0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (263)
  • R50 - R100 (1,398)
  • R100 - R250 (3,019)
  • R250 - R500 (1,408)
  • R500+ (223)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

I Love Winter (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print... I Love Winter (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R660 Discovery Miles 6 600 Ships in 18 - 22 working days
Speurder Kwaaikofski 1 - Die Kougomstrik (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 1 - Die Kougomstrik (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Translated by Kobus Geldenhuys
R170 R152 Discovery Miles 1 520 Save R18 (11%) Ships in 5 - 10 working days

6-10 jaar. Hierdie opwindende nuwe speurreeks vir beginnerlesers het al meer as 850 000 eksemplare wêreldwyd verkoop! Kwaaikofski is ‘n 9jarige seun met ‘n avontuurlike stokperdjie: Hy is ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom , want dit help hom dink. Hy haal ook NOOIT sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy! Sy eerste speursaak is ’n moeilike een: Waarom op aarde verdwyn sy gunsteling-kougom uit Olgo se winkel? Het daai simpel vent, Slang, dalk iets daarmee te doen? Een ding is seker: Speurder Kwaaikofski gaan uitvind! Die intriges is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Hoe die Rhodesiese Riffrug sy Riff gekry het (Afrikaans, Hardcover, Afrikaans ed.): Denise Flaim Hoe die Rhodesiese Riffrug sy Riff gekry het (Afrikaans, Hardcover, Afrikaans ed.)
Denise Flaim; Illustrated by Justo Borrero
R699 Discovery Miles 6 990 Ships in 18 - 22 working days
Vos en Haas (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Vos en Haas (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Translated by Daniel Hugo
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie!

Vos en Haas is ’n boek wat saam met die kind se leesvermoë “groei”. Maar dit is ook ’n boek om weer en weer te lees. Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur Thé Tjong-Khing se skitterende tekeninge in volkleur.

Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetliks.

Speurder Kwaaikofski 11: Soene en Sirkusse (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 11: Soene en Sirkusse (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Translated by Kobus Geldenhuys
R170 R152 Discovery Miles 1 520 Save R18 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Sirkusbaas roep Kwaaikofski se hulp in: Sy suster, Vanessa, is die ster van die vertoning, maar ewe skielik maak sy elke keer dieselfde fout. Gewoonlik is haar toertjies foutloos en Kwaaikofski ruik lont. Hy sal gou moet uitvind wie besig is met aapstreke in sirkus Zampano.

Nog ’n heerlike avontuur in hierdie baie gewilde reeks!

Wolf en Hond (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Wolf en Hond (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by Marije Tolman; Translated by Daniel Hugo
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days

Wolf is wild. Hond is mak. Wolf bly in die bos op 'n berg. Hond het 'n baas en 'n mandjie. 'n Kat pla vir Wolf. Hond moet hom help. Wat gaan hulle doen? Dit is 'n prettige storie vir beginner-lesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik 'n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie!

Ken & Verstaan Rekeningkunde Leerdersboek Graad 10 Afrikaans (Afrikaans, Paperback): Elsabe Conradie, Mandy Moyce, Derek Kirsch Ken & Verstaan Rekeningkunde Leerdersboek Graad 10 Afrikaans (Afrikaans, Paperback)
Elsabe Conradie, Mandy Moyce, Derek Kirsch
R303 Discovery Miles 3 030 Ships in 5 - 10 working days

Study & Master Accounting Grade 10 has been especially developed by an experienced author team according to the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS). The comprehensive Learner's Book includes: * case studies which deal with issues related to the real world, and move learners beyond the confines of the classroom * margin notes to assist learners with new concepts - especially GAAP flashes, that give learners guidance on General Accepted Accounting Practice * examples with solutions after the introduction of each new concept. The Teacher's File includes: * a daily teaching plan, divided into the four terms, that guides the teacher on what to teach per day and per week The CD-Rom with a PowerPoint presentation includes: * interactive examples to explain new concepts * links to all solutions to activities and assessments in the Learner's Book * a colourful, exciting and dynamic interface with numerous graphics and tables designed to enhance the learning experience.

Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 3 Boek 4: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 3 Boek 4: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
R95 Discovery Miles 950 Ships in 5 - 10 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 3: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 3: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
R95 Discovery Miles 950 Ships in 5 - 10 working days
Sneeuwitjie (Afrikaans, Staple bound): Madeleine Mansiet Sneeuwitjie (Afrikaans, Staple bound)
Madeleine Mansiet; Illustrated by Valentine Iokem; Fantasi Fantasi
R83 Discovery Miles 830 Ships in 4 - 6 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 1: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 1: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
R95 Discovery Miles 950 Ships in 5 - 10 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 2 Boek 1: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 2 Boek 1: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
R95 Discovery Miles 950 Ships in 5 - 10 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 3 Boek 3: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 3 Boek 3: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
R95 Discovery Miles 950 Ships in 5 - 10 working days
Inspring, Kerels! (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Inspring, Kerels! (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

Oom Fanie se plaas het te klein geword vir al sy seuns en vir Martiens en Piet, die twee oudstes, was dit tyd om uit te spring en hulle eie potjie te gaan krap. Nou moet hulle hul eie plaas van die grond af opbou, paaie en kampe aanle, opstalle bou en heelwat uitdagings trotseer. Gelukkig is hulle nie alleen nie: 'n Vriendelike sersant genaamd oom Lafras en sy regterhand Phefeni gaan kom aftree op die plaas. Maar sal die leeu wat elke nag sy teenwoordigheid bekend maak, vir hulle een uitdaging te veel wees?

Ingonyama En Ander Maats Met Leeueharte - 'n Kortverhaalbundel (Graad 4-6) (Afrikaans, Paperback): Carin Krahtz Ingonyama En Ander Maats Met Leeueharte - 'n Kortverhaalbundel (Graad 4-6) (Afrikaans, Paperback)
Carin Krahtz
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 5 - 10 working days

Ingonyama En Ander Maats Met Leeueharte is ’n bundel propvol tematiese nuwerwetse verhale vir graadvier- tot graadseskinders van Afrikaans as eerste addisionele taal.

Dié bundel neem die riglyne van die KABV in ag en die Departement van Basiese Onderwys se strewe om laerskoolonderwys by die “Vierde Industriële Rewolusie” te betrek.

Elke verhaal bied:

  • ’n besprekingstema en ’n woordelys;
  • pre-leesvrae;
  • vertalings van woorde;
  • post-lees- kontekstuele vrae; en
  • verrykingsaktiwiteite.

Carin Krahtz, Nelia Engelbrecht, Annelie Ferreira, Jaco Fouché, Troula Goosen, Henriëtte Linde-Loubser, Elrien Scheepers, Christina van Deventer, Annerle Barnard, De Wet Hugo, Carin Krahtz, Anzil Kulsen, Naomi Meyer, Christien Neser, Carina Stander, Marita van Aswegen, Elizbè Van der Colff, Derick van der Walt, Elizabeth Wasserman, Zelda Bezuidenhout, EKM Dido, Sidney Gilroy, Rouxnette Meiring, Chase Rhys, Cecilia Steyn, Fanie Viljoen, Sasha Richards

Lotta Se Lewe 2: Bendes, Swape En Skape (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller Lotta Se Lewe 2: Bendes, Swape En Skape (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller; Translated by Kobus Geldenhuys
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Berenice Hoogenhout het ’n meisiebende begin en amper almal in die klas behoort daar aan. Almal behalwe Lotta en haar beste vriendin, Chantelle. Die bende noem hulleself Die Glamour Girls, maar Lotta noem hulle die Skaapkoppe omdat die swape almal soos lammetjies agter Berenice aanloop. Maar sy en Chantelle is nie jaloers nie, want hulle het hulle eie bende, Die Kwaai Konyne. En omdat hulle bende net twee lede het, het hulle vir Paul genooi om ook ’n lid te word, want hy het ’n boomhuis. Maar die Skaapkoppe is nie al bende wat met hulle moeilikheid soek nie; daar is ook die Rockers. Gaan Lotta hulle met haar Indiese blokfluit kan regsien? Of gaan daar al weer allerhande vreemde goed gebeur?

Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings! Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.

Die Kroon Van Die Hemel (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Kroon Van Die Hemel (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R372 Discovery Miles 3 720 Ships in 4 - 6 working days

Die Dapper Drie – Alet, Vernon en Nathi – moet kopkrap wanneer vreemde goed in Kroongolf gebeur. Juffrou Floors se vinger verander in 'n boorpunt. Vernon se buurman vind ’n nuwe manier om sy gras te sny. En Anila raak weg. Die wrede Walg se finale aanslag teen Kroongolf het begin! Die slag gebruik hy die Mensekroon om Kroongolf te vernietig. Nee wag, Walg se planne het verander. En nou sal dit beslis werk ... Sal die Dapper Drie staande bly teen die gevaar wat nou dreig? Sal hulle die Mensekroon in die hande kan kry? En sal hulle vir Walg finaal kan oorwin? Die kroon van die mense is een van die titels in die KABV-goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Boek 1 is 'n vervolgverhaal en sluit die volgende leesboeke in: Die kaart van lank gelede – Vlak 1 (Graad 4); Die geheim van die kroonsteen – Vlak 2 (Graad 4); Die kroon van die aarde – Vlak 3 (Graad 5); Die kroon van die hemel – Vlak 4 (Graad 5); Die kroon van die water – Vlak 5 (Graad 6); Die kroon van die mense – Vlak 6 (Graad 6).

Robbie Ramkat: Die Bal Van Bil Jart (Afrikaans, Hardcover): Frieda Van Raevels Robbie Ramkat: Die Bal Van Bil Jart (Afrikaans, Hardcover)
Frieda Van Raevels; Illustrated by Frieda Van Raevels
R73 Discovery Miles 730 Ships in 6 - 10 working days

Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek 'n groot sukses in Nederland en Vlaandere. Met die vertaling in Afrikaans gaan die effens vet maar dapper kat – op sy dag die “Kampioenkat van die jaar” – nou ook die harte van jong Suid-Afrikaanse lesers verower. Die bal van Bil Jart is die tweede boek in die geillustreerde reeks van Marc de Bel. Kieta, Robbie se vriendinnetjie, gaan trek. Haar eienaar moet die huurhuis verlaat omdat hy nie geld het om dit te koop nie. 'n Groot jammerte, want dit hoef glad nie 'n probleem te gewees het nie. Die man besit iets baie waardevols: Die bal van Bil Jart, 'n unieke tennisbal met 'n handtekening daarop. Hierdie kosbare bal is egter gesteel. Kieta is raadop...en Robbie is reg vir aksie.

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Besondere Leiers, Aktiviste & Baanbrekers (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa... Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Besondere Leiers, Aktiviste & Baanbrekers (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Extraordinary Leaders, Activists & Protesters you will read about women who fought against colonialism and oppression. Here are the stories of women heroes through history, whose stories are connected because of a shared passion for equality and justice.

Woerts in Die Hoekie (Afrikaans, Paperback): Hennie Aucamp Woerts in Die Hoekie (Afrikaans, Paperback)
Hennie Aucamp; Illustrated by Diek Grobler
R59 Discovery Miles 590 Ships in 6 - 10 working days

Hennie Aucamp bewys met hierdie bundel dat hy 'n ewe vernuftige skrywer van kinderverse as van kabarettekste en gedigte is. Baie van die versies verwys na eietydse dinge soos sms'e, pizzas en Croc-skoene wat vir vandag se kinders aantreklik sal wees. Die meeste van die versies handel egter oor die gewone dinge van die kinderwereld: oumas en oupas, mammas en pappas, troeteldiere, speelgoed, badtyd, voeltjies, goggas en paddas. Aucamp skram egter nie daarvan weg om effens meer gesofistikeerde verwysings byna ongesiens in die verse in te glip nie, soos in die onsinversie oor oom Nathan die Ou Wyse en die verhaal van "Oorlede Dina Sourus", wat die verse ook vir die voorlesers genotvol sal maak. Slim woordspel, vindingryke ryme en Aucamp se trefsekere gevoel vir ritme maak dat hierdie versies gou onder die klassieke kinderverse in Afrikaans gaan tel.

Piekfyn Afrikaans: Gr 4: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen, Riens Vosloo Piekfyn Afrikaans: Gr 4: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen, Riens Vosloo
R246 Discovery Miles 2 460 Ships in 5 - 10 working days

'n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Eerste addisionele taal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediere Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase. Wanneer leerders hierdie leesboek lees, gaan hulle hulself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is ook langer stories en fotoverhale wat jong lesers nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of om te dramatiseer. inligtings-, sosiale wat leerders se lus vir lees sal aanwakker. Hulle lees oor allerlei temas waarvan hulle dalk nog nie weet nie of ontdek vreemde plekke waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. Soms gaan hulle oulike poskaarte, briewe, pamflette en plakkate lees. Dan is daar ook talle interessante koerantberigte, resensies, onderhoude, verslae en advertensies om hul taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jong lesers help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en hul taalbegrip te bevorder. Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: Vrae oor die meeste tekste wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is; Toeligting by moeiliker tekste; Woordverklarings vir komplekse woorde; Die stappe van die leesproses; Antwoorde op alle vrae is gratis op die uitgewer se webtuiste beskikbaar (www.bestbooks.co.za). Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).

Nuwe alles-in-een wiskunde: Gr 1: Leerderboek (Afrikaans, Staple bound): Mart Meij, Beatrix de Villiers Nuwe alles-in-een wiskunde: Gr 1: Leerderboek (Afrikaans, Staple bound)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R223 Discovery Miles 2 230 Ships in 4 - 6 working days

Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.

Ken & Verstaan Rekeningkunde - Graad 11: Oefeningsboek (Afrikaans, Paperback): Elsabe Conradie, Derek Kirsch, Mandy Moyce Ken & Verstaan Rekeningkunde - Graad 11: Oefeningsboek (Afrikaans, Paperback)
Elsabe Conradie, Derek Kirsch, Mandy Moyce
R289 Discovery Miles 2 890 Ships in 5 - 10 working days

By working through this Study Guide you will definitely improve your results - whether you are working towards being the top performer in your class or whether you regularly break out in a sweat when you have to present your test scores or school report at home This marvellous resource provides you with: Introductions to and discussions of the various themes and topics relevant to Grade 10 Accounting Fully worked-out examples with their answers Loads of exercises and questions to practice your newly gained skills Answers to these exercises at the back of the book Exemplar examination papers for you to work through and their answers This Study & Master Guide is written according to the NCS for Accounting.

Die Avonture Van Kuifie - Die Blou Lotus (Afrikaans, Paperback): Herge Die Avonture Van Kuifie - Die Blou Lotus (Afrikaans, Paperback)
Herge; Translated by Sonja van Schalkwyk-Bairos
R170 Discovery Miles 1 700 Ships in 5 - 7 working days

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

In Die Blou Lotus word Kuifie na Sjanghai ontbied, maar die boodskapper word vergiftig voor Kuifie uitvind hoekom. Daar gekom, besef hy sy stryd teen die internasionale dwelmbende, met wie ons in Die farao se sigare kennis gemaak het, is nog lank nie verby nie. Gelukkig ontmoet hy die jong Chinees Tjang en saam trotseer hulle baie gevare. Groot is Kuifie se verbasing toe hy agterkom dat die baas van die dwelmbende iemand is wat hy ken …

Sokkies (Afrikaans, Staple bound): B. Bester Sokkies (Afrikaans, Staple bound)
B. Bester
R159 Discovery Miles 1 590 In Stock

Sokkies, die ou buurman se perd, se dae is getel, maar nie as dit van Helena afhang nie. Al weier haar ma dat sy haar eie perd kry, is sy druk besig om planne te maak om Sokkies te red. Haar vriend Ouman help haar, asook haar ou vriendin by die ouetehuis. Sal Sokkies gered word en sal Helena se droom om haar eie perd te he waar word?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie
Jeff Kinney Paperback R170 R157 Discovery Miles 1 570
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R170 R152 Discovery Miles 1 520
HAT Afrikaans Skoolwoordeboek
Pearson Paperback R228 Discovery Miles 2 280
Harry Potter en die Kamer van…
J. K. Rowling Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370
Saterdag Val Ek Vir Jou
Cecilia Steyn Paperback R230 R216 Discovery Miles 2 160
Pharos Senior Tweetalige Skoolwoordeboek…
Paperback R235 R210 Discovery Miles 2 100
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R198 Discovery Miles 1 980
Dis Mos Nou Afrikaans - Graad 8 - 12…
Henriette Turner, Suneen Laing Paperback R352 Discovery Miles 3 520

 

Partners