![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Tiaan het so baie vrae, maar sy mamma is heeltyd besig met die baba en al wat sy sę is: “Husse met lang ore”. Sy pappa praat van gaan “vakansie” hou, maar Tiaan weet nie wat dit is nie, en dit klink nie lekker nie – hy mag nie eens sy trokke saamneem om te speel nie! Husse met lang ore is vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.
In hierdie opvolg tot Bestemming maan vlieg Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onder leiding van professor Sonneblom die ruimte in met ’n vuurpyl. Hulle avontuur raak nóg gevaarliker wanneer hulle op die maan land. Ten spyte van ’n hele paar noue ontkomings maak hulle wel groot wetenskaplike ontdekkings. Hulle wonder egter of hulle ooit weer die aarde veilig sal bereik.
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde. Die Onderwysersgids sluit in:
Hierdie pragtig geillustreerde boek geskryf deur Ewald van Rensburg, is propvol inspirerende stories met kleurvolle karakters. Een hiervan is dapper Bomani, 'n baie spesiale meerkat wat jong kinders sal aanmoedig om anders te lewe terwyl hulle deur sy wonderlike avonture vermaak word. Die ideale boek vir ouers en versorgers van jong kinders. Daar is 3 verskillende stories. Na elke storie is daar ’n toepassing, ’n verwysing na ’n Bybelteks, ’n gebed asook ‘n prentjie-aktiwiteit.
Hoofkommissaris Servin het 'n ou kasteel naby Edinburgh gekoop, maar 'n doedelsakspelende spook veroorsaak dat gaste hulle vinnig uit die voete maak! Willem en Adriaan moet kom help. Maar daar's ook 'n bende bankrowers doenig in Skotland en soos dit maar gaan, bevind Willem en Adriaan hulle kort voor lank in nog 'n speurtog, op die spoor van die Bandy-broers.
Diep, diep in die hart van Droombos, daar waar net bosdiertjies, feetjies en kabouters woon en waar kindertjies net in hul drome kan kom, het daar eendag 'n baie spesiale lelie begin blom ... Maak toe jou ogies, luister fyn en kom kuier saam in Droombos. Volume 1: Droombos se nuwe prinsessie; Reenboogfeetjie se ongeluk; Talienkie Tandmuis en die dief; Klaas Vakie se lang nag; Diep in Droombos ...
'n Ramp het Asterix en Obelix se Galliese dorpie getref: Abrakadabrix, die druide, se goue sekel het gebreek. Sonder sy goue sekel kan hy nie die jaarlikse druide-saamtrek bywoon nie – of voelent oes vir die towerbrousel waarmee die Romeinse legioene afgeweer moet word nie. Asterix en Obelix word afgevaardig om al die pad Lutetia toe te reis om ’n nuwe sekel te gaan koop... maar die paadjie daarheen loop natuurlik nie sonder avontuurlike kronkels nie.
Het jy al 'n perd met kolle gesien? En weet jy waar varkies graag
speel? Kom ontmoet al die diere op die plaas.
Best Books Studiewerkgids: Verskuns vir Eerste Addisionele Taal Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe poësiebloemlesing? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, die voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die poësiebloemlesing word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die poësiebloemlesing verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sę, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids • Inleiding tot poësie. • Bespreking van elke poëtiese begrip wat in die gedigte voorkom. • Gedigontledings volgens poëtiese begrippe en uiteensetting van die gedig. • Kontekstuele vrae oor elke gedig. • Taalverrykingsaktiwiteite by sommige gedigte. • Engelse vertalings van elke gedig in die poësiebloemlesing. • Ses konsepvraestelle om leerders se kennis te toets en vir eksamens voor te berei. Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, die goedgekeurde voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal. ’n Volledige antwoordstel is verkrygbaar by www.bestbooks.co.za.
Olaf Grotentaf, die gevreesde leier van die Noormanne, ken geen vrees nie. Daarom wil by 'n bangbroek leer wat vrees is, want hy dink dit laat 'n mens vlieg. Hy en sy manne doen aan by die Galliese kus en ontvoer vir Spiekerix, Allamapstix se kleinneef. Hy moet hulle leer wat vrees is. Weer eens moet Asterix en Obelix inspring om hul hoofman se nefie te red.
Skooldae was 'n televisie-reeks vir die jeug (drama) = 1981 tot 1984. (SABC TV). Daar was drie reekse in totaal en 36 episodes. Die reeks is ook in 'n boek omskep. Christo de Wet is 'n jong onderwyser in sy eerste pos. Sy ongewone onderwysmetodes en kinderlike maniere maak hom gou baie gewild onder die skoliere – en laat beland hom in die moeilikheid by die skoolhoof en meer tradisionele personeellede. Die storie fokus op die studente en hoe hulle deur meneer De Wet se inspirasie en aanmoediging aangesig tot aangesig kom met hul probleme en dit uitsorteer.
Bruno raak op 'n pragtige blom verlief. Hulle is dolgelukkig en bly 'n lang ruk saam. Uiteindelik gaan die lente verby, en die blom vra: "Vertrou jy my?". Bruno se vertroue word kwaai getoets. 'n Poetiese verhaal waar vertroue en liefde baie geleidelik maar diep ontwikkel.
Voldoen aan al die vereistes van die KABV. CD-ROM bevat hulpbronne vir die onderwyser.
Toe die vyf vriende ’n antieke kaart ontdek wat hulle na ’n geheime paadjie lei, kan hulle skaars wag om verdere ondersoek in te stel. Dan verdwyn oom Quentin se belangrike dokumente, en die soektog ontaard in ’n ware skattejag. George en Timmy het hond se gedagtes oor wie nou eintlik die skurk is ... maar kan die vyf vriende saamwerk om die raaisel op te los?
Kuikentjie en Eendjie is beste maatjies. Op 'n dag wil hulle mammas hulle nie toelaat om saam te speel nie: Kuikentjie ruik na stowwerige strooi en Eendjie na klam hout. En dan kom die hael... 'n Pragstorie van aanvaarding van ander net soos hulle is. En waarom dan nie?
Met hierdie heruitgawe van die Pippie Langkous-omnibus vier Pippie haar 75ste bestaansjaar. Lesers sal hulle opnuut verlustig aan Pippie se manewales in hierdie nuwe uitgawe, waarin die 1975-vertaling deur Nerina Ferreira in hedendaagse Afrikaans deur bekroonde skrywer, Jaco Jacobs, hersien is. Die spesiale versameling sluit drie klassieke Pippie-titels in: Pippie Langkous, Pippie Langkous gaan aan boord en Pippie Langkous in die Suidsee. |
You may like...
Radar and Communication Spectrum Sharing
Shannon D. Blunt, Erik S. Perrins
Hardcover
Radar Waveform Design based on…
Guolong Cui, Antonio Maio, …
Hardcover
Micro-Doppler Radar and Its Applications
Francesco Fioranelli, Hugh Griffiths, …
Hardcover
Coherent Radar System Performance…
James A. Scheer, James L. Kurtz
Hardcover
R4,062
Discovery Miles 40 620
|