![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
The next 10 Tippie adventures are proudly South-African, interesting and builds on the skills acquired in the Level 1 books. The text is supported by colourful, engaging illustrations to support comprehension and practise short vowel sounds and simple consonant clusters. Tippie learns and explores alongside his friends whilst staying true to typical child development. These sequential reading books were designed with a focus on sound development, linking sounds and letters as well as continuing building success and self-confidence in reading. The Level 2 books still focus on short vowels, simple consonants, sight words and final position consonant clusters. Children will love Tippie’s latest adventures as it is full of fun and humorous incidents along the way
Badtyd is prettyd! Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Hierdie boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluide.
A comprehensive summary of Grade 11 & 12 Physics. Simple, logical
summaries with example exam questions and work through solutions.
Covers the fundamentals of Grade 11 & 12 Physics and complements
the material in any class text.
Physics Data Sheet; Equations and Graphs of Motion; Forces and Newtons Laws; Vectors; Momentum and Energy; Electric Circuits, Electrostatics; Electromagnetism; Photons and Electrons
Lees speel-speel saam met Tippie die olifant!
Onthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos “Trippe trappe trone”, “Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak” en “Tararara boemdery”? Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe sêgoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies. Die samesteller, Wendy Maartens, sê sy is lankal pynlik bewus van die feit dat ons volksrympies en ouer verse vir die nuwe geslag verlore gaan. “Ek het hierdie boeke saamgestel vir elkeen wat met hierdie verse grootgeword het, sodat dit binne een boekpak teen die hart gehou kan word. Nêrens, maar nêrens op ons winkelrakke is ’n boek met hierdie kosbaarhede nie. Dit hoort saam in een skatkis.” Hierdie is beslis ’n moet-hê-boekpak vir elke Afrikaanse gesin se boekrak.
’n Heerlike doen-saam-aktiwiteitsboek vir die klaskamer. Gebaseer op die eerste ses boekies van Die klein boek van-reeks deur Fanie Viljoen. Tekste uit elk van die ses boekies word gebruik met begripsvrae, tematiese gesprekspunte, lekker pret mondeling- en skryfaktiwiteite. Die ses boekies is: Die klein boek van fantastiese feite, Die klein boek van gruwelike geheime, Die klein boek van hipercool hondetoertjies, Die klein boek van skitterende speelgoed, Die klein boek van katastrofiese kattekwaad, Die klein boek van mal modes
The Learn to Read Level 1 books are not only fun to read, it also
promotes vocabulary and reading comprehension. Tippie loves PLAYING,
LEARNING and DISCOVERING so much that four interactive activity sets
were developed as value added aids to the series.
Z is for Zack - now available in English!
In die derde en laaste boek in die reeks is daar twee identiese drake, gemaak uit die nuwe element Drakium. Die twee drake is kwantum verstrik en sal ongekende onstabiliteit veroorsaak indien hulle min of meer gelyktydig in die magna van die aarde (die vloeibare lawalaag van die aardkors) beland. Maar wie sit hieragter? Niemand anders as Uranus Draak nie! Hierdie reeks is 'n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, wetenskap, natuurlewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en ’n sterk "groen" boodskap. Anna Atoom se ouers is wereldberoemde wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wereld van ondergang red. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met 'n heerlike sin vir humor.
Is dit ’n hond? ’n Deursigtige Jack Russell? Soos ’n ... spookhond?
The emigration debate is as old as our democracy itself. When the “new South Africa” dawned in 1994, many people left the country out of fear for what majority rule would hold. More still left in the years that followed to seek a better life elsewhere, and communities of expats can be found all over the world in places such as Canada, England and Australia. Today, 25 years after the dawn of democracy, as optimism about the country's future ebbs and flows, new impetus has been given to the emigration debate. This time around, it is not only being discussed in reactionary circles, but around dinner tables of all creeds as many people leave for better education, job opportunities and safety. With the reality of nine wasted years tugging at our wallets and future prospects, and the allure of a global economy pulling strong, more and more people are asking, “Should I go?” In Should we go? more than 20 of South Africa's foremost thought leaders such as Jonathan Jansen, Mandy Wiener, Phumzile van Damme and Ferial Haffajee grapple with this question. It is an attempt to find some answers that will give insight to and challenge every person who is thinking of leaving, has already left, or has decided to stay so that they may thrive as South Africans wherever they are. Alet Law is the newsletter and engagement editor at News24 and former opinions editor. She holds a PhD in political communication from the University of Cape Town.
Is 'n witmuis nog 'n witmuis as hy groen is? Miek is in groot moeilikheid omdat hy die natuurwetenskapklas se witmuis groen gekleur het, en boonop het hy nog nie aan 'n projek gedink vir entrepreneursdag nie. Al wat hom nou kan red, is as 'n luislang vir juffrou Makhetha en meneer Roux insluk.
Giggle, groan and guffaw with Jaco Jacob’s new humorous series of 101 Jokes books, now available in English! Each book contains tons of jokes that will have you and your friends in stitches.
How does the sea snake swim? What is a 'hinged' tortoise? Who cleans a
crocodile's teeth? Do toads cause warts? How do some frogs survive the
dry season?
Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. Die Bybelverhale is geskryf om saam met liedjieopnames gebruik te word. Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en -vermoë en die ontwikkeling van ’n gesonde Godbegrip by die kleuter in ag geneem by die skep van hierdie publikasie. Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon. Gebruik die illustrasies om gesprekke met jou kleuter te stimuleer.
Gabriella wil haar oorlede ma se geliefde perd se bloedlyn op hulle plaas in Namibie hervestig. Donnabelle was 'n Oldenburger, 'n skaars warmbloedige Europese perd. Gabi wend 'n groot poging aan om Donnabelle se nageslag op te spoor, omdat sy hoop dit sal haar bande met haar oorlede ma versterk en sorg dat haar pa, wat pas weer getrou het, haar ma sal bly onthou. Noodgedwonge moet Gabi en haar stiefma saamwerk om Duke, oftewel, die “hertog van harte” te gaan soek. Die soektog neem hulle na 'n landbouskool in die Boland. Duke is 'n humeurige perd en die enigste raad is om Robert, 'n Gr 12-leerder met 'n sonderlinge talent om met moeilike perde te werk, saam met Gabi-hulle terug Namibie toe te laat ry.
Leer hoe om ’n ruimtevaarder, wetenskaplike, dokter of ingenieur te word in hierdie opwindende nuwe reeks! Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van hierdie verskillende beroepsmense, sal hierdie boeke jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red en geboue en masjiene te bou. Eenvoudige aktiwiteite help kinders om hul vaardighede op ’n prettige wyse te toets en die inligting wat hul geleer het te versterk. Kan die kind ’n ruimtetuig herstel, ’n chemiese reaksie veroorsaak, die perfekte verband draai of ’n wolkekrabber bou? Loer binne-in een van hierdie interaktiewe boeke en vind uit hoe! Ruimtevaarder in opleiding leer die jong leser alles oor die ruimte, sterrekunde en die lewe aan boord die Internasionale Ruimtestasie. Wetenskaplike in opleiding leer kinders oor basiese chemie, biologie en fisika. Dokter in opleiding vertel die leser hoe dokters, verpleegsters en paramedici lewens red. Ingenieur in opleiding wys jong kinders hoe ingenieurs wiskunde en wetenskap gebruik om die geboue en masjiene te bou wat ons elke dag sien.
Is jy braaf genoeg om die kas oop te maak? Denver se kas is 'n geheime ingang na 'n kasteel vol monsters - en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde Kas vol monsters-boeke! Die Groen Hand Daar is iets vreemds aan die nuwe huis ... In die middel van die nag hoor Denver iemand aan sy kasdeur klop. Toe hy ondersoek instel, ontdek hy iets wat sy hare laat regop staan! Maar gaan enige iemand hom glo as hy vertel wat hy gesien het? Vampierfoto's Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters. Denver en Meyer kan nie wag om weer die monsters te sien nie. Hierdie keer het een van die monsters hulp nodig. Maar om foto's van 'n vampier te neem ... kan 'n pyn in die nek wees! Hollywood-mummie Dit is glad nie so maklik om 'n Hollywood-ster te word nie - veral nie as jy 'n mummie is nie. Sal Denver en Meyer vir Toets kan help om 'n rol in 'n fliek los te slaan? Weerwolfprobleme Denver en Meyer het al hope pret saam met die monsters gehad. Maar daar is iets fout in die monsterkasteel. Flaffie die weerwolf is in 'n BAIE slegte bui. En as 'n weerwolf vies is, moet jy liewer nie met hom sukkel nie ... Die perfekte monster Een van die monsters in die kas het Denver en Meyer se hulp nodig. Frank is eensaam. Daarom besluit hy dis tyd om 'n meisie te kry. Maar om die perfekte meisie vir 'n groot groen monster te kry, is glad nie so maklik nie! Kinderspeletjies Al die monsters is op pad na 'n musiekkonsert. Denver en Meyer bied aan om 'n aand lank baba-oppassers vir 'n oulike monsterbaba te wees. Hulle moet met hom speel, hom kosgee en hom in die bed sit. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees ...?
Eduzane kwalento ethi qo-qo-qo, ngaphansi kwe vula vala, mawubheka la, uphinde ubheke le, uzoyibona intofo ntofo uJenn noDev bahleli ngaphandle uma uDev avele abona intofo ntofo ... kodwa kubonakala sengathi noma ezama kangakanani, akakwazi ukusiza uJenn ukuthi abone intofo ntofo. Ingabe uJenn uyogcina ayibonile intofo ntofo na?
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
In hierdie sesde avontuur is Adriaan en Willem nader aan eie bodem aan die werk: in Nambie moet hulle ’n bende diamantsmokkelaars help vasvat. Maar hier moet hulle met ’n ander betroemde speurhond saamwerk: sersant-majoor Maximiliaan. Hulle is net nie so seker of hy en sy patrolliemaat, konstabel Kolgans, vertrou kan word nie ... Die ander titels is Speurhond Willem op reis, Speurhond Willem en die seerowers, Speurhond Willem en die wilddiewe en Speurhond Willem in die ruimte en Speurhond Willem in New York.
Giggle, groan and guffaw with Jaco Jacob’s new humorous series of 101 Jokes books, now available in English! Each book contains tons of jokes that will have you and your friends in stitches.
Die ding lyk geheel en al anders noudat dit in die ope is, noudat dit in die lig is. Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het. Henriette vermoed haar man het 'n verhouding, maar wil dit nie aan haarself erken dat haar prentjiegesin aan die verbrokkel is nie. Haar geluk draai om dié lewe wat sy deur soveel jare opgebou het, en waarvoor sy so baie prysgegee het. Madelein, aan die ander kant, is bewus van Ian se vrou en kinders. Haar verhouding met Ian was aanvanklik slegs platonies, maar nou besef sy dat sy te vas aan hom gegroei het. En klein Liam begin vrae vra oor sy pappa wat bykans nooit by die huis slaap nie. Veel langer sal sy nie 'n leuen kan lewe nie. Wanneer een van Ian se ouer kinders hom toevallig saam met sy tweede gesin sien, kan Ian nie langer die onafwendbare besluit wat hy moet neem uitstel nie. 'n Besluit wat nie net 'n omwenteling in sy eie lewe gaan bring nie, maar ook in die lewens van al die mense wat hy liefhet. |
You may like...
World War II Rhode Island
Christian McBurney, Brian L Wallin, …
Paperback
|