|
|
Books > Children's & Educational > Language & literature > Modern languages (other than English) > Literary texts
Binne 'n kort tydjie kom Erna Rademeyer baie agter oor liefde en
vriendskap: die verskillende vorme wat dit kan aanneem, die vreugde
daarvan, maar ook die gevaar van verraad en misbruik. Sy kom nie
met haar stiefpa oor die weg nie, terwyl haar eie pa - haar held -
nog in die nabyheid is en sy vreugde het in die voelhok wat hy so
spesiaal vir haar gebou het. Haar beste vriendin, die selfstandige,
uitgesproke June, openbaar dat sy ook probleme het met haar stiefpa
- maar baie meer skrikwekkend as Erna. Dan raak die twee meisies se
vriendskap gekompliseerd as Erna uitvind dat sy en June op
dieselfde seun verlief is. Sal die twee se vriendskap hulle help om
in die lewe reg te kom? Die verhaal word gevolg deur 'n leesgids
met: * inligting oor die outeur * 'n opsomming van die verhaal *
woordverklarings van moeilike woorde * vrae oor die inhoud van die
verhaal en letterkundige aspekte * antwoorde vir die vrae * 'n
glossarium met letterkundige begrippe.
Die Vuma Leesinstruksieprogram is uniek omdat die skrywers wat dit
geskryf en ontwikkel het, Afrikaanssprekend is en begrip het vir
die taal se gemeenskap en kultuur. Vuma se karakters en hul
omgewing is eg Suid-Afrikaans, iets wat u jong leerders onmiddellik
sal aantrek. Die stories word kleurvol en boeiend vertel. So word
dit pret en genotvol om te leer lees, en aktiwiteit waarop hulle
van meet af aan versot raak. Die Vuma Leesinstruksieprogram is tans
beskikbaar in Afrikaans Huistaal, isiZulu Huistaal, Sepedi Huistaal
en Engels Eerste Addisionele Taal.

Hy kan vlieg. Hy kan planne maak. Hy kan met nare mense se gal werk. Hy
en sy swaard skrik nie vir monsters nie. Sy naam is Perseus en 'n
superheld van lank gelede. Jy sal mal wees oor sy storie!
|
You may like...
We Recycle
Torrey Maloof
Paperback
R244
Discovery Miles 2 440
Underworld
Fanie Viljoen
Paperback
R295
R277
Discovery Miles 2 770
|