![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Daar is 'n land waar die mense amper nooit praat nie. In hierdie vreemde land moet jy woorde koop en hulle insluk om hulle te kan uitspreek. Klein Floris het woorde nodig om sy hart vir die pragtige Susanna oop te maak. Maar hoe moet hy dit doen? Want om alles vir Susanna te se wat hy graag vir haar wil se, sal 'n fortuin kos.
Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om Graad 9 te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur 'n meisie. Sy tweelingsussie wil opsluit deel word van Mars One sending na Mars. Hul verstrooide ouma val vir 'n internetslenter en dan is daar Harold, sy ma wat kuns doseer se menslike geraamte, wat die studente in opstand bring en konflik tussen sy ouers saai. Dalk is Wim se LO-taak die antwoord om dinge weer op koers te kry.
Billy is one of four teens chosen as the finalists in the Wild2Save Eco competition. They get to spend a long weekend in the Kruger National Park, competing to win a bursary to study conservation. But even on their first night in the bushveld, they run into a group of rhino poachers and land in grave danger. With the help of a mysterious "boy" and the Whistleblower, the four friends are able to thwart the poachers' plan and expose the villains.
Skatlam is g’n gewone skaap nie. O, nee, vir haar is die weiveld nie genoeg nie. Sy’t ’n droom – 'n wonderlike droom ... al is sy baie lief vir haar raserige familie. Skatlam wil haar eie hotel he! Sy trotseer baie gevare op pad na die hotel toe – die honger wolf en 'n sissende slang. En dan’s daar nog die draak agter die hotel ... Geniet Skatlam se soeke om haar droom te bewaarheid in die pragboek. En leer hoe belangrik dit is om jou drome na te volg...
Hierdie versameling van 108 oorsponklike gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake volg op die baie suksesvolle eerste titel in die reeks en is weereens perfek geskik vir laerskoolleerders. Elkeen van hierdie werke het die potensiaal om die hoogste punte by 'n eisteddfod te verwerf. Louise Lachenicht se riglyne vir ouers, onderwysers en afrigters - met 'n fokus op gedramatiseerde poësie - verseker dat elke deelnemer hul beste werk kan lewer.
In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en 'n koshuismeisie kies as kaptein van die netbalspan en sy neem deel aan 'n groot kompetisie wat 'n reis na Amerika as prys aanbied.
Oupa Flex vertel ’n baie interessante storie oor die eerste werweldiere, visse, en hoe dit gekom het dat hulle uitbeweeg het land toe. Wetenskaplikes het natuurlik geraai hoe die eerste ou lomp visse wat uit die water kon kruip en die lewe op land kon verken, moes gelyk het. Daar is later fossiele gevind om hierdie raaiskote van wetenskaplikes te ondersteun – fossiele van reuse lobvinvisse, waarvan die vinne amper soos primitiewe bene gelyk het! Die Onderwysersgids sluit in:
Die druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hę hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken. En asof dít nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai. Sy lewe is ’n riller! Dan ontdek hy ’n pakkie suurwurms, en dit gee hom ’n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fliek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?
Die Best Books Eksamenoefenboek vir Graad 12 Huistaal is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help, en waardevolle wenke en praktiese idees vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3 is ingesluit. Hierdie taaloefeninge en konsepvraestelle met wenke sal die worstelende én die vooruitstrewende Huistaal-leerder help om beter te vaar in die eksamen.
Ontdek in Afrikaans: Amki en Zanda leesreeks • Hierdie reeks het ten doel om Afrikaans vir kinders op 'n prettige manier deur middel van 'n oulike storie te leer en is veral gerig op Tweede Taal leerders. Amki en Zanda is van planeet Mars en neem elke kind saam op 'n heerlike avontuur om woordeskat en konsepte in Afrikaans te ontdek. • 5 boeke in die reeks, elk met 2 stories. • Kleurvolle illustrasies, 'n Afrikaans / Engelse woordelys en werksopdragte • Die reeks is gemik op Tweede Taal leerders (Gr 3 - 6) wat Afrikaans as Akademiese taal moet leer. Ook geskik vir kinders (ouderdom 8 - 10) wat reeds goed Afrikaans kan lees.
Die Flixies leer vir ons een van hulle belangrikste geheime: verskeidenheid. So leer ons wat die woord biodiversiteit beteken en hoekom dit so belangrik is dat ons dit moet verstaan. Facto leer van die baie verskillende soorte plante en diere op Aarde en dat elkeen wat ontdek word, 'n naam moet kry. Ouma Flox verras die Flixies met 'n spesiale stuk borduurwerk... Die Onderwysersgids sluit in:
Die eerste groen plante het in water geleef. Omdat toestande op land baie anders is as in water, sou die oudste plante eenvoudig uitdroog en nie kon regop bly sonder die ondersteuning wat water bied nie. Facto leer hoe plante ontwikkel het sodat hulle, hulle op land kon vestig en watter plante op die ou end suksesvol was en oral op land begin groei het... Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixies hoor in hierdie storie wat die werweldiere se wenresep was – ’n skelet binne-in die liggaam, wat van been en kraakbeen gemaak is, waaraan spiere kon vasheg. Werweldiere het unieke eienskappe gehad wat hulle aanpasbaar op land gemaak het en sodoende is talle nisse gevul wat die land nog verder vir ander lewensvorme oopgemaak het! Die Onderwysersgids sluit in:
Facto hoor interessante stories van groen plante – Ruimteskip Aarde se lugversorgers - wat sorg dat daar genoeg suurstof in die atmosfeer is en dat 'n ander giftige gas, kooldioksied, verwyder word. Hy leer by die Flixies van hoe plante ontwikkel het vanaf klein, byna onsigbare mosplantjies, tot die reuse bome wat ons oral sien. Die Onderwysersgids sluit in:
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontmoet hy twee maatjies wat presies dieselfde lyk. Maar hoe kan dit wees? Chewy en Lobo is 'n tweeling en hulle gaan Tjoppie leer hoe om mededeelsaam te wees. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Wiskunde-angs is ’n werklikheid wat kinders – en hul ouers – se lewens versuur en uiteindelik ook beroepskeuses beperk. Onder die redes daarvoor is dat basiese syfervaardighede kleintyd nie deeglik vasgelę word nie, en dat Wiskunde só aangebied word dat kinders belangstelling verloor. Om suksesvol in Wiskunde te wees, moet ’n kind onder meer ’n parate of outomatiese kennis van getalle en die vier hoofbewerkings hę, sodat dit oombliklik, sonder om te dink, opgeroep kan word. Best Books se Pret met Wiskunde-reeks vir die Grondslagfase vergemaklik die verwerwing van dié kennis met verbeeldingryke aktiwiteite wat dit maklik én lekker maak om vaardighede stap vir stap in te oefen en heeltemal te bemeester. So word ’n stewige grondslag vir die kind se hele skoolloopbaan gelę. Die Nuwe Alles-In-Een Pret met Wiskunde-werkboeke vir Graad 1–3 volg die KABV-kurrikulum en toon aan wat deur die jaar van jong leerders verwag word. Die werkboeke bestaan uit oefenbladsye, werkvelle en ’n volkleurspeletjie per kwartaal. Oefenbladsye oefen parate vaardighede in, die werkvelle bevorder kreatiewe denke en probleemoplossing, en die speletjies help om vaardighede verder in te skerp. Al die vereiste inhoudsareas word gedek: patrone, funksies en algebra; getalle, bewerkings en verwantskappe; ruimte en vorm; datahantering; en meting. Die boeke is geskik vir gebruik in die klaskamer en tuis.
Wiskunde-angs is ’n werklikheid wat kinders – en hul ouers – se lewens versuur en uiteindelik ook beroepskeuses beperk. Onder die redes daarvoor is dat basiese syfervaardighede kleintyd nie deeglik vasgelę word nie, en dat Wiskunde só aangebied word dat kinders belangstelling verloor. Om suksesvol in Wiskunde te wees, moet ’n kind onder meer ’n parate of outomatiese kennis van getalle en die vier hoofbewerkings hę, sodat dit oombliklik, sonder om te dink, opgeroep kan word. Best Books se Pret met Wiskunde-reeks vir die Grondslagfase vergemaklik die verwerwing van dié kennis met verbeeldingryke aktiwiteite wat dit maklik én lekker maak om vaardighede stap vir stap in te oefen en heeltemal te bemeester. So word ’n stewige grondslag vir die kind se hele skoolloopbaan gelę. Die Nuwe Alles-In-Een Pret met Wiskunde-werkboeke vir Graad 1–3 volg die KABV-kurrikulum en toon aan wat deur die jaar van jong leerders verwag word. Die werkboeke bestaan uit oefenbladsye, werkvelle en ’n volkleurspeletjie per kwartaal. Oefenbladsye oefen parate vaardighede in, die werkvelle bevorder kreatiewe denke en probleemoplossing, en die speletjies help om vaardighede verder in te skerp. Al die vereiste inhoudsareas word gedek: patrone, funksies en algebra; getalle, bewerkings en verwantskappe; ruimte en vorm; datahantering; en meting. Die boeke is geskik vir gebruik in die klaskamer en tuis.
Die geheimenisse van die kinderkamer is vol towerkrag, en net speelgoed wat oud en wys en ervare is soos die hobbelperd, verstaan alles daarvan. Wanneer die fluweelhasie in die kinderkamer kom woon, kyk die ander speelgoed neer op hom. Maar die hobbelperd verduidelik hoe 'n speelding "Ręrigwaar" kan word as iemand hulle genoeg liefhet. En toe die kind op 'n dag baie siek raak en die hasie verlaat, vind hy uit wat dit beteken om Ręrigwaar te wees.
Sprankel het baie maatjies op die koraalrif waar sy woon, maar sy wil so graag ’n ander seeperdjie ontmoet – ’n maatjie net soos sy … Sy begin in die wye oseaan na ’n seeperd-maatjie soek, maar niemand het al een gesien nie! Dan verander alles toe sy ’n vis-nar help...
My eie Bybel is die perfekte geskenk. My eie Bybel bevat 'n versameling van al die klassieke, gewildste Bybelstories, insluitende al die immergroen gunstelinge wat by almal byval vind. Die stories word op 'n eenvoudige manier deur Bethan James aangebied sodat die kleinspan dit sal kan verstaan. Al die stories is kleurvol geillustreer deur die ervare kinderboek-illustreerder, Estelle Corke.
Lotta kan ’n reis Australië toe wen en sy wil ontsettend graag soontoe gaan, want sy is mal oor koalas en sy mis haar niggies. Al wat sy nodig het om te wen, is ’n koeldrankdoppie, niks meer nie. Maar Mamma en Pappa glo gaskoeldrank is baie sleg vir jou, so sy mag nie eers een enkele bottel daarvan koop nie. Gelukkig sal Chantelle haar saamvat, as sy wen. Sy is seker hulle gaan dit regkry. Al moet sy ook ’n doppie met haar blokfluit hipnotiseer!
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir die eerste keer met die van die Slang gekruis het en hy moet 'n vermiste hond opspoor. |
![]() ![]() You may like...
New Realities in Audio - A Practical…
Stephan Schutze, Anna Irwin-Schutze
Hardcover
R4,340
Discovery Miles 43 400
Along These Lines - Writing Paragraphs…
John Biays, Carol Wershoven
Paperback
R4,250
Discovery Miles 42 500
Internet of Things - A Hands-On Approach
Arshdeep Bahga, Vijay Madisetti
Hardcover
Empirical Perspectives on Anaphora…
Anke Holler, Katja Suckow
Hardcover
R3,865
Discovery Miles 38 650
Promising Practices in 21st Century…
Michele Kaschub, Janice Smith
Hardcover
R4,083
Discovery Miles 40 830
|