0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (264)
  • R50 - R100 (1,387)
  • R100 - R250 (3,009)
  • R250 - R500 (1,396)
  • R500+ (223)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Wat 'n partytjie! (Afrikaans, Paperback): Francois Maree Wat 'n partytjie! (Afrikaans, Paperback)
Francois Maree; Illustrated by Nico Meyer; Edited by Francois Maree
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days
Ek Petoet (Afrikaans, Paperback): Rebecca Lisle Ek Petoet (Afrikaans, Paperback)
Rebecca Lisle; Illustrated by Richard Watson
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Die Uile in Die Verlore Stad, Boek 6 (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Cor Dirks Die Uile in Die Verlore Stad, Boek 6 (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Vir die vyf dapper vriende wat hulleself die Uile noem, is dit opwindend om na die skatte van 'n geheimsinnige, verlore stad in die Kalahari te gaan soek. Opwindend, ja, maar ook lewensgevaarlik. Want in die Kalahariwoestyn is die enigste bedreigings nie net die roofdiere en sandstorms nie, maar ook vyande wat self 'n oog op die buit het. Sal die Uile hierdie gevaarlike manne kan uitoorlê? En is daar werklik 'n verlore stad en skatte diep in die woestyn?

Nina en die Crazy Klere (Afrikaans, Paperback): Elizbe Van Der Colff Nina en die Crazy Klere (Afrikaans, Paperback)
Elizbe Van Der Colff
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Nina en Jessie woon die Eksotiese Eksperimente Ekspo by. Dit is die beste ooit! Hulle verkyk hulle aan al die slim uitvindings. Die pet het ook saamgekom, want Nina wil die briljante professor Crower vra om dit te ondersoek. Daar is dalk 'n wetenskaplike verklaring vir die pet se kragte. Maar dan raak die pet weg . . .

Hotel Pangolin (Afrikaans, Paperback): Dianne Hofmeyr Hotel Pangolin (Afrikaans, Paperback)
Dianne Hofmeyr
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Two very different nocturnal creatures learn the give and take of friendship on the African savannah, when they decide to open a hotel.

Aardvark, impulsive and full of ideas, is the perfect foil to Pangolin's calm and careful nature. The tempo of each chapter follows a pattern:

Aardvark, the dreamer, suggests a halfbaked idea. Pangolin refuses for rational reasons, then falls under Aardvark's spell, with the inevitable conflict that follows. Funny and adventurous, the story explores friendship and individuality. In the end it's the tiny gifts left by the animals who came to stay that help Pangolin appreciate what true friendship means.

Pienk Is Nie Vir Sissies Nie (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Pienk Is Nie Vir Sissies Nie (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle weggery. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Donovan die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes. Die boek daag ook geslags- en verhoudingstereotipes speels en slim uit. Nicci is ewe goed in ballet en bergfietsry, maar omdat sy 'n meisie is, verwag haar ouers en onderwysers dat sy vanselfsprekend ballet sal kies. Haar oë gaan ook oop oor die ou op wie sy verlief is, wat eintlik maar net 'n modelmooi meisie soek vir wie voorkoms en wat ander mense van haar dink, mees belangrik is. Sy vind in Donovan 'n ware vriend wat haar toelaat om haarself te wees.

Die Oproep Van Die Kabouters (Afrikaans, Hardcover): Wil Huygen Die Oproep Van Die Kabouters (Afrikaans, Hardcover)
Wil Huygen; Illustrated by Rien Poortvliet
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 6 - 10 working days

Vier jaar ná die verskyning van hul eerste kabouterboek, Die lewe en werke van kabouters, ontvang Rien Poortvliet en Wil Huygen ’n dringende boodskap uit Lapland: “Kom! Ons het ernstige sake om te bespreek!”

Só ’n boodskap kan net van kabouters kom – en die ysige winterweer ten spyte, laat die twee vriende nie die sneeu onder hul voete smelt nie. Wat sou die kabouters wou bespreek? En hoe sal mense hulle kan help?

Saam met die outeurs word die leser weggevoer op ’n tog van meer as 3 000 km – oor land met ’n takboekslee, deur die lug in ’n reuseballon en oor die ysvelde van die Noordpool saam met ’n jeti – tot die doel van die kabouters se dwingende oproep uiteindelik aan hulle openbaar word: Dat die mens die aarde gaandeweg verwoes en sal moet briek aandraai as hy hoegenaamd nog sy wonderlike leefwêreld wil behou

I Love My Mom (Afrikaans children's book) (Afrikaans, Hardcover): Shelley Admont, Kidkiddos Books I Love My Mom (Afrikaans children's book) (Afrikaans, Hardcover)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R659 Discovery Miles 6 590 Ships in 18 - 22 working days
Stories voor droomland (Oudioboek) - CD 1 (Afrikaans, CD): Lochner De Kock Stories voor droomland (Oudioboek) - CD 1 (Afrikaans, CD)
Lochner De Kock; Illustrated by Francois Ruyer
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Weet jy wie almal in Droomland bly? ’n Reus wat nie soos ander reuse is nie, ’n verwaande kat wat te lui is om te spin, ’n haan wat nie wou kraai nie en Andries Olifant wat nie in ’n winkel kan werk nie … Ontmoet al hierdie karaktertjies en nog vele meer! Deel in hulle avonture en ontdek die wonderwereld van stories … Stories op die CD: Rooikam; Die reus wat nie ’n reus wou wees nie; Waarom die tongvis plat is; Pompom maak sy dierevriendjies gesond; Die ou vroutjie en Myro, die kat; Jakkals volg ’n spoor; Pikkie Pikkewyn; Die sandglas van Vader Tyd; Die pers drakie.

Alles-in-een huistaal (KABV): Gr R: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback): Alles-in-een huistaal (KABV): Gr R: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback)
R420 Discovery Miles 4 200 Ships in 5 - 10 working days

Die ONDERWYSERSGIDS bied

• ’n jaarplan vir die vak

• vier kwartaalplanne vir die vak

• daaglikse roosters en weeklikse tydskedules

• weeklikse onderrigplanne

• daaglikse stap-vir-stap-onderrigplanne vir 40 weke

• wenke en noodsaaklike agtergrondinligting vir elke tema

• rympies en liedjies vir elke tema.

Die CD in die Onderwysersgids bevat

• hulpbronne vir die onderwyser

• voorgeskrewe werkvelle

• ’n temagerigte storie vir elke dag

• assesseringsriglyne en -vorms.

Hond in 'n rok & Hardloop Tom hardloop (Afrikaans, Paperback): Katie Dale Hond in 'n rok & Hardloop Tom hardloop (Afrikaans, Paperback)
Katie Dale; Illustrated by Giusi Capizzi; Edited by Fantasi Fantasi
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Hond in ’n Rok - Die diere dra baie klere. Wie se klere is dit? Hardloop, Tom, Hardloop! - Tom hou van hardloop. Sal Tom die resies wen? Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.

Grilgrypers 1: Die Vloek van Vreesbaai (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Grilgrypers 1: Die Vloek van Vreesbaai (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook 'n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word?

Kewerknaap (Afrikaans, Paperback): M. G. Leonard Kewerknaap (Afrikaans, Paperback)
M. G. Leonard; Translated by Kobus Geldenhuys
R73 Discovery Miles 730 Ships in 6 - 10 working days

Darkus kan sy oe nie glo toe hy ’n reuseinsek by sy aaklige nuwe buurman se broekspyp sien uitval nie. Die dierasie het sewe bene – of ses bene en ’n horing – en dit lyk of hy wil kommunikeer. Maar hoe kan ’n seun vriende wees met ’n gogga wat so groot soos ’n hamster is? En wat presies het hierdie kewer te doen met sy pa se geheimsinnige verdwyning en die verskyning van die bose Lucretia Cutter met haar voorsmaak vir lewendige juweliersware? Die antwoord is dalk iewers tussen die berg muwwe teekoppies in die bure se woonstel – as Darkus en sy nuwe vriend dapper genoeg is om ondersoek in te stel … Hierdie is die eerste boek van ’n kewertrilogie van die jong skrywer M.G. Leonard.

Amok Op 'n Besemstok (Afrikaans, Paperback): Julia Donaldson Amok Op 'n Besemstok (Afrikaans, Paperback)
Julia Donaldson; Illustrated by Alex Scheffler
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days

Die heks en haar kat vlieg gelukkig deur die lug op haar besemstok. Maar dan kom raap die wind die heks se hoed, toe haar strik en toe haar towerstaf op. In die soektog na hierdie toor-noodsaaklikhede ontmoet die heks en haar kat talle hulpvaardige diere wat saam op haar besemstok wil ry.

Maar is daar plek vir soveel diere op haar stok? En sal die nuwe vriende haar kan red wanneer gevaar dreig?

’n Verhaal oor die vreugde van vriendskap en om met ander te deel.

Die Avonture Van Kaptein Onderbroek (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Die Avonture Van Kaptein Onderbroek (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

George en Harold het die grootste superheld in die geskiedenis van hulle laerskool geskep – en nou gaan hulle lewe aan hom gee! Ontmoet kaptein Onderbroek! Sy ware identiteit is só ’n groot geheim dat selfs hý nie weet wie hy is nie!

Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!

Piekfyn Afrikaans: Graad 5 Leerderboek - Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Henk Viljoen, Nelmari Smit, Mariette... Piekfyn Afrikaans: Graad 5 Leerderboek - Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Henk Viljoen, Nelmari Smit, Mariette Bothma, Annatjie Gloy, Nic Conradie, …
R272 Discovery Miles 2 720 Ships in 5 - 10 working days

Piekfyn Afrikaans Graad 5 is gemik op leerders wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met die van ander vakke geintegreer sodat die kennis wat leerders opdoen, hulle ervaringswereld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 6. Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ’n liefde vir lees te kweek. Geniet ’n piekfyn leerervaring! Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).

Die Sneeuleeu (Afrikaans, Hardcover): Jim Helmore, Richard Jones Die Sneeuleeu (Afrikaans, Hardcover)
Jim Helmore, Richard Jones
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Soms voel die wêreld so reusagtig, en jy so klein. En dan is ’n onverwagse vriend, en ’n titseltjie toorkuns, net wat jy nodig het om die dapperheid uit jou uit te bring.

Dié pragtige verhaal gaan oor Kara en haar ma wat na ’n nuwe huis trek. In die huis ontmoet sy haar denkbeeldige vriend, die sneeuleeu, wat haar stadig maar seker aanmoedig om nuwe maats te maak. Dis ’n klassieke, betowerende boek oor vriendskap.

Vlerke Vir Almal (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Vlerke Vir Almal (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine
R218 R195 Discovery Miles 1 950 Save R23 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het sy boelies, en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy besluit: genoeg is genoeg. 'n Hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.

Die draakdief (Afrikaans, Hardcover): M. P Robertson Die draakdief (Afrikaans, Hardcover)
M. P Robertson; Illustrated by M. P Robertson; Translated by Shane Kleyn
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days
Die Muishuis: By die teater: Boek 3 (Afrikaans, Hardcover): Karina Schaapman Die Muishuis: By die teater: Boek 3 (Afrikaans, Hardcover)
Karina Schaapman; Translated by Shane Kleyn
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies. Toe hulle op ’n dag met albasters speel, tel hulle ’n besonderse klip op – ’n gelukbringerklip. Hulle bere dit natuurlik in hul skatkissie in hul geheime hut onder die trap. Min wetend dat die klip later handig te pas sal kom … Soos in die topverkoper Die Muishuis, Sam & Julia, sien die leser gaandeweg hoe die vriendskap tussen Sam en Julia ontwikkel. Ons ontmoet ook nuwe karakters soos wat die twee muise nuwe kamers en ruimtes in die Muishuisverken. In 2012 is die oorspronklike uitgawe as Best Verzorgde Boek in Nederland aangewys.

Piekfyn Afrikaans Huistaal - Graad 4: Onderwysersgids Kabv (Afrikaans, Paperback): Piekfyn Afrikaans Huistaal - Graad 4: Onderwysersgids Kabv (Afrikaans, Paperback)
R364 Discovery Miles 3 640 Ships in 5 - 10 working days

Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geïntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat.

Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders

• spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels

• vlot en ekspressief praat en toesprake lewer

• glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies

• vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik

• noukeurig en krities na taalgebruik luister

• taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik

• nuwe woorde en sinne gebruik

• transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf.

Die ONDERWYSERSGIDS bied:

• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures

• leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop

• wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf

• gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas

• onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning

• ’n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering

• ’n CD waarop ’n volledige onder wysers lêer, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn.

Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter mediêre Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei.

Die leesboeke bied:

• kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste

• prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies.

Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit:

• vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke

• toeligting by moeiliker tekste

• woordverklarings vir komplekse woorde.

I Love to Brush My Teeth (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type /... I Love to Brush My Teeth (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R661 Discovery Miles 6 610 Ships in 18 - 22 working days
Nuwe alles-in-een: Diere wat kriewel en kruip: Vlak 8: Leesboek 5: Graad R (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de... Nuwe alles-in-een: Diere wat kriewel en kruip: Vlak 8: Leesboek 5: Graad R (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R94 Discovery Miles 940 Ships in 5 - 10 working days

Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Woordeskatuitbreiding: Name van ’n aantal reptiele en insekte in & om die huis Ontwikkeling - redenasievermoë, watter reptiele/insekte nuttig is en watter skadelik/gevaarlik is. Bewusmaking - bewaring van dierelewe/veiligheidsaspekte t.o.v. reptiele en insekte.

Nuwe alles-in-een lewensvaardighede: Graad 3: Leerderboek (Afrikaans, Paperback): Mart Meij Nuwe alles-in-een lewensvaardighede: Graad 3: Leerderboek (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

Die Lewensvaardighede Leerderboek is ontwikkel volgens die vereistes van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Graad 3. Dit gee geleentheid vir die bekendstelling en inskerping van leerinhoud, met minstens twee bladsye aktiwiteite per week. Die boek bevat 16 temas vir 40 onderrigweke soos "Die ruimte", "Oor my" en "Rampe".

Geheim in die Riete (Afrikaans, Paperback): Constant Van Graan Geheim in die Riete (Afrikaans, Paperback)
Constant Van Graan
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Karavaanpark klink dalk na 'n idilliese plek om te woon, maar Kruhan Malherbe dink nie so nie. Die plek is vol eienaardige mense en daar's geen vriende nie. Een nag volg Kruhan twee otters tot anderkant die riete, na waar 'n vriendelike seun op 'n vlot sit en braai. Timma is die vriend waarop Kruhan gewag het! Terug in die karavaanpark hoor hy stories van mense wat verdwyn het: die eienaar se kleindogter,  en ses jaar vantevore, ’n elfjarige seun. Kan Timma help om die raaisels op te klaar?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Drawing On The Right Side Of The Brain…
Betty Edwards Hardcover  (1)
R584 Discovery Miles 5 840
Advanced Healthcare Systems - Empowering…
Tanwar Hardcover R5,092 Discovery Miles 50 920
Service Orientation in Holonic and…
Theodor Borangiu, Damien Trentesaux, … Hardcover R5,983 R4,851 Discovery Miles 48 510
Niall the High King of Erin - Book II
Lance J MacNeill Hardcover R621 Discovery Miles 6 210
Kwezi: Collectors Edition 5 - Issues 13…
Loyiso Mkize Paperback R258 Discovery Miles 2 580
Dream Big Little One - Sketchbook Blank…
Young Dreamers Press Hardcover R435 Discovery Miles 4 350
LEGO DC Character Encyclopedia New…
Elizabeth Dowsett Hardcover R626 R578 Discovery Miles 5 780
The Tropical Oil Crop Revolution - Food…
Derek Byerlee, Walter P. Falcon, … Hardcover R2,736 Discovery Miles 27 360
Electrifying Neon Rock Painting
Amanda Rogers Kit R259 R235 Discovery Miles 2 350
Cooperative Economic Insect Report, Vol…
United States Department of Agriculture Hardcover R635 Discovery Miles 6 350

 

Partners