![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Wikus Lombaard is 'n nice ou. Hy is kaptein van die eerste rugbyspan en met sy dodelike skopskoen het hy sy span al meermale uit die verknorsing gered. En sy meisie, Marissa, is die mooiste in die skool. En al sukkel Wikus nou so 'n bietjie met die wiskunde, is dit ook nie die ergste nie. Met Marissa by hom en die rugby wat voorle, is dinge doodreg – hy weet mos immers waaroor dit gaan in die lewe, veral noudat hy in die vakansie met sy suster se vriendin gevry het – behoorlik gevry. All-the-way. Maar in hierdie laaste skooljaar van hom, kort voor sy deelname aan die Cravenweek, loop dinge skeef. Lelik skeef. Vir die eerste keer ontdek Wikus dat die lewe ook reels het. En dat dit nie net in rugby is dat 'n ou van die veld afgejaag kan word nie.
Hierdie wonderlike boek wat 12 stories bevat met pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters sal kinders bekendstel aan ’n skatkis van tydlose verhale.
Zanelda Sellerman (Zantie) is die oudste dogter van ’n gesin van 7. Sy is die skool se atletiekster, maar wiskunde en wetenskap pootjie haar gereeld. Sy sien uit na haar Graad 9-jaar. Die Juniorbeker wag, Deon Steyn skryf vir haar liefdesgedigte en sy verslaan die vinnige Beverly Botha in die 400 m. Maar toe verander alles met die nuwe meisie, Marita Meyer, wat almal betower met haar perfekte glimlag en illusies. Zantie se Graad 9-jaar lyk nou nie meer so eenvoudig nie.
Die Keiser van China droom van 'n nuwe Keiserlike Tuin van Tuine. Een man kry dit reg om die Keiser se droom waar te maak en 'n asemrowende tuin te ontwerp. Maar selfs die drome van keisers skiet soms te kort. Toe die Keiser 'n nagtegaal hoor sing, weet hy dat sy tuin nie volmaak is nie. Die nagtegaal is gewillig, maar nie willoos nie. Sy musiek is uniek, maar kan nie vasgevang word nie.
Jou liggaam verander, nuwe emosies verwar jou en jy het honderd duisend vrae wat jy nie weet hoe of vir wie om te vra nie. Jy is skielik fyngevoelig, selfbewus en sommer net moeilik... Maar hoekom? En hoekom is daardie pes van ’n meisiekind ewe skielik vir jou so oulik? As al die bogenoemde waar is, is hierdie boek vir jou. Want jy is ’n “puber” en ’n nuwe wereld gaan vir jou oop. Selfs nog voor jongmense vir die eerste keer seks en seksualiteit ondervind, wonder meisies en seuns reeds ’n geruime tyd oor al hierdie dinge. Ouers weet meestal nie hoe om sulke sensitiewe vrae te beantwoord nie en het nie noodwendig tyd om by te hou met wat in hul tienerkinders se koppe aangaan nie. Met die gevaar van ongekontroleerde bronne op die internet vandag, is dit belangrik om die regte inligting van ’n betroubare bron te verkry, en dis wat hierdie boek poog om te doen. Jan von Holleben het op by kreatiewe en prettige wyse die avontuur van grootword deur middel van foto’s daargestel, en Antje Helms gee insiggewende antwoorde op ’n direkte, maar sensitiewe, manier. Die boek bied antwoorde op allerhande vrae oor puberteit en seks wat jongmense nie noodwendig vir hul ouers wil vra nie.
Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die sesde boek in die reeks, propvol opwinding, spanning en avontuur! ’n Besoek aan Venesie – dit is ’n droom wat waar word vir die beroemde kaperkaptein Lafras Cuyper. Die droom word egter ru onderbreek toe Lafras een aand in die donker stegies aangeval word. Voor hy die raaisel oor die aanval kan oplos, roep Napoleon hom terug na Parys. Lafras moet Venesie verlaat – en ook die aanvallige Justina, wat sy hart so gou verower het. Hy moet met die Turkse goewerneur gaan onderhandel oor drie Franse offisiere wat as gyselaars aangehou word. Tussendeur al die lewensgevaarlike avonture, verskyn die beeld van Justina kort-kort voor Lafras. Hy moet haar weer sien. Hy moet weer terugkeer na Venesie … en sy aanvallers. Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.
Kerneels is ’n agtjarige seuntjie met kortgeskeerde hare en ’n stukkende groottoon. Sy ma is ’n skoonmaakster by ’n winkelsentrum, en wanneer sy nagskof werk, moet Kerneels saamgaan. Hy trek dan sy pajamas onder sy klere aan, en sy ma maak vir hom ’n bed in die stoorkamer waar die skoonmaakgoed gebêre word. Dis vir Kerneels baie lekkerder by die winkelsentrum as by die huis. Hy kuier met oom Sol, die veiligheidswag, wat elke aand sy toebroodjies en frikkadelle met Kerneels deel, en hom leer van die Aandster en die Melkweg, Orion en die Skerpioen. Maar Kerneels wil weet of mens engele sal sien as jy in ’n regte vuurpyl na die sterre toe gaan, en op Oukersaand wil hy hê oom Sol moet die Betlehemster uitwys. “Ek dink hy het verskiet en in miljoene stukkies opgebreek,” sê oom Sol. “Elke stukkie het iewers in iemand se hart vasgesteek en help ons om mekaar lief te hê.”
"Stop! Ons is hier!” roep Haas. Vos sit die tasse neer. “Is jy seker dat dit hier is?” vra hy.“Ek sien net sand. En water. En twee bome.” Die derde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige twee dele aan. Vos en Haas op die eiland is geskryf in kort sinne, met ’n effens meer gevorderde woordeskat wat rekening hou met die jong leser se begripsvermoe. Die wisselende lettergroottes ondersteun die intonasie en beklemtoning wanneer daar hardop gelees word.
Die Nuwe alles-in-een Graad 3 Huistaal Leerderboek is ontwikkel volgens die vereistes van die KABV. Die Leerderboek bevat klanke, spelwoorde, sinskontruksie, sigwoorde en leeslesse wat tematies met die aktiwiteite verbind is. Die boek bevat klankspeletjies en nuttige feite in leeslesse wat betrekking het tot die hedendaagse wereld. Die skrifstrokies op die Onderwysersgids se CD help die onderwyser om lopende skrif vir die leerder te leer en die werkvelle op die CD bied ook ekstra inoefening van nuwe klanke en spelling. Hierdie Leerderboek word gebruik saam met die Onderwysersgids (met 40 weke se lesbeplanning en 'n CD met werkvelle, hulpbronne, skrifstrokies, resepte, liedjies en mondelinge stories), die Klankboek vir leerders vir Huistaal en die Leer lees en skryf-werkboek vir Graad 3 Huistaal (met handskrifstrokies en -patrone, leeslesse en taaloefeninge).
Piekfyn Afrikaans Graad 7 bevat prikkelende leestof vir jou as leerder van Afrikaans Huis Taal. Daar is interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie en ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas. Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Afdelings soos Pitkos, In ‘n neutdop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook: • verskeie stories en inligtingstekste lees • visuele tekste krities interpreter en verduidelik • oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies • hardoplees en toespraak lewer • aandagtig en krities na inligting en stories luister • taalstrukture en –konvensies deeglik en fouteloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik • transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf. Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar-en eindeeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handbook voorsien- ook toetse en baie hersieningsoefeninge.
Lillie neem die heksesprong na die heldhaftige wikings. Daar gekom, besef sy egter dat nie alle wikings sterk en dapper is nie...Sy ontmoet Helgar die bangbroek! Helgar se pa, die gewese stamhoof, het tydens 'n vorige ekspedisie weggeraak en die vikings het aanvaar dat hy dood is. Lillie ontdek egter iets wat haar daarvan oortuig dat hy nog lewe. Sy bied aan om na hom te gaan soek en vertrek saam met 'n hele klomp vikings op 'n skip. Maar nie almal is ewe entoesiasties om die ou hoofman te vind nie, en die soektog raak lewensgevaarlik...
Kat is terug. Sy is in die bos. Wolf se bos! Wolf is bang vir Kat. Maar Hond nie. Hy help sy neef. Hoe? Dit kan jy in hierdie boek lees. ’n Prettige storie vir beginnerlesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie! Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur Marije Tolman se skitterende tekeninge in volkleur. Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetlik.
Elmer, die kleurvolle olifant, is ’n kleutergunsteling sedert sy skepping in 1989. Die reeks is bekend aan miljoene, en het al meer as 4 miljoen kopieë verkoop regoor die wêreld, in meer as 40 tale. Die subtiele boodskap, dat dit aanvaarbaar is om anders te wees, word gekombineer met die lewendige kleur en astrante humor van die hoofkarakter. Die jagters is op pad en die olifante is bekommerd. Elmer, die lappieskombers-olifant, dink hoe hy die jagters kan uitoorlê, maar dinge verloop nie soos wat hy beplan het nie …
Lillie lees op 'n dag 'n gruwelike boek oor vampiere. Maar moenie dink dit skrik Lillie af nie! Inteendeel. Lillie is mos vir niks bang nie, en sy besluit om Transsilvanie te besoek om die gevreesde skepsels met haar eie oe te sien. Gewapen met knoffel, houtdolke, sonbrille en nog wat, doen sy die heksesprong en beland binne-in Dracula se kasteel! Sal sy die moedelose inwoners van Brasov kan help? En self uit Dracula se kloue kan bly?
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Leonard hou van honde. Hy weet alles oor hulle. Hy ken al die soorte en weet of hulle spits ore of slap ore het. Wanneer Leonard se: “Dis nie ’n worshond nie!”, dan is dit ook nie een nie. Natuurlik weet Leonard ook dat hulle almal skerp tande het. En dit is ’n probleem. Maar wat sal gebeur as Leonard op ’n dag wakker word en self ’n hond is?
Koos van der Merwe nooi jou uit om met hierdie digbundel te besin oor wat régtig saak maak: geld, status, mense? Jy word gelei om te besef dat jy nooit moet vergeet wie jou hartsmense is nie. Elke mens wonder soms oor die lewe. Ons almal kry seer. Ons het lief. Ons word op die een of ander stadium ontnugter en stoei met geloof. Ons is geneig om soms net so bolangs te leef omdat ons te bang is om ons vrese en drome te konfronteer. Met hierdie versameling verse wil Koos jou uitnooi om te besin oor wat régtig saak maak: geld, status, mense? Jy word gelei om te besef dat jy nooit moet vergeet wie jou hartsmense is nie. Hy laat jou binneste reis na daardie ervarings wat pynlik was en jy word uitgedaag om jou pyn ’n naam te gee. Seerkry wat geïgnoreer word sal elke keer terugkom en jou weer treiter. Konfronteer eerder jou issues en werk daardeur, dan sal jy genesing vind. Moenie jou verlede vergeet nie. Koos vra jou om die tye van “heilige afsprake” en “ontmoetings met Lig” te koester, want “om jou verlede te ag is die anker van jou toekoms.” Die temas van God en geloof word ook aangeraak en jy kom diep onder die indruk van jou afhanklikheid van Sy genade.
In jou gedagtes kan jy orals wees, in die hemel sonder om eers dood te gaan, en hop-hoppetie-hop oor die Himalajas ... In jou gedagtes kan jy wees net wat jy wil, en ook alles word. Soos 'n walvis wat kan vlieg. Of 'n rob wat kan lees. In jou gedagtes kan jy doen wat jy glad nie kan doen nie. Jy kan he net wat jy wil, en begryp wat jy nie verstaan nie. En weet dat die tyd net 'n grappie van die son is. In jou gedagtes is 'n atmosferiese prenteboek oor hoe jy in jou gedagtes byna enigiets kan vermag. Jou gedagtes stel jou miskien selfs in staat om te begryp hoe 'n kindjie kan doodgaan, en 'n oupa gebore kan word. "Hierdie boekie het ek geskryf," se Van Veen, "na 'n geselsie met 'n man en 'n vrou wat my vertel het dat hul kindjie dalk nou 'n engeltjie is". 'n Prenteboek oor lewe en dood, geskik vir jonk en oud.
Hierdie keer doen Lillie 'n heksesprong wat haar miljoene jare terugneem tot in die land van die dinosourusse. Maar – o gedorie! – kleinboet Leon is ook daar! Hoe op aarde het hy daar gekom? Lillie wil hom so gou moontlik terug huis toeneem, maar dan gebeur iets vreesliks: 'n Pterosourus gryp die knapie en vlieg met hom weg! Hoe nou gemaak? Sal Lillie haar boetie betyds uit die vlieende reus se kloue kan bevry?
Iwan is die jongste en ook die luiste van drie seuns. Op ’n dag stuur sy pa hom om takke in die woud te gaan afbreek en daar kom hy ’n blinde man teë. Dié man sê vir hom dat hy eendag die tsaar van Rusland sal word. Al wat hy moet doen, is om op die bakoond in die huis te lê, net sonneblompitte te eet, en met niemand te praat nie … vir sewe jaar lank! Die jare gaan verby en uiteindelik begin sy groot reis na die Witteberge, ’n reis vol avontuur en gevare. Hy kom teen die bose Og te staan, kruis paaie met die rower Batur en reken met ’n heks af. So trek hy deur seisoene en landskappe, en telkens moet hy ’n nuwe struikelblok op pad oorkom. Maar Wanja glo vas in die voorspelling van die blinde man en hou voet by stuk. Sou die ou man die waarheid gepraat het?
Die versiemaker Philip de Vos en die kunstenaar Piet Grobler skep
prettige rympies en illustrasies geïnspireer deur die komponis
Camille Saint-Saëns se Le carnaval des animaux (1886). Saint-Saëns
se werk is geïnspireer deur leeus, hoenders, muile, skilpaaie,
olifante, kangaroes en ander diere. Die werk bestaan uit 14
bewegings wat vir twee klaviere en ’n kamerorkes geskryf is.
Pluim besluit dis tyd om weg te kom uit die stad – en die lee hok in die heining lyk na 'n aanloklike alternatiewe woonplek. Die vierde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige drie dele aan. |
You may like...
|