![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
“My fiets het altyd pap bande gehad.” “Bande? Bande? Jy was gelukkig. My fiets het nie eens bande gehad nie. Ek het op 'n fiets met houtwiele gery. En die saal was altyd ’n bietjie los.” “Is dit al? My fiets het vierkantige houtwiele gehad, geen saal nie en slegs een pedaal.” Dirk kuier by sy oupas, maar hy moet steeds skool toe gaan. Daarom het sy oupas vir hom 'n fiets aanmekaargesit. As Dirk versigtig uitwys dat die fiets 'n bietjie lendelam is, begin die oupas grootpraat oor die teespoed wat hulle moes trotseer om betyds by die skool uit te kom. 'n Skreeusnaakse verhaal!
Dapper Kinders Van Suid-Afrika eer die bekende en minder bekende heldhaftige kinders in die geskiedenis van Suid-Afrika. Daar word vertel van die koue nag toe Klara Majola haar blinde pa gaan soek het. Jacobus Lombard onthou die ontberings wat hy as 15-jarige seun op die Dorslandtrek gely het en die dapperheid wat dit gekos het om te oorleef. Die Anglo-Boereoorlog het heelwat kinderhelde opgelewer. Penkoppe (seuns van ongeveer 10–15 jaar) het saam met die Boere op kommando gegaan en in sekere gevalle saam gesneuwel. Hierdie versameling van 36 verhale gee ’n blik op die heldemoed wat kinders jonger as 16 jaar aan die dag gelê het.
Hond in ’n Rok - Die diere dra baie klere. Wie se klere is dit? Hardloop, Tom, Hardloop! - Tom hou van hardloop. Sal Tom die resies wen? Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Ottie se pa is 'n sjef by die Koperlyster Hotel. Hy word baie min betaal en omdat hy nie die regte papiere het nie, kan hy nie sommer net 'n ander werk gaan soek nie. Wanneer die nare hoteleienaar hom ontslaan, moet Ottie en haar pa in hul bussie rondtrek en vir hom 'n nuwe werk soek, maar eers gaan kampeer hulle uit in die parkeerterrein voor die "rekenaargebou" waar hy sy papiere moet kry… Ottie verstaan nie veel hiervan nie en hul dierevriendjies ook nie. Wanneer die polisieman hulle kom wegjaag, vlieg Kwark, die kraai, voor die bussie uit om vir hulle 'n rustige kampeerplek uit te wys. Intussen raak die twee muise in Ottie se mandjie, wat van die hotel af saamgekom het om "Die wye wereld" te sien, onrustig omdat hulle nog nie in Muistopia, oftewel Muisparadys, is nie.
Dit is duidelik: Krokodil is verlief. Maar, soos dit gewoonlik maar gaan as iemand verlief is, is daar 'n klein probleempie … Die kameelperd op wie hy verlief is, is so veel langer as hy! Krokodil loop al dae lank rusteloos rond. Soms kry hy te koud, soms kry hy te warm, soms is hy bitter hartseer, soms is hy so gelukkig dat hy die hele wereld wil omhels.
’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
Hierdie is ‘n drie-in-een boek! (Die dansende hasie; Die strooimeisie & Die feetjiebal). Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is. Hanli is ’n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ’n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde... behalwe wanneer sy verras word! Op ’n dag sien Hanli ’n prentjie van ’n ballerina en daar en dan besluit sy dat sy ’n dansende ster wil word. Sy sluit by ’n balletskool aan en oefen elke dag pligsgetrou. Maar sal so ’n klein hasie die danspassies regkry? ’n Ander keer ontvang Hanli ’n briefie: Sy word gevra om strooimeisie by ’n troue te wees. Dit klink so opwindend! Hanli kan haar oe nie glo toe sy haar pragtige strooimeisierok sien nie! Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli genooi word om ’n feetjiebal in feetjieland by te woon. Net toe sy dink die dag kan nie meer betowerend word nie, kom die Feekoningin daar aan met ’n besonderse geskenk – spesiaal vir Hanli. Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!
Ontmoet 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie lewendige en boeiende kindergids. Ontdek die besondere kenmerkende gewoontes van slange – waar hulle woon, hoe hulle jag, watter gevare hulle bedreig, en hoe hulle hulself beskerm. Meer as 250 bekoorlike foto’s ondersteun die teks. ’n Volledige inleiding tot heelwat kenmerke van die gedrag van slange ontsluit die betowerende wêreld van hierdie wydverspreide reptiele.
Caesar het 'n boek geskryf! Ja, sowaar! Hy het sy kommentare oor die Galliese oorlog neergepen. Maar sy slinkse uitgewer, Sinus Apocrivus, het ander planne met die manuskrip. Is Caesar se “Kommentare oor die Galliese oorlog” nog volledig, en hoekom word die kopiiste skielik opgesluit? Is dit dalk omdat hulle iets weet wat die res van Gallie nie mag weet nie, en wat die hele ryk gaan skud? Wanneer een van die kopiiste ontsnap met 'n papirusrol onder die arm, is die gort gaar!
Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.
Sindikaat is ’n avontuurverhaal waarin drie vriende se lewens omvergegooi word wanneer die hoofkarakter, Paul, per ongeluk op onwettige smokkelgoed afkom. Hulle paaie kruis met die van die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe, Zambië en Namibië word hul lewe gereeld bedreig. Spannende aksietonele laat die adrenalien behoorlik pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in hierdie verhaal waarin die goeie die bose oorwin en geregtigheid seëvier.
Sara Sloot-Smit woon in 'n luukse huis in 'n welvarende buurt, gaan na 'n spogskool en het ouers wat baie belangrike werk doen. Maar hulle het min tyd vir Sara. Toe hulle 'n maand lank oorsee gaan, moet Sara by haar drie tannies in die stad gaan bly. Haar pa dink sy susters ken nie hul plek nie. Suzie giggel graag en maak grappies. Silvie is konstant met 'n nuwe kêrel of twee, en Sofia is wel suksesvol, maar sy's kwaai en gemeen en veels te luidrugtig. Sal Sara ooit die vakansie oorleef?
Die tingerige Wian is baie opgewonde wanneer hy uiteindelik in pleegsorg geplaas word en van die weeshuis kan ontsnap. Net jammer dat die oorgewig boelie, Pierre, saam met hom by dieselfde gesin gaan woon. Maar Wian se nuwe ouers is glad nie gaaf en ordentlik soos hy hom voorgestel het nie. Inteendeel, hulle maak hom doodbenoud. Veral toe hulle hom voorstel aan sy nuwe "suster", Cornelia - 'n massiewe, mak krokodil wat in die agterplaas woon.
Lulu is 'n sagte hond wat onder harde omstandighede grootgeword het. Na haar geboorte in 'n klein buitekamertjie word sy van eienaar tot eienaar aangegee. In die proses ontmoet sy 'n klomp vreemde kreature en beleef die een avontuur na die ander. Eindelik vind Lulu 'n goeie huis by Ingie en Jack op die klein groenteplasie Pampoenkop. Hier kry sy liefde, genoeg kos en speel van ligdag tot saans laat saam met haar nuwe boeties en sussies. Maar dan gebeur daar iets wat als kan verander... Van avontuur tot avontuur vind Lulu Lerulu die dapperheid in haarself om te wys hoe 'n groot hart in een hond klop.
Babette se pa gaan oorsee en sy moet by die vreemde tannie Theodora op Rustfontein gaan bly. Sy voel gou tuis, veral toe sy die aantreklike Tiaan en tannie Theodora se oulike hondjie ontmoet. Sy kan boonop haar sangtalent uitleef in die plaaslike teater se musiekproduksie. Maar alles is nie pluis in die dorp nie. Dit het iets te doen met die geskiedkundige begraafplaas op die bult en die legende van die meisie in die maanlig. Wie is die vrou in die swart lykswa wat Babette agtervolg? En waarom sien haar nuwe vriendin, Avani, ook die aaklige toneel wat een middag haar kamer afspeel? Babette moet veg vir haar lewe wanneer sy haar vasloop in 'n horde grillige zombies. Maar sal sy haar grootste vrese kan oorkom?
Van die eerste rotstekeninge tot moderne meesterstukke - hierdie boek volg die storie van skilderkuns vanaf die begin van die mensdom tot vandag. Soos wat jy lees, sal jy saam met kunstenaars deur die eeue heen op allerhande fassinerende feite en verstommende staaltjies afkom en 'n hele paar aha-oomblikke beleef. Maak jou gereed om uit te vind hoe die antieke Grieke waterbestande verf gemaak het, ontdek wie die ikonoklaste was en waarom hulle kunswerke verwoes het en wonder oor Mona Lisa se geheimsinnige glimlag...
Die heks en haar kat vlieg gelukkig deur die lug op haar besemstok. Maar dan kom raap die wind die heks se hoed, toe haar strik en toe haar towerstaf op. In die soektog na hierdie toor-noodsaaklikhede ontmoet die heks en haar kat talle hulpvaardige diere wat saam op haar besemstok wil ry. Maar is daar plek vir soveel diere op haar stok? En sal die nuwe vriende haar kan red wanneer gevaar dreig? ’n Verhaal oor die vreugde van vriendskap en om met ander te deel.
Dit is die jaar 50 voor Christus. Gallie is geheel en al in Romeinse besit… Geheel en al? Nee! Een dorpie vol ontembare Galliers bied hardnekkig weerstand teen die invaller ... en maak die lewe moeilik vir die Romeinse legioensoldate wat laer trek in die vestingkampe Skinkirum, Aquarium, Hiersitwarum en Casarum...
Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assessering beleidsverklaring (KABV) te voldoen. Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ’n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys. Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik. Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het. 'n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer. Die Formele Assesserings taak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir die wat in die klas voltooi moet word. Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening. ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet. Gratis studiegids.
|
You may like...
|