![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Promotions > South African Heritage Shop > Books
Lotta en haar hele familie gaan vir ’n naweek weg om Ouma en Oupa se goue bruilof te vier. Haar pa het lank beplan wat hulle alles daar gaan doen. Van ’n simpel skattejag tot ’n vervelige wandelpad deur ’n woud. Maar die ERGSTE van alles is dat sy en haar raasbekboeties ’n lied moet sing. Voor al die mense! Gelukkig gaan Lotta haar twee niggies wat in Australië bly ook daar ontmoet. Wie weet, dalk kuier hulle darem lekker saam . . .
Gabriel skrik wakker in ’n donker kelder in ’n vreemde stad, sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Al wat hy weet is sy naam en dat hy in Amsterdam woon. Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie – en in die begrafplaas is ’n graf met sy naam en geboortedatum op. ’n Pragtige slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy werklik is. Sy potloodsketse bring visioene van ’n Khoi seun en ’n vreemde klip. En Zytia se geheimsinnige meesteres soek sy bloed . . .
Lotta se beste vriendin Chantelle het ’n nuwe boetie gekry en hy is so oulik! Rocco het ’n paar tandjies en kan al loop, maar hy is nog steeds so liefies soos ’n katjie! Lotta en Chantelle dink hulle is die beste kinderoppassers as dit by boeties kom. Maar Rocco is ’n handvol. Lotta probeer hom met haar blokfluit hipnotiseer, maar ongelukkig het haar fluit verdwyn. Dis sekerlik haar twee raasbekboeties se werk.
Ben Smith has the perfect family, but in the sixteenth year of his life, everything changes. Ben's world is pulled inside out, his love-life turned upside down. Three things happen: A truck collides with a bus. A plane lands in Dubai, one passenger short. There is a vicious dog fight. Ben's family circle suddenly grows by one, then by two and then by another. The sum of all these new family members should be three, right? Except everyone knows that two plus one relatives don't make three, they make trouble. It's a year of relative madness.
Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die karoo verlaat om ’n nuwe skooljaar in ’n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van ’n meisie in ’n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is haar nuwe kamermaat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het?
Nina en Jessie woon die Eksotiese Eksperimente Ekspo by. Dit is die beste ooit! Hulle verkyk hulle aan al die slim uitvindings. Die pet het ook saamgekom, want Nina wil die briljante professor Crower vra om dit te ondersoek. Daar is dalk 'n wetenskaplike verklaring vir die pet se kragte. Maar dan raak die pet weg . . .
Boet Cronje is hardkoppig, arrogant en ontken dat sy bruin regterhand op die plaas eintlik sy halfbroer is. Maar met God as vennoot, 'n familieplaas en 'n erfgenaam lyk die toekoms vir Boet aanvanklik belowend. 'n Langdurige droogte en die dood van sy seun laat hom egter in opstand teen God kom. Die koggelaar vertel die verhaal van 'n man wat oortuig is dat God hom tart; ironies genoeg word hy die een wat koggel.
Gideonette onthou alles van die dag toe sy gebore is tot in die fynste besonderhede. Hoe almal gesê het hulle het nie hoop vir hierdie bondeltjie sprinkaanbene nie. En hoe sy besluit het sy WIL LEWE en hulle almal verkeerd bewys het. Dit is dan ook die eienskap wat haar deur haar kinderjare en grootwordjare kenmerk: haar veggees. Selfs wanneer rampe die gesin tref en die mense van die omgewing weer onder mekaar begin fluister van die vloek wat op die familie rus. Deur alles heen veg sy voort vir 'n beter lewe, en op die ou einde is die leser saam met haar bly wanneer dit duidelik word dat die lewe vorentoe vir haar gaan glimlag. 'n Buitengewone boek propvol lewe en vitaliteit. ATKV-kinderboekprys vir 10-12 jaar (2003)
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word. Hierdie omnibus bevat nog drie gewilde Trompie-stories.
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie Omnibus 6 sluit die volgende gewilde stories in: Saartjie se moleste (#16) Saartjie se dagboek (#17) Saartjie se gevaar (#18)
Die boek is gemik daarop om taalvaardighede op ’n pret, interaktiewe manier te ontwikkel. Hierdie oefenboek se leesoefeninge bevat uittreksels van kontemporere jeugboeke wat ’n leerder se verbeelding sal prikkel en sal aanmoedig om met begrip te lees. Die Nuwe Alles-In-Een Graad 4 Taal- en leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal bevat alles-in-een boek – taal- en begripsoefeninge. Hierdie oefenboek is maklik om te gebruik en bevorder leerders se taalvermoe in die klas en by die huis.
Hannes Joubert en sy Melkbosmaats word betrek by 'n permeloenstroopsindikaat op hulle dorp. Hannes en Zander lei 'n sorgelose longboard-lewe van surf en elke Vrydag milkshakes drink by Goofies, waar hulle vriendin Luna na skool waitress. Zander en Hannes merk een middag 'n paneelwa sonder nommerplate op. Hannes se speurinstink skop in en hulle volg die kar tot by die see, waar verdagte mans uitklim met staalmesse en nette. Die volgende oomblik is hulle vasgebind agterin die paneelwa!
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus! Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die Dagbreek-ryskool waar sy gekies word om saam met die res van die Stalmaats die beginnerruiters te help. Daar wag hope avonture vir haar saam met Sugarplum, die spierwit merrie wat dadelik diep in haar hart kruip, en al die ander ongelooflike perde wat deel is van die ryskool. Die katterige Vinette is gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir Anri, Megan en Karen moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: 1. Perdedrome 2. Totsiens, Sugarplum (ATKV-kinderboektoekenning 2007) 3. Anri se plan 4. Die spookperd (ATKV-kinderboektoekenning 2008) 5. Die beroemde ruiter
Bennie Boekwurm woon in sy tonnelhuisie in die Wielie Walie-parkie, waar hy vir die kinders boeke lees. In hierdie pragtig-geillustreerde boek vertel Bennie nog vier heerlike stories: Miesie Muis bak 'n verjaardagkoek, Ouma kry 'n hondjie, Babet By leer dans en Tokka Kabouter maak grappies! 'n Heerlike opvolg op die eerste topverkoper ?Bennie Boekwurm vertel lekker stories? met een van Suid-Afrika se gewildste en mees ikoniese kinderkarakters.
One day Mr Tati brings home a surprise - a sweet little piglet with a rosy face and curly tail! How Mr and Mrs Tati love their piggy baby - but what will happen when the piglet goes to school? And could this tale have one more surprise at the end of it? A funny and original story showing that families are what you make them, and love is what matters most.
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie wil 'n seun se krieketkolf leen, maar hy moet mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hom te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel.
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.
Lotta se klas gaan op ’n uitstappie na ’n veldskool op ’n eiland. Die plek behoort aan ’n regte baron en sy vrou, en daar is baie diere: meeue, visse, perde, en selfs ’n lama. Maar daar’s ook ’n groep ongeskikte ouer kinders wat hulle aanhoudend boelie - veral vir Paul. Gelukkig het Lotta haar ANTI-BERENICE-SPROEI ingepak ...en haar blokfluit. Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!
Daar's 'n nuwe outjie in Lotta se klas. Sy naam is Remi en hy kom uit Frankryk en eet brood met stink kaas op. Juffrou Knacker laat hom boonop tussen Lotta en Chantelle sit. Chantelle dink hy is oulik en sê kort-kort: "O, la, la!" maar Lotta hou niks van die vent nie. Want hy is so simpel om elke dag vir haar 'n presentjies te bring. Sy gaan beslis van Remi ontslae raak. As dit moet, sal sy haar towerfluit gebruik. Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is reeds uiters gewild onder talle jong aanhangers en die sesde boek in die reeks beloof selfs groter pret en verrassings.
Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Pad na jou hart, die voorgeskrewe roman vir Graad 10-11 Afrikaans Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die roman word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die roman verwys.
Mnr. Vos steel kos by die gemene boere Ben, Bart en Boon – een vet, een kort, een net vel en been. Hierdie drie skurke maak ’n plan om mnr. Vos by sy huis uit te grawe, maar hulle besef nie hoe fantasties mnr. Vos is en wat hy alles sal doen om sy gesin te red nie . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.
Marius het 'n nare ouma - 'n klaerige ou ding wat hom nie wil uitlos nie. Sy is selfsugtig en lelik, sy haat kinders en soms maak sy hom so bang dat hy dink dat sy seker 'n heks moet wees. Marius moet altyd sy ouma se medisyne onthou. Maar hy het spesiale planne vir haar elfuur-dosis - die soort onheilige planne wat net in 'n Roald Dahl-storie kan uitbroei. Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.
Mnr. Twak is ’n stink en mislike man met stukkies graanvlokkies en sardientjies in sy baard. Mev. Twak is ’n aaklige ou heks met ’n glasoog. Hulle hou die apie Moggelwomp en sy gesin al gans te lank gevange in ’n hok in die tuin en nou wil die apies WRAAK neem . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.
The Home Language Learner’s Book has been developed according to the requirements of the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) for Grade 2. The book can be used year after year. It gives an opportunity for introducing and reinforcing learning content, with at least two pages of activities per week. It also provides learners with activities and assessments. The teaching plans in the Teacher's Guide describes in detail how, when and where every page in the Learner’s Book can be used.
This Study Work Guide has been written according to the requirements of the Curriculum and Assessment Policy Statement of the DBE for Grade 10 English Home Language. This guide will assist learners in their understanding of the novel and their preparation for examinations. Key points: - The "official study guide" - developed by Tafelberg, the original publisher of the novel, under the series Best Books Study Work Guides - Pre-, during and post reading activities including analysis and questions - Formal assessment activities for examination purposes Answer sheets downloadable for FREE from http://www.nb.co.za/Books/19971 |
![]() ![]() You may like...
Under The Baobab Tree
Roslynne Toerien, Julie Smith-Belton
Hardcover
![]()
The English Handbook and Study Guide - A…
Beryl Lutrin
Paperback
![]()
|