0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (263)
  • R50 - R100 (1,398)
  • R100 - R250 (3,017)
  • R250 - R500 (1,409)
  • R500+ (222)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Paw Patrol: Kietiekat Kaskenades (Afrikaans, Hardcover): Paw Patrol: Kietiekat Kaskenades (Afrikaans, Hardcover)
R50 R43 Discovery Miles 430 Save R7 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 1: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 1: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R81 R51 Discovery Miles 510 Save R30 (37%) In Stock
Net Aliens Eet Spinasie - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Net Aliens Eet Spinasie - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Iain Rennie
R175 R156 Discovery Miles 1 560 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Alien land in 'n swembad, kinders verdwyn in 'n biblioteek, 'n monsterhond word 'n woefie-woef en 'n vampier-jagter-ouma bestorm 'n skool met 'n knoffel-bazooka . . . Maar dis nog lank nie al nie!

Hierdie versameling van tonekrul-lekker stories deur Jaco Jacobs is al meer as 'n dekade lank gewild. Die nuwe uitgawe met fassinerende illustrasies deur Iain Rennie sal lesers laat gril en ril van plesier. En die beste van alles? Een splinternuwe storie is bygevoeg!

Die blou robyn (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Die blou robyn (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Troeteldiere (Afrikaans, Board book): Troeteldiere (Afrikaans, Board book)
R175 R156 Discovery Miles 1 560 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Leer kinders speel-speel meer oor hulle gunstelingtroeteldiere. Met kleurvolle illustrasies, teks wat rym, dinge om op elke bladsy te soek en 'n drahandvatsel vir klein handjies, is hierdie lieflike kartonboek perfek vir kleuters wat aan die beweeg is.

Die Hond Met Die Stert Sonder Swaai (Afrikaans, Paperback): Paula Fourie Die Hond Met Die Stert Sonder Swaai (Afrikaans, Paperback)
Paula Fourie; Illustrated by Emily House
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is.

Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Die scenario van troeteldiere wat hulle eienaars soggens kom wakker maak, is aan baie huishoudings bekend, en kinders sal maklik hiermee identifiseer en assosiasies maak. Die teikenmark (3 – 7 jaar oud) kan op dié ouderdom al met ander simpatiseer en veral wanneer assosiasies gemaak word met gebeure of karakters wat vir hulle emosionele betekenis inhou. Jakkals se dilemma sal jong verbeeldings aanwakker om redes en oplossings te probeer vind. Kreatiewe denke word ook so gestimuleer.

Die skrywer maak dit verder vanuit die staanspoor duidelik dat die ouers (volwassenes) nie Honds verstaan nie, en in hierdie geval dus nie sal kan help nie. Deur op ’n kind te fokus om die saak te beredder, word kinders (’n jong voorleesgehoor) dadelik by die verhaal betrek. Kleuters sal hulle aan die kant van die kind en Jakkals skaar en die verhaal enduit, en waarskynlik herhaaldelik, wil hoor om by die oplossing en gelukkige einde te kom.

Ten spyte van Jakkals se bekommernis, slaag die skrywer daarin om met humor en kreatiewe taalgebruik die verhaal lig en positief te hou. Humor stimuleer kreatiwiteit en waar baie boeke deesdae opvoedkundige of morele boodskappe oordra, is Die hond met die stert sonder swaai ’n lekker storie met baie geleenthede vir prettige interaksie tussen voorleser en kind om aangename boek- en leesherinneringe te skep. Alle lesers het ’n paar boeke uit hulle vroeë kinderjare wat kosbare herinneringe oproep. Prenteboeke kan lewenslange boekliefhebbers skep.

Eerste Leesboeke: Myne, myne, myne! Se die ystervark (Afrikaans, Paperback): Alex English Eerste Leesboeke: Myne, myne, myne! Se die ystervark (Afrikaans, Paperback)
Alex English; Illustrated by Emma Levey
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 1: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 1: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
R95 Discovery Miles 950 Ships in 5 - 10 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 2 Boek 2: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 2 Boek 2: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 5 - 10 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 2: Gr 3: Leesboek - Huistaal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 2: Gr 3: Leesboek - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 5 - 10 working days
Die Aksie-Bybel (Afrikaans, Hardcover): Doug Mauss Die Aksie-Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Doug Mauss
R400 R368 Discovery Miles 3 680 Save R32 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Kom deel in die opwinding van die wêreld se wonderlikste storie ooit. Die Aksie-Bybel bied meer as 200 kort, aksiebelaaide Bybelstories in chronologiese volgorde. Dit verseker dat lesers die historiese vloei van die Bybel beter verstaan, en dra ook by tot ’n kragtiger opbou na die opwindende hoogtepunt.

Die aangrypende Ou- en Nuwe-Testamentiese stories in Die Aksie-Bybel kommunikeer Bybelse waarhede duidelik en kragtig aan hedendaagse lesers. Die gemaklike skryfstyl en dramatiese illustrasies sal aanklank vind by kinders en almal wat jonk van gees is.
Skrifverwysings kom aan die begin van elke storie voor om verdere Bybellees aan te moedig, en ʼn volledige Skrifindeks kom agter in die Bybel voor.

Internasionaal erkende kunstenaar Sergio Cariello se aangrypende, kleurryke illustrasies word gekenmerk deur dramatiese skakerings, sterk en energieke ontwerpe en emosioneel gelaaide figure.

Hierdie is die verhaal van God se verlossing – in aksie!

Eerste Leesboeke: Kallie en die Nuwe Gier (Afrikaans, Paperback): Alice Hemming Eerste Leesboeke: Kallie en die Nuwe Gier (Afrikaans, Paperback)
Alice Hemming; Illustrated by Kimberley Scott
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days

’n Nuwe gier trek deur die wildpark. Mensekaarte! Kallie die Kameelperd en sy vriende wil al die kaarte bymekaarmaak, maar hulle sal dalk moet saamwerk om die versameling vol te kry! Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.

Ontdek in Afrikaans: Op Aarde (O-Klank) & Zanda Skrik (I-Klank) (Afrikaans, Paperback): Reinette Lombard, Jose Palmer Ontdek in Afrikaans: Op Aarde (O-Klank) & Zanda Skrik (I-Klank) (Afrikaans, Paperback)
Reinette Lombard, Jose Palmer
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Ontdek in Afrikaans: Amki en Zanda leesreeks

• Hierdie reeks het ten doel om Afrikaans vir kinders op 'n prettige manier deur middel van 'n oulike storie te leer en is veral gerig op Tweede Taal leerders. Amki en Zanda is van planeet Mars en neem elke kind saam op 'n heerlike avontuur om woordeskat en konsepte in Afrikaans te ontdek.

• 5 boeke in die reeks, elk met 2 stories.

• Kleurvolle illustrasies, 'n Afrikaans / Engelse woordelys en werksopdragte

• Die reeks is gemik op Tweede Taal leerders (Gr 3 - 6) wat Afrikaans as Akademiese taal moet leer. Ook geskik vir kinders (ouderdom 8 - 10) wat reeds goed Afrikaans kan lees.

Asterix en die Koperpot (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix en die Koperpot (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 6 - 10 working days

Die Galliese stamhoof, Tweegesix, vra vir Allamapstix om sy koperpot vol geld te bewaar en uit die Romeine se hande te hou. Asterix hou wag by die pot, maar dit en die geld word gesteel. Asterix en Obelix moet nou maniere vind om geld in te bring sodat hulle die skade aan Tweegesix kan terugbetaal. Hulle doen enigiets: neem deel aan gladiatorkompetisies, is akteurs in ’n teaterproduksie en beroof selfs ’n bank! Sal hulle die geld kan terugbetaal en uitvind wie sit eintlik agter die kroekspul? Asterix en die koperpot is die 13de boek in die gewilde Asterix-reeks.

Vers en Vlam - ?n Poësiebloemlesing vir Gr 10 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Jeanette Ferreira Vers en Vlam - ’n Poësiebloemlesing vir Gr 10 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Ferreira
R299 Discovery Miles 2 990 Ships in 5 - 10 working days

Vers en vlam stel graad 10- Eerste Addisionele Taalleerders in staat om te beleef hoe Afrikaanse gedigte kreatief, intelligent en vindingryk met die taal omgaan. Die bundel is volgens die KABV se riglyne saamgestel. Die bundel se titel verwys na die Afrikaanse uitdrukking “iemand is vuur en vlam”, ’n uitdrukking wat daarop dui dat iemand baie opgewonde en entoesiasties is. In Vers en vlam is gedigte uit al die soorte Afrikaans opgeneem wat die belangrikste versvorme, literêre tydperke en temas in die Afrikaanse digkuns verteenwoordig. Só word daar ’n vlam aangesteek wat lig werp op die geskiedenis, op vandag se samelewing en verhoudings, asook op ontwikkeling en verstegnieke in die Afrikaanse poësie. Vers en vlam is vir die leerder en onderwyser ’n uiters bruikbare werkboek. Dit bevat: ’n inleiding tot die Afrikaanse poësie; biografiese inligting by elke gedig met ’n oorsig van die digter se lewe en werk; ’n kort inleiding oor die onderwerp waaroor die leerder bloot kan nadink of ’n gesprek kan voer of kan skryf; agtergrond oor elke gedig en ’n kort verduideliking waaroor dit gaan; woordverklarings van moeiliker woorde in Afrikaans en Engels; ’n afdeling “Pitkos” wat die leerder se aandag op sake vestig wat ’n sleutel is om die gedig beter te verstaan; ’n afdeling “Leerfokus” wat die poësietegniek wat in die gedig gebruik word, saamvat; kontekstuele vrae wat leerders help om soveel as moontlik van die gedig te verstaan, dit te interpreteer, en hul gevoel daaroor weer te gee; ’n afdeling “Vir jou joernaal en/of in die klas” wat leerders die geleentheid bied om skeppend op aspekte van die gedig te reageer; ’n glossarium wat literêre begrippe verduidelik. Ekstra hulpmateriaal kan gratis afgelaai word by www.nb.co.za

Die Swart Eiland (Afrikaans, Paperback): Herge Herge Die Swart Eiland (Afrikaans, Paperback)
Herge Herge; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R200 R189 Discovery Miles 1 890 Save R11 (6%) Ships in 6 - 10 working days
Geliefde sprokies (Afrikaans, Hardcover): Madeleine Mansiet Geliefde sprokies (Afrikaans, Hardcover)
Madeleine Mansiet; Illustrated by Valentine Iokem; Edited by Fantasi Fantasi
R275 R254 Discovery Miles 2 540 Save R21 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Kom deel in die wonderwereld van sprokies ... ’n hele fantasiewereld saamgevat in ses klassieke stories vir ure se lees- en kykgenot vir jonk en oud. Die besondere illustrasies deur Valentine Iokem verryk die teks en voer die kind mee op ’n onvergeetlike ontdekkingsreis diep die verbeeldingswereld in … Eendag, lank, lank gelede ...

My Eerste Rympie-Woordeboek; My First Rhyme-Time Dictionary (Afrikaans, English, Paperback): Maree Francois My Eerste Rympie-Woordeboek; My First Rhyme-Time Dictionary (Afrikaans, English, Paperback)
Maree Francois; Illustrated by Nico Meyer; Fantasi Fantasi
R150 R139 Discovery Miles 1 390 Save R11 (7%) Ships in 5 - 10 working days

n Eerste tematiese, tweetalige geillustreerde kinderwoordeboek in volle kleur. Vrolike rympies ondersteun die bekende temas. Die liggaamsdele, kleure en vorms, aktiwiteite en syfers vul die temas aan. Direkte assosiasie tussen voorwerp en woord. / A first thematic bilingual illustrated wordbook in full colour. Cheerful rhymes support the familiar themes. The parts of the body, shapes and colours, activities and figures complement the themes. Direct association between object and word.

Sprokie-perde omnibus (Afrikaans, Hardcover): Karen King Sprokie-perde omnibus (Afrikaans, Hardcover)
Karen King; Illustrated by Angela Hicks
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days
Minki Se Skoolkonsert (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Minki Se Skoolkonsert (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Minki en haar maats is opgewonde oor die skoolkonsert wat voorlê. Hulle klas gaan Aspoestertjie opvoer, en dit gaan fantasties wees! Minki en Natalie is seker Lara gaan die hoofrol kry. Sy kan baie goed dans, en boonop is Aspoestertjie haar gunstelingsprokiesprinses. Hulle kan nie wag om te sien hoe sy in haar droomrok lyk nie! Maar by die oudisie loop dinge onverwags skeef … Gaan Minki dit regkry om soos ’n regte Goeie Fee haar towerstaffie te swaai en die konsert te red?

Speurder Kwaaikofski 4: Die Nag van die Blou Kaalkoppe (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 4: Die Nag van die Blou Kaalkoppe (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Illustrated by Ralf Butschkow; Translated by Kobus Geldenhuys
R170 R152 Discovery Miles 1 520 Save R18 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kwaaikofski word ontvoer! Sy ontvoerders lyk baie grillerig -- hulle het almal maskers op en hulle kaalgeskeerde koppe is blou! Maar dis nie die ergste nie: Een van die booswigte waag dit om vir Kwaaikofski dieselfde haarstyl te gee -- en nou lyk hy soos ’n blou paaseier. Ons slim speurder gaan dit beslis nie daar los nie. So begin een van die mees misterieuse sake van sy hele speurloopbaan . . . Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Max Lucado Kinderboek-Omnibus (Afrikaans, Paperback): Max Lucado Max Lucado Kinderboek-Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Max Lucado
R169 R156 Discovery Miles 1 560 Save R13 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie omnibus bestaan uit drie boekies van die immergewilde Pinkenolsie. Dit bring ’n boodskap dat elke mens vir God spesiaal is omdat Hy elkeen uniek gemaak het. Dis ’n wonderlike geskenk wat kinders sal koester selfs wanneer hulle al groot is.

Jy is spesiaal
Die Wemmels doen elke dag dieselfde ding: hulle plak óf goue sterre óf grys kolle op mekaar. Dié wat mooi en talentvol is, kry altyd goue sterre. Dié wat egter min kan doen of stukkende hout het, kry lelike kolle. Kinders sal mal wees daaroor om te sien hoe Eli vir Pinkenolsie oortuig dat hy baie spesiaal is, net soos hy is! So sal hulle besef dat hulle self ook kosbaar is vir God.

Jy is myne
Die behoefte om “belangrik” te wees veroorsaak al weer chaos in Wemmeldorp. Pinkenolsie is natuurlik weer in die middel daarvan. Volg sy avontuur terwyl hy ’n les leer wat kinders altyd moet onthou: dis nie wat jy het wat jou kos¬baar maak nie, maar die feit dat jy aan God behoort.

Die heel beste
Wanneer Alta Wonderlik in Wemmeldorp aankom, wil almal deel van haar klub wees. Pinkenolsie mag nie deel wees nie, want hy is van die verkeerde hout gemaak. Eli die houtsnyer wys vir Pinkenolsie dat hy baie spesiaal is omdat Eli hom gemaak het. Kinders sal besef hulle hoef nie soos iemand gewild te wees om spesiaal te wees nie. God het elkeen van ons met ’n doel gemaak soos ons is.

Eisteddfod-Pret - Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool (Afrikaans, Paperback): Eisteddfod-Pret - Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool (Afrikaans, Paperback)
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Menige ouer, onderwyser en afrigter het al die wens uitgespreek dat minder tyd aan die soek van geskikte materiaal vir Eisteddfods bestee hoef te word. Eisteddfod-pret is gebore uit hierdie noodkreet van ouers, onderwysers en kinders wat jaarliks in desperaatheid die internet en biblioteke fynkam vir vars, nuwe materiaal, want dis nie sommer enigiets wat geskik is nie. Die inhoud van hierdie bundel is oorspronklike, ongepubliseerde werke van die Fynbosskrywers, werke wat die potensiaal het om A++ by ’n Eisteddfod te verwerf. Dit bestaan uit 108 gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake wat geskik is vir gebruik in die laerskool. ‘n Inleiding deur Louise Lachenicht verseker ook dat die deelnemer se potensiaal ten volle ontwikkel word met riglyne vir afrigters, onderwysers en ouers.

Die spookskip van Biskaje (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Die spookskip van Biskaje (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Manie Muis skrik groot (Afrikaans, Staple bound): Isabella Camino, Delphine Lacharron Manie Muis skrik groot (Afrikaans, Staple bound)
Isabella Camino, Delphine Lacharron; Illustrated by Isabella Camino; Fantasi Fantasi
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Oxford Handbook of Oral History
Donald A Ritchie Hardcover R5,421 Discovery Miles 54 210
Getting the Money - How to Succeed in…
Ken Dowlin Hardcover R1,894 Discovery Miles 18 940
Trends, Discovery, and People in the…
Wendy Evans, David Baker Paperback R1,415 Discovery Miles 14 150
Trade eBooks in Libraries - The Changing…
Paul Whitney, Christina Castell Hardcover R2,757 Discovery Miles 27 570
The Art of People Management in…
James McKinlay, Vicki Williamson Paperback R1,571 Discovery Miles 15 710
Ways of Experiencing Information…
Susie Andretta Paperback R1,465 Discovery Miles 14 650
Library Reference Services and…
Rosanne M. Cordell Hardcover R4,416 Discovery Miles 44 160
The Role of the Electronic Resources…
George Stachokas Paperback R1,625 Discovery Miles 16 250
After the Book - Information Services…
George Stachokas Paperback R1,457 Discovery Miles 14 570
Shaping Knowledge - Complex…
Jamie O'Brien Paperback R1,507 R1,278 Discovery Miles 12 780

 

Partners