0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
Status
Brand

Promotions > South African Heritage Shop > Books

Elf Dae In New York (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae In New York (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die węreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!

Lotta Se Lewe 7: Die Lama-Drama (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller Lotta Se Lewe 7: Die Lama-Drama (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller 1
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Lotta se klas gaan op ’n uitstappie na ’n veldskool op ’n eiland. Die plek behoort aan ’n regte baron en sy vrou, en daar is baie diere: meeue, visse, perde, en selfs ’n lama. Maar daar’s ook ’n groep ongeskikte ouer kinders wat hulle aanhoudend boelie - veral vir Paul. Gelukkig het Lotta haar ANTI-BERENICE-SPROEI ingepak ...en haar blokfluit. Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!

Maya se Musketier (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Maya se Musketier (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker
R230 R205 Discovery Miles 2 050 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Maya kan nie glo hulle trek Bloemfontein toe nie en dit omdat haar ma 'n langverlore tante se huis en katte geërf het. Simon is gewoond daaraan om met mishandelde perde te werk, maar Lynx lyk nie asof sy ooit haar slegte ervaring sal afskud nie. Dalk sal Lynx se nuwe stalmaats haar help beter word? Maya pas ook moeilik aan by die nuwe skool en stalle. Dit help nie dat tante Jacquette maar 'n vreemde karakter was en haar ongewone huis en tuin boonop in Bloemfontein berug is nie.

Accounting Handbook & Study Guide - Grade 8 - 12 (Paperback): Simeon Mantel Accounting Handbook & Study Guide - Grade 8 - 12 (Paperback)
Simeon Mantel
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) In Stock

A comprehensive Accounting reference book and set of notes that covers everything in School Accounting from Grades 8 to 12 and beyond. Practical and user-friendly. Simple, visual and logical. Colour-coded for easy understanding, recall and application. Useful for First Year University Students who have not studied Accounting at school.

Trompie Omnibus 7 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 7 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skryf in vir 'n kompetisie wat 'n reis Kaap toe as prys aanbied.

Raaiselklip (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Raaiselklip (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gabriel skrik wakker in ’n donker kelder in ’n vreemde stad, sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Al wat hy weet is sy naam en dat hy in Amsterdam woon. Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie – en in die begrafplaas is ’n graf met sy naam en geboortedatum op. ’n Pragtige slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy werklik is. Sy potloodsketse bring visioene van ’n Khoi seun en ’n vreemde klip. En Zytia se geheimsinnige meesteres soek sy bloed . . .

Disaster At Gogo's Spaza (Paperback): Salamina Mosese Disaster At Gogo's Spaza (Paperback)
Salamina Mosese; Illustrated by Vian Oelofsen
R175 R156 Discovery Miles 1 560 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Tumi visits her Gogo in Soweto for the holidays. She and her twin cousins often help Gogo in her spaza shop. Gogo's Goodies is the oldest spaza in all of Soweto and Gogo's pride and joy. When Gogo leaves for a few days, Tumi has one of her crazy ideas: They will open the shop and run it themselves and earn loads of money! But they’ve never had to do it without Gogo, and things quickly get out of hand, making the spaza more famous than ever . . .

Meerkat Series: Rob Robot And Friends (Grade 2) (Paperback): Mart Meij Meerkat Series: Rob Robot And Friends (Grade 2) (Paperback)
Mart Meij
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 5 - 10 working days

The Meerkat series of class readers takes a phonetic approach step by step introducing the prescribed phonics, and later spelling conventions. The progression of phonetic skills will be clearly seen. Reading assignments encouraging reading comprehension accompany each reading lesson

Speurder Kwaaikofski 6: Honde, Hoede en Hande (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 6: Honde, Hoede en Hande (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Translated by Kobus Geldenhuys
R170 R152 Discovery Miles 1 520 Save R18 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gewoonlik ondersoek Kwaaikofski nie sake wat iets met honde te doen het nie – dit is vir beginners. As die stad se ander speurders moet uitvind hy loop agter ’n vermiste hond aan, skaam hy hom morsdood! Maar hierdie keer is dit ’n uitsondering – Masker Mike se reusehond, Wotan, is net so geheimsinnig en buitengewoon soos sy eienaar. Maar wie beskuldig vir Wotan van allerlei wandade? Is dit net ’n manier om van hom ontslae te raak, of probeer iemand vir Masker Mike bykom? Speurder Kwaaikofski stel ondersoek in. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Lotta Se Lewe 6: Vent of Vriend? (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller Lotta Se Lewe 6: Vent of Vriend? (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Daar's 'n nuwe outjie in Lotta se klas. Sy naam is Remi en hy kom uit Frankryk en eet brood met stink kaas op. Juffrou Knacker laat hom boonop tussen Lotta en Chantelle sit. Chantelle dink hy is oulik en sę kort-kort: "O, la, la!" maar Lotta hou niks van die vent nie. Want hy is so simpel om elke dag vir haar 'n presentjies te bring. Sy gaan beslis van Remi ontslae raak. As dit moet, sal sy haar towerfluit gebruik.

Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is reeds uiters gewild onder talle jong aanhangers en die sesde boek in die reeks beloof selfs groter pret en verrassings.

Speurder Kwaaikofski 5: Die Slinkse Slangslenter (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 5: Die Slinkse Slangslenter (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus
R170 R152 Discovery Miles 1 520 Save R18 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski ’n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangset. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om ’n węreldklas speurder te word. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

.: .
R234 R209 Discovery Miles 2 090 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days
Raai Hoe Lief Is Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback): Sam McBratney Raai Hoe Lief Is Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback)
Sam McBratney
R205 R183 Discovery Miles 1 830 Save R22 (11%) Ships in 5 - 10 working days

As jy iemand baie, baie liefhet, wil jy graag sę presies hoe jy voel. Maar soos Klein Neutbruin Hasie en Groot Neutbruin Haas ook moes leer, laat liefde hom nie maklik meet nie! Die allerheerlikste boek om met kinders en ander geliefdes van alle ouderdomme te deel. Die Britse uitgawe was uit die staanspoor ’n internasionale sukses en sedert die hardebanduitgawe in 1994 verskyn het, is dit in 57 tale vertaal en byna 43 miljoen boeke is verkoop.

Saartjie Omnibus 3 (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 3 (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Titels in hierdie omnibus: Saartjie se papegaai, Saartjie se held en Saartjie se geveg. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

Trompie Omnibus 3 (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 3 (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Titels in hierdie omnibus: Trompie die kragman, Trompie die hartedief en Trompie die held. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Amper Einstein (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Amper Einstein (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R240 R214 Discovery Miles 2 140 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primere skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is 'n slimkop en hy en sy groepie "mede-geeks" by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoerskole te wen, sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook 'n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die "geeks" in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op 'n onopsigtelike en goed geintegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.

Meerkatreeks: Martie Meerkat (Graad 3) (Afrikaans, Paperback): Mart Meij Meerkatreeks: Martie Meerkat (Graad 3) (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij
R197 Discovery Miles 1 970 Ships in 5 - 10 working days

Die Meerkat-reeks klaslesers volg 'n fonetiese benadering stap vir stap en stel die voorgeskrewe klanke en latere spelkonvensies bekend. Die vordering van fonetiese vaardighede sal duidelik gesien word

Meerkat 1: Rab Rabbit In The Pot (Grade 1) (Paperback): Mart Meij Meerkat 1: Rab Rabbit In The Pot (Grade 1) (Paperback)
Mart Meij
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 5 - 10 working days

The Meerkat series of class readers takes a phonetic approach step by step introducing the prescribed phonics, and later spelling conventions. The progression of phonetic skills will be clearly seen. Reading assignments encouraging reading comprehension accompany each reading lesson.

Conquer Your Mountains - Your 52-Week Biblical Journey To Unlock Your Full Potential For Life (Paperback): Mandla Moyo Conquer Your Mountains - Your 52-Week Biblical Journey To Unlock Your Full Potential For Life (Paperback)
Mandla Moyo
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) In Stock

Conquer Your Mountains is a 52-week devotional for Christian professionals who want to make a difference and see life from a higher perspective. It contains contemplative prayers, self-reflection exercises, thought provoking messages and a fictional allegory of a spiritual journey with God.

This book is designed to help the reader understand and engage with the invisible and almighty works of God in their daily lives. Even though the symbol and theme of mountains are used throughout this powerful book, it is not a book about nature but rather a book about the divine nature of God and who we are to Him as his creations.

As the reader engages with each of the 52 weeks in this devotional, a deep transformational work will begin that may positively change the readers’ outlook on God, life, finance, work, relationships, purpose, and everything else.

New All-in-One Learn to Read and Write for Grade 3 - A home language workbook (Paperback): Mart Meij New All-in-One Learn to Read and Write for Grade 3 - A home language workbook (Paperback)
Mart Meij; Best Books Panel
R183 R172 Discovery Miles 1 720 Save R11 (6%) In Stock

The activities in the New All-In-One Learn to Read and Write Grade 3 Home Language Workbook will ensure language and writing success!

Reading lessons are graded and sounds are presented step by step, keeping the eye span, sight word vocabulary and sentence structure that a Grade 3 learner should know in mind. The reading lessons are followed by applicable language exercises. The learner also cuts out an "Own reader" to practise sounds and spelling.

The new sounds learnt are practised on handwriting strips, developing the learners’ pencil grip and handwriting skills. All of sounds are practised through handwriting - the learner is encouraged to draw patterns (which resemble the sounds) and write sentences.

The handwriting exercises are in the correct font and line spacing - in print and cursive writing - so that the learner learns to write correctly.

Handwriting and language exercises are presented in the order that learners will learn them in class according to CAPS

Speurder Kwaaikofski: Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski: Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Illustrated by Ralf Butschkow; Translated by Kobus Geldenhuys
R230 R205 Discovery Miles 2 050 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir die eerste keer met die van die Slang gekruis het en hy moet 'n vermiste hond opspoor.

Raaiselster (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Raaiselster (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Leopold se węreld stort in duie wanneer sy familie hul rykdom verloor. Hy sluit by ’n togryer aan op pad na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Sara, vermom as ’n touleier, reis saam op soek na die merk van haar voormense. Maar wanneer hulle by die geheimsinnige tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese in die berge tee en ontdek dat hulle nog altyd bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit . . .

Net Aliens Eet Spinasie - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Net Aliens Eet Spinasie - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Iain Rennie
R175 R156 Discovery Miles 1 560 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Alien land in 'n swembad, kinders verdwyn in 'n biblioteek, 'n monsterhond word 'n woefie-woef en 'n vampier-jagter-ouma bestorm 'n skool met 'n knoffel-bazooka . . . Maar dis nog lank nie al nie!

Hierdie versameling van tonekrul-lekker stories deur Jaco Jacobs is al meer as 'n dekade lank gewild. Die nuwe uitgawe met fassinerende illustrasies deur Iain Rennie sal lesers laat gril en ril van plesier. En die beste van alles? Een splinternuwe storie is bygevoeg!

Nuwe Alles­In­Een: Pret met Spel Graad 2 (Afrikaans, Paperback): Nuwe Alles­In­Een: Pret met Spel Graad 2 (Afrikaans, Paperback)
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 5 - 10 working days

Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 2 Huistaal sal kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat 40 kaart-, bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke en die sig- en spelwoorde vir Graad 2 op ’n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard met werkvelle ter inskerping. Die speletjies bevat stap vir stap voorafinligting met riglyne vir die onderwyser of ouer.

Wanneer spelling met innoverende speletjies vol beweging en aksie – wat ook groot motoriese vaardighede ontwikkel – onderrig word, sal die kind in Graad 2 die werk met vreugde en opwinding aanpak en nie verveeld raak nie. Die onderrig van spelling met die een prettige speletjie ná die ander maak kinders én ouers en onderwysers lus om te leer spel.

Dié werkboek vir Graad 2 hersien eers die klanke van Graad 1 met ’n aantal speletjies, en dan word die klanke vir Graad 2 speel-speel ontdek. Die kind leer ook die eerste 250 hoëfrekwensie-sigwoorde en maklike spelreëls aan.

Die Vinnigste Skoene In Die Hele Węreld (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn, Johann Strauss Die Vinnigste Skoene In Die Hele Węreld (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn, Johann Strauss
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hę hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hę. Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele węreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan gebeur as hy per ongeluk ’n paar superhero­tekkies aantrek en dan moet help om ’n spul gewetenlose kunsdiewe vas te trek?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Fragments of Glasgow
Rosalie Menon Hardcover R887 Discovery Miles 8 870
D.W. Griffith - Master of Cinema
Ira H. Gallen Hardcover R1,254 Discovery Miles 12 540
Interaction Flow Modeling Language…
Marco Brambilla, Piero Fraternali Paperback R1,165 Discovery Miles 11 650
Broken Land
Daylin Paul Hardcover R420 R388 Discovery Miles 3 880
Principles of Big Graph: In-depth…
Ripon Patgiri, Ganesh Chandra Deka, … Hardcover R3,925 Discovery Miles 39 250
Pictorial Effect in Photography - Being…
Henry Peach Robinson Paperback R464 Discovery Miles 4 640
Death or Disability? - The 'Carmentis…
Dominic Wilkinson Hardcover R2,485 Discovery Miles 24 850
Model Reduction of Parametrized Systems
Peter Benner, Mario Ohlberger, … Hardcover R4,602 Discovery Miles 46 020
The Relationship between the Physical…
Maine de Biran Hardcover R4,299 Discovery Miles 42 990
Code Breaking in the Pacific
Peter Donovan, John Mack Hardcover R4,008 Discovery Miles 40 080

 

Partners