![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die vyfde boek in die reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur! Lafras Cuyper word persoonlik deur Napoleon gevra om Franse skipbreukelinge op die eilandjie Abbe te gaan red. Hy staan nie terug vir die lewensgevaarlike uitdaging nie en besef dat deeglike beplanning en betroubare bemanning die sleutel tot sukses is. Sal hy die Engelse om die bos kan lei en die skipbreukelinge red? Of sal hy vir Napoleon teleurstel? Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.
Al die geluide in die woud is vir Tier vreeslik opwindend. Saam met sy vriende (pronkende Pou, verstrooide Renoster en trompetterende Olifant) soek hy na 'n antwoord op die opwindendste vraag van almal: Wie is die koning van die woud?
Die Keiser van China droom van 'n nuwe Keiserlike Tuin van Tuine. Een man kry dit reg om die Keiser se droom waar te maak en 'n asemrowende tuin te ontwerp. Maar selfs die drome van keisers skiet soms te kort. Toe die Keiser 'n nagtegaal hoor sing, weet hy dat sy tuin nie volmaak is nie. Die nagtegaal is gewillig, maar nie willoos nie. Sy musiek is uniek, maar kan nie vasgevang word nie.
Vir langer as wat kroonprins Florin oud is, is die twee koninkryke Monfiel en Vinland in ’n wrede oorlog verwikkel. Tot daar op ’n dag ’n bode die goeie tyding bring dat die twee konings vrede gesluit het. Florin word na die vredesfees in Vinland genooi, maar daar aangekom, wag die grootste skok op die jong prins: Die sogenaamde vredesverdrag was ’n lokval. Sy pa, koning Philip, en sy gevolg is gevange geneem en Florin verloor in ’n oogwink alles wat hy het: sy pa, sy titel, sy koninkryk en sy eer. Koning Theodo laat hom leef, maar verdoem hom om opgelei te word as hofnar deur Mimus – Theodo se onvoorspelbare, enigmatiese en met tye gemene hofnar. Saam met Mimus moet Florin dag na dag leer hoe om die laagste skepsel aan die hof te wees en sy kop te behou deur die koning te laat lag. Maar daar is meer aan Mimus as donkieore, ’n narmasker en lawwe toertjies, wat Florin laat wonder of Mimus dalk sy vertroueling en vriend kan wees … of ’n pop wat slegs na Theodo se pype dans? Mimus is ’n verhaal van konings en narre, mag en vernedering, humor en hartseer, en in die middel ’n enkele hofnar wat terselfdertyd lig en donker verteenwoordig. Dit is ’n intrige wat oud en jonk sal meesleur na die Middeleeue en tot op die laaste bladsy sal boei.
Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die sesde boek in die reeks, propvol opwinding, spanning en avontuur! ’n Besoek aan Venesie – dit is ’n droom wat waar word vir die beroemde kaperkaptein Lafras Cuyper. Die droom word egter ru onderbreek toe Lafras een aand in die donker stegies aangeval word. Voor hy die raaisel oor die aanval kan oplos, roep Napoleon hom terug na Parys. Lafras moet Venesie verlaat – en ook die aanvallige Justina, wat sy hart so gou verower het. Hy moet met die Turkse goewerneur gaan onderhandel oor drie Franse offisiere wat as gyselaars aangehou word. Tussendeur al die lewensgevaarlike avonture, verskyn die beeld van Justina kort-kort voor Lafras. Hy moet haar weer sien. Hy moet weer terugkeer na Venesie … en sy aanvallers. Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.
Jou liggaam verander, nuwe emosies verwar jou en jy het honderd duisend vrae wat jy nie weet hoe of vir wie om te vra nie. Jy is skielik fyngevoelig, selfbewus en sommer net moeilik... Maar hoekom? En hoekom is daardie pes van ’n meisiekind ewe skielik vir jou so oulik? As al die bogenoemde waar is, is hierdie boek vir jou. Want jy is ’n “puber” en ’n nuwe wereld gaan vir jou oop. Selfs nog voor jongmense vir die eerste keer seks en seksualiteit ondervind, wonder meisies en seuns reeds ’n geruime tyd oor al hierdie dinge. Ouers weet meestal nie hoe om sulke sensitiewe vrae te beantwoord nie en het nie noodwendig tyd om by te hou met wat in hul tienerkinders se koppe aangaan nie. Met die gevaar van ongekontroleerde bronne op die internet vandag, is dit belangrik om die regte inligting van ’n betroubare bron te verkry, en dis wat hierdie boek poog om te doen. Jan von Holleben het op by kreatiewe en prettige wyse die avontuur van grootword deur middel van foto’s daargestel, en Antje Helms gee insiggewende antwoorde op ’n direkte, maar sensitiewe, manier. Die boek bied antwoorde op allerhande vrae oor puberteit en seks wat jongmense nie noodwendig vir hul ouers wil vra nie.
Karel Kameleon word saam met twaalf ander spioene opgeroep deur Groot Gekko Dikke Nekko. Die baasspioen en oprigter van die Geheime Diereverbond ontbied hulle na sy geheime tempel in die oerwoud. Die lys met al die name van die spioene van die Geheime Diereverbond is gesteel. Wie het die lys gesteel? En hoe het hy by die altaarkamer uitgekom?
Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.
Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se • taalvermoë • ontwikkelingstadium • ervaringswêreld • belangstellingsveld en • humorsin. Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar • oogspan • fraseringsvermoë • ervaringsbesit • woordbegrip • sigwoordeskat en • klankmatige ervaring. Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou. 'n Onderwysersgids is beskikbaar.

Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se • taalvermoë • ontwikkelingstadium • ervaringswêreld • belangstellingsveld en • humorsin. Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar • oogspan • fraseringsvermoë • ervaringsbesit • woordbegrip • sigwoordeskat en • klankmatige ervaring. Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou.
Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.
Zanelda Sellerman (Zantie) is die oudste dogter van ’n gesin van 7. Sy is die skool se atletiekster, maar wiskunde en wetenskap pootjie haar gereeld. Sy sien uit na haar Graad 9-jaar. Die Juniorbeker wag, Deon Steyn skryf vir haar liefdesgedigte en sy verslaan die vinnige Beverly Botha in die 400 m. Maar toe verander alles met die nuwe meisie, Marita Meyer, wat almal betower met haar perfekte glimlag en illusies. Zantie se Graad 9-jaar lyk nou nie meer so eenvoudig nie.
Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se • taalvermoë • ontwikkelingstadium • ervaringswêreld • belangstellingsveld en • humorsin. Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar • oogspan • fraseringsvermoë • ervaringsbesit • woordbegrip • sigwoordeskat en • klankmatige ervaring. Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou. 'n Onderwysersgids is beskikbaar.
Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se • taalvermoë • ontwikkelingstadium • ervaringswêreld • belangstellingsveld en • humorsin. Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar • oogspan • fraseringsvermoë • ervaringsbesit • woordbegrip • sigwoordeskat en • klankmatige ervaring. Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou. 'n Onderwysersgids is beskikbaar.
Kat is terug. Sy is in die bos. Wolf se bos! Wolf is bang vir Kat. Maar Hond nie. Hy help sy neef. Hoe? Dit kan jy in hierdie boek lees. ’n Prettige storie vir beginnerlesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie! Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur Marije Tolman se skitterende tekeninge in volkleur. Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetlik.
Lillie lees op 'n dag 'n gruwelike boek oor vampiere. Maar moenie dink dit skrik Lillie af nie! Inteendeel. Lillie is mos vir niks bang nie, en sy besluit om Transsilvanie te besoek om die gevreesde skepsels met haar eie oe te sien. Gewapen met knoffel, houtdolke, sonbrille en nog wat, doen sy die heksesprong en beland binne-in Dracula se kasteel! Sal sy die moedelose inwoners van Brasov kan help? En self uit Dracula se kloue kan bly?
Lillie neem die heksesprong na die heldhaftige wikings. Daar gekom, besef sy egter dat nie alle wikings sterk en dapper is nie...Sy ontmoet Helgar die bangbroek! Helgar se pa, die gewese stamhoof, het tydens 'n vorige ekspedisie weggeraak en die vikings het aanvaar dat hy dood is. Lillie ontdek egter iets wat haar daarvan oortuig dat hy nog lewe. Sy bied aan om na hom te gaan soek en vertrek saam met 'n hele klomp vikings op 'n skip. Maar nie almal is ewe entoesiasties om die ou hoofman te vind nie, en die soektog raak lewensgevaarlik... |
You may like...
|