0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (264)
  • R50 - R100 (1,387)
  • R100 - R250 (3,009)
  • R250 - R500 (1,398)
  • R500+ (223)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Saartjie Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe, se avonture voortgesit! In Saartjie se donkie besluit sy om vir die dorp se seuns te bewys sy kan beter as enigeen van hulle donkie ry. In Saartjie se nuwe maat maak die Drie Muskiete kennis met die parmantige Gail Smith wat spog dat sy alles net so goed soos Saartjie kan! En in Saartjie se slim plan besluit Saartjie sy wil darem ook voel hoe dit is om ’n modepop te wees. Die Drie Muskiete kry haar ma se grimering beet en dan klop Galpil aan die deur. Saartjie is seker sy gaan sy voete onder hom uitslaan, maar sy reaksie is nie wat sy verwag het nie... Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

Vreugde! Kleuters Bybelstories oor die goeie en mooi Jesus (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Vreugde! Kleuters Bybelstories oor die goeie en mooi Jesus (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie kleurvolle geillustreerde Bybelstories is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ‘n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ‘n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. ‘n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ‘n vreugde-vervulde lewe te lei. lees die Bybelstorie en gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind, speel die raai-spel en se die gebed saam met jou kind op.

Kaptein Onderbroek En Die Geveg Teen Die Tandetoilette (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Kaptein Onderbroek En Die Geveg Teen Die Tandetoilette (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

George en Harold is gewoonlik verantwoordelike kinders – wanneer daar amok is, is George en Harold gewoonlik daarvoor verantwoordelik!

Hierdie keer boemerang hulle jongste poets en hulle skep per ongeluk ’n hele weermag tandetoilette. Gelukkig ken hulle ’n superheld wie se onderbroekrek ’n gevaarlike wapen is. Dit lyk na nóg ’n opdrag vir Kaptein Onderbroek!

Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!

Ja! kleuter Bybelstories oor Jesus (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Ja! kleuter Bybelstories oor Jesus (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 5 - 10 working days
Ek Kan Lees (Afrikaans, Hardcover): Dick Bruna Ek Kan Lees (Afrikaans, Hardcover)
Dick Bruna; Illustrated by Dick Bruna
R89 Discovery Miles 890 Ships in 6 - 10 working days

‘n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse vertaling! Perfek om kinders te leer lees. ‘n Eerste leesboek om woorde te leer oor gesin en familie.

Nils Holgersson Se Wonderbaarlike Reis (Afrikaans, Paperback): Selma Lagerlof Nils Holgersson Se Wonderbaarlike Reis (Afrikaans, Paperback)
Selma Lagerlof; Illustrated by Thomas Docherty 4
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 6 - 10 working days

Wie ken nie die seun met die goue hare en die wit hoedjie wat op die groot, wit gans oor Lapland sweef nie? Dis Niels Holgersson, natuurlik.

Niels Holgersson bly op ’n plaas in Swede. Hy is ’n klein niksnut. Eendag gebeur iets vreemds met hom. Hy word in ’n kabouter verander en beland op die rug van ’n mak gans. Saam beleef Niels en die gans Maarten groot avonture. Hulle emigreer saam met die wildeganse na Lapland.

Onderweg maak hulle vriende, soos meneer Emerik die ooievaar en Donsie, die grys gans. Maar hulle moet ligloop vir Smirre, die geslepe jakkals ...

Dis My Naam (Afrikaans, Paperback): Refiloe Moahloli Dis My Naam (Afrikaans, Paperback)
Refiloe Moahloli; Illustrated by Katlego Keokgale
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Rorisang en haar tweelingbroer, Mo, moet die skooljaar by ’n nuwe skool begin nadat hulle ma besluit het dat die gesin uit hulle gemaksone moet kom.

Die tweeling is al sedert hulle kleuters was in die skool oorkant die pad. Al hulle vriende is daar en die skoolhoof is hulle pa se beste vriend. Die nuwe skool is ver van hulle huis af en soggens sit hulle in die verkeer vas. Die buitemuurse aktiwiteite wat aangebied word, is dinge waarvan Rorisang nog nooit eens gehoor het nie, en alhoewel sy goed gevaar het in atletiek in haar ou skool, verloor sy ver teen haar nuwe klasmaats.

Maar gelukkig maak sy sommer vinnig vriende, leer hoe om sagtebal te speel en neem deel aan die Eisteddfod. Sy oorleef selfs die lang ritte in die motor saam met haar irriterende broer deur speellyste saam te speel wat in elke lid van die gesin se musieksmaak val!

’n Storie oor die belangrikheid van vriendskap en familie en om jou stem te vind te midde van verandering.

Die boek is ook beskikbaar in isiZulu en Engels.

Die Antwoord-Reeks Graad 12 lewenswetenskappe deel 2 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Liesl Sterrenberg, Helena... Die Antwoord-Reeks Graad 12 lewenswetenskappe deel 2 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Liesl Sterrenberg, Helena Fouche, Grace Elliot
R255 R129 Discovery Miles 1 290 Save R126 (49%) In Stock

Hierdie boek is DEEL 2 van ‘n STEL van 2 Lewenswetenskappe-gidse wat die Graad 12 KABV-kurrikulum wat in 2014 geimplementeer is, breedvoerig dek. Dit bevat die 2 Kennisvelde wat in VRAESTEL II van die eksterne Nasionale finale eksamen geeksamineer word: Lewe op die Molekulere, Sellulere en Weefselvlak en Diversiteit, Verandering en Kontinuiteit. Beide DEEL 1 en DEEL 2 Graad 12 studiegidse bied: Breedvoerige NOTAS per module, Vrae en ‘Snelvure’ per module en Gedetailleerde memo’sHierdie 3 in 1 studiegidse spreek tot leerders van alle vermoens en leerstyle. Dit verskaf duidelike, nuut-nagevorsde notas en kolpuntlys-opsommings. Duidelike diagramme verbeter die leerproses en vergemaklik begrip van uitdagende onderwerpe. Vakmateriaal is in kleiner dele opgebreek en praktiese wenke word deurgaans gegee. Die ‘Snelvuurvrae’ aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie. ‘n Wye reeks vrae en antwoorde berei leerders vir hul finale eksamens voor. Deur reg deur die jaar, sistematies deur die vakmateriaal te werk, word die leerder in staat gestel om in hierdie vak te presteer.

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Afrikaans Taal en Leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Juf.... Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Afrikaans Taal en Leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Juf. Marilize Swanepoel
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 5 - 10 working days

Die Best Books Eksamenhulp Graad 10 Taal- en leesoefenboek sal Eerste Addisionele Taal-leerders help om hul taal- en leesvaardighede met behulp van taal- en begripsoefeninge te verbeter en Afrikaans makliker onder die knie te kry.

Die taal- en begripsoefeninge is gebaseer op uittreksels uit onlangse jeugboeke en ander tekstipes wat leerders se belangstelling sal prikkel.

Die taal- en leesoefenboek

- dek die belangrikste taalstrukture en -konvensies, waaronder klankleer, woordvorming, woordsoorte en sins- en betekenisleer.

- is geskryf in taal wat leerders sal verstaan, met Engelse vertalings van begrippe en verduidelikings en toeganklike opsommings met voorbeelde.

- bestaan uit agt hoofstukke met taaloefeninge en twee begripstoetse per hoofstuk.

- bevat tweetalige woordelyste.

- sluit oefenvraestelle in.

- bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.

Die boek is saamgestel volgens die vereistes van die KABV en die nuutste AWS, en is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.

Alles-in-een lewensvaardighede (KABV): Gr R: Leerdersboek (Afrikaans, Staple bound): Alles-in-een lewensvaardighede (KABV): Gr R: Leerdersboek (Afrikaans, Staple bound)
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 5 - 10 working days

Die Nuwe Alles-In-Een-reeks

• is volledig hersien en aangepas volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidverklaring

• is beskikbaar vir Graad R-3

• sluit vir Graad R die vakke Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede in

• kan per vak of as pakket gebruik word.

Die Leerderboeke vir elke vak

• kan jaar na jaar gebruik word

• gee geleentheid vir inskerping met minstens twee bladsye aktiwiteite per week

• word gebruik saam met die gratis werkvelle op die CD in die onderwysersgids.

Jou Romeo (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Jou Romeo (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gegrond op Jou Romeo, die tienerrolprentsensasie van die jaar. Yvette droom al van graad agt af om Shakespeare se Romeo en Juliet in haar matriekjaar op die planke te bring. Maar die hoof het ander planne - die skool se kuns- en kultuurbegroting word gesny en al die geld word vir die T20-kriekettoernooi aangewend. In 'n poging om te verseker dat die produksie steeds plaasvind, vra Yvette die gewildste ou in die skool, die krieketheld Marko Marais, om die rol van Romeo te vertolk.

Padda is Padda (Afrikaans, Paperback): Max Velthuijs Padda is Padda (Afrikaans, Paperback)
Max Velthuijs; Illustrated by Max Velthuijs
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Padda voel nutteloos, want hy kan nie vlieg soos Eend nie en hy het ook nie 'n talent vir goeters maak soos Rot nie. Hy wens hy kan koekbak soos Vark, of so vlot lees soos Haas. Maar dan besef Padda dat hy uniek, spesiaal en talentvol op sy eie manier is – hy is pragtig en groen, en kan beter swem en spring as enigiemand anders! Padda is padda is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook 'n lewensles. Die storie verduidelik dat elke kind uniek is en oor sy eie talente beskik – dit maak hom nie beter of slegter as 'n ander kind nie. En almal is lief vir Padda net soos hy is! Padda leer dat dit die beste is om net homself te wees.

Baas baba se baas (Afrikaans, Hardcover): Marla Frazee Baas baba se baas (Afrikaans, Hardcover)
Marla Frazee; Illustrated by Marla Frazee; Translated by Amelia de Vaal
R59 Discovery Miles 590 Ships in 6 - 10 working days

Vanaf die oomblik toe sy babasussie daar aankom, is dit vir Baas Baba duidelik SY is nou die baas. Die personeel is in vervoering oor haar en sien hom skaars raak – maak nie saak wat hy doen, waar hy dit doen of hoe verregaande dit is nie. Toe gooi Baas Baba handdoek in. Maar gelukkig weet die nuwe baas net wat om te doen om die organisasie van ondergang te red … Baas Baba se baas volg op Baas Baba. Dis ‘n tong-in-die-kies-storie waaroor kinders EN ouers mal sal wees! Moet nie die film Boss Baby misloop nie!

Afrikaans Sonder Grense - Eerste Addisionele Taal  - Graad 6 Leesboek  (Afrikaans, Paperback): M. Latti, S. Gouws Afrikaans Sonder Grense - Eerste Addisionele Taal - Graad 6 Leesboek (Afrikaans, Paperback)
M. Latti, S. Gouws
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 5 - 10 working days
Piekfyn Afrikaans huistaal (KABV): Gr 5: Leerdersboek - 'n Geintegreerde taalteks (Afrikaans, Paperback): Piekfyn Afrikaans huistaal (KABV): Gr 5: Leerdersboek - 'n Geintegreerde taalteks (Afrikaans, Paperback)
R448 Discovery Miles 4 480 Ships in 5 - 10 working days

Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geïntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat.

Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders

• spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels

• vlot en ekspressief praat en toesprake lewer

• glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies

• vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik

• noukeurig en krities na taalgebruik luister

• taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik

• nuwe woorde en sinne gebruik

• transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf.

Die ONDERWYSERSGIDS bied:

• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures

• leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop

• wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf

• gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas

• onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning

• ’n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering

• ’n CD waarop ’n volledige onder wysers lêer, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn.

Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter mediêre Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei.

Die leesboeke bied:

• kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste

• prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies.

Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit:

• vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke

• toeligting by moeiliker tekste

• woordverklarings vir komplekse woorde.

Is Dit Al? (Afrikaans, Hardcover): Jan Paul Schutten Is Dit Al? (Afrikaans, Hardcover)
Jan Paul Schutten; Illustrated by Kees De Boer; Translated by Shane Kleyn
R67 Discovery Miles 670 Ships in 6 - 10 working days

“My fiets het altyd pap bande gehad.” “Bande? Bande? Jy was gelukkig. My fiets het nie eens bande gehad nie. Ek het op 'n fiets met houtwiele gery. En die saal was altyd ’n bietjie los.” “Is dit al? My fiets het vierkantige houtwiele gehad, geen saal nie en slegs een pedaal.” Dirk kuier by sy oupas, maar hy moet steeds skool toe gaan. Daarom het sy oupas vir hom 'n fiets aanmekaargesit. As Dirk versigtig uitwys dat die fiets 'n bietjie lendelam is, begin die oupas grootpraat oor die teespoed wat hulle moes trotseer om betyds by die skool uit te kom. 'n Skreeusnaakse verhaal!

Pieter Parkopsigter: Die Geheime Paadjie (Afrikaans, Hardcover): Nick Butterworth Pieter Parkopsigter: Die Geheime Paadjie (Afrikaans, Hardcover)
Nick Butterworth; Translated by Shane Kleyn
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Dis 'n pragtige lentedag en die perfekte geleentheid vir Pieter die parkopsigter om die oorgroeide doolhof te snoei. Maar ’n doolhof is soms 'n ding wat jou kan laat kopkrap en toe Pieter se vriende besluit om hom ’n streep te trek, wag daar ’n verrassing op almal....

Dapper Kinders Van Suid-Afrika (Afrikaans, Hardcover): D. J. Kotze Dapper Kinders Van Suid-Afrika (Afrikaans, Hardcover)
D. J. Kotze 1
R287 Discovery Miles 2 870 Ships in 6 - 10 working days

Dapper Kinders Van Suid-Afrika eer die bekende en minder bekende heldhaftige kinders in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Daar word vertel van die koue nag toe Klara Majola haar blinde pa gaan soek het. Jacobus Lombard onthou die ontberings wat hy as 15-jarige seun op die Dorslandtrek gely het en die dapperheid wat dit gekos het om te oorleef.

Die Anglo-Boereoorlog het heelwat kinderhelde opgelewer. Penkoppe (seuns van ongeveer 10–15 jaar) het saam met die Boere op kommando gegaan en in sekere gevalle saam gesneuwel. Hierdie versameling van 36 verhale gee ’n blik op die heldemoed wat kinders jonger as 16 jaar aan die dag gelê het.

'n Baie Verliefde Klein Krokodilletjie (Afrikaans, Hardcover): Daniela Kulot 'n Baie Verliefde Klein Krokodilletjie (Afrikaans, Hardcover)
Daniela Kulot; Translated by Nicol Stassen; Illustrated by Daniela Kulot
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Dit is duidelik: Krokodil is verlief. Maar, soos dit gewoonlik maar gaan as iemand verlief is, is daar 'n klein probleempie … Die kameelperd op wie hy verlief is, is so veel langer as hy! Krokodil loop al dae lank rusteloos rond. Soms kry hy te koud, soms kry hy te warm, soms is hy bitter hartseer, soms is hy so gelukkig dat hy die hele wereld wil omhels.

Trompie Omnibus 8 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 8 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 4 - 6 working days

Die laaste omnibus in hierdie reeks bevat nóg drie gewilde Trompie-stories. Die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit en Trompie en sy maats besluit om in die kloof te gaan swem en dan teen die berg op te klim en die grotte daarbo te verken. Trompie ontmoet ook die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het en ding mee teen sterk kompetisie in die atletiekspan.  

Oxford Suksesvolle Ekonomiese En Bestuurswetenskappe Graad 7 - KABV (Afrikaans, Paperback): Oxford Suksesvolle Ekonomiese En Bestuurswetenskappe Graad 7 - KABV (Afrikaans, Paperback)
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 6 - 10 working days
Asterix en die Verlore Papirusrol (Afrikaans, Paperback): Jean-Yves Ferri Asterix en die Verlore Papirusrol (Afrikaans, Paperback)
Jean-Yves Ferri; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 6 - 10 working days

Caesar het 'n boek geskryf! Ja, sowaar! Hy het sy kommentare oor die Galliese oorlog neergepen. Maar sy slinkse uitgewer, Sinus Apocrivus, het ander planne met die manuskrip. Is Caesar se “Kommentare oor die Galliese oorlog” nog volledig, en hoekom word die kopiiste skielik opgesluit? Is dit dalk omdat hulle iets weet wat die res van Gallie nie mag weet nie, en wat die hele ryk gaan skud? Wanneer een van die kopiiste ontsnap met 'n papirusrol onder die arm, is die gort gaar!

Ottie (Afrikaans, Hardcover): Annie M. G Schmidt Ottie (Afrikaans, Hardcover)
Annie M. G Schmidt; Illustrated by Fiep Westendorp; Translated by Marietjie Nelson
R73 Discovery Miles 730 Ships in 6 - 10 working days

Ottie se pa is 'n sjef by die Koperlyster Hotel. Hy word baie min betaal en omdat hy nie die regte papiere het nie, kan hy nie sommer net 'n ander werk gaan soek nie. Wanneer die nare hoteleienaar hom ontslaan, moet Ottie en haar pa in hul bussie rondtrek en vir hom 'n nuwe werk soek, maar eers gaan kampeer hulle uit in die parkeerterrein voor die "rekenaargebou" waar hy sy papiere moet kry… Ottie verstaan nie veel hiervan nie en hul dierevriendjies ook nie. Wanneer die polisieman hulle kom wegjaag, vlieg Kwark, die kraai, voor die bussie uit om vir hulle 'n rustige kampeerplek uit te wys. Intussen raak die twee muise in Ottie se mandjie, wat van die hotel af saamgekom het om "Die wye wereld" te sien, onrustig omdat hulle nog nie in Muistopia, oftewel Muisparadys, is nie.

Sindikaat (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Sindikaat (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sindikaat is ’n avontuurverhaal waarin drie vriende se lewens omvergegooi word wanneer die hoofkarakter, Paul, per ongeluk op onwettige smokkelgoed afkom. Hulle paaie kruis met die van die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe, Zambië en Namibië word hul lewe gereeld bedreig. Spannende aksietonele laat die adrenalien behoorlik pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in hierdie verhaal waarin die goeie die bose oorwin en geregtigheid seëvier.

Hanli die hasie (Afrikaans, Hardcover): Mandy Stanley Hanli die hasie (Afrikaans, Hardcover)
Mandy Stanley; Illustrated by Mandy Stanley; Translated by Amelia de Vaal
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie is ‘n drie-in-een boek! (Die dansende hasie; Die strooimeisie & Die feetjiebal). Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is. Hanli is ’n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ’n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde... behalwe wanneer sy verras word! Op ’n dag sien Hanli ’n prentjie van ’n ballerina en daar en dan besluit sy dat sy ’n dansende ster wil word. Sy sluit by ’n balletskool aan en oefen elke dag pligsgetrou. Maar sal so ’n klein hasie die danspassies regkry? ’n Ander keer ontvang Hanli ’n briefie: Sy word gevra om strooimeisie by ’n troue te wees. Dit klink so opwindend! Hanli kan haar oe nie glo toe sy haar pragtige strooimeisierok sien nie! Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli genooi word om ’n feetjiebal in feetjieland by te woon. Net toe sy dink die dag kan nie meer betowerend word nie, kom die Feekoningin daar aan met ’n besonderse geskenk – spesiaal vir Hanli. Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Luck, Logic, and White Lies - The…
Joerg Bewersdorff Paperback R1,549 Discovery Miles 15 490
Free Will & Action - Historical and…
Filip Grgic, Davor Pecnjak Hardcover R1,408 Discovery Miles 14 080
Char-Griller Grill & Smoker Cookbook…
Donald Smith Hardcover R903 Discovery Miles 9 030
Metaphysics, Mathematics, and Meaning…
Nathan Salmon Hardcover R4,132 Discovery Miles 41 320
Budget Air-Fryer Cookbook - 101 Tried…
Jenny Tschiesche Paperback R250 R223 Discovery Miles 2 230
Jaakko Hintikka on Knowledge and…
Hans van Ditmarsch, Gabriel Sandu Hardcover R4,412 Discovery Miles 44 120
First European Congress of Mathematics…
Anthony Joseph, Fulbert Mignot, … Hardcover R3,495 Discovery Miles 34 950
A Food Love Story - Over 80 Recipes From…
Onezwa Mbola Paperback R370 R275 Discovery Miles 2 750
All Dhal'd Up - Every Day, Indian-ish…
Kamini Pather Hardcover R420 R205 Discovery Miles 2 050
Is This A Cookbook? - Adventures In The…
Heston Blumenthal Hardcover R537 Discovery Miles 5 370

 

Partners