|
Books > Children's & Educational > Language & literature > Modern languages (other than English) > Literary texts
Nadia het 'n geheim. Dit die rede waarom sy by haar ouma in die Magoebaskloof moet gaan bly. Hier ontmoet sy vir Poenk. Bos-Poenk. Geheimsinnige Poenk. Poenk wat haar leer hoe paddaeiertjies ruik. Wat haar wys wat daar kleure soos ritselgroen, bangmaakgroen, fluistergroen, kieliegroen en flikkergroen bestaan. Poenk wie se naam sy oor en oor in haar huiswerkboek skryf. Wat vir haar gedigte lees en vir haar sprokies vertel. Poenk wat self 'n geheim in hom ronddra.
'n Betowerende drama uit die pen van Fanie Viljoen.
- Nasionaal voorgeskryf vir Afrikaans EAT Graad 10 (Drama)
- Bevat agtergrondinligting oor die skrywer
- Pre- en postlees-aktiwiteite en -vrae
- Volledig uitgewerkte antwoorde
- 'n Volledige woordelys
Die Vuma Leesinstruksieprogram is uniek omdat die skrywers wat dit
geskryf en ontwikkel het, Afrikaanssprekend is en begrip het vir
die taal se gemeenskap en kultuur. Vuma se karakters en hul
omgewing is eg Suid-Afrikaans, iets wat u jong leerders onmiddellik
sal aantrek. Die stories word kleurvol en boeiend vertel. So word
dit pret en genotvol om te leer lees, en aktiwiteit waarop hulle
van meet af aan versot raak. Die Vuma Leesinstruksieprogram is tans
beskikbaar in Afrikaans Huistaal, isiZulu Huistaal, Sepedi Huistaal
en Engels Eerste Addisionele Taal.
The Arabic Club Readers are series of banded, colourful and fun
books for young learners of Arabic, designed to nurture confidence
and motivation.
Dis asof alles in stadige aksie gebeur. Ek kyk om. Jenna skud haar
kop woes heen-en-weer dat jy net sien hare waai. Ek besef ek moet
loskom uit Lize se ystergreep... Heinemann se Lees is Maklik-reeks
bevat ‘n verskeidenheid stories vir die Intermediere Fase-leerder.
Die leesboeke is ontwikkel deur taalspesialiste en onderwysers om
die vaardighede in Afrikaans te bevorder en te verryk.
Die reeks dek ‘n verskeidenheid van genres: drama, komedie,
avontuur, rillers, aksie, tradisionele stories, misterie en
nie-fiksie. Elke graad bestaan uit 20 titels, ‘n totaal van 60
titels vir die Intermediere Fase met stimulerende leesstof vir
lesse. Elke verhaal het opwindende illustrasies en aktiwiteite wat
gebaseer is op die storie.
Lollie ontmoet vir Jeanne by die perdryklasse. Jeanne is altyd
aangetrek in haar rybroek met opgestopte kniee en blinkswart
rystewels. Jeanne lyk hartseer hoewel sy al talle rosette gewen
het. Nadat Jeanne van haar perd afgeval het, hoor Lollie met 'n
skok dat Jeanne se pa Golden Syrup, haar gunstelingperd, gaan
verkoop. En die kampioenskap le voor! Heinemann se Lees is
Maklik-reeks bevat ‘n verskeidenheid stories vir die Intermediere
Fase leerder.
Die leesboeke is ontwikkel deur taalspesialiste en onderwysers om
die vaardighede in Afrikaans te bevorder en te verryk. Die reeks
dek ‘n verskeidenheid van genres: drama, komedie, avontuur,
rillers, aksie, tradisionele stories, misterie en nie-fiksie.
Elke graad bestaan uit 20 titels, ‘n totaal van 60 titels vir die
Intermediere Fase met stimulerende leesstof vir lesse. Elke verhaal
het opwindende illustrasies en aktiwiteite wat gebaseer is op die
storie.
|
|