![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
’n Blik op die binnekring van die Krugersdorp-kultus “Daar was bloedspatsels oor die koffietafel, die banke en die banke se kussings. Peter en Joan was oortrek van steekwonde in hul rűe, nekke en agterkoppe. Nicholas het sy pa en ma gesigte na onder in ’n bloedbad op die mat in die sitkamer gekry. Hulle het hul hek en huis vir hul moordenaars oopgemaak, want hulle het ’n afspraak met hulle gehad.” Elf wrede moorde oor ’n tydperk van vier jaar ruk die gemeenskap van Krugersdorp en haal landwyd nuusopskrifte. Eindelik word al hierdie moorde verbind met Cecilia Steyn en haar kultusgroep, Electus per Deus (uitverkies deur God). Lede van die groep aanbid die grond waarop Cecilia loop en sal selfs vir haar moord pleeg. Die moordenaars is slim, gewone mense – ’n onderwyseres, ’n finansiële makelaar, ’n kind wat tussen die moorde deur steeds ses onderskeidings in matriek behaal en boonop keuring kry om medies te gaan studeer. Hul slagoffers het bloot ’n sake- afspraak nagekom, min wetend dat dít ’n afspraak met die dood was. Wie is Cecilia Steyn? Hoe kan een mens vyf ander manipuleer om moord te pleeg en namens haar in die hof te lieg? Watter rol het Satanisme gespeel? Hoe ontduik onervare misdadigers die polisie vir so lank? Jana Marx beantwoord dié en ander vrae in ’n waremisdaad-verhaal wat gelei het tot een van die opspraakwekkendste moordsake in die land se geskiedenis. Met behulp van onderhoude uit diegene in die binnekring, hofgetuienis en polisiedossiere oor ’n tydperk van vier jaar poog Marx om die publiek se vrae te antwoord en ’n blik te gee op die binnewerkinge van só ’n kultus.
Milan, Andante en Nova gaan na ’n musiekfees om die beroemde popster, Tyrion, te sien optree, maar daar wag ’n groter avontuur . . . Milan beland op die verhoog saam met die Kaalbas Kitare en uit die bloute ontvang hulle ’n uitnodiging om ’n slypskool by te woon by ’n eksklusiewe superster-akademie. Maar daar skuil ’n donker geheim op Die Swart Roos en die drie van hulle moet vinnig plan maak – net soos toe hulle eens die bekende Sproetebessie-bende was.
The popular Pharos Bilingual School Dictionary (2020, 9th impression)
boasts a brand-new orange cover!
A bonus supplement with additional information on parts of speech, words easily confused, and idioms and proverbs, makes this perfect as a one-stop reference in both the classroom and at home.
Iets vreemd is in Rhynsburg aan die gang.
Dit is Simone se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is n bedenklike verlede, n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan n loopbaan, n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.
Three dogs, two humans, one boat. And a whole ocean of friends!
For Kari du Toit, Valentine's Day will never be the same again. When the love of her life reveals he's been unfaithful to her, life, romance, and everything in-between come crashing down. Suddenly it seems as if her previous life – one far removed from Bloubergstrand's sandy beaches – is slowly catching up with her. But then after ten years of silence, Kari receives a call from her estranged brother. At the foot of Devil’s Peak, where neighbourly salaams and burkas are as ordinary as yellow polka-dot bikinis in Blouberg, she once again becomes Karima Essop, daughter of Amina and Farouk Essop. Daughter, sister, deserter. For Kari, sometimes finding love means going back to where you came from
’n Opwindende nuwe boek uit Anzil Kulsen se pen! Warren en sy maats Kyla, Sharon en Divan is op pad na ’n karatekamp saam met Sensei Fourie. Die maats sien baie uit daarna, maar sommer vinnig word hulle vaardighede getoets en ... maak hulle kennis met ’n draak! Hierdie aksie-belaaide boek sal lesers van die eerste bladsy af boei!
Ontdek die wonderlike węreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel van kortverhale. Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ʼn reis na ʼn tyd toe die diere nog kon praat en die mense ʼn besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ʼn tyd waar elke ding ʼn betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is. Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm. Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou San-geskiedenis.
Sanlamprys vir jeuglektuur 2008: silwer ’n Spannende jeugspeurverhaal wat in die onderwęreld van kuberkrakers afspeel, deur ’n veelbekroonde skrywer. Greg Owen is die hoofseun by Lawson Kollege, waar Eckardt in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band tussen hulle. Eckardt is ’n bedrewe rekenaarkraker en lei Greg in die geheime van dié onderwęreld in. Onwillekeurig word hy in ’n gevaarlike avontuur ingetrek. Wanneer Ekhardt skielik verdwyn, begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.
Geliefde inwoner van ʼn kusdorpie sterf in verdagte omstandighede. Haar vriendin Daleen soek na antwoorde maar ontdek net meer raaisels. Kriptiese waarskuwings en haar dogter se verdwyning suggereer ’n verband tussen die moord en vroeëre tienerverdwynings.
Donker Delia, soos haar vriende haar noem, glo nie in die liefde nie. Sy bewaar haar hart veilig agter ysmure, nes die planeet Saturnus waarna haar geboortedag, Saterdag, vernoem is. Toe sy haarself een Saterdag op Valentynsdag op ân troue bevind, ontmoet sy vir Phoebe: ân hopeless romantic wat met haar hart in plaas van haar kop dink. Vyf weke, belowe Phoebe. Dis al wat sy nodig het om vir Delia op ân meisie verlief te maak. Daar volg ân reeks warrelwind afsprake en ân weddenskap wat haar hele lewensuitkyk kan maak of breek. Delia het net nie in ag geneem dat die meisie wat uit sonskyn en reĂŤnboĂŤ aanmekaargesit is dalk die een kan wees wat haar hart gaan steel nie.
Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met ’n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders ’n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie. Hy en Stephan, het in ’n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou ’n tuisgeboorte wees, ’n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis. Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sę Jesus, is al wat jy nodig het.
Thlalefo’s family is constantly moving, and she doesn’t often get to establish friendships. At a new school yet again, she strikes up a friendship with the beautiful Boitumelo and shares the story of her secret crush on Lethabo, whom she falls for when she sees him in her taxi. As it turns out, Boitumelo is a “mean girl” – she steals Lethabo’s attention while pretending to stay friendly with Thlalefo, leaving Thlalefo to learn a hard lesson.
Tien verhale wat die minder bekende stories van die mense van die Richtersveld, Namakwaland en Kalahari vertel. Die karakters is diere, mense, die son, maan en sterre. Skilpad en Volstruis sę mekaar die stryd aan. Sal Jakkals en Leeu kan saamwerk om te jag? Die mense van Hoerikwaggo trek //Hui !Gaeb toe. Daar is die Gariep se watergees in die vorm van 'n vrou. Pragtig vertel om lesers se verbeelding aan te wakker.
’n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in Laerskool Katedraal wat van Katalonië af kom. Maar skielik dink almal Leo was die dief! Hoe gaan hy sy onskuld bewys en vir Spiertier uitvang? En wie gaan die talentkompetisie wen?
Net vriende. Dis al wat hulle is, sweer Karabo en Will. En dis waar.
Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp? Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly. Die Ramp waarin haar pa, motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie. Die Ramp wat alles verander het. Maretha Maartens skryf met haar ervare skrywershand ’n deernisvolle verhaal oor verlies, hoop en geloof.
Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die rooikop-tweeling maak hom baie bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie en dat daar ander maniere is om boelies te hanteer. Zuléka Smit se pragtige storie bespreek die sensitiewe tema van boelies, veral by skole, en is gebaseer op haar baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.
'n Storie oor twee dapper tieners, Johannes en Dina, tydens die dodelike griepepidemie van 1918. As die enigste oorlewendes uit hul gesinne op twee buurplase in die Sandveld kruis hul paaie met oom Andries, 'n dorpenaar wat ook sy hele gesin verloor het. Tesame met Lya, wat vir Johannes help grootmaak het, durf hulle verskeie aanslae aan - van wilde diere en boewe tot die regering se beleid oor weeskinders en die eienaarskap van plase.
My First Brain Boost Board Games offers 20 brain boosting board games combined with kinesiology (learning through movement) that will empower a child with skills development such as hightened concentration, logic, and memory. The board games are complimented by a manual with 20 short stories combined with instructions for body movements. Board games have been proven excellent for brain training and reconditioning. The brain games in this set have a range of benefits, including:
Hoe onmasker ’n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir
sy wraak te word?
A comprehensive summary of Grade 11 & 12 Chemistry. Simple, logical summaries with example exam questions and work through solutions. Covers the fundamentals of Grade 11 & 12 Chemistry and complements the material in any class text.
Students:
Over 4000 marks of exam level questions with worked through solutions.
Teachers:
Provides your students with a comprehensive summary of the Grade 11 and 12 IEB curriculum.
The original Zackie Mostert series has thousands of young fans - and now there's also a reading series, perfect for beginner readers. Each book in the series features bright full colour illustrations and simple, easy-to-read text that will make these fun-filled stories accessible to young readers. Zackie and Vincent are looking for fossils! Everyone thinks they're being silly. But then the two friends discover something amazing!
Gebed vir elke geleentheid bevat 100 gebede vir elke geleentheid om gelowiges se gebedslewe te versterk en aan te vul. Somtyds wil ons graag ons harte na God wend maar ons kan nie die regte woorde vind om ons gevoelens aan die Here oor te dra nie. In hierdie boek het Hennie Maartens 100 hartsgebede saamgevoeg in ’n unieke bundel waarin die Here se kinders riglyne vir gebed kan vind om na die hemelse Vader uit te reik te midde van elke seisoen, situasie, lewensgebeurtenis of beproewing. Hierdie is nie net die perfekte boek om ’n persoonlike gebedslewe te verryk nie, maar ook die ideale boek vir mense wat vir groepe moet bid, soos onderwysers, skoolhoofde, predikers, ouderlinge, selgroep-leiers en jeugleiers. |
You may like...
Profesie Bybel - Nuwe Testament (Maroen)
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
Hardcover
|