![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Hy grawe en grawe. Fluit-Fluit waarsku hom om versigtig te wees, maar so byna krap Tjoppie Warrie Wurm se huisie heeltemal om! Gelukkig kan almal fluks help en Tjoppie kan sy nuwe skat saam met hom huis toe neem. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Het jy al ooit gewonder hoe die wereld gelyk het toe jou pa klein was? Was daar al dinge soos skole, kantore, yskaste en TV’s? Hoe het mense vir mekaar sonder e-pos boodskappe gestuur? Het hulle regtig doodgegaan van iets soos verkoue omdat daar nog nie medisyne was nie? Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar die wereld baie meer primitief en gevaarlik was. Groot illustrasies in waterverf en bruin potlood word telkens met 'n gepaste skreeusnaakse kort sin vergesel.'n Skreeusnaakse boek vir kinders wat vermoed dat hulle pa’s uit 'n ander wereld kom.
Die verskil tussen Arboreta en al die ander hekse in die wereld is dat sy nie 'n bose of nare heks is nie: Sy het nie moesies of ’n haakneus nie en vang ook nie kindertjies om in haar swart pot te kook later hulle beentjies af te suig nie. Sy wil veel eerder he dat kinders veilig en gelukkig in haar woud rondspeel. Arboreta is ’n gelukkige heks – maar daar is tog twee goed waaroor sy haar baie bekommer: Wie sal eendag die boomheks van die groot groen woud wees wanneer sy nie meer daar is nie? En wat sal gebeur as die houtkappers aanhou om so vreeslik baie bome af te kap, sonder om nuwes te plant? Miskien kan die groen dogtertjie wat op ’n dag die woud besoek, Arboreta help om die woud te red … maar hoe?
Hierdie gids is saamgestel volgens die voorskrifte van die KABV vir Graad 11 Huistaal. Die studiewerkgids sal leerders help om die roman se inhoud en struktuur te verstaan en om sinvol vir die eksamen voor te berei. Die gids bevat breedvoerige besprekings en toepassing van literêre begrippe vir die genre, kontekstuele vrae volgens kognitiewe vlakke, inhoudsvrae vir afronding vir die eksamen, onderwerpe en riglyne vir literêre opstelle, en verrykingsaktiwiteite om die leerder se belangstelling in en waardering vir die roman aan te wakker. Die studiewerkgids bevat die volgende: · in-diepte bespreking en toepassing van struktuur, styl, intrige, verteller en vertellersperspektief, karakter en karakterisering, konflik, milieu, tyd, verteller, tema en motiewe; · kontekstualisering van die verhaal; · pre-lees, tydens lees en post-lees wat toeligting, ontleding en vrae insluit; · ʼn kort opsomming van elke hoofstuk en kontekstuele vrae (met spasie vir leerderantwoorde) wat fokus op begrip van die inhoud van die verhaal; · volledige woordverklarings; en · toetse vir formele assessering/assesseringstake.
'n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog 'n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy, onwetend, sy diepste geheime aan haar. Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.
Arme bleek Bennie Botha het 'n probleem: 'n hoesprobleem om presies te wees. Elke aand hoes hy dat die mure bewe en sy bed kraak. Bleek Bennie is sowaar moeg vir die hoes wat hom so wakker hou elke aand. Sal hy 'n plan kan maak om daarvan ontslae te raak? Sy ma se stink salf en die dokters se stoommasjientjie help net mooi niks nie. Boonop kla Piet (dis nou Bennie se spinnekopvriend wat ook in Bennie se kamer bly) dat Bennie se gehoes hom uit die slaap hou!
In Anatomicum word die werking van die menslike liggaam in die fynste besonderhede verduidelik. Hoe lyk jou liggaam aan die binnekant? Hoe word spiere gebruik om emosies te wys? Hoe groei 'n mens uit een enkele sel? Wanneer jy deur hierdie museum in drukvorm blaai, sal jy die wonders van die menslike liggaam in al sy glorie te ontdek.
Die klein heksie wil bitter graag deelneem aan die jaarlikse Heksenag en soos die ander groot hekse met haar besem op Bloksberg dans. Daar is net een probleem: Sy is maar nog net honderd-sewe-en-twintig jaar oud en dus nog te jonk om deel te neem. Nou ja toe, as sy dan nou nie oud genoeg is nie, wil sy ten minste goed genoeg wees! Die hoofheks bied aan dat as sy binne die volgende jaar s'n goeie heks is, sy aan die volgende fees kan deelneem. Maar het sy dalk die instruksie verkeerd verstaan?
This bright and colourful book is a great way to introduce babies and toddlers to books and first skills.
Vir Tillie, die beste atleet in haar graad, is daar min dinge so frustrerend soos grootmense wat gedurig vreemde uitdrukkings gebruik. Wie wil nou hoor van husse met lang ore as jy doodgewoon gevra het wat vir ete is? Sy’s darem al te oud vir sprokienonsens en simpel prekies! Maar dan begin Tillie se kat Krummel meteens praat...en oortuig sy vir Tillie om saam met haar na die towerwereld Tah te reis. In Tah, die land waar nuwe woorde deur die woordenaar uitgedink en gemaak word, is 'n bose vloek besig om ou en nuwe woorde een vir een in die gisterkolk te laat verdwyn. Sal Tillie die woordenaar se opdragte kan uitvoer om die vloek te verbreek – en so te keer dat Tah in 'n dorre woordwoestyn verander?
Spooksoene is die verhaal van Micki (Muis) wat deur haar agterbakse vriendin, Roxy, geboelie word. Sy ontvang 'n geheimsinnige uitnodiging na die hotel op Skimbaai waar haar silwerdoekheld, Voltaire-X, se nuwe riller verfilm word. Micki brand om 'n rol teenoor Voltaire los te slaan, maar het nie 'n kans teen die beeldskone Roxy nie. Boonop kom sy gou agter alles is nie pluis in die Spookhotel nie…Hoe oorkom jy 'n yslike puisie op jou neus, 'n aanstellerige vriendin en grillerige ligte wat jou snags na kamer 13 lok? Wat is agter die toe deur? En wie is die Sieleslurper? Micki ontmoet vir Aldo, 'n seun wat vakansiewerk in die hotel doen, en saam beleef hulle 'n avontuur waarin hulle die spokerige geheim ontrafel. Wanneer Micki uiteindelik van aangesig tot aangesig kom met die Sieleslurper, kan sy haar eie oe nie glo nie...
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van die gewilde reeks. Hierdie is die vierde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Leliesvlei se boere word deur skaapdiewe geteiken en die polisie sukkel om die skuldiges vas te trek. Jasper besluit dis die ideale geleentheid om sy speursin op die proef te stel – hy wou tog nog altyd ’n bobaasspeurder word. Kan hy die nodige inligting vir die polisie in die hande kry? En kan hy die speurder-sersant en sy vrou uit die kloue van die boewe red? Kom deel in die avonture van Jasper!
Hierdie boek bevat sagsinnige rympies met gepasde teksture waaraan jou baba kan vat en voel. Dit is die ideale manier om jou baba op 'n sensoriese wyse bekend te stel aan plaasdiere.
Dis my verjaardag en ek gaan 'n koek bak. Ek het eiers, meel, botter, melk, 'n knypie sout, suiker en 'n paar kersies vir bo-op nodig. Kan my dierevriendjies my help? Wat kan nou lekkerder wees as om ’n verjaardagkoek te deel met maatjies wat gehelp het om dit te bak? Helen Oxenbury is ’n geliefde illustreerder van kinderboeke wat al talle pryse gewen het met haar werk. Hierdie teks is ’n aandoenlike verhaal oor vriendskap en mededeelsaamheid, wat op peuters en kleuters gemik is.
Kan Harwarrus ’n onmoontlike taak verrig, teen Berserks baklei, keer dat hy en Visbene vir die Gedrog gevoer word EN die geheim van die verlore troon ontrafel? Dis moeilik om ’n held te wees! Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was ’n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar die reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om ’n held te wees. Kinders wat DreamWorks se film How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!
Die Voelman toor en vervloek mense. Moenie met hom praat nie. Bly ver van hom af weg. Gracie en Daniel word gewaarsku om nie naby die Voelman te kom nie, maar 'n boodskap in die sand laat hulle besef dat hy anders is as wat almal dink. Hulle verdwaal een nag in digte mis en beland alleen op 'n verlate eiland. Is die Voelman se stories waar? Is die plek vervloek?
'n Huis vir Tippie is 'n pragtige, atmosferiese verhaal oor die vriendskap tussen 'n seuntjie en 'n straatkat. Die seuntjie bring elke dag 'n nuwe bakkie melk en wen so die kat Tippie se vertroue. Maar op 'n dag is daar nie 'n bakkie nie. Geen bakkie nie, en ook geen seuntjie nie. Tippie verdwaal en verkeer in gevaar. Sal die twee vriende mekaar ooit weer sien? |
You may like...
Pearson REVISE BTEC National Sport Units…
Kelly Sharp, Sue Hartigan
Paperback
R516
Discovery Miles 5 160
How to Give Effective Feedback to Your…
Susan M. Brookhart
Paperback
Meaningful Grading - A Guide for Faculty…
Hoag Holmgren, Natasha Haugnes, …
Hardcover
R2,691
Discovery Miles 26 910
The Science of Mythology - Essays on the…
C. G. Jung, C. Kerenyi
Hardcover
R2,871
Discovery Miles 28 710
Design and Measurement Strategies for…
Jose Luis Gomez, Isabel Maria Gomez Barreto
Hardcover
R5,333
Discovery Miles 53 330
You Just Fight for Your Life - The Story…
Frank Buchmann-Moller
Hardcover
R2,544
Discovery Miles 25 440
|