![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Eers wil ek iets net baie duidelik maak: Hierdie is 'n Joernaal en nie 'n dagboek nie. Ek weet wat dit op die omslag se, maar toe Ma hierdie ding gaan koop het, het ek spesifiek gevra om een te kry waarop daar nie "dagboek" staan nie. Die enigste rede hoekom ek enigsins ja gese het vir die ding, is sodat ek dit eendag kan gebruik as ek ryk en beroemd is. Maar nou is ek eers vasgekeer tussen 'n klomp morone. Vandag is die eerste dag van skool. Toe dink ek ek kan maar netsowel in hierdie boek skryf om die tyd vinniger te laat verbygaan.
Julian, Dick en Anne bring die vakansie saam met hulle niggie George en haar hond Timothy deur. Terwyl hulle Kirrin-eiland verken, ontdek hulle iets opwindends wat hulle tot diep in die kerkers onder Kirrin-kasteel lei. Wie - en wat - wag daar op hulle? Pragtige nuwe omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik.
Die reus Van der Bees is ’n nare ou brompot, en as hy honger raak, dan more en knor die grompot: Hierdie boek geskryf deur Elli Woollard en pragtig geillustreer deur die bekende en bekroonde Benji Davies, vertel die verhaal van die reus wat op soek is na ’n kind vir sy maaltyd. ’n Seun genaamd Jan het ’n ander reus by ’n boontjierank uitoorle – dus, wie sal dan nou beter smaak op ’n reusebord as die klein karnallie.
Daar wag donker dae vir die Barbaarse Argipel – dis amper asof die wereld vervloek is! Kan Harwarrus sy swaard behou, ’n draakrebellie stopsit en keer dat Alvin die volgende koning van die Wilderweste word? Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was ’n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar die reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om ’n held te wees. Kinders wat DreamWorks se film How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!
Helena J.F. Lochner se verhaalbundels (waaronder Kammaland, Kinderland en Kleuterland) het van haar die "Hans Christian Andersen" van Afrikaans gemaak. Hier is nog 'n boek met pragtige bekende en onbekende verhale en volkleur-illustrasies wat die avontuurlus en verbeelding van enige jong kind sal prikkel.
Oupa vertel graag stories wanneer ek vir hom kom kuier. Oupa vertel van die oorlog, van die hongersnood en van die los werkies wat hy moes doen. Hy vertel hoe hy verlief geraak het en toe pa en oupa geword het. Hy vertel van die engelestandbeeld waarby hy as kind elke dag verbygehardloop het skool toe. Maar is dit die engel wat deur al die jare ’n wakende hand oor Oupa gehou het? Moet wees.
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Hierdie keer krap ’n ander speurder krap in sy slaai, hy moet uitvind wie Olga se luukse motor beskadig het en hy beland boonop in die kollig op die verhoog . . .
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy
kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel?
Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel.
Die koning van Katoren is dood en daar is geen troonopvolger nie. Vir 17 jaar regeer ses nare ministers die land – hulle beweer hulle is op soek na ’n nuwe koning, maar niks gebeur nie. Op ’n dag arriveer ’n seun, Stach, by die paleis. Hy is gebore op die nag van die koning se dood en is vasbeslote om die nuwe koning te word. Die ministers wil nie hulle lewenstyl prysgee nie en bedink sewe onmoontlike take vir Stach om te verrig. Hulle is vas oortuig daarvan dat Stach nie die mas sal opkom nie, maar ná die eerste taak is dit baie duidelik dat hy ’n ernstige bedreiging vir hulle inhou. Koning van Katoren is ’n veelvuldig bekroonde verhaal wat internasionaal suksesvol en beroemd is. ’n Film word vanjaar uitgereik.
Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.
Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.
Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstories is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ‘n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ‘n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. ‘n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ‘n vreugde-vervulde lewe te lei. lees die Bybelstorie en gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind, speel die raai-spel en se die gebed saam met jou kind op.
‘n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse vertaling! Perfek om kinders te leer lees.
Pieter die parkopsigter is altyd besig om die diere in sy park te voer. Maar een koue winternag ontdek Pieter dat sy vriendjies meer as net broodkrummels nodig het. Hy moet 'n manier kry om hulle te help!
Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweeling-raasbekboeties. So sy verstaan nie hoekom daar die laaste tyd sulke snaakse goed met haar gebeur nie. By die skool verskyn daar vanself lelike goed op die bord en haar gunstelingkos smaak skielik na spruitkool. Jig! En dan is daar nog die vreemde Indiese blokfluit wat haar ma vir haar present gegee het. Maar sy het nie nou tyd vir sulke nonsens nie. Sy wil ’n troeteldier hê. Chantelle het tweehonderd konyne in haar kamer, maar sy wil nie eens enetjie afstaan nie! Lotta het egter klaar ’n plan hoe om haar EIE troeteldier te kry . . . Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings. Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.
Hierdie kleurvolle geillustreerde Bybelstories is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ‘n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ‘n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. ‘n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ‘n vreugde-vervulde lewe te lei. lees die Bybelstorie en gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind, speel die raai-spel en se die gebed saam met jou kind op.
Willem is oor die wêreld heen beroemd as speurhond. Maar 'n paar jaar gelede het 'n sending skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En van daardie dag af is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie omnibus bevat die eerste drie avonture: hulle reis na Istanbul, Parys en Londen, 'n seerower-avontuur op 'n passasierskip en die Bosveld-vakansie waarin hulle 'n bende renosterstropers vastrap.
|
You may like...
Routledge Handbook of Planning and…
Edward Ochieng, Tarila Zuofa, …
Hardcover
R4,957
Discovery Miles 49 570
The City & Guilds Textbook: Plumbing…
Peter Tanner, Stephen Lane
Paperback
Communications in the Building Industry…
Gurth Higgin, Neil Jessop
Hardcover
R5,754
Discovery Miles 57 540
|