![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde. Die Onderwysersgids sluit in:
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word. Hierdie omnibus bevat nog drie gewilde Trompie-stories.
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie Omnibus 6 sluit die volgende gewilde stories in: Saartjie se moleste (#16) Saartjie se dagboek (#17) Saartjie se gevaar (#18)
Na die ontstellende gebeure by die viering van sy ma terugkeer, vlug Josh van Liba af weg. Op soek na slaapplek dwaal hy en Charlie die misterieuse Geelwoud binne. Hier vind Josh tydelik geluk wanneer die kinders van die Nuwe Jerusalem hulle in hulle boomdorpie laat bly. En Jandja, die tienerleier van die groep, is 'n seun soos hy. Maar Josh weet Kalimbula brand. Hy moet iets doen. Dan is daar nog vrae: Het Njeri hom regtig verraai? En wat lę agter tannie Verona se obsessie met die Wafu-water?
Facto luister wat die Flixies te sę het oor water en hy hoor dat dit 'n wonderstof is! Geen lewe soos ons dit ken is moontlik sonder water nie. Dit is 'n wonderlike oplosmiddel, wat beteken dat die plante en diere se kos eers daarin moet oplos voordat dit deel van die plant of dier se liggaam kan word. Dit is ook 'n was- en spoelmiddel en dit koel af. Ons voorraad vars water wat bruikbaar is, is baie beperk en die Flixies verduidelik hoekom. Die Onderwysersgids sluit in:
Alles wat op Aarde lewe, is ‘ruimteskip’ Aarde se bemanning en nie passasiers wat net kan saamry nie... Ons leer dat plante en diere en mense elkeen, hoe klein of hoe groot ookal, 'n spesifieke nis ('n plek en 'n werkie) het om die aarde meer leefbaar te maak vir alles wat moet lewe. Die Flixies leer ook die lewensiklus van vleiseters, planteters en ontbinders! Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixies vertel van een van die belangrikste natuurlike hulpbronne, naamlik grond. Hulle gesels oor die waarde van grond vir plante, diere en mense, maar hulle is ook baie bekommerd... Al is die aarde so groot en al word dit met grond bedek, is daar eintlik maar bitter min grond waarin plante kan groei en wat bewerk kan word vir gewasse wat mense nodig het vir voedsel. Flex gebruik 'n bessie om hierdie kwessie aan die Flixies te verduidelik. Die Onderwysersgids sluit in:
Daniël-hulle kan dit amper nie glo nie: Hulle word genooi vir 'n naweek in Johannesburg deur Antonie se ma. Maar 'n cool video wat hulle neem van motorfietse wat agterin 'n meubelwa inry, veroorsaak dat hulle met die verkeerde mense deurmekaar raak. Die Rietrotte weet te veel en dinge raak vinnig gevaarlik vir hulle …
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie wil 'n seun se krieketkolf leen, maar hy moet mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hom te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel.
Die vyf vriende ontdek ’n geheimsinnige trommel op Kirrin-eiland en hulle vermoed onraad. Maar dan hoor hulle ’n kind in die middel van die nag skree! Wie is saam met hulle op die eiland, en hoekom? Pragtige nuwe omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik.
Kwax is die vleiland-spesialis, want dis die plek waar hy die graagste sy tyd deurbring. Hy vertel van 'n groot verskeidenheid plante wat in die klammigheid rondom en ook in die water van die vleilande groei. Die vleiland-bioom is baie klein, maar het ’n baie hoë biodiversiteit. Ongelukkig is omtrent al ons vleilande onder groot druk, veral daardie wat naby die kus geleë is. Facto het altyd gedink vleilande is sommer net modderpoele met plante, maar hy vind by die Flixies uit dat vleilande baie, baie belangrik vir mense en diere is! Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixies kom by die see bymekaar omdat daar so baie verskillende soorte plante en diere langs die kuslyn is. Hulle hou ’n dinkskrum om die verskillende redes te bespreek waarom biodiversiteit so belangrik is en maak dan plakkate uit blare en skulpe om dit wat hulle geleer het met ander te deel. Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixies maak kennis met ’n nuwe begrip – biodiversiteit – die verskeidenheid van alle vorme van lewe. Hoekom moet daar so baie soorte wees? Is al hierdie vorme van lewe nodig? Sou Ruimteskip Aarde nie net so goed gewerk het as daar net 'n paar soorte superdiere en superplante op Aarde geleef het nie? Dux vertel vir Blox dat daar eenhonderdmiljoen verskillende soorte plante en diere bestaan waaraan mense al name gegee het – en dan is daar nog plekke op Aarde waar daar heel waarskynlik soorte leef wat nog ontdek en beskryf moet word! Facto kan nie wag om meer hieroor uit te vind nie... Die Onderwysersgids sluit in:
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populęr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture. In Die farao se sigare onderneem Kuifie en Spokie ’n bootreis na die Ooste. Tydens die vaart ontmoet hulle die Egiptoloog Filemoon Sikloon. Hy nooi hulle na Kaďro om saam met hom na die graf van die farao Kih-Oskh te gaan soek. Al die vorige geleerdes wat hierdie missie aangepak het, het geheimsinnig verdwyn. Wanneer Kuifie ’n sigaar met die farao se teken op die etiket vind, wonder hy of die sleutel tot die raaisel dalk daarin opgesluit lę …
Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Pad na jou hart, die voorgeskrewe roman vir Graad 10-11 Afrikaans Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die roman word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die roman verwys.
Mnr. Twak is ’n stink en mislike man met stukkies graanvlokkies en sardientjies in sy baard. Mev. Twak is ’n aaklige ou heks met ’n glasoog. Hulle hou die apie Moggelwomp en sy gesin al gans te lank gevange in ’n hok in die tuin en nou wil die apies WRAAK neem . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.
Sophie word in die middel van die nag uit haar bed gegryp en weggedra deur ’n reus met tennisbaan-treë en enorme groot ore. Maar Sophie is gelukkig. Die GSR is baie sagmoediger as sy afgryslike bure, wat vir ’n tydverdryf elke nag slapsoetige kidderen opgopsel . . .
Mnr. Vos steel kos by die gemene boere Ben, Bart en Boon – een vet, een kort, een net vel en been. Hierdie drie skurke maak ’n plan om mnr. Vos by sy huis uit te grawe, maar hulle besef nie hoe fantasties mnr. Vos is en wat hy alles sal doen om sy gesin te red nie . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.
Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hę hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hę. Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele węreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan gebeur as hy per ongeluk ’n paar superherotekkies aantrek en dan moet help om ’n spul gewetenlose kunsdiewe vas te trek?
Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem. Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n …
Morena loves his new school! There are so many fun extramural activities and games to play that he and his friends have set up their own championship. Before school starts and at break Morena and his friends plays marbles, cards, soccer and shoot hoops. After school they take the soccer online or jump into go-karts. Morena is determined to get all the points! But it isn't just sports that he excels at, he can come up with a rap song on the spot and has a hilarious idea for an assignment that involves bringing your favourite traditional food to school. He can't wait to see the teacher's reaction after the whole class experiences the effects of eating samp and beans! If there's one thing Morena takes seriously it is being the captain of his school's softball team. He is good at pitching and his twin sister Rorisang is an excellent batter. But their team keeps losing! Morena isn't scared of a challenge, he'll try his best at any game to be a superstar. How can he help his team to do their best? A heart-warming story that celebrates family, friendship and working together. The book is also available in isiZulu, isiXhosa and Afrikaans.
Facto het die Flixies ontdek! Hy “luister in” na hulle gesprekke en so leer hy meer van ons aarde en die natuur. Lees in hierdie storie meer oor die Flixies, waar hulle woon en hoe Facto hulle ontdek het... Die Onderwysersgids sluit in:
|
You may like...
Fuzzy Systems - Concepts, Methodologies…
Information Reso Management Association
Hardcover
R9,420
Discovery Miles 94 200
Mechanizing Hypothesis Formation…
Jan Rauch, Milan Simunek, …
Hardcover
R4,939
Discovery Miles 49 390
Fuzzy Systems - Concepts, Methodologies…
Information Reso Management Association
Hardcover
R9,419
Discovery Miles 94 190
Mild Cognitive Impairment…
Holly A. Tuokko, David F. Hultsch
Paperback
|