0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (197)
  • R50 - R100 (1,040)
  • R100 - R250 (2,696)
  • R250 - R500 (1,391)
  • R500+ (233)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Diere (Afrikaans, Hardcover): Dick Bruna Diere (Afrikaans, Hardcover)
Dick Bruna; Illustrated by Dick Bruna
R141 Discovery Miles 1 410 Ships in 2 - 4 working days

'n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse vertaling! Perfek om kinders te leer lees. ‘n Eerste leesboek – identifiseer dier.

Stalmaats Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Lize Roux Stalmaats Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Lize Roux
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) In Stock

Die gewildste perdestories in Afrikaans!

Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus!

Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die Dagbreek-ryskool waar sy gekies word om saam met die res van die Stalmaats die beginnerruiters te help.

Daar wag hope avonture vir haar saam met Sugarplum, die spierwit merrie wat dadelik diep in haar hart kruip, en al die ander ongelooflike perde wat deel is van die ryskool. Die katterige Vinette is gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir Anri, Megan en Karen moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop.

Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats!

Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels:

1. Perdedrome

2. Totsiens, Sugarplum (ATKV-kinderboektoekenning 2007)

3. Anri se plan

4. Die spookperd (ATKV-kinderboektoekenning 2008)

5. Die beroemde ruiter

Die Maanblom (Afrikaans, Hardcover): Einar Turkowski Die Maanblom (Afrikaans, Hardcover)
Einar Turkowski; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 2 - 4 working days

Op 'n eiland in 'n ou kliphuis woon 'n man. Elke dag wandel hy deur die inmekaargestrengelde paadjies, styl trappies en versteekte hoeke van sy betowerende tuin. Een oggend ontdek hy op sy gunstelingplek 'n onbekende plant wat hy nie in sy klassifiseringsgids kan vind nie. Hy besluit om alles waartoe hy in staat is in te span om haar te versorg. En toe sy een aand 'n blomknop kry, kom hy met allerhande idees vorendag om haar aan te moedig om oop te gaan. Maar niks wat die man kan doen laat die blom bloei nie ... tot een magiese volmaannag.

I Love to Brush My Teeth (English Afrikaans Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large... I Love to Brush My Teeth (English Afrikaans Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R661 Discovery Miles 6 610 Ships in 18 - 22 working days
Kaptein Seeley (Afrikaans, Staple bound): Wendy Maartens Kaptein Seeley (Afrikaans, Staple bound)
Wendy Maartens; Illustrated by Colleen Gericke
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 2 - 4 working days
Die Avonture Van Kuifie - Kuifie En Die Pikaro's (Afrikaans, Paperback): Herge Die Avonture Van Kuifie - Kuifie En Die Pikaro's (Afrikaans, Paperback)
Herge; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R170 Discovery Miles 1 700 Ships in 5 - 7 working days

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

In Kuifie en die Pikaro's word Bianca Castafiore en haar gevolg tydens haar toer deur Suid-Amerika in hegtenis geneem. Sy word aangekla daarvan dat sy die regering van generaal Tapioca omver wil werp. Luidens berigte is Kuifie, kaptein Sardijn en professor Sonneblom ook deel van die sameswering. Tapioca nooi hulle na Tapiocapolis om hulle kant van die saak te stel. Daar gekom, besef hulle dit is ’n set, maar generaal Alcazar en sy manskappe, die Pikaro’s, kom tot hulle redding, en Kuifie-hulle raak betrokke by Alcazar se rewolusie teen Tapioca.

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Uitvinders, Genesers & Opvoeders (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa Guzula Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Uitvinders, Genesers & Opvoeders (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.

Seile na die Suiderland (Afrikaans, Paperback): George P. Leighton Seile na die Suiderland (Afrikaans, Paperback)
George P. Leighton
R117 Discovery Miles 1 170 Ships in 6 - 10 working days
Baas baba se baas (Afrikaans, Hardcover): Marla Frazee Baas baba se baas (Afrikaans, Hardcover)
Marla Frazee; Illustrated by Marla Frazee; Translated by Amelia de Vaal
R101 Discovery Miles 1 010 Ships in 6 - 10 working days

Vanaf die oomblik toe sy babasussie daar aankom, is dit vir Baas Baba duidelik SY is nou die baas. Die personeel is in vervoering oor haar en sien hom skaars raak – maak nie saak wat hy doen, waar hy dit doen of hoe verregaande dit is nie. Toe gooi Baas Baba handdoek in. Maar gelukkig weet die nuwe baas net wat om te doen om die organisasie van ondergang te red … Baas Baba se baas volg op Baas Baba. Dis ‘n tong-in-die-kies-storie waaroor kinders EN ouers mal sal wees! Moet nie die film Boss Baby misloop nie!

Vos en Haas (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Vos en Haas (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Translated by Daniel Hugo
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie!

Vos en Haas is ’n boek wat saam met die kind se leesvermoë “groei”. Maar dit is ook ’n boek om weer en weer te lees. Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur Thé Tjong-Khing se skitterende tekeninge in volkleur.

Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetliks.

Die Woordenaar van Tah (Afrikaans, Paperback): Johann van Zyl Die Woordenaar van Tah (Afrikaans, Paperback)
Johann van Zyl; Illustrated by Ben McAllen
R101 Discovery Miles 1 010 Ships in 6 - 10 working days

Vir Tillie, die beste atleet in haar graad, is daar min dinge so frustrerend soos grootmense wat gedurig vreemde uitdrukkings gebruik. Wie wil nou hoor van husse met lang ore as jy doodgewoon gevra het wat vir ete is? Sy’s darem al te oud vir sprokienonsens en simpel prekies! Maar dan begin Tillie se kat Krummel meteens praat...en oortuig sy vir Tillie om saam met haar na die towerwereld Tah te reis. In Tah, die land waar nuwe woorde deur die woordenaar uitgedink en gemaak word, is 'n bose vloek besig om ou en nuwe woorde een vir een in die gisterkolk te laat verdwyn. Sal Tillie die woordenaar se opdragte kan uitvoer om die vloek te verbreek – en so te keer dat Tah in 'n dorre woordwoestyn verander?

Nuwe alles-in-een Afrikaans: Gr 1: Leerderboek - Huistaal (Afrikaans, Staple bound): Mart Meij, Beatrix de Villiers Nuwe alles-in-een Afrikaans: Gr 1: Leerderboek - Huistaal (Afrikaans, Staple bound)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R216 Discovery Miles 2 160 Ships in 9 - 14 working days

Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.

Nuwe Alles-in-Een Handleiding vir Voorskoolse Aktiwiteite (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Rina Erasmus, Amorie Van Straaten Nuwe Alles-in-Een Handleiding vir Voorskoolse Aktiwiteite (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Rina Erasmus, Amorie Van Straaten 1
R646 Discovery Miles 6 460 Ships in 9 - 14 working days

Die handleiding bevat lesplanne vir elke dag en is saamgestel volgens die Nasionale Kurrikulumraawerk vir kinders van geboorte tot vier jaar om onderwysers, onderrigpraktisyne, ouers en oppassers te help om hulle peuters, kleuters en kinders op pad na Graad R te onderrig op ’n speelse manier. Elke week (daar is 40 weke) begin met ‘n spinnekopdiagram, agtergrondinligting oor die vaardigheidontwikkeling van die week, en begin dan met ’n sirkelaktiwiteit vir elke dag (met twee addisionele aktiwiteite) wat u met die kind doen en eindig met ’n storie. Dit bevat ook ’n Bak-en-brou-aktiwiteit aan die einde van die week waar die kind eetbare voorwerpe maak (soos ‘n varkkoekie wat by die Plaasdiere-tema aansluit asook ’n poppekasstorie. Die handleiding bevat aktiwiteite wat al die ELDA’s (vroee leerontwikkelingsareas soos Kreatiwiteit, Welsyn, ens., dek. agtergrondinligting oor die voorskoolse program. Wenke vir aktiwiteite wat met behulp van goedkoop en maklik verkrygbare materiale voltooi kan word. Basiese konsepte wat die kind moet leer. Temas soos Ek, My liggaam, Diere (met aparte temas soos Voels, Troeteldiere en Plaasdiere), en My omgewing, ens. Die handleiding sal u help om u kind suksesvol na Graad R te vorder. Die doel van die handleiding is om kinders speel-speel op te voed en hulle vaardighede te ontwikkel.

Jou Romeo (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Jou Romeo (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 9 - 14 working days

Gegrond op Jou Romeo, die tienerrolprentsensasie van die jaar. Yvette droom al van graad agt af om Shakespeare se Romeo en Juliet in haar matriekjaar op die planke te bring. Maar die hoof het ander planne - die skool se kuns- en kultuurbegroting word gesny en al die geld word vir die T20-kriekettoernooi aangewend. In 'n poging om te verseker dat die produksie steeds plaasvind, vra Yvette die gewildste ou in die skool, die krieketheld Marko Marais, om die rol van Romeo te vertolk.

Wat 'n diep duik! (Afrikaans, Paperback): Francois Maree Wat 'n diep duik! (Afrikaans, Paperback)
Francois Maree; Illustrated by Nico Meyer; Edited by Francois Maree
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days
Ontdek in Afrikaans: Slurp in die Bos (U-Klank) & Vrydag (Y-Klank) (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Ontdek in Afrikaans: Slurp in die Bos (U-Klank) & Vrydag (Y-Klank) (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard
R129 Discovery Miles 1 290 Ships in 2 - 4 working days

Ontdek in Afrikaans: Amki en Zanda leesreeks

• Hierdie reeks het ten doel om Afrikaans vir kinders op 'n prettige manier deur middel van 'n oulike storie te leer en is veral gerig op Tweede Taal leerders. Amki en Zanda is van planeet Mars en neem elke kind saam op 'n heerlike avontuur om woordeskat en konsepte in Afrikaans te ontdek.

• 5 boeke in die reeks, elk met 2 stories.

• Kleurvolle illustrasies, 'n Afrikaans / Engelse woordelys en werksopdragte

• Die reeks is gemik op Tweede Taal leerders (Gr 3 - 6) wat Afrikaans as Akademiese taal moet leer. Ook geskik vir kinders (ouderdom 8 - 10) wat reeds goed Afrikaans kan lees.

Toe My Kat Nog Klein Was: Boek 2, Boek 2 (Afrikaans, Hardcover): Gilles Bachelet Toe My Kat Nog Klein Was: Boek 2, Boek 2 (Afrikaans, Hardcover)
Gilles Bachelet; Illustrated by Gilles Bachelet; Translated by Nicol Stassen
R224 Discovery Miles 2 240 Ships in 10 - 15 working days
Die Boomhuis Met 65 Vloere (Afrikaans, Paperback): Andy Griffiths, Terry Denton Die Boomhuis Met 65 Vloere (Afrikaans, Paperback)
Andy Griffiths, Terry Denton; Translated by Kobus Geldenhuys
R342 Discovery Miles 3 420 Ships in 2 - 4 working days
Piekfyn Afrikaans: Gr 4: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen, Riens Vosloo Piekfyn Afrikaans: Gr 4: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen, Riens Vosloo
R246 Discovery Miles 2 460 Ships in 9 - 14 working days

'n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Eerste addisionele taal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediere Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase. Wanneer leerders hierdie leesboek lees, gaan hulle hulself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is ook langer stories en fotoverhale wat jong lesers nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of om te dramatiseer. inligtings-, sosiale wat leerders se lus vir lees sal aanwakker. Hulle lees oor allerlei temas waarvan hulle dalk nog nie weet nie of ontdek vreemde plekke waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. Soms gaan hulle oulike poskaarte, briewe, pamflette en plakkate lees. Dan is daar ook talle interessante koerantberigte, resensies, onderhoude, verslae en advertensies om hul taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jong lesers help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en hul taalbegrip te bevorder. Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: Vrae oor die meeste tekste wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is; Toeligting by moeiliker tekste; Woordverklarings vir komplekse woorde; Die stappe van die leesproses; Antwoorde op alle vrae is gratis op die uitgewer se webtuiste beskikbaar (www.bestbooks.co.za). Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).

Piekfyn Afrikaans huistaal (KABV): Gr 4: Leerdersboek - 'n Geintegreerde taalteks (Afrikaans, Paperback): Piekfyn Afrikaans huistaal (KABV): Gr 4: Leerdersboek - 'n Geintegreerde taalteks (Afrikaans, Paperback)
1
R374 Discovery Miles 3 740 Ships in 9 - 14 working days

Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geïntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat.

Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders

• spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels

• vlot en ekspressief praat en toesprake lewer

• glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies

• vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik

• noukeurig en krities na taalgebruik luister

• taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik

• nuwe woorde en sinne gebruik

• transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf.

Die ONDERWYSERSGIDS bied:

• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures

• leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop

• wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf

• gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas

• onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning

• ’n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering

• ’n CD waarop ’n volledige onder wysers lêer, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn.

Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter mediêre Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei.

Die leesboeke bied:

• kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste

• prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies.

Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit:

• vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke

• toeligting by moeiliker tekste

• woordverklarings vir komplekse woorde.

Tot Siens Vos en Haas (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Tot Siens Vos en Haas (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by The Tjong- Khing; Translated by Daniel Hugo
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

Lees net hier: "Haai, Vos! Haai, Haas!" Dit is Uil wat so roep. Hy sit in sy boom en wink deur die venster. "Dis snaaks," se Haas. "Baie snaaks," se Vos. Want vandat Uil 'n eier het, wil hy niemand sien nie. Vos en Haas, uit Sylvia Vanden Heede en illustreerder The Tjong-Khing se eerste Vos en Haas-"groeiboek", het die harte van ontelbare eerste lesers verower. Uiteindelik was daar 'n dik boek wat hulle heeltemal op hul eie kon lees. Nou is daar meer van Vos en Haas! Die stories en die karakters in Tot siens, Vos en Haas bou voort op die eerste boek, en ook die moeilikheidsgraad vorm 'n perfekte vervolg daarop. Soos die jong leser se vermoe groei, word die taalgebruik van die boek geleidelik moeiliker. Die stories is net so oorspronklik en vermaaklik as in die eerste boek.

Sal 'n Skilpad Op Jou Piepie? - En Ander Gruwelike En Grillerige Vrae Oor Die Natuur (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Sal 'n Skilpad Op Jou Piepie? - En Ander Gruwelike En Grillerige Vrae Oor Die Natuur (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) In Stock

EEUW! JIG! SIES! BLEG! Dis WALGLIK – maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU – hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL!

Wat is ’n snotblom? Hoe groot was ’n T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies – en hoe smaak dit? Wat is hiënabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies?

Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!

Avonture op die plaas (Afrikaans, Hardcover): Isabella Camino, Delphine Lacharron Avonture op die plaas (Afrikaans, Hardcover)
Isabella Camino, Delphine Lacharron; Illustrated by Isabella Camino; Edited by Fantasi Fantasi
R275 R254 Discovery Miles 2 540 Save R21 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Jou ses gunstelingplaasstories nou in een boek! Boer Frans se plaas le lekker knus langs ’n klein stroompie ver van die stad af. Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture. Stories in hierdie bundel: Gertjie se uitstappie; Hansie vlieg weg!; Manie Muis skrik groot; Boel en Dolla; Ses stoute varkies; ’n Indringer op die plaas.

Mnr. de Beer se soete droom (Afrikaans, Hardcover): Lizette Duvenhage Mnr. de Beer se soete droom (Afrikaans, Hardcover)
Lizette Duvenhage; Illustrated by Lizette Duvenhage
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 2 - 4 working days
Toepa-Toepa Towery (Afrikaans, Hardcover): J.F. Spies, Piet Grobler Toepa-Toepa Towery (Afrikaans, Hardcover)
J.F. Spies, Piet Grobler
R101 Discovery Miles 1 010 Ships in 6 - 10 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Wirtschaftsinformatik '97…
Hermann Krallmann Hardcover R1,529 Discovery Miles 15 290
Trust in a Complex World - Enriching…
Charles Heckscher Hardcover R1,081 Discovery Miles 10 810
Electoral Strategies and Political…
Shaun Bowler, David M. Farrell Hardcover R2,657 Discovery Miles 26 570
CompTIA Security+ Guide To Network…
Mark Ciampa Paperback R1,335 R1,242 Discovery Miles 12 420
Meddling in the Ballot Box - The Causes…
Dov H. Levin Hardcover R2,403 Discovery Miles 24 030
Volmaan: Omnibus - Troetelgedrog / Tande…
Jaco Jacobs Paperback R230 R216 Discovery Miles 2 160
Beethoven
William Kinderman Hardcover R3,546 Discovery Miles 35 460
On Land It's A Struggle - Teacher's…
Danie Schreuder Paperback R119 R110 Discovery Miles 1 100
Metric Manipulations in Haydn and Mozart…
Danuta Mirka Hardcover R2,159 Discovery Miles 21 590
Directory Services - Design…
Nancy Cox Paperback R1,224 Discovery Miles 12 240

 

Partners