|
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
'n Huis vir Tippie is 'n pragtige, atmosferiese verhaal oor die
vriendskap tussen 'n seuntjie en 'n straatkat. Die seuntjie bring
elke dag 'n nuwe bakkie melk en wen so die kat Tippie se vertroue.
Maar op 'n dag is daar nie 'n bakkie nie. Geen bakkie nie, en ook
geen seuntjie nie. Tippie verdwaal en verkeer in gevaar. Sal die
twee vriende mekaar ooit weer sien?
 |
Olifant Se Vraag
(Afrikaans, Hardcover)
Leen Van Den Berg; Edited by Rentia Bartlett-Mohl; Illustrated by Kaatje Vermeire; Translated by Shane Kleyn
|
R59
Discovery Miles 590
|
Ships in 6 - 10 working days
|
|
|
Soos elke jaar klim al die diere en skepsels teen die heuwel op vir
'n vergadering. Hierdie jaar het olifant 'n vraag, 'n moeilike
vraag: Hoe weet mens dat jy iemand liefhet? Die verhaal begin met
'n groot prent van 'n treurige olifant met 'n klein stoeltjie op sy
kop en 'n blom in sy mond. Die vergadering wat olifant se vraag
moet bespreek, word gelei deur Mier, wat die woord gee aan Muis,
Sneeuwitjie, 'n klip, 'n swerwer, 'n ysbeer en nog vele ander
skepsels. As hulle saam by klomp filosofiese antwoorde oor die
liefde gekom het, word die vergadering gesluit en gaan elkeen
tevrede huis toe. Net Mier, wat oor die liefde skepties is, weet
nie waarom sy skielik so alleen voel nie. Olifant se vraag is 'n
ontroerende verhaal oor die vele fasette van die liefde. Leen van
der Berg bied die jong leser veel om verder oor te droom en te
filosofeer. Kaatje Vermeire se illustrasies, 'n kombinasie tussen
grafiek en illustrasies, is 'n pragtige versmelting van realisme en
fantasie. Die boek vorm sowel vir die oogstrelende fantasieryke
prente, as vir die boeiende teks, stof tot nadenke en bepeinsing.
Sy is Helena Bosman van ’n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly.
Dis ’n vreemde, harde, gevaarlike węreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en ’n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie.
Maar soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart.
**Film weergawe van boek in teaters 22 September 2017
Daar’s ’n kermis in die stad! Sam en Julia gaan kyk hoe die
vermaaklikhede gebou word. Daar kom ’n agtbaan wat so hoog is dat
dit tot by die derde verdieping van die Muishuis reik. Hulle kan
nie wag om op daardie rit te klim nie! Maar daar is een probleem:
Alle plesierritte kos geld en hulle het nie geld nie. Hulle bedink
saam met die rommelboer ’n plan om ekstra sakgeld te verdien. En
dan kom die groot dag. Die dag waarop Sam en Julia kermis toe mag
gaan! En dit is ’n geweldige kermis, want alles waarvan ’n
muisekind maar kan droom, is daar. ’n Balgooikraampie,
stampkarretjies, ’n spookhuis en die einste agtbaan …
Die klein vet hondjie slaap die heel graagste die hele dag lank in
sy hondehok. Maar wat gebeur as hy die dag lus is om te speel? Dit
hang heeltemal af van sy bui en wie sy pad sal kruis! Daarom word
die storie elke keer anders verder vertel ... totdat die klein vet
hondjie eindelik weer by sy hok ingaan om te slaap. Drie heeltemal
verskillende stories wat uit die eerste sin spruit en wat die leser
na willekeur kan lees en geniet.
As jy al ooit oor reenboe en wolke gewonder het, vir ure na die
miere kan staar of sommer net daarvan hou om te vra “hoekom?” is
hierdie die boek vir jou! Kyk met nuwe oe na die wereld waarin ons
woon – van die kleinste vlekkie materie tot die reuse van die see
en die land – en besef sommer vroeg-vroeg: daar is altyd nog iets
om te leer ken en te ontdek! Internetskakels maak boonop van die
teks 'n volledig interaktiewe leerervaring.
Ysterklou, kaptein van die seerowerskip, Die Verwarde Meermin, het ’n groot reputasie onder sy mede-seerowers. Hy is helaas nie berug omdat hy so vreesaanjaend is nie, maar eerder omdat hy so ’n ongeluksvoël is.
Hy en sy sjarmante broer, Silwerswaard, het albei ’n skatkaart en jaag teen tyd en die elemente om eerste die skat te vind. Gelukkig vir Ysterklou stel hy die slimme en vlugvoetige Robbie aan om hom te help.
Die vraag is net: Weet die broers van die verrassing wat op hulle wag?
Help jou kind om sukses te
behaal binne en buite die klaskamer! Met innemende karakters,
kleurvolle illustrasies en buite-wereldse uitdagings, Oxford Beyond
Probleemoplossing in Wiskunde berei jou kind voor vir die vaardighede
wat hulle in die 21ste eeu sal gebruik.
Hierdie boek bevat strategie wat ontwikkel is om jou kind te help om
hul probleemoplossingsvaardighede te verfyn. Dit is gevul met:
Features
- 7 stories oor probleemoplossing - lees die stories saam met jou
kind, of skandeer die QR-kode om na 'n opname van die storie te
luister. In sommige gevalle word dit deur werklike ruimte-kenners
voorgelees.
- Somme wat help met probleemoplossing
- Interessante aktiwiteite vir kinders
- Skakels om meer te leer oor Suid-Afrika se eie ruimteprogram.
Help jou kind om sukses te
behaal binne en buite die klaskamer! Met innemende karakters,
kleurvolle illustrasies en buite-wĂŞreldse uitdagings, Oxford Beyond
Probleemoplossing in Wiskunde berei jou kind voor vir die vaardighede
wat hulle in die 21ste eeu sal gebruik.
Hierdie boek bevat strategieĂŞ wat ontwikkel is om jou kind te help om
hul probleemoplossingsvaardighede te verfyn. Dit is gevul met:
Features
- 6 stories oor probleemoplossing - lees die stories saam met jou
kind, of skandeer die QR-kode om na 'n opname van die storie te
luister. In sommige gevalle word dit deur werklike ruimte-kenners
voorgelees.
- Somme wat help met probleemoplossing
- Interessante aktiwiteite vir kinders
- Skakels om meer te leer oor Suid-Afrika se eie ruimteprogram.
 |
Vrolik
(Afrikaans, Hardcover)
Mies van Hout; Illustrated by Mies van Hout; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
|
R140
R128
Discovery Miles 1 280
Save R12 (9%)
|
Ships in 6 - 10 working days
|
|
|
'n Byna woordlose prenteboek vir jong kinders van 3-6 met
helderkleurige visse wat verskillende emosies uitbeeld – van
opgewonde tot hartseer, van verlee tot trots, en van kwaad tot
gelukkig. Die visse en die enkele woorde van die emosies wat elkeen
uitbeeld is deur die bekende kinderboekillustreerder Mies van Hout
met oliepastel en waskryt op 'n swart agtergrond in haar
kenmerkende ekspressiewe styl geteken. Die boek is 'n
internasionale sukses en is in Duitsland vir die gesogte Deutscher
Jugendliteraturpreis genomineer.
Help jou kind om sukses te
behaal binne en buite die klaskamer! Met innemende karakters,
kleurvolle illustrasies en buite-wereldse uitdagings, Oxford Beyond
Probleemoplossing in Wiskunde berei jou kind voor vir die vaardighede
wat hulle in die 21ste eeu sal gebruik.
Hierdie boek bevat strategie wat ontwikkel is om jou kind te help om
hul probleemoplossingsvaardighede te verfyn. Dit is gevul met:
Features
- 7 stories oor probleemoplossing - lees die stories saam met jou
kind, of skandeer die QR-kode om na 'n opname van die storie te
luister. In sommige gevalle word dit deur werklike ruimte-kenners
voorgelees.
- Somme wat help met probleemoplossing
- Interessante aktiwiteite vir kinders
- Skakels om meer te leer oor Suid-Afrika se eie ruimteprogram.
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar
was verskeie herdrukke van die gewilde reeks. Hierdie is die eerste
titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot
verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die
Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam
met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! "Jy
kan gaan doppies blaas - ek skryf g'n opstelle nie." Dit is Jasper
se antwoord toe Floors wil he dat hy wat Jasper is, 'n opstel moet
skryf oor dieremishandeling. Al is hy in standerd ses en al het hy
gehoor van ontgroening op hoerskool, is hy glad nie van plan om vir
hierdie seun met sy kwevoelkuif opstelle te skryf nie. Jasper is
die kereltjie wat omgekrap raak as iemand na sy borselkop verwys as
“poenskop”, en wat saam met die ander drie lede van die Viermanskap
– Mossie, Giep en Ferdinand – baie avonture beleef. Saam soek hulle
na 'n klein seuntjie wat wegraak en saam voer hulle kleilatoorlog
teen Floors se manne. Hulle vang saam skaapdief en hiervoor word
hulle beloon. Op dieselfde dag proe hulle hoe dit smaak om te rook,
en hieroor word hulle gelooi. Kom deel in die avonture van Jasper!
Die Grootboeke pas by die leerder se ontwikkelingstadium,
ervaringswereld en belangstellingsveld; sluit aan by en verryk die
temas wat vir Huistaal gekies is; bevat 'n wye verskeidenheid tipes
teks, bv. Stories, feiteteks, rympies, raaisels; is so geillustreer
dat dit visuele geletterdheid bevorder; bevat uithaalbladsye met
hulpbronne vir die onderwyser.

You may like...
Holly
Stephen King
Paperback
R467
Discovery Miles 4 670
Deer
August Hoeft
Hardcover
R616
Discovery Miles 6 160
Ghost Kisses
Gregory L. Norris
Paperback
R335
Discovery Miles 3 350
|