![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Evie Erdvark en haar Natuurvriende is 'n boek vir jong en ouer lesers. Die boek bevat feite oor natuurlewe wat goed nagevors is deur die welbekende Suid-Afrikaanse omgewingskrywer, Dr Lynn Hurry. Elkeen van die 20 stories word aangebied en met opmerkings verryk deur Evie Erdvark, maar vertel deur die werklike natuurlewe. Erdvarke, Aardwolwe, Kameelperde, Neushoringvoels, Bobbejane, Kaapse Glasogies, Rooibokke, Rooibekrenostervoels, Buffels, Piet-my-vroue en self Heuningbye vertel hulle eie lewensfeite - wie hulle vriende is en hoe hulle saamwerk om saam te bestaan. Die boek bevat die volgende 3 seksies wat waarde toevoeg tot die uitgawe: Wat beteken die naam? is uniek in 'n boek van die soort. Lesers sal gefasineer word deur die eenvoudige verduidelikings wat gegee word vir wetenskaplike name vir die diere in die boek. Maak jou eie klubwapen van karton sal lesers aanspoor om betrokke te raak by omgewingsbewaring. Evie se woordelys verskaf eenvoudige verduidelikings van woorde en terme wat in die boek voorkom.
Piekfyn Afrikaans Graad 7 is propvol interessante idees en uitdagings. Alles wat graad 7-leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boek saamgevat. Leerders gaan: • spontaan gesels oor verskeie interessante onderwerpe en tekste • vlot en ekspressief praat en puik toesprake lewer • in verskillende sosiale situasies seepglad kommunikeer • blitsvinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik • noukeurig en krities na taalgebruik luister • taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf.
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe, se avonture voortgesit! In Saartjie se donkie besluit sy om vir die dorp se seuns te bewys sy kan beter as enigeen van hulle donkie ry. In Saartjie se nuwe maat maak die Drie Muskiete kennis met die parmantige Gail Smith wat spog dat sy alles net so goed soos Saartjie kan! En in Saartjie se slim plan besluit Saartjie sy wil darem ook voel hoe dit is om ’n modepop te wees. Die Drie Muskiete kry haar ma se grimering beet en dan klop Galpil aan die deur. Saartjie is seker sy gaan sy voete onder hom uitslaan, maar sy reaksie is nie wat sy verwag het nie... Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
Piet Grobler (1959) is 'n welbekende, veelbekroonde en internasionaal erkende Suid-Afrikaanse kinderboek-illustreerder, sowel as 'n gevestigde kunstenaar wat se werk plaaslik en oorsee aftrek geniet. In hierdie boekie beeld Piet Grobler die alfabet op sy eiesoortige, baie oorspronklike manier uit. By elke letter laat hy die voeltjie iets se en doen; een drink 'n glas leeg en breek 'n wind op (Burp!), 'n ander sit rustig op 'n tak tot 'n appel op sy kop val (Doink!), en ander voeltjies eet wurms (Njam!) of le eiers (Plop!). Elke letter beslaan twee bladsye. Daar word telkens hoof- en kleinletters verskaf. Die interaksie tussen teks en illustrasie is baie snaaks: So breek 'n houtkapper 'n "T" met sy snawel middeldeur (Tok-tok-tok …) en maak 'n ander voel sy nes bo in die "Y". Die voeltjies se ABC is 'n bekoorlike boekie wat vir ieder en elk plesier sal verskaf!
Julian, Dick en Anne bring die vakansie saam met hulle niggie George en haar hond Timothy deur. Terwyl hulle Kirrin-eiland verken, ontdek hulle iets opwindends wat hulle tot diep in die kerkers onder Kirrin-kasteel lei. Wie - en wat - wag daar op hulle? Pragtige nuwe omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik.
Soos internasionaal die geval is, word die toegepaste taalkunde as studieterrein lank reeds in Suid-Afrika ondersoek, asook ten uitvoer gebring. Daarvan getuig die talle publikasies wat oor jare heen al oor die toegepaste taalkunde in Suid-Afrika verskyn het. Hierdie publikasies was egter meestal in Engels. Vir 'n publikasie oor die toegepaste taalkunde in Afrikaans le die veld dus braak. Dit is hierdie gaping wat met die boek gevul wil word. Hierdie boek het ten doel om die toegepaste taalkunde as selfstandige dissipline (wat dit internasionaal wel is) in Afrikaans te verken en in hierdie proses behoorlik gevestig te kry. Dit word gedoen met die hulp van bykans alle taalkundiges wat in hierdie dissipline in Suid-Afrika werk - nie net taalkundiges uit die Afrikaanse konteks nie, maar ook talle wat primer in Engels werk. Die gesamentlike kundigheid van hierdie groep akademici word in die boek op 'n kragtige wyse byeengebring. Die uiteenlopende komponente van die toegepaste taalkunde word sistematies uiteengesit en toegelig met Afrikaanse voorbeelde soos wat dit in die praktyk voorkom. Op hierdie wyse word die inhoud van die toegepaste taalkunde uitgepak vir 'n diverse gehoor: studente, akademici en belangstellendes in die taalkunde. Om hierdie rede is dit 'n boek wat verdien om gelees en gebruik te word.
Baie jare gelede was Oupa 'n bobaasvlieenier in die Tweede Wereldoorlog. Maar sedertdien is hy na die ouetehuis Twilight Towers toe gestuur waar die onheilspellende matrone Swine die septer swaai. Oupa en sy kleinseun, Jack, moet 'n waaghalsige plan beraam om te ontsnap. Min weet hulle dat die bose matrone hulle fyn dophou ...
Die Nuwe Alles-In-Een-reeks • is volledig hersien en aangepas volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidverklaring • is beskikbaar vir Graad R-3 • sluit vir Graad R die vakke Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede in • kan per vak of as pakket gebruik word. Die Leerderboeke vir elke vak • kan jaar na jaar gebruik word • gee geleentheid vir inskerping met minstens twee bladsye aktiwiteite per week • word gebruik saam met die gratis werkvelle op die CD in die onderwysersgids
Net na sy verjaardag kry Dirkie groot nuus. Mamma en Pappa vertel hom dat daar 'n babatjie op pad is. Dirkie word ouboet! Dirkie is dolgelukkig daaroor, maar ook 'n bietjie teleurgesteld: Die baba kom eers na die winter, hy moet dus nog lank wag...Uiteindelik word dit lente en die appelboom bot. En op 'n mooi oggend breek die oomblik aan!'n Wonderlike familieverhaal oor Dirkie wat vir 'n bababoetie wag. Of is dit 'n sussie?
In ’n oorloggeteisterde Angola, word kaptein Piet Prinsloo gekonfronteer met meer as terroriste uit die Kongo wanneer sy verlede hom op Oukersaand inhaal. ’n Span bankrowers kom hul moses teë in die Chuosberge. ’n Veldwagter is op sy hoede toe twee uiters verdagte karakters by Etosha opdaag. Drie boesemvriende raak verlief op een meisie. En ’n skrywer en ’n beeldskone filmster is gestrand op die Kaitschavlei. In vyf stories skets Doc Immelman wêrelde waar hardebaarde kan liefhê, helde nog met die vuis kan slaan en kameeldoringbome arabesk teen die laaste bietjie lig van die dag geëts is.
Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geïntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat. Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders • spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer • glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies • vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik • noukeurig en krities na taalgebruik luister • taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik • nuwe woorde en sinne gebruik • transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf. Die ONDERWYSERSGIDS bied: • ’n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures • leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop • wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf • gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas • onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning • ’n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering • ’n CD waarop ’n volledige onder wysers lêer, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn. Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter mediêre Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei. Die leesboeke bied: • kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste • prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies. Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit: • vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke • toeligting by moeiliker tekste • woordverklarings vir komplekse woorde.
Ken & Verstaan Natuurwetenskappe Graad 7 is deur 'n ervare span onderwysers geskryf, ooreenkomstig die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Hierdie nuwe kursus is maklik om te gebruik en help nie net leerders om noodsaaklike inhoud en vaardighede in die vak onder die knie te kry nie, maar gee hulle die bes moontlike grondslag waarop hulle hul wetenskapkennis kan voortbou. Die omvattende Leerdersboek bied onder andere: ondersoeke en verrykings- en praktiese aktiwiteite vir elke kwartaal, summatiewe assesseringstake aan die einde van elke eenheid en 'Toets jouself'-hersieningsvrae na elke onderwerp om leerders te help om hulle kennis te konsolideer, 'Het jy geweet'-flitse met interessante brokkies inligting, asook Veiligheidsflitse wat leiding verskaf oor hoe om eksperimente veilig uit te voer, en 'n woordelys wat leerders help om wetenskaplike terminologie te verstaan.
Ken & Verstaan Landbouwetenskappe Graad 12 is deur 'n ervare span onderwysers geskryf, ooreenkomstig die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Hierdie nuwe en toeganklike reeks sal leerders help om die inhoud van en vaardighede vir Landbouwetenskappe baas te raak. Die omvattende Leerdersboek bied 'n uitgebreide inhoudsblad wat uiteensit hoe die KABV in elke eenheid gedek word, assesseringstake en 'n oorsig aan die einde van elke module wat leerders help om kennis te konsolideer, gevallestudies wat wetenskap met die alledaagse lewe verbind en sensitiewe kwessies op 'n gebalanseerde wyse aanspreek, flitse in die kantlyn met interessante en belangrike inligting, 'n omvattende woordelys wat onbekende en moeilike terme help verduidelik.
Dit is die jaar 50 voor Christus. Gallie is geheel en al in Romeinse besit… Geheel en al? Nee! Een dorpie vol ontembare Galliers bied hardnekkig weerstand teen die invaller ... en maak die lewe moeilik vir die Romeinse legioensoldate wat laer trek in die vestingkampe Skinkirum, Aquarium, Hiersitwarum en Casarum...
Mamma stuur vir Mila en Pappa winkel toe om melk te gaan koop. Wat gewoonlik ’n vervelige en voorspelbare uitstappie is, word ’n onvergeetlike avontuur. Hulle ry op ’n eenhoring, vlieg in ’n ruimtetuig, koop kos vir Mila se troeteldraak koop en kom soos wafferse superhelde tot die redding toe ’n reuse-toring blikkieskos amper omval. Daar is net een probleem – hulle het sowaar die melk vergeet!
Rot, ’n vreemdeling, slaan kamp op aan die ander kant van die rivier. Padda se maats is vies – Rot is anders as hulle. Hy hoort nie daar nie. Hulle waarsku vir Padda om weg te bly van hom af, want alle rotte is vuil, dom en grillerig. Maar Padda besluit om vir Rot beter te leer ken. En wat ’n verrassing! Rot kan lees en skryf en drie tale praat! Verder is hy altyd vrolik en hulpvaardig. Padda is baie hartseer toe Rot weer vertrek, maar Rot belowe om eendag terug te kom om ’n brug oor die rivier te bou … Padda en die vreemdeling is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook 'n waardevolle lewensles.
Hierdie boek bevat OPWINDENDE en FANTASTIESE vrae en feite wat enige feitevraat se mond gaan laat water! Het jy al gewonder hoekom wit renosters nie wit is nie? Het jy al gewonder hoekom jy so baie ure in die aand moet slaap? En het jy al gewonder wat die oplossing vir gebottelde water is? Met 27 hoofstukke wat feite oor diere, die natuur en die liggaam bevat, sal jy vir ure aan hierdie boek kan lees. Bonusinhoud: Die boek bevat 'n paar nuttige lysies met wenke wat jy by die skool kan gebruik, soos hoe om vir onvoorbereide toesprake voor te berei.
Study & Master Agricultural Sciences Grade 11 has been especially developed by an experienced author team for the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS). This new and easy-to-use course helps learners to master essential content and skills in Agricultural Sciences. The comprehensive Learner's Book includes: * an expanded contents page indicating the CAPS coverage required for each topic * activities throughout that help develop learners' knowledge and skills * revision tasks and review at the end of each module that provides for consolidation of learning * case studies that link science to real-life situations and present balanced views on sensitive issues * 'information' boxes providing interesting additional information and 'Note' boxes that bring important information to the learner's attention * Glossary boxes to explain unfamiliar and difficult terms
Merke, gereed, maak! In hierdie boek word nie net tradisionele kunsmateriaal nie, maar sommer ook niksbeduidende weggooigoed ingespan om pragtige geskenke en kreatiewe huisversierings te maak. Daar’s genoeg verskeidenheid om bedrewe handwerkers en entoesiastiese nuwelinge se aandag te hou – en al die projekte kan aangepas word om by jou eie kreatiwiteit, vaardigheid, smaak en sak te pas. Stap-vir-stap-aanwysings met duidelike foto’s, slim variasievoorstelle en handige handwerkwenke maak dit die ideale boek om vakansieverveling hok te slaan – of opnuut die kunstenaar in jou wakker te maak. Boonop bied die “7x7-blitsgids” jou hope idees oor hoe om in ’n japtrap die ideale geskenk of mooimaakding vir ’n vriendin, familielid of jouself op te tower.
In hierdie dapper en pragtige verhaal vertel Mejuffrou Suid-Afrika, Shudufhadzo Musida, die storie van waar sy vandaan kom; as ’n singende, dansende babbelkous in ’n klein dorpie met die naam Ha-Vhangani, omring met liefde, veral dié van haar ma en Gogo Gugu. Maar dinge loop skeef vir Shudu wanneer sy na ’n nuwe plek trek en deur haar klasmaats geboelie word. Lees hoe Shudu haar hartseer en uitdagings te bowe kom, en ’n jong meisie en volwassene word wat geleer het om haarself lief te hê!
Kay en haar boetie gaan troeteldierwinkel toe. Hul pappa het gesê hul mag net één troeteldier kies om huis toe te neem. Maar watter een moet hul kies? ’n Hondjie, of katjie, of dalk ’n vis of ’n voël? In hierdie pragtige rymverse wys Dr. Seuss hoe moeilik dit soms kan wees om troeteldierwinkel toe te gaan en slegs één diertjie te kies! |
You may like...
Locked Out - Felon Disenfranchisement…
Jeff Manza, Christopher Uggen
Hardcover
R1,066
Discovery Miles 10 660
|