hulle ook aan 'n goeie oplossing vir sy probleem probeer dink. Meerperdjies en borrels In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help. Katjievlinders en ys 'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel. Paddas en plante In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is. Towerponies en kieme In die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.
Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank
’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die
onderste verdieping van ’n groot ou huis gele. Bastian en sy pa bly op
die boonste verdieping.
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Hondegevegte en doodsdreigemente! Baster is die storie van Karel, ’n seun wat met honde kan praat, en Hppie, ’n liefdevolle brak wat gedwing word om ’n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur
’n Aangrypende, fantastiese avontuur buite en onder die water… Stella is nog altyd die eenkantkind in die familie gewees. Sy loop in haar slaap en sy is bang vir die water alhoewel sy geboei is daardeur. Die grootste raaisel vir Stella is haar ma, wat oorlede is toe Stella agt jaar oud was. Wie was haar ma? Hoekom het sy vir Stella ‘n hangertjie gegee wat “die belofte van die see” genoem word? Niemand kan vir Stella antwoorde gee nie omdat haar pa te hartseer is en haar ouma se geheue versleg. Dit is net deur die see te trotseer, dat Stella regtig die antwoord op haar grootste vraag kan uitvind: Was haar ma ’n meermin? ’n Aangrypende verhaal oor familie, verlies, vriendskap en ontdekking. Tania Unsworth meng fantasie en realiteit in ’n boeiende, potiese wyse wat steeds ’n vinnige pas het vir jong lesers. Hierdie is ’n boek wat enige leser sal meesleur met dieselfde magiese, emotiewe krag van die oseaan.
Liefde op die maat van die musiek ...
Wat soek ’n haai in die skool se swembad? Hoe lank is ’n weerwolf se humeur? Is enige iets erger as skottelgoed was? Wat is ’n huis sonder ’n moeder? Is ’n draak die perfekte troeteldier? Wat soek jou ouma op die Pick n Pay se dak? Hoekom dra bere nie klere nie? Wat sou gebeur het as die maan ’n pizza was? Waarom is daar so min rympies oor erdvarke? Bestaan daar iets soos ’n spaghettiboom? Wat moet jy doen as ’n renoster jou jaag? Hoe klink die perfekte monsterbrul? Wat eet Dracula vir nagereg? Kan jy jou eie elmboog lek? Jy sal die antwoorde op al hierdie vrae in di lawwe lekkerlagboek vind. Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (n grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skooltoilette, erdvarke, Kersvader, krokodille, volstruismelk, Valentynsdag, en dinge wat baie sleg ruik ...
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Hierdie vrolik gellustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan
drieletterwoorde bekend. Daar is agt boekies in die reeks. Afgesien van
die prettige storie en illustrasies, bevat elke boekie ook ’n
woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord,
begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die
leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip
en woordeskat speel-speel by die kind vas te l.
Hou die beste oorslaappartytjies ooit! Net een ding is lekkerder as 'n uitslaapaand, en dit is om een te beplan. Met alles van speletjies en vasvrae tot bederf-idees en middernagfeeste sal jou idees nooit opraak met My maats kom kuier! nie. My maats kom kuier! is propvol aktiwiteite, temas en dinge om te maak wat jou maats vir dae aan die praat sal hou. Leer hoe om 'n visgraatvlegsel te doen, 'n natuurlike gesigmasker of selfs kamma-skemerkelkies aan te maak, en doen dan die vasvra om jou ware vriendskapstyl te ontdek. Alles het deeglike aanwysings en veiligheidswenke. My maats kom kuier! is 'n moet vir fantastiese aande saam met jou vriende.
Learning to read is super easy with Tippie the elephant. Each story is unique, interesting and the text is always supported by colourful, engaging illustrations that will aid comprehension. Tippie experiences modern day adventures in each book whilst staying true to typical child development. These sequential reading books were designed with a focus on sound development, linking sounds and letters as well as building success and self-confidence in reading. The first ten books in the series focus on short vowels, simple consonants, blends and sight words. Titles in Level 1: 1. Tippie and the cat 2. Tippie and the hen 3. Tippie and Fin jig 4. Tippie the cop 5. Tippie and Mum 6. Tippie likes to rap 7. Tippie and the vet 8. Tippie and Fin swim 9. Tippie and the frog 10. Tippie and the bug
’n Vyte-boek vir almal. Wat is ‘n wetenskaap? ‘n Mens wat hou van vyte, word ‘n wetenskaap genoem. Jong wetenskape hou gewoonlik vyte in botteltjies aan en bre dit onder hulle beddens. Wat is ’n vyt? Wanneer ʼn mens goeters uitmekaar haal en dit weer bymekaar sit, bly daar baie keer ietsies oor. Daardie oorbly-ietsies is vyte. Het jy geweet dat idees die mis van breinwurms is as hulle mense se ongedinkte gedagtes eet? Of dat kannibale skole uitgedink het? Of dat skape so slim is dat hulle van groen gras wol kan maak en sommer daarmee saam die seisoene veroorsaak? Dit is als vyte! Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderste-bo wonderlike en snaakse vyte oor die mens, die aarde en die sommer nog baie ander dinge in die heelal. ’n Heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.
'n Hart is net atome is 'n fantastiese grafiese roman deur geliefde
jeugboekskrywer Cecilia Steyn en illustreerder Danielle Albertyn. Pho
is 'n Chinees-Afrikaanse meisie met 'n ystervuis, maar haar
tradisionele Chinese pa keur nie sy dogter se boks goed nie. Hy sou
verkies dat sy meer tyd aan haar studies spandeer. Theo, Pho se
aantreklike beste vriend en grootste ondersteuner, sit met dieselfde
penarie: hy wil 'n wetenskaplike word, maar sy ma wil h hy moet die
familie se pizzeria oorneem. Pho het egter nog 'n probleem: sy is
stilletjies verlief op Theo, maar hy het net oe vir Nisa - die
gewildste meisie in die skool. Nisa stem in om met Theo uit te gaan,
maar Pho is vas oortuig Nisa doen dit net om haar eks jaloers te maak.
En so begin Operasie Sabotasie - met skreeusnaakse gevolge. 'n Hart
is net atome is perfek vir liefhebbers van romantiese komedie.
Liefde is al wat vir die mens oor is Daar onder raas die see toe Poppie Nel di dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir ’n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig. S ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in ’n saaltjie op ’n plot waar ’n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is. Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wreld daar buite. Die skade aan ’n meisiekind se siel ... Nou ja. Uiteindelik berei Lukas ’n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is.
Die 54 gedigte in Toulopers is almal splinternuut en is geskryf met
tieners van 13 tot 15 jaar in gedagte. Van ernstiger temas tot
glimlagverse, van rebelse gedigte tot dolverliefde SMS-posie – al die
bydraes in hierdie bundel is met een doel voor o gekies: om tot
moderne tieners se leefwreld te spreek.
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Wie is die grootste rebelle van almal? Katte, natuurlik! Vir te lank is daar te min ges oor hoe ongelooflik katte is. Hierdie boek vertel die (ware!) verhale en geheime van vurige en kordate katte. Daar is verhale oor katte wat lewens red, katte wat muise in allerlei geskiedkundige geboue soos kerke en teaters vang, katte wat Hollywood-sterre geword het en selfs 'n brawe klein katjie wat die Nazi's om die bos gelei het. Tesame met die verhale van merkwaardige katte, is daar ook interessante feite oor mistiese katte en katte aan boord van skepe. Daar is ook meer inligting oor projekte en organisasies wat katte, en hul regte, beskerm. 'n Purr-fekte boek vir katliefhebbers! Hierdie is 'n niefiksietitel wat werklik deur enige katliefhebbers gelees kan word - nie slegs kinders nie.
In die paar dae voor Kersfees neem Hendrik en Amalia se lewe n onverwagse wending, iets waarvoor hulle nooit voorsiening gemaak het nie. Maar wat vir hulle n nuwe era in hulle verhouding sou kon wees, word verdonker deur n verskriklike voorval waarvoor Hendrik in hegtenis geneem word. Nog Amalia, n staatsaanklaer op Witteberg, nog Hendrik se knap prokureur kan verhoed dat hy opgesluit word deels vir sy eie veiligheid, deels omdat n lafhartige speurder sy mag misbruik. Wat voorbereiding vir n heugelike gebeurtenis en Kersfees moes word, word dae waarin Hendrik intiem met die binnekant van n sel en die se bewoners kennis maak. Daar word van moord gepraat op die taxibaas se seun wat deur n dwaalkoeel getref word en dis die taxibaas se woord teen Hendrik sn. Boonop leef die grensoorlog steeds in Hendrik se gedagtes; die nagmerrie toe hy n makker wat deur die Kubane gevange geneem is, gaan red het. Dekades later buk n Kubaanse dokter oor hom in n hospitaal. En as Hendrik gemeen het dat Amalia veilig is, het hy n fout gemaak
Zinzi en haar kat, Saffraan, red 'n magdom magiese kreature! Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir 'n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers 'n kat vir goeie raad nodig! Drake en malvalekkers In die eerste boek van di reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help? Monsters en muf Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinzi en Saffraan se hande is vol met 'n huilende monster terwyl hulle ook aan 'n goeie oplossing vir sy probleem probeer dink. Meerperdjies en borrels In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help. Katjievlinders en ys 'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel. Paddas en plante In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is. Towerponies en kieme In die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend. |
You may like...
So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam…
Ilse Verster
Paperback
(1)
Research Handbook on Contract Design
Marcelo Corrales Compagnucci, Helena Haapio, …
Hardcover
R7,053
Discovery Miles 70 530
New Developments in the Dynamics of…
Rudolf Dvorak, Jacques Henrard
Hardcover
R4,217
Discovery Miles 42 170
|