|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Een oggend wil Kareltjie niks eet nie. Mamma Krokodil is bekommerd
en vra: “Is jy seker? Wil jy nie een van hierdie heerlike, sagte
piesangs he nie?” “Nee dankie, Mamma,” antwoord Kareltjie. “Vandag
wil ek liewer ’n kind opvreet.” “Wat ’n gedagte, Kareltjie!” roep
sy ma uit. “Daar groei nie kinders aan piesangbome nie, net
piesangs!” Tot nou toe het Mamma Krokodil elke oggend vir Kareltjie
lekker piesangs gebring vir ontbyt. En elke oggend se sy verbaas:
“My seun, kyk hoe groot word jy, en mooi! Kyk net daardie tande!”
In Animal Tales 3 we meet new animal characters such as Tiger,
Crocodile and Rabbit. Poor Wolf still suffers under the hand and
tricks of Jackal and is often outwitted by Jackal.In Animal Tales 4
poor Wolf continues his trials with Jackal. Again we see that poor
Wolf is too dim-witted to realize that he is being tricked. He
learns nothing from the mishaps that befall him; no, experience
leaves Wolf none the wiser The illustrations of up-and-coming
artist Dale Blankenaar give new life to the antics of these
animals.
Padda voel nutteloos, want hy kan nie vlieg soos Eend nie en hy het
ook nie 'n talent vir goeters maak soos Rot nie. Hy wens hy kan
koekbak soos Vark, of so vlot lees soos Haas. Maar dan besef Padda
dat hy uniek, spesiaal en talentvol op sy eie manier is – hy is
pragtig en groen, en kan beter swem en spring as enigiemand anders!
Padda is padda is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, maar
bevat ook 'n lewensles. Die storie verduidelik dat elke kind uniek
is en oor sy eie talente beskik – dit maak hom nie beter of slegter
as 'n ander kind nie. En almal is lief vir Padda net soos hy is!
Padda leer dat dit die beste is om net homself te wees.
Die PHAROS BEKNOPTE VERKLARENDE WOORDEBOEK bou voort op ’n tradisie van betroubare naslaanwerke en is ’n staatmaker in die Afrikaanse klas, huis en kantoor.
Dié gebruikersvriendelike woordeboek is kompak dog omvattend: dit bevat meer as 30 000 woorde en terme met bondige verklarings.
Kry taalleiding:
- Hoofklem vir elke trefwoord
- Woordsoorte
- Verlede tyd
- Meervoude
- Attributiewe vorm en trappe van vergelyking
- Akronieme en afkortings
- Etikette vir bykomende konteksleiding
- Voorbeeldfrases of kort sinne waar nodig
Mamma Kraai weet haar kuiken het 'n spesiale musiektalent. Hy kan
fyn luister en allerhande geluide naboots. Hy sing dag en nag
“Ha-ha-a-a-aa!" soos Hadeda, soos Jangroentjie "Tji-tji-tjoe!" en
soos Duif "Koekeroekoe!". Dit laat al die voels se koppe draai.
Hulle ken nie meer hulle eie geluide nie! Die hele bos is
deurmekaar.
Mamma Kraai besluit hulle moet trek en 'n plek gaan
soek waar niemand ooit weer oor haar Kareltjie se musiek sal kla
nie.
Rorisang en haar tweelingbroer, Mo, moet die skooljaar by ’n nuwe skool begin nadat hulle ma besluit het dat die gesin uit hulle gemaksone moet kom.
Die tweeling is al sedert hulle kleuters was in die skool oorkant die pad. Al hulle vriende is daar en die skoolhoof is hulle pa se beste vriend. Die nuwe skool is ver van hulle huis af en soggens sit hulle in die verkeer vas. Die buitemuurse aktiwiteite wat aangebied word, is dinge waarvan Rorisang nog nooit eens gehoor het nie, en alhoewel sy goed gevaar het in atletiek in haar ou skool, verloor sy ver teen haar nuwe klasmaats.
Maar gelukkig maak sy sommer vinnig vriende, leer hoe om sagtebal te speel en neem deel aan die Eisteddfod. Sy oorleef selfs die lang ritte in die motor saam met haar irriterende broer deur speellyste saam te speel wat in elke lid van die gesin se musieksmaak val!
’n Storie oor die belangrikheid van vriendskap en familie en om jou stem te vind te midde van verandering.
Die boek is ook beskikbaar in isiZulu en Engels.
Mamma se vriendin het onlangs gevra: “Nou, wat sal dit wees?” Mamma het geantwoord: “Gesond!” En Pappa het gesê: “’n Hond sal dit beslis nie wees nie!”
Toe lag almal. Behalwe ek. Hoekom dan nie ’n hond nie?
Daar is mos al ’n kind! Maar ons kort ’n hond.
Net na sy verjaardag kry Dirkie groot nuus. Mamma en Pappa vertel
hom dat daar 'n babatjie op pad is. Dirkie word ouboet! Dirkie is
dolgelukkig daaroor, maar ook 'n bietjie teleurgesteld: Die baba
kom eers na die winter, hy moet dus nog lank wag...Uiteindelik word
dit lente en die appelboom bot. En op 'n mooi oggend breek die
oomblik aan!'n Wonderlike familieverhaal oor Dirkie wat vir 'n
bababoetie wag. Of is dit 'n sussie?
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – hou vakansie, maar sal dit sorgeloos verloop met son, see, roomys en visvang elke dag? Wanneer drie boelies sorg dat een van die Otters in die see beland, begin misterieuse dinge gebeur ... Het die boelies enigiets te doen met die geheimsinnige huis op die krans? Wat sal gebeur as een van die Otters ontvoer word? Sal die Otterfluit hulle kan help om mekaar weer op te spoor? Die Otters en die huis op die krans is die vierde aksie-belaaide boek in die Otter-reeks van die befaamde Cor Dirks. Ons weet teen hierdie tyd dat die seuns maar net nie kan help om in die moeilikheid te kom nie, maar sal hulle hulself hierdie keer weer daar uit kan kry?
Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books
which introduces you to the powerful stories of South African women
who have all made their mark and cleared a path for women and
girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines
and elders from the past and the present. South African women are
silent no more on the roles that we have played in advancing our
lives as artists, storytellers, writers, politicians and
educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu
word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint'
Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You
Strike a Rock!" These books were made possible with the support of
Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious
Inventors, Healers & Creators you will read about the women who
shape our world through education, science and maths. You will read
about women who became teachers, nurses, social workers, scientists
and community workers, overcame obstacles and through their work
fought for social change.
Mamma Lucinda is ’n skreeusnaakse verhaal oor ’n mamma met kloue in
plaas van hande, vlymskerp oogtande en 'n wasbleek vel ... 'n mamma
wat allermins as "gewoon" beskryf kan word. 'n Vlymskerp,
gril-en-giggelboek!
Andy en Terry het nóg vloere aangebou by hulle fantastiese
boomhuis! Nou is daar 39 vloere met allerhande prettige byvoegings
– soos die wêreld se vreesaanjaendste tuimeltrein, ’n
maller-as-mal-mallemeule, ’n reusetrampolien, en ’n disko om maar
net ’n paar goed te noem. En die beste byvoeging van als? ... Terry
se nuutste uitvindsel ... ’n masjien wat self boeke skryf en
illustreer! Nou kan hulle meer speel en minder bekommer oor die
sperdatum vir hul boek (waarmee hulle, soos elke jaar, laat is).
MAAR iets gaan verkeerd! Die masjien gaan berserk! En om die
situasie te red, moet hulle Idiotus, die wêreld se grootste
ONT-ontwikkelaar, se hulp inroep ... Dis dalk hul slegste plan nog
... Andy and Terry live in the world’s best treehouse! And in the
meantime they have been busy builders and added more storeys to
their house. It now has 39 storeys!! There is a
not-so-very-merry-go-round, the world’s most hair-raising
rollercoaster, trampolines, mud-fighting arenas, and more. And best
of all is Terry’s new invention: a writing machine that can write
and illustrate books in a jiffy. More time for them to play!
BUT the machine malfunctions and disaster strikes! They won’t make
their publishing deadline unless they call in the help of Idiotus,
the great UN-inventor. Will he be able to help, or cause more
chaos?
'n Versameling van 26 bekende en onbekende kinderstories met
pragtige illustrasies uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner.
Die splinternuwe uitgawe van stories waarmee generasies Afrikaanse
kinders grootgeword het verseker dat 'n nuwe geslag kinders vreugde
sal put uit klassieke verhaaltjies. Lochner se lekkerlees-stories
is perfek vir voorlees of selflees en die ideale bedkassieboek vir
Graad 3 en hoer.
Arme bleek Bennie Botha het 'n probleem: 'n hoesprobleem om presies
te wees. Elke aand hoes hy dat die mure bewe en sy bed kraak. Bleek
Bennie is sowaar moeg vir die hoes wat hom so wakker hou elke aand.
Sal hy 'n plan kan maak om daarvan ontslae te raak? Sy ma se stink
salf en die dokters se stoommasjientjie help net mooi niks nie.
Boonop kla Piet (dis nou Bennie se spinnekopvriend wat ook in
Bennie se kamer bly) dat Bennie se gehoes hom uit die slaap hou!
|
You may like...
Wanda
Sihle Nontshokweni, Mathabo Tlali
Paperback
R244
Discovery Miles 2 440
Donkerster
Annerle Barnard
Paperback
R240
R185
Discovery Miles 1 850
|