![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweelingraasbekboeties. Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind. In die elfde boek van die Lotta se lewereeks moet Lotta se klas 'n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou! Juffrou Knacker het besluit wie saam met wie moet werk – en Lotta se spanmaat is Benni! ’n Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop LeighAnne (verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies en Rémi ry op ’n eenwielfiets, maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dis onregverdig! Dankie tog sy het haar blokfluit om te probeer keer dat haar naam voor die hele skool met ’n plank geslaan word! Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings.
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. In Leesboek 8 het Liewe Heksie en haar maats groot pret in die sneeu, die kabouters help om ’n swembad te grawe en Heksie betrap ’n dief wat koning Rosekrans se forelle steel.
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Elke maand met volmaan verskyn daar ’n geheimsinnige skip aan die kus van Grootgaapbaai en dan kom plunder seerowers die dorp. Kan Matilda en Basjan die gesteelde buit terugkry en die bose seerowers uitoorlê, of gaan hulle gevangenes aan boord van die spookskip bly . . . Dalk vir ewig?
Christien Neser neem die vyfjarige Micha uit Amper Einstein (Tafelberg, 2013) se storie op ’n verrassende wyse verder. In Absoluut Einstein is hy in graad 9, met MatriekIT onder die knie. Maar sy outisme het hom tot nou uit ’n “gewone” skool gehou. As hy egter aan ’n universiteit wil studeer, moet hy leer sosialiseer, en daarom begin Micha in graad 9 vir die eerste keer by Parkrand Hoërskool skoolgaan. Dylicia word gevra om ’n ogie oor Micha te hou. Sy’s die enigste meisie in die skool se Robotikagroep, wat vir die Grottobot Fest ’n robot bou en programmeer. Eers lyk dit asof die Vuilhonde en Micha koppe gaan stamp, maar Micha en Bees vorm ’n onwaarskynlike vriendskap, en gou lyk dit vir Dylicia asof die groep seuns, Micha inkluis, haar nie meer nodig het nie.
In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en 'n koshuismeisie kies as kaptein van die netbalspan en sy neem deel aan 'n groot kompetisie wat 'n reis na Amerika as prys aanbied.
Wiskunde-angs is ’n werklikheid wat kinders – en hul ouers – se lewens versuur en uiteindelik ook beroepskeuses beperk. Onder die redes daarvoor is dat basiese syfervaardighede kleintyd nie deeglik vasgelê word nie, en dat Wiskunde só aangebied word dat kinders belangstelling verloor. Om suksesvol in Wiskunde te wees, moet ’n kind onder meer ’n parate of outomatiese kennis van getalle en die vier hoofbewerkings hê, sodat dit oombliklik, sonder om te dink, opgeroep kan word. Best Books se Pret met Wiskunde-reeks vir die Grondslagfase vergemaklik die verwerwing van dié kennis met verbeeldingryke aktiwiteite wat dit maklik én lekker maak om vaardighede stap vir stap in te oefen en heeltemal te bemeester. So word ’n stewige grondslag vir die kind se hele skoolloopbaan gelê. Die Nuwe Alles-In-Een Pret met Wiskunde-werkboeke vir Graad 1–3 volg die KABV-kurrikulum en toon aan wat deur die jaar van jong leerders verwag word. Die werkboeke bestaan uit oefenbladsye, werkvelle en ’n volkleurspeletjie per kwartaal. Oefenbladsye oefen parate vaardighede in, die werkvelle bevorder kreatiewe denke en probleemoplossing, en die speletjies help om vaardighede verder in te skerp. Al die vereiste inhoudsareas word gedek: patrone, funksies en algebra; getalle, bewerkings en verwantskappe; ruimte en vorm; datahantering; en meting. Die boeke is geskik vir gebruik in die klaskamer en tuis.
Lotta kan ’n reis Australië toe wen en sy wil ontsettend graag soontoe gaan, want sy is mal oor koalas en sy mis haar niggies. Al wat sy nodig het om te wen, is ’n koeldrankdoppie, niks meer nie. Maar Mamma en Pappa glo gaskoeldrank is baie sleg vir jou, so sy mag nie eers een enkele bottel daarvan koop nie. Gelukkig sal Chantelle haar saamvat, as sy wen. Sy is seker hulle gaan dit regkry. Al moet sy ook ’n doppie met haar blokfluit hipnotiseer!
Die heel eerste versameling van Rooi Rose se gewilde groot blokraaisels, met hulle oplossings agterin die boek. Met meer as 130 blokraaie sal liefhebbers lekker lank kan besig bly. Daag jouself uit met hierdie lekker kopkrappers.
Kita loves walking on the dusty red road. Mama tells Kita not to make red dust clouds. Mama says if the red dust cloud grows, it will become a Dust Eater. Dust Eaters swallow little girls in one big bite. Kita doesn’t think that story is true. Mama just doesn’t want her to get her pretty dress all dirty with the red dust. One afternoon, Kita learns what Mama is talking about. Kita has a Dance with the Dust.
Leer kinders speel-speel meer oor hulle
gunstelingtroeteldiere. Met kleurvolle illustrasies, teks wat rym,
dinge om op elke bladsy te soek en 'n drahandvatsel vir klein handjies,
is hierdie lieflike kartonboek perfek vir kleuters wat aan die beweeg
is.
Bennie Boekwurm woon in sy tonnelhuisie in die Wielie Walie-parkie, waar hy vir die kinders boeke lees. In hierdie pragtig-geillustreerde boek vertel Bennie nog vier heerlike stories: Miesie Muis bak 'n verjaardagkoek, Ouma kry 'n hondjie, Babet By leer dans en Tokka Kabouter maak grappies! 'n Heerlike opvolg op die eerste topverkoper ?Bennie Boekwurm vertel lekker stories? met een van Suid-Afrika se gewildste en mees ikoniese kinderkarakters.
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.
Hierdie tweetalige (Afrikaans en Engels) badboeke kan ure se vermaak aan kleintjies verskaf. In hierdie badboek word kinders vertroud met verskillende diere, soos 'n uil, kuiken, hond, olifant, lama, dolfyn, sprinkaan en haas terwyl hulle die Afrikaans en Engels kan leer lees. Die boeke is perfek vir badtyd en gewone speeltyd!
Saadjie en Spikkel is soos vinkel en koljander, maar terwyl hulle vriendskap groei, word hulle self ook groter. Vir Saadjie beteken dit dat hy wortels kry. Maar Spikkel kry vlerke - en sy kan nie wag om hulle uit te toets nie. Al skei die lewe hulle van mekaar, vind ware vriende altyd hulle pad terug, en niemand is groter maats as Spikkel en Saadjie nie.
Gretha maak ’n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die koninkryk van Fantastorië, waar ongekende gevare wag. Saam met die iesegrimmige kabouter Kabous moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle dalk sal toelaat om terug te keer huis toe . . . 'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
Boet Cronje is hardkoppig, arrogant en ontken dat sy bruin regterhand op die plaas eintlik sy halfbroer is. Maar met God as vennoot, 'n familieplaas en 'n erfgenaam lyk die toekoms vir Boet aanvanklik belowend. 'n Langdurige droogte en die dood van sy seun laat hom egter in opstand teen God kom. Die koggelaar vertel die verhaal van 'n man wat oortuig is dat God hom tart; ironies genoeg word hy die een wat koggel.
Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die wrak van die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie, avontuur en spookverhaal is.
Die nuutste Ontdektitel, Ontdek die oseaan, bied 'n omvattende blik op dit wat onder ons planeet se waters lê. Hierdie boek gee nuuskierige agies 'n kans om in detail alles rondom die oseaan te leer, met ongelooflike foto's wat daarmee gepaardgaan. Die inhoud dek onder andere oseane van die verlede en vandag, golwe en die weer, sand en modder, seebeddings, rotse onder en bo water, lewe op koraal, roofdiere, aanval en verdediging, beweging, die bodem, duikbote, visvang en oseaanprodukte, olie en gas, en veel meer. Die boek sluit af met 'n Het jy geweet?afdeling, wêreldoseane, plekke om te besoek en 'n woordelys. Dit is geskik vir skoolprojekte en om tuis te geniet!
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!
Lotta se klas gaan op ’n uitstappie na ’n veldskool op ’n eiland. Die plek behoort aan ’n regte baron en sy vrou, en daar is baie diere: meeue, visse, perde, en selfs ’n lama. Maar daar’s ook ’n groep ongeskikte ouer kinders wat hulle aanhoudend boelie - veral vir Paul. Gelukkig het Lotta haar ANTI-BERENICE-SPROEI ingepak ...en haar blokfluit. Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!
Maya kan nie glo hulle trek Bloemfontein toe nie en dit omdat haar ma 'n langverlore tante se huis en katte geërf het. Simon is gewoond daaraan om met mishandelde perde te werk, maar Lynx lyk nie asof sy ooit haar slegte ervaring sal afskud nie. Dalk sal Lynx se nuwe stalmaats haar help beter word? Maya pas ook moeilik aan by die nuwe skool en stalle. Dit help nie dat tante Jacquette maar 'n vreemde karakter was en haar ongewone huis en tuin boonop in Bloemfontein berug is nie.
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skryf in vir 'n kompetisie wat 'n reis Kaap toe as prys aanbied. |
You may like...
Under The Baobab Tree
Roslynne Toerien, Julie Smith-Belton
Hardcover
(1)
The English Handbook and Study Guide - A…
Beryl Lutrin
Paperback
(1)
Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te…
PJ Botha, Geo Botha
Paperback
|