![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Promotions > South African Heritage Shop > Books
Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweeling-raasbekboeties. So sy verstaan nie hoekom daar die laaste tyd sulke snaakse goed met haar gebeur nie. By die skool verskyn daar vanself lelike goed op die bord en haar gunstelingkos smaak skielik na spruitkool. Jig! En dan is daar nog die vreemde Indiese blokfluit wat haar ma vir haar present gegee het. Maar sy het nie nou tyd vir sulke nonsens nie. Sy wil ’n troeteldier hê. Chantelle het tweehonderd konyne in haar kamer, maar sy wil nie eens enetjie afstaan nie! Lotta het egter klaar ’n plan hoe om haar EIE troeteldier te kry . . . Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings. Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Trompie samel geld in vir 'n bedleende seun, Trompie word verkies as junior leerderraadslid en die rugbyseisoen begin - wat beteken dat Trompie en sy maats se lewe net om een ding draai.
In hierdie omnibus, wat nog drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, gaan Saartjie en Galpil 'n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke, Saartjie besluit dat die Drie Muskiete 'n kliek moet vorm, die groepie vriendinne reel 'n hipnose-konsert en Saartjie kry 'n kerel. Saartjie het n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
Die Best Books Eksamenhulp Graad 10 Taal- en leesoefenboek sal Eerste Addisionele Taal-leerders help om hul taal- en leesvaardighede met behulp van taal- en begripsoefeninge te verbeter en Afrikaans makliker onder die knie te kry. Die taal- en begripsoefeninge is gebaseer op uittreksels uit onlangse jeugboeke en ander tekstipes wat leerders se belangstelling sal prikkel. Die taal- en leesoefenboek - dek die belangrikste taalstrukture en -konvensies, waaronder klankleer, woordvorming, woordsoorte en sins- en betekenisleer. - is geskryf in taal wat leerders sal verstaan, met Engelse vertalings van begrippe en verduidelikings en toeganklike opsommings met voorbeelde. - bestaan uit agt hoofstukke met taaloefeninge en twee begripstoetse per hoofstuk. - bevat tweetalige woordelyste. - sluit oefenvraestelle in. - bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing. Die boek is saamgestel volgens die vereistes van die KABV en die nuutste AWS, en is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.
In Liewe Heksie: Leesboek 4 vang Liewe Heksie 'n boef by Karel Kat se huis, kry sy haar eie koekoekhorlosie en reken sy met die Geelheks af by Koning Rosekrans se verjaardagpartytjie. Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!
Uiteindelik het Kwaaikofski sy eie rekenaar. Nou hoef hy nie meer sy speursake soos 'n speurder in die Middeleeue op te los nie! En dit is ook nie 'n minuut te laat nie, want Kwaaikofski se nuutste saak lei hom op 'n geheimsinnige dwaalspoor tot diep in die vreemde wereld van kuberkrakers. Hy moet 'n geheimsinnige rekenaarspeletjie genaamd Towertuin opspoor, voor dit dalk te laat is...
Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.
The Phonics Book for Learners Home Language has been developed according to the requirements of the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) for Grade 1. The book can be used year after year. It gives an opportunity for introducing and reinforcing learning content, with at least two pages of activities per week. It also provides learners with activities and assessments. The teaching plans in the Teacher's Guide describes in detail how, when and where every page in the Learners Book can be used. The book is in full colour and beautifully illustrated The Learners Book has been written by experts in the Foundation Phase field. All the authors have years of experience and have been involved in series which are successfully used in schools. The Learners Book has been developed under the guidance of Mart Meij, whose various educational series, from Grade R to 3, are widely used. The New All-In-One series is nationally recognised and used in many schools. The Learners Books were written according to the themes for each term, specified in the CAPS, Foundation Phase. The Learners Books provide background information and activities on each page to ensure the effective use of the book by the teacher. The Learners Books contain innovative multisensory activities that promote active learning and accommodate different learning styles. Free worksheets on the CDs supplement the activities in the Learners Books so that workbooks do not have to be bought.
DIE NUWE ALLES-IN-EEN Graad R Werkboek vir Huistaal pas aan by die suksesvolle NUWE ALLES-IN-EEN-reeks - die voorgeskrewe werkvelle op die CD in die NUWE ALLES-IN-EEN Graad R Huistaal Onderwysersgids is nou in boekvorm om dit vir onderwysers makliker te maak om aan elke leerder uit te deel met nuwe verrykingsaktiwiteite wat by die tema pas vir addisionele assessering van leerder/kind se kennis en vordering. Hierdie opvoedkundige werkboek is ontwerp om leerders se vaardighede te slyp. Die aktiwiteite in die werkboek is toegespits op multisensoriese ontwikkeling van ruimtelike- en koördinasievaardighede. Die voorgeskrewe werkvelle wat leerders tot aanvulling van die NUWE ALLES-IN-EEN Graad R Leerderboek doen, is 'n waardevolle assesseringsinstrument en die onderwyser/ouer kan sien watter leerders nie die begrippe verstaan nie en sodoende die verrykingsoefeninge doen op die linkerbladsy.
Maths anxiety can have a debilitating effect on children’s self-confidence and learning potential, and may eventually even limit their choice of career. Instilling basic numeracy skills at an early age and teaching Maths in a way that engages young learners can go a long way to prevent a life-long fear of numbers. To be successful in Maths later on, children must develop a ready grasp of number concepts and thoroughly master basics such as addition, subtraction, multiplication and division at a young age. Best Books’ Maths Made Fun series for the Foundation Phase helps to lay a solid foundation with a practise-makes-perfect approach, using innovative activities designed to stimulate young minds. Based on the CAPS curriculum, the New All-In-One Maths Made Fun in Grade 1 Workbook provide parents and educators with a step-by-step maths resource for the whole school year. Practice pages instil the basics that children need to be able to recall readily, worksheets enhance creative thinking and problem solving, and full-colour games serve to further inculcate skills. All the required content areas are covered: patterns, functions and algebra; numbers, operations and relationships; space and shapes; data handling; and measuring. These workbooks are a must-have resource for both the classroom and at home.
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Hy grawe en grawe. Fluit-Fluit waarsku hom om versigtig te wees, maar so byna krap Tjoppie Warrie Wurm se huisie heeltemal om! Gelukkig kan almal fluks help en Tjoppie kan sy nuwe skat saam met hom huis toe neem. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
In Regte-egte rampe word ondersoek ingestel om uit te vind hoekom sekere rampe gebeur het en hoe dit in die toekoms voorspel en verhoed kan word. Die rampe wat ondersoek word, wissel van reuse-uitbarstings, die dinoramp tot vreesaanjaende mensgemaakte katastrofes. Lees die verstommende stories oor die rampe en kyk dan na elkeen se rampdossier met feite oor wat regtig gebeur het en volg in die voetspore van kenners. Jy kan dalk aan nog ’n ramp dink om te ondersoek en jou eie rampdossier saamstel!
Hierdie tweetalige (Afrikaans en Engels) badboeke kan ure se vermaak
aan kleintjies verskaf. In hierdie badboek word kinders vertroud met
verskillende diere, soos 'n by, pikkewyn, wurm, beer, seekat, kat,
skaap en krap terwyl hulle die Afrikaans en Engels kan leer lees.
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse laboratorium aan? Gelukkig laat ouma Hester en Graatjie nie met hulle mors nie!
Moet ook nie Kwaaikofski se derde speursaak misloop nie! Kommisarek, die skool se opsigter, het ’n groot probleem: hy glo dit spook by die skool. Die afgelope paar aande hoor hy snaakse geluide en sien vreemde, onaardse skaduwees op die skoolterrein rondsluip. Kwaaikofski skrik natuurlik nie vir ’n koue pampoen nie en hy besluit dadelik om ondersoek in te stel. Maar toe hy die pienk skoolspook een aand om middernag van aangesig tot aangesig aanskou, is selfs hŭ nie meer so braaf nie . . . Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
The New All-In-One Spelling Made Fun Workbooks for Grade 2 Home Language will encourage children to learn to spell and work with sounds! This workbook comprises 40 card, board and movement games with the prescribed sounds as well as sight and spelling words, spelling rules and lists with spelling/sight words. It contains step by step guidelines for the teacher or parent to play the games. When spelling is taught using innovative games filled with movement and action, the child in Grade 2 will approach the task with joy and excitement and will not get bored or feel defeated. Teaching of spelling by way of games will entice children as well as parents and teachers. The New All-In-One Spelling Made Fun in Grade 2 Workbook revises the prescribed sounds for Grade 1 with numerous games, through which the learner will playfully discover the sounds prescribed for Grade 2. The first 250 high- frequency sight words and the first spelling rules are taught.
Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.
Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.
Die Best Books Eksamenoefenboek vir Graad 12 Huistaal is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help, en waardevolle wenke en praktiese idees vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3 is ingesluit. Hierdie taaloefeninge en konsepvraestelle met wenke sal die worstelende én die vooruitstrewende Huistaal-leerder help om beter te vaar in die eksamen.
The workbook has been was developed in compliance with the requirements
of the curriculum (CAPS).
This study work guide has been compiled to help learners understand and grasp all aspects of the novel and use of language in Finders Keepers, the prescribed novel for Grade 10 English First Additional Language. This study work guide has been compiled to the requirements of CAPS and all important aspects relating to the novel have been covered – in accessible language. The story is about Lufuno leaving Jozi to start a new life in Cape Town. She is bullied at school because of her Venda heritage. She develops a friendship with a Xhosa chief's son. This study work guide forms part of a series. It is not only a guide in which the novel is discussed, but also a workbook in which learners can make notes. This provides revision for exams and tests. This study work guide supplements the prescribed text Finders Keepers. The answers to all questions are available on www.bestbooks.co.za.
Zed is just an ordinary boy living an ordinary life when one day he discovers a secret box, long-hidden, crammed with clues and secrets that might just change his life forever. Soon there are unexplained fires and cruel deaths, weird happenings at the circus, and Zeds strange conviction that slowly everyone around him seem to be somehow changing. But what can Zed do about it one small, slightly clumsy schoolboy? How can he be expected to save himself, let alone the world? Winner of the Silver Sanlam Prize for Youth Literature (2005) and the Percy Fitzpatrick Prize for Youth Literature (2008). This school edition of SuperZero is included in the Department of Basic Educations National Catalogue for Senior Phase learners. It has been revised and updated with activities for pre-reading and post-reading, questions according to cognitive levels, glossaries and notes on the genre of the novel. Memoranda available online at www.tafelberg.com. |
You may like...
Building Leadership in Project and…
Hans-Werner Franz, Christoph Kaletka, …
Hardcover
R1,436
Discovery Miles 14 360
Project Management in Perspective
Theuns Oosthuizen, Rob Venter
Paperback
R628
Discovery Miles 6 280
|