![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat
se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde
grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.
Soms voel die wêreld so reusagtig, en jy so klein. En dan is ’n onverwagse vriend, en ’n titseltjie toorkuns, net wat jy nodig het om die dapperheid uit jou uit te bring. Dié pragtige verhaal gaan oor Kara en haar ma wat na ’n nuwe huis trek. In die huis ontmoet sy haar denkbeeldige vriend, die sneeuleeu, wat haar stadig maar seker aanmoedig om nuwe maats te maak. Dis ’n klassieke, betowerende boek oor vriendskap.
Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geïntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat. Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders • spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer • glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies • vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik • noukeurig en krities na taalgebruik luister • taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik • nuwe woorde en sinne gebruik • transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf. Die ONDERWYSERSGIDS bied: • ’n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures • leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop • wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf • gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas • onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning • ’n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering • ’n CD waarop ’n volledige onder wysers lêer, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn. Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter mediêre Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei. Die leesboeke bied: • kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste • prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies. Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit: • vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke • toeligting by moeiliker tekste • woordverklarings vir komplekse woorde.
Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies. Toe hulle op ’n dag met albasters speel, tel hulle ’n besonderse klip op – ’n gelukbringerklip. Hulle bere dit natuurlik in hul skatkissie in hul geheime hut onder die trap. Min wetend dat die klip later handig te pas sal kom … Soos in die topverkoper Die Muishuis, Sam & Julia, sien die leser gaandeweg hoe die vriendskap tussen Sam en Julia ontwikkel. Ons ontmoet ook nuwe karakters soos wat die twee muise nuwe kamers en ruimtes in die Muishuisverken. In 2012 is die oorspronklike uitgawe as Best Verzorgde Boek in Nederland aangewys.
Die Lewensvaardighede Leerderboek is ontwikkel volgens die vereistes van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Graad 3. Dit gee geleentheid vir die bekendstelling en inskerping van leerinhoud, met minstens twee bladsye aktiwiteite per week. Die boek bevat 16 temas vir 40 onderrigweke soos "Die ruimte", "Oor my" en "Rampe".
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Woordeskatuitbreiding: Name van ’n aantal reptiele en insekte in & om die huis Ontwikkeling - redenasievermoë, watter reptiele/insekte nuttig is en watter skadelik/gevaarlik is. Bewusmaking - bewaring van dierelewe/veiligheidsaspekte t.o.v. reptiele en insekte.
Die werkboek is ontwikkel volgens die vereistes van die Kurrikulumen
assesseringsbeleidsverklaring.
Vanaf die oomblik toe die baba daar aankom, is dit duidelik hy is die baas. Hy rig sy kantoor in die middel van die huis in en Ma en Pa word onmiddellik op ’n vier-en-twintig-uur-werkprogram geplaas. Vergadering na vergadering word bele – party in die middel van die nag. Baas Baba is veeleisend en puntenerig en niemand waag dit om hom tee te gaan nie. Tot op ’n dag. Hy roep ’n vergadering uit, maar sy personeel reageer nie. Hy bespied sy omgewing, staar na sy werkers en frons. Kan dit wees? Dis tyd om iets heeltemal anders te probeer … Baas Baba is ‘n tong-in-die-kies-storie waaroor kinders en ouers mal sal wees!
'n Karavaanpark klink dalk na 'n idilliese plek om te woon, maar Kruhan
Malherbe dink nie so nie. Die plek is vol eienaardige mense en daar's
geen vriende nie. Een nag volg Kruhan twee otters tot anderkant die
riete, na waar 'n vriendelike seun op 'n vlot sit en braai. Timma is
die vriend waarop Kruhan gewag het! Terug in die karavaanpark hoor hy
stories van mense wat verdwyn het: die eienaar se kleindogter, en
ses jaar vantevore, ’n elfjarige seun. Kan Timma help om die raaisels
op te klaar?
Grootmense praat darem vreeslik snaaks! Eers is dit oor blompotte langs jou kop en geld wat nie op rûe groei nie, dan weer oor honde en katte wat uit die lug uit reën en kraaie wat tonge steel… verbeel jou! Maar wat nog snaakser is, is dat prinses Vlooi al hierdie dinge kan sien wanneer sy haar groot pienk bril opsit. Wanneer haar bril haar bruin oë soos twee heerlike sjokoladekoekies laat lyk, weet Vlooi sommer dadelik: nou gaan die poppe dans. Regtig!
Die NUWE ALLES-IN-EEN Graad R Werkboek vir Lewensvaardighede pas aan by die suksesvolle NUWE ALLES-IN-EEN-reeks - die voorgeskrewe werkvelle op die CD in die NUWE ALLES-IN-EEN Graad R Lewensvaardighede Onderwysersgids is nou in boekvorm om dit vir onderwysers makliker te maak om aan elke leerder uit te deel met nuwe verrykingsaktiwiteite wat by die tema pas vir addisionele assessering van leerder/kind se kennis en vordering. Hierdie opvoedkundige werkboek is ontwerp om leerders se vaardighede te slyp. Die aktiwiteite in die werkboek is toegespits op multisensoriese ontwikkeling van ruimtelike- en koördinasievaardighede. Die voorgeskrewe werkvelle wat leerders tot aanvulling van die NUWE ALLES-IN-EEN Graad R Leerderboek doen, is 'n waardevolle assesseringsinstrument en die onderwyser/ouer kan sien watter leerders nie die begrippe verstaan nie en sodoende die verrykingsoefeninge doen op die linkerbladsy.
Welkom in die gesin – hoe jy ook al daar beland het! Hoe het jou gesin jou gekry? Het jy 'n ma en 'n pa, of 'n stiefma, of pleegouers, of miskien twee pappas of twee mammas? Daar is baie soorte gesinne, en hierdie boek verken almal van hulle. 'n Sensitiewe en noodsaaklike boek om die heel belangrikste element van gesinslewe vir selfs die kleinste kinders te verduidelik: dat jy baie, baie welkom is! Nog 'n uitbundige geselsboek deur die skeppers van die topverkopers Die groot boek van families en Die groot boek van gevoelens.
Learn to Read with Tippie the Elephant!
Best Books Studiewerkgids: Verskuns vir Huistaal Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Verskuns vir Huistaal, die voorgeskrewe bloemlesing vir Graad 10 Afrikaans Huistaal (Macmillan), ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van elke gedig word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die gedigte verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek.
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Hierdie 3 in 1 studiegids bied, vir leerders en onderwysers, ’n omvattende en innoverende benadering tot Wiskundige Geletterdheid. Dit bevat: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde in al 7 onderwerpe, Oefeninge en ‘Toets jou Begrippe’ vir elke onderwerp en Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & nuttige wenke. Hierdie boek bied ’n konkrete oplossing vir leerders wat hierdie vak neem. Dit ontwikkel hul vaardighede en selfvertroue in die oplos van enige soort wiskundige probleem wat spesifiek op die kurrikulum van toepassing is. Die stimulerende maklik-om-te-volg teks, duidelike diagramme en illustrasies motiveer leerders om redelik moeiteloos deur elke onderwerp te vorder. Nuwe konsepte en tegnieke word dwarsdeur die boek sistematies vasgele en geassesseer. ’n Noodsaaklike studiegids vir sukses in Wiskundige Geletterdheid.
Hierdie 2 in 1 studiegids bied aan Graad 12-leerders ’n unieke metode om matriekwiskunde te bemeester en daarin uit te blink. Leerders word deel gemaak van ’n sorgvuldig saamgestelde vraag-en-antwoord-‘leer’ van ontwikkeling en ondersteuning. Hierdie boek bevat ’n uiters omvattende, metodies gerangskikte samestelling van eksamenvrae en – antwoorde, geskik vir beide die NASIONALE en die IEB-wiskunde-eksamens. Die sorgvuldig opgeboude vrae dek ook beide die Graad 11- en 12-inhoud wat in die eindeksamen ingesluit word. Daar is TWEE duidelik onderskeibare afdelings in die boek: Onderwerpgerigte Vrae & Oplossings – om ’n deeglike begrip van teorie, tegnieke & konsepte in elke onderwerp te ontwikkel. 14 Eksamenvraestelle en Memo’s wat uit vorige vraestelle saamgestel is. In die eerste afdeling van die studiegids is vrae in aparte ONDERWERPE gerangskik, wat leerders in staat stel om een onderwerp op ‘n slag te bemeester. Die vrae is gegradeer en gegroepeer om leerders in begrip, selfvertroue en kundigheid te help groei. Dit dek nie net die Graad 12-inhoud nie, maar ook alle vorige (Graad 10 & 11) konsepte wat noodsaaklik is vir begrip en sukses. In die tweede afdeling is die 7 eksamenvraestelle volgens die Nasionale Eksamenriglyne saamgestel en kognitiewe vlakke en gewigstoekenning per onderwerp is in ag geneem. Vrae is met omsigtigheid uit die 7 eksamenvraestelle gekies sodat dit alle aspekte en tegnieke van alle onderwerpe volledig dek. Nuttige notas, opsommings en teksraampies met raad word regdeur die publikasie gegee. Hierdie topverkoper bied regdeur die jaar uitstekende voorbereiding vir KABV- en IEB-matrikulante en het al baie leerders gehelp om bo hul verwagtinge in hierdie belangrike vak, sukses te behaal.
Lees net hier: "Haai, Vos! Haai, Haas!" Dit is Uil wat so roep. Hy sit in sy boom en wink deur die venster. "Dis snaaks," se Haas. "Baie snaaks," se Vos. Want vandat Uil 'n eier het, wil hy niemand sien nie. Vos en Haas, uit Sylvia Vanden Heede en illustreerder The Tjong-Khing se eerste Vos en Haas-"groeiboek", het die harte van ontelbare eerste lesers verower. Uiteindelik was daar 'n dik boek wat hulle heeltemal op hul eie kon lees. Nou is daar meer van Vos en Haas! Die stories en die karakters in Tot siens, Vos en Haas bou voort op die eerste boek, en ook die moeilikheidsgraad vorm 'n perfekte vervolg daarop. Soos die jong leser se vermoe groei, word die taalgebruik van die boek geleidelik moeiliker. Die stories is net so oorspronklik en vermaaklik as in die eerste boek.
In Liewe Heksie: Leesboek 4 vang Liewe Heksie 'n boef by Karel Kat se huis, kry sy haar eie koekoekhorlosie en reken sy met die Geelheks af by Koning Rosekrans se verjaardagpartytjie. Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!
Die Huistaal Onderwysersgids bevat ’n jaarplan, kwartaalplanne, tydskedules vir ’n week en daaglikse stap-vir-stap-onderrigplanne vir 40 weke. Dit gee deeglike stap-vir-stap leiding hoe om handskriflesse aan te bied met sinne vir diktee en speltoetse, wys watter werkvel op die CD en watter bladsy in die Leerderboek gebruik moet word en gee leeswenke (met 'n leesboek of Grootboek of die leesles in die Leerderboek). Sigwoorde en spelwoorde word hersien met assesseringstake wat gestipuleer word.
|
You may like...
The Heart of Reality - Essays on Beauty…
Vladimir Sergeyevich Soloviev
Hardcover
R1,534
Discovery Miles 15 340
|