![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Het jy al ooit gewonder hoe die wereld was voordat daar skole bestaan het? Wat het mense van hulle wereld geleer? Het hulle gese dat die engeltjies piepie as dit reen? Het hulle geweet van mense soos Napoleon en Paul Kruger? Was kinders regtig veilig teen 'n onvoorbereide toets?'n Skreeusnaakse boek vir kinders wat verwag dat dinge beter moes wees voordat daar skole was. Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar wiskunde, geskiedenis, musiek en fisika nie regtig saakgemaak het nie. Terselfdertyd herinner dit die leser op humoristiese wyse waarom kinders skool toe moet gaan. Met groot illustrasies, waterverf met bruin potlood en gepaste raak sinne en uitdrukkings wat die illustrasies telkens aanvul en ironiseer.
DIE NUWE ALLES-IN-EEN Graad R Werkboek vir Huistaal pas aan by die suksesvolle NUWE ALLES-IN-EEN-reeks - die voorgeskrewe werkvelle op die CD in die NUWE ALLES-IN-EEN Graad R Huistaal Onderwysersgids is nou in boekvorm om dit vir onderwysers makliker te maak om aan elke leerder uit te deel met nuwe verrykingsaktiwiteite wat by die tema pas vir addisionele assessering van leerder/kind se kennis en vordering. Hierdie opvoedkundige werkboek is ontwerp om leerders se vaardighede te slyp. Die aktiwiteite in die werkboek is toegespits op multisensoriese ontwikkeling van ruimtelike- en koördinasievaardighede. Die voorgeskrewe werkvelle wat leerders tot aanvulling van die NUWE ALLES-IN-EEN Graad R Leerderboek doen, is 'n waardevolle assesseringsinstrument en die onderwyser/ouer kan sien watter leerders nie die begrippe verstaan nie en sodoende die verrykingsoefeninge doen op die linkerbladsy.
6-10 jaar. Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles behalwe ’n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het ‘n goeie speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy ’n vreemde, blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski ’n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg die mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie té ondraaglik raak nie. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat
se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde
grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.
Lillie is al vir ’n geruime tyd ’n geheime heksie, maar niks kan haar voorberei op haar verrassende nuwe status nie: geheime ekspert-heksie! Skielik het sy toegang tot die wonderbaarlike Orfeustrap, waarmee sy na plekke kan reis wat sy gedink het net in fantasiee bestaan – soos die geheime stad Atlantis.
Die verhaal speel in 1951 af en handel oor 'n negejarige seuntjie, Thomas, wat Die boek van alle dinge begin skryf. Daar word in Thomas-hulle se huis elke dag uit die Bybel gelees. Hy ken al hele stukke uit sy kop, wat hy op sy eie manier met humor en fantasie probeer verstaan. Sy pa hou nie van Thomas se manier nie. As sy ma weer eens met harde klappe deur sy pa tot die ware geloof gebring word, besluit Thomas dat dit tyd is vir 'n Egiptiese plaag. Daarom gooi hy lemoenstroop in die vistenk sodat die water soos die Nyl in bloed moet verander... Thomas dink sy tienersuster is so dom soos 'n ui, maar hy is verlief op haar gestremde vriendin met die leerbeen wat kraak-kraak, Eliza. Hy sien gereeld dinge wat nie bestaan nie – sy ma noem hom haar "droomkoninkie" – en hy voer gesprekke met Jesus (soms lyk Hy soos Thomas se oupa en soms soos sy tante....). 'n Gawe buurtannie (wat deur die res van die buurt se kinders vir 'n heks aangesien word) neem hom onder haar vlerk en help Thomas om 'n leesklub te stig. Maar Thomas onderskep 'n briefie wat die tannie aan sy pa skryf ("'n Man wat sy vrou slaan, onteer himself") en nadat hy sy suster moet vra wat "onteer" beteken, begin broer en suster vir die eerste keer gesels oor wat in hul huis aangaan. Hoe sal hulle die moeilike huislike omstandighede te bowe kom? "Die humor, intelligensie, ontroering en poesie maak dit 'n boek vir alle ouderdomme." – The Washington Post. "Knap geskryf in egte Kuijer-styl. Hier is 'n skrywer aan die werk wat presies weet wat hy doen wat styl en woordkeuse betref." – De Volkskrant. Die oorspronklike uitgawe, Het boek van alle dingen, is in 2005 bekroon met die Gouden Griffel- en die Gouden Uil-Jeugliteratuurprys.
'n Oulike boek oor kleure vir peuters vanaf 24 maande, met 'n kind se taalvaardigheid as tema. Klein wit vissie huil. Sy mamma is weg. Hy ontmoet seediere van verskillende kleure: 'n rooi krap, ’n oranje seester, ’n geel slak, ’n groen skilpad, ’n blou walvis en ’n pers seekat. Dan sien klein wit vissie uiteindelik sy mamma!
"Kom-kom-kom!" miaau 'n eenoog-afbeenkat. " Ek is die berrroemde Kolonel Klou, hoogleraarrr-professorrr-grootkokkedoorrr van die Landelike Universiteit vir indrukwekkende spogkatte! Op die prrrogram vir die week: Maandag, waagmoed en aptyt! Dinsdag, higiene en vryheid...” Kolonel Klou is op sy stukke. Een of ander tyd breek die dag aan waarop alle klein katjies in die wereld hulle ouerhuise moet verlaat om die kuns van katwees te gaan leer. Dis die lot wat klein Hansie Slim een Sondagmiddag in Desember te beurt val. 'n Skreeusnaakse prenteboek oor al die stoute goed wat klein katjies by L.U.I.S. (Landelike Universiteit vir Indrukwekkende Spogkatte) gaan leer voordat hulle in 'n mens se huis kom woon.
Mejuffrou Minoes was vroeer 'n kat. Daarom spin en krap sy en vryf sy graag haar kop teen mense. Sy hou ook nog steeds van voeltjies. Al is sy nou 'n gewone meisie, sing sy nog af en toe die Miaau-Miaau-lied en praat sy nog uitstekend kattaal. Dit is baie handig vir Tibbe, haar baas wat vir 'n koerant werk. Deur die Kattenuusdiens hoor hy van baie geheime dinge wat in die stad Katsendal aangaan. Dit veroorsaak allerlei moeilikhede, maar danksy Minoes en haar talle katvriende loop alles goed af.
'n Byna woordlose prenteboek vir jong kinders van 3-6 met kleurvolle monsters wat ware vriende is. Hulle speel, lag en liefkoos mekaar, maar hulle soek ook skoor met mekaar, en maak dan weer vrede. Die dinamiese illustrasies en woorde is deur die bekende kinderboekillustreerder Mies van Hout met oliepastel en waskryt op 'n swart agtergrond in haar kenmerkende ekspressiewe styl geteken. Dit beeld herkenbare verhoudings vir klein monstertjies uit en sluit aan by Vriende, die vertaling van Vriendjes, ook van Mies van Hout wat in 2015 deur Protea Boekhuis gepubliseer word.
Hierdie is ’n drie-in-een boek! Afrikaanse vertaling van Paddington. (Paddington die kunstenaar; Paddington in die hospitaal & Paddington by die dieretuin) Paddington – die beertjie uit Donker Peru – en sy vriend besoek ’n kunsuitstalling, wat Paddington daar en dan laat besluit om ook te skilder. Hy hoop dat iemand sy skilderye sal koop, maar wag so lank dat hy uiteindelik aan die slaap raak. Toe hy wakker word, wag daar egter vir hom ’n groot verrassing. Op ’n dag beland Paddington in die hospitaal, maar hy lei aan geheueverlies en kan glad nie onthou hoe hy seergekry het nie. Sal hy ooit weer sy geheue herwin?. Paddington, Jonathan en Judy gaan dieretuin toe. Maar o wee: “Troeteldiere” word nie toegelaat nie! Paddington is tog nie ’n troeteldier nie? Hy is dan deel van die Brown-gesin!. Paddington-beer se stories vermaak kinders regoor die wereld al vir meer as vyf dekades.
Minki en haar maats is opgewonde oor die skoolkonsert wat voorlê. Hulle klas gaan Aspoestertjie opvoer, en dit gaan fantasties wees! Minki en Natalie is seker Lara gaan die hoofrol kry. Sy kan baie goed dans, en boonop is Aspoestertjie haar gunstelingsprokiesprinses. Hulle kan nie wag om te sien hoe sy in haar droomrok lyk nie! Maar by die oudisie loop dinge onverwags skeef … Gaan Minki dit regkry om soos ’n regte Goeie Fee haar towerstaffie te swaai en die konsert te red?
Ingonyama En Ander Maats Met Leeueharte is ’n bundel propvol tematiese nuwerwetse verhale vir graadvier- tot graadseskinders van Afrikaans as eerste addisionele taal. Dié bundel neem die riglyne van die KABV in ag en die Departement van Basiese Onderwys se strewe om laerskoolonderwys by die “Vierde Industriële Rewolusie” te betrek. Elke verhaal bied:
Carin Krahtz, Nelia Engelbrecht, Annelie Ferreira, Jaco Fouché, Troula Goosen, Henriëtte Linde-Loubser, Elrien Scheepers, Christina van Deventer, Annerle Barnard, De Wet Hugo, Carin Krahtz, Anzil Kulsen, Naomi Meyer, Christien Neser, Carina Stander, Marita van Aswegen, Elizbè Van der Colff, Derick van der Walt, Elizabeth Wasserman, Zelda Bezuidenhout, EKM Dido, Sidney Gilroy, Rouxnette Meiring, Chase Rhys, Cecilia Steyn, Fanie Viljoen, Sasha Richards
Dennis bly in ’n vervelige huis in ’n vervelige straat in ’n vervelige dorp. Maar hy gaan uitvind die lewe is allesbehalwe vervelig wanneer jy jou kop oopmaak! Jy sal lag, jy sal huil, en as jy Dennis eers ontmoet het, sal jy hom nooit vergeet nie …
Nederland, 1938. Fing Boon se droom stort in duie. In plaas van verder studeer om onderwyseres te word, moet sy by die Sigaarkeiser gaan werk. As oppasser – of eerder “betaalde vriendin” – vir die Sigaarkeiser se eienaardige niggie Liesl voel sy al hoe meer opstandig oor haar lot: vriendskap is tog nie iets wat ’n mens kan koop nie?
Minki het twee beste maats - Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan ’n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek. Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy ’n ballerina of ’n hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van ’n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadelik in. Minki belowe albei haar maats dat sy hulle sal kom ondersteun, maar dis is net een probleem … die perdrykompetisie en die danskompetisie vind op presies dieselfde tyd plaas. Skielik voel Minki asof sy in die middel van ’n toutrekkompetisie tussen haar twee beste maats beland het. Hoe gaan sy ooit tussen Natalie en Lara kan kies?
Pieter die parkopsigter het die dag af. Dis die perfekte dag vir niksdoen. Maar Pieter se rustige piekniek word onderbreek toe 'n konyntjie onverwags in 'n waterput val.
Daar wag donker dae vir die Barbaarse Argipel – dis amper asof die wereld vervloek is! Kan Harwarrus sy swaard behou, ’n draakrebellie stopsit en keer dat Alvin die volgende koning van die Wilderweste word? Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was ’n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar die reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om ’n held te wees. Kinders wat DreamWorks se film How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!
Die kleurvolle en gebruikersvriendelik handleiding is vir Afrikaans
Huistaalleerders van graad 4-7 opgestel. Die handleiding som die teorie
van taalleer sowel as literêre begrippe vir die laerskoolleerder op.
Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee. |
You may like...
Kaarte - 'n Pretereis Deur Die Lande…
Aleksandra Mizielinska, Daniel Mizielinski
Hardcover
R490
Discovery Miles 4 900
|