0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (197)
  • R50 - R100 (1,040)
  • R100 - R250 (2,692)
  • R250 - R500 (1,393)
  • R500+ (233)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Wanneer is eendag? (Afrikaans, Hardcover): Elsa Winckler Wanneer is eendag? (Afrikaans, Hardcover)
Elsa Winckler; Illustrated by Marleen Visser
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days

Abella is ‘n klein feetjie en haar hare is rooi en deurmekaar. Haar klere bly vuil, want sy speel so lekker saam met haar maatjies tussen die fynbos. Sy wil baie graag so mooi soos die ouer feetjies lyk en ook soos hulle teen die maan se strale afgly, maar hoe lank moet ’n feetjie wag voor dit kan gebeur?. Wanneer is eendag? is ‘n feetjieboek vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.

Grilgrypers 5: Die Groen Watergraf (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Grilgrypers 5: Die Groen Watergraf (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo; Illustrated by Shan Fischer
R199 R178 Discovery Miles 1 780 Save R21 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Die tingerige Wian is baie opgewonde wanneer hy uiteindelik in pleegsorg geplaas word en van die weeshuis kan ontsnap. Net jammer dat die oorgewig boelie, Pierre, saam met hom by dieselfde gesin gaan woon. Maar Wian se nuwe ouers is glad nie gaaf en ordentlik soos hy hom voorgestel het nie. Inteendeel, hulle maak hom doodbenoud.

Veral toe hulle hom voorstel aan sy nuwe "suster", Cornelia - 'n massiewe, mak krokodil wat in die agterplaas woon.

Oulike Stories Deel 2: Vir Peuters & Kleuters (Afrikaans, Paperback): Laetitia Bardoul Oulike Stories Deel 2: Vir Peuters & Kleuters (Afrikaans, Paperback)
Laetitia Bardoul
R120 R111 Discovery Miles 1 110 Save R9 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Die Klein Heksie (Afrikaans, Hardcover): Otfried Preussler Die Klein Heksie (Afrikaans, Hardcover)
Otfried Preussler; Translated by Amelia de Vaal
R275 Discovery Miles 2 750 Ships in 2 - 4 working days

Die klein heksie wil bitter graag deelneem aan die jaarlikse Heksenag en soos die ander groot hekse met haar besem op Bloksberg dans. Daar is net een probleem: Sy is maar nog net honderd-sewe-en-twintig jaar oud en dus nog te jonk om deel te neem. Nou ja toe, as sy dan nou nie oud genoeg is nie, wil sy ten minste goed genoeg wees! Die hoofheks bied aan dat as sy binne die volgende jaar s'n goeie heks is, sy aan die volgende fees kan deelneem. Maar het sy dalk die instruksie verkeerd verstaan?

Die Skandalige Susters Smit (Afrikaans, Paperback): Adeline Radloff Die Skandalige Susters Smit (Afrikaans, Paperback)
Adeline Radloff 1
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Sara Sloot-Smit woon in 'n luukse huis in 'n welvarende buurt, gaan na 'n spogskool en het ouers wat baie belangrike werk doen. Maar hulle het min tyd vir Sara. Toe hulle 'n maand lank oorsee gaan, moet Sara by haar drie tannies in die stad gaan bly. Haar pa dink sy susters ken nie hul plek nie. Suzie giggel graag en maak grappies. Silvie is konstant met 'n nuwe kęrel of twee, en Sofia is wel suksesvol, maar sy's kwaai en gemeen en veels te luidrugtig. Sal Sara ooit die vakansie oorleef?

Oulik (Afrikaans, Hardcover): Lida Dijkstra Oulik (Afrikaans, Hardcover)
Lida Dijkstra; Illustrated by Marije Tolman
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days
Grilgrypers 4: Die Meisie in die Maanlig (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Grilgrypers 4: Die Meisie in die Maanlig (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R199 R178 Discovery Miles 1 780 Save R21 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Babette se pa gaan oorsee en sy moet by die vreemde tannie Theodora op Rustfontein gaan bly. Sy voel gou tuis, veral toe sy die aantreklike Tiaan en tannie Theodora se oulike hondjie ontmoet. Sy kan boonop haar sangtalent uitleef in die plaaslike teater se musiekproduksie. Maar alles is nie pluis in die dorp nie. Dit het iets te doen met die geskiedkundige begraafplaas op die bult en die legende van die meisie in die maanlig. Wie is die vrou in die swart lykswa wat Babette agtervolg? En waarom sien haar nuwe vriendin, Avani, ook die aaklige toneel wat een middag haar kamer afspeel? Babette moet veg vir haar lewe wanneer sy haar vasloop in 'n horde grillige zombies. Maar sal sy haar grootste vrese kan oorkom?

Lillie die heksie en die seerowers (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die seerowers (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 2 - 4 working days

Skip ahooi! Hys die seile! Lillie die Heksie maak 'n opwindende draai op 'n regte seerowerskip. Lillie kry dit reg om haar terug in die verlede en tot aan boord die berugte seerowerkaptein Bakkebaard se skip te toor ... maar dan loop sy haar vas in ’n onverwagse penarie. Is Lillie in lewensgevaar, of is dit eerder die seerowers wat sal moet ligloop vir Lillie?

Lillie die heksie se sirkusbetowering (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie se sirkusbetowering (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 2 - 4 working days

Die sirkus is hier! Wanneer hulle ma met kaartjies vir die sirkus se galavertoning by die huis aankom, is Lillie en Leon die ene opgewondenheid. Lillie en Leon kan nie wag vir Saterdag nie – want Saterdag gaan hulle sirkus toe! Maar anders as haar kleinboet, wat tevrede is om oopmond na al wat ’n toertjie is te kyk, jeuk Lillie se hande om deel te neem aan die skouspel. Sal Lillie en haar towerkunsies dit regkry om die sirkusvertoning selfs meer onvergeetlik te maak?

Ek Hou Van Boeke (Afrikaans, Paperback): Anthony Browne Ek Hou Van Boeke (Afrikaans, Paperback)
Anthony Browne; Illustrated by Anthony Browne; Translated by Shane Kleyn
R101 Discovery Miles 1 010 Ships in 6 - 10 working days

'n Sjimpansee vertel van sy gunstelingboeke: van boeke oor ruimtevaarders tot boeke oor seerowers. Ja, hy hou regtig van boeke! Van watter tipe boeke hou jy? Snaakse boeke? Bangmaak-boeke? Boeke oor monsters en seerowers? Boeke met sjimpansees? Waarvan jy ook al hou, daar is iets in hierdie boek vir jou!

Afrikaans Sonder Grense - Eerste Addisionele Taal  - Graad 6 Leesboek  (Afrikaans, Paperback): M. Latti, S. Gouws Afrikaans Sonder Grense - Eerste Addisionele Taal - Graad 6 Leesboek (Afrikaans, Paperback)
M. Latti, S. Gouws
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 5 - 10 working days
Die Kameraadskap Van Die Ring (Afrikaans, Paperback): J. R. R. Tolkien Die Kameraadskap Van Die Ring (Afrikaans, Paperback)
J. R. R. Tolkien; Translated by Janie Oosthuysen
R385 Discovery Miles 3 850 Ships in 2 - 4 working days

Wanneer Frodo Baalens sy oom Bilbo se towerring tydens dié se een-en-elftigste verjaarsdagpartytjie erf, is dit die begin van onvoorsiene avonture.

Eers verdwyn Bilbo spoorloos en dan daag die towenaar Ghandalf op met die nuus dat Frodo in lewensgevaar verkeer: wie ook al in besit is van die Ring, vertel Ghandalf, sal uiteindelik deur die korrupterende mag daarvan verwoes word. Daar is net een uitweg: om die Skeure van Verdoemenis in die dieptes van die Vuurberg te vind, die Ring daarin te gooi en dit só vir ewig buite die bereik van die Vyand te plaas.

Saam met sy kamerade Sam, Mannetjies en Pippin val Frodo in die pad met die hoop om die donker mag van Sauron vir altyd te verslaan.

Ja! kleuter aktiviteit & gebed boek (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Ja! kleuter aktiviteit & gebed boek (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 5 - 10 working days
Die Draakredder (Afrikaans, Hardcover): M. P Robertson Die Draakredder (Afrikaans, Hardcover)
M. P Robertson; Illustrated by M. P Robertson; Translated by Shane Kleyn
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days
Wie het Tannie Frieda opgevreet? (Afrikaans, Hardcover): Sean Taylor Wie het Tannie Frieda opgevreet? (Afrikaans, Hardcover)
Sean Taylor; Illustrated by Hannah Shaw; Translated by Shane Kleyn
R120 Discovery Miles 1 200 Ships in 2 - 4 working days

Op 'n dag kom Tannie Frieda nie weer terug nadat sy die vullis gaan uitsit het nie. Wat nou? 'n Klein chinchilla gaan kuier graag by Tannie Frieda het is nou in 'n penarie. Hoe gemaak as daar gevaar is in die lug om die woonstelblok waar sy woon? Dit is ’n lekker spannende boek wat kinders sal laat omblaai tot op die heel laaste bladsy!

Hotel Pangolin (Afrikaans, Paperback): Dianne Hofmeyr Hotel Pangolin (Afrikaans, Paperback)
Dianne Hofmeyr
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Two very different nocturnal creatures learn the give and take of friendship on the African savannah, when they decide to open a hotel.

Aardvark, impulsive and full of ideas, is the perfect foil to Pangolin's calm and careful nature. The tempo of each chapter follows a pattern:

Aardvark, the dreamer, suggests a halfbaked idea. Pangolin refuses for rational reasons, then falls under Aardvark's spell, with the inevitable conflict that follows. Funny and adventurous, the story explores friendship and individuality. In the end it's the tiny gifts left by the animals who came to stay that help Pangolin appreciate what true friendship means.

Storieland (Afrikaans, Hardcover): Helena J.F. Lochner Storieland (Afrikaans, Hardcover)
Helena J.F. Lochner; Illustrated by Chris Venter
R270 Discovery Miles 2 700 Ships in 2 - 4 working days

'n Versameling van 26 bekende en onbekende kinderstories met pragtige illustrasies uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner. Die splinternuwe uitgawe van stories waarmee generasies Afrikaanse kinders grootgeword het verseker dat 'n nuwe geslag kinders vreugde sal put uit klassieke verhaaltjies. Lochner se lekkerlees-stories is perfek vir voorlees of selflees en die ideale bedkassieboek vir Graad 3 en hoer.

Nuwe Alles­In­Een: Pret met spel Graad 3 (Afrikaans, Paperback): Nuwe Alles­In­Een: Pret met spel Graad 3 (Afrikaans, Paperback)
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 10 - 15 working days

Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 3 Huistaal sal kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat byna 50 kaart-, bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke asook sig- en spelwoorde vir Graad 3 op ’n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard met werkvelle ter inskerping. Voorafinligting en riglyne word vir die onderwyser/ouer gegee.

Wanneer spelling met innoverende speletjies vol beweging – wat groot motoriese ontwikkeling aanhelp – en aksie onderrig word, sal die kind in Graad 3 die werk met vreugde en opwinding aanpak en nie verveeld raak nie. Die onderrig van spelling met een prettige speletjie ná die ander sal kinders én ouers en onderwysers lus maak om te spel.

Dié werkboek hersien eers die klanke en spelling van Graad 1 en 2, en gee dan aandag aan lettergreepverdeling, meervoude, verkleinwoorde en spelreëls wat voorgeskryf is vir Graad 3. Die vlot herkenning en skryf van die voorgeskrewe 320 sigwoorde word geoefen.

Wat Doen Mense Elke Dag? (Afrikaans, Hardcover): Richard Scarry Wat Doen Mense Elke Dag? (Afrikaans, Hardcover)
Richard Scarry; Translated by Carina Diedericks-Hugo
R324 Discovery Miles 3 240 Ships in 6 - 10 working days

Wat doen mense elke dag? Richard Scarry se innoverende leer-en-speelboek beeld mense uit in hulle werksomgewings. Op ’n prettige wyse word daar geleer oor beroepe en wat dit presies behels.

Wat doen ’n bakker? Hoe word brood gebak? Wie bou paaie? Hoe teer hulle die pad? Verder kan honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge geleer word.

Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op ’n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die węreld kan uitbrei. ’n Plesier vir oud en jonk!

Ken & Verstaan Lewenswetenskappe - Graad 11: Leerdersboek (Afrikaans, Paperback, New edition): Annemarie Gebhardt, Peter... Ken & Verstaan Lewenswetenskappe - Graad 11: Leerdersboek (Afrikaans, Paperback, New edition)
Annemarie Gebhardt, Peter Preethlall, Sagie Pillay, Bridget Farham
R247 Discovery Miles 2 470 Out of stock

Study & Master Life Sciences Grade 11 has been especially developed by an experienced author team for the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS). This new and easy-to-use course helps learners to master essential content and skills in Life Sciences. The comprehensive Learner's Book includes: * an expanded contents page indicating the CAPS coverage required for each strand * a mind map at the beginning of each module that gives an overview of the contents of that module * activities throughout that help develop learners' science knowledge and skills as well as Formal Assessment tasks to test their learning * a review at the end of each unit that provides for consolidation of learning * case studies that link science to real-life situations and present balanced views on sensitive issues. * 'information' boxes providing interesting additional information and 'Note' boxes that bring important information to the learner's attention

Nuwe alles-in-een lewensvaardighede: Gr 1: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers Nuwe alles-in-een lewensvaardighede: Gr 1: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R450 Discovery Miles 4 500 Ships in 2 - 4 working days

Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.

Nina en die Crazy Klere (Afrikaans, Paperback): Elizbe Van Der Colff Nina en die Crazy Klere (Afrikaans, Paperback)
Elizbe Van Der Colff
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 10 - 15 working days

Nina en Jessie woon die Eksotiese Eksperimente Ekspo by. Dit is die beste ooit! Hulle verkyk hulle aan al die slim uitvindings. Die pet het ook saamgekom, want Nina wil die briljante professor Crower vra om dit te ondersoek. Daar is dalk 'n wetenskaplike verklaring vir die pet se kragte. Maar dan raak die pet weg . . .

Die Uile in Die Verlore Stad, Boek 6 (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Cor Dirks Die Uile in Die Verlore Stad, Boek 6 (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Cor Dirks
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 2 - 4 working days

Vir die vyf dapper vriende wat hulleself die Uile noem, is dit opwindend om na die skatte van 'n geheimsinnige, verlore stad in die Kalahari te gaan soek. Opwindend, ja, maar ook lewensgevaarlik. Want in die Kalahariwoestyn is die enigste bedreigings nie net die roofdiere en sandstorms nie, maar ook vyande wat self 'n oog op die buit het. Sal die Uile hierdie gevaarlike manne kan uitoorlę? En is daar werklik 'n verlore stad en skatte diep in die woestyn?

Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 4: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 4: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 10 - 15 working days
I Have Brown Skin and Curly Hair (Afrikaans) (Afrikaans, Paperback): Karen Theunissen I Have Brown Skin and Curly Hair (Afrikaans) (Afrikaans, Paperback)
Karen Theunissen; Illustrated by Charles Gibbons
R160 R148 Discovery Miles 1 480 Save R12 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Everyone in this family looks different. Dad is tall and dark. Mum has light brown hair with green eyes. Some of the children have straight hair; others have curls. People regard them curiously until, one day, one of the children musters the courage to speak up proudly about her identity after she learns where she comes from and why she looks different. This rhyming picture book is about the identity crises many children face when they look different from their family members. The book takes children through the unique and often untold history of South Africa, explaining how a mixed-race heritage can contribute to their physical differences and yet they can still be part of one family. This book can also be used by educators or parents who wish to teach their children about diversity.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Boundary Stabilization of Parabolic…
Ionut Munteanu Hardcover R2,663 Discovery Miles 26 630
Free Boundary Problems and Asymptotic…
Kelei Wang Hardcover R1,391 Discovery Miles 13 910
Transforming Businesses With Bitcoin…
Dharmendra Singh Rajput, Ramjeevan Singh Thakur, … Hardcover R5,938 Discovery Miles 59 380
Introduction to Data Science and Machine…
Keshav Sud, Pakize Erdogmus, … Hardcover R3,095 Discovery Miles 30 950
RFID and Wireless Sensors Using…
Angel Ramos, Antonio Lazaro, … Hardcover R2,463 R2,324 Discovery Miles 23 240
Big Data - Concepts, Methodologies…
Information Reso Management Association Hardcover R17,613 Discovery Miles 176 130
Printed Antennas for Future Generation…
Balaka Biswas, Ayan Karmakar Hardcover R3,926 Discovery Miles 39 260
Research and Trends in Data Mining…
Hardcover R2,500 Discovery Miles 25 000
Computational and Statistical Methods…
Shen Liu, James McGree, … Hardcover R1,802 Discovery Miles 18 020
Power Geometry in Algebraic and…
A.D Bruno Hardcover R3,073 Discovery Miles 30 730

 

Partners