0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (22)
  • R50 - R100 (73)
  • R100 - R250 (149)
  • R250 - R500 (57)
  • R500+ (10)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur

Verhale Van Hoop - So Help Jy Jou Geliefde En Jouself (Afrikaans, Paperback): Pieter van Zyl Verhale Van Hoop - So Help Jy Jou Geliefde En Jouself (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Zyl
bundle available
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) In Stock

Kintsugi is die Japanese kunstegniek om ’n gebroke keramiekvoorwerp met goud te herstel. Die tegniek maak ’n voorwerp mooier en meer kosbaar as wat dit in ’n ongebroke toestand was. Met die regte ingrype kan gebrokenheid waarde en skoonheid ontsluit. Hierdie idee is die draad wat deur dié boek loop.

In hierdie boek maak tientalle mense van verskillende agtergronde hul harte oop ter bemoediging en om insigte te deel.

In Suid-Afrika ly een uit ses mense aan depressie, angs en middelafhanklikheid en tot ses miljoen aan post-traumatiese stres. Agt duisend mense per jaar staan hul lewens aan selfdood af. Die Covid-epidemie dryf dit verder op die spits. Lees hier vir advies. Daar is hoop.

Speurder Kwaaikofski: Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski: Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) In Stock

Kwaaikofski is al ’n privaatspeurder vandat hy kan onthou. Selfs as ’n baba het hy elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in die sandput verdwyn het. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep – wat sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibusuitgawe bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski moet uitvind waarom sy gunsteling-kougom uit Olga se winkel verdwyn, die geheim van ’n vlieënde blou rubberkoei ontrafel en 'n vreemde pienk spook op die skoolgronde vastrek.

'n Ou Soos Jy (Afrikaans, Paperback): Annabel Allers 'n Ou Soos Jy (Afrikaans, Paperback)
Annabel Allers
bundle available
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) In Stock

Kan 'n gids jou regtig help om liefde te vind? Emma is vasbeslote - dié vakansie gaan sy 'n ou kry. Hy gaan na soutwater ruik, en haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie. Toe sy nie lank nie na hul aankoms by Jeffreysbaai 'n sekere blonde branderplankryer raakloop, klop haar hart sommer dadelik vinniger. Emma ontdek boonop 'n boek wat stap vir stap verduidelik hoe om 'n ou se hart te wen en sy besluit om die uitdaging te aanvaar ... Sy gaan die boek se raad volg en die beste vakansieromanse ooit hê! Wat kan verkeerd loop? Hierdie is romantiese fiksie vir tieners.

Thembi en Themba by die Biblioteek: Gr 3: Reader (Afrikaans, Staple bound): Manichand Beharilal Thembi en Themba by die Biblioteek: Gr 3: Reader (Afrikaans, Staple bound)
Manichand Beharilal; Edited by Thea Wallace; Illustrated by Melvyn Naidoo
R75 Discovery Miles 750 In Stock
My Eerste Woordeboek (Afrikaans, Hardcover): Maja Sereda My Eerste Woordeboek (Afrikaans, Hardcover)
Maja Sereda
R195 R124 Discovery Miles 1 240 Save R71 (36%) In Stock

’n Vrolike, prettige eerste woordeboek vol kleurryke illustrasies. Kinders sal hope pret hê en basiese woordeskat in vier van Suid-Afrika se amptelike tale aanleer terwyl hulle hierdie boek speel-speel verken. Maklike woord-prent-assosiasies word in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik. Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie. ’n Moet-hê-boek vir elke gesin se boekrak!

Maklike wiskunde (Afrikaans, Spiral bound): Priddy Books Maklike wiskunde (Afrikaans, Spiral bound)
Priddy Books
R159 R82 Discovery Miles 820 Save R77 (48%) In Stock

Die raaisels en speletjies in hierdie veeskoonboek sal kinders help om te leer, hulle skryfwerk te oefen, te teken, te tel, en baie meer. Die aktiwiteite pas die eerste leerbeginsels eenvoudig en prettig toe - die ideale voorbereiding vir die skool. Die spesiale pen wat ingesluit is, laat kinders toe om die aktiwiteite oor en oor te doen - vee net skoon met ‘n laap.

Antieke wereld - 'n Wereld van boeiende feite en syfers (Afrikaans, Hardcover): Diane Stephens Antieke wereld - 'n Wereld van boeiende feite en syfers (Afrikaans, Hardcover)
Diane Stephens
R129 R68 Discovery Miles 680 Save R61 (47%) In Stock

Hoe is die piramides gebou? Wie was die Romeinse swaardvegters? Wat was die Trojaanse perd? As jy ooit antwoorde op hierdie en ander belangrike vrae gesoek het, is hierdie boek vir jou. Dit bevat meer as 70 van die vrae waarop jy die graagste antwoorde wil he, en antwoorde wat van jou ’n kenner van die antieke wereld gaan maak. Opwindende kleurfoto’s en tekeninge. Jou topgids oor die antieke wereld!

Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback): Joanne Jowell Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback)
Joanne Jowell 2
bundle available
R335 R288 Discovery Miles 2 880 Save R47 (14%) In Stock

“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.”

Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid.

’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie.

Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

My HAT Storiewoordeboek: Gr R - 3 Verwysingsboek (Afrikaans, Hardcover): Linda Rode My HAT Storiewoordeboek: Gr R - 3 Verwysingsboek (Afrikaans, Hardcover)
Linda Rode
R184 R136 Discovery Miles 1 360 Save R48 (26%) In Stock

My HAT Storiewoordeboek is 'n unieke voorlees- (4 jaar+) en saamleesboek (7 jaar+) wat die taal en denke van kinders stimuleer. Deur middel van fantasieryke en dikwels humoristiese verhaaltjies en rympies - ondersteun deur prettige volkleurillustrasies - word die betekenisse verklaar van woorde wat dikwels moeilik is om aan jong kinders te verduidelik.

Nova 2: Vuurdoop (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Nova 2: Vuurdoop (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
bundle available
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) In Stock

In Nova: Die Begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na 'n VVV weggevoer. Hulle het ontsnap en nou keer alles weer terug na normaal. Of so dink Lucas ...Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: "Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa. Hulle het 'n sny in my kop gemaak ...Daar was bloed. Ek kon dit voel afloop teen my slape. Ek was nog nooit so bang nie."

Ontwakende Passie (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Dina Botha Ontwakende Passie (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Dina Botha
bundle available
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) In Stock

Celestine de Peronne se susters verwyl hul tyd met borduurwerkies, mooimaaksessies en dagdrome oor toekomstige mans, maar sy droom van om eendag die eienares van Lavoisier, die familieplaas, te wees.

Sy bestuur reeds haar pa se plaas, teel perde, plant wingerde aan en maak wyn. Haar pa stel ’n aantreklike en sjarmante Fransman, Argonne de Lattre, as stalmeester aan, maar hy verkies meisies soos haar susters.

Hy is die eerste man wat haar soen; haar kop laat duisel. Hy vra haar om te kies; dis of hy of Lavoisier, en dis die moeilikste besluit van haar lewe.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Leesleer - V1 - Die Drie Varkies
Paperback R43 R32 Discovery Miles 320
Dit Is Nie 'n Boek Nie
Jaco Jacobs Paperback R300 R234 Discovery Miles 2 340
Poskaarte Van 'n Reis
Jacqueline Leuvennink Paperback R260 R224 Discovery Miles 2 240
Donker Web
Fanie Viljoen Paperback  (2)
R255 R195 Discovery Miles 1 950
Een Voet Innie Kabr
Gaireyah Fredericks Paperback R280 R200 Discovery Miles 2 000
Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal
Hendrik Hancke Paperback R290 R232 Discovery Miles 2 320
Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek…
Louisa Holst Paperback R350 R255 Discovery Miles 2 550
Laat die Potte Prut
Via Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010
Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te…
PJ Botha, Geo Botha Paperback R250 R215 Discovery Miles 2 150
Hemel En Aarde En Ons
Zirk van den Berg Paperback R300 R219 Discovery Miles 2 190

 

Partners