![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
This joke book is packed with 300 hilarious one-line jokes that are bound to appeal to young comedians. The jokes have been arranged from A to Z, so finding the perfect gag for every occasion is easy. The jokes are kid-safe and familyfriendly, and include golden oldies as well as brand-new material.
I heard there’s a girl in school growing wings. No, she’s not
graduating or anything. She’s legit growing wings, just like this other
oke in school.
Die fokus van die boek is om die onderwyser in die klas met hierdie genre te help. Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre in jou klas moet behandel? Druk speel! is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan. Nie net help flimstudie met leerders se verbetering van visuele geletterdheid nie, maar dit bevorder ook kritiese denke. Volkleurfoto’s van Suid-Afrikaanse fi lms word gebruik om filmiese aspekte te verduidelik. Aspekte soos die volgende word bespreek:
Dawid Uys, ’n jong dominee op die platteland word gekonfronteer met vrae oor sy oorsprong en ook sy geloof wanneer daar skielik geleenthede en uitdagings oor sy pad kom. Hy kom ook te staan voor moeilike keuses wanneer hy ’n onverwagse oproep van ’n prokureur kry en hoor dat hy Oom Boela se plaas, Aurora, geërf het. Dawid het Oom Boela skaars geken en nou kom die plaas nog met ‘n klomp bepalings en voorwaardes. Die plaas en die kerk sorg vir eindelose struikelblokke en dan is daar nog Dawid se liefdeslewe ook. Hy moet konfrontasies op die kerkraad en moeilike plaaswerkers hanteer en intussen raak hy verlief op die buurman se dogter. Daar is ook ’n nuwe intrekker op die dorp, ’n beeldskone enkelma met ’n misterieuse verlede. Aurora neem vir Dawid en die leser op ’n geestelike reis soos min en die uiteinde van die verhaal is amper so onvoorspelbaar soos die lewe self.
Wanneer die aantreklike en selfvoldane Basson van Rensburg se pa sterf, aanvaar hy dat hy die baie suksesvolle familieonderneming sal erf. Tot sy skok ontdek hy daar is voorwaardes. Hy het vyf dae om in die Kaap te kom en daar is ’n take om tydens sy reis te voltooi. Langs die pad wag ’n beeldskone, boheemse meisie. Amory gaan ook Kaapstad toe, maar is op ’n missie van haar eie. En sy het sekere vaste reëls, nes Basson. Nie een van hulle is ingestel op hartsake nie, maar wie weet wat wag op dié lang tog propvol avontuur en onthullings? Daar is gevaar ook, want wie is die motorfietsman wat so verbete agterna kom – en wat gebeur as hy hulle inhaal? Kan liefde seëvier met soveel struikelblokke in sy pad? Pad na jou hart – ’n rolprentdrama ?is gebaseer op die draaiboek en is aangepas volgens die vereistes van die KABV vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal met ’n inleiding tot die drama, kontekstuele vrae met antwoorde, ’n konsepvraestel en glossarium van woorde en literêre begrippe.
As a teenager in today’s crazy online world, you may think you’ve got it all sussed out. But even YOU don’t know about all the legal pitfalls, hidden dangers and future implications of what you do, see and post online. Selfies, Sexts And Smartphones is the book every teenager (and their parents) should read. It covers all of the major issues teenagers face in the digital age, including cyberbullying, sexting, addiction, internet safety, porn, anxiety, depression, privacy and reputation, and does so within a South African context. Accessible, informative and even fun, this book will help guide you to a happy, rewarding and, most importantly, safe online life.
Lekker & Goed is Carmen Niehaus se nuutste kookbook nadat sy reeds meer as twintig kookboeke uitgegee het. Dit is ’n lekker-eet-boek met ou bekendes en nuwelinge wat gesonder gemaak is om steeds heerlik te kan eet sonder om skuldig te voel – net soos Carmen aan huis eet. LEKKER & GOED sluit ook ’n paar resepte in wat lae-koolhidrate bevat, glutenvry en vegetaries is en bevat heelwat vars en ongeprosesseerde produkte. Carmen strewe na ’n gesonde lewenswyse en haar kookfilosofie en grootste uitdaging is daarom juis om alledaagse kos gesonder te maak sonder dat dit smaak of geur inboet. Die uitgangspunt is amper ’n tipe Mediterreense eetstyl, eerder as ’n dieetboek of ’n gesondheidshandleiding.
Waar lê die lyn tussen inwoner en inkommer? “Ek, Plakker Prinsloo, weet nie of ek nou al gereed is om vir die eerste keer saam met Bennie Afrikaner uit te ry Kom toe nie. Ek was nog nooit ’n reisiger nie, dit is nou as jy nie my en Ma se ewige getrek voor Pa se misdaadrekord uit reis kan noem nie.” Inkommers is ’n eietydse verhaal, ’n kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer. Is dit moontlik dat net gebore Kommers in die Kom hoort? Hoe gemaak met inkommers wat tot dusver nie juis welkom was nie? ’n Mens moet versigtig wees vir vreemdelinge. Die Afrikaners is hoeka aan die min word en hulle wil hulle omgewing tot ’n erfenisgebied verklaar kry. Dan is die liefde ook nog aan die uitsterf. Iemand moet daarop reageer, rebelleer selfs, maar rebelleer die ware rebel vir iets of teen iets?
Verbly julle in die hoop is die tweede boek in die drieluik met die temas geloof, hoop en liefde wat verbeeld word deur die lewensverhaal van Andreas Beyers. Ons eerste ontmoeting met ’n jong Andreas is in Geloof soos ’n mosterdsaadjie, en hier vind ons hom waar hy terug delf in die verlede. Dit is Vrydag 20 Maart 2020: Die huis waar Andreas die afgelope vyf jaar gewoon het, is opgepak. Die volgende dag vertrek hy saam met sy kinders na ’n aftreeoord in die Strand waar hy die laaste jare van sy lewe sal slyt. Hoewel Covid-19 inperkings aan die orde van die dag is, weet die meeste SuidAfrikaners, asook Andreas en die ander mense op die plattelandse dorpie glad nie wat op hulle wag nie. Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Jesus se volgelinge hoop nie omdat hulle wens dat dit eendag beter met hulle sal gaan nie; hulle leef in blydskap omdat hul wense reeds vervul is. Dit moes Andreas Beyers eers leer voordat hy blywende geluk kon vind.
This book is ideal for teachers and parents! Teachers will be able to
use the book in the classroom as it contains more than 50 texts in the
following categories: comprehension tests, visual texts, listening
tests and summaries. Parents will also be able to buy the book to use
as an additional resource at home or for homeschool use.
Jana, 'n aspirantfilmmaker, raak verlief op Alex, die nuwe matriekleerling wat langs hulle intrek. Die verhaal sentreer rondom Jana se coming out. Nes Jana is Alex ook versot op films en lid van die skool se filmklub. By 'n partytjie ontmoet Jana, Mia se matrieksuster, 'n universiteitstudent. Jana se passie vir filmmaak help haar om haar ware gevoelens teenoor Alex te wys, en ook om Mia uit 'n moeilike situasie te help.
Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - ’n eerste in Afrikaans! Elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van ’n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan ’n groot gedeelte van die Bybel. ’n Bietjie meer as ’n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is. Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steedsonvervulde beloftes en profesieë ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22). God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.
Maart 1981. Ludo Labuschagne gaan saam met sy ma, haar vriend, oom Dippie, en ’n paar ander na ’n private eilandjie tussen Durban en Madagaskar. Die wegbreek word geborg deur Una Steenkamp, ’n ryk weduwee. Nog voor hulle op die eiland kom, word haar seun Ederik oënskynlik in Durban vermoor. Almal wat hom ken, glo egter Ederik is bloot nog kwaad oor ’n onlangse stryery en dat hy wel daar aangesit sal kom.
Intussen sit Ludo vas op die eiland saam met: Dié spul, dertien in totaal, is nie lank op die eiland nie voor iemand sterf. Almal glo egter dit was selfdood – behalwe Ludo. Twee sulke vreemde gebeure kan nie toeval wees nie. Wanneer daar skielik nie meer petrol vir die motorboot is nie én die man wat elke dag van die vasteland af moet kom nie opdaag nie, is dinge vir Ludo duidelik: Hulle is saam met ’n moordenaar op die eiland vasgekeer en daar gaan binnekort nog koppe rol.
The original Zackie Mostert series has thousands of young fans - and now there's also a reading series, perfect for beginner readers. Each book in the series features bright full colour illustrations and simple, easy-to-read text that will make these fun-filled stories accessible to young readers. Zackie and his class are off to visit the zoo! But Anton the bully is also going on the trip. Will he ruin everyone's day?
Die beste manier om jouself uit te daag en pret te hê is deur hierdie boek te koop; jou brein is gewaarborg om bollemakiesie te slaan! In hierdie prettige aktiwiteitsboek is daar blokraaispeletjies, syferspeletjies en ander raaisels wat perfek is vir ouer kinders in die laerskool!
Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ’n regte dogtertjie te gedra? Juffrou Kadawer jaag Annabel sommer dadelik uit die klas oor haar vreemde kat-maniere. Maar waar kom hierdie nuwe juffrou vandaan, en hoekom is sy op Rottes se spoor? Die toorpolisie keer die maats vas, en dan laat val Jannus ’n vuurhoutjie op die verkeerde plek ...
Die bure het ’n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam óók Annabel ... Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy aaklige troeteldier, Rottes, net om te kyk wat gebeur. Katastrofe!
Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Jakkals probeer Wolf om elke hoek en draai ’n streep trek, tog is hulle beste maats. Beleef die opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels opnuut en lag saam oor dié twee se skreeusnaakse avonture. Hierdie bundel sluit ses pragtig geillustreerde stories in:
Jesus promised, “Seek and you will find!” Do you long for a transforming encounter with the living God? Jesus assures us that those willing to become seekers will find what their hearts most deeply desire. The promise is clear. Those who seek God consistently, faithfully, and passionately will not be disappointed. They will find God and all those good things that accompany God’s Kingdom. Profoundly influenced by his long friendship with Dallas Willard, and his experience guiding people through the Spiritual Exercises of St. Ignatius for the last thirty years, Trevor Hudson offers you a practical tool kit for your seeking journey. You search for God does not have to take you to a remote mountain top as God wants to meet us right where we are in our everyday lives. Reading the wisdom contained within the pages of Seeking God will help you to move beyond insight and knowledge and encounter the presence of the living God as a reality in your daily life.
Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie breiboek
bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks,
Brei saam met Vrouekeur.
Die storie voor die storie. ’n Beeldskone Nagmerrie speel af voor Hartklop, die eerste boek in hierdie opwindende nuwe fantasiereeks Voor die ontstaan van Tír na hÓige, die fae-ryk, was die fae as slawe en gevangenes van die mense aangehou. In hierdie tyd word daar ’n profesie gemaak: ʼn Faedogter sal gebore word uit beide die Winter- en Somerryk. Sy sal die enigste een wees met die vermoë om haar opeising as Volbloedfae te stop en sal ook kan kies aan watter ryk sy opgeëis word. Sy sal met die menskoning trou en oor mense heers waarna sy alle mense sal uitwis. Melody is die kind van die profesie. Sy word groot as wisselkind; ’n faedogter wat tussen mense grootgemaak word. Toe Melody die mense se troonprins, Donohue, ontmoet lyk dit of haar toekoms reeds uitgelê is. Gaan sy die pad van die profesie loop, of wag daar ’n ander toekoms op haar?
Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens ’n skooluitstappie maak, tot ’n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop. Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit dié gewilde reeks: - ’n Nag van angs - Die hanswors - Teddie se geheim
20 Hekeltegnieke bevat verskillende tegnieke en idees waarvoor hekelwerk gebruik kan word. Elke tegniek word vergesel deur een of meer patrone om die spesifieke tegniek op ’n moderne manier uit te beeld. Die skrywer verskaf basiese hekeltegnieke vir die beginner, asook meer gevorderde tegnieke vir diegene wat reeds ervare met hekelwerk is. 20 Hekeltegnieke is geskryf om jou kreatiwiteit vrye teuels te gee.
In die somer van 1838 vertrek die Voortrekkerleier Piet Retief en sowat 100 man na die Zoeloekoning Dingaan om oor grond vir die trekkers te onderhandel. In die laer by Doornkop wag sy vrou Magdalena op hulle terugkeer. Die afloop van hierdie sending na Dingaan is wyd opgeteken as die Slag van Bloedrivier. Byna 180 jaar later is Hanna op soek na wat ook al Magdalena nagelaat het. Vroeg in hierdie soektog loop Hanna haar vas in ’n plaasmoord waarvoor sy nie antwoorde het nie. Bitter min is bekend oor Magdalena en haar lewe ná 1838, buiten haar brief in 1841 aan haar skoonfamilie. In Pietermaritzburg staan haar huisie vandag nog, nou ’n klerewinkel. Kort voor haar dood in 1854 besoek ’n handelaar haar in Potchefstroom en staan in sy boek ’n paragraaf aan haar af. Al wat ons het, is vandag en elke mens vertel ’n storie anders. Van ver af is niks soos dit vir ons lyk nie. “Bloedlelie is ’n merkwaardige en belangrike roman uit die pen van ’n vaardige, gesoute skrywer. Verskriklike en weersinwekkende gebeure sowel as hedendaagse politieke kompleksiteite en strydpunte word met ’n seker hand uitgebeeld. Tegelykertyd is hierdie roman die verhaal van Magdalena Retief, die grootliks onbesonge vrou van Pieter Mauritz Retief.” - Helene de Kock
Waarheen vlug jy as huis nie meer huis is nie? Na jare se afpersing, agterdogtigheid en alkoholmisbruik, slaan Emma se man, Gert, haar byna in die hospitaal in. By hom kan sy nie verder bly nie, dit sal haar lewe kos. Sy vlug vanuit hulle klein myndorpie in Mpumalanga met nie veel meer as die klere aan haar rug nie. Maar waarheen en wat gemaak sonder geld, 'n werk, of familie wat haar kan ondersteun? So kies Emma koers Kaap toe, en bid vir die beste. Die tog suid is angstig en eensaam, en uiteindelik gee haar motor die gees naby Stilbaai. Nes dit lyk of haar gebede op dowe ore val, kom 'n plaaslike boer, Dewald, tot haar redding. Noodgedwonge nooi hy haar om by hom op die plaas te bly terwyl sy wag vir die kar se herstel. Maar iets skort op Dewald se werf; die plaas boer agteruit, die olyfboorde is oorgroei, en die foto's van hom as gelukkige jonggetroude staan nog die huis vol. Dewald is te jonk om 'n wewenaar te wees, maar dis sy lot in die lewe. Vir hom bring Emma se aankoms nuwe lig, vir haar kan hy die heenkome wees wat sy nog altyd gesoek het. Maar as hulle die liefde wat tussen hulle ontstaan wil kans gee, gaan albei eers moet vrede maak met die verlede. Want Gert het nog nie vir Emma laat gaan nie, en oudvriendin Julia wil vir Dewald hê, en sal doen wat sy moet om hierdie onverwagse inkommer uit die weg te ruim. Vlug van gister is 'n hartroerende verhaal van tweede kanse en oorbegin wat lesers weer sal laat glo in ware liefde. |
You may like...
Intelligent and Evolutionary Systems…
Kittichai Lavangnananda, Somnuk Phon-Amnuaisuk, …
Hardcover
R6,464
Discovery Miles 64 640
Pattern Discovery Using Sequence Data…
Pradeep Kumar, P. Radha Krishna, …
Hardcover
R4,913
Discovery Miles 49 130
Intelligent Analysis of Multimedia…
Siddhartha Bhattacharyya, Hrishikesh Bhaumik, …
Hardcover
R5,617
Discovery Miles 56 170
Challenges in Computational Statistics…
Stan Matwin, Jan Mielniczuk
Hardcover
Data Mining: Foundations and Intelligent…
Dawn E Holmes, Lakhmi C. Jain
Hardcover
R4,062
Discovery Miles 40 620
Big Data - Concepts, Methodologies…
Information Reso Management Association
Hardcover
R17,613
Discovery Miles 176 130
Clustering Methods for Big Data…
Olfa Nasraoui, Chiheb-Eddine Ben N'Cir
Hardcover
R3,985
Discovery Miles 39 850
|