|
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Die Grootboeke pas by die leerder se ontwikkelingstadium,
ervaringswereld en belangstellingsveld; sluit aan by en verryk die
temas wat vir Huistaal gekies is; bevat 'n wye verskeidenheid tipes
teks, bv. Stories, feiteteks, rympies, raaisels; is so geillustreer
dat dit visuele geletterdheid bevorder; bevat uithaalbladsye met
hulpbronne vir die onderwyser.
Piet Grobler (1959) is 'n welbekende, veelbekroonde en
internasionaal erkende Suid-Afrikaanse kinderboek-illustreerder,
sowel as 'n gevestigde kunstenaar wat se werk plaaslik en oorsee
aftrek geniet. In hierdie boekie beeld Piet Grobler die alfabet op
sy eiesoortige, baie oorspronklike manier uit. By elke letter laat
hy die voeltjie iets se en doen; een drink 'n glas leeg en breek 'n
wind op (Burp!), 'n ander sit rustig op 'n tak tot 'n appel op sy
kop val (Doink!), en ander voeltjies eet wurms (Njam!) of le eiers
(Plop!). Elke letter beslaan twee bladsye. Daar word telkens hoof-
en kleinletters verskaf. Die interaksie tussen teks en illustrasie
is baie snaaks: So breek 'n houtkapper 'n "T" met sy snawel
middeldeur (Tok-tok-tok …) en maak 'n ander voel sy nes bo in die
"Y". Die voeltjies se ABC is 'n bekoorlike boekie wat vir ieder en
elk plesier sal verskaf!
Gebruik My Gunsteling Storie-Bybel en My Gunsteling Storie-Bybel Aktiwiteits & Inkleurboek saam om kinders te help groei in hulle verhouding met God en Sy Woord.
Buyi voel soos 'n vreemdeling in London die plek waar hy gebore is
en grootgeword het. Maar toe hy vir die soveelste keer moeilikheid
by die skool optel, besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nooit
geken het nie, in 'n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar
ook hier voel hy nie tuis nie, veral omdat hy en sy bombastiese pa
van dag een af nie oor die weg kom nie en die plek vol vreemde
bedreigings is. Hy kom gou agter Afrika bestaan nie net uit
wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. 'n
Mensvreter-leeu sluip in die wildreservaat rond op soek na sy
volgende prooi . . . Hoe gaan die avontuurlike Andre en saggeaarde
Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu
agterlaat, maar ook die van hy hart, verwerk?
Soos internasionaal die geval is, word die toegepaste taalkunde as
studieterrein lank reeds in Suid-Afrika ondersoek, asook ten
uitvoer gebring. Daarvan getuig die talle publikasies wat oor jare
heen al oor die toegepaste taalkunde in Suid-Afrika verskyn het.
Hierdie publikasies was egter meestal in Engels. Vir 'n publikasie
oor die toegepaste taalkunde in Afrikaans le die veld dus braak.
Dit is hierdie gaping wat met die boek gevul wil word. Hierdie boek
het ten doel om die toegepaste taalkunde as selfstandige dissipline
(wat dit internasionaal wel is) in Afrikaans te verken en in
hierdie proses behoorlik gevestig te kry. Dit word gedoen met die
hulp van bykans alle taalkundiges wat in hierdie dissipline in
Suid-Afrika werk - nie net taalkundiges uit die Afrikaanse konteks
nie, maar ook talle wat primer in Engels werk. Die gesamentlike
kundigheid van hierdie groep akademici word in die boek op 'n
kragtige wyse byeengebring. Die uiteenlopende komponente van die
toegepaste taalkunde word sistematies uiteengesit en toegelig met
Afrikaanse voorbeelde soos wat dit in die praktyk voorkom. Op
hierdie wyse word die inhoud van die toegepaste taalkunde uitgepak
vir 'n diverse gehoor: studente, akademici en belangstellendes in
die taalkunde. Om hierdie rede is dit 'n boek wat verdien om gelees
en gebruik te word.
Mamma stuur vir Mila en Pappa winkel toe om melk te gaan koop. Wat gewoonlik ’n vervelige en voorspelbare uitstappie is, word ’n onvergeetlike avontuur. Hulle ry op ’n eenhoring, vlieg in ’n ruimtetuig, koop kos vir Mila se troeteldraak koop en kom soos wafferse superhelde tot die redding toe ’n reuse-toring blikkieskos amper omval. Daar is net een probleem – hulle het sowaar die melk vergeet!
Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?
Kan jy die alfabet van A tot Z burp?
Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg?
Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou?
Wat is die moeilikste vraag op aarde?
Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek
uit die pen van Jaco Jacobs! Meer as 60 rympies wat gewaarborg is om
jou lagspiere hope oefening te gee. Briljant vir eisteddfods!
Neuskrap is lekker', se Olifant. En Muis stem saam. Net Padda mag
nie neuskrap nie. Hoekom nie? Dit is 'n prenteboek vir slim kinders
hierdie. Daniela Kulot is in 1966 in Beiere gebore en stel al
sedert kindsbeen belang in die skep van kinderboekillustrasies.
Haar deurbraak het in 1996 gekom met Neuskrap is lekker, wat
sedertdien in verskeie tale verskyn het. Die onderwerp het groot
opspraak by verskeie uitgewers gewek, maar dit het mettertyd
duidelik geword dat dit sekere taboes uit die weg geruim het. Maar
Daniela is nie altyd provokerend nie. Die meeste van haar
kinderboeke handel oor die dag-tot-dag-probleme wat kinders (en
volwassenes) ervaar.
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic
Wil jy speel in die sneeu, in kastele, vlieg deur die lug en huppel
oor die berge? Spits dan jou oortjies en luister fyn ... Hier's
stories propvol kinkels en draaie om jou ver weg te voer na
sprokiesland! Volume 2: Die dwergvlermuis se avontuur;
Dunnelientjie; Die eekhorinkie in die berge; Die swaan met goue
vere; Lenet se ponie; Die kabouters; Rosie-Doring; Die jakkals en
die jagters; Die donkie se rooi trui.
6-10 jaar. Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles behalwe ’n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het ‘n goeie speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy ’n vreemde, blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski ’n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg die mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie té ondraaglik raak nie. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Helena J.F. Lochner se verhaalbundels (waaronder Kammaland,
Kinderland en Kleuterland) het van haar die "Hans Christian
Andersen" van Afrikaans gemaak. Hier is nog 'n boek met pragtige
bekende en onbekende verhale en volkleur-illustrasies wat die
avontuurlus en verbeelding van enige jong kind sal prikkel.
Die Nuwe Alles-In-Een reeks is volledig hersien en aangepas volgens die Kurrikulum-en asesseringsbeleidsverklaring. Is beskikbaar vir die vakke Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede. Kan per vak of as pakket gebruik word. Is beskikbaar vir Gr R-3. Word gebruik saam met die gratis werkvelle op die CD in die Onderwysersgids.
Eers wil ek iets net baie duidelik maak: Hierdie is 'n Joernaal en nie 'n dagboek nie. Ek weet wat dit op die omslag se, maar toe Ma hierdie ding gaan koop het, het ek spesifiek gevra om een te kry waarop daar nie "dagboek" staan nie. Die enigste rede hoekom ek enigsins ja gese het vir die ding, is sodat ek dit eendag kan gebruik as ek ryk en beroemd is. Maar nou is ek eers vasgekeer tussen 'n klomp morone.
Vandag is die eerste dag van skool. Toe dink ek ek kan maar netsowel in hierdie boek skryf om die tyd vinniger te laat verbygaan.
Die verhaal speel in 1951 af en handel oor 'n negejarige seuntjie,
Thomas, wat Die boek van alle dinge begin skryf. Daar word in
Thomas-hulle se huis elke dag uit die Bybel gelees. Hy ken al hele
stukke uit sy kop, wat hy op sy eie manier met humor en fantasie
probeer verstaan. Sy pa hou nie van Thomas se manier nie. As sy ma
weer eens met harde klappe deur sy pa tot die ware geloof gebring
word, besluit Thomas dat dit tyd is vir 'n Egiptiese plaag. Daarom
gooi hy lemoenstroop in die vistenk sodat die water soos die Nyl in
bloed moet verander... Thomas dink sy tienersuster is so dom soos
'n ui, maar hy is verlief op haar gestremde vriendin met die
leerbeen wat kraak-kraak, Eliza. Hy sien gereeld dinge wat nie
bestaan nie – sy ma noem hom haar "droomkoninkie" – en hy voer
gesprekke met Jesus (soms lyk Hy soos Thomas se oupa en soms soos
sy tante....). 'n Gawe buurtannie (wat deur die res van die buurt
se kinders vir 'n heks aangesien word) neem hom onder haar vlerk en
help Thomas om 'n leesklub te stig. Maar Thomas onderskep 'n
briefie wat die tannie aan sy pa skryf ("'n Man wat sy vrou slaan,
onteer himself") en nadat hy sy suster moet vra wat "onteer"
beteken, begin broer en suster vir die eerste keer gesels oor wat
in hul huis aangaan. Hoe sal hulle die moeilike huislike
omstandighede te bowe kom? "Die humor, intelligensie, ontroering en
poesie maak dit 'n boek vir alle ouderdomme." – The Washington
Post. "Knap geskryf in egte Kuijer-styl. Hier is 'n skrywer aan die
werk wat presies weet wat hy doen wat styl en woordkeuse betref." –
De Volkskrant. Die oorspronklike uitgawe, Het boek van alle dingen,
is in 2005 bekroon met die Gouden Griffel- en die Gouden
Uil-Jeugliteratuurprys.
Die skrywers van die suksesvolle Nuwe Alles-In-Een-reeks vir Graad
R tot 3 bied die Best Books Gegradeerde Leesreeks aan. Die
leesreeks is geskryf deur kundiges op die gebied van
aanvangsonderrig en -lees. Al die skrywers het reeds ’n aantal
gegradeerde leesboeke, wat in baie klaskamers gebruik word, die lig
laat sien. Die reeks is ontwikkel onder die leiding van Mart Meij
van wie verskeie aanvangsleesreekse met groot sukses in skole
gebruik word. Oorsig van die leesreeks: Die Best Books Gegradeerde
Leesreeks vir Huistaal is vir Grondslagfase-leerders ontwikkel om
die jong lesers se taalvlak te bevorder; se woordeskat uit te brei;
sigwoorde te leer; se leesspoed te verbeter. Hierdie leesreeks
kweek opgewondheid en maak leerders lus om te lees! Hierdie
leesboeke bevat interessante en prettige temas en belangrike
aanvangskennis wat die vereistes volg van die Kurrikulum- en
assesseringsbeleidsverklaring. Die leesboeke is gegradeer volgens
taalvlak – maklik na moeiliker na moeilik. Maak die Best Books
Gegradeerde Leesreeks deel van u klas!
Merke, gereed, maak! In hierdie boek word nie net tradisionele
kunsmateriaal nie, maar sommer ook niksbeduidende weggooigoed
ingespan om pragtige geskenke en kreatiewe huisversierings te maak.
Daar’s genoeg verskeidenheid om bedrewe handwerkers en
entoesiastiese nuwelinge se aandag te hou – en al die projekte kan
aangepas word om by jou eie kreatiwiteit, vaardigheid, smaak en sak
te pas. Stap-vir-stap-aanwysings met duidelike foto’s, slim
variasievoorstelle en handige handwerkwenke maak dit die ideale
boek om vakansieverveling hok te slaan – of opnuut die kunstenaar
in jou wakker te maak. Boonop bied die “7x7-blitsgids” jou hope
idees oor hoe om in ’n japtrap die ideale geskenk of mooimaakding
vir ’n vriendin, familielid of jouself op te tower.
|
You may like...
Donkerster
Annerle Barnard
Paperback
R240
R225
Discovery Miles 2 250
|