0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
Status
Brand

Promotions > South African Heritage Shop > Books

Die Goorste Week Ooit! - Woensdag (Afrikaans, Paperback): Eva Amores, Matt Cosgrove Die Goorste Week Ooit! - Woensdag (Afrikaans, Paperback)
Eva Amores, Matt Cosgrove
R200 R179 Discovery Miles 1 790 Save R21 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Het JY al ooit ’n GOOR WEEK gehad? Justin Chase het MAANDAG en DINSDAG skaars oorleef, maar nou is dit . . . WOENSDAG!

Sy kat is steeds spoorloos weg. Hy word per ongeluk ’n internetsensasie. En op die oomblik swem haaie in sirkels om hom, want hy’s vasgekeer in ’n hart-gaan-staan, vel-word-hoendervleis, mond-hang-oop, lewe-op-die-spel SOS (sweet-op-sweet) situasie saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand!

Soek In Die Boek: Wilde diere (Afrikaans, Board book): Soek In Die Boek: Wilde diere (Afrikaans, Board book)
R175 R156 Discovery Miles 1 560 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kom kuier in die oerwoud en ontmoet die diere! Kinders kan hierdie prettige kartonboek enige plek saamdra en speel-speel meer leer oor hulle gunsteling- wilde diere.

Daar’s baie om te ontdek!

Kinkels En Keuses 2 - Die Belaglike Bak En Brou Bohaai (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Kinkels En Keuses 2 - Die Belaglike Bak En Brou Bohaai (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo; Illustrated by Stephen Wallace
R165 R148 Discovery Miles 1 480 Save R17 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Jason wil graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir ​Bohaai​! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word.

Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen kry?

Borrelgom (Afrikaans, Paperback): Jana du Plessis Muller Borrelgom (Afrikaans, Paperback)
Jana du Plessis Muller
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bea Malan, oftewel, Koningin Bea, vind met 'n skok uit haar ouers gaan skei en dat sy en haar ma na Johannesburg verhuis. Nou bevind sy haar tussen vreemde kinders in 'n stad wat sy nie ken nie en 'n skool wat sy nie verstaan nie. Maar namate haar geheim al swaarder op haar druk, beweeg sy nader daaraan om nuwe mense – en dinge – in haar lewe toe te laat. Sy sal moet grootword as sy nie wil toelaat dat die lewe haar soos borrelgom kou nie.

Die Robotte Voer Oorlog! (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Die Robotte Voer Oorlog! (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker; Illustrated by Chris Venter
R165 R148 Discovery Miles 1 480 Save R17 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Enzo, Frikkie en Georgi neem deel aan die Wêreld-Robotolimpiade se kompetisie vir robotte van Lego-blokkies. Een van dr. Ragno se spinnebotte kom handig te pas en word met Lego-blokkies gepantser. Georgi is bekommerd oor die spinnebotte se ingeboude lasers. Die kompetisiereëls verbied wapens. Toe die Dassie-span met Skerpioen 8 by die kompetisie opdaag, sien hulle ’n lang skraal man en ’n meisie wat baie bekend lyk. Maar dr. Ragno en Veronica moet mos in die tronk wees . . .

Goorste Week Ooit: Dinsdag (Afrikaans, Paperback): Matt Cosgrove Goorste Week Ooit: Dinsdag (Afrikaans, Paperback)
Matt Cosgrove
R200 R179 Discovery Miles 1 790 Save R21 (10%) Ships in 5 - 10 working days

ontvoer . Sy pa is meer verleentheid as ooit. Hy het onverwags op die ergste moontlike manier aanlyn virale geword. En wanneer die skoolfotodag met die Super Science Spectacular bots , is dit bestem om op te blaas in 'n haarverhoging, tandeversplinterende ramp van epiese proporsies!

Die Hond Met Die Stert Sonder Swaai (Afrikaans, Paperback): Paula Fourie Die Hond Met Die Stert Sonder Swaai (Afrikaans, Paperback)
Paula Fourie; Illustrated by Emily House
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is.

Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Die scenario van troeteldiere wat hulle eienaars soggens kom wakker maak, is aan baie huishoudings bekend, en kinders sal maklik hiermee identifiseer en assosiasies maak. Die teikenmark (3 – 7 jaar oud) kan op dié ouderdom al met ander simpatiseer en veral wanneer assosiasies gemaak word met gebeure of karakters wat vir hulle emosionele betekenis inhou. Jakkals se dilemma sal jong verbeeldings aanwakker om redes en oplossings te probeer vind. Kreatiewe denke word ook so gestimuleer.

Die skrywer maak dit verder vanuit die staanspoor duidelik dat die ouers (volwassenes) nie Honds verstaan nie, en in hierdie geval dus nie sal kan help nie. Deur op ’n kind te fokus om die saak te beredder, word kinders (’n jong voorleesgehoor) dadelik by die verhaal betrek. Kleuters sal hulle aan die kant van die kind en Jakkals skaar en die verhaal enduit, en waarskynlik herhaaldelik, wil hoor om by die oplossing en gelukkige einde te kom.

Ten spyte van Jakkals se bekommernis, slaag die skrywer daarin om met humor en kreatiewe taalgebruik die verhaal lig en positief te hou. Humor stimuleer kreatiwiteit en waar baie boeke deesdae opvoedkundige of morele boodskappe oordra, is Die hond met die stert sonder swaai ’n lekker storie met baie geleenthede vir prettige interaksie tussen voorleser en kind om aangename boek- en leesherinneringe te skep. Alle lesers het ’n paar boeke uit hulle vroeë kinderjare wat kosbare herinneringe oproep. Prenteboeke kan lewenslange boekliefhebbers skep.

Lees En Kyk Met Begrip: Graad 8 - Afrikaans Eerste Addisionele Taal (KABV) (Afrikaans, Paperback): Frans Mostert Lees En Kyk Met Begrip: Graad 8 - Afrikaans Eerste Addisionele Taal (KABV) (Afrikaans, Paperback)
Frans Mostert
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 5 - 10 working days

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te help versterk.

Eerste Addisionele Taal-leerders in graad 8 sal aanklank vind by die inhoud, wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, en opsommings.

’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za.

Skeur (Afrikaans, Paperback): Carel van Rooyen Skeur (Afrikaans, Paperback)
Carel van Rooyen
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) In Stock

Dis nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie; sy het egter altyd gedink hulle het darem een. Maar nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig. Vrydag 21 Julie is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ’n kuier by sy huis saam met die skool se gewildste kinders. Maar ken sy enige van hulle werklik? Ken sy haarself? Onder die regte omstandighede kan enigiemand gevaarlik wees. 

Best Books Lees en kyk Met Begrip: Graad 7 AFR EAT: Sonia Blignaut Best Books Lees en kyk Met Begrip: Graad 7 AFR EAT
Sonia Blignaut
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 5 - 10 working days
Being Shelley (Paperback): Qarnita Loxton Being Shelley (Paperback)
Qarnita Loxton
R205 R183 Discovery Miles 1 830 Save R22 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Shelley Jacobsen is in her 40s and feels trapped. The coffee and décor shop that she opened with her bestie is proving to be a gilded cage. Meanwhile, her husband is consumed with Jewish guilt since having their twins, which reminds Shelley that she will always be a Shiksa to his family. Then she hires Wayde Smith, a sexy 22-year-old surfer who smells like a Pina Colada Coconut Vanilla Dessert, as a barista. He makes her feel young and Shelley just wants some fun. But will it stay harmless?

Die Sproetebessies en die Skedel in die Spookmis: Troula Goosen Die Sproetebessies en die Skedel in die Spookmis
Troula Goosen
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days
Die Lewe Volgens Wim Vermaak (Afrikaans, Paperback): William Oosthuizen Die Lewe Volgens Wim Vermaak (Afrikaans, Paperback)
William Oosthuizen
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om Graad 9 te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur 'n meisie. Sy tweelingsussie wil opsluit deel word van Mars One sending na Mars. Hul verstrooide ouma val vir 'n internetslenter en dan is daar Harold, sy ma wat kuns doseer se menslike geraamte, wat die studente in opstand bring en konflik tussen sy ouers saai. Dalk is Wim se LO-taak die antwoord om dinge weer op koers te kry.

The Boy And The Poacher's Moon (Afrikaans, Paperback): Pamela Newham The Boy And The Poacher's Moon (Afrikaans, Paperback)
Pamela Newham
R205 R183 Discovery Miles 1 830 Save R22 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Billy is one of four teens chosen as the finalists in the Wild2Save Eco competition. They get to spend a long weekend in the Kruger National Park, competing to win a bursary to study conservation. But even on their first night in the bushveld, they run into a group of rhino poachers and land in grave danger. With the help of a mysterious "boy" and the Whistleblower, the four friends are able to thwart the poachers' plan and expose the villains.

Loer Binne: Wilde Diere (Paperback): Fiona Powers Loer Binne: Wilde Diere (Paperback)
Fiona Powers
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie kartonboek is die jongste toevoeging tot die Loer binne-reeks. Die tien lig-en-loerflappies is sterk genoeg vir die gryperigste klein handjies en sal keer op keer pret verskaf. Die lewendige illustrasies sal kinders se aandag behou en dit nog lekkerder maak om die wilde diere te ontdek. Kom kuier saam in die woestyn en in die woud!

Lotta Se Lewe 13 - Woef-waff! (Paperback): Alice Pantermuller, Daniela Kohl Lotta Se Lewe 13 - Woef-waff! (Paperback)
Alice Pantermuller, Daniela Kohl
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Lotta se klas gaan hierdie week na hulle ouers se werksplek toe om te kyk wat hulle beroep is. Pappa is een van die ouers. Net die gedagte dat hulle na sy skool toe gaan, gee haar ’n NAAR KOL op haar maag.

Gelukkig gaan hulle darem van ander cool beroepe ook leer. Leigh-Anne se ma werk by ’n hondesalon, en hulle gaan ook inloer by die DIERESKUILING waar mnr. Lategan vrywillige werk doen. Lotta en Chantelle se liefiehonde, WOLLIE en STOFFIE, is daar en hulle gaan ook eendag daar werk.

Elf Dae in Oxford (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae in Oxford (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat ’n formule wat Inez se werk ver kan laat vorder. Met SkyTech kort op haar hakke maak almal op Alicia staat om die Wonderland-program te beskerm . . . 

New all-in-one: Home language learner's book: Grade 3 (Paperback): Mart Meij New all-in-one: Home language learner's book: Grade 3 (Paperback)
Mart Meij
R278 Discovery Miles 2 780 Ships in 5 - 10 working days

The Home Language Learner’s Book has been developed according to the requirements of the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) for Grade 2. The book can be used year after year. It gives an opportunity for introducing and reinforcing learning content, with at least two pages of activities per week. It also provides learners with activities and assessments. The teaching plans in the Teacher's Guide describes in detail how, when and where every page in the Learner’s Book can be used.

Die Seerowers En Die Monster Se Skat (Afrikaans, Paperback): Jonny Duddle Die Seerowers En Die Monster Se Skat (Afrikaans, Paperback)
Jonny Duddle
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

AHOOI DAAR, SKARMINKELS!

Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Hierdie keer soek hulle na 'n skat, maar 'n vioolspeler waarsku hulle teen 'n monster wat almal wat sy goud wil kom steel, OPVREET …

Dit is die derde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeservaring vir kinders wat pas hulle eerste hoofstukboeke begin lees het.

Nuwe alles-in-een: Taal en leesoefenboek vir eerste addisionele taal: Graad 4 (Afrikaans, Paperback): Alta Engelbrecht Nuwe alles-in-een: Taal en leesoefenboek vir eerste addisionele taal: Graad 4 (Afrikaans, Paperback)
Alta Engelbrecht
R213 Discovery Miles 2 130 Ships in 5 - 10 working days

Die boek is gemik daarop om taalvaardighede op ’n pret, interaktiewe manier te ontwikkel. Hierdie oefenboek se leesoefeninge bevat uittreksels van kontemporere jeugboeke wat ’n leerder se verbeelding sal prikkel en sal aanmoedig om met begrip te lees. Die Nuwe Alles-In-Een Graad 4 Taal- en leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal bevat alles-in-een boek – taal- en begripsoefeninge. Hierdie oefenboek is maklik om te gebruik en bevorder leerders se taalvermoe in die klas en by die huis.

Hotel Letermago (Afrikaans, Paperback): Dianne Hofmeyer, Theodore Key, Elsa Silke Hotel Letermago (Afrikaans, Paperback)
Dianne Hofmeyer, Theodore Key, Elsa Silke
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Twee uiteenlopende nagdiere leer mekaar ken en besluit om saam 'n hotel oop te maak. Erdvark is impulsief en vol planne, heeltemal anders as Ietermagô, wat eers alles wil oorweeg en die rustigheid vanself is! Hierdie storie vol humor en avontuur ondersoek die elemente wat ware vriendskap laat ontstaan. Uiteindelik is dit die vreemde klein geskenkies wat die "hotelgaste" agterlaat wat Erdvark en Ietermagô laat besef wat vriendskap werklik beteken. In Afrikaans vertaal deur Elsa Silke.

Dinosourusse (Afrikaans, Board book): Dinosourusse (Afrikaans, Board book)
R175 R156 Discovery Miles 1 560 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Leer kinders speel-speel meer oor hulle gunstelingdinosourusse. Met kleurvolle illustrasies, teks wat rym, dinge om op elke bladsy te soek en 'n drahandvatsel vir klein handjies, is hierdie lieflike kartonboek perfek vir kleuters wat aan die beweeg is.

Slimkoppies: My Liggaam - 0-3 Jaar (Afrikaans, Board book): Slimkoppies: My Liggaam - 0-3 Jaar (Afrikaans, Board book)
R130 R116 Discovery Miles 1 160 Save R14 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kennis oor die liggaam en sintuie is ’n belangrike boublok vir kinders om hulself en hulle wêreld te verstaan.

Die eenvoudige en kleurvolle foto’s met herkenbare dinge en situasies in hierdie stewige kartonboek sal gesprekke stimuleer en vroeë leer bevorder.

Die Stoutste Klas op Aarde Raak Wild! (Afrikaans, Paperback): Joanna Nadin Die Stoutste Klas op Aarde Raak Wild! (Afrikaans, Paperback)
Joanna Nadin; Translated by Kobus Geldenhuys
R205 R183 Discovery Miles 1 830 Save R22 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Volgens die skoolhoof, Mev. Brombom-Bredeboud, is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer uitblink.

Maar Alex en Manjit het nie letterlik bedoel om Tanne vir 'n War of the Wizards-speelkaart te verruil en hom in die skool los te laat nie. En hulle het ook nie letterlik bedoel om skuim oral in die klaskamer en oor Mev. Brombom-Bredeboud te laat ontplof nie. Hierdie goed gebeur net!

Eerste Liefde Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Janie Oosthuysen, Helen Brain Eerste Liefde Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Janie Oosthuysen, Helen Brain
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Ouens is nes ekstra bagasie
Liefde is nie tjoklits nie
Soene op 'n Suzuki

In Ouens is nes ekstra bagasie moet Barbara die vakansie by die Turkana-meer spandeer waar haar pa opgrawings doen en dokumentêre films maak.

In Liefde is nie tjoklits nie is Tamara vir die eerste keer in haar lewe smoorverlief en 'n makeover is haar enigste hoop.

In Soene op 'n Suzuki het Lizanne skaars die supervatterige Gerhard afgesê of haar ma pers haar af om met hom op te maak.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Palgrave Handbook of Prison…
Deborah H. Drake, Rod Earle, … Hardcover R7,204 Discovery Miles 72 040
A Constant Heart - The War Diaries of…
Emily Russell Paperback R478 Discovery Miles 4 780
Researching Prisons
Jennifer Sloan Paperback R1,285 Discovery Miles 12 850
A Guide to Maple
Ernic Kamerich Hardcover R2,841 Discovery Miles 28 410
CABology: Value of Cloud, Analytics and…
Nitin Upadhyay Hardcover R2,082 R1,722 Discovery Miles 17 220
MATLAB Guide to Finite Elements - An…
Peter I. Kattan Hardcover R4,248 Discovery Miles 42 480
Linear Algebra with Mathematica - An…
Fred Szabo Paperback R2,049 Discovery Miles 20 490
ClearRevise AQA GCSE Computer Science…
PG Online Paperback R306 Discovery Miles 3 060
Model Reduction of Parametrized Systems
Peter Benner, Mario Ohlberger, … Hardcover R4,602 Discovery Miles 46 020
Ginger Lacey - Fighter Pilot
Richard Townshend Bickers Paperback R435 Discovery Miles 4 350

 

Partners