0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (194)
  • R50 - R100 (1,040)
  • R100 - R250 (2,674)
  • R250 - R500 (1,394)
  • R500+ (233)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Toe Pappa Klein Was, Was Daar Dinosourusse (Afrikaans, Hardcover): Vincent Malone Toe Pappa Klein Was, Was Daar Dinosourusse (Afrikaans, Hardcover)
Vincent Malone; Illustrated by Andre Bouchard; Translated by Nicol Stassen
R226 Discovery Miles 2 260 Ships in 2 - 4 working days

Het jy al ooit gewonder hoe die wereld gelyk het toe jou pa klein was? Was daar al dinge soos skole, kantore, yskaste en TV’s? Hoe het mense vir mekaar sonder e-pos boodskappe gestuur? Het hulle regtig doodgegaan van iets soos verkoue omdat daar nog nie medisyne was nie? Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar die wereld baie meer primitief en gevaarlik was. Groot illustrasies in waterverf en bruin potlood word telkens met 'n gepaste skreeusnaakse kort sin vergesel.'n Skreeusnaakse boek vir kinders wat vermoed dat hulle pa’s uit 'n ander wereld kom.

Vlerke Vir Almal (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Vlerke Vir Almal (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine
R218 R195 Discovery Miles 1 950 Save R23 (11%) Ships in 11 - 16 working days

Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het sy boelies, en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy besluit: genoeg is genoeg. 'n Hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.

Stap vir Stap: Tel tot 100 (Afrikaans, Hardcover): Cuberdon Cuberdon Stap vir Stap: Tel tot 100 (Afrikaans, Hardcover)
Cuberdon Cuberdon
R130 Discovery Miles 1 300 Ships in 2 - 4 working days
Wenskat (Afrikaans, Paperback): Heather Pindar Wenskat (Afrikaans, Paperback)
Heather Pindar; Illustrated by Sarah Jennings
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Sweet Dreams, My Love (Afrikaans Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition): Shelley... Sweet Dreams, My Love (Afrikaans Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R660 Discovery Miles 6 600 Ships in 18 - 22 working days
Geheime Uit Die Wilde Woud (Afrikaans, Paperback): Tonke Dragt Geheime Uit Die Wilde Woud (Afrikaans, Paperback)
Tonke Dragt; Translated by Daniel Hugo
R464 Discovery Miles 4 640 Ships in 2 - 4 working days

Die opvolgverhaal van Die Brief Vir Die Koning.

’n Jong ridder. ’n Betowerde woud. ’n Lewensgevaarlike soektog.

Een van die koning se ridders word vermis. Tiuri kry die gevaarlike opdrag om hom te gaan soek. Saam met sy vriend Piak vertrek hy na die Wilde Woud. Oor die Wilde Woud word vreemde stories vertel – van woeste rowers en bosgeeste, van ruïnes en kronkelpaaie wat doodloop, van geheimsinnige Manne met Groen Klere …

Die verhaal bevat al die bestanddele van ’n tydlose avontuur: ’n ware held, vriendskap, liefde, dapperheid, lojaliteit, ridderlikheid … en skelm skurke.

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Huistaal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R481 Discovery Miles 4 810 Ships in 11 - 16 working days

Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat interessante en kontemporere leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met die van verskeie ander vakke geintegreer wat jou ervaringswereld sal verryk en jou deeglik vir Graad 12 sal voorberei. Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In 'n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids gaan jou voorbereiding vir enige soort assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook: vir begrip en pure genot interessante tekste lees; in verskillende sosiale situasies kommunikeer; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; noukeurig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture deeglik en foutloos gebruik; heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf volgens die stappe van prosesskryf. Maar dis nie al nie . . . Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou gaan jy dit alles in die Afrikaanse klas doen! Jy gaan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy weer na al die mense van Mandela-rylaan kyk. Ja, Piekfyn Afrikaans het sy eie film en filmsterre! “Mandelarylaan se stories” is ’n tipies Suid-Afrikaanse TV-sepie. Behalwe kyk, gaan jy ook lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure. Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!

Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie En Ander Skaterlagrympies (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie En Ander Skaterlagrympies (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Robert Dersley
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?
Kan jy die alfabet van A tot Z burp?
Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg?
Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou?
Wat is die moeilikste vraag op aarde?

Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Meer as 60 rympies wat gewaarborg is om jou lagspiere hope oefening te gee. Briljant vir eisteddfods!

Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 2 Leesboek 3: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 2 Leesboek 3: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 11 - 16 working days

Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se

• taalvermoë

• ontwikkelingstadium

• ervaringswęreld

• belangstellingsveld en

• humorsin.

Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar

• oogspan

• fraseringsvermoë

• ervaringsbesit

• woordbegrip

• sigwoordeskat en

• klankmatige ervaring.

Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou.

'n Onderwysersgids is beskikbaar.

Die Towenaars Van Toeka - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Die Towenaars Van Toeka - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R397 Discovery Miles 3 970 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie storie gaan oor ’n jong towenaarseun en ’n jong krygermeisie wat van geboorte af geleer is om mekaar soos gif te haat.

Die storie begin met die ontdekking van 'n reusagtige swart veer.

Is die towenaars en krygers dalk so besig om teen mekaar te baklei dat hulle nie agterkom dat ’n oeroue bose mag teruggekeer het nie? Is daardie veer dalk regtig ’n hekseveer?

Hondeskou Ramp Reader (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Dale Hondeskou Ramp Reader (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Dale; Edited by Veronica Montoya
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Hanli die hasie 2 - Die vlieende hase; Die ysprinses; Die Kersfeeswens (Afrikaans, Hardcover): Mandy Stanley Hanli die hasie 2 - Die vlieende hase; Die ysprinses; Die Kersfeeswens (Afrikaans, Hardcover)
Mandy Stanley; Illustrated by Mandy Stanley; Translated by Amelia de Vaal
R281 Discovery Miles 2 810 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie is die tweede drie-in-een boek van Hanli die hasie! (Die vlieende hasie; Die Ysprinses & Die Kersfeeswens). Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is. Hanli is ’n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ’n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde, behalwe wanneer sy verras word! Op ’n dag sien Hanli ’n pragtige pienk vliegtuig in die lug. Daar en dan besluit sy dat sy ook wil vlieg. Sy flap haar arms, haar ore, selfs haar snorbaarde en stert, maar niks werk nie. Sy plof moedeloos op die gras neer. Sal ’n gewone hasie soos sy dan nooit kan vlieg nie?. ’n Ander keer hoor Hanli hoe kinders oor Kersfees praat. Sy wou nog altyd geweet het wat Kersfees is en besluit om die kinders te volg en self ondersoek in te stel … Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli op ’n yskoue wintersoggend genooi word om saam met kinders op die bevrore meer te ysskaats. Net toe sy dink die dag kan nie meer betowerend word nie, kry sy die kans om voor die Ysprinses te dans – heeltemal op haar eie. Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!.

Momo (Afrikaans, Paperback): Michael Ende Momo (Afrikaans, Paperback)
Michael Ende
R366 Discovery Miles 3 660 Ships in 2 - 4 working days

Momo, ’n klein, verflenterde dogtertjie, woon aan die rand van ’n groot stad in die ruïne van ’n amfiteater.

Sy besit niks buiten dit wat sy vind of wat sy van ander ontvang nie, maar sy het ’n buitengewone gawe: Sy luister werklik na ander en gee vir hulle tyd. Een dag ruk die gruwelike grys menere met hulle loodgrys aktetasse en sigare in die groot stad op en begin om die kosbare tyd van die mense te steel.

Momo is die enigste een wat die donker mag van die tyddiewe kan beteuel.

Die Bulle Bakke - Episode 7 (Afrikaans, Paperback): Aaron Blabey Die Bulle Bakke - Episode 7 (Afrikaans, Paperback)
Aaron Blabey; Translated by Kobus Geldenhuys
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 2 - 4 working days

Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk! En het in die tyd van die dinosourusse beland!

Ja, julle het reg gehoor! Die helde word deur dinourusse gejag...

Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?

Die Rietrotte En Die Stropers - Die Rietrotte: Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte En Die Stropers - Die Rietrotte: Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R275 Discovery Miles 2 750 Ships in 2 - 4 working days

Uiteindelik kan Daniël en sy vriende vir ’n naweek na die plot gaan en ontspan – en sommer ook wegkom van Peet wat al weer op hulle spoor is. Maar Daniël se sussie, Chrissie, is siek met iets wat aansteeklik lyk en die dokter het gesę hulle mag nie naby haar kom nie.

Daniël vind die perfekte oplossing: Hulle kan langs die rivier kamp! Terwyl hulle met binnebande in die rivier afdryf, sien hulle iets wat verdag lyk by oom Giel Larson se plek. Dalk is dit niks, maar sę nou die oom is werklik in die moeilikheid. Hulle rustige kampnaweek raak baie vinnig baie gevaarlik wanneer hulle gaan ondersoek instel …

Kamp is nie vir sissies nie!

Let's play, Mom! (English Afrikaans Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large... Let's play, Mom! (English Afrikaans Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R659 Discovery Miles 6 590 Ships in 18 - 22 working days
Hanli die hasie (Afrikaans, Hardcover): Mandy Stanley Hanli die hasie (Afrikaans, Hardcover)
Mandy Stanley; Illustrated by Mandy Stanley; Translated by Amelia de Vaal
R270 Discovery Miles 2 700 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie is ‘n drie-in-een boek! (Die dansende hasie; Die strooimeisie & Die feetjiebal). Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is. Hanli is ’n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ’n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde... behalwe wanneer sy verras word! Op ’n dag sien Hanli ’n prentjie van ’n ballerina en daar en dan besluit sy dat sy ’n dansende ster wil word. Sy sluit by ’n balletskool aan en oefen elke dag pligsgetrou. Maar sal so ’n klein hasie die danspassies regkry? ’n Ander keer ontvang Hanli ’n briefie: Sy word gevra om strooimeisie by ’n troue te wees. Dit klink so opwindend! Hanli kan haar oe nie glo toe sy haar pragtige strooimeisierok sien nie! Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli genooi word om ’n feetjiebal in feetjieland by te woon. Net toe sy dink die dag kan nie meer betowerend word nie, kom die Feekoningin daar aan met ’n besonderse geskenk – spesiaal vir Hanli. Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!

Die Storie Van Ontdekkingsreise (Afrikaans, Paperback): Anna Claybourne Die Storie Van Ontdekkingsreise (Afrikaans, Paperback)
Anna Claybourne; Translated by Amelia de Vaal
R318 Discovery Miles 3 180 Ships in 2 - 4 working days

Vanaf die vroegste tye verken mense al die aardbol op soek na nuwe plekke om te bewoon, verleidelike skatte, asemrowende vergesigte of die roemryke voorreg om die eerste mens op ’n hoe bergpiek te wees. Hierdie boek vertel die verhale van onverskrokke ontdekkingsreisigers wat dit tot by die ysige pole gewaag het, bloedig warm woestyne oorgesteek het, riviere vol krokodille trotseer of vir die eerste keer reg rondom die aarde geseil het.

Harry Potter en die Gevangene van Azkaban (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Gevangene van Azkaban (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 11 - 16 working days

Wanneer die Ridderbus deur die donker bars en skreeuend voor hom tot stilstand kom, is dit vir Harry Potter die begin van nog ’n ongewone jaar op Hogwarts. Sirius Black, ’n berugte moordenaar en volgeling van Heer Voldemort, het uit Azkaban ontsnap – en hulle sę hy is op Harry se spoor. Boonop sien professor Trelawney ’n aaklige voorbode oor die dood in Harry se teeblare . . . Maar miskien is die vreesaanjaendste ding van alles die Dementors wat die skoolgronde patrolleer . . .

Ongevalle in die dierehospitaal (Afrikaans, CD): Fabrice Lelarge Ongevalle in die dierehospitaal (Afrikaans, CD)
Fabrice Lelarge; Illustrated by Francois Ruyer; Edited by Fantasi Fantasi
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

As jy jou wil slap lag, moet jy 'n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!

Jag die jagter (Afrikaans, Paperback): Isabella Camino, Delphine Lacharron Jag die jagter (Afrikaans, Paperback)
Isabella Camino, Delphine Lacharron; Illustrated by Isabella Camino; Fantasi Fantasi
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days
Joran Noordewind (Afrikaans, Paperback): Lilli Thal Joran Noordewind (Afrikaans, Paperback)
Lilli Thal; Translated by Amelia de Vaal
R144 Discovery Miles 1 440 Ships in 2 - 4 working days
I Love to Eat Fruits and Vegetables (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover,... I Love to Eat Fruits and Vegetables (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R659 Discovery Miles 6 590 Ships in 18 - 22 working days
Tillie Appelpit - Die onverwagse gas (Afrikaans, Hardcover): Andreas Schmachtl Tillie Appelpit - Die onverwagse gas (Afrikaans, Hardcover)
Andreas Schmachtl; Illustrated by Andreas Schmachtl; Translated by Amelia de Vaal
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days

Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, is mal oor kuiergaste – en wanneer sy haar vriende vir tee nooi, ruik haar huisie tussen die heuwels altyd heerlik na vars gebak. Eendag ontdek sy ’n onverwagse gas voor haar deur: ’n Eier! Tillie neem daar en dan verantwoordelikheid vir die eier – want sy weet ’n eier moet warm gehou, vertroetel en versorg word. Wat sy egter nie weet nie, is dat daar ’n groot verrassing in die eier wag. Welkom by die wonderlike wereld van Tillie Appelpit!

Best Books gegradeerde leesreeks: Leesboek 2: Gr. 1: Vlak 3 - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Marina van Eeden,... Best Books gegradeerde leesreeks: Leesboek 2: Gr. 1: Vlak 3 - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Marina van Eeden, Zelda Vorster
R95 Discovery Miles 950 Ships in 11 - 16 working days

Die skrywers van die suksesvolle Nuwe Alles-In-Een-reeks vir Graad R tot 3 bied die Best Books Gegradeerde Leesreeks aan. Die leesreeks is geskryf deur kundiges op die gebied van aanvangsonderrig en -lees. Al die skrywers het reeds ’n aantal gegradeerde leesboeke, wat in baie klaskamers gebruik word, die lig laat sien. Die reeks is ontwikkel onder die leiding van Mart Meij van wie verskeie aanvangsleesreekse met groot sukses in skole gebruik word. Oorsig van die leesreeks: Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Huistaal is vir Grondslagfase-leerders ontwikkel om die jong lesers se taalvlak te bevorder; se woordeskat uit te brei; sigwoorde te leer; se leesspoed te verbeter. Hierdie leesreeks kweek opgewondheid en maak leerders lus om te lees! Hierdie leesboeke bevat interessante en prettige temas en belangrike aanvangskennis wat die vereistes volg van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leesboeke is gegradeer volgens taalvlak – maklik na moeiliker na moeilik. Maak die Best Books Gegradeerde Leesreeks deel van u klas!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R170 R152 Discovery Miles 1 520
Twa Die Tydloper
Anoeschka Von Meck Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950
Die Spaghettiboom
Jaco Jacobs Hardcover R248 Discovery Miles 2 480
Kaarte - 'n Pretereis Deur Die Lande…
Aleksandra Mizielinska, Daniel Mizielinski Hardcover R490 Discovery Miles 4 900
The Afrikaans Handbook and Study Guide…
Beryl Lutrin Paperback R370 R347 Discovery Miles 3 470
Asterix En Die Trans-Italiese Wawedren
R. Goscinny, A. Uderzo Paperback R269 Discovery Miles 2 690
Harry Potter en die Skatte van die Dood
J. K. Rowling Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts Paperback R185 Discovery Miles 1 850
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R260 R244 Discovery Miles 2 440
Harry Potter en die Kamer van…
J. K. Rowling Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370

 

Partners