0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (263)
  • R50 - R100 (1,376)
  • R100 - R250 (3,019)
  • R250 - R500 (1,410)
  • R500+ (222)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

A Wonderful Day (Afrikaans Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition): Sam Sagolski,... A Wonderful Day (Afrikaans Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Sam Sagolski, Kidkiddos Books
R659 Discovery Miles 6 590 Ships in 18 - 22 working days
Die ridder Buik-op-den-Bodem (Afrikaans, Hardcover): Gilles Bachelet Die ridder Buik-op-den-Bodem (Afrikaans, Hardcover)
Gilles Bachelet; Translated by Nicol Stassen
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Die groot dag van die genadelose veldslag het aangebreek! Maar voordat die ridder Buik-op-den-Bodem kan vertrek, moet hierdie slak blitsvinnig ’n paar dinge afhandel. Hy moet ontbyt eet, sy Facebook-blad bywerk, sy vrou en kinders vaarwel soen, ’n prinses red, ’n potjie skaak met ’n ou vriend speel … Die humor van Gilles Bachelet betower met hierdie vredeliewende fabel, wat met heerlike verwysings na die alledaagse lewe wys wat regtig belangrik is en wat eerder tot more kan wag.

Amanda and the Lost Time (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type /... Amanda and the Lost Time (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R645 Discovery Miles 6 450 Ships in 18 - 22 working days
My Mom is Awesome (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition):... My Mom is Awesome (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R660 Discovery Miles 6 600 Ships in 18 - 22 working days
Die Towenaars Van Toeka - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Die Towenaars Van Toeka - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie storie gaan oor ’n jong towenaarseun en ’n jong krygermeisie wat van geboorte af geleer is om mekaar soos gif te haat.

Die storie begin met die ontdekking van 'n reusagtige swart veer.

Is die towenaars en krygers dalk so besig om teen mekaar te baklei dat hulle nie agterkom dat ’n oeroue bose mag teruggekeer het nie? Is daardie veer dalk regtig ’n hekseveer?

Lillie die heksie en die moeilike draakeksamen: Boek 17 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die moeilike draakeksamen: Boek 17 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R193 Discovery Miles 1 930 Ships in 6 - 10 working days

Lillie besluit om weer ’n keer haar draakvriendjie, Hektor, te besoek. Daar gekom is die arme drake skoon geel van stres ... Drie groot draakeksamen le vir hom voor en hy oefen verwoed om elke item te slaag. Met die eet soveel as wat jy kan-item het Hektor geen probleem nie: so klein soos hy is, het hy die aptyt van ’n beer. Maar die lekkerbekkigheid het nadele! Met sy ronde boepens sukkel sy klein vlerkies om hom in die lug te hou – en die belangrikste toets is natuurlik wie die hoogste en vinnigste kan vlieg. Hekse word nie toegelaat by die eksamen nie, maar onse Lillie is nie sommer enige heksie nie en sy laat nooit haar vriende in die steek nie.

Amanda's Dream (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large... Amanda's Dream (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R645 Discovery Miles 6 450 Ships in 18 - 22 working days
Die Rietrotte En Die Stropers - Die Rietrotte: Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte En Die Stropers - Die Rietrotte: Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Uiteindelik kan Daniël en sy vriende vir ’n naweek na die plot gaan en ontspan – en sommer ook wegkom van Peet wat al weer op hulle spoor is. Maar Daniël se sussie, Chrissie, is siek met iets wat aansteeklik lyk en die dokter het gesê hulle mag nie naby haar kom nie.

Daniël vind die perfekte oplossing: Hulle kan langs die rivier kamp! Terwyl hulle met binnebande in die rivier afdryf, sien hulle iets wat verdag lyk by oom Giel Larson se plek. Dalk is dit niks, maar sê nou die oom is werklik in die moeilikheid. Hulle rustige kampnaweek raak baie vinnig baie gevaarlik wanneer hulle gaan ondersoek instel …

Kamp is nie vir sissies nie!

Jasper In Die Koshuis (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper In Die Koshuis (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R146 Discovery Miles 1 460 Ships in 6 - 10 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.

Hierdie is die negende titel in die reeks.

Jasper moet in die koshuis bly terwyl sy ouers oorsee reis. Dit voel of sy vlerke geknip is: Skielik moet hy op spesifieke tye eet, huiswerk doen en gaan slaap. Hy moet selfs sy eie bed opmaak. Die ergste van alles is dat hy – wat gewoond is aan sy eie buitekamer – nou ’n kamer met die skool se grootste boekwurm moet deel. Toe die Viermanskap uitgedaag word tot ’n fietsresies maar Jasper ’n verpligte debatvergadering moet bywoon, is dit een te veel vir hom. Hy begin planne beraam om skelm uit die koshuis te glip …

Peter Pan en Laurie (Afrikaans, Paperback): Marie Heese Peter Pan en Laurie (Afrikaans, Paperback)
Marie Heese; Edited by Marjorie van Heerden
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Meer as ’n honderd jaar nadat die boek Peter and Wendy deur J.M. Barrie in Engeland gepubliseer is, verskyn Marié Heese se opvolgstorie Peter Pan en Laurie by Protea Boekhuis in Suid-Afrika. Dit word gelyktydig in Engels en Afrikaans vrygestel, met sjarmante illustrasies deur Marjorie van Heerden. Marié Heese het reeds verskeie kinderstories gepubliseer en vertaal. In hierdie storie hou sy redelik naby aan die atmosfeer en verteltrant van die oorspronklike werk. Natuurlik is Peter nog net soos hy was, avontuurlik en vry, maar die meisie wat hy dié keer na die Nimmerland met hom saamneem, is ietwat anders as die moederlike Wendy. Sy nuwe feetjie-maat heet Klokkelokkies. Daar is ander Verlore Seuns, en ander vyande om te trotseer, veral die groteske reus, Half-gevreet, leier van die Grillergaaie, wat net ’n halwe kop het en die ore van sy oorwonne vyande pekel, aan ’n tou om sy nek hang en kou. Hy soek Peter se ore vir sy versameling. En daar is dinosaurusse wat die eiland wil oorneem …

Veldiep (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Veldiep (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme youtube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting tussen Tim en Amber lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim haar ware skoonheid raaksien?

Die Storie Van Ontdekkingsreise (Afrikaans, Paperback): Anna Claybourne Die Storie Van Ontdekkingsreise (Afrikaans, Paperback)
Anna Claybourne; Translated by Amelia de Vaal
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

Vanaf die vroegste tye verken mense al die aardbol op soek na nuwe plekke om te bewoon, verleidelike skatte, asemrowende vergesigte of die roemryke voorreg om die eerste mens op ’n hoe bergpiek te wees. Hierdie boek vertel die verhale van onverskrokke ontdekkingsreisigers wat dit tot by die ysige pole gewaag het, bloedig warm woestyne oorgesteek het, riviere vol krokodille trotseer of vir die eerste keer reg rondom die aarde geseil het.

Best Books Studiewerkgids: Lien se Lankstaanskoene Gr 12 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Ilna Stander Best Books Studiewerkgids: Lien se Lankstaanskoene Gr 12 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Ilna Stander
R231 R206 Discovery Miles 2 060 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene

Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe roman? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Lien se lankstaanskoene, die voorgeskrewe roman vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die roman word hierin gedek – in taal wat leerders verstaan.

Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die roman verwys.

Wat maak ons studiewerkgidse anders?

Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek.

Inhoud van hierdie studiewerkgids

• Volledige hoofstukopsommings in Afrikaans sowel as bondige opsommings in Engels.

• Onderrigvrae oor feite en begrip (met ’n variasie stelwyses asook denkvlakke wat by die antwoorde aangetoon word).

• Praktiese voorstelle vir mondelinge sowel as kort stelwerkstukke.

• Skryfhulp vir vraestel 3 deur uitvoerbare mini-skryfoefeninge.

• ’n Maklike hersieningsvasvra.

• ’n Omvattende lys van woorde en idiomatiese uitdrukkings met hulle Engelse ekwivalente.

Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Lien se lankstaanskoene, die goedgekeurde voorgeskrewe roman vir Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal. ’n Volledige antwoordstel is verkrygbaar by www.bestbooks.co.za.

Tillie Appelpit - Die onverwagse gas (Afrikaans, Hardcover): Andreas Schmachtl Tillie Appelpit - Die onverwagse gas (Afrikaans, Hardcover)
Andreas Schmachtl; Illustrated by Andreas Schmachtl; Translated by Amelia de Vaal
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, is mal oor kuiergaste – en wanneer sy haar vriende vir tee nooi, ruik haar huisie tussen die heuwels altyd heerlik na vars gebak. Eendag ontdek sy ’n onverwagse gas voor haar deur: ’n Eier! Tillie neem daar en dan verantwoordelikheid vir die eier – want sy weet ’n eier moet warm gehou, vertroetel en versorg word. Wat sy egter nie weet nie, is dat daar ’n groot verrassing in die eier wag. Welkom by die wonderlike wereld van Tillie Appelpit!

Amanda's Dream (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition):... Amanda's Dream (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R645 Discovery Miles 6 450 Ships in 18 - 22 working days
Waar Jakkalse Huil (Afrikaans, Paperback): Elrien Scheepers Waar Jakkalse Huil (Afrikaans, Paperback)
Elrien Scheepers
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Wetenskapsfiksieverhaal wat in die Klein-Karoo en Kaapstad afspeel.

Die agtienjarige Laela Nix se ouers word deur die gevreesde Genmodregering vermoor. Sy slaan op die vlug en beland op die plaas Swartfontein, ’n insekteelstasie. Sy leer die bestuurder van die plaas, Finian, en sy twee mak rooijakkalse ken.

Maar die vrae bly knaag, oor haar ouers se dood, oor haar vervreemde, beeldskone en gewetenlose suster Jessi. Wie kan sy vertrou?

Die Spinnebotte Slaan Toe! (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Die Spinnebotte Slaan Toe! (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker
R165 R148 Discovery Miles 1 480 Save R17 (10%) Ships in 5 - 10 working days

​Laerskool Klipdassie kry besoek van Dr. Ragno en sy dogter, wat vir die leerders 'n demonstrasie kom gee van die robotiese spinnekoppe wat hulle bou. Maar 'n juffrou stuur Georgi, Frikkie en Enzo uit die saal! Die drie maats sluip na 'n kamertjie onder die verhoog, vanwaar hulle steeds alles sien.

'n Saak Van Lewe Of Dood (Afrikaans, Paperback): Alet Steenkamp, Nerine Ahlers 'n Saak Van Lewe Of Dood (Afrikaans, Paperback)
Alet Steenkamp, Nerine Ahlers
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Zander mis sy sussie. En daarmee saam voel dit vir hom asof hy besig is om sy ouers ook te verloor. Maar gelukkig is daar genoeg om sy aandag van dinge by die huis af te lei.

Hy en sy pelle, Mieke, Bongani en Ruben, gaan ’n kortfilm maak vir die kunsfees en hulle gaan seerowers wees! Hulle het selfs die perfekte plek om die video te skiet – die vervalle ou huis in die doodloopstraat se vuil swembad.

Maar dan ontdek hulle iets skokkends . . . en dit word ’n saak van lewe of dood.

Boxer and Brandon (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large... Boxer and Brandon (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Kidkiddos Books, Inna Nusinsky
R660 Discovery Miles 6 600 Ships in 18 - 22 working days
Joran Noordewind (Afrikaans, Paperback): Lilli Thal Joran Noordewind (Afrikaans, Paperback)
Lilli Thal; Translated by Amelia de Vaal
R92 Discovery Miles 920 Ships in 6 - 10 working days
Melkweg (Afrikaans, Paperback): Zandra Bezuidenhout Melkweg (Afrikaans, Paperback)
Zandra Bezuidenhout
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days
My Mom is Awesome (English Afrikaans Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print... My Mom is Awesome (English Afrikaans Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R660 Discovery Miles 6 600 Ships in 18 - 22 working days
Tillie Appelpit - Die lappieskombers (Afrikaans, Hardcover): Andreas Schmachtl Tillie Appelpit - Die lappieskombers (Afrikaans, Hardcover)
Andreas Schmachtl; Illustrated by Andreas Schmachtl; Translated by Amelia de Vaal
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, hou van kuier met haar vriende en is baie lief vir naaldwerk. Eendag bring haar vriendin opwindende nuus ... daar is ’n groot naaldwerkkompetisie op die dorp met uitstekende pryse om te wen! Dadelik is al hier vriende druk besig met naaldwerk, en niemand word genooi vir tee nie. Die nuuskierigheid raak vir Tillie net te veel!! Wat maak hulle almal? En hoekom is almal so vreeslik geheimsinnig? Welkom by die wonderlike wereld van Tillie Appelpit!

Kleuterland (Afrikaans, Hardcover): Helena J.F. Lochner Kleuterland (Afrikaans, Hardcover)
Helena J.F. Lochner
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Kleuterland is ‘n pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kammaland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan kleuters. Protea gaan dit weer publiseer in ‘n nuwer moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan ‘n nuwe generasie bekend te stel. Die stories in die bundel word volgens bevatlikheid rangskik. Die langste woorde in die eerste ses stories bestaan uit slegs drie letters, die in die volgende drie stories uit vier lettes en die volgende drie uit net vyf. Gaandeweg word die woorde moeiliker en langer.

Jasper se sirkusavontuur: Boek 11 (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper se sirkusavontuur: Boek 11 (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R146 Discovery Miles 1 460 Ships in 6 - 10 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die elfde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Jasper se pa wil weet wat hy eendag wil word. Die probleem is dat daar so baie opsies is. Soms wil hy ’n renmotorjaer word wat in ’n rooi Ferrari oor die aarde skeer, dan stel hy weer belang in rillerverhale skryf en net die volgende dag wil hy regte gaan studeer. Toe die sirkus egter ’n draai in Leliesvlei maak, besef Jasper dat hy eintlik ’n akrobaat wil word. Maar sal sy ouers sy besluit ondersteun? Kom deel in die avonture van Jasper.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
A C/OS-III for the Renesas RX62N
J Labrosse Jean, Kovalski Fabiano Hardcover R1,817 Discovery Miles 18 170
The King Is Dead
Benjamin Dean Paperback R262 R209 Discovery Miles 2 090
The Classification of Obligations
Peter Birks Hardcover R4,754 Discovery Miles 47 540
A Russian On Commando - The Boer War…
Boris Gorelik Paperback R300 R268 Discovery Miles 2 680
The Girls I've Been
Tess Sharpe Paperback  (1)
R250 R223 Discovery Miles 2 230
Think Big - Quilts, Runners, and Pillows…
Amy Ellis Paperback R619 R455 Discovery Miles 4 550
Sashiko 365 - Stitch a new sashiko…
Susan Briscoe Paperback R425 Discovery Miles 4 250
Christmas at Cowslip - Patchwork and…
Jo Colwill Paperback R380 R351 Discovery Miles 3 510
Dogtag Memories - The Misadventures Of…
Jon Goetzsche Paperback R340 R265 Discovery Miles 2 650
A Cultural History of Tarot - From…
Helen Farley Hardcover R4,479 Discovery Miles 44 790

 

Partners