|
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Uiteindelik het Kwaaikofski sy eie rekenaar. Nou hoef hy nie meer
sy speursake soos 'n speurder in die Middeleeue op te los nie! En
dit is ook nie 'n minuut te laat nie, want Kwaaikofski se nuutste
saak lei hom op 'n geheimsinnige dwaalspoor tot diep in die vreemde
wereld van kuberkrakers. Hy moet 'n geheimsinnige rekenaarspeletjie
genaamd Towertuin opspoor, voor dit dalk te laat is...
Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se
• taalvermoë
• ontwikkelingstadium
• ervaringswêreld
• belangstellingsveld en
• humorsin.
Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar
• oogspan
• fraseringsvermoë
• ervaringsbesit
• woordbegrip
• sigwoordeskat en
• klankmatige ervaring.
Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou.
'n Onderwysersgids is beskikbaar.
As jy al ooit oor reenboe en wolke gewonder het, vir ure na die
miere kan staar of sommer net daarvan hou om te vra “hoekom?” is
hierdie die boek vir jou! Kyk met nuwe oe na die wereld waarin ons
woon – van die kleinste vlekkie materie tot die reuse van die see
en die land – en besef sommer vroeg-vroeg: daar is altyd nog iets
om te leer ken en te ontdek! Internetskakels maak boonop van die
teks 'n volledig interaktiewe leerervaring.
Elmer, die kleurvolle olifant, is ’n kleutergunsteling sedert sy skepping in 1989. Die reeks is bekend aan miljoene, en het al meer as 4 miljoen kopieë verkoop regoor die wêreld, in meer as 40 tale. Die subtiele boodskap, dat dit aanvaarbaar is om anders te wees, word gekombineer met die lewendige kleur en astrante humor van die hoofkarakter.
Elmer die olifant is moeg daarvan om soos ’n kleurvolle lappieskombers te lyk en vermom homself as ’n gewone grys olifant om by die res van die trop in te pas. Maar sy gewone uitbundigheid kan nie vir lank onderdruk word nie!
Die Best Books Eksamenhulp Graad 11 Taal- en leesoefenboek sal Eerste Addisionele Taal-leerders help om hul taal- en leesvaardighede met behulp van taal- en begripsoefeninge te verbeter en Afrikaans makliker onder die knie te kry. Die boek is saamgestel volgens die vereistes van die KABV en die nuutste Afrikaanse woordelys en spelreëls, en is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.
Die opvolg van die bekroonde Juffrou Goth en die spookmuis. Daar word naarstiglik voorbereidings getref vir die volmaanfees en die groot Grommengrou-bakkompetisie.
Beroemde kokke daag vir die groot geleentheid op, en soos gewoonlik tree Maltravers verdag op. Om alles te kroon verras Ada se ontwykende kamermeisie, Martelina, haar met ’n groot geheim en dit lyk asof almal Ada se verjaarsdag vergeet het!
 |
Geliefde sprokies
(Afrikaans, CD)
Madeleine Mansiet; Illustrated by Valentine Iokem; Edited by Fantasi Fantasi
|
R100
R93
Discovery Miles 930
Save R7 (7%)
|
Ships in 5 - 10 working days
|
|
|
Kom deel in die wonderwereld van sprokies ... ’n hele
fantasiewereld saamgevat in ses klassieke stories vir ure se lees-
en kykgenot vir jonk en oud. Die besondere illustrasies deur
Valentine Iokem verryk die teks en voer die kind mee op ’n
onvergeetlike ontdekkingsreis diep die verbeeldingswereld in …
Eendag, lank, lank gelede ...
|
|