0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (263)
  • R50 - R100 (1,397)
  • R100 - R250 (3,022)
  • R250 - R500 (1,407)
  • R500+ (224)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Klein Beertjie Ontdek God se Skepping (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Ontdek God se Skepping (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Het jou kind jou al ooit gevra waar diere vandaan kom, of hoekom daar wolke in die lug is? Trek jou kleinding nader en vertel vir hom of haar hoe God die lug, see, berge, strande en alles in die heelal geskep het!

In Klein Beertjie ontdek God se skepping vertel Mamma Beer vir Klein Beertjie hoe God alles in die heelal geskep het soos Genesis 1 ons leer. Ontdek saam met Klein Beertjie hoe God die leë wêreld vol lewe gemaak het – en selfs klein beertjies net soos hy geskep het.

Hierdie boek is ideaal vir 3- tot 6-jariges en leer hulle meer oor die wonder en doel van God se skepping. Dit bevat ook vrae aan die einde oor die verhaal en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.

• Bevat vrae oor die tema van die boek en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Explores God’s Creation.

Klein Beertjie Sê vir God Dankie (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Sê vir God Dankie (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wil jy graag ’n gesindheid van dankbaarheid by jou kind vestig? Hierdie pragtige storie is die perfekte manier om vir kinders te wys hoeveel vreugde ons kan ervaar wanneer ons dankie sê vir God.

In Klein Beertjie sê vir God dankie vertel Mamma Beer vir Klein Beertjie die storie van Petrus en Johannes wat ’n man genees het, en hoe hierdie man op ’n wonderlike manier vir God dankie gesê het.

Dit sluit vrae oor die storie se tema in.

• Vertel die verhaal van die kreupel man wat genees is en God daarvoor geloof het in Handelinge 3.
• Help 3- tot 6-jariges om vreugde te vind daarin om vir God dankie te sê.
• Sluit vrae oor die storie se tema in.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Gives Thanks to God.

Klein Beertjie Leer Van Paasfees (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Leer Van Paasfees (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kom leer jou kleinding van Paasfees met Klein Beertjie, wat graag Bybel lees en daarvan hou om van God te leer.

In Klein Beertjie leer van Paasfees vertel Pappa en Mamma Beer vir Klein Beertjie van die opwindende verrassing daardie eerste Paasfees toe Jesus opgestaan het uit die dood.

Hierdie pragtige volkleur-boekie vertel kinders tussen 3 en 6 van Jesus se opstanding en die ware betekenis van Paasfees. Die vrae agter in die boekie wat aansluit by die tema sal kinders help om die waarheid hul eie te maak.

Klein Beertjie Leer Om Te Deel (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Leer Om Te Deel (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is nie vir klein kindertjies altyd maklik om te deel nie. Help jou kind verstaan dat dit goed is om te deel en dat dit selfs pret kan wees.

In Klein Beertjie leer om te deel wil Klein Beertjie nie sy dennebol met Eddie Eekhoring deel nie. Dit is totdat Pappa Beer vir hom vertel van ’n seuntjie in die Bybel wat sy middagete van vyf broodjies en twee vissies met Jesus gedeel het. Jesus het dié kos toe gebruik om vir 5 000 mense kos te gee!

Hierdie volkleurboek is ideaal om 3- tot 6-jariges te help verstaan hoe lekker dit is om te deel. Die eenvoudige vrae agter in die boek help kinders om dit wat hulle geleer het in hulle eie lewe toe te pas en help hulle om meer oor die Bybel te leer.

Klein Beertjie Praat die Waarheid (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Praat die Waarheid (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is vir baie kinders moeilik om die waarheid te praat, veral wanneer dit makliker is om te jok en daarmee weg te kom. Tog is dit baie belangrik om kinders te leer om altyd die waarheid te praat, maak nie saak hoe moeilik dit is nie.

Klein Beertjie praat die waarheid is ’n baie goeie manier om die kwessie van eerlikheid met 3- tot 6-jariges te bespreek. In hierdie avontuur is Klein Beertjie se maatjie baie kwaad vir hom toe hy vir hom jok. Mamma Beer vertel vir Klein Beertjie die verhaal van koningin Ester en hoe dit altyd beter is om die waarheid te praat – maak nie saak hoe moeilik dit is nie.

Hierdie boek leer kinders om eerlik te wees en om ’n goeie vriend te wees. Dit bevat ook vrae aan die einde oor die verhaal en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.

• Bevat vrae oor die tema van die boek en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Tells the Truth.

Die Bybel-Trivia Dagboek - 365 Dagstukke vir ?n Dag Vol Lig en Vreugde (Afrikaans, Paperback): Die Bybel-Trivia Dagboek - 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde (Afrikaans, Paperback)
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is normaal vir ouers om besorg te wees oor hulle kinders, veral as dit by hulle geloof kom. Daarom is dit belangrik om seker te maak hulle verstaan die Bybel en die belangrikheid daarvan sodat hulle hulle sterk kan staan in daardie moeilike tienerjare en ook die uitdagings van die volwasse lewe kan hanteer.

Die Bybel-Trivia Dagboek: 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde bevat 365 dagstukke vol interessante Bybelse inligting wat tieners sal uitdaag om die beginsels daarin ook in hulle eie lewe toe te pas. Deur na te dink oor Skrifgebeure, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse plekke en gebeure, sal hulle nuwe insig kry in bekende Bybelgedeeltes. Tieners sal ontdek dat niks in die Bybel onbelangrik is nie, maar dat dit God se lewende Woord is wat hoop, vrede en lewe in oorvloed bied vir elkeen wat dit lees.

• 365 oordenkings vir tieners
• Elke dag bevat ’n teksvers, ’n interessante vraag oor die Bybel en ’n kort dagstuk om jong tieners te help om die regte antwoord te ontdek
• Dit bevat vrae oor Bybelverse, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse plekke en gebeure
• 384 eenkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Trivia Devotional

Speel-Speel Deur Die Bybel - Kom Speel Saam (Afrikaans, Paperback): Speel-Speel Deur Die Bybel - Kom Speel Saam (Afrikaans, Paperback)
R19 R18 Discovery Miles 180 Save R1 (5%) Ships in 4 - 8 working days

Kinders se gedagtes is altyd besig en reg vir ʼn speletjie of uitdaging. Waarom dit dan nie inspan om hulle op ʼn prettige manier van die Bybel te leer nie?

Speel-speel deur die Bybel bevat meer as 30 speletjies wat kinders speel-speel meer oor die Bybel sal leer. Die speletjies, wat gebaseer is op verskeie geliefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament, sal sorg vir ure se pret. Dié samestelling is propvol opvoedkundige speletjies soos paadjies om te soek, kolletjies om te verbind, soek-en-vind-speletjies, inkleurprentjies en vele meer.

Speel-speel deur die Bybel bied die geleentheid vir kinders om op hul eie te speel óf saam met ’n volwassene vir lekker gesinstyd.

365 Dagstukkies en Gebede vir Seuns (Afrikaans, Paperback): 365 Dagstukkies en Gebede vir Seuns (Afrikaans, Paperback)
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die lewe kan lekker uitdagend wees! 365 Dagstukkies en gebede vir seuns is dus ideaal vir seuns tussen 8 en 12 om God se teenwoordigheid, leiding en liefde in hulle elkedagse lewe te ervaar.

Die 365 dae is verdeel in ’n kort en kragtige dagstukkie vir die oggend en ’n gebed vir die aand om kinders te help om God te leer ken terwyl hulle lees en bid oor onderwerpe wat deel van hulle lewe vorm, soos keuses, gebede, vriendelikheid, uithouvermoë, liefde, respek en vele meer.

Dit is die ideale manier om seuns te leer om elke dag ’n pad saam met God te stap terwyl hulle die gewoonte aanleer om daagliks tyd saam met God deur te bring met stukkies wat net ’n paar minute neem om te lees.

• 365 dagstukke spesiaal vir laerskoolseuns.
• Die teks is ook beskikbaar vir dogters onder die titel 365 Dagstukkies en gebede vir dogters.

My Babadogtertjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards): My Babadogtertjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards)
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

My babadogtertjie se mylpale is 24 kostelike kaartjies, weerskante gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke, maande en jaar vas te vang.

Hierdie kaartjies met pragtige illustrasies kan ingesluit word in foto’s van baba om haar ontwikkeling en spesiale mylpale met geliefdes te deel.

Ek Bid Vir Jou (Afrikaans, Hardcover): Jean Fischer Ek Bid Vir Jou (Afrikaans, Hardcover)
Jean Fischer
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Ek Bid vir Jou deur Jean Fischer is een van die beste kinderboeke oor liefde en die gesin wat uitspel hoe ver 'n ma se liefde strek.

Hierdie plaaslike uitgawe van die pragtige storie volg 'n mammabeer se pad van voor haar kindjie se geboorte tot sy eerste dag op skool en hoe sy oor en vir haar kind bid.

Ek Bid vir Jou is vol pragtige, volkleur kunswerk deur Frank Endersby, met 'n gebed op elke dubbelblad.

Hierdie boek is ideaal vir voorlees deur ouers vir hul kinders voor slaaptyd, as 'n beginpunt vir 'boekevat' of stiltetyd.

365 Dagstukkies en Gebede vir Dogters (Afrikaans, Paperback): 365 Dagstukkies en Gebede vir Dogters (Afrikaans, Paperback)
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die lewe kan lekker uitdagend wees! 365 Dagstukkies en gebede vir dogters is dus ideaal vir dogters tussen 8 en 12 om God se teenwoordigheid, leiding en liefde in hulle elkedagse lewe te ervaar.

Die 365 dae is verdeel in ’n kort en kragtige dagstukkie vir die oggend en ’n gebed vir die aand om kinders te help om God te leer ken terwyl hulle lees en bid oor onderwerpe wat deel van hulle lewe vorm, soos keuses, gebede, vriendelikheid, uithouvermoë, liefde, respek en vele meer.

Dit is die ideale manier om meisies te leer om elke dag ’n pad saam met God te stap terwyl hulle die gewoonte aanleer om daagliks tyd saam met God deur te bring met stukkies wat net ’n paar minute neem om te lees.

• 365 dagstukke spesiaal vir laerskooldogters.
• Die teks is ook beskikbaar vir seuns onder die titel 365 Dagstukkies en gebede vir seuns.

Waar Is Ek in die Bybel? - Soek die Persoon Wat Nie in die Storie Hoort Nie (Afrikaans, Hardcover): Andrew Newton Waar Is Ek in die Bybel? - Soek die Persoon Wat Nie in die Storie Hoort Nie (Afrikaans, Hardcover)
Andrew Newton
R179 R165 Discovery Miles 1 650 Save R14 (8%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie prettige storieboek bevind 12 bekende Bybelfigure uit die Ou en Nuwe Testament hulself in die verkeerde storie saam met allerlei voorwerpe wat weggesteek is. Hierdie kleurvolle boek gaan ure se pret verskaf en kinders meer omtrent die Bybel leer. Elke storie handel oor 'n bekende karakter uit die Bybel soos Noag wat hulself op 'n onbekende plek, omring deur vreemde voorwerpe, bevind.

Kenmerke sluit in:

• Nuwe kinkel op soek-en-vind
• Interaktiewe soek-en-vind-uitdagings met verdwaalde Bybelkarakters
• Stel kinders bekend aan twaalf bekende Bybelverhale
• Kinders sal ure verwyl om die weggesteekte voorwerpe te vind en uit te pluis in watter storie die karakters eintlik hoort
• Lieflike verjaardag- of Kersgeskenk
• 280mm x 216mm, hardeband
• 14-punt lettergroette
• Vir kinders van 5 - 9 jaar oud

My Eerste Jaar - ?n Onthou-Boek Vir Seuntjies (Afrikaans, Hardcover): My Eerste Jaar - ’n Onthou-Boek Vir Seuntjies (Afrikaans, Hardcover)
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Koester die herinneringe aan jou babaseuntjie se eerste lewensjaar!

My eerste jaar – ’n onthou-boek vir seuntjies is ’n pragtige onthou-boek waarin jy die spesiale oomblikke in jou babaseuntjie se eerste jaar kan vasvang. Daar is genoeg plek om spesiale herinneringe, familiebesonderhede en mylpale aan te teken, asook oorgenoeg plek om foto’s in te plak. Daar is ook twee koevertjies vir sy hospitaalbandjie en eerste haarlokkie.

My eerste jaar – ’n onthou-boek vir seuntjies is ’n tydlose geskenk vir nuwe ouers.

Gans gaan strand toe (Afrikaans, Paperback): Laura Wall Gans gaan strand toe (Afrikaans, Paperback)
Laura Wall; Illustrated by Laura Wall; Fantasi Fantasi
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) In Stock
Die Gevaarlikste Boek Op Aarde (Afrikaans, Paperback): Hugo De Wet Die Gevaarlikste Boek Op Aarde (Afrikaans, Paperback)
Hugo De Wet
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gretha maak ’n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die koninkryk van Fantastorië, waar ongekende gevare wag. Saam met die iesegrimmige kabouter Kabous moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle dalk sal toelaat om terug te keer huis toe . . . 'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!

Tjoppie En Die Muskiet (Afrikaans, Paperback): Liz de Villiers Tjoppie En Die Muskiet (Afrikaans, Paperback)
Liz de Villiers
R125 R112 Discovery Miles 1 120 Save R13 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is daar 'n aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters. 

Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit; Illustrated by Sean Verster
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Bennie Boekwurm woon diep onder die grond daar in die Wielie Walie-parkie. In sy tonnelhuisie is daar rakke en rakke vol storieboeke. Sy naam is nie verniet Bennie Boekwurm nie. Bennie hou baie daarvan om stories vir kinders te lees. Hy wag nou juis vir hulle om hom te roep. Hy het klaar die boek uitgesoek . . . Die stories is gebaseer op die bekende TV-reeks op SABC in die 80er jare. Illustrasies is helder en kleurvol en sal kleintjies sowel as hulle ouers bekoor.

Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 2: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 2: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R81 R51 Discovery Miles 510 Save R30 (37%) In Stock
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 4: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 4: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R81 R51 Discovery Miles 510 Save R30 (37%) In Stock
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 1: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 1: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R81 R51 Discovery Miles 510 Save R30 (37%) In Stock
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 2: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 2: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 5 - 10 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 3: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 3: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 5 - 10 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 3 Boek 2: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 3 Boek 2: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 5 - 10 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 3 Boek 3: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 3 Boek 3: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 5 - 10 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 4: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 4: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 5 - 10 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Big Data and Analytics - Strategic and…
Vincenzo Morabito Hardcover R1,966 R1,855 Discovery Miles 18 550
Mathematics for Engineers and…
Huw Fox, William Bolton Paperback R1,292 Discovery Miles 12 920
Open Source Systems: Enterprise Software…
Ioannis Stamelos, Jesus M. Gonzalez-Barahona, … Hardcover R1,414 Discovery Miles 14 140
Bone Remodeling Process - Mechanics…
Rabeb Ben Kahla, Abdelwahed Barkaoui Paperback R3,581 Discovery Miles 35 810
Software Services for e-World - 10th…
Wojciech Cellary, Elsa Estevez Hardcover R1,442 Discovery Miles 14 420
Handbook of Niche Marketing - Principles…
Art Weinstein Hardcover R4,498 Discovery Miles 44 980
Sports Marketing - A South African…
N E Shezi Paperback R399 Discovery Miles 3 990
Sales Strategies For Startups - Sales…
David White Hardcover R2,601 R2,053 Discovery Miles 20 530
Intuitive Marketing - What Marketers Can…
Stephen Genco Hardcover R911 R795 Discovery Miles 7 950
Knowledge Management in Fuzzy Databases
Olga Pons, Maria A. Vila Hardcover R4,226 Discovery Miles 42 260

 

Partners