![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Groenkappie is op pad na Raponsie se partytjie, ver weg in die woeste woud. Die pad is lank en vol gevare, maar Groenkappie weet net hoe om die gevare te vermy. Op haar pad los sy sommer ’n hele paar sprokieslandprobleme op – onder andere een van ’n ondier met ’n gebroke hart. Die boek is ’n verbeeldingryke , wonderlike storie vol sprokieskarakters soos mens hul nog nie vantevore gesien het nie, soos Rooikappie, Duimelientjie, Raponsie, die sewe dwergies, Skoonlief, en nog heelwat ander. Dis pragtig geïllustreer en vol humor – ’n sprokie soos geen ander!
Kom ontdek die aarde se uiteenlopende landskappe en interessante bewoners in hierdie leersame boek. Ook al is die teks met jong lesers in gedagte saamgestel, is hierdie die perfekte bron van inligting vir enigiemand wat belangstel om ons planeet se unieke biodiversiteit te verstaan en te bewaar. Die kombinasie van leersame, toeganklike inhoud (nagevors deur kenners verbonde aan die Montreal Biodome) en treffende visuele materiaal gee lesers 'n naby blik op ons verstommende planeet – en gee ook noodsaaklike insig in die invloed wat menslike aktiwiteite op die aarde het.
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! In alles was Jasper nog altyd die onbestrede leier, maar nou lyk dit asof sy maats hom eenkant toe stoot, en dit net omdat hy nie soos ‘n meisiekind op ‘n verhoog wil gaan ronddans nie. Asof daar nie veel belangriker dinge is wat ‘n seun kan doen nie! En boonop lyk dit ook nog asof hulle dink hy kan nie toneel speel nie! Jasper is egter nie iemand wat homself bejammer as dinge ‘n bietjie donker lyk nie. Hy het lankal geleer dat dit die heel beste is om uit te spring en iets te doen om die saak reg te stel — en soos altyd spring die klein borselkop met soveel entoesiasme aan die werk, dat hy homself, en die leser, ‘n bietjie uitasem laat. Kom deel in die avonture van Jasper.
“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”. “Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”. “Maar jy moet kyk, Pappa,” se Nella Della. Sy hou haar hand ’n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie. Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so ’n kleinigheid pla. “Is dit ’n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.” ’n Kabouter is dit nie, maar ’n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem ‘tinkel’. Die enigste probleem is dat Wiplala dit soms regkry om te tinkel en soms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van ’n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!. Wiplala verskyn oorspronklik in 1957 in Nederlands. Dit is uit die pen van die bekende Nederlandse kinderboekskrywer Annie M.G. Schmidt. Die boek word in verskeie tale vertaal (onder meer Duits, Fins, Engels en selfs Japannees). In 2014 verskyn daar ook ’n film wat gebaseer is op die boek.
Best Books Studiewerkgids: My Japan. Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel volgens die KABV om leerders te help om My Japan, die voorgeskrewe drama vir Graad 11 Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet. Word elke jaar gekoop. Agtergrond - mites/self-sny-subtema/tsoenami van 2011/Goth-subkultuur/kalligrafie in drama. Opsommings/vrae van tonele. Leer karakters ken. Bespreking van die drama. Post leesverrykingsaktiwiteite. Konsepvraestel.
Die oefeninge in die Nuwe Alles-In-Een se leer lees en skryf-werkboek vir Graad 2 Huistaal sal leerders taalvaardig maak en prestasie verseker! Die leeslesse op die werkvelle in die werkboek is gegradeer en bied klanke stap vir stap aan. Dit neem ook sigwoordeskat en sinskonstruksie wat ’n Graad 2- leerder moet leer, in ag. Die leeslesse word opgevolg met toepaslike woordbou- en taaloefeninge wat die leerder moet voltooi. Die leerder kry ook uitknipbare "Eie leesboeke" om klanke en sigwoorde te herken en te benoem. Die betrokke klank(e) word met behulp van handskrifstrokies ingeskerp om die leerder se potloodgreep en skrif te oefen. Die leerder skryf die klanke, teken patrone (wat soortgelyk aan die vorm van die klank is) en skryf sinne. Die handskrifoefeninge is in die regte lettertipe en reëlspasiëring sodat dit die leerder in staat stel om elke klank korrek te skryf. Die oefeninge is in regte volgorde waarin die leerder dit in die klas sal leer volgens die vereistes van die KABV.
Paddavissie is baie lief vir sy stertjie en swem tog te lekker. Maar dan begin dinge verander … hy kry arms en bene! Paddavissie is baie ongelukkig hieroor. Maar miskien besef hy hoe waardevol sy bene is wanneer 'n slang hom bedreig …
Die storie van Gulliver se reise is vir Lillie betowerend – letterlik! Lillie is absoluut gek oor die boek en wonder hoe dit moet voel om ’n reus te wees in ’n land waar die mense skaars groter is as jou duim. Maar hoe kom sy daar? Toe haar klein pes van ’n boetie, Leon, haar kom pla met ’n probleem, gee hy onwetend vir haar die antwoord! Haar eerste probeerslag loop egter skeef, en so amper word sy die prooi van die buurvrou se kat. Wanneer haar toordery wel ’n tweede keer slaag, kry sy nie met ’n kat te doen nie, maar met ’n veel gevaarliker vyand wat die Lilliputters se lewens daagliks bedreig. Sal sy daarin slaag om hulle te help?
'n Mens behoort tog net hande te was wanneer hulle regtig vuil is. En dit is maar selde! So glo die jonge dame, totdat haar ma vir haar vertel van die kieme op 'n mens se hande ... O, gonna! Kieme! Kyk, g'n natuurlike kind hou van hande was nie, maar kieme! Jig! Sies! Mammas sal baie bly wees as hulle kinders ook so oor kieme kan dink.
Die boek is gemik daarop om taalvaardighede op ’n pret, interaktiewe manier te ontwikkel. Hierdie oefenboek se leesoefeninge bevat uittreksels van kontemporere jeugboeke wat ’n leerder se verbeelding sal prikkel en sal aanmoedig om met begrip te lees. Die Nuwe Alles-In-Een Graad 5 Taal- en leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal bevat alles-in-een boek – taal- en begripsoefeninge. Hierdie oefenboek is maklik om te gebruik en bevorder leerders se taalvermoe in die klas en by die huis.
Marinda Se Kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Die kinkel is die eksperimente wat in die boek voorkom, en wat met alledaagse kombuisprodukte uitgevoer kan word. Die resepte is maklik, vinnig en liplekker om te maak. Maak van die resepte vir jou verjaarsdagpartytjie, en dan kan jy en jou maats die eksperimente ook saam doen! Sjoe! Jy gaan só cool wees. Dié towerkookboek gaan vir jou wys dat die kombuis 'n wonderlike plek is!
Padda voel nutteloos, want hy kan nie vlieg soos Eend nie en hy het ook nie 'n talent vir goeters maak soos Rot nie. Hy wens hy kan koekbak soos Vark, of so vlot lees soos Haas. Maar dan besef Padda dat hy uniek, spesiaal en talentvol op sy eie manier is – hy is pragtig en groen, en kan beter swem en spring as enigiemand anders! Padda is padda is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook 'n lewensles. Die storie verduidelik dat elke kind uniek is en oor sy eie talente beskik – dit maak hom nie beter of slegter as 'n ander kind nie. En almal is lief vir Padda net soos hy is! Padda leer dat dit die beste is om net homself te wees.
Wat sluip daar in die maanlig rond? Waldo en Connie bly in dieselfde woonstelblok – en hulle krap behoorlik kop. Oral in hulle buurt verskyn plakkate en pamflette oor vermiste troeteldiere. En boonop is daar iets vreemds met Waldo aan die gang … hy sien helder oordag dinge wat nie bestaan nie! ’n Nat, slymerige bol hare lei Waldo en Connie op die spoor van ’n onvergeetlike (en gevaarlike) avontuur – een wat jou sal laat tjank van lekkerkry!
Die boek is gemik daarop om taalvaardighede op ’n pret, interaktiewe manier te ontwikkel. Hierdie oefenboek se leesoefeninge bevat uittreksels van kontemporere jeugboeke wat ’n leerder se verbeelding sal prikkel en sal aanmoedig om met begrip te lees. Die Nuwe Alles-In-Een Graad 7 Taal- en leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal bevat alles-in-een boek – taal- en begripsoefeninge. Hierdie oefenboek is maklik om te gebruik en bevorder leerders se taalvermoe in die klas en by die huis. |
You may like...
Gender and Lifelong Learning - Critical…
Carole Leathwood, Becky Francis
Hardcover
R5,203
Discovery Miles 52 030
Adult Education as Empowerment…
Pepka Boyadjieva, Petya Ilieva-Trichkova
Hardcover
R2,907
Discovery Miles 29 070
Optoelectronics in Machine Vision-Based…
Moises Rivas-Lopez, Oleg Sergiyenko, …
Hardcover
R5,649
Discovery Miles 56 490
|