![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Woordeskatuitbreiding van verskeie wilde diere Onderskeiding van figuur-agtergrond, leerders vind die kernwoord wat hulle gelees het in die sin wat onderwyser gelees het.
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op 'n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel; Hierdie is 'n redenasieboek (vir saamlees). Fokus: Verjaardag as spesiale feesdag en volgorde van gebeure/gedrag by 'n partytjie of spesiale byeenkoms.
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op 'n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Hierdie is 'n redenasieboek (vir saamlees). Fokus: Verjaardag as spesiale feesdag en volgorde van gebeure/gedrag by 'n partytjie of spesiale byeenkoms.
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op 'n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Vormherkenning: Figuur-agtergrondonderskeiding en verskille/ooreenkomste/konstantheid in grootte en kleur van sirkels/vierkante/driehoeke. Sortering en klassifikasie van kleredrag, vorms en kleure met speelkaarte.
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Interpreteer die prente, vind kenmerke van herfs en weer wat al kouer word soos die winter naderkom. Benoem emosies in storie uitgebeeld, rolspel die emosies.
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Woordeskatuitbreiding van verskeidenheid sportsoorte en hulpmiddels wat by die sportsoort gebruik word. Ontwikkeling van denkvaardighede: Pas die voorwerp by die sportsoort.
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Aanvangsklank van karakters in die boek se name, aanvangsklank van eie naam en klasmaats se name. Volgorde van gebeure. Lees aksies in die storie en voer dit ook uit.
Een miljoen vlinders is ’n verhaal oor grootword, weggaan, verlief word en weer huis toe kom. In die middel van die nag sien Martiens hulle vir die eerste keer: die vlinders wat om sy kop fladder. Ten minste ’n miljoen van hulle! Martiens weet nie waar die vlinders vandaan kom nie, maar sy ouers weet duidelik iets wat hy nie weet nie. "Dis tyd om te gaan," se hulle, en stuur hom die woud in. Oppad ontmoet Martiens verskeie diere, maar niemand anders sien sy vlinders nie. Die ouer diere het egter ’n vermoede waarheen die vlinders hom wil lei … en gee vir hom alles wat hy nodig het vir sy reis.
Dis die eerste oop naweek vir die graad 8’s. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos ’n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om ’n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het? En dan is daar die mans met die swart pakke – wat niemand wat iets van hulle af weet lewend sal los nie … Wat sou dit wees waarna hulle soek? Hoërskool is nie vir sissies nie!
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Die ALLES-IN-EEN-reeks • is volledig hersien en aangepas volgens die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsver klaring • is beskikbaar vir die vakke Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede • kan per vak of as pakket gebruik word • is beskikbaar vir Graad R-3. Die Onderwysersgidse Daar is ’n onderwysersgids vir elke vak Die Onderwysersgids bevat • ’n jaarplan vir die vak • die vier termynplanne vir die vak • ’n daaglikse rooster en tydskedule vir ’n week • die weeklikse werkskedules • daaglikse stap-vir-stap lesplanne vir 40 weke • wenke en noodsaaklike agtergrondsinligting vir elke tema • rympies en liedjies vir elke tema. CD Die CD bevat • die gratis hulpbronne vir die onderwyser • die gratis voorgeskrewe werkvelle • ’n temagerigte storie vir elke dag • assessering en assesseringsvorms
Best Books Studiewerkgids: Fiela se kind – die drama Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Fiela se kind – die drama, die voorgeskrewe drama vir Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die drama word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die dramateks verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sę, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids Inleiding tot die drama. Opsommings van al die tonele. Engelse vertalings van moeilike woorde en begrippe asook Engelse hoofstukopsommings. Kontekstuele vrae in Afrikaans en Engels (met aanwysings waar leerders moet antwoord op papier). Antwoorde op alle vrae. ’n Bespreking van die drama, karakterisering, literęre begrippe, simbole, styl en motiewe. Post-leesverrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker. ’n Konsepvraestel om leerders se kennis te toets. Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Fiela se kind – die drama, die goedgekeurde voorgeskrewe drama vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal.
Riek en Niek het ’n plan …
Wanneer Sakkibiaan, ’n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal van sy familie terwyl hulle deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer gou plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met dié van twee donker woestynmense en jagmaats: Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie met sy mooi hart graag sy nuwe wit broertjie wil help, wil Gagaboemboem met sy swart hart graag biltong van Sakkibiaan maak! Sakkibiaan moet vinnig die geheime taal van die woestyndiere en –insekte leer verstaan om met Doemdoempie kragte saam te span teen Gaggaboemboem en sy bende. ’n Węreld vol geheimenisse ontvou namate Doemdoempie en Sakkibiaan met hul nuwe familie – waaronder die reuseboomsprinkaan Tjierlabaai, die rooioog-rivierwese Liewenatan en die mak silwerrugjakkals Peppitan – hul vyande moet trotseer en deur die Kalahari trek. Uiteindelik lei die reis Sakkibiaan op ’n toweragtige pelgrimstog wat bewys: “Vir hulle wat nog nie al die vrae van die lewe kan beantwoord nie, lę daar nog ’n lekker lang pad voor met baie spoortjies daarop.”
Het jy geweet daar's 'n gaatjie in die middel van die see? En het jy al gehoor van Gaggavrotstad? Die stories vol byklanke en liedjies is 'n ware belewenis. Kom deel in al Merlyn se pret en avonture! Stories op die CD: Onder die see, ja; Atlantis; Merlyn - die Begin; Oom Oktavius; Skooldae; Gaggavrotstad; Opsaal; Walvis-avontuur; Die Springbokkems; Poseidon.
Die Best Books Eksamenhulp Graad 10 Taal- en leesoefenboek sal Eerste Addisionele Taal-leerders help om hul taal- en leesvaardighede met behulp van taal- en begripsoefeninge te verbeter en Afrikaans makliker onder die knie te kry. Die taal- en begripsoefeninge is gebaseer op uittreksels uit onlangse jeugboeke en ander tekstipes wat leerders se belangstelling sal prikkel. Die taal- en leesoefenboek - dek die belangrikste taalstrukture en -konvensies, waaronder klankleer, woordvorming, woordsoorte en sins- en betekenisleer. - is geskryf in taal wat leerders sal verstaan, met Engelse vertalings van begrippe en verduidelikings en toeganklike opsommings met voorbeelde. - bestaan uit agt hoofstukke met taaloefeninge en twee begripstoetse per hoofstuk. - bevat tweetalige woordelyste. - sluit oefenvraestelle in. - bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing. Die boek is saamgestel volgens die vereistes van die KABV en die nuutste AWS, en is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.
Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water. Die stewige papier sal die klein hoeveelheid water wat benodig word, goed absorbeer en die kleure sal helder en lewendig vertoon. Boonop sal die eenvoudige illustrasies die kind inspireer om die werk te kopieer en sy eie, unieke kunswerke te skep. Alle verf is veilige, groentegebaseeerde kleure.
’n Paar jaar ná Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh, word Gertie Smit, opvoedkundige van Wellington, deel van die span. Hierdie bundel bied ’n keurversameling verse vir die heel kleintjies (1 tot 3 jaar) en is saamgestel volgens nasionale opvoedkundige vereistes. Die rympies dek al die onderwerpe wat deel is van kleintjies se leefwęreld – in maklike, sprankelende Afrikaans.
|
You may like...
|