![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Nederland, 1938. Fing Boon se droom stort in duie. In plaas van verder studeer om onderwyseres te word, moet sy by die Sigaarkeiser gaan werk. As oppasser – of eerder “betaalde vriendin” – vir die Sigaarkeiser se eienaardige niggie Liesl voel sy al hoe meer opstandig oor haar lot: vriendskap is tog nie iets wat ’n mens kan koop nie?
Stian se sussie en boetie lag vir Oupa Olivier omdat hy so vergeetagtig is, maar Stian gee nie om nie. Hy help liewer sy oupa onthou. Eendag besluit Stian dat hy en Oupa Oliver dieretuin toe moet gaan. Hulle het so lekker rondgeloop, dat nie een van hulle twe later kon onthou waar die uitgang is nie...
Ontdek die wereldgeskiedenis – van die oerknal tot die hede – in hierdie beeldverhaal. Met groot kleurplate vir groot en klein word die wereldgeskiedenis as een deurlopende, asemrowende verhaal voorgestel. Boordevol interessante feite oor: die dinosourusse, die Wikings, ridders en ontdekkingsreisigers, die Griekse wysgere, die eerste skrif, antieke Chinese koninkryke, wereldoorloe, die Berlynse muur, kastele, joerts en wolkekrabbers, die opkoms van die internet en soveel meer. ’n Groot kinderboek vir ’n grootse geskiedenis.
Wanneer oom Fanie, ’n pa van nege lewenslustige seuns, se plaas te klein word, gee hy die opdrag: “Uitspring, kêrels!”. Vir die ouer broers wat moet “uitspring” en hul eie potjie moet gaan krap, is hierdie woorde die begin van ’n groot avontuur. Maar om uit te spring is nie vir sommerso nie. Waar gaan die seuns plase kry? Wat moet hulle op hulle waens laai? En sal hulle alles onthou wat oom Fanie hulle geleer het?
Klein Grillie Spinnekop kan al sy eie web spin, net waar hy wil. Hy reis deur die wereld en besoek elke dag ’n ander plaas. Daar is soveel om te ontdek en te verken! Saam met sy maatjies beleef hy spannende avonture. Hy speel wegkruipertjie saam met die kuikens, ondersoek dierespore in die modder en vleg Paula die perd se maanhare. Het jy lus om saam te speel? Gryp jou potlode en kom kleur in, los raaisels op en raak kreatief saam met Klein Grillie Spinnekop!
Kammaland is 'n pragtige kinderboek met stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner. Dit is lekkerleesstories vir voorlees en selflees deur kinders in Graad 3 en hoêr.
Vir Kix het alles verander toe daar eendag ’n pragtige wit berghond by hulle aankom. Hy maak vriende met die geheimsinnige hond, wat hy Tom noem. Tom hou daarvan om heeltyd by Kix te wees en dit is vir hom lekker om gedurig gestreel te word. Maar Kix is bekommerd, want se nou net die eienaar wil Tom terughe? Tydens ’n spanningsvolle nag moet Kix bewys hoe lief hy vir sy hond is. Hierdie boek is gebaseer op ’n ware verhaal. Toe Edward van de Vendel by familie in Kanada was, het daar 'n groot, wit hond uit die niet verskyn. Die avontuur wat hulle met die hond beleef het, staan nou in hierdie boek.
Lillie beland in die skatkamer van ’n beleerde kasteel en soos die noodlot dit wil he, het die inwoners dringend haar hulp nodig. Maar die magtige Swart Ridder laat hom deur niemand keer nie. Sal Lillie hom met ’n towerswaard kan oorwin? En wat van die draak wat die swaard oppas?
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy ’n vreeslike verwarring opklaar? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy die slapende prins wakkermaak? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.
Ontdek in Afrikaans: Amki en Zanda leesreeks • Hierdie reeks het ten doel om Afrikaans vir kinders op 'n prettige manier deur middel van 'n oulike storie te leer en is veral gerig op Tweede Taal leerders. Amki en Zanda is van planeet Mars en neem elke kind saam op 'n heerlike avontuur om woordeskat en konsepte in Afrikaans te ontdek. • 5 boeke in die reeks, elk met 2 stories. • Kleurvolle illustrasies, 'n Afrikaans / Engelse woordelys en werksopdragte • Die reeks is gemik op Tweede Taal leerders (Gr 3 - 6) wat Afrikaans as Akademiese taal moet leer. Ook geskik vir kinders (ouderdom 8 - 10) wat reeds goed Afrikaans kan lees. Reinette Lombard en Josè Palmer is die skrywers van die topverkoper Tippie boeke waarvan alreeds 40 titels in die reeks verskyn het en was al telkemale op die Nielsen Top 100 lys. Albei het 'n onderwysagtergrond en baie jare se ondervinding in die klaskamer. Beide is passievol oor kinderontwikkeling en glo dat kinders wat kan lees, kinders is wat kan leer.
|
You may like...
Polycystic Ovary Syndrome - Challenging…
Evanthia Diamanti-Kandarakis
Paperback
R3,717
Discovery Miles 37 170
Nonlinear Kalman Filter for Multi-Sensor…
Jean-Philippe Condomines
Hardcover
R2,578
Discovery Miles 25 780
Digital Communications with Chaos…
Wai M. Tam, Francis C.M. Lau, …
Hardcover
R3,683
Discovery Miles 36 830
Reliability and Failure Analysis of…
Cher Ming Tan, Preetpal Singh
Paperback
R3,965
Discovery Miles 39 650
Polymer-Based Advanced Functional…
Nithin Kundachira Subramani, Siddaramaiah, …
Paperback
R4,952
Discovery Miles 49 520
Dynamic Governance of Energy Technology…
Silvia Ulli-Beer
Hardcover
Project Management For Engineering…
John M. Nicholas, Herman Steyn
Paperback
R2,008
Discovery Miles 20 080
|