![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.
Vier jaar ná die verskyning van hul eerste kabouterboek, Die lewe en werke van kabouters, ontvang Rien Poortvliet en Wil Huygen ’n dringende boodskap uit Lapland: “Kom! Ons het ernstige sake om te bespreek!” Só ’n boodskap kan net van kabouters kom – en die ysige winterweer ten spyte, laat die twee vriende nie die sneeu onder hul voete smelt nie. Wat sou die kabouters wou bespreek? En hoe sal mense hulle kan help? Saam met die outeurs word die leser weggevoer op ’n tog van meer as 3 000 km – oor land met ’n takboekslee, deur die lug in ’n reuseballon en oor die ysvelde van die Noordpool saam met ’n jeti – tot die doel van die kabouters se dwingende oproep uiteindelik aan hulle openbaar word: Dat die mens die aarde gaandeweg verwoes en sal moet briek aandraai as hy hoegenaamd nog sy wonderlike leefwêreld wil behou
Padda voel vreemd. Hy het ’n versnelde hartklop, kry warm en koue gloede en wil lag en huil tegelyk. Dan besef hy: Hy is verlief op Eend! Maar daar is een probleem: Padda is groen en Eend is wit … Volgens Padda se maats is dit onmoontlik dat ’n groen padda en ’n wit eend mekaar kan liefhe. Maar Padda bewys aan sy maats dat liefde geen grense het nie. Padda is verlief is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, met 'n belangrike lewensles vir kinders so jonk as 3.
Eilande is nie net 'n titel nie – dis 'n gebeurtenis. In hierdie onstuitbare epos word die eerste jare van die Kaapse nedersetting herroep in sewe grootse taferele uit die lewe van ses historiese manfigure wie se lewens op byna onnaspeurbare maniere in mekaar vervloei. En om wie vloei hulle? Om die wese van 'n vrou, Pieternalla in wie se liggaam wit en bruin bloed saamgevloei het tot 'n noodlot. Hierdie sewe mans is almal deur haar aangeraak. Sy is die spilpunt van 'n genadelose geskiedenis van dood, liefde en oorlewing. Die verhaal strek ver en wyd: oor drie oseane, drie vastelande en 'n handvol eilande. Dit loop, soos 'n groot rivier, met geweldige versnellings wat die leser insluk en meevoer. Maar oraloor kom dit ook tot rus in die lewe van gewone mense. Dit beantwoord baie vrae. Hoe ervaar 'n honger inboorling die driemaster wat stadig op die rotse loop reg daar op die lykus waar hy woon?
Weet jy wie almal in Droomland bly? ’n Reus wat nie soos ander reuse is nie, ’n verwaande kat wat te lui is om te spin, ’n haan wat nie wou kraai nie en Andries Olifant wat nie in ’n winkel kan werk nie … Ontmoet al hierdie karaktertjies en nog vele meer! Deel in hulle avonture en ontdek die wonderwereld van stories … Stories op die CD: Rooikam; Die reus wat nie ’n reus wou wees nie; Waarom die tongvis plat is; Pompom maak sy dierevriendjies gesond; Die ou vroutjie en Myro, die kat; Jakkals volg ’n spoor; Pikkie Pikkewyn; Die sandglas van Vader Tyd; Die pers drakie.
Dis 'n pragtige lentedag en die perfekte geleentheid vir Pieter die parkopsigter om die oorgroeide doolhof te snoei. Maar ’n doolhof is soms 'n ding wat jou kan laat kopkrap en toe Pieter se vriende besluit om hom ’n streep te trek, wag daar ’n verrassing op almal....
Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geïntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat. Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders • spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer • glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies • vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik • noukeurig en krities na taalgebruik luister • taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik • nuwe woorde en sinne gebruik • transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf. Die ONDERWYSERSGIDS bied: • ’n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures • leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop • wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf • gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas • onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning • ’n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering • ’n CD waarop ’n volledige onder wysers lêer, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn. Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter mediêre Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei. Die leesboeke bied: • kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste • prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies. Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit: • vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke • toeligting by moeiliker tekste • woordverklarings vir komplekse woorde.
Die aangenome visserseun Boela, raak verlief raak op Nonnie, die eienaar van die kantien se dogter. Hy moet slim planne maak om sy drie vriende, Vlooi, Patrys en Biesiepol, van Nonnie se werf af te hou. Dan is daar Oukoos, Boela se pleegvader. Nadat Oukoos se seun Janneman en sy vrou weggeloop het van Oestermond, het Oukoos vir Boela in sy huis ingeneem om hom te leer van die see en sodat iemand sy skuite kan erf. Maar op ’n dag sien iemand vir Janneman in die kantien drink. Boela wonder of Oukoos hom nog nodig het. En of hy opgewasse is om Nonnie teen Janneman te beskerm.
Dit is duidelik: Krokodil is verlief. Maar, soos dit gewoonlik maar gaan as iemand verlief is, is daar 'n klein probleempie … Die kameelperd op wie hy verlief is, is so veel langer as hy! Krokodil loop al dae lank rusteloos rond. Soms kry hy te koud, soms kry hy te warm, soms is hy bitter hartseer, soms is hy so gelukkig dat hy die hele wereld wil omhels.
Wannie woon alleen in ? klein kamertjie op die boonste verdieping van 'n gebou. Hy maak hier vriende met Zaza, die kokkerot, en Dollie, die vriendelike duif wat wéét wanneer om haar ding te doen. Kort voor lank moet Wannie sy dierevriende uit die moeilikheid help. Met sy rooi insleeplorretjie, en saam met Agie en die Stampertjies beleef hy groot avonture.
Caesar het 'n boek geskryf! Ja, sowaar! Hy het sy kommentare oor die Galliese oorlog neergepen. Maar sy slinkse uitgewer, Sinus Apocrivus, het ander planne met die manuskrip. Is Caesar se “Kommentare oor die Galliese oorlog” nog volledig, en hoekom word die kopiiste skielik opgesluit? Is dit dalk omdat hulle iets weet wat die res van Gallie nie mag weet nie, en wat die hele ryk gaan skud? Wanneer een van die kopiiste ontsnap met 'n papirusrol onder die arm, is die gort gaar!
Ottie se pa is 'n sjef by die Koperlyster Hotel. Hy word baie min betaal en omdat hy nie die regte papiere het nie, kan hy nie sommer net 'n ander werk gaan soek nie. Wanneer die nare hoteleienaar hom ontslaan, moet Ottie en haar pa in hul bussie rondtrek en vir hom 'n nuwe werk soek, maar eers gaan kampeer hulle uit in die parkeerterrein voor die "rekenaargebou" waar hy sy papiere moet kry… Ottie verstaan nie veel hiervan nie en hul dierevriendjies ook nie. Wanneer die polisieman hulle kom wegjaag, vlieg Kwark, die kraai, voor die bussie uit om vir hulle 'n rustige kampeerplek uit te wys. Intussen raak die twee muise in Ottie se mandjie, wat van die hotel af saamgekom het om "Die wye wereld" te sien, onrustig omdat hulle nog nie in Muistopia, oftewel Muisparadys, is nie.
Sindikaat is ’n avontuurverhaal waarin drie vriende se lewens omvergegooi word wanneer die hoofkarakter, Paul, per ongeluk op onwettige smokkelgoed afkom. Hulle paaie kruis met die van die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe, Zambië en Namibië word hul lewe gereeld bedreig. Spannende aksietonele laat die adrenalien behoorlik pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in hierdie verhaal waarin die goeie die bose oorwin en geregtigheid seëvier.
Oxford Suksesvolle Lewensorientering is 'n KABV-gerigte kursus wat deur onderwysers regoor Suid-Afrika gebruik word. < Onderwysers vertrou die ryk inhoud en omvattende riglyne vir Lewensorientering. Wanneer onderwysers en leerders eers Oxford Suksesvolle Lewensorientering gebruik het, bly dit hulle keuse vir sukses in die klaskamer.
Wikus Lombaard is 'n nice ou. Hy is kaptein van die eerste rugbyspan en met sy dodelike skopskoen het hy sy span al meermale uit die verknorsing gered. En sy meisie, Marissa, is die mooiste in die skool. En al sukkel Wikus nou so 'n bietjie met die wiskunde, is dit ook nie die ergste nie. Met Marissa by hom en die rugby wat voorle, is dinge doodreg – hy weet mos immers waaroor dit gaan in die lewe, veral noudat hy in die vakansie met sy suster se vriendin gevry het – behoorlik gevry. All-the-way. Maar in hierdie laaste skooljaar van hom, kort voor sy deelname aan die Cravenweek, loop dinge skeef. Lelik skeef. Vir die eerste keer ontdek Wikus dat die lewe ook reels het. En dat dit nie net in rugby is dat 'n ou van die veld afgejaag kan word nie.
Staan opsy, Sherlock Holmes: Speurder Lillie is in die buurt, met ’n vergrootglas en ’n paar towerkunsies in haar agtersak! Wanneer haar ma se fiets gesteel word, het Lillie dubbele werk om te doen: om die verlore fiets op te spoor, en om die booswig vas te trek. Gelukkig beteken twee keer soveel speurwerk ook twee keer soveel pret ... en ’n getoor van die eerste water!
Elke droom begin met ’n dromer. Megan Werner, die stigter van die U Dream Global-inisiatief, het in 2018 besluit om saam met ‘n groep van 20 tieners vanuit verskillende agtergronde ’n vliegtuig te bou. In Junie 2019 was die vliegtuig uiteindelik gereed en kon die 17-jarige Megan saam met vyf ander tieners die vlug van Kaapstad na Kaïro aanpak. Hulle doel was om om kinders in ander Afrikalande te inspireer om hul drome na te jaag. Min het die ses tieners egter geweet dat dit uiteindelik HULLE sou wees wat deur die reis geïnspireer sou word. Verskeie avonture en naelbyt-oomblikke het gevolg voordat Megan-hulle uiteindelik op Kaïro-lughawe geland het. Hier het hulle grootste ondersteuner, Megan se pa, die tieners ingewag. “Ons het dit gemaak!” het hy gejuig en vir Megan ’n stywe druk gegee. ’n Paar dae later het ’n tevrede span die reis terug na SuidAfrika aangepak. Oudergewoonte het Megan se pa en sy medevlieënier in hul eie vliegtuig saamgereis om ondersteuning te bied. Maar bokant Tanzanië het die droom in tragedie geëindig … As jy droom is ’n storie van durf, deursettingsvermoë, hoop én hartseer. ‘n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem – as dit nie die waarheid was nie …
'n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog 'n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy, onwetend, sy diepste geheime aan haar. Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.
Met hierdie verhaal fokus Dolf van Niekerk weer eens op “die buitestander/outcast”. Die buitestander se groot verlange is om nie 'n buitestander te wees nie, maar deur omstandighede is hy gewerp in 'n situasie van eensaamheid waaruit hy nie kan ontsnap nie. Die grootste behoefte van die buitestander/uithuisige figuur is om “tuis” te kom. Die jong rebel, Diederik Versveld, is 'n buitestander – alleenmens, enkeling, vreemdeling op aarde. Hy is opsoek na lig – hoop, uitkoms, rede. Na sy broer se wrede dood gedurende die 1914-rebellie, begin hy by die goudmyne werk waar hy onwillig betrek word by die mynstakings. Hy word willoos deur die onstuimigheid van sy tyd rondgeslinger, maar vir hom is daar niks wat 'n standpunt werd is nie – hy is niemand, niks, nerens. |
You may like...
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts
Paperback
R185
Discovery Miles 1 850
|