0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (382)
  • R50 - R100 (1,355)
  • R100 - R250 (2,322)
  • R250 - R500 (748)
  • R500+ (159)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Nuwe Alles­In­Een: Pret met Spel Graad 1 (Afrikaans, Paperback): Nuwe Alles­In­Een: Pret met Spel Graad 1 (Afrikaans, Paperback)
R122 R105 Discovery Miles 1 050 Save R17 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 1 Huistaal sal kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat meer as 30 kaart-, bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke, asook sig- en spelwoorde op ’n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard met werkvelle ter inskerping. Stap vir stap voorafriglyne word gegee vir die onderwyser of ouer oor hoe om die speletjies aan te bied.

Wanneer spelling met innoverende speletjies vol beweging en aksie – wat ook groot motoriese vaardighede ontwikkel – onderrig word, sal die kind in Graad 1 die werk met vreugde en opwinding aanpak en nie verveeld raak nie. Die onderrig van spelling met een prettige speletjie ná die ander maak kinders én ouers en onderwysers lus om te spel.

Dié werkboek vir Graad 1 gee in besonder aandag aan die leer van die verskillende klanke, en die lees en skryf van woorde wat dié klanke bevat. Die eerste 180 hoëfrekwensie-sigwoorde word geoefen.

Nuwe Alles­In­Een: Pret met spel Graad 3 (Afrikaans, Paperback): Nuwe Alles­In­Een: Pret met spel Graad 3 (Afrikaans, Paperback)
R122 R105 Discovery Miles 1 050 Save R17 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 3 Huistaal sal kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat byna 50 kaart-, bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke asook sig- en spelwoorde vir Graad 3 op ’n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard met werkvelle ter inskerping. Voorafinligting en riglyne word vir die onderwyser/ouer gegee.

Wanneer spelling met innoverende speletjies vol beweging – wat groot motoriese ontwikkeling aanhelp – en aksie onderrig word, sal die kind in Graad 3 die werk met vreugde en opwinding aanpak en nie verveeld raak nie. Die onderrig van spelling met een prettige speletjie ná die ander sal kinders én ouers en onderwysers lus maak om te spel.

Dié werkboek hersien eers die klanke en spelling van Graad 1 en 2, en gee dan aandag aan lettergreepverdeling, meervoude, verkleinwoorde en spelreëls wat voorgeskryf is vir Graad 3. Die vlot herkenning en skryf van die voorgeskrewe 320 sigwoorde word geoefen.

Op Die Potjie, Gou! (Afrikaans, Paperback): Sally Lloyd-Jones Op Die Potjie, Gou! (Afrikaans, Paperback)
Sally Lloyd-Jones; Illustrated by Anita Jeram
R199 R171 Discovery Miles 1 710 Save R28 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is nie net hasie wat op pad is na die potjie nie, selfs ballerina olifant en kangaroe is deel van die groep! In hierdie rymende potjie-boek word almal na die potjiepartytjie uitgenooi, insluitend die leser!

Nuwe Alles­In­Een: Pret met Spel Graad 2 (Afrikaans, Paperback): Nuwe Alles­In­Een: Pret met Spel Graad 2 (Afrikaans, Paperback)
R122 R105 Discovery Miles 1 050 Save R17 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 2 Huistaal sal kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat 40 kaart-, bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke en die sig- en spelwoorde vir Graad 2 op ’n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard met werkvelle ter inskerping. Die speletjies bevat stap vir stap voorafinligting met riglyne vir die onderwyser of ouer.

Wanneer spelling met innoverende speletjies vol beweging en aksie – wat ook groot motoriese vaardighede ontwikkel – onderrig word, sal die kind in Graad 2 die werk met vreugde en opwinding aanpak en nie verveeld raak nie. Die onderrig van spelling met die een prettige speletjie ná die ander maak kinders én ouers en onderwysers lus om te leer spel.

Dié werkboek vir Graad 2 hersien eers die klanke van Graad 1 met ’n aantal speletjies, en dan word die klanke vir Graad 2 speel-speel ontdek. Die kind leer ook die eerste 250 hoëfrekwensie-sigwoorde en maklike spelreëls aan.

Hoe Om Jou Draak Te Tem 2: Hoe Om 'n Seerower Te Wees (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om Jou Draak Te Tem 2: Hoe Om 'n Seerower Te Wees (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R185 R155 Discovery Miles 1 550 Save R30 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Die tweede boek in Cressida Cowell se gewilde Hoe om jou draak te tem-reeks. Kan die Wiking-held Harwarrus Horribalus die skat van Grombaard die Gruwelike vind voor Alvin die Verraderlike sy slinkse kloue daarop kry? En wat as Harwarrus 'n kis oopmaak wat se moenie oopmaak nie? Sal hy lewe om die storie te vertel?

Wie Woon Hier? (Afrikaans, Paperback): Einat Tsarfati Wie Woon Hier? (Afrikaans, Paperback)
Einat Tsarfati
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Ships in 4 - 8 working days

“Ek woon in 'n gebou met sewe verdiepings. Elke vloer het 'n ander deur. Die eerste deur het baie slotte. Daar woon beslis 'n gesin diewe. Voor die tweede deur is altyd modderige voetspore. Dit is die woning van 'n ou jagter en sy troeteltier.” 'n Fantastiese reis deur die verbeelding van 'n meisie wat elkeen van haar bure probeer voorstel deur net te kyk hoe hul voordeur lyk. Elke bladsy is gevul met eindelose detail en verrassings!

Op die Rug van 'n Tier (Afrikaans, Paperback): Dianne Hofmeyer Op die Rug van 'n Tier (Afrikaans, Paperback)
Dianne Hofmeyer
R199 R171 Discovery Miles 1 710 Save R28 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Tom teken 'n tier na sy besoek aan die kunsgalery. Daardie nag stap die tier uit die prent teen die muur tot langs hom en spin: "Kom ons gaan stap!" Tom is bang, maar die tier stel hom gerus. Hierdie verhaal, geïnspireer deur Henri Rousseau se skildery Tier in 'n tropiese storm (Verras!) sal kinders help om vrese te oorkom, nes Tom op sy nagtelike uitstappie met 'n tier.

Trompie Omnibus 7 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 7 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skryf in vir 'n kompetisie wat 'n reis Kaap toe as prys aanbied.

Saartjie Omnibus 7 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 7 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wêreldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.

Die Aksie-Bybel Raai-Raai-Speletjie Vir Die Hele Gesin (Afrikaans, Cards, Boxed set): Die Aksie-Bybel Raai-Raai-Speletjie Vir Die Hele Gesin (Afrikaans, Cards, Boxed set)
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Ships in 4 - 8 working days

As kinders van Die Aksie-Bybel gehou het, sal hulle mal wees oor Die Aksie-Bybel: Raai-raai-speletjie. Dit was nog nooit so lekker of maklik om die Bybel te leer ken nie. Hierdie prettige speletjie bied:

  • 99 kaartjies met 20 leidrade elk oor ʼn persoon, plek of voorwerp in die Bybel, asook Skrifverwysings om verdere Bybellees aan te moedig
  • 'n Vinnige verwysing na waar die storie in Die Aksie-Bybel gevind kan word
  • 'n Instruksiekaartjie met aanwysings vir 3 maniere waarop die speletjie gespeel kan word

Die kaartjies is geïllustreer deur Sergio Cariello, wat Die Aksie-Bybel geïllustreer het. Hierdie speletjie is ideaal om in die kar te speel op die langpad of sommer vir ’n speletjiesaand by die huis. Dit sal kinders se kennis van die Bybel op ’n prettige en interaktiewe manier verbreed.
Wie's Jy, Mnr Slym? (Afrikaans, Paperback): Zanri Kritzinger Wie's Jy, Mnr Slym? (Afrikaans, Paperback)
Zanri Kritzinger
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Morne is die maatjie wat altyd eenkant op die speelgrond sit terwyl die ander maats heerlik speel. Hy word meer hartseer en eensaam by die dag! Sy verbeeldingsmaat, Mnr Slym, sien dit raak en beraam 'n plan om hom weer gelukkig te maak. Want vriende moet daar wees vir mekaar!

Elf Dae in Oxford (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae in Oxford (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat ’n formule wat Inez se werk ver kan laat vorder. Met SkyTech kort op haar hakke maak almal op Alicia staat om die Wonderland-program te beskerm . . . 

Elf Dae Op 'n Eiland (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae Op 'n Eiland (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn? Uit die bloute kom nog bekendes uit Kaapstad op Cousin aan . . . So word dit elf dae wat Danika nooit sal vergeet nie!

Name en Nisse - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Name en Nisse - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R93 Discovery Miles 930 Save R26 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixies leer vir ons een van hulle belangrikste geheime: verskeidenheid. So leer ons wat die woord biodiversiteit beteken en hoekom dit so belangrik is dat ons dit moet verstaan. Facto leer van die baie verskillende soorte plante en diere op Aarde en dat elkeen wat ontdek word, 'n naam moet kry. Ouma Flox verras die Flixies met 'n spesiale stuk borduurwerk...

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Die Plante Gaan Land Toe - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Plante Gaan Land Toe - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R93 Discovery Miles 930 Save R26 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Die eerste groen plante het in water geleef. Omdat toestande op land baie anders is as in water, sou die oudste plante eenvoudig uitdroog en nie kon regop bly sonder die ondersteuning wat water bied nie. Facto leer hoe plante ontwikkel het sodat hulle, hulle op land kon vestig en watter plante op die ou end suksesvol was en oral op land begin groei het...

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Die Koms Van Die Groot Diere - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Koms Van Die Groot Diere - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R93 Discovery Miles 930 Save R26 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixies hoor in hierdie storie wat die werweldiere se wenresep was – ’n skelet binne-in die liggaam, wat van been en kraakbeen gemaak is, waaraan spiere kon vasheg. Werweldiere het unieke eienskappe gehad wat hulle aanpasbaar op land gemaak het en sodoende is talle nisse gevul wat die land nog verder vir ander lewensvorme oopgemaak het!

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Slimkoppe Vaardighede: Vorms (Afrikaans, Paperback): J. Price Slimkoppe Vaardighede: Vorms (Afrikaans, Paperback)
J. Price
R35 R31 Discovery Miles 310 Save R4 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Each book in the series focuses on practising skills in one key preschool concept. Each page consists of a number of activities to be completed. Beautiful full-colour illustrations as well as our loveable Smart-kids characters add humour to the series and develop a real love of learning.

Skuif en Loer: Syfers (Afrikaans, Board book): Cheeky Monkey Skuif en Loer: Syfers (Afrikaans, Board book)
Cheeky Monkey
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Met hierdie reeks sal kinders hope pret hê terwyl hulle syfervaardighede met behulp van teloefeninge ontwikkel!

Harry Griesel 5: Die Spookmonster (Afrikaans, Paperback): Sonja Kaiblinger Harry Griesel 5: Die Spookmonster (Afrikaans, Paperback)
Sonja Kaiblinger; Illustrated by Frederic Bertrand
R225 R194 Discovery Miles 1 940 Save R31 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is Halloween in Radysstraat, maar Otto sit alleen by die huis. Selfs Harry Griesel hou hom skaars, want sy nuwe baas by die S.B.I., Rufus Rittelbeen, is baie streng oor kuiertjies in werkstyd. Gelukkig kan oom Archibald nou vir Otto help om sy vermiste ouers op te spoor. Hulle vind uit dat sy ouers deur 'n Grieselgryper met 'n houtbeen ontvoer is. Is dit toevallig dat Rufus daardie beskrywing pas?

Vaselinetjie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Anoeschka Von Meck Vaselinetjie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Anoeschka Von Meck
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Sy is Helena Bosman van ’n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly.

Dis ’n vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en ’n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie.

Maar soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart.

**Film weergawe van boek in teaters 22 September 2017

Lotta Se Lewe 9: Die Kangaroo Se Skoen (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller Lotta Se Lewe 9: Die Kangaroo Se Skoen (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller; Illustrated by Jutta Langreuter
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Lotta en haar hele familie gaan vir ’n naweek weg om Ouma en Oupa se goue bruilof te vier. Haar pa het lank beplan wat hulle alles daar gaan doen. Van ’n simpel skattejag tot ’n vervelige wandelpad deur ’n woud. Maar die ERGSTE van alles is dat sy en haar raasbekboeties ’n lied moet sing. Voor al die mense! Gelukkig gaan Lotta haar twee niggies wat in Australië bly ook daar ontmoet. Wie weet, dalk kuier hulle darem lekker saam . . .

Dino Poef 'n Planeet! (Afrikaans, Paperback): Tom Fletcher Dino Poef 'n Planeet! (Afrikaans, Paperback)
Tom Fletcher; Illustrated by Garry Parsons
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dirkman en Dino besluit om die museum te besoek, maar hulle druk op al die verkeerde knoppies. Toe hulle weer sien is hulle op pad na die ruimte, maar hulle het hulle padkos by die huis vergeet. Dino begin alles in sig verslind, selfs hulle vuurpyl. Gelukkig kry Dino ’n poeftastiese plan om hulle weer op die aarde te kry ... Hierdie skreeusnaakse prenteboek sal tonne vermaak aan beide grootmense en kinders verskaf!

Veldiep (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Veldiep (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme youtube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting tussen Tim en Amber lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim haar ware skoonheid raaksien?

Die verskriklike voelverskrikker (Afrikaans, Paperback): Isabella Camino, Delphine Lacharron Die verskriklike voelverskrikker (Afrikaans, Paperback)
Isabella Camino, Delphine Lacharron; Illustrated by Isabella Camino; Fantasi Fantasi
R50 R39 Discovery Miles 390 Save R11 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Harry Griesel 4: Die Zombie-Ontvoerder (Afrikaans, Paperback): Sonja Kaiblinger Harry Griesel 4: Die Zombie-Ontvoerder (Afrikaans, Paperback)
Sonja Kaiblinger
R225 R194 Discovery Miles 1 940 Save R31 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Otto en Emily het ’n nuwe onderwyser wat baie vreemd optree en gedurig vrae vra oor Otto se vermiste oom Archibald. Harry Griesel het ook probleme: Iemand het ’n onwettige deurgang na Die Oorkant oopgesluit en nou krioel die stad van zombies! Die SBI moet dadelik uitvind wie die skuldige is en Otto en sy vriende is op die punt om die raaisel op te los, wanneer tannie Sharon haarself skielik in groot gevaar bevind.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Woud Van Sneeu & Ys
Frenette van Wyk Paperback R260 R224 Discovery Miles 2 240
Sondag Steel jy my Hart
Cecilia Steyn Paperback R220 R161 Discovery Miles 1 610
Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter
Betsie Vos Paperback R150 R129 Discovery Miles 1 290
Kaarte - 'n Pretereis Deur Die Lande…
Aleksandra Mizielinska, Daniel Mizielinski Hardcover R382 Discovery Miles 3 820
Twa Die Tydloper
Anoeschka Von Meck Paperback R310 R242 Discovery Miles 2 420
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R190 R140 Discovery Miles 1 400
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R160 R138 Discovery Miles 1 380
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie
Jeff Kinney Paperback R185 R145 Discovery Miles 1 450
Donker Web
Fanie Viljoen Paperback  (2)
R255 R195 Discovery Miles 1 950
Die Mooiste Sprokies Van Grimm
Marita van der Vyver Paperback R420 R361 Discovery Miles 3 610

 

Partners