![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Hierdie oefenboek sal taalvaardighede op ’n interaktiewe manier ontwikkel. Dit bevat praktiese taal- en begripsoefeninge, sommer alles-in-een. Dit sal jou taalkennis verryk en jou help om Afrikaans onder die knie te kry. Die lees- en begripsoefeninge in hierdie boek bevat uittreksels uit die jongste jeugboeke en ander tekssoorte vir lekkerleesgenot terwyl jy leer. Taalstrukture en -konvensies wat in hierdie boek behandel word, sluit in: klankleer woordvorming selfstandige naamwoorde en voornaamwoorde byvoeglike naamwoorde werkwoorde en bywoorde ander woordsoorte soos lidwoorde, voorsetsels en voegwoorde sinsleer betekenisleer. Hierdie oefenboek bied begripstoetse in elke hoofstuk met taaloefeninge wat op afdeling volg. Daar is ook agt hersieningsvraestelle vir toetsvoorbereiding sowel as ’n oefenvraestel vir eksamenvoorbereiding. Die toeganklike opsommings van taalkonvensies en -strukture in Engels en Afrikaans sal jou voorbereid in die Afrikaans-klaskamer maak. Onthou, hierdie oefenboek bou op die basiese taalstrukture en -konvensies wat jy alreeds begin leer het en ontwikkel jou kennis van Afrikaans as addisionele taal. Die Best Books Eksamenhulp Graad 9 Taal- en leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal dek die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die antwoordstel is gratis op www.bestbooks.co.za beskikbaar. *Ook vir gebruik deur IEB-leerders.
"Stop! Ons is hier!” roep Haas. Vos sit die tasse neer. “Is jy seker dat dit hier is?” vra hy.“Ek sien net sand. En water. En twee bome.” Die derde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige twee dele aan. Vos en Haas op die eiland is geskryf in kort sinne, met ’n effens meer gevorderde woordeskat wat rekening hou met die jong leser se begripsvermoe. Die wisselende lettergroottes ondersteun die intonasie en beklemtoning wanneer daar hardop gelees word.
Britannie is in die mag van die Romeine, maar een dorpie bied nog dapper weerstand. Hulle posisie is egter benard. Asterix en Obelix is natuurlik gretig om te help en hulle reis met ’n vaatjie vol van Kasterolix se brousel saam met Sturefax, 'n kleinneef van Asterix, na Britannie. Hulle trotseer mis, reen, lou garsbier en gekookte wildevark met kruisementsous. Ongelukkig verloor hulle die vat met towerdoepa en dit is ’n stryd teen die Romeinse goewerneur Cosus Oppiprimus oor wie eerste die vat in die hande gaan kry...
Daar is groot fout met Obelix! Hy eet net twee wildevarke op 'n keer en dwaal rusteloos rond. Die druide sien 'n nuweling in die Galliese dorpie en sit dadelik twee en twee bymekaar. Die beeldskone Tierlantyn het kom kuier – en Obelix is dolverlief. Ongelukkig is Tierlantyn reeds verloof, en baie hartseer, want haar verloofde, Melodramatix, het as legioensoldaat in Afrika soek geraak. Natuurlik bied ons helde, gebroke hart maar dapper gemoed, die tog na Afrika aan om haar geliefde te red.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou)
is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu
verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60
tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese
verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie
avonture.
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is
een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn
en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale
vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese
verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie
avonture.
Grobbelaartjie, 'n jong bosvarkie, is van sy ouers se plaas af op pad na Velskoendorp om sy fortuin te soek. Op sy reis ontmoet hy verskeie uiteenlopende karakters, maak nuwe vriende (en vyande) en beland in talle vreemde situasies. Met hierdie speelse en verbeeldingryke teks skep die skrywer 'n fantasiewereld waar dier en mens saam kan boer en waar 'n bosvarkie 'n reuseverskil kan maak. Die volwasse leser sal die tong-in-die-kies sosiale kommentaar waardeer, terwyl jonger lesers hulle sal inleef in die asemrowende avonture van dapper Grobbelaartjie.
Santie is nog te jonk om geskeer te word. Sy gaan verken die wereld en ontmoet verskillende diere wat almal haar pragtige wol bewonder. Almal wil graag 'n bietjie daarvan he... maar soos haar wol groei, groei ook haar opinie van haarself. Haar pragtige wol met ander deel? Nooit! Haar wol groei langer en langer en langer... uiteindelik ontdek sy dat die ware skoonheid van haar wol eers verskyn toe sy leer hoe om dit met ander te deel.
’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
Jy kry allerhande soorte pa’s. Daar is vettes en maeres, langes en kortes. Daar is lawwe pa’s en ernstige pa’s, pa’s wat bulder en pa’s wat sag praat. Daar is natuurlik goeie pa’s. En daar is slegte pa’s … Frank se pa was ’n kampioen-stampkarrenjaer, die koning van die renbaan. Gilbert die Grote! Maar ná ’n aaklige ongeluk noem mense hierdie topjaer ’n flopjaer. Nou is Frank en Gilbert platsak – en in ’n wrede boewebaas en sy trawante se kloue. En wanneer Gilbert in die tronk gegooi word, kan net Frank hom red … David Walliams se tiende roman is ’n doller-as-kopaf-rit saam met ’n pa en seun op ’n opwindende avontuur om die bose meneer Groot op sy plek te sit!
Ontdek in Afrikaans: Amki en Zanda leesreeks • Hierdie reeks het ten doel om Afrikaans vir kinders op 'n prettige manier deur middel van 'n oulike storie te leer en is veral gerig op Tweede Taal leerders. Amki en Zanda is van planeet Mars en neem elke kind saam op 'n heerlike avontuur om woordeskat en konsepte in Afrikaans te ontdek. • 5 boeke in die reeks, elk met 2 stories. • Kleurvolle illustrasies, 'n Afrikaans / Engelse woordelys en werksopdragte • Die reeks is gemik op Tweede Taal leerders (Gr 3 - 6) wat Afrikaans as Akademiese taal moet leer. Ook geskik vir kinders (ouderdom 8 - 10) wat reeds goed Afrikaans kan lees. Reinette Lombard en Josè Palmer is die skrywers van die topverkoper Tippie boeke waarvan alreeds 40 titels in die reeks verskyn het en was al telkemale op die Nielsen Top 100 lys. Albei het 'n onderwysagtergrond en baie jare se ondervinding in die klaskamer. Beide is passievol oor kinderontwikkeling en glo dat kinders wat kan lees, kinders is wat kan leer.
Ná ’n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt ’n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly. Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man ’n spioen in een of ander oorlog was, se papegaai moet oppas, maak die lewe nie juis makliker nie. Tussendeur oefen die seuns kliphard vir die groot atletiekbyeenkoms in Johannesburg. Dié uitstappie ontaard egter in iets wat Daniël nie in sy heel wildste verbeelding sou kon voorstel nie. Hoërskool is nie vir sissies nie!
Dieter is ’n ware fliekvlooi. Maar gaan al sy filmkennishom help as ’n hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na ’n virtuele fliekwêreld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met ’n superheld veg en nog meer – alles om vier fliekkaartjieste vind en te ontsnap. Maar wat het die ou wetenskaplike in die spookhuis op die bult daarmee te doen? 'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
|
You may like...
Fuzzy Mathematics - An Introduction for…
John N. Mordeson, Premchand S. Nair
Hardcover
R3,956
Discovery Miles 39 560
Fuzzy Sets in Approximate Reasoning and…
J.C. Bezdek, Didier Dubois, …
Hardcover
R5,432
Discovery Miles 54 320
Knowledge Intensive Design Technology…
Jonathan C. Borg, Philip J. Farrugia, …
Hardcover
R2,754
Discovery Miles 27 540
Possibility for Decision - A…
Christer Carlsson, Robert Fuller
Hardcover
R4,040
Discovery Miles 40 400
E-Government ICT Professionalism and…
Antonino Mazzeo, Roberto Bellini, …
Hardcover
R2,822
Discovery Miles 28 220
|