![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Staan opsy, Sherlock Holmes: Speurder Lillie is in die buurt, met ’n vergrootglas en ’n paar towerkunsies in haar agtersak! Wanneer haar ma se fiets gesteel word, het Lillie dubbele werk om te doen: om die verlore fiets op te spoor, en om die booswig vas te trek. Gelukkig beteken twee keer soveel speurwerk ook twee keer soveel pret ... en ’n getoor van die eerste water!
Abella is ‘n klein feetjie en haar hare is rooi en deurmekaar. Haar klere bly vuil, want sy speel so lekker saam met haar maatjies tussen die fynbos. Sy wil baie graag so mooi soos die ouer feetjies lyk en ook soos hulle teen die maan se strale afgly, maar hoe lank moet ’n feetjie wag voor dit kan gebeur?. Wanneer is eendag? is ‘n feetjieboek vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.
Ons het gewens en gewens vir iemand net soos jy. ’n Spesiale iemand wat
by ons kan kom bly.
Die sirkus is hier! Wanneer hulle ma met kaartjies vir die sirkus se galavertoning by die huis aankom, is Lillie en Leon die ene opgewondenheid. Lillie en Leon kan nie wag vir Saterdag nie – want Saterdag gaan hulle sirkus toe! Maar anders as haar kleinboet, wat tevrede is om oopmond na al wat ’n toertjie is te kyk, jeuk Lillie se hande om deel te neem aan die skouspel. Sal Lillie en haar towerkunsies dit regkry om die sirkusvertoning selfs meer onvergeetlik te maak?
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die sesde titel. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Leliesvlei se atletiekbyeenkoms le om die draai en net die heel beste atlete sal kwalifiseer om later in Kaapstad te gaan deelneem. Dit was nog altyd Jasper se groot droom om Tafelberg te sien en in die groot, onrustige branders van die see te swem! Hy begin dadelik pligsgetrou oefen, maar besef gou dat hy spykerskoene benodig as hy ’n ware 100 meter-naelloper wil wees. Hoe op aarde sal hy dit kan bekostig? En sal sy harde oefening vrugte afwerp? Kom deel in die avonture van Jasper!
'n Sjimpansee vertel van sy gunstelingboeke: van boeke oor ruimtevaarders tot boeke oor seerowers. Ja, hy hou regtig van boeke! Van watter tipe boeke hou jy? Snaakse boeke? Bangmaak-boeke? Boeke oor monsters en seerowers? Boeke met sjimpansees? Waarvan jy ook al hou, daar is iets in hierdie boek vir jou!
Skip ahooi! Hys die seile! Lillie die Heksie maak 'n opwindende draai op 'n regte seerowerskip. Lillie kry dit reg om haar terug in die verlede en tot aan boord die berugte seerowerkaptein Bakkebaard se skip te toor ... maar dan loop sy haar vas in ’n onverwagse penarie. Is Lillie in lewensgevaar, of is dit eerder die seerowers wat sal moet ligloop vir Lillie?
Best Books Studiewerkgids: Fiela se kind – die drama Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Fiela se kind – die drama, die voorgeskrewe drama vir Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die drama word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die dramateks verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids Inleiding tot die drama. Opsommings van al die tonele. Engelse vertalings van moeilike woorde en begrippe asook Engelse hoofstukopsommings. Kontekstuele vrae in Afrikaans en Engels (met aanwysings waar leerders moet antwoord op papier). Antwoorde op alle vrae. ’n Bespreking van die drama, karakterisering, literêre begrippe, simbole, styl en motiewe. Post-leesverrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker. ’n Konsepvraestel om leerders se kennis te toets. Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Fiela se kind – die drama, die goedgekeurde voorgeskrewe drama vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal.
Wanneer ’n mens na die naghemel opkyk, sien jy nie net sterre nie. Die swart leegte van die ruimte is deurspek met voorwerpe van elke denkbare vorm en grootte – van enorme brandende sterre tot piepklein stofvlekkies. Hierdie boek verken die geheimenisse van sterre en planete en ontsluit die raaisels van astronomie: die wetenskap van die buitenste ruimte.
Wanneer Frodo Baalens sy oom Bilbo se towerring tydens dié se een-en-elftigste verjaarsdagpartytjie erf, is dit die begin van onvoorsiene avonture. Eers verdwyn Bilbo spoorloos en dan daag die towenaar Ghandalf op met die nuus dat Frodo in lewensgevaar verkeer: wie ook al in besit is van die Ring, vertel Ghandalf, sal uiteindelik deur die korrupterende mag daarvan verwoes word. Daar is net een uitweg: om die Skeure van Verdoemenis in die dieptes van die Vuurberg te vind, die Ring daarin te gooi en dit só vir ewig buite die bereik van die Vyand te plaas. Saam met sy kamerade Sam, Mannetjies en Pippin val Frodo in die pad met die hoop om die donker mag van Sauron vir altyd te verslaan.
As jy jou wil slap lag, moet jy 'n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!
'n Boek met byklanke. Die klanke sit in die knoppies. Kekkelende hekse, brullende monsters, kermende spoke … Maak hierdie boek oop en gaan 'n wereld van bangmaak-klanke binne – mits jy dapper genoeg is! Slobber, borrel, gorrel...Krrraak...Kletter, klater! Ha, ha, ha, ha!A-hoeeeeee! Klein handjies sal nie hierdie klankknoppies kan weerstaan nie.
In hierdie avontuur kry Karel Kameleon en sy vriende Sollie en Henko die opdrag om professor Borrie te vind. Die spore lei na Kwaakstad, ’n stad vol paddas en kikkers. Maar hoekom gedra hierdie diere hulle so vreemd? En waarom is die professor daarheen ontvoer? Wie was dit? En wat het die professor se towerdrankie daarmee uit te waai?
Hoe gemeen is dit! Die ooivaars het Ouma Breinaald se gunstelingtrui gesteel. Nou kan net Vaatjie help. Want Vaatjie het superkragte. En hy help altyd as iemand op die plaas in gevaar is. Vinnig trek hy sy kostuum aan: broek, mantel, masker. Woerts-warts verander Vaatjie in Sarel die Supervark. |
You may like...
NIV Study Bible, Fully Revised Edition…
Kenneth L. Barker, Mark L. Strauss, …
Leather / fine binding
How to Start a Christian Day Camp - Your…
Howexpert, Jane Rodda
Hardcover
R718
Discovery Miles 7 180
|