0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (365)
  • R50 - R100 (1,297)
  • R100 - R250 (2,492)
  • R250 - R500 (838)
  • R500+ (160)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

My eerste kunsboek - Verf met water (Afrikaans, Paperback): Mario Boon My eerste kunsboek - Verf met water (Afrikaans, Paperback)
Mario Boon; Fantasi Fantasi
R70 R55 Discovery Miles 550 Save R15 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water. Die stewige papier sal die klein hoeveelheid water wat benodig word, goed absorbeer en die kleure sal helder en lewendig vertoon. Boonop sal die eenvoudige illustrasies die kind inspireer om die werk te kopieer en sy eie, unieke kunswerke te skep. Alle verf is veilige, groentegebaseeerde kleure.

My storie-skatkis (Afrikaans, CD): Francois Ruyer My storie-skatkis (Afrikaans, CD)
Francois Ruyer; Hemma paneel Hemma paneel, Fantasi Fantasi
R100 R78 Discovery Miles 780 Save R22 (22%) Ships in 5 - 10 working days

'n Koei met 'n serpie, 'n spierwit donkie ... Jy sal kennis maak met splinternuwe karakters en menige avonture met hulle meemaak. Sluit by hulle aan op hul reise, deel in hul avonture en ontdek 'n skatkis van stories om jou na sprokiesland weg te voer. Lochner de Kock vertel al jou gunstelingsprokies! Kom luister saam! Die stories op die CD: Marcel die Dappere; Verrassing!; Die Lelike Konyntjie; Kakao die Apie; Albert en die Aartappel; Gallie die Krokodil; Wimpie die Wit Donkie; Bonte se Serpie; Soet Honne!; Annabel se Voeltjiekafee (Bonussnit).

Kinders van die Gode - Die Geheim van die Bloedsteen (Afrikaans, Paperback): Antoinette Venter Kinders van die Gode - Die Geheim van die Bloedsteen (Afrikaans, Paperback)
Antoinette Venter; Illustrated by Theodore Key
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days
Wat 'n diep duik! (Afrikaans, Paperback): Francois Maree Wat 'n diep duik! (Afrikaans, Paperback)
Francois Maree; Illustrated by Nico Meyer; Edited by Francois Maree
R50 R39 Discovery Miles 390 Save R11 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Die derde boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.

Die wêreld se beroemdste skrywers kom spog met hulle bedorwe brakke by die Grommengrys-herehuis se literêre hondeskou.

Maar daar is allerhande vreemde dinge in en om die herehuis wat Ada pla – geheimsinnige dierespore, tjankgeluide snags en skoene waaraan gekou is. Kan sy uitvind wat aangaan voor dit weer volmaan is?

Eerste Leesboeke: Buks die Skaaphond (Afrikaans, Paperback): Cath Jones Eerste Leesboeke: Buks die Skaaphond (Afrikaans, Paperback)
Cath Jones
R70 R55 Discovery Miles 550 Save R15 (21%) Ships in 5 - 10 working days
Ernst, meester van die wereld (Afrikaans, Hardcover): Andre Bouchard Ernst, meester van die wereld (Afrikaans, Hardcover)
Andre Bouchard; Illustrated by Andre Bouchard; Translated by Amelia de Vaal
R54 Discovery Miles 540 Ships in 4 - 8 working days

Ernst is 'n aaklige kiem, 'n vreesaanjaende kiem. Die wetenskaplike wat hom ontdek het, Professor Pluk, is sy eerste slagoffer. Die dag toe die professor hom vir die eerste keer onder sy mikroskoop gewaar, spring hy op die professor en klim tot binne-in sy brein. Vandaar vermaak hy homself deur vreemde opdragte vir die professor te gee: hardloop die comrades-maraton met hoehakskoene, kam 'n kameelperd se kuif, nooi kannibale uit vir aandete, verf die marsmannetjies rooi … en Pluk gehoorsaam elke keer. 'n Heerlike absurde kinderboek wat kinders en ouers met humor en helderkleurige illustrasies vermaak.

I Love to Keep My Room Clean (English Afrikaans Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type... I Love to Keep My Room Clean (English Afrikaans Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R706 Discovery Miles 7 060 Ships in 10 - 15 working days
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 12: Wegkomkans (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek Van 'n Wimpy Kid 12: Wegkomkans (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney
R195 R153 Discovery Miles 1 530 Save R42 (22%) In Stock

Greg Heffley en sy gesin kies koers uit die dorp. Met die koue weer en die druk van die naderende vakansietyd, besluit die Heffleys om na ’n oord op ’n tropiese eiland te ontvlug om ’n slaggie te rus en uit te span. ’n Paar dae in die paradys behoort wondere vir Greg en sy doodmoeë gesin te verrig.
 
Maar die Heffl eys ontdek spoedig die paradys is nie alles wat mens daarvan hoor nie. Sonsteek, ’n maagaandoening en giftige goggas dreig om die gesin se vakansie te bederf.
 
Kan hulle reis gered word, of gaan hierdie eilandbesoek op ’n ramp uitloop?

Dis my verjaardag (Afrikaans, Hardcover): Helen Oxenbury Dis my verjaardag (Afrikaans, Hardcover)
Helen Oxenbury; Illustrated by Helen Oxenbury; Translated by Shane Kleyn
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Dis my verjaardag en ek gaan 'n koek bak. Ek het eiers, meel, botter, melk, 'n knypie sout, suiker en 'n paar kersies vir bo-op nodig. Kan my dierevriendjies my help? Wat kan nou lekkerder wees as om ’n verjaardagkoek te deel met maatjies wat gehelp het om dit te bak? Helen Oxenbury is ’n geliefde illustreerder van kinderboeke wat al talle pryse gewen het met haar werk. Hierdie teks is ’n aandoenlike verhaal oor vriendskap en mededeelsaamheid, wat op peuters en kleuters gemik is.

Geheimenisse Van Die Natuur En Die Wetenskap (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Dalby, Laura Howell Geheimenisse Van Die Natuur En Die Wetenskap (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Dalby, Laura Howell; Translated by Amelia de Vaal
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 4 - 8 working days

As jy al ooit oor reenboe en wolke gewonder het, vir ure na die miere kan staar of sommer net daarvan hou om te vra “hoekom?” is hierdie die boek vir jou! Kyk met nuwe oe na die wereld waarin ons woon – van die kleinste vlekkie materie tot die reuse van die see en die land – en besef sommer vroeg-vroeg: daar is altyd nog iets om te leer ken en te ontdek! Internetskakels maak boonop van die teks 'n volledig interaktiewe leerervaring.

I Love to Sleep in My Own Bed (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print... I Love to Sleep in My Own Bed (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R707 Discovery Miles 7 070 Ships in 10 - 15 working days
Wat 'n partytjie! (Afrikaans, Paperback): Francois Maree Wat 'n partytjie! (Afrikaans, Paperback)
Francois Maree; Illustrated by Nico Meyer; Edited by Francois Maree
R50 R39 Discovery Miles 390 Save R11 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Flintie Valsbaard en die Ys-eiland (Afrikaans, Hardcover): Marcelle du Plessis Flintie Valsbaard en die Ys-eiland (Afrikaans, Hardcover)
Marcelle du Plessis; Illustrated by Johann Strauss
R90 R71 Discovery Miles 710 Save R19 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Flintie Valsbaard is 'n slim uitvinder ... en kamma-seerower! Hoe dan anders? Sy pappa is die vreeslose Kaptein Valsbaard! Wel, eintlik is Pappa meestal dierbaar en vol liefde ... Pasop net as hy sy woeste valsbaard, oogklap en houtbeen aantrek – dan roof en plunder hy vir die vale! Seil saam met Flintie na Ys-Eiland en vind uit waarom die vulkaan verstop is ... Maak net gou, voordat Pappa die hele plek platskiet!

Die Bulle Bakke - Episode 7 (Afrikaans, Paperback): Aaron Blabey Die Bulle Bakke - Episode 7 (Afrikaans, Paperback)
Aaron Blabey; Translated by Kobus Geldenhuys
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk! En het in die tyd van die dinosourusse beland!

Ja, julle het reg gehoor! Die helde word deur dinourusse gejag...

Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?

Asterix 15: Asterix en die Groot Moles (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix 15: Asterix en die Groot Moles (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R182 Discovery Miles 1 820 Ships in 4 - 8 working days

Julius Caesar wend hom tot sielkundige oorlogvoering ... Ignasius Vullus, die Romeinse agent, maak moeilikheid en onder die Galliers en probeer hulle beinvloed om mekaar van verraad te verdink. Het Asterix regtig die geheim van die towerdrankie aan die Romeine verkoop? Sal Asterix, Obelix en Kasterolix die glibberige Ignasius Vullus kan uitoorle en vrede in die dorpie herstel? Asterix en die groot moles is die 15de boek in die gewilde Asterix-reeks.

Die Antwoord-Reeks Graad 10 rekeningkunde 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Ann Botha Die Antwoord-Reeks Graad 10 rekeningkunde 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Ann Botha
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) In Stock

Hierdie studiegids is noodsaaklik om die Rekeningkunde-kurrikulum in Graad 10 – 12 aan te durf. Die boek is in logiese afdelings ingedeel; elke afdeling verduidelik basiese terminologie, konsepte en prosesse aan die leerder sodat hierdie uitdagende vak bemeester kan word. Dit sluit in: Omvattende Notas met Uitgewerkte Voorbeelde vir elke Onderwerp, Vrae & Antwoorde vir elke Onderwerp en Eksamenvraestelle en Antwoorde sowel as handige wenke. Hierdie studiegids is propvol spesifiek gekose, gegradeerde vrae en oplossings wat die teorie toepas en so daartoe lei dat elke onderwerp deeglik verstaan word. Leerders sal vinnig deur die afdelings vorder en selfvertroue sowel as kundigheid opbou soos wat hulle elke oefening suksesvol voltooi. Die geheim van hierdie vak is om te OEFEN en dit is wat hierdie boek jou in staat stel om te doen! Dit sal vir die leerder voel asof ’n ervare onderwyser teenwoordig is om elke wenk en stukkie raad wat regdeur die boek voorkom, aan te bied. Die opsommings en verduidelikings maak die studiemateriaal as ’n geheel verstaanbaar en dit motiveer die leerder om in die vak uit te blink.

Die Antwoord-Reeks Graad 12 lewenswetenskappe deel 2 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Liesl Sterrenberg, Helena... Die Antwoord-Reeks Graad 12 lewenswetenskappe deel 2 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Liesl Sterrenberg, Helena Fouche, Grace Elliot
R249 R223 Discovery Miles 2 230 Save R26 (10%) In Stock

Hierdie boek is DEEL 2 van ‘n STEL van 2 Lewenswetenskappe-gidse wat die Graad 12 KABV-kurrikulum wat in 2014 geimplementeer is, breedvoerig dek. Dit bevat die 2 Kennisvelde wat in VRAESTEL II van die eksterne Nasionale finale eksamen geeksamineer word: Lewe op die Molekulere, Sellulere en Weefselvlak en Diversiteit, Verandering en Kontinuiteit. Beide DEEL 1 en DEEL 2 Graad 12 studiegidse bied: Breedvoerige NOTAS per module, Vrae en ‘Snelvure’ per module en Gedetailleerde memo’sHierdie 3 in 1 studiegidse spreek tot leerders van alle vermoens en leerstyle. Dit verskaf duidelike, nuut-nagevorsde notas en kolpuntlys-opsommings. Duidelike diagramme verbeter die leerproses en vergemaklik begrip van uitdagende onderwerpe. Vakmateriaal is in kleiner dele opgebreek en praktiese wenke word deurgaans gegee. Die ‘Snelvuurvrae’ aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie. ‘n Wye reeks vrae en antwoorde berei leerders vir hul finale eksamens voor. Deur reg deur die jaar, sistematies deur die vakmateriaal te werk, word die leerder in staat gestel om in hierdie vak te presteer.

Bomani Meerkat bundle (Afrikaans, Paperback): Ewald Rensburg Bomani Meerkat bundle (Afrikaans, Paperback)
Ewald Rensburg
R69 R54 Discovery Miles 540 Save R15 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie pragtig geillustreerde boek geskryf deur Ewald van Rensburg, is propvol inspirerende stories met kleurvolle karakters. Een hiervan is dapper Bomani, 'n baie spesiale meerkat wat jong kinders sal aanmoedig om anders te lewe terwyl hulle deur sy wonderlike avonture vermaak word. Die ideale boek vir ouers en versorgers van jong kinders. Daar is 3 verskillende stories. Na elke storie is daar ’n toepassing, ’n verwysing na ’n Bybelteks, ’n gebed asook ‘n prentjie-aktiwiteit.

As Jy Droom (Afrikaans, Paperback): Daniella van Heerden As Jy Droom (Afrikaans, Paperback)
Daniella van Heerden
R180 R141 Discovery Miles 1 410 Save R39 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Elke droom begin met ’n dromer. Megan Werner, die stigter van die U Dream Global-inisiatief, het in 2018 besluit om saam met ‘n groep van 20 tieners vanuit verskillende agtergronde ’n vliegtuig te bou. In Junie 2019 was die vliegtuig uiteindelik gereed en kon die 17-jarige Megan saam met vyf ander tieners die vlug van Kaapstad na Kaïro aanpak. Hulle doel was om om kinders in ander Afrikalande te inspireer om hul drome na te jaag. Min het die ses tieners egter geweet dat dit uiteindelik HULLE sou wees wat deur die reis geïnspireer sou word.

Verskeie avonture en naelbyt-oomblikke het gevolg voordat Megan-hulle uiteindelik op Kaïro-lughawe geland het. Hier het hulle grootste ondersteuner, Megan se pa, die tieners ingewag. “Ons het dit gemaak!” het hy gejuig en vir Megan ’n stywe druk gegee. ’n Paar dae later het ’n tevrede span die reis terug na SuidAfrika aangepak. Oudergewoonte het Megan se pa en sy medevlieënier in hul eie vliegtuig saamgereis om ondersteuning te bied. Maar bokant Tanzanië het die droom in tragedie geëindig …

As jy droom is ’n storie van durf, deursettingsvermoë, hoop én hartseer. ‘n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem – as dit nie die waarheid was nie …

Die Boek Van Alle Dinge (Afrikaans, Hardcover): Guus Kuijer Die Boek Van Alle Dinge (Afrikaans, Hardcover)
Guus Kuijer; Translated by Martjie Bosman
R51 Discovery Miles 510 Ships in 4 - 8 working days

Die verhaal speel in 1951 af en handel oor 'n negejarige seuntjie, Thomas, wat Die boek van alle dinge begin skryf. Daar word in Thomas-hulle se huis elke dag uit die Bybel gelees. Hy ken al hele stukke uit sy kop, wat hy op sy eie manier met humor en fantasie probeer verstaan. Sy pa hou nie van Thomas se manier nie. As sy ma weer eens met harde klappe deur sy pa tot die ware geloof gebring word, besluit Thomas dat dit tyd is vir 'n Egiptiese plaag. Daarom gooi hy lemoenstroop in die vistenk sodat die water soos die Nyl in bloed moet verander... Thomas dink sy tienersuster is so dom soos 'n ui, maar hy is verlief op haar gestremde vriendin met die leerbeen wat kraak-kraak, Eliza. Hy sien gereeld dinge wat nie bestaan nie – sy ma noem hom haar "droomkoninkie" – en hy voer gesprekke met Jesus (soms lyk Hy soos Thomas se oupa en soms soos sy tante....). 'n Gawe buurtannie (wat deur die res van die buurt se kinders vir 'n heks aangesien word) neem hom onder haar vlerk en help Thomas om 'n leesklub te stig. Maar Thomas onderskep 'n briefie wat die tannie aan sy pa skryf ("'n Man wat sy vrou slaan, onteer himself") en nadat hy sy suster moet vra wat "onteer" beteken, begin broer en suster vir die eerste keer gesels oor wat in hul huis aangaan. Hoe sal hulle die moeilike huislike omstandighede te bowe kom? "Die humor, intelligensie, ontroering en poesie maak dit 'n boek vir alle ouderdomme." – The Washington Post. "Knap geskryf in egte Kuijer-styl. Hier is 'n skrywer aan die werk wat presies weet wat hy doen wat styl en woordkeuse betref." – De Volkskrant. Die oorspronklike uitgawe, Het boek van alle dingen, is in 2005 bekroon met die Gouden Griffel- en die Gouden Uil-Jeugliteratuurprys.

Prinses Anna Of Hoe Mens ?n Held Vind (Afrikaans, Hardcover): Susann Opel-Gotz Prinses Anna Of Hoe Mens ’n Held Vind (Afrikaans, Hardcover)
Susann Opel-Gotz; Translated by Daniel Hugo
R62 Discovery Miles 620 Ships in 4 - 8 working days

Anna is vies. Sy het net die helfte van die koninkryk by haar pa, die koning, gekry. Die ander helfte kry die held – soos dit met egte prinsesse gebeur.

Maar om ’n egte held te vind is vir Anna glad nie so maklik nie. En kan ertjies en paddas haar regtig met die soektog help?

I Love to Sleep in My Own Bed (English Afrikaans Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type /... I Love to Sleep in My Own Bed (English Afrikaans Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R708 Discovery Miles 7 080 Ships in 10 - 15 working days
Shadow (Afrikaans, Book): Shadow (Afrikaans, Book)
R182 Discovery Miles 1 820 Ships in 12 - 17 working days
Paw Patrol Syfers (Afrikaans, Board book): Paw Patrol Syfers (Afrikaans, Board book)
R70 R51 Discovery Miles 510 Save R19 (27%) Ships in 4 - 13 working days

This bright and colourful book is a great way to introduce babies and toddlers to books and first skills.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Beste Raaiselboek - Speletjies Wat…
Heidri Mittendorf Paperback R150 R129 Discovery Miles 1 290
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R182 Discovery Miles 1 820
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R160 R138 Discovery Miles 1 380
Asterix En Die Trans-Italiese Wawedren
R. Goscinny, A. Uderzo Paperback R182 Discovery Miles 1 820
Die Mooiste Sprokies Van Grimm
Marita van der Vyver Paperback R420 R361 Discovery Miles 3 610
Twa Die Tydloper
Anoeschka Von Meck Paperback R320 R250 Discovery Miles 2 500
Sankind Lees Die Wind
Wendy Maartens Paperback R200 R172 Discovery Miles 1 720
Harry Potter en die Kamer van…
J. K. Rowling Paperback R250 R215 Discovery Miles 2 150
Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n…
Owen Hendry Paperback R210 R164 Discovery Miles 1 640
Die Woud Van Sneeu & Ys
Frenette van Wyk Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320

 

Partners