![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Liplekker leesdinge (Vlak 5) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en nie-fiksie leesstof insluit. Liplekker leesdinge bevat verskeie soorte niefiksie tekste soos koerantberigte, e-posse, boodskappe, boek resensies, pamflette, uitnodigings, advertensies, plakkate, tongknopers, raaisels, grappies, ensovoorts, wat leerders gaande oor lees gaan maak. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir Afrikaans kan ontwikkel en hul leesvaardigheid bevorder. Die Boek 3-reeks bevat ses bundels: Liplekker leesdinge – Vlak 1 (Graad 4); Liplekker leesdinge – Vlak 2 (Graad 4); Liplekker leesdinge – Vlak 3 (Graad 5); Liplekker leesdinge – Vlak 4 (Graad 5); Liplekker leesdinge – Vlak 5 (Graad 6); Liplekker leesdinge – Vlak 6 (Graad 6).
Die Best Books Eksamenhulp Graad 11 Taal- en leesoefenboek sal Eerste Addisionele Taal-leerders help om hul taal- en leesvaardighede met behulp van taal- en begripsoefeninge te verbeter en Afrikaans makliker onder die knie te kry. Die boek is saamgestel volgens die vereistes van die KABV en die nuutste Afrikaanse woordelys en spelreëls, en is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.
Die Best Books Taal- en leesoefenboek vir Graad 11 Huistaal is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid toeganklike opsommings en taaloefeninge bevat om leerders se taalkennis te versterk en sal help om Afrikaans makliker onder die knie te kry. Die taaloefeninge in dié boek sal die worstelende én die vooruitstrewende leerder help om beter te vaar in die eksamen.
Een oggend wil Kareltjie niks eet nie. Mamma Krokodil is bekommerd en vra: “Is jy seker? Wil jy nie een van hierdie heerlike, sagte piesangs he nie?” “Nee dankie, Mamma,” antwoord Kareltjie. “Vandag wil ek liewer ’n kind opvreet.” “Wat ’n gedagte, Kareltjie!” roep sy ma uit. “Daar groei nie kinders aan piesangbome nie, net piesangs!” Tot nou toe het Mamma Krokodil elke oggend vir Kareltjie lekker piesangs gebring vir ontbyt. En elke oggend se sy verbaas: “My seun, kyk hoe groot word jy, en mooi! Kyk net daardie tande!”
Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geïntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat. Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders • spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer • glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies • vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik • noukeurig en krities na taalgebruik luister • taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik • nuwe woorde en sinne gebruik • transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf. Die ONDERWYSERSGIDS bied: • ’n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures • leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop • wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf • gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas • onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning • ’n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering • ’n CD waarop ’n volledige onder wysers lêer, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn. Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter mediêre Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei. Die leesboeke bied: • kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste • prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies. Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit: • vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke • toeligting by moeiliker tekste • woordverklarings vir komplekse woorde.
Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geïntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat. Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders • spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer • glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies • vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik • noukeurig en krities na taalgebruik luister • taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik • nuwe woorde en sinne gebruik • transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf. Die ONDERWYSERSGIDS bied: • ’n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures • leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop • wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf • gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas • onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning • ’n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering • ’n CD waarop ’n volledige onder wysers lêer, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn. Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter mediêre Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei. Die leesboeke bied: • kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste • prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies. Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit: • vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke • toeligting by moeiliker tekste • woordverklarings vir komplekse woorde.
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van die gewilde reeks. Hierdie is die derde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Jasper gaan kuier op die plaas en wat 'n avontuur is dit nie! Van jagluiperds jag tot hoenders vang – Jasper geniet hom gate uit! Kom deel in die avonture van Jasper!
In Animal Tales 3 we meet new animal characters such as Tiger, Crocodile and Rabbit. Poor Wolf still suffers under the hand and tricks of Jackal and is often outwitted by Jackal.In Animal Tales 4 poor Wolf continues his trials with Jackal. Again we see that poor Wolf is too dim-witted to realize that he is being tricked. He learns nothing from the mishaps that befall him; no, experience leaves Wolf none the wiser The illustrations of up-and-coming artist Dale Blankenaar give new life to the antics of these animals.
Wikkels Vark het 'n nuwe hondjie. Wat sal ons hom noem? Almal het idees, maar niemand stem saam nie. Dan kom Morsjors Vark verby...
‘n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse rymvertaling! Perfek om kinders te leer lees. Die klein koning woon in 'n mooi paleis, maar het niemand om mee te speel nie. Hy word verlief op Rosie, die dogter van die tuinier. Maar omdat sy nie ‘n kroon dra nie, mag hy nie met haar trou nie. Die klein koning kry 'n goeie oplossing: Hy haal net sy eie kroon af!
Al gehoor van die bokkie wat limonade wou drink? Van Dunnelientjie wat so lig was dat die wind haar weggewaai het? Wat van die donkie wat 'n trui wou dra? Weet jy hoekom gloeiwurms gloei of hoe jakkalse hulle kleur gekry het? Nee? Lees dan gerus hierdie betowerende boek propvol slaaptydstories! Francois Ruyer se pragtige, prettige illustrasies maak van hierdie 18 moderne sprokies 'n heerlike leeservaring vir oud en jonk. Laat die mense, diere, plante en insekte jou op wonderlike avonture neem. Wil jy in die sneeu en in kastele speel, deur die lug vlieg en oor die berge huppel? Gaan le dan net knus in jou bedjie - dit is heerlike slaaptydstories vir vaak ogies!
Die Bullebakke is nou in die buitenste ruimte. En hulle verdwyn een na die ander! ’n Gruwelike ruimtewese met vreeslik baie tande en heeltemal te veel boude raap hulle een vir een op! Is dit die einde vir die goeie ouens wat so graag helde wou wees?
Die Best Books Eksamenoefenboek vir Graad 12 Huistaal is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help, en waardevolle wenke en praktiese idees vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3 is ingesluit. Hierdie taaloefeninge en konsepvraestelle met wenke sal die worstelende én die vooruitstrewende Huistaal-leerder help om beter te vaar in die eksamen.
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die agste titel in die Jasper-reeks. Jasper en Mossie kry die opwindende geleentheid om saam met ’n jaggeselskap Bosveld toe te gaan. Hulle slaap in tente, maak koffie oor ’n vuur en hou snags wag sodat wilde diere nie die kampterrein binnekom nie. Jasper wil egter graag saam met die grootmanne jag, maar blykbaar is hy nog te jonk. Hy stem dus gretig in toe die inboorlinge sy hulp vra om die wreedaardige leeu, wat chaos in hul stat veroorsaak, te vang. Maar is die dorpsjapie opgewasse vir so ’n groot taak?
Geintegreerde Taalteks Graad Afrikaans Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat hedendaagse leer- en onderrigmateriaal vir die van julle wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal aanleer. Boonop word taalleerstof op 'n boeiende en dikwels prettige manier met die van verskeie ander vakke geintegreer om julle ervaringswereld te verryk en uit te brei. Wanneer assessering ter sprake kom, val die klem op die inhoud en vaardighede van Afrikaans as vak en word jy deel van 'n proses wat jou in staat stel om op hoogte van jou eie vordering en prestasie te bly. Die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede in Piekfyn Afrikaans word deeglik vervat in 'n wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite. Jy word deurlopend blootgestel aan luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied, terwyl jy terselfdertyd die vermoe ontwikkel om Afrikaans funksioneel, kreatief en speels te gebruik en te skep. Vir eksamenvoorbereiding is daar 'n piekfyn Taalgids en Letterkundegids agter in jou boek. Geniet hierdie piekfyn leerervaring!
Wanneer die Ridderbus deur die donker bars en skreeuend voor hom tot
stilstand kom, is dit vir Harry Potter die begin van nog ’n ongewone
jaar op Hogwarts. Sirius Black, ’n berugte moordenaar en volgeling van
Heer Voldemort, het uit Azkaban ontsnap – en hulle sê hy is op Harry se
spoor. Boonop sien professor Trelawney ’n aaklige voorbode oor die dood
in Harry se teeblare . . . Maar miskien is die vreesaanjaendste ding
van alles die Dementors wat die skoolgronde patrolleer . . .
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus! Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die Dagbreek-ryskool waar sy gekies word om saam met die res van die Stalmaats die beginnerruiters te help. Daar wag hope avonture vir haar saam met Sugarplum, die spierwit merrie wat dadelik diep in haar hart kruip, en al die ander ongelooflike perde wat deel is van die ryskool. Die katterige Vinette is gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir Anri, Megan en Karen moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: 1. Perdedrome 2. Totsiens, Sugarplum (ATKV-kinderboektoekenning 2007) 3. Anri se plan 4. Die spookperd (ATKV-kinderboektoekenning 2008) 5. Die beroemde ruiter
Watter seun wat sy bendenaam waardig is, sal net staan en toekyk wanneer honderde duisende rande se diamante na 'n boot gesmokkel word? Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie 'n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie, maar... |
You may like...
|